WEBVTT 00:00:00.820 --> 00:00:03.820 Van julle ken waarskynlik die storie van die twee verkoopsmanne 00:00:03.820 --> 00:00:06.620 wat in die 1900's Afrika besoek het. 00:00:06.620 --> 00:00:09.080 Hulle's gestuur om te kyk of daar geleentheid is 00:00:09.080 --> 00:00:10.400 om skoene te verkoop. 00:00:10.400 --> 00:00:13.390 Hulle stuur toe telegramme terug na Manchester toe. 00:00:13.390 --> 00:00:14.820 Die een skryf: 00:00:14.820 --> 00:00:18.320 "Situasie hopeloos. Stop. Hulle dra nie skoene nie." 00:00:18.320 --> 00:00:20.220 Die ander een skryf: 00:00:20.220 --> 00:00:23.210 "Uitstekende geleentheid. Hulle't nog nie skoene hier nie." 00:00:23.210 --> 00:00:24.580 (Gelag) NOTE Paragraph 00:00:24.580 --> 00:00:27.660 Daar's ’n soortgelyke situasie in die wêreld van klassieke musiek, 00:00:27.660 --> 00:00:32.630 want party mense dink dat klassieke musiek besig is om uit te sterf. 00:00:32.630 --> 00:00:36.860 En dan is daar van ons wat dink dis nog net die begin van veel groter dinge. 00:00:36.860 --> 00:00:40.560 Eerder as om statistiek en tendense aan te haal 00:00:40.560 --> 00:00:43.130 en julle te vertel van al die orkeste wat ophou bestaan, 00:00:43.130 --> 00:00:45.600 en die platemaatskappye wat besig is om te sluit, 00:00:45.600 --> 00:00:49.310 het ek gedink ons kan vanaand ’n eksperiment doen. 00:00:49.310 --> 00:00:52.600 Dis nie regtig ’n eksperiment nie, want ek weet wat die uitkoms is. 00:00:52.600 --> 00:00:53.930 (Gelag) NOTE Paragraph 00:00:53.930 --> 00:00:56.000 Maar dis iets soos ’n eksperiment. 00:00:56.000 --> 00:00:58.000 Nou, voor ons -- 00:00:58.000 --> 00:01:00.000 (Gelag) 00:01:00.000 --> 00:01:02.770 -- voor ons begin, moet ek twee dinge doen. 00:01:02.770 --> 00:01:06.770 Die een is dat ek julle wil herinner hoe 'n sewejarige kind 00:01:06.770 --> 00:01:08.870 klink wanneer hy klavier speel. 00:01:08.870 --> 00:01:11.090 Miskien het julle so ’n kind by die huis. 00:01:11.090 --> 00:01:12.420 Hy klink omtrent so. 00:01:12.420 --> 00:01:29.000 (Musiek) 00:01:29.000 --> 00:01:32.650 (Musiek eindig) 00:01:32.650 --> 00:01:35.280 Ek sien sommige van julle herken hierdie kind. 00:01:35.280 --> 00:01:38.900 As hy ’n jaar lank oefen en les neem, is hy nou agt 00:01:38.900 --> 00:01:40.120 en dan klink hy so. 00:01:40.120 --> 00:01:47.010 (Musiek) 00:01:47.010 --> 00:01:50.000 Dan oefen hy nog ’n jaar en neem les -- nou's hy nege. 00:01:50.000 --> 00:01:56.640 (Musiek) 00:01:56.640 --> 00:01:59.670 Dan oefen hy nog ’n jaar en neem les -- nou's hy tien. 00:01:59.670 --> 00:02:06.020 (Musiek) 00:02:06.020 --> 00:02:08.220 Op daardie stadium gooi hulle gewoonlik tou op. 00:02:08.220 --> 00:02:09.390 (Gelag) 00:02:09.390 --> 00:02:11.640 (Applous) 00:02:11.640 --> 00:02:15.390 Maar as jy nog een jaar gewag het, sou jy dit gehoor het: 00:02:15.390 --> 00:02:24.840 (Musiek) NOTE Paragraph 00:02:24.840 --> 00:02:28.190 Wat gebeur het, is nie wat julle dalk dink nie, 00:02:28.190 --> 00:02:31.270 dat hy skielik passievol en betrokke geraak het, 00:02:31.270 --> 00:02:34.710 ’n nuwe onderwyser gekry het, puberteit bereik het, of wat ook al. 00:02:34.710 --> 00:02:38.010 Wat in werklikheid gebeur het, is dat die impetus verlaag is. 00:02:38.010 --> 00:02:41.900 Julle sien, die eerste keer het hy met ’n impetus op elke noot gespeel. 