1 00:00:00,000 --> 00:00:03,000 Van julle ken waarskynlik die storie van die twee verkoopsmanne 2 00:00:03,000 --> 00:00:06,000 wat in die 1900's Afrika besoek het. 3 00:00:06,000 --> 00:00:08,000 Hulle is gestuur om uit te vind of daar enige geleentheid is 4 00:00:08,000 --> 00:00:10,000 om skoene te verkoop. 5 00:00:10,000 --> 00:00:13,000 Hulle stuur toe telegramme terug na Manchester toe. 6 00:00:13,000 --> 00:00:14,000 Die een skryf: 7 00:00:14,000 --> 00:00:17,000 "Situasie hopeloos. Stop. Hulle dra nie skoene nie." 8 00:00:18,000 --> 00:00:19,000 Die ander een skryf: 9 00:00:19,000 --> 00:00:21,000 "Uitstekende geleentheid. Hulle't nog nie skoene hier nie." 10 00:00:23,000 --> 00:00:24,000 (Gelag) 11 00:00:24,000 --> 00:00:27,000 Daar is ’n soortgelyke situasie in die wêreld van klassieke musiek, 12 00:00:28,000 --> 00:00:29,000 want party mense dink dat klassieke musiek besig is om uit te sterf. 13 00:00:29,000 --> 00:00:32,000 En dan is daar van ons wat dink dis nog net die begin van veel groter dinge. 14 00:00:36,000 --> 00:00:40,000 Eerder as om statistiek en tendense aan te haal 15 00:00:40,000 --> 00:00:42,000 en julle te vertel van al die orkeste wat ophou bestaan, 16 00:00:42,000 --> 00:00:45,000 en die musiekmaatskappye wat besig is om te sluit, 17 00:00:45,000 --> 00:00:49,000 het ek gedink ons kan vanaand ’n eksperiment doen. 18 00:00:49,000 --> 00:00:51,000 Dis nie regtig ’n eksperiment nie, want ek weet wat die uitkoms is. 19 00:00:51,000 --> 00:00:54,000 (Gelag) 20 00:00:54,000 --> 00:00:56,000 Maar dis iets soos ’n eksperiment. 21 00:00:56,000 --> 00:00:58,000 Nou, voor ons begin -- 22 00:00:58,000 --> 00:01:00,000 (Gelag) 23 00:01:00,000 --> 00:01:02,000 -- voor ons begin, moet ek twee dinge doen. 24 00:01:02,000 --> 00:01:06,000 Die een is dat ek julle wil herinner hoe 'n sewejarige kind 25 00:01:07,000 --> 00:01:08,000 klink wanneer hy klavier speel. 26 00:01:08,000 --> 00:01:10,000 Miskien het julle so ’n kind by die huis. 27 00:01:11,000 --> 00:01:12,000 Hy klink omtrent so. 28 00:01:12,000 --> 00:01:29,000 (Musiek) 29 00:01:29,000 --> 00:01:32,000 (Musiek eindig) 30 00:01:32,000 --> 00:01:34,000 Ek sien sommige van julle herken hierdie kind. 31 00:01:34,000 --> 00:01:39,000 As hy ’n jaar lank oefen en les neem, is hy nou agt 32 00:01:39,000 --> 00:01:40,000 en dan klink hy so. 33 00:01:40,000 --> 00:01:44,000 (Musiek) 34 00:01:44,000 --> 00:01:47,000 (Musiek eindig) 35 00:01:47,000 --> 00:01:50,000 Dan oefen hy nog ’n jaar en neem les -- nou's hy nege. 36 00:01:50,000 --> 00:01:53,000 (Musiek) 37 00:01:53,000 --> 00:01:56,000 (Musiek eindig) 38 00:01:56,000 --> 00:01:59,000 Dan oefen hy nog ’n jaar en neem les -- nou's hy tien. 39 00:01:59,000 --> 00:02:03,000 (Musiek) 40 00:02:03,000 --> 00:02:06,000 (Musiek eindig) 41 00:02:06,000 --> 00:02:07,000 Op daardie stadium gooi hulle gewoonlik tou op. 42 00:02:07,000 --> 00:02:09,000 (Gelag) 43 00:02:09,000 --> 00:02:11,000 (Applous) 44 00:02:11,000 --> 00:02:13,000 Maar as jy nog een jaar gewag het, sou jy dit gehoor het: 45 00:02:14,000 --> 00:02:15,000 (Musiek) 46 00:02:15,000 --> 00:02:24,000 (Musiek eindig) 47 00:02:24,000 --> 00:02:27,000 Wat gebeur het, is nie wat julle dalk dink nie, 48 00:02:27,000 --> 00:02:30,000 dat hy skielik passievol en betrokke geraak het, 49 00:02:30,000 --> 00:02:33,000 ’n nuwe onderwyser gekry het, puberteit bereik het, of wat ook al. 50 00:02:33,000 --> 00:02:37,000 Wat in werklikheid gebeur het, is dat die impetus verlaag is. 51 00:02:38,000 --> 00:02:39,000 Julle sien, die eerste keer het hy met ’n impetus op elke noot gespeel. 