1 00:00:00,000 --> 00:00:04,000 Verbeel jou jy staan op ’n straat in Amerika 2 00:00:04,000 --> 00:00:07,000 en ’n Japanese persoon kom vra jou: 3 00:00:07,000 --> 00:00:09,000 "Verskoon my, wat is die naam van hierdie blok?" 4 00:00:09,000 --> 00:00:13,000 En jy antwoord: "Jammer, maar hierdie is Oak- en dis Elmstraat daar. 5 00:00:13,000 --> 00:00:15,000 Hierdie is 26ste, en daai 27ste." 6 00:00:15,000 --> 00:00:17,000 En hy sê: "Wel, dankie. Wat is die naam van die blok?" 7 00:00:17,000 --> 00:00:20,000 Jy sê: "Wel, blokke het nie name nie. 8 00:00:20,000 --> 00:00:22,000 Strate het name; blokke is net die 9 00:00:22,000 --> 00:00:24,000 onbenoemde spasies tussen strate." 10 00:00:24,000 --> 00:00:28,000 Hy vertrek, effens verward en teleurgesteld. 11 00:00:28,000 --> 00:00:31,000 Verbeel jou nou dat jy op ’n straat staan, enige plek in Japan, 12 00:00:31,000 --> 00:00:33,000 jy draai na die persoon langs jou en vra: 13 00:00:33,000 --> 00:00:35,000 "Verskoon my, wat is die naam van hierdie straat?" 14 00:00:35,000 --> 00:00:39,000 Hulle antwoord: "Wel, daardie is blok 17 en hierdie is blok 16." 15 00:00:39,000 --> 00:00:42,000 En jy sê: "Goed so, maar wat is die naam van hierdie straat?" 16 00:00:42,000 --> 00:00:44,000 En hulle antwoord: "Wel, strate het nie name nie. 17 00:00:44,000 --> 00:00:46,000 Blokke het name. 18 00:00:46,000 --> 00:00:50,000 Kyk gerus na Google Maps hier. Daar is blok 14, 15, 16, 17, 18, 19. 19 00:00:50,000 --> 00:00:52,000 Al hierdie blokke het name. 20 00:00:52,000 --> 00:00:56,000 Strate is slegs die onbenoemde spasie tussen blokke." 21 00:00:56,000 --> 00:00:59,000 En jy vra dan: "Goed, hoe weet jy dan wat jou huisadres is?" 22 00:00:59,000 --> 00:01:02,000 Hy antwoord: "Dis maklik, hierdie is Distrik Agt. 23 00:01:02,000 --> 00:01:05,000 Daar is blok 17, huis nommer Een." 24 00:01:05,000 --> 00:01:07,000 Jy sê: "Goed, maar ek het opgemerk 25 00:01:07,000 --> 00:01:09,000 dat die huisnommers nie op mekaar volg nie." 26 00:01:09,000 --> 00:01:12,000 Hy sê: "Natuurlik volg hulle! Dis in die volgorde wat die huise gebou is. 27 00:01:12,000 --> 00:01:15,000 Die eerste huis op die blok is nommer een. 28 00:01:15,000 --> 00:01:18,000 Die tweede huis wat gebou is, is nommer twee. 29 00:01:18,000 --> 00:01:20,000 Derde is huis nommer drie. Dis maklik. Dis ooglopend." 30 00:01:20,000 --> 00:01:23,000 Ek is mal daaroor dat ons somtyds 31 00:01:23,000 --> 00:01:25,000 na die teenoorgestelde kant van die wêreld moet gaan 32 00:01:25,000 --> 00:01:27,000 om te besef dat aannames, wat ons nie eens geweet het 33 00:01:27,000 --> 00:01:30,000 ons het nie, se teenoorgestelde ook waar kan wees. 34 00:01:30,000 --> 00:01:32,000 So byvoorbeeld, is daar dokters in Sjina 35 00:01:32,000 --> 00:01:35,000 wat glo dis hulle werk om jou gesond te hou. 36 00:01:35,000 --> 00:01:37,000 Enige maand wat jy gesond is betaal jy hulle 37 00:01:37,000 --> 00:01:39,000 en as jy siek is hoef jy nie te betaal nie want hulle het nie geslaag 38 00:01:39,000 --> 00:01:41,000 in hulle plig nie. Hulle word ryk as jy gesond is, nie siek nie. 39 00:01:41,000 --> 00:01:44,000 (Applous) 40 00:01:44,000 --> 00:01:46,000 In meeste musiek dink ons aan die "een" 41 00:01:46,000 --> 00:01:50,000 as die maatslag, die begin van die musikale frase. Een, twee drie vier. 42 00:01:50,000 --> 00:01:52,000 Maar in Wes-Afrika musiek word die "een" 43 00:01:52,000 --> 00:01:54,000 gesien as die einde van die frase, 44 00:01:54,000 --> 00:01:56,000 soos die punt aan die einde van ’n sin. 45 00:01:56,000 --> 00:01:58,000 Mens kan dit nie net in die frasering hoor nie, maar ook in die manier wat die musiek afgetel word. 46 00:01:58,000 --> 00:02:01,000 Twee drie vier, een. 47 00:02:01,000 --> 00:02:04,000 En hierdie kaart is ook akkuraat. 48 00:02:04,000 --> 00:02:06,000 (Gelag) 49 00:02:06,000 --> 00:02:09,000 Daar is ’n gesegde dat enige waarheid wat mens kan sê van Indië, 50 00:02:09,000 --> 00:02:11,000 die teenoorgestelde ook waar is. 51 00:02:11,000 --> 00:02:13,000 So laat ons nooit vergeet nie, by TED of elders, 52 00:02:13,000 --> 00:02:16,000 dat vir enige briljante idee wat jy het of hoor, 53 00:02:16,000 --> 00:02:18,000 die teenoorgestelde ook waar kan wees. 54 00:02:18,000 --> 00:02:20,000 Dōmo arigatō gozaimashita. (Dankie.)