0:00:00.820,0:00:03.820 Van julle ken waarskynlik die storie[br]van die twee verkoopsmanne 0:00:03.820,0:00:06.620 wat in die 1900's Afrika besoek het. 0:00:06.620,0:00:09.080 Hulle's gestuur om te kyk[br]of daar geleentheid is 0:00:09.080,0:00:10.400 om skoene te verkoop. 0:00:10.400,0:00:13.390 Hulle stuur toe telegramme[br]terug na Manchester toe. 0:00:13.390,0:00:14.820 Die een skryf: 0:00:14.820,0:00:18.320 "Situasie hopeloos. Stop.[br]Hulle dra nie skoene nie." 0:00:18.320,0:00:20.220 Die ander een skryf: 0:00:20.220,0:00:23.210 "Uitstekende geleentheid.[br]Hulle't nog nie skoene hier nie." 0:00:23.210,0:00:24.580 (Gelag) 0:00:24.580,0:00:27.660 Daar's ’n soortgelyke situasie[br]in die wêreld van klassieke musiek, 0:00:27.660,0:00:32.630 want party mense dink dat[br]klassieke musiek besig is om uit te sterf. 0:00:32.630,0:00:36.860 En dan is daar van ons wat dink dis[br]nog net die begin van veel groter dinge. 0:00:36.860,0:00:40.560 Eerder as om statistiek[br]en tendense aan te haal 0:00:40.560,0:00:43.130 en julle te vertel van al die[br]orkeste wat ophou bestaan, 0:00:43.130,0:00:45.600 en die platemaatskappye[br]wat besig is om te sluit, 0:00:45.600,0:00:49.310 het ek gedink ons kan vanaand[br]’n eksperiment doen. 0:00:49.310,0:00:52.600 Dis nie regtig ’n eksperiment nie,[br]want ek weet wat die uitkoms is. 0:00:52.600,0:00:53.930 (Gelag) 0:00:53.930,0:00:56.000 Maar dis iets soos ’n eksperiment. 0:00:56.000,0:00:58.000 Nou, voor ons -- 0:00:58.000,0:01:00.000 (Gelag) 0:01:00.000,0:01:02.770 -- voor ons begin,[br]moet ek twee dinge doen. 0:01:02.770,0:01:06.770 Die een is dat ek julle wil herinner[br]hoe 'n sewejarige kind 0:01:06.770,0:01:08.870 klink wanneer hy klavier speel. 0:01:08.870,0:01:11.090 Miskien het julle so ’n kind by die huis. 0:01:11.090,0:01:12.420 Hy klink omtrent so. 0:01:12.420,0:01:29.000 (Musiek) 0:01:29.000,0:01:32.650 (Musiek eindig) 0:01:32.650,0:01:35.280 Ek sien sommige van julle[br]herken hierdie kind. 0:01:35.280,0:01:38.900 As hy ’n jaar lank oefen[br]en les neem, is hy nou agt 0:01:38.900,0:01:40.120 en dan klink hy so. 0:01:40.120,0:01:47.010 (Musiek) 0:01:47.010,0:01:50.000 Dan oefen hy nog ’n jaar[br]en neem les -- nou's hy nege. 0:01:50.000,0:01:56.640 (Musiek) 0:01:56.640,0:01:59.670 Dan oefen hy nog ’n jaar[br]en neem les -- nou's hy tien. 0:01:59.670,0:02:06.020 (Musiek) 0:02:06.020,0:02:08.220 Op daardie stadium gooi[br]hulle gewoonlik tou op. 0:02:08.220,0:02:09.390 (Gelag) 0:02:09.390,0:02:11.640 (Applous) 0:02:11.640,0:02:15.390 Maar as jy nog een jaar gewag het,[br]sou jy dit gehoor het: 0:02:15.390,0:02:24.840 (Musiek) 0:02:24.840,0:02:28.190 Wat gebeur het, is nie[br]wat julle dalk dink nie, 0:02:28.190,0:02:31.270 dat hy skielik passievol[br]en betrokke geraak het, 0:02:31.270,0:02:34.710 ’n nuwe onderwyser gekry het,[br]puberteit bereik het, of wat ook al. 0:02:34.710,0:02:38.010 Wat in werklikheid gebeur het,[br]is dat die impetus verlaag is. 0:02:38.010,0:02:41.900 Julle sien, die eerste keer het hy[br]met ’n impetus op elke noot gespeel. 