00:02:41.900 --> 00:02:44.150 (Musiek) 00:02:44.150 --> 00:02:46.950 En die tweede, met die impetus op elke tweede noot. 00:02:46.950 --> 00:02:49.260 (Musiek) 00:02:49.260 --> 00:02:51.570 Julle kan dit sien deur na my kop te kyk. 00:02:51.570 --> 00:02:52.870 (Gelag) 00:02:52.870 --> 00:02:56.060 Die negejarige plaas die impetus op elke vierde noot. 00:02:56.060 --> 00:02:58.020 (Musiek) 00:02:58.020 --> 00:03:00.020 En die tienjarige op elke agt note. 00:03:00.020 --> 00:03:02.000 (Musiek) 00:03:02.000 --> 00:03:05.640 En die 11-jarige, een impetus op die hele frase. 00:03:05.640 --> 00:03:08.020 (Musiek) NOTE Paragraph 00:03:08.020 --> 00:03:10.680 Ek weet nie hoe ons hier beland het nie. 00:03:10.680 --> 00:03:12.000 (Gelag) 00:03:12.900 --> 00:03:15.360 Ek't nie gesê ek gaan my skouer oor beweeg, my lyf beweeg nie. 00:03:15.360 --> 00:03:17.600 Nee, die musiek het my omgestoot, 00:03:17.600 --> 00:03:20.360 dis hoekom ek dit een-boud-spel noem. 00:03:20.360 --> 00:03:21.950 (Musiek) 00:03:21.950 --> 00:03:23.750 Dit kan ook die ander boud wees. 00:03:23.750 --> 00:03:26.000 (Musiek) 00:03:26.650 --> 00:03:30.040 Julle weet, ’n man het een keer na ’n aanbieding gekyk wat ek voorgedra het 00:03:30.040 --> 00:03:31.820 toe ek met ’n jong pianis gewerk het. 00:03:31.820 --> 00:03:34.370 Hy was die president van 'n maatskappy in Ohio. 00:03:34.370 --> 00:03:36.350 En ek't met die jong pianis gewerk en gesê: 00:03:36.350 --> 00:03:38.860 "Die moeilikheid met jou is dat jy ’n twee-boud-speler is. 00:03:38.860 --> 00:03:40.500 Jy moet ’n een-boud-speler wees." 00:03:40.500 --> 00:03:42.670 Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel. 00:03:42.670 --> 00:03:45.040 En skielik het die musiek lewe gekry. Dit het opgestyg. 00:03:45.040 --> 00:03:47.720 Die gehoor het na hulle asems gesnak toe hulle die verskil hoor. 00:03:47.720 --> 00:03:49.370 En toe kry ek ’n brief van hierdie man. 00:03:49.370 --> 00:03:51.000 Hy skryf: "Ek was so beïndruk. 00:03:51.000 --> 00:03:52.980 Ek't teruggegaan en my hele firma omskep 00:03:52.980 --> 00:03:54.930 in 'n een-boud-maatskappy." 00:03:54.930 --> 00:03:57.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:03:58.000 --> 00:04:01.180 Die ander ding wat ek wou doen, is om julle oor julleself te vertel. 00:04:01.180 --> 00:04:03.000 Ek verstaan daar is 1600 mense hier. 00:04:03.000 --> 00:04:06.810 Ek skat dat 45 van julle waarskynlik 00:04:06.810 --> 00:04:09.710 ’n absolute passie vir klassieke musiek het. 00:04:09.710 --> 00:04:14.590 Julle is mal oor klassieke musiek. Julle radio's is altyd op klassiek ingestel. 00:04:14.590 --> 00:04:17.270 Julle het CD's in julle motors en julle woon simfoniekonserte by. 00:04:17.270 --> 00:04:18.770 En julle kinders speel instrumente. 00:04:18.770 --> 00:04:21.760 Julle kan nie jul lewens indink sonder klassieke musiek nie. 00:04:21.760 --> 00:04:23.930 Dit is die eerste groep; ’n redelike klein groepie. 00:04:23.930 --> 00:04:25.390 Dan is daar ’n ander groep, ’n groter groep. 00:04:25.390 --> 00:04:27.630 Dis mense wat nie omgee as klassieke musiek speel nie. 00:04:27.630 --> 00:04:28.590 (Gelag) 00:04:28.590 --> 00:04:30.740 Jy weet, ’n mens kom tuis na ’n lang dag 00:04:30.740 --> 00:04:33.010 en jy kry ’n glasie wyn en gaan sit gemaklik. 00:04:33.010 --> 00:04:36.340 ’n Bietjie Vivaldi in die agtergrond doen geen skade nie. 00:04:36.340 --> 00:04:37.740 Dis die tweede groep. 00:04:37.740 --> 00:04:38.870 Nou vir die derde groep. 