52 00:02:39,000 --> 00:02:41,000 (Musiek) 53 00:02:44,000 --> 00:02:46,000 En die tweede, met die impetus op elke tweede noot. 54 00:02:47,000 --> 00:02:49,000 (Musiek) 55 00:02:49,000 --> 00:02:50,000 Julle kan dit sien deur na my kop te kyk. 56 00:02:51,000 --> 00:02:52,000 (Gelag) 57 00:02:52,000 --> 00:02:54,000 Die negejarige plaas die impetus op elke vierde noot. 58 00:02:55,000 --> 00:02:57,000 (Musiek) 59 00:02:58,000 --> 00:02:59,000 En die tienjarige op elke agt note. 60 00:02:59,000 --> 00:03:02,000 (Musiek) 61 00:03:02,000 --> 00:03:04,000 En die 11-jarige, een impetus op die hele frase. 62 00:03:04,000 --> 00:03:07,000 (Musiek) 63 00:03:08,000 --> 00:03:10,000 Ek weet nie hoe ons hier beland het nie. 64 00:03:10,000 --> 00:03:12,000 (Gelag) 65 00:03:13,000 --> 00:03:15,000 Ek't nie gesê ek gaan my skouer oor beweeg, my lyf beweeg nie. 66 00:03:15,000 --> 00:03:17,000 Nee, die musiek het my omgestoot, 67 00:03:17,000 --> 00:03:19,000 dis hoekom ek dit "een-boud" spel noem. 68 00:03:19,000 --> 00:03:21,000 (Musiek) 69 00:03:21,000 --> 00:03:22,000 Dit kan ook die ander boud wees. 70 00:03:22,000 --> 00:03:26,000 (Musiek) 71 00:03:26,000 --> 00:03:29,000 Julle weet, ’n man het een keer na ’n aanbieding gekyk wat ek voorgedra het 72 00:03:29,000 --> 00:03:30,000 toe ek met ’n jong pianis gewerk het. 73 00:03:31,000 --> 00:03:33,000 Hy was die president van 'n maatskappy in Ohio. 74 00:03:33,000 --> 00:03:35,000 En ek't met die jong pianis gewerk en gesê: 75 00:03:36,000 --> 00:03:38,000 "Die moeilikheid met jou is dat jy ’n twee-boud speler is. 76 00:03:38,000 --> 00:03:40,000 Jy behoort ’n een-boud speler te wees." 77 00:03:40,000 --> 00:03:42,000 Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel. 78 00:03:42,000 --> 00:03:44,000 En skielik het die musiek lewe gekry. Dit het opgestyg. 79 00:03:45,000 --> 00:03:47,000 Die gehoor het na hulle asems gesnak toe hulle die verskil hoor. 80 00:03:47,000 --> 00:03:49,000 En toe kry ek ’n brief van hierdie man. 81 00:03:49,000 --> 00:03:50,000 Hy skryf: "Ek was so beïndruk. 82 00:03:50,000 --> 00:03:52,000 Ek het teruggegaan en my hele firma omskep 83 00:03:53,000 --> 00:03:54,000 in 'n een-boud maatskappy." 84 00:03:54,000 --> 00:03:57,000 (Gelag) 85 00:03:58,000 --> 00:04:00,000 Die ander ding wat ek wou doen, is om julle oor julleself te vertel. 86 00:04:00,000 --> 00:04:03,000 Ek verstaan daar is 1600 mense hier. 87 00:04:03,000 --> 00:04:06,000 Ek skat dat 45 van julle waarskynlik 88 00:04:06,000 --> 00:04:08,000 ’n absolute passie vir klassieke musiek het. 89 00:04:09,000 --> 00:04:14,000 Julle is mal oor klassieke musiek. Julle radio's is altyd op klassiek ingestel. 90 00:04:14,000 --> 00:04:17,000 Julle het CD's in julle motors en julle woon simfoniekonserte by. 91 00:04:17,000 --> 00:04:18,000 En julle kinders speel instrumente. 92 00:04:18,000 --> 00:04:20,000 Julle kan nie jul lewens indink sonder klassieke musiek nie. 93 00:04:21,000 --> 00:04:23,000 Dit is die eerste groep; ’n redelike klein groepie. 94 00:04:23,000 --> 00:04:25,000 Dan is daar ’n ander groep, ’n groter groep. 95 00:04:25,000 --> 00:04:27,000 Dis mense wat nie omgee as klassieke musiek speel nie. 96 00:04:27,000 --> 00:04:28,000 (Gelag) 97 00:04:28,000 --> 00:04:30,000 Jy weet, ’n mens kom tuis na ’n lang dag 98 00:04:30,000 --> 00:04:32,000 en jy kry ’n glasie wyn en gaan sit gemaklik. 99 00:04:33,000 --> 00:04:35,000 ’n Bietjie Vivaldi in die agtergrond doen geen skade nie. 100 00:04:36,000 --> 00:04:37,000 Dis die tweede groep. 