0:02:41.900,0:02:44.150 (Musiek) 0:02:44.150,0:02:46.950 En die tweede, met die[br]impetus op elke tweede noot. 0:02:46.950,0:02:49.260 (Musiek) 0:02:49.260,0:02:51.570 Julle kan dit sien deur na my kop te kyk. 0:02:51.570,0:02:52.870 (Gelag) 0:02:52.870,0:02:56.060 Die negejarige plaas die[br]impetus op elke vierde noot. 0:02:56.060,0:02:58.020 (Musiek) 0:02:58.020,0:03:00.020 En die tienjarige op elke agt note. 0:03:00.020,0:03:02.000 (Musiek) 0:03:02.000,0:03:05.640 En die 11-jarige, een[br]impetus op die hele frase. 0:03:05.640,0:03:08.020 (Musiek) 0:03:08.020,0:03:10.680 Ek weet nie hoe ons[br]hier beland het nie. 0:03:10.680,0:03:12.000 (Gelag) 0:03:12.900,0:03:15.360 Ek't nie gesê ek gaan my skouer[br]oor beweeg, my lyf beweeg nie. 0:03:15.360,0:03:17.600 Nee, die musiek het my omgestoot, 0:03:17.600,0:03:20.360 dis hoekom ek dit een-boud-spel noem. 0:03:20.360,0:03:21.950 (Musiek) 0:03:21.950,0:03:23.750 Dit kan ook die ander boud wees. 0:03:23.750,0:03:26.000 (Musiek) 0:03:26.650,0:03:30.040 Julle weet, ’n man het een keer na[br]’n aanbieding gekyk wat ek voorgedra het 0:03:30.040,0:03:31.820 toe ek met ’n jong pianis gewerk het. 0:03:31.820,0:03:34.370 Hy was die president[br]van 'n maatskappy in Ohio. 0:03:34.370,0:03:36.350 En ek't met die jong pianis gewerk en gesê: 0:03:36.350,0:03:38.860 "Die moeilikheid met jou is[br]dat jy ’n twee-boud-speler is. 0:03:38.860,0:03:40.500 Jy moet ’n een-boud-speler wees." 0:03:40.500,0:03:42.670 Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel. 0:03:42.670,0:03:45.040 En skielik het die musiek[br]lewe gekry. Dit het opgestyg. 0:03:45.040,0:03:47.720 Die gehoor het na hulle asems gesnak[br]toe hulle die verskil hoor. 0:03:47.720,0:03:49.370 En toe kry ek ’n brief van hierdie man. 0:03:49.370,0:03:51.000 Hy skryf: "Ek was so beïndruk. 0:03:51.000,0:03:52.980 Ek't teruggegaan en my hele firma omskep 0:03:52.980,0:03:54.930 in 'n een-boud-maatskappy." 0:03:54.930,0:03:57.000 (Gelag) 0:03:58.000,0:04:01.180 Die ander ding wat ek wou doen,[br]is om julle oor julleself te vertel. 0:04:01.180,0:04:03.000 Ek verstaan daar is 1600 mense hier. 0:04:03.000,0:04:06.810 Ek skat dat 45 van julle waarskynlik 0:04:06.810,0:04:09.710 ’n absolute passie vir[br]klassieke musiek het. 0:04:09.710,0:04:14.590 Julle is mal oor klassieke musiek.[br]Julle radio's is altyd op klassiek ingestel. 0:04:14.590,0:04:17.270 Julle het CD's in julle motors en[br]julle woon simfoniekonserte by. 0:04:17.270,0:04:18.770 En julle kinders speel instrumente. 0:04:18.770,0:04:21.760 Julle kan nie jul lewens indink[br]sonder klassieke musiek nie. 0:04:21.760,0:04:23.930 Dit is die eerste groep;[br]’n redelike klein groepie. 0:04:23.930,0:04:25.390 Dan is daar ’n ander groep,[br]’n groter groep. 0:04:25.390,0:04:27.630 Dis mense wat nie omgee[br]as klassieke musiek speel nie. 0:04:27.630,0:04:28.590 (Gelag) 0:04:28.590,0:04:30.740 Jy weet, ’n mens kom tuis na ’n lang dag 0:04:30.740,0:04:33.010 en jy kry ’n glasie wyn[br]en gaan sit gemaklik. 0:04:33.010,0:04:36.340 ’n Bietjie Vivaldi in die agtergrond[br]doen geen skade nie. 0:04:36.340,0:04:37.740 Dis die tweede groep. 0:04:37.740,0:04:38.870 Nou vir die derde groep. 