00:04:38.870 --> 00:04:41.180 Dis mense wat nooit na klassieke musiek luister nie. 00:04:41.180 --> 00:04:43.010 Dis eenvoudig nie deel van jou lewe nie. 00:04:43.010 --> 00:04:46.260 Jy mag dit dalk nes sekondêre rook by die lughawe optel, maar -- 00:04:46.260 --> 00:04:47.000 (Gelag) 00:04:47.000 --> 00:04:48.700 -- en miskien ’n stukkie marsmusiek uit Aïda 00:04:48.700 --> 00:04:50.310 wanneer jy die saal instap. 00:04:50.310 --> 00:04:52.000 Maar andersins hoor jy dit nooit nie. 00:04:52.000 --> 00:04:53.950 Dis waarskynlik die grootste groep van almal. NOTE Paragraph 00:04:53.950 --> 00:04:55.730 En dan is daar ’n baie klein groepie. 00:04:55.730 --> 00:04:59.400 Dis mense wat dink dat hulle toondoof is. 00:04:59.400 --> 00:05:01.350 ’n Verbasende aantal mense dink hulle is toondoof. 00:05:01.350 --> 00:05:03.680 Inderwaarheid hoor ek dikwels: "My man is toondoof." 00:05:03.680 --> 00:05:04.880 (Gelag) 00:05:04.880 --> 00:05:06.950 Die waarheid is dat jy nie toondoof kan wees nie. 00:05:06.950 --> 00:05:08.080 Niemand is toondoof nie. 00:05:08.080 --> 00:05:10.590 As jy toondoof was, sou jy nie die ratte kon verwissel 00:05:10.590 --> 00:05:12.730 in jou motor met ’n handrat nie. 00:05:12.730 --> 00:05:14.470 Jy sou nie die verskil kon agterkom tussen 00:05:14.470 --> 00:05:17.280 iemand van Texas en iemand van Rome nie. 00:05:17.280 --> 00:05:19.360 En die telefoon. Die telefoon. 00:05:19.360 --> 00:05:21.000 As jou ma op die 00:05:21.000 --> 00:05:23.770 elendige telefoon bel en sê: "Hallo," 00:05:23.770 --> 00:05:26.970 dan weet jy nie net wie dit is nie, jy weet ook in watter bui sy is. 00:05:26.970 --> 00:05:30.810 Jy het ’n wonderlike oor. Almal het 'n wonderlike oor. 00:05:30.810 --> 00:05:32.720 Niemand is dus toondoof nie. NOTE Paragraph 00:05:32.720 --> 00:05:33.720 Maar ek sê julle wat. 00:05:33.720 --> 00:05:36.950 Dit help nie ek gaan voort met die ding, 00:05:36.950 --> 00:05:40.710 met so ’n groot gaping tussen dié wat verstaan, 00:05:40.710 --> 00:05:42.840 en wat passievol en lief vir klassieke musiek is, 00:05:42.840 --> 00:05:45.850 en diegene wat glad geen aanklank daarmee het nie. 00:05:45.850 --> 00:05:48.260 Die toondoof mense is nie meer hier nie. 00:05:48.260 --> 00:05:50.180 Maar selfs tussen daai drie kategorieë 00:05:50.180 --> 00:05:51.650 is die gaping te groot. 00:05:51.650 --> 00:05:55.810 Ek gaan dus nie voortgaan totdat elkeen in hierdie vertrek, 00:05:55.810 --> 00:06:00.820 op die onderste vloer en in Aspen, en almal wat hierna kyk, 00:06:00.820 --> 00:06:05.580 geleer het om klassieke musiek lief te hê en te verstaan nie. 00:06:05.580 --> 00:06:07.550 So dis wat ons gaan doen. NOTE Paragraph 00:06:07.550 --> 00:06:12.000 Julle sien dat ek nie die geringste twyfel het 00:06:12.000 --> 00:06:15.000 dat dit gaan werk as julle na my gesig kyk nie, reg? 00:06:15.000 --> 00:06:20.610 Dis een van die eienskappe van ’n leier: hy het geen twyfel 00:06:20.610 --> 00:06:23.240 aan die mense wat hy lei se vermoë 00:06:23.240 --> 00:06:26.060 om dit te bereik waaroor hy droom nie. 00:06:26.060 --> 00:06:29.070 Dink net, as Martin Luther King gesê het: "Ek het ’n droom. 00:06:29.070 --> 00:06:31.850 Maar ek's nie seker of hulle kans sien nie." 00:06:31.850 --> 00:06:33.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:06:34.000 --> 00:06:36.310 Goed. Ek gaan ’n stuk van Chopin gebruik. 00:06:36.310 --> 00:06:39.270 Dis ’n pragtige prelude van Chopin. 00:06:39.270 --> 00:06:42.000 Van julle sal dit ken. 00:06:42.000 --> 00:07:11.240 (Musiek) 00:07:11.240 --> 00:07:13.530 Weet julle wat dink ek het waarskynlik nou gebeur? 