101 00:04:37,000 --> 00:04:38,000 Nou vir die derde groep. 102 00:04:38,000 --> 00:04:40,000 Dit is mense wat nooit na klassieke musiek luister nie. 103 00:04:40,000 --> 00:04:42,000 Dis eenvoudig nie deel van jou lewe nie. 104 00:04:43,000 --> 00:04:45,000 Jy mag dit dalk nes sekondêre rook by die lughawe optel, maar -- 105 00:04:45,000 --> 00:04:47,000 (Gelag) 106 00:04:47,000 --> 00:04:48,000 -- en miskien ’n stukkie marsmusiek uit Aïda 107 00:04:48,000 --> 00:04:49,000 wanneer jy die saal instap. 108 00:04:49,000 --> 00:04:52,000 Maar andersins hoor jy dit nooit nie. 109 00:04:52,000 --> 00:04:53,000 Dis waarskynlik die grootste groep van almal. 110 00:04:53,000 --> 00:04:55,000 En dan is daar ’n baie klein groepie. 111 00:04:55,000 --> 00:04:58,000 Dis mense wat dink dat hulle toondoof is. 112 00:04:58,000 --> 00:05:00,000 ’n Verbasende aantal mense dink hulle is toondoof. 113 00:05:01,000 --> 00:05:03,000 Inderwaarheid hoor ek dikwels: "My man is toondoof." 114 00:05:03,000 --> 00:05:04,000 (Gelag) 115 00:05:04,000 --> 00:05:05,000 Die waarheid is dat jy nie toondoof kan wees nie. 116 00:05:05,000 --> 00:05:07,000 Niemand is toondoof nie. 117 00:05:07,000 --> 00:05:10,000 As jy toondoof was, sou jy nie die ratte kon verwissel 118 00:05:10,000 --> 00:05:12,000 in jou motor met ’n handrat nie. 119 00:05:12,000 --> 00:05:14,000 Jy sou nie die verskil kon agterkom tussen 120 00:05:14,000 --> 00:05:16,000 iemand van Texas en iemand van Rome nie. 121 00:05:16,000 --> 00:05:18,000 En die telefoon. Die telefoon. 122 00:05:18,000 --> 00:05:21,000 As jou ma op die 123 00:05:21,000 --> 00:05:23,000 elendige telefoon bel en sê: "Hallo," 124 00:05:23,000 --> 00:05:26,000 dan weet jy nie net wie dit is nie, jy weet ook in watter bui sy is. 125 00:05:27,000 --> 00:05:30,000 Jy het ’n wonderlike oor. Almal het 'n wonderlike oor. 126 00:05:30,000 --> 00:05:32,000 Niemand is dus toondoof nie. 127 00:05:32,000 --> 00:05:33,000 Maar ek sê julle wat. 128 00:05:33,000 --> 00:05:36,000 Dit help nie ek gaan voort met die ding, 129 00:05:36,000 --> 00:05:39,000 met so ’n groot gaping tussen dié wat verstaan, 130 00:05:40,000 --> 00:05:42,000 en wat passievol en lief vir klassieke musiek is, 131 00:05:42,000 --> 00:05:45,000 en diegene wat glad geen aanklank daarmee het nie. 132 00:05:45,000 --> 00:05:47,000 Die toondoof mense is nie meer hier nie. 133 00:05:47,000 --> 00:05:48,000 Maar selfs tussen daai twee kategorieë 134 00:05:48,000 --> 00:05:51,000 is die gaping te groot. 135 00:05:51,000 --> 00:05:55,000 Ek gaan dus nie voortgaan totdat elkeen in hierdie vertrek, 136 00:05:55,000 --> 00:06:00,000 op die onderste vloer en in Aspen, en almal wat hierna kyk, 137 00:06:01,000 --> 00:06:04,000 geleer het om klassieke musiek lief te hê en te verstaan nie. 138 00:06:04,000 --> 00:06:06,000 En dis wat ons gaan doen. 139 00:06:07,000 --> 00:06:12,000 Julle sien dat ek nie die geringste twyfel het 140 00:06:12,000 --> 00:06:15,000 dat dit gaan werk as julle na my gesig kyk nie, reg? 141 00:06:15,000 --> 00:06:19,000 Dis een van die eienskappe van ’n leier: hy het geen twyfel 142 00:06:19,000 --> 00:06:22,000 aan die mense wat hy lei se vermoë 143 00:06:23,000 --> 00:06:25,000 om dit te bereik waaroor hy droom nie. 144 00:06:25,000 --> 00:06:28,000 Dink net, as Martin Luther King gesê het: "Ek het ’n droom. 145 00:06:28,000 --> 00:06:30,000 Maar ek's nie seker of hulle kans sien nie." 146 00:06:30,000 --> 00:06:33,000 (Gelag) 147 00:06:34,000 --> 00:06:36,000 Goed. Ek gaan ’n stuk van Chopin gebruik. 