0:04:38.870,0:04:41.180 Dis mense wat nooit[br]na klassieke musiek luister nie. 0:04:41.180,0:04:43.010 Dis eenvoudig nie deel van jou lewe nie. 0:04:43.010,0:04:46.260 Jy mag dit dalk nes sekondêre rook[br]by die lughawe optel, maar -- 0:04:46.260,0:04:47.000 (Gelag) 0:04:47.000,0:04:48.700 -- en miskien ’n stukkie[br]marsmusiek uit Aïda 0:04:48.700,0:04:50.310 wanneer jy die saal instap. 0:04:50.310,0:04:52.000 Maar andersins hoor jy dit nooit nie. 0:04:52.000,0:04:53.950 Dis waarskynlik die[br]grootste groep van almal. 0:04:53.950,0:04:55.730 En dan is daar ’n baie klein groepie. 0:04:55.730,0:04:59.400 Dis mense wat dink dat hulle toondoof is. 0:04:59.400,0:05:01.350 ’n Verbasende aantal mense[br]dink hulle is toondoof. 0:05:01.350,0:05:03.680 Inderwaarheid hoor ek dikwels:[br]"My man is toondoof." 0:05:03.680,0:05:04.880 (Gelag) 0:05:04.880,0:05:06.950 Die waarheid is dat jy nie[br]toondoof kan wees nie. 0:05:06.950,0:05:08.080 Niemand is toondoof nie. 0:05:08.080,0:05:10.590 As jy toondoof was, sou jy[br]nie die ratte kon verwissel 0:05:10.590,0:05:12.730 in jou motor met ’n handrat nie. 0:05:12.730,0:05:14.470 Jy sou nie die verskil kon agterkom tussen 0:05:14.470,0:05:17.280 iemand van Texas en iemand van Rome nie. 0:05:17.280,0:05:19.360 En die telefoon. Die telefoon. 0:05:19.360,0:05:21.000 As jou ma op die 0:05:21.000,0:05:23.770 elendige telefoon bel en sê: "Hallo," 0:05:23.770,0:05:26.970 dan weet jy nie net wie dit is nie,[br]jy weet ook in watter bui sy is. 0:05:26.970,0:05:30.810 Jy het ’n wonderlike oor.[br]Almal het 'n wonderlike oor. 0:05:30.810,0:05:32.720 Niemand is dus toondoof nie. 0:05:32.720,0:05:33.720 Maar ek sê julle wat. 0:05:33.720,0:05:36.950 Dit help nie ek gaan voort met die ding, 0:05:36.950,0:05:40.710 met so ’n groot gaping[br]tussen dié wat verstaan, 0:05:40.710,0:05:42.840 en wat passievol en lief[br]vir klassieke musiek is, 0:05:42.840,0:05:45.850 en diegene wat glad geen[br]aanklank daarmee het nie. 0:05:45.850,0:05:48.260 Die toondoof mense is nie meer hier nie. 0:05:48.260,0:05:50.180 Maar selfs tussen daai drie kategorieë 0:05:50.180,0:05:51.650 is die gaping te groot. 0:05:51.650,0:05:55.810 Ek gaan dus nie voortgaan[br]totdat elkeen in hierdie vertrek, 0:05:55.810,0:06:00.820 op die onderste vloer en in Aspen,[br]en almal wat hierna kyk, 0:06:00.820,0:06:05.580 geleer het om klassieke musiek[br]lief te hê en te verstaan nie. 0:06:05.580,0:06:07.550 So dis wat ons gaan doen. 0:06:07.550,0:06:12.000 Julle sien dat ek nie[br]die geringste twyfel het 0:06:12.000,0:06:15.000 dat dit gaan werk as julle[br]na my gesig kyk nie, reg? 0:06:15.000,0:06:20.610 Dis een van die eienskappe van[br]’n leier: hy het geen twyfel 0:06:20.610,0:06:23.240 aan die mense wat hy lei se vermoë 0:06:23.240,0:06:26.060 om dit te bereik waaroor hy droom nie. 0:06:26.060,0:06:29.070 Dink net, as Martin Luther King[br]gesê het: "Ek het ’n droom. 0:06:29.070,0:06:31.850 Maar ek's nie seker[br]of hulle kans sien nie." 0:06:31.850,0:06:33.000 (Gelag) 0:06:34.000,0:06:36.310 Goed. Ek gaan ’n stuk van Chopin gebruik. 0:06:36.310,0:06:39.270 Dis ’n pragtige prelude van Chopin. 0:06:39.270,0:06:42.000 Van julle sal dit ken. 0:06:42.000,0:07:11.240 (Musiek) 0:07:11.240,0:07:13.530 Weet julle wat dink ek het[br]waarskynlik nou gebeur? 