00:07:13.530 --> 00:07:16.510 Toe ek begin het, het julle gedink: "Hoe pragtig klink dit." 00:07:17.510 --> 00:07:29.340 (Musiek) 00:07:29.340 --> 00:07:31.550 "Ek dink nie ons moet volgende jaar vir die somervakansie 00:07:31.550 --> 00:07:34.080 na dieselfde plek toe gaan nie." 00:07:34.080 --> 00:07:35.810 (Gelag) 00:07:35.810 --> 00:07:37.400 Dis snaaks, ne? 00:07:37.400 --> 00:07:42.020 Dis snaaks hoe sulke dinge in ons gedagtes insluip. 00:07:42.020 --> 00:07:45.590 (Applous) 00:07:45.590 --> 00:07:47.950 Natuurlik, as die stuk lank is en jy het ’n lang dag gehad, 00:07:47.950 --> 00:07:49.760 mag jy selfs insluimer. 00:07:49.760 --> 00:07:51.900 Dan pomp jou metgesel jou in die ribbes 00:07:51.900 --> 00:07:54.980 en sê: "Word wakker! Dis kultuur!" En dan voel jy nog slegter. 00:07:54.980 --> 00:07:56.120 (Gelag) NOTE Paragraph 00:07:56.120 --> 00:07:58.840 Maar het dit al ooit by jou opgekom dat die rede waarom jy vaak word 00:07:58.840 --> 00:08:01.960 met klassieke musiek nie jou skuld is nie, maar ons s'n? 00:08:01.960 --> 00:08:03.510 Het enigiemand gedink, terwyl ek gespeel het: 00:08:03.510 --> 00:08:05.980 "Waarom gebruik hy soveel klemtone?" 00:08:05.980 --> 00:08:09.000 As ek dit met my kop gedoen het, sou julle beslis so gedink het. 00:08:09.000 --> 00:08:15.320 (Musiek) 00:08:15.320 --> 00:08:18.790 En vir die res van julle lewens sal julle altyd bewus wees 00:08:18.790 --> 00:08:23.220 van die klemtone wanneer julle na klassieke musiek luister. NOTE Paragraph 00:08:23.220 --> 00:08:25.480 Kom ons kyk dus wat regtig hier aangaan. 00:08:25.480 --> 00:08:27.980 Ons het ’n B. Dis ’n B. 00:08:27.980 --> 00:08:29.850 Die volgende noot is ’n C. 00:08:29.850 --> 00:08:32.530 En die C se taak is om die B treurig te maak. 00:08:32.530 --> 00:08:34.060 En dit werk, of hoe? 00:08:34.060 --> 00:08:35.600 (Gelag) 00:08:35.600 --> 00:08:36.850 Komponiste weet dit. 00:08:36.850 --> 00:08:39.140 As hulle treurige musiek wil hê, speel hulle net hierdie twee note. 00:08:39.140 --> 00:08:43.320 (Musiek) 00:08:43.320 --> 00:08:46.350 Maar basies is dit net ’n B, met vier treuriges. 00:08:46.350 --> 00:08:47.380 (Gelag) 00:08:48.000 --> 00:08:51.040 Nou gaan dit af na A. 00:08:51.040 --> 00:08:52.550 Nou na G. 00:08:52.550 --> 00:08:53.780 En dan na F. 00:08:53.780 --> 00:08:56.300 So ons het B, A, G, F. 00:08:56.300 --> 00:08:58.200 En as ons B, A, G, F het, 00:08:58.200 --> 00:09:00.120 wat verwag ons volgende? 00:09:00.120 --> 00:09:03.480 (Musiek) 00:09:03.480 --> 00:09:04.750 O, dit was seker toeval. 00:09:04.750 --> 00:09:06.470 Kom ons probeer weer. 00:09:06.470 --> 00:09:08.993 (Musiek) 00:09:08.993 --> 00:09:10.106 (Gehoor sing) 00:09:10.106 --> 00:09:12.050 O, die TED-koor. 00:09:12.050 --> 00:09:14.050 (Gelag) 00:09:14.050 --> 00:09:17.210 En julle let op dat niemand toondoof is nie, ne? 00:09:17.210 --> 00:09:17.970 Niemand nie. 00:09:17.970 --> 00:09:20.260 Julle weet, elke dorpie in Bangladesh 00:09:20.260 --> 00:09:25.040 en elke gehuggie in Sjina -- almal weet: 00:09:25.040 --> 00:09:27.540 da, da, da, da -- da. 00:09:27.540 --> 00:09:29.480 Almal weet om ’n E daar te verwag. NOTE Paragraph 00:09:29.480 --> 00:09:32.000 Chopin wou nie daar by die E uitgekom het nie, 00:09:32.000 --> 00:09:33.963 want wat sou gebeur het? 00:09:33.963 --> 00:09:35.886 Dit sou verby wees, soos Hamlet. Onthou julle? 