Hierdie is eintlik ’n twee-uur aanbieding vir hoërskool leerders, kortgeknip na drie minute. En dit het alles eendag op ’n vliegtuig begin, oppad na TED toe, sewe jaar gelede. En in die sitplek langs my was ’n hoërskool leerder, ’n tiener, en sy was van ’n baie arm gesin. En sy wou iets van haar lewe maak, en sy't my ’n eenvoudige vragie gevra. Sy't gevra: "Wat lei tot sukses?" En ek het rêrig sleg gevoel, want ek kon nie vir haar ’n goeie antwoord gee nie. So ek klim van die vliegtuig af, en ek kom na TED toe. En ek dink, jissie, ek's in ’n kamer vól suksesvolle mense! So hoekom vra ek hulle nie uit oor hulle sukses en dra dit dan oor aan kinders nie? So hier is ons, sewe jaar en 500 onderhoude later en ek gaan vir julle vertel wat rêrig tot sukses lei en hoe TED-sters se koppe werk. En die eerste ding is passie. Freeman Thomas sê: "My passie dryf my." TED-sters doen dit vir die liefde; nie vir geld nie. Carol Coletta sê: "Ek sou iemand betaal om te kan doen wat ek doen." En die interessante ding is: as jy dit doen vir die liefde, kom die geld in elk geval. Werk! Het Rupert Murdoch vir my gesê, "Dis alles harde werk. Niks kom maklik nie. Maar ek het baie pret." Het hy gesê pret? Rupert? Ja! TED-sters geniet hulle werk. En hulle werk hard. Ek't gemeen, hulle's nie "workaholics" nie. Hulle's "workafrolics". Goed! Alex Garden sê: "Om suksesvol te wees, klim in die ding in en raak bedrywig daarmee." Daar's geen toorkuns nie; dis oefen, oefen, oefen. En dis fokus. Norman Jewison sê vir my: "Ek dink dit het alles te doen met jouself op een ding fokus." En druk! David Gallo sê: "Druk jouself. Fisies, verstandelik, jy moet druk, druk, druk." Jy moet druk deur bedeesdheid en selftwyfel. Goldie Hawn sê: "Ek het altyd getwyfel aan myself. Ek was nie good genoeg of slim genoeg nie. Ek het nie gedink ek sou dit maak nie." Nou dis nie altyd maklik om jouself te druk nie, en dis hoekom ma's gemaak is. (Gelag) Frank Gehry -- Frank Gehry het vir my gesê: "My ma het my gedruk." Dien! Sherwin Nuland sê: "Dit was ’n voorreg om as ’n dokter te dien." Nou baie kinders sê vir my hulle wil miljoenêrs wees. En die eerste ding wat ek vir hulle sê is: "OK, wel jy kan nie jouself dien nie; jy moet ander met iets van waarde bedien. Want dis hoe mense rêrig ryk raak." Idees! TED-ster Bill Gates sê: "Ek het ’n idee gehad: om die eerste mikrorekenaarsagtewaremaatskappy te stig." Ek sou sê dit was ’n redelike goeie idee. En daar's geen kreatiewe toorkuns om op idees te kom nie -- dis net ’n paar eenvoudige dinge. En ek gee baie getuienis. Hou aan! Joe Kraus sê: "Aanhou is die nommer een rede vir ons sukses." Jy moet deur mislukkings aanhou. Jy moet deur stront (crap) aanhou! Wat natuurlik beteken "Kritiek, Verwerping, Poepholle en Druk. (C-R-A-P)" (Gelag) So, die groot -- die antwoord op die vraag is eenvoudig: Betaal $4000 en kom TED toe. Of as dit nie werk nie, doen die agt dinge -- en glo my, hierdie is die groot agt dinge wat lei tot sukses. Dankie TED-sters vir al julle onderhoude!