0:07:13.530,0:07:16.510 Toe ek begin het, het julle gedink:[br]"Hoe pragtig klink dit." 0:07:17.510,0:07:29.340 (Musiek) 0:07:29.340,0:07:31.550 "Ek dink nie ons moet volgende jaar[br]vir die somervakansie 0:07:31.550,0:07:34.080 na dieselfde plek toe gaan nie." 0:07:34.080,0:07:35.810 (Gelag) 0:07:35.810,0:07:37.400 Dis snaaks, ne? 0:07:37.400,0:07:42.020 Dis snaaks hoe sulke dinge [br]in ons gedagtes insluip. 0:07:42.020,0:07:45.590 (Applous) 0:07:45.590,0:07:47.950 Natuurlik, as die stuk lank is[br]en jy het ’n lang dag gehad, 0:07:47.950,0:07:49.760 mag jy selfs insluimer. 0:07:49.760,0:07:51.900 Dan pomp jou metgesel jou in die ribbes 0:07:51.900,0:07:54.980 en sê: "Word wakker! Dis kultuur!"[br]En dan voel jy nog slegter. 0:07:54.980,0:07:56.120 (Gelag) 0:07:56.120,0:07:58.840 Maar het dit al ooit by jou opgekom[br]dat die rede waarom jy vaak word 0:07:58.840,0:08:01.960 met klassieke musiek nie[br]jou skuld is nie, maar ons s'n? 0:08:01.960,0:08:03.510 Het enigiemand gedink,[br]terwyl ek gespeel het: 0:08:03.510,0:08:05.980 "Waarom gebruik hy soveel klemtone?" 0:08:05.980,0:08:09.000 As ek dit met my kop gedoen het,[br]sou julle beslis so gedink het. 0:08:09.000,0:08:15.320 (Musiek) 0:08:15.320,0:08:18.790 En vir die res van julle lewens[br]sal julle altyd bewus wees 0:08:18.790,0:08:23.220 van die klemtone wanneer[br]julle na klassieke musiek luister. 0:08:23.220,0:08:25.480 Kom ons kyk dus wat regtig hier aangaan. 0:08:25.480,0:08:27.980 Ons het ’n B. Dis ’n B. 0:08:27.980,0:08:29.850 Die volgende noot is ’n C. 0:08:29.850,0:08:32.530 En die C se taak is om[br]die B treurig te maak. 0:08:32.530,0:08:34.060 En dit werk, of hoe? 0:08:34.060,0:08:35.600 (Gelag) 0:08:35.600,0:08:36.850 Komponiste weet dit. 0:08:36.850,0:08:39.140 As hulle treurige musiek wil hê,[br]speel hulle net hierdie twee note. 0:08:39.140,0:08:43.320 (Musiek) 0:08:43.320,0:08:46.350 Maar basies is dit net ’n B,[br]met vier treuriges. 0:08:46.350,0:08:47.380 (Gelag) 0:08:48.000,0:08:51.040 Nou gaan dit af na A. 0:08:51.040,0:08:52.550 Nou na G. 0:08:52.550,0:08:53.780 En dan na F. 0:08:53.780,0:08:56.300 So ons het B, A, G, F. 0:08:56.300,0:08:58.200 En as ons B, A, G, F het, 0:08:58.200,0:09:00.120 wat verwag ons volgende? 0:09:00.120,0:09:03.480 (Musiek) 0:09:03.480,0:09:04.750 O, dit was seker toeval. 0:09:04.750,0:09:06.470 Kom ons probeer weer. 0:09:06.470,0:09:08.993 (Musiek) 0:09:08.993,0:09:10.106 (Gehoor sing) 0:09:10.106,0:09:12.050 O, die TED-koor. 0:09:12.050,0:09:14.050 (Gelag) 0:09:14.050,0:09:17.210 En julle let op dat niemand[br]toondoof is nie, ne? 0:09:17.210,0:09:17.970 Niemand nie. 0:09:17.970,0:09:20.260 Julle weet, elke dorpie in Bangladesh 0:09:20.260,0:09:25.040 en elke gehuggie in Sjina -- almal weet: 0:09:25.040,0:09:27.540 da, da, da, da -- da. 0:09:27.540,0:09:29.480 Almal weet om ’n E daar te verwag. 0:09:29.480,0:09:32.000 Chopin wou nie daar by[br]die E uitgekom het nie, 0:09:32.000,0:09:33.963 want wat sou gebeur het? 0:09:33.963,0:09:35.886 Dit sou verby wees, soos Hamlet.[br]Onthou julle? 