00:09:35.886 --> 00:09:37.080 Eerste bedryf, derde toneel: 00:09:37.080 --> 00:09:39.020 hy vind uit dat sy oom sy pa doodgemaak het. 00:09:39.020 --> 00:09:41.430 Julle onthou hy hou aan om sy oom te nader en hom amper dood te maak. 00:09:41.430 --> 00:09:44.340 Dan draai hy om en hy nader hom weer en maak hom amper dood. 00:09:44.340 --> 00:09:46.530 En die kritici daar in die agterste ry, 00:09:46.530 --> 00:09:51.160 hulle moet ’n opinie hê, so hulle sê: "Hamlet sloer." 00:09:51.160 --> 00:09:53.720 Of hulle sê: "Hamlet het ’n Oedipus-kompleks." 00:09:53.720 --> 00:09:56.120 Nee, anders sou die opvoering verby gewees het. Dis simpel. 00:09:56.120 --> 00:09:57.030 (Gelag) 00:09:57.030 --> 00:09:59.340 Dis waarom Shakespeare al daai goed in Hamlet gesit het -- 00:09:59.340 --> 00:10:01.570 Ophelia wat van haar kop af raak, die storie binne die storie, 00:10:01.570 --> 00:10:03.240 en Yorick se kopbeen, en die grafgrawers. 00:10:03.240 --> 00:10:05.400 Dis om uit te stel -- 00:10:05.400 --> 00:10:07.210 tot die vyfde bedryf, dan kan hy hom doodmaak. NOTE Paragraph 00:10:07.210 --> 00:10:09.090 Dieselfde geld vir Chopin. 00:10:09.090 --> 00:10:11.680 Hy wil net-net E bereik, 00:10:11.680 --> 00:10:14.650 en hy sê: "Oeps, ek moet liewer terug gaan en dit weer doen." 00:10:14.650 --> 00:10:16.270 Dan doen hy dit weer. 00:10:16.710 --> 00:10:18.000 Nou raak hy opgewonde. 00:10:18.000 --> 00:10:20.000 (Musiek) 00:10:20.000 --> 00:10:22.020 Dis opgewondenheid, moenie bekommer nie. 00:10:22.020 --> 00:10:26.090 Nou kom hy by F-kruis uit en uiteindelik gaan hy af tot by E, 00:10:26.090 --> 00:10:27.570 maar dis in die verkeerde sleutel -- 00:10:27.570 --> 00:10:30.910 want die sleutel waarna hy soek is dié een 00:10:30.910 --> 00:10:32.540 en in plaas daarvan doen hy ... 00:10:32.540 --> 00:10:35.200 Nou, ons noem dit misleidende intonasie, 00:10:35.200 --> 00:10:36.360 want dit mislei ons. 00:10:36.360 --> 00:10:38.890 Ek sê altyd vir my studente: "As julle met misleidende intonasie te doen het 00:10:38.890 --> 00:10:41.840 lig julle wenkbroue, dan sal almal weet." 00:10:41.840 --> 00:10:43.000 (Gelag) 00:10:43.000 --> 00:10:46.000 (Applous) 00:10:46.840 --> 00:10:47.586 Reg. 00:10:48.556 --> 00:10:50.293 Hy kom dus by E uit, maar dis in die verkeerde sleutel. 00:10:50.293 --> 00:10:51.888 Nou probeer hy weer E. 00:10:51.888 --> 00:10:53.224 Daai sleutel werk nie. 00:10:53.224 --> 00:10:55.560 Nou probeer hy weer die E. Daai sleutel werk nie. 00:10:55.560 --> 00:10:58.090 Nou probeer hy weer E, en dit werk nie. 00:10:58.090 --> 00:10:59.910 En dan, uiteindelik ... 00:11:02.490 --> 00:11:06.160 Daar is ’n man in die voorste ry wat so "Hmf" sug. 00:11:06.160 --> 00:11:06.840 (Gelag) 00:11:06.840 --> 00:11:08.790 Dis dieselfde ding wat hy doen wanneer hy na ’n lang dag 00:11:08.790 --> 00:11:12.200 by die huis kom, sy motor afskakel en sê: 00:11:12.200 --> 00:11:13.000 "A, ek is tuis." 00:11:13.000 --> 00:11:15.570 Want ons weet almal wanneer ons tuis voel. NOTE Paragraph 00:11:15.570 --> 00:11:18.850 Dis dus 'n stuk wat van weggaan af weer tuiskom. 00:11:18.850 --> 00:11:21.590 Ek gaan dit regdeur speel en julle gaan volg. 00:11:21.590 --> 00:11:23.640 B, C, B, C, B, C, B -- 00:11:23.640 --> 00:11:25.330 af na A, af na G, af na F. 00:11:25.330 --> 00:11:28.030 Amper tot by E, maar dan sou die opvoering verby wees. 00:11:28.030 --> 00:11:29.953 Terug op B toe, raak baie opgewonde. 00:11:29.953 --> 00:11:31.196 Na F-kruis toe. E toe. 00:11:31.196 --> 00:11:33.070 Dis die verkeerde akkoord. Dis die verkeerde akkoord. 