Hallo daar. Hierdie is 'n baie vinnige video om jou te laat weet dat jy nou weer vertaalde subtitels kan bydra aan GMTK videos! YouTube het onlangs die vermoƫ om videos op die platform te vertaal van aanhangers weggevat, maar daar is 'n sisteem in plek om dit weer te laat werk. So. Dis hoe om dit te doen... Onder aan die beskrywing van elke video op hierdie kanaal, is daar 'n skakel na die video se blad op Amara - 'n gratis gemeenskap subtitel webwerf. Op Amara, moet jy 'n rekening maak, maar dan kan jy op "Voeg/Redigeer subtitles" klik, dan kies die taal wat jy wil bydra op die drop-down. Jy sal die Engelse subtitels aan die linker kant sien en dit vertaal aan die regter kant. Wanneer dit klaar is, klik "Ja, begin sinkroniseer". Ek sal dan 'n kennisgewing ontvang en kan die subtitels op YouTube by voeg en jou krediet gee met jou Amara naam in die beskrywing. Ek sal probeer dit vinnig op nuwe videos te doen, maar ek sal net in staat wees om subtitels op ouer videos omtrent een keer per maand te doen. Alle subtitels is vrywillig voorsien. En ek vra niemand om dit te doen nie, maar ek sal hulle aanvaar as hulle wil bydra. Ek wil almal bedank wie al GMTK vertaal het in Frans, Italiaans, Koreaans, Turks, Japanees, Spaans en baie ander tale. Jy help spelontwerpkennis te demokratiseer deur dit gratis en toeganklik te maak. So dankie - en ek sal jou binnekort sien.