0:09:35.886,0:09:37.080 Eerste bedryf, derde toneel: 0:09:37.080,0:09:39.020 hy vind uit dat sy oom[br]sy pa doodgemaak het. 0:09:39.020,0:09:41.430 Julle onthou hy hou aan om sy oom te nader[br]en hom amper dood te maak. 0:09:41.430,0:09:44.340 Dan draai hy om en hy nader hom weer[br]en maak hom amper dood. 0:09:44.340,0:09:46.530 En die kritici daar in die agterste ry, 0:09:46.530,0:09:51.160 hulle moet ’n opinie hê,[br]so hulle sê: "Hamlet sloer." 0:09:51.160,0:09:53.720 Of hulle sê: "Hamlet het[br]’n Oedipus-kompleks." 0:09:53.720,0:09:56.120 Nee, anders sou die opvoering[br]verby gewees het. Dis simpel. 0:09:56.120,0:09:57.030 (Gelag) 0:09:57.030,0:09:59.340 Dis waarom Shakespeare[br]al daai goed in Hamlet gesit het -- 0:09:59.340,0:10:01.570 Ophelia wat van haar kop af raak,[br]die storie binne die storie, 0:10:01.570,0:10:03.240 en Yorick se kopbeen, en die grafgrawers. 0:10:03.240,0:10:05.400 Dis om uit te stel -- 0:10:05.400,0:10:07.210 tot die vyfde bedryf,[br]dan kan hy hom doodmaak. 0:10:07.210,0:10:09.090 Dieselfde geld vir Chopin. 0:10:09.090,0:10:11.680 Hy wil net-net E bereik, 0:10:11.680,0:10:14.650 en hy sê: "Oeps, ek moet liewer[br]terug gaan en dit weer doen." 0:10:14.650,0:10:16.270 Dan doen hy dit weer. 0:10:16.710,0:10:18.000 Nou raak hy opgewonde. 0:10:18.000,0:10:20.000 (Musiek) 0:10:20.000,0:10:22.020 Dis opgewondenheid,[br]moenie bekommer nie. 0:10:22.020,0:10:26.090 Nou kom hy by F-kruis uit[br]en uiteindelik gaan hy af tot by E, 0:10:26.090,0:10:27.570 maar dis in die verkeerde sleutel -- 0:10:27.570,0:10:30.910 want die sleutel waarna[br]hy soek is dié een 0:10:30.910,0:10:32.540 en in plaas daarvan doen hy ... 0:10:32.540,0:10:35.200 Nou, ons noem dit misleidende intonasie, 0:10:35.200,0:10:36.360 want dit mislei ons. 0:10:36.360,0:10:38.890 Ek sê altyd vir my studente: "As julle[br]met misleidende intonasie te doen het 0:10:38.890,0:10:41.840 lig julle wenkbroue, dan sal almal weet." 0:10:41.840,0:10:43.000 (Gelag) 0:10:43.000,0:10:46.000 (Applous) 0:10:46.840,0:10:47.586 Reg. 0:10:48.556,0:10:50.293 Hy kom dus by E uit, maar[br]dis in die verkeerde sleutel. 0:10:50.293,0:10:51.888 Nou probeer hy weer E. 0:10:51.888,0:10:53.224 Daai sleutel werk nie. 0:10:53.224,0:10:55.560 Nou probeer hy weer die E.[br]Daai sleutel werk nie. 0:10:55.560,0:10:58.090 Nou probeer hy weer E,[br]en dit werk nie. 0:10:58.090,0:10:59.910 En dan, uiteindelik ... 0:11:02.490,0:11:06.160 Daar is ’n man in die[br]voorste ry wat so "Hmf" sug. 0:11:06.160,0:11:06.840 (Gelag) 0:11:06.840,0:11:08.790 Dis dieselfde ding wat hy doen[br]wanneer hy na ’n lang dag 0:11:08.790,0:11:12.200 by die huis kom, sy motor afskakel en sê: 0:11:12.200,0:11:13.000 "A, ek is tuis." 0:11:13.000,0:11:15.570 Want ons weet almal wanneer ons tuis voel. 0:11:15.570,0:11:18.850 Dis dus 'n stuk wat van[br]weggaan af weer tuiskom. 0:11:18.850,0:11:21.590 Ek gaan dit regdeur speel[br]en julle gaan volg. 0:11:21.590,0:11:23.640 B, C, B, C, B, C, B -- 0:11:23.640,0:11:25.330 af na A, af na G, af na F. 0:11:25.330,0:11:28.030 Amper tot by E, maar dan[br]sou die opvoering verby wees. 0:11:28.030,0:11:29.953 Terug op B toe,[br]raak baie opgewonde. 0:11:29.953,0:11:31.196 Na F-kruis toe. E toe. 0:11:31.196,0:11:33.070 Dis die verkeerde akkoord.