00:11:33.070 --> 00:11:35.980 En uiteindelik na E, en dis tuis. 00:11:35.980 --> 00:11:39.600 En wat julle gaan sien, is een-boud-spel. 00:11:39.600 --> 00:11:41.260 (Gelag) 00:11:41.260 --> 00:11:44.440 Want vir my, om die B en die E te verbind, 00:11:44.440 --> 00:11:50.230 moet ek ophou dink aan elke enkele noot op hierdie roete 00:11:50.230 --> 00:11:55.570 en begin dink aan die lang, lang lyn van B tot E. NOTE Paragraph 00:11:55.570 --> 00:12:00.090 Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika, en jy kan nie Suid-Afrika toe gaan 00:12:00.090 --> 00:12:03.380 sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank in die tronk was te dink nie. 00:12:03.380 --> 00:12:05.730 Waaraan het hy gedink? Middagete? 00:12:05.730 --> 00:12:09.120 Nee, hy't gedink aan die visie vir Suid-Afrika 00:12:09.120 --> 00:12:10.833 en 'n visie vir die mensdom. 00:12:10.833 --> 00:12:13.626 Dit gaan oor visie. Dit gaan oor die lang lyn. 00:12:13.626 --> 00:12:16.200 Soos die voël wat oor die veld vlieg 00:12:16.200 --> 00:12:19.850 en geen aandag gee aan die heinings daar onder nie, ne? 00:12:19.850 --> 00:12:23.080 Nou gaan julle die lyn al die pad volg, van B tot E. 00:12:23.080 --> 00:12:26.660 Ek't een finale versoek voor ek die stuk regdeur speel. 00:12:26.660 --> 00:12:30.600 Sal jy dink aan iemand wat jy baie liefhet, 00:12:30.600 --> 00:12:32.650 wat nie meer daar is nie? 00:12:32.650 --> 00:12:34.930 ’n Geliefde ouma, ’n beminde -- 00:12:34.930 --> 00:12:39.240 iemand in jou lewe wat jy met jou hele hart liefhet, 00:12:39.240 --> 00:12:42.470 maar die persoon is nie meer by jou nie. 00:12:42.470 --> 00:12:44.530 Dink aan daai persoon 00:12:44.530 --> 00:12:47.000 en volg terselftertyd 00:12:47.000 --> 00:12:49.970 die lyn al die pad van B na E, 00:12:49.970 --> 00:12:54.740 en jy sal alles hoor wat Chopin te sê gehad het. 00:12:58.830 --> 00:14:47.670 (Musiek) 00:14:48.300 --> 00:14:54.440 (Applous) NOTE Paragraph 00:14:56.990 --> 00:14:58.760 Julle wonder dalk nou -- 00:14:58.760 --> 00:15:05.560 (Applous) 00:15:05.560 --> 00:15:07.500 Julle wonder dalk hoekom ek saam klap. 00:15:07.500 --> 00:15:09.040 Wel, ek't dit by ’n skool in Boston gedoen 00:15:09.040 --> 00:15:12.350 met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges. 00:15:12.350 --> 00:15:14.520 Ek't presies dieselfde met hulle gedoen, 00:15:14.520 --> 00:15:16.270 en die hele ding aan hulle verduidelik. 00:15:16.270 --> 00:15:18.040 En aan die einde het hulle soos besetenes geklap. 00:15:18.040 --> 00:15:20.070 Ek't geklap. Hulle't geklap. 00:15:20.070 --> 00:15:21.970 Tot ek gevra het: "Waarom klap ek?" 00:15:21.970 --> 00:15:24.730 En een van die kleintjies sê: "Want ons het geluister." 00:15:24.730 --> 00:15:27.000 (Gelag) 00:15:28.000 --> 00:15:31.250 Dink daaraan. 1600 mense, besige mense, 00:15:31.250 --> 00:15:33.480 wat by allerhande dinge betrokke is. 00:15:33.480 --> 00:15:37.180 aan't luister, verstaan en geraak word 00:15:37.180 --> 00:15:39.590 deur ’n stuk van Chopin. 00:15:39.590 --> 00:15:40.990 Dit is merkwaardig. 00:15:40.990 --> 00:15:43.740 Is ek seker dat elkeen dit gevolg 00:15:43.740 --> 00:15:45.100 en verstaan het en daardeur geraak is? 00:15:45.100 --> 00:15:46.280 Natuurlik kan ek nie seker wees nie. 00:15:46.280 --> 00:15:48.690 Maar kom ek vertel julle wat met my in Ierland gebeur het, NOTE Paragraph 00:15:48.690 --> 00:15:50.850 tydens hulle moeilikhede, 10 jaar gelede. NOTE Paragraph 00:15:50.850 --> 00:15:54.210 Ek't met 'n klompie Katolieke en Protestantse kinders gewerk 00:15:54.210 --> 00:15:56.030 oor konflikoplossing. 