0:00:00.000,0:00:03.520 Hierdie is eintlik ’n twee-uur [br]aanbieding vir hoërskoolleerders, 0:00:03.520,0:00:05.210 kortgeknip na drie minute. 0:00:05.210,0:00:07.320 Dit begin op ’n vliegtuig,[br]op pad TED toe, 0:00:07.320,0:00:08.870 sewe jaar gelede. 0:00:08.870,0:00:13.550 In die sitplek langs my[br]was ’n hoërskoolleerder, ’n tiener, 0:00:13.550,0:00:15.700 van ’n baie arm gesin. 0:00:15.700,0:00:18.390 Sy wou iets van haar lewe maak. 0:00:18.390,0:00:20.540 Sy't my ’n eenvoudige vraag gevra: 0:00:20.540,0:00:22.610 "Wat lei tot sukses?" 0:00:22.610,0:00:23.910 Ek't rêrig sleg gevoel, 0:00:23.910,0:00:26.210 want ek kon haar nie[br]’n goeie antwoord gee nie. 0:00:26.210,0:00:28.620 So ek klim van die vliegtuig af,[br]en ek kom TED toe. 0:00:28.620,0:00:32.080 Ek dink toe, jissie, ek's in ’n kamer[br]vól suksesvolle mense! 0:00:32.080,0:00:34.650 So hoekom vra ek hulle[br]nie uit oor hulle sukses en 0:00:34.650,0:00:36.960 dra dit dan oor aan kinders nie? 0:00:36.960,0:00:40.670 So hier is ons, sewe jaar[br]en 500 onderhoude later 0:00:40.670,0:00:43.780 en ek gaan vir julle vertel[br]wat rêrig tot sukses lei 0:00:43.780,0:00:45.510 en hoe TEDsters se koppe werk. 0:00:45.510,0:00:47.990 Die eerste ding is passie. 0:00:47.990,0:00:50.950 Freeman Thomas sê: "My passie dryf my." 0:00:50.950,0:00:53.550 TEDsters doen dit vir[br]die liefde; nie vir geld nie. 0:00:53.550,0:00:57.130 Carol Coletta sê: "Ek sou iemand betaal[br]om te mag doen wat ek doen." 0:00:57.130,0:00:58.030 Interessant: 0:00:58.030,0:01:00.790 as jy dit doen vir die liefde,[br]kom die geld in elk geval. 0:01:00.790,0:01:04.000 "Werk!" sê Rupert Murdoch vir my.[br]"Dis alles harde werk. 0:01:04.000,0:01:07.240 Niks kom maklik nie.[br]Maar ek't baie pret." 0:01:07.240,0:01:10.600 Het hy gesê pret? Rupert? Ja! 0:01:10.600,0:01:11.610 (Gelag) 0:01:11.610,0:01:14.770 TEDsters geniet hulle werk.[br]En hulle werk hard. 0:01:14.770,0:01:18.130 Hulle's nie "workaholics" nie. [br]Hulle's "workafrolics". 0:01:18.130,0:01:19.060 (Gelag) 0:01:19.060,0:01:20.190 Goed! 0:01:20.190,0:01:20.970 (Applous) 0:01:20.970,0:01:24.000 Alex Garden sê: "Om suksesvol[br]te wees, klim in die ding in 0:01:24.000,0:01:25.750 en raak goed, raak kundig daarin." 0:01:25.750,0:01:28.750 Daar's geen toorkuns nie;[br]dis oefen, oefen, oefen. 0:01:28.750,0:01:29.780 En dis fokus. 0:01:29.780,0:01:31.000 Norman Jewison sê vir my: 0:01:31.000,0:01:35.020 "Dit het alles te doen met[br]jouself op een ding fokus." 0:01:35.020,0:01:36.530 En druk! 0:01:36.530,0:01:38.350 David Gallo sê: "Druk jouself. 0:01:38.350,0:01:41.410 Fisies, verstandelik,[br]jy moet druk, druk, druk." 0:01:41.410,0:01:43.840 Jy moet druk deur[br]bedeesdheid en selftwyfel. 0:01:43.840,0:01:46.110 Goldie Hawn sê:[br]"Ek't altyd getwyfel aan myself. 0:01:46.110,0:01:48.150 Ek was nie good genoeg[br]of slim genoeg nie. 0:01:48.150,0:01:50.590 Ek't nie gedink ek sou dit maak nie." 0:01:50.590,0:01:52.980 Dis nie altyd maklik[br]om jouself te druk nie, 0:01:52.980,0:01:54.960 en dis hoekom ma's gemaak is. 0:01:54.960,0:01:56.060 (Gelag) 0:01:56.060,0:01:57.460 (Applous) 0:01:57.460,0:02:00.200 Frank Gehry sê: 0:02:00.200,0:02:02.023 "My ma het my gedruk." 0:02:02.023,0:02:02.736 (Gelag) 0:02:02.736,0:02:04.606 Dien! 0:02:04.606,0:02:08.330 Sherwin Nuland sê: "Dit was ’n voorreg[br]om as ’n dokter te dien." 0:02:08.330,0:02:10.380 Baie kinders wil miljoenêrs wees. 0:02:10.380,0:02:11.850 Die eerste ding wat ek sê is: 0:02:11.850,0:02:13.790 "OK, jy kan nie jouself dien nie; 0:02:13.790,0:02:15.890 jy moet ander iets van waarde bied. 0:02:15.890,0:02:18.570 Want dis hoe mense rêrig ryk raak." 0:02:19.000,0:02:20.000 Idees! 0:02:20.000,0:02:23.320 TEDster Bill Gates sê:[br]"Ek't ’n idee gehad: 0:02:23.320,0:02:26.290 om die eerste mikrorekenaar-[br]sagtewaremaatskappy te stig." 0:02:26.290,0:02:28.460 Ek sou sê dit was ’n redelike goeie idee. 0:02:28.460,0:02:31.420 En daar's geen toorkuns[br]agter kreatiewe idees nie -- 0:02:31.420,0:02:33.600 dis net ’n paar eenvoudige dinge. 0:02:33.600,0:02:35.440 En ek gee baie getuienis. 0:02:35.440,0:02:36.956 Hou aan! 0:02:36.956,0:02:38.023 Joe Kraus sê: 0:02:38.023,0:02:41.100 "Aanhou is die nommer een[br]rede vir ons sukses." 0:02:41.100,0:02:44.430 Jy moet deur mislukkings aanhou.[br]Jy moet deur stront (crap) aanhou: 0:02:44.430,0:02:47.900 "Kritiek, Verwerping, Poepholle en Druk.[br](C-R-A-P)" 0:02:47.900,0:02:49.000 (Gelag) 0:02:50.960,0:02:54.760 So, die antwoord op[br]die vraag is eenvoudig: 0:02:54.760,0:02:56.960 Betaal $4000 en kom TED toe. 0:02:56.960,0:02:58.010 (Gelag) 0:02:58.010,0:03:00.970 Of, as dit nie werk nie,[br]doen die agt dinge -- en glo my, 0:03:00.970,0:03:04.000 hierdie is die groot agt dinge[br]wat lei tot sukses. 0:03:04.000,0:03:07.279 Dankie TEDsters vir al julle onderhoude! 0:03:07.279,0:03:09.419 (Applous)