[br]Dis die verkeerde akkoord. 0:11:33.070,0:11:35.980 En uiteindelik na E, en dis tuis. 0:11:35.980,0:11:39.600 En wat julle gaan sien, is een-boud-spel. 0:11:39.600,0:11:41.260 (Gelag) 0:11:41.260,0:11:44.440 Want vir my, om die B en die E te verbind, 0:11:44.440,0:11:50.230 moet ek ophou dink aan elke[br]enkele noot op hierdie roete 0:11:50.230,0:11:55.570 en begin dink aan die[br]lang, lang lyn van B tot E. 0:11:55.570,0:12:00.090 Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika,[br]en jy kan nie Suid-Afrika toe gaan 0:12:00.090,0:12:03.380 sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank[br]in die tronk was te dink nie. 0:12:03.380,0:12:05.730 Waaraan het hy gedink? Middagete? 0:12:05.730,0:12:09.120 Nee, hy't gedink aan[br]die visie vir Suid-Afrika 0:12:09.120,0:12:10.833 en 'n visie vir die mensdom. 0:12:10.833,0:12:13.626 Dit gaan oor visie.[br]Dit gaan oor die lang lyn. 0:12:13.626,0:12:16.200 Soos die voël wat oor die veld vlieg 0:12:16.200,0:12:19.850 en geen aandag gee aan[br]die heinings daar onder nie, ne? 0:12:19.850,0:12:23.080 Nou gaan julle die lyn[br]al die pad volg, van B tot E. 0:12:23.080,0:12:26.660 Ek't een finale versoek[br]voor ek die stuk regdeur speel. 0:12:26.660,0:12:30.600 Sal jy dink aan iemand wat jy baie liefhet, 0:12:30.600,0:12:32.650 wat nie meer daar is nie? 0:12:32.650,0:12:34.930 ’n Geliefde ouma, ’n beminde -- 0:12:34.930,0:12:39.240 iemand in jou lewe wat[br]jy met jou hele hart liefhet, 0:12:39.240,0:12:42.470 maar die persoon is nie meer by jou nie. 0:12:42.470,0:12:44.530 Dink aan daai persoon 0:12:44.530,0:12:47.000 en volg terselftertyd 0:12:47.000,0:12:49.970 die lyn al die pad van B na E, 0:12:49.970,0:12:54.740 en jy sal alles hoor wat[br]Chopin te sê gehad het. 0:12:58.830,0:14:47.670 (Musiek) 0:14:48.300,0:14:54.440 (Applous) 0:14:56.990,0:14:58.760 Julle wonder dalk nou -- 0:14:58.760,0:15:05.560 (Applous) 0:15:05.560,0:15:07.500 Julle wonder dalk hoekom ek saam klap. 0:15:07.500,0:15:09.040 Wel, ek't dit by ’n skool in Boston gedoen 0:15:09.040,0:15:12.350 met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges. 0:15:12.350,0:15:14.520 Ek't presies dieselfde met hulle gedoen, 0:15:14.520,0:15:16.270 en die hele ding aan hulle verduidelik. 0:15:16.270,0:15:18.040 En aan die einde het hulle[br]soos besetenes geklap. 0:15:18.040,0:15:20.070 Ek't geklap. Hulle't geklap. 0:15:20.070,0:15:21.970 Tot ek gevra het: "Waarom klap ek?" 0:15:21.970,0:15:24.730 En een van die kleintjies sê:[br]"Want ons het geluister." 0:15:24.730,0:15:27.000 (Gelag) 0:15:28.000,0:15:31.250 Dink daaraan. 1600 mense, besige mense, 0:15:31.250,0:15:33.480 wat by allerhande dinge betrokke is. 0:15:33.480,0:15:37.180 aan't luister, verstaan en geraak word 0:15:37.180,0:15:39.590 deur ’n stuk van Chopin. 0:15:39.590,0:15:40.990 Dit is merkwaardig. 0:15:40.990,0:15:43.740 Is ek seker dat elkeen dit gevolg 0:15:43.740,0:15:45.100 en verstaan het en daardeur geraak is? 0:15:45.100,0:15:46.280 Natuurlik kan ek nie seker wees nie. 0:15:46.280,0:15:48.690 Maar kom ek vertel julle wat[br]met my in Ierland gebeur het, 0:15:48.690,0:15:50.850 tydens hulle moeilikhede, 10 jaar gelede. 