00:15:56.030 --> 00:15:57.720 Toe doen ek dit met hulle -- 00:15:57.720 --> 00:16:01.250 ’n gewaagde ding, want hulle was straatkinders. 00:16:01.250 --> 00:16:03.760 En een van hulle kom die volgende oggend na my toe 00:16:03.760 --> 00:16:04.640 en hy sê: 00:16:04.640 --> 00:16:07.520 "Jy weet, ek het nog nooit na klassieke musiek geluister nie, 00:16:07.520 --> 00:16:10.070 maar toe jy daai "shopping" stuk speel ..." 00:16:10.070 --> 00:16:11.790 (Gelag) 00:16:11.790 --> 00:16:15.940 Hy sê: "My broer is laas jaar geskiet en ek't nie oor hom gehuil nie. 00:16:15.940 --> 00:16:17.830 Maar gisteraand toe jy daai stuk speel, 00:16:17.830 --> 00:16:20.770 was hy die een waaraan ek gedink het. 00:16:20.770 --> 00:16:22.770 En ek't gevoel hoe trane oor my gesig stroom. 00:16:22.770 --> 00:16:25.870 En dit het regtig goed gevoel om oor my broer te huil." 00:16:25.870 --> 00:16:28.210 Op daardie oomblik het ek besluit 00:16:28.210 --> 00:16:33.110 dat klassieke musiek aan almal behoort. 00:16:33.110 --> 00:16:34.600 Almal. NOTE Paragraph 00:16:35.140 --> 00:16:37.720 Nou, hoe sou julle loop -- 00:16:37.720 --> 00:16:41.930 my professie, die musiekprofessie sien dit nie so nie. 00:16:41.930 --> 00:16:45.220 Hulle sê 3% van die bevolking hou van klassieke musiek. 00:16:45.220 --> 00:16:48.610 As ons dit maar net kon opstoot na 4% sou ons probleme opgelos wees. 00:16:48.610 --> 00:16:50.100 (Gelag) 00:16:50.100 --> 00:16:52.600 Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat? 00:16:52.600 --> 00:16:56.010 Hoe sou jy wees as jy gedink het 3% van die bevolking hou van klassieke musiek? 00:16:56.010 --> 00:16:57.940 As ons dit maar net kon opstoot na 4%. 00:16:57.940 --> 00:17:00.000 Hoe sou jy loop of praat? 00:17:00.000 --> 00:17:02.970 Hoe sou jy wees as jy gedink het almal is lief is vir klassieke musiek -- 00:17:02.970 --> 00:17:05.690 hulle't dit nog net nie ontdek nie. 00:17:05.690 --> 00:17:08.520 Sien, dis totaal verskillende wêrelde. NOTE Paragraph 00:17:08.520 --> 00:17:10.810 Ek't ’n wonderlike ervaring gehad -- 00:17:10.810 --> 00:17:12.280 ek was 45 jaar oud. 00:17:12.280 --> 00:17:14.000 Ek't toe reeds 20 jaar lank dirigeer, 00:17:14.000 --> 00:17:16.940 en skielik het ek iets besef. 00:17:16.940 --> 00:17:20.600 Die dirigent van ’n orkes maak nie ’n geluid nie. 00:17:20.600 --> 00:17:23.680 My foto verskyn voor op die CD -- 00:17:23.680 --> 00:17:25.980 (Gelag) 00:17:25.980 --> 00:17:28.000 Maar die dirigent maak nie ’n geluid nie. 00:17:28.000 --> 00:17:29.770 Vir hom om mag te hê, 00:17:29.770 --> 00:17:33.650 is hy afhanklik van sy vermoë om ander mense te bemagtig. 00:17:33.650 --> 00:17:35.470 En dit het alles vir my verander. 00:17:35.470 --> 00:17:37.290 Dit was ’n totale lewensomkeer. 00:17:37.290 --> 00:17:38.920 Mense in my orkes het gesê: 00:17:38.920 --> 00:17:41.030 "Ben, wat het gebeur?." Dis wat gebeur het: 00:17:41.030 --> 00:17:46.860 Ek't besef dat my taak is om moontlikheid in andere te wek. 00:17:46.860 --> 00:17:48.730 En natuurlik wou ek weet of ek besig was om dit te doen. 00:17:48.730 --> 00:17:50.410 En weet julle hoe mens dit bepaal? 00:17:50.410 --> 00:17:51.830 Jy kyk na hulle oë. 00:17:51.830 --> 00:17:55.350 As hulle oë blink, dan weet jy dat jy daarin slaag. 