148 00:06:36,000 --> 00:06:39,000 Dis ’n pragtige prelude van Chopin. 149 00:06:39,000 --> 00:06:42,000 Van julle sal dit ken. 150 00:06:42,000 --> 00:07:10,000 (Musiek) 151 00:07:10,000 --> 00:07:12,000 Weet julle wat dink ek het waarskynlik in hierdie kamer gebeur? 152 00:07:13,000 --> 00:07:15,000 Toe ek begin het, het julle gedink: "Hoe pragtig klink dit." 153 00:07:15,000 --> 00:07:28,000 (Musiek) 154 00:07:29,000 --> 00:07:30,000 "Ek dink nie ons moet volgende jaar vir die somervakansie 155 00:07:30,000 --> 00:07:32,000 na dieselfde plek toe gaan nie." 156 00:07:32,000 --> 00:07:35,000 (Gelag) 157 00:07:35,000 --> 00:07:36,000 Dis snaaks, nie waar nie? 158 00:07:36,000 --> 00:07:38,000 Dis snaaks hoe sulke dinge in ons gedagtes insluip. 159 00:07:41,000 --> 00:07:42,000 En natuurlik -- 160 00:07:42,000 --> 00:07:45,000 (Applous) 161 00:07:45,000 --> 00:07:47,000 Natuurlik, as die stuk lank is en jy het ’n lang dag gehad, 162 00:07:48,000 --> 00:07:49,000 mag jy selfs insluimer. 163 00:07:49,000 --> 00:07:51,000 Dan pomp jou metgesel jou in die ribbes 164 00:07:51,000 --> 00:07:52,000 en sê: "Word wakker! Dis kultuur!" En dan voel jy nog slegter. 165 00:07:52,000 --> 00:07:55,000 (Gelag) 166 00:07:55,000 --> 00:07:58,000 Maar het dit al ooit by jou opgekom dat die rede waarom jy vaak word 167 00:07:59,000 --> 00:08:01,000 met klassieke musiek nie jou skuld is nie, maar ons s'n? 168 00:08:01,000 --> 00:08:03,000 Het enigiemand gedink, terwyl ek gespeel het: 169 00:08:03,000 --> 00:08:05,000 "Waarom gebruik hy soveel klemtone?" 170 00:08:05,000 --> 00:08:08,000 As ek dit met my kop gedoen het, sou julle beslis so gedink het. 171 00:08:09,000 --> 00:08:11,000 (Musiek) 172 00:08:11,000 --> 00:08:14,000 (Musiek eindig) 173 00:08:14,000 --> 00:08:18,000 En vir die res van julle lewens sal julle altyd bewus wees 174 00:08:18,000 --> 00:08:22,000 van die klemtone wanneer julle na klassieke musiek luister. 175 00:08:22,000 --> 00:08:24,000 Kom ons kyk dus wat regtig hier aangaan. 176 00:08:24,000 --> 00:08:26,000 Ons het ’n B. Dis ’n B. 177 00:08:26,000 --> 00:08:29,000 Die volgende noot is ’n C. 178 00:08:29,000 --> 00:08:30,000 En die C se taak is om die B treurig te maak. 179 00:08:30,000 --> 00:08:32,000 En dit werk, of hoe? 180 00:08:32,000 --> 00:08:35,000 (Gelag) 181 00:08:35,000 --> 00:08:36,000 Komponiste weet dit. 182 00:08:36,000 --> 00:08:37,000 As hulle treurige musiek wil hê, speel hulle net hierdie twee note. 183 00:08:38,000 --> 00:08:43,000 (Musiek) 184 00:08:43,000 --> 00:08:45,000 Maar basies is dit net ’n B, met vier treuriges. 185 00:08:45,000 --> 00:08:47,000 (Gelag) 186 00:08:48,000 --> 00:08:50,000 Nou gaan dit af na A. 187 00:08:50,000 --> 00:08:51,000 Nou na G. 188 00:08:51,000 --> 00:08:53,000 En dan na F. 189 00:08:53,000 --> 00:08:55,000 So ons het B, A, G, F. 190 00:08:55,000 --> 00:08:58,000 En as ons B, A, G, F het, 191 00:08:58,000 --> 00:09:01,000 wat verwag ons volgende? 192 00:09:01,000 --> 00:09:02,000 (Musiek) 193 00:09:02,000 --> 00:09:04,000 O, dit was seker toeval. 194 00:09:04,000 --> 00:09:07,000 Kom ons probeer weer. 195 00:09:07,000 --> 00:09:08,000 (Musiek) 196 00:09:08,000 --> 00:09:10,000 O, die TED-koor 197 00:09:10,000 --> 00:09:13,000 (Gelag) 198 00:09:13,000 --> 00:09:14,000 En julle let op dat niemand toondoof is nie, ne? 199 00:09:14,000 --> 00:09:17,000 Niemand nie. 200 00:09:17,000 --> 00:09:19,000 Julle weet, elke dorpie in Bangladesh 201 00:09:19,000 --> 00:09:24,000 en elke gehuggie in Sjina -- almal weet: 202 00:09:25,000 --> 00:09:26,000 da, da, da, da -- da. 203 00:09:26,000 --> 00:09:28,000 Almal weet om ’n E daar te verwag. 