0:15:50.850,0:15:54.210 Ek't met 'n klompie Katolieke en[br]Protestantse kinders gewerk 0:15:54.210,0:15:56.030 oor konflikoplossing. 0:15:56.030,0:15:57.720 Toe doen ek dit met hulle -- 0:15:57.720,0:16:01.250 ’n gewaagde ding, want[br]hulle was straatkinders. 0:16:01.250,0:16:03.760 En een van hulle kom die[br]volgende oggend na my toe 0:16:03.760,0:16:04.640 en hy sê: 0:16:04.640,0:16:07.520 "Jy weet, ek het nog nooit na[br]klassieke musiek geluister nie, 0:16:07.520,0:16:10.070 maar toe jy daai "shopping" stuk speel ..." 0:16:10.070,0:16:11.790 (Gelag) 0:16:11.790,0:16:15.940 Hy sê: "My broer is laas jaar geskiet[br]en ek't nie oor hom gehuil nie. 0:16:15.940,0:16:17.830 Maar gisteraand toe jy daai stuk speel, 0:16:17.830,0:16:20.770 was hy die een waaraan ek gedink het. 0:16:20.770,0:16:22.770 En ek't gevoel hoe trane[br]oor my gesig stroom. 0:16:22.770,0:16:25.870 En dit het regtig goed gevoel[br]om oor my broer te huil." 0:16:25.870,0:16:28.210 Op daardie oomblik het ek besluit 0:16:28.210,0:16:33.110 dat klassieke musiek aan almal behoort. 0:16:33.110,0:16:34.600 Almal. 0:16:35.140,0:16:37.720 Nou, hoe sou julle loop -- 0:16:37.720,0:16:41.930 my professie, die musiekprofessie[br]sien dit nie so nie. 0:16:41.930,0:16:45.220 Hulle sê 3% van die bevolking[br]hou van klassieke musiek. 0:16:45.220,0:16:48.610 As ons dit maar net kon opstoot na 4%[br]sou ons probleme opgelos wees. 0:16:48.610,0:16:50.100 (Gelag) 0:16:50.100,0:16:52.600 Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat? 0:16:52.600,0:16:56.010 Hoe sou jy wees as jy gedink het 3%[br]van die bevolking hou van klassieke musiek? 0:16:56.010,0:16:57.940 As ons dit maar net kon opstoot na 4%. 0:16:57.940,0:17:00.000 Hoe sou jy loop of praat? 0:17:00.000,0:17:02.970 Hoe sou jy wees as jy gedink het[br]almal is lief is vir klassieke musiek -- 0:17:02.970,0:17:05.690 hulle't dit nog net nie ontdek nie. 0:17:05.690,0:17:08.520 Sien, dis totaal verskillende wêrelde. 0:17:08.520,0:17:10.810 Ek't ’n wonderlike ervaring gehad -- 0:17:10.810,0:17:12.280 ek was 45 jaar oud. 0:17:12.280,0:17:14.000 Ek't toe reeds 20 jaar lank dirigeer, 0:17:14.000,0:17:16.940 en skielik het ek iets besef. 0:17:16.940,0:17:20.600 Die dirigent van ’n orkes[br]maak nie ’n geluid nie. 0:17:20.600,0:17:23.680 My foto verskyn voor op die CD -- 0:17:23.680,0:17:25.980 (Gelag) 0:17:25.980,0:17:28.000 Maar die dirigent maak nie ’n geluid nie. 0:17:28.000,0:17:29.770 Vir hom om mag te hê, 0:17:29.770,0:17:33.650 is hy afhanklik van sy vermoë[br]om ander mense te bemagtig. 0:17:33.650,0:17:35.470 En dit het alles vir my verander. 0:17:35.470,0:17:37.290 Dit was ’n totale lewensomkeer. 0:17:37.290,0:17:38.920 Mense in my orkes het gesê: 0:17:38.920,0:17:41.030 "Ben, wat het gebeur?."[br]Dis wat gebeur het: 0:17:41.030,0:17:46.860 Ek't besef dat my taak is[br]om moontlikheid in andere te wek. 0:17:46.860,0:17:48.730 En natuurlik wou ek weet[br]of ek besig was om dit te doen. 0:17:48.730,0:17:50.410 En weet julle hoe mens dit bepaal? 0:17:50.410,0:17:51.830 Jy kyk na hulle oë. 0:17:51.830,0:17:55.350 As hulle oë blink,[br]dan weet jy dat jy daarin slaag. 