00:17:56.000 --> 00:17:58.600 Jy kan ’n dorpie van lig voorsien met hierdie man se oë. 00:17:58.600 --> 00:17:59.360 (Gelag) 00:17:59.360 --> 00:18:02.510 Reg. As die oë dus blink, weet jy dat jy slaag. 00:18:02.510 --> 00:18:05.390 As die oë nie blink nie, moet jy ’n vraag vra. 00:18:05.390 --> 00:18:06.670 En die vraag is: 00:18:06.670 --> 00:18:09.410 Wie is ek besig om te wees, 00:18:09.410 --> 00:18:11.940 dat my spelers se oë nie blink nie? 00:18:11.940 --> 00:18:13.610 Ons kan dit met ons kinders ook doen. 00:18:13.610 --> 00:18:16.520 Wie is ek besig om te wees, 00:18:16.520 --> 00:18:19.000 dat my kinders se oë nie blink nie? 00:18:19.000 --> 00:18:21.550 Dis 'n totaal ander wêreld. NOTE Paragraph 00:18:21.550 --> 00:18:26.820 Nou, ons moet amper hierdie magiese, op-die-berg week beëindig, 00:18:26.820 --> 00:18:29.170 en ons gaan terug na die wêreld. 00:18:29.170 --> 00:18:32.640 En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra: 00:18:32.640 --> 00:18:37.440 Wie is ons besig om te wees wanneer ons teruggaan na die wêreld toe? 00:18:37.440 --> 00:18:40.220 En weet julle, ek't ’n definisie van sukses. 00:18:40.220 --> 00:18:41.356 Dis baie eenvoudig. 00:18:41.356 --> 00:18:43.333 Dit gaan nie oor rykdom of roem of mag nie. 00:18:43.333 --> 00:18:46.270 Dit gaan oor hoeveel blink oë ek om my het. NOTE Paragraph 00:18:46.270 --> 00:18:49.000 En nou het ek een laaste gedagte, 00:18:49.000 --> 00:18:53.200 en dis dat dit regtig ’n verskil maak wat ons sê -- 00:18:53.200 --> 00:18:55.650 die woorde wat uit ons mond kom. 00:18:55.650 --> 00:18:58.510 Ek't dit geleer van ’n vrou wat Auschwitz oorleef het, 00:18:58.510 --> 00:19:00.120 een van die min oorlewendes. 00:19:00.120 --> 00:19:03.050 Sy is Auschwitz toe op 15. 00:19:04.190 --> 00:19:05.590 En ... 00:19:07.120 --> 00:19:09.220 haar broer was agt, 00:19:09.220 --> 00:19:12.160 en hulle ouers was verlore. 00:19:12.160 --> 00:19:16.240 En sy't vir my gesê: 00:19:16.240 --> 00:19:19.000 "Ons was in die trein op pad Auschwitz toe 00:19:19.000 --> 00:19:22.240 en ek't afgekyk en gesien dat my boetie se skoene weg was. 00:19:22.240 --> 00:19:25.430 Toe sê ek: "Waarom is jy so simpel, kan jy nie jou goed bymekaar hou nie, 00:19:25.430 --> 00:19:26.666 om hemelsnaam?" 00:19:26.666 --> 00:19:30.713 Op die manier wat ’n ouer suster dalk met haar jonger broer sal praat. 00:19:31.600 --> 00:19:33.680 Ongelukkig was dit die laaste ding wat sy ooit vir hom gesê het, 00:19:33.680 --> 00:19:35.370 want sy't hom nooit weer gesien nie. 00:19:35.370 --> 00:19:37.390 Hy't nie oorleef nie. 00:19:37.390 --> 00:19:40.370 Toe sy uit Auschwitz kom, het sy 'n eed geneem. 00:19:40.370 --> 00:19:41.680 Sy't my vertel. 00:19:41.680 --> 00:19:45.160 Sy't gesê: "Ek't uit Auschwitz die lewe ingeloop 00:19:45.160 --> 00:19:46.920 en ek't myself iets belowe. 00:19:46.920 --> 00:19:48.000 Die belofte was: 00:19:48.000 --> 00:19:54.800 "Ek sal nooit iets sê wat nie aanvaarbaar sal wees as die laaste ding wat ek ooit sê nie." 00:19:54.800 --> 00:19:56.710 Kan ons dit doen? Nee. 00:19:56.710 --> 00:20:00.240 Ons sal misluk en ander ook. 00:20:00.240 --> 00:20:03.810 Maar dis ’n ideaal om na te streef. 00:20:03.810 --> 00:20:05.220 Dankie. 00:20:05.220 --> 00:20:10.000 (Applous) 00:20:11.870 --> 00:20:13.210 Blink oë! 00:20:14.410 --> 00:20:15.930 Blink oë! 00:20:17.230 --> 00:20:20.620 (Applous) 00:20:22.210 --> 00:20:24.530 Dankie, dankie. 00:20:24.530 --> 00:20:25.603 (Applous)