204 00:09:28,000 --> 00:09:31,000 Chopin wou nie daar by die E uitgekom het nie, 205 00:09:32,000 --> 00:09:33,333 want wat sou gebeur het? 206 00:09:33,333 --> 00:09:34,666 Dit sou verby wees, soos Hamlet. Onthou julle? 207 00:09:34,666 --> 00:09:36,000 Eerste bedryf, derde toneel: 208 00:09:37,000 --> 00:09:38,000 hy vind uit dat sy oom sy pa doodgemaak het. 209 00:09:38,000 --> 00:09:40,000 Julle onthou hy hou aan om sy oom te nader en hom amper dood te maak. 210 00:09:41,000 --> 00:09:44,000 Dan draai hy om en hy nader hom weer en maak hom amper dood. 211 00:09:44,000 --> 00:09:46,000 En die kritici daar in die agterste ry, 212 00:09:46,000 --> 00:09:49,000 hulle moet ’n opinie hê, dus sê hulle: "Hamlet sloer." 213 00:09:50,000 --> 00:09:52,000 Of hulle sê: "Hamlet het ’n Oedipus-kompleks." 214 00:09:53,000 --> 00:09:54,000 Nee, anders sou die opvoering verby gewees het. Dis simpel. 215 00:09:54,000 --> 00:09:56,000 (Gelag) 216 00:09:56,000 --> 00:09:58,000 Dis waarom Shakespeare al daai goed in Hamlet gesit het -- 217 00:09:59,000 --> 00:10:01,000 Ophelia wat van haar kop af raak, die storie binne die storie, 218 00:10:01,000 --> 00:10:02,000 en Yorick se kopbeen, en die grafgrawers. 219 00:10:03,000 --> 00:10:04,000 Dis in orde om uit te stel -- 220 00:10:04,000 --> 00:10:06,000 tot die vyfde bedryf, dan kan hy hom doodmaak. 221 00:10:06,000 --> 00:10:08,000 Dieselfde geld vir Chopin. 222 00:10:08,000 --> 00:10:11,000 Hy wil net-net E bereik, 223 00:10:11,000 --> 00:10:13,000 en hy sê: "Oeps, ek moet liewer terug gaan en dit weer doen." 224 00:10:13,000 --> 00:10:16,000 Dan doen hy dit weer. 225 00:10:17,000 --> 00:10:18,000 Nou raak hy opgewonde. 226 00:10:18,000 --> 00:10:20,000 (Musiek) 227 00:10:20,000 --> 00:10:21,000 Dis opgewondenheid, moenie bekommer nie. 228 00:10:22,000 --> 00:10:24,000 Nou kom hy by F-kruis uit en uiteindelik gaan hy af tot by E, 229 00:10:24,000 --> 00:10:25,000 maar dis in die verkeerde sleutel -- 230 00:10:25,000 --> 00:10:28,000 want die sleutel waarna hy soek is dié een 231 00:10:28,000 --> 00:10:31,000 en in plaas daarvan doen hy ... 232 00:10:31,000 --> 00:10:33,000 Nou, ons noem dit misleidende intonasie, 233 00:10:33,000 --> 00:10:36,000 want dit mislei ons. 234 00:10:36,000 --> 00:10:38,000 Ek sê altyd vir my studente: "As julle met misleidende intonasie te doen het 235 00:10:38,000 --> 00:10:40,000 lig altyd julle wenkbroue, dan sal almal weet." 236 00:10:40,000 --> 00:10:43,000 (Gelag) 237 00:10:43,000 --> 00:10:46,000 (Applous) 238 00:10:47,000 --> 00:10:49,000 Reg. Hy kom dus by die E uit, maar dis in die verkeerde sleutel. 239 00:10:49,000 --> 00:10:52,000 Nou probeer hy weer E. Daardie sleutel werk nie. 240 00:10:52,000 --> 00:10:55,000 Nou probeer hy weer die E. Daardie sleutel werk nie. 241 00:10:55,000 --> 00:10:57,000 Nou probeer hy weer E, en dit werk nie. 242 00:10:58,000 --> 00:11:01,000 En dan, uiteindelik... 243 00:11:01,000 --> 00:11:05,000 Daar is 'n man in die voorste ry wat "Mmm" brom. 244 00:11:06,000 --> 00:11:08,000 Dit is dieselfde ding wat hy doen wanneer hy na 'n lang dag 245 00:11:08,000 --> 00:11:11,000 by die huis kom, sy motor afskakel en sê: 246 00:11:12,000 --> 00:11:15,000 "A, ek is tuis." Want ons weet almal waar ons huise is. 247 00:11:15,000 --> 00:11:18,000 Dit is dus 'n stuk wat van verlaat af weer tuiskom. 248 00:11:18,000 --> 00:11:20,000 Ek gaan dit regdeur speel 249 00:11:20,000 --> 00:11:23,000 en julle gaan volg: B, C, B, C, B, C, B -- 250 00:11:23,000 --> 00:11:25,000 af na A, af na G, af na F. 251 00:11:25,000 --> 00:11:27,000 Amper tot by E, maar dan sal die opvoering verby wees. 252 00:11:28,000 --> 00:11:30,000 Hy gaan terug na B. Hy raak baie opgewonde. Gaan na F-kruis, Gaan na E. 253 00:11:30,000 --> 00:11:32,000 Dis die verkeerde akkord. Dis die verkeerde akkord.. Dis die verkeerde akkoord. 254 00:11:33,000 --> 00:11:35,000 En uiteindelik na E, en dis tuis. 255 00:11:35,000 --> 00:11:38,000 En wat julle gaan sien, is 'een boud'-spel. 256 00:11:38,000 --> 00:11:41,000 (Gelag) 257 00:11:41,000 --> 00:11:43,000 Want vir my, om van die B tot by die E te beweeg, 258 00:11:44,000 --> 00:11:49,000 moet ek ophou dink aan elke enkele noot op hierdie roete 259 00:11:49,000 --> 00:11:54,000 en begin dink aan die lang, lang pad van B tot E. 260 00:11:55,000 --> 00:11:59,000 Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika, en jy kan nie na Suid-Afrika gaan 261 00:11:59,000 --> 00:12:02,000 sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank in die tronk was te dink nie. 262 00:12:03,000 --> 00:12:05,000 Waaraan het hy gedink? Middagete? 263 00:12:05,000 --> 00:12:08,000 Nee, hy het gedink aan die visie vir Suid-Afrika 264 00:12:09,000 --> 00:12:10,000 en 'n visie vir die mensdom. Dis wat behoue gebly het -- 265 00:12:10,000 --> 00:12:13,000 dit gaan oor visie; dit gaan oor die lang pad. 266 00:12:13,000 --> 00:12:15,000 Soos die voël wat oor die veld vlieg 267 00:12:15,000 --> 00:12:19,000 en geen aandag gee aan die heinings daaronder nie, reg? 268 00:12:19,000 --> 00:12:22,000 Nou gaan julle die lyn al die pad volg, van B tot E. 269 00:12:22,000 --> 00:12:26,000 Ek het een finale versoek voor ek hierdie stuk regdeur speel. 270 00:12:26,000 --> 00:12:31,000 Sal jy dink aan iemand wat jy baie liefhet, wat nie meer daar is nie? 271 00:12:31,000 --> 00:12:34,000 'n Geliefde ouma, 'n geliefde, 272 00:12:35,000 --> 00:12:38,000 iemand in jou lewe wat jy met jou hele hart liefhet, 273 00:12:38,000 --> 00:12:41,000 maar daardie persoon is nie meer by jou nie. 274 00:12:42,000 --> 00:12:45,000 Dink aan daardie persoon, en volg terselfdertyd 275 00:12:45,000 --> 00:12:49,000 die lyn al die pad van B na E, 276 00:12:49,000 --> 00:12:57,000 en jy sal alles hoor wat Chopin te sê gehad het. 277 00:12:57,000 --> 00:14:48,000 (Musiek) 278 00:14:48,000 --> 00:14:55,000 (Applous) 279 00:14:55,000 --> 00:15:00,000 Julle mag dalk nou wonder, 280 00:15:00,000 --> 00:15:06,000 julle mag wonder waarom ek saam klap. 281 00:15:06,000 --> 00:15:08,000 Wel, ek het dit by 'n skool in Boston gedoen 282 00:15:08,000 --> 00:15:12,000 met omtrent 70 graad sewes -- 12-jariges. 283 00:15:12,000 --> 00:15:14,000 Ek het presies dieselfde met hulle gedoen, en ek het hulle vertel 284 00:15:14,000 --> 00:15:15,000 en die hele ding aan hulle verduidelik. 285 00:15:15,000 --> 00:15:17,000 En aan die einde het hulle besete geraak en geklap. Hulle het geklap. 286 00:15:18,000 --> 00:15:19,000 Ek het geklap. Hulle het geklap. 287 00:15:19,000 --> 00:15:21,000 Totdat ek vra: "Waarom klap ek?" 288 00:15:21,000 --> 00:15:22,000 En een van die kleintjies sê: "Want ons het geluister." 289 00:15:22,000 --> 00:15:27,000 (Gelag) 290 00:15:28,000 --> 00:15:30,000 Dink daaraan. 1,600 mense, besige mense, 291 00:15:30,000 --> 00:15:32,000 wat by baie verskillende dinge betrokke is. 292 00:15:33,000 --> 00:15:39,000 Besig om te luister, te verstaan en aangeraak te word deur 'n stuk van Chopin. 293 00:15:39,000 --> 00:15:40,000 Dit is merkwaardig. 294 00:15:40,000 --> 00:15:43,000 Is ek seker dat elkeen dit gevolg en verstaan het 295 00:15:43,000 --> 00:15:45,000 en daardeur aangeraak is. Natuurlik kan ek nie seker wees nie. 296 00:15:46,000 --> 00:15:47,000 Maar kom ek vertel julle wat met my gebeur het. 297 00:15:47,000 --> 00:15:50,000 Ek was 10 jaar gelede, tydens hulle moeilikhede, in Ierland, 298 00:15:50,000 --> 00:15:53,000 en ek het met 'n klompie Katolieke en Protestantse kinders gewerk 299 00:15:53,000 --> 00:15:57,000 oor konflikoplossing. Toe doen ek dit met hulle. 300 00:15:58,000 --> 00:16:00,000 'n Gewaagde ding, want hulle was straatkinders. 301 00:16:00,000 --> 00:16:03,000 En een van hulle kom die volgende oggend na my en hy sê: 302 00:16:04,000 --> 00:16:07,000 "Jy weet, ek het nog nooit in my lewe na klassieke musiek geluister nie, 303 00:16:07,000 --> 00:16:08,000 maar toe jy daardie "shopping" stuk speel..." 304 00:16:08,000 --> 00:16:11,000 (Gelag) 305 00:16:11,000 --> 00:16:15,000 Hy sê: "My broer is laasjaar geskiet en ek het nie oor hom gehuil nie. 306 00:16:16,000 --> 00:16:17,000 Maar gistraand toe jy daardie stuk speel, 307 00:16:17,000 --> 00:16:20,000 was hy die een aan wie ek gedink het. 308 00:16:20,000 --> 00:16:22,000 En ek het gevoel hoe trane oor my gesig stroom. 309 00:16:22,000 --> 00:16:25,000 En weet jy, dit het regtig goed gevoel om oor my broer te huil." 310 00:16:25,000 --> 00:16:27,000 Op daardie oomblik het ek besluit 311 00:16:27,000 --> 00:16:34,000 dat klassieke musiek aan almal behoort. Aaan almal. 312 00:16:35,000 --> 00:16:37,000 Nou, hoe sou julle loop -- want julle ken almal 313 00:16:37,000 --> 00:16:41,000 my professie, die musiekprofessie beskou dit nie so nie. 314 00:16:41,000 --> 00:16:44,000 Hulle sê 3 persent van die bevolking hou van klassieke musiek. 315 00:16:44,000 --> 00:16:48,000 As ons dit maar net kon opstoot na 4 persent sou ons probleme opgelos wees. 316 00:16:49,000 --> 00:16:52,000 Ek sê: "Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat? Hoe sou jy wees 317 00:16:52,000 --> 00:16:55,000 as jy gedink het dat 3 persent van die bevolking van klassieke musiek hou? 318 00:16:56,000 --> 00:16:58,000 As ons dit maar net kon opstoot na 4 persent. Hoe sou jy geloop het? 319 00:16:58,000 --> 00:17:00,000 Hoe sou jy gepraat het? Hoe sou jy wees 320 00:17:00,000 --> 00:17:02,000 as jy gedink het dat almal lief is vir klassieke musiek -- 321 00:17:02,000 --> 00:17:04,000 hulle het dit nog net nie ontdek nie." 322 00:17:04,000 --> 00:17:05,000 (Gelag) 323 00:17:05,000 --> 00:17:07,000 Sien, dit is totaal verskillende wêrelde. 324 00:17:08,000 --> 00:17:11,000 Ek het 'n wonderlike ervaring gehad toe ek 45 jaar oud was. 325 00:17:11,000 --> 00:17:16,000 Ek het toe reeds 20 jaar lank dirigeer, en skielik het ek iets besef. 326 00:17:17,000 --> 00:17:20,000 Die dirigent van 'n orkes maak nie 'n geluid nie. 327 00:17:20,000 --> 00:17:22,000 My foto verskyn voor op die CD - 328 00:17:22,000 --> 00:17:25,000 (Gelag) 329 00:17:25,000 --> 00:17:27,000 - maar die dirigent maak nie 'n geluid nie. 330 00:17:28,000 --> 00:17:32,000 Vir hom om mag te hê, is hy afhanklik van sy vermoë om ander mense te bemagtig. 331 00:17:32,000 --> 00:17:36,000 En dit het alles vir my verander. Dit was 'n totale lewensomkeer. 332 00:17:37,000 --> 00:17:38,000 Mense in my orkes het na my toe gekom en gesê: 333 00:17:38,000 --> 00:17:40,000 "Ben, wat het gebeur?." Dis wat gebeur het: 334 00:17:40,000 --> 00:17:45,000 Ek het besef dat my taak is om moontlikheid in andere te wek. 335 00:17:45,000 --> 00:17:48,000 En natuurlik wou ek weet of ek besig was om dit te doen. 336 00:17:48,000 --> 00:17:51,000 En weet julle hoe 'n mens dit bepaal? Jy kyk na hulle oë. 337 00:17:51,000 --> 00:17:55,000 As hulle oë blink, dan weet jy dat jy daarin slaag. 338 00:17:56,000 --> 00:17:57,000 Jy kan 'n dorpie van lig voorsien met hierdie man se oë. 339 00:17:57,000 --> 00:17:59,000 (Gelag) 340 00:17:59,000 --> 00:18:01,000 Reg. As die oë dus blink, weet jy dat jy slaag. 341 00:18:01,000 --> 00:18:04,000 As die oë nie blink nie, moet jy 'n vraag vra. 342 00:18:04,000 --> 00:18:05,000 En die vraag is: 343 00:18:05,000 --> 00:18:11,000 Wat is ek besig om te wees, dat my spelers se oë nie blink nie? 344 00:18:12,000 --> 00:18:13,000 Ons kan dit met ons kinders ook doen. 345 00:18:13,000 --> 00:18:18,000 Wie is ek besig om te wees, dat my kinders se oë nie blink nie? 346 00:18:19,000 --> 00:18:21,000 Dit is 'n totaal ander wêreld. 347 00:18:21,000 --> 00:18:26,000 Nou, ons is amper op die punt om hierdie magiese, op-die-berg week te beëindig, 348 00:18:27,000 --> 00:18:28,000 en ons gaan terug na die wêreld. 349 00:18:28,000 --> 00:18:32,000 En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra: 350 00:18:32,000 --> 00:18:37,000 Wie is ons besig om te wees wanneer ons teruggaan na die wêreld toe? 351 00:18:37,000 --> 00:18:39,000 En weet julle, ek het 'n definisie van sukses. 352 00:18:40,000 --> 00:18:42,000 Dis vir my baie eenvoudig. Dit gaan nie oor rykdom of roem of mag nie. 353 00:18:42,000 --> 00:18:45,000 Dit gaan oor hoeveel blink oë ek rondom my het. 354 00:18:46,000 --> 00:18:49,000 En nou het ek een laaste gedagte, en dit is 355 00:18:49,000 --> 00:18:52,000 dat dit regtig 'n verskil maak wat ons sê. 356 00:18:52,000 --> 00:18:54,000 Die woorde wat uit ons mond kom. 357 00:18:54,000 --> 00:18:58,000 Ek het dit geleer van 'n vrou wat Auschwitz oorleef het, 358 00:18:58,000 --> 00:18:59,000 een van die min oorlewendes. 359 00:18:59,000 --> 00:19:03,000 Sy is na Auschwitz toe sy 15-jaar oud was, 360 00:19:04,000 --> 00:19:11,000 en haar broer was agt, en hulle ouers was weg. 361 00:19:11,000 --> 00:19:16,000 En sy het dit vir my vertel, sy het gesê: 362 00:19:16,000 --> 00:19:19,000 "Ons was in die trein op pad na Auschwitz en ek het afgekyk 363 00:19:19,000 --> 00:19:21,000 en gesien dat my boetie se skoene weg was. 364 00:19:22,000 --> 00:19:25,000 Toe sê ek: "Waarom is jy so simpel, kan jy nie jou goed bymekaar hou nie, 365 00:19:25,000 --> 00:19:26,000 om hemelsnaam?" - op die manier wat 'n ouer suster 366 00:19:26,000 --> 00:19:30,000 dalk met haar jonger broer sal praat. 367 00:19:30,000 --> 00:19:33,000 Ongelukkig was dit die laaste ding wat sy ooit vir hom gesê het 368 00:19:33,000 --> 00:19:37,000 want sy het hom nooit weer gesien nie. Hy het nie oorleef nie. 369 00:19:37,000 --> 00:19:39,000 Toe sy uit Auschwitz kom, het sy 'n eed geneem. 370 00:19:40,000 --> 00:19:44,000 Sy het dit vir my gesê. Sy het gesê: "Ek het uit Auschwitz die lewe ingestap 371 00:19:44,000 --> 00:19:49,000 en ek het myself iets belowe. Die belofte was dat ek nooit iets sal sê 372 00:19:50,000 --> 00:19:53,000 wat nie aanvaarbaar sal wees as die laaste ding wat ek ooit sê nie." 373 00:19:53,000 --> 00:19:57,000 Kan ons dit doen? Nee. Ons sal faal 374 00:19:58,000 --> 00:20:05,000 en ander sal faal. Maar dis 'n ideaal om na streef. Dankie. 375 00:20:05,000 --> 00:20:10,000 (Applous) 376 00:20:11,000 --> 00:20:22,000 Blink oë, blink oë. 377 00:20:22,000 --> 00:20:25,000 Dankie, dankie. 378 00:20:26,000 --> 00:20:31,000 (Musiek)