0:17:56.000,0:17:58.600 Jy kan ’n dorpie van lig voorsien[br]met hierdie man se oë. 0:17:58.600,0:17:59.360 (Gelag) 0:17:59.360,0:18:02.510 Reg. As die oë dus blink,[br]weet jy dat jy slaag. 0:18:02.510,0:18:05.390 As die oë nie blink nie,[br]moet jy ’n vraag vra. 0:18:05.390,0:18:06.670 En die vraag is: 0:18:06.670,0:18:09.410 Wie is ek besig om te wees, 0:18:09.410,0:18:11.940 dat my spelers se oë nie blink nie? 0:18:11.940,0:18:13.610 Ons kan dit met ons kinders ook doen. 0:18:13.610,0:18:16.520 Wie is ek besig om te wees, 0:18:16.520,0:18:19.000 dat my kinders se oë nie blink nie? 0:18:19.000,0:18:21.550 Dis 'n totaal ander wêreld. 0:18:21.550,0:18:26.820 Nou, ons moet amper hierdie magiese,[br]op-die-berg week beëindig, 0:18:26.820,0:18:29.170 en ons gaan terug na die wêreld. 0:18:29.170,0:18:32.640 En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra: 0:18:32.640,0:18:37.440 Wie is ons besig om te wees wanneer[br]ons teruggaan na die wêreld toe? 0:18:37.440,0:18:40.220 En weet julle,[br]ek't ’n definisie van sukses. 0:18:40.220,0:18:41.356 Dis baie eenvoudig. 0:18:41.356,0:18:43.333 Dit gaan nie oor rykdom of roem of mag nie. 0:18:43.333,0:18:46.270 Dit gaan oor hoeveel[br]blink oë ek om my het. 0:18:46.270,0:18:49.000 En nou het ek een laaste gedagte, 0:18:49.000,0:18:53.200 en dis dat dit regtig[br]’n verskil maak wat ons sê -- 0:18:53.200,0:18:55.650 die woorde wat uit ons mond kom. 0:18:55.650,0:18:58.510 Ek't dit geleer van ’n vrou[br]wat Auschwitz oorleef het, 0:18:58.510,0:19:00.120 een van die min oorlewendes. 0:19:00.120,0:19:03.050 Sy is Auschwitz toe op 15. 0:19:04.190,0:19:05.590 En ... 0:19:07.120,0:19:09.220 haar broer was agt, 0:19:09.220,0:19:12.160 en hulle ouers was verlore. 0:19:12.160,0:19:16.240 En sy't vir my gesê: 0:19:16.240,0:19:19.000 "Ons was in die trein op pad Auschwitz toe 0:19:19.000,0:19:22.240 en ek't afgekyk en gesien dat[br]my boetie se skoene weg was. 0:19:22.240,0:19:25.430 Toe sê ek: "Waarom is jy so simpel,[br]kan jy nie jou goed bymekaar hou nie, 0:19:25.430,0:19:26.666 om hemelsnaam?" 0:19:26.666,0:19:30.713 Op die manier wat ’n ouer suster [br]dalk met haar jonger broer sal praat. 0:19:31.600,0:19:33.680 Ongelukkig was dit die laaste ding[br]wat sy ooit vir hom gesê het, 0:19:33.680,0:19:35.370 want sy't hom nooit weer gesien nie. 0:19:35.370,0:19:37.390 Hy't nie oorleef nie. 0:19:37.390,0:19:40.370 Toe sy uit Auschwitz kom,[br]het sy 'n eed geneem. 0:19:40.370,0:19:41.680 Sy't my vertel. 0:19:41.680,0:19:45.160 Sy't gesê: "Ek't uit Auschwitz die lewe ingeloop 0:19:45.160,0:19:46.920 en ek't myself iets belowe. 0:19:46.920,0:19:48.000 Die belofte was: 0:19:48.000,0:19:54.800 "Ek sal nooit iets sê wat nie aanvaarbaar sal[br]wees as die laaste ding wat ek ooit sê nie." 0:19:54.800,0:19:56.710 Kan ons dit doen? Nee. 0:19:56.710,0:20:00.240 Ons sal misluk en ander ook. 0:20:00.240,0:20:03.810 Maar dis ’n ideaal om na te streef. 0:20:03.810,0:20:05.220 Dankie. 0:20:05.220,0:20:10.000 (Applous) 0:20:11.870,0:20:13.210 Blink oë! 0:20:14.410,0:20:15.930 Blink oë! 0:20:17.230,0:20:20.620 (Applous) 0:20:22.210,0:20:24.530 Dankie, dankie. 0:20:24.530,0:20:25.603 (Applous)