[man praat Berber] [manlike spreker] Dit was die tyd van Pinkster, en ons was in 'n bovertrek in Jerusalem. Ons het almal gebid in eendrag. Ons het gebid vir bekering en nederigheid en ons het ons sondes bely. Ons het ook die Here se visie, krag en die Heilige Gees gesoek. Daar was 'n ongelooflike gevoel van eenheid soos wat ons ernstig saam gebid het. [man bid in Berber] [vrou praat in Berber] [vroulike spreker] Skielik was daar die klank van 'n gewelddadige wind wat die hele kamer gevul het waar ons gesit het. [wind klanke] Die tonge van vuur het neergedaal en hierdie vuur het op mense gerus. [man praat in Berber] [manlike spreker] Al die mense in die kamer was gevul met die Heilige Gees. Nou, onthou dat gedurende die tyd van Pinkster mense van baie lande af gekom het om te kom aanbid en nou skieilik kon hulle die evangelie hoor, elkeen in sy eie taal. As 'n resultaat hiervan was 3,000 mense bygevoeg tot die gelowiges in een dag. ♪ musiek ♪ [vroulike spreker] Die mense het hulself toegewy aan die apostels se onderrig en aan kameraadskap, die breek van brood en aan gebed. Elke dag sou hul saam ontmoet het in die tempel binnehowe. In hulle huise het hul brood gebreek en saam geëet en die getal van daardie wat gered was, het daagliks gegroei. [SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK]