[kinders wat lag] ♪ musiek ♪ ♪ stemmige musiek ♪ 'n ANN Spesiale Verslag ♪ musiek ♪ Verenigde Gebed Werk ♪ musiek ♪ [sagter vloeiende] ♪ musiek ♪ [manlike verteller] Dit het alles begin in 'n klein bovertrek, met nederige, vurige gebed. ♪ musiek ♪ Gedreig deur die owerhede en verban om te preek, het die kerk gebid en twee mans het getuig met groot krag en genade. ♪ koor musiek ♪ En mense het orals gebid, in eendrag in bekering, met belyding en nederigheid. En die lewens van mense was verander. [plonsende klip] ♪ koor musiek ♪ Twee mans het begin met 'n sendingsreis wat die wêreld soos wat hul dit geken het, onderstebo sou draai. ♪ koor musiek ♪ En die boodskap het uitgegaan na die wêreld daar buite. ♪ koor musiek ♪ Korporatiewe gebed het 'n gevangene help ontsnap. ♪ koor musiek ♪ 'n Koning het versoek dat sy mense moet vas en bid en die vyand was verslaan. 'n Stryd gewonne sonder die behoefte om te veg. ♪ koor musiek ♪ Deur 'n betroubare bediende en 'n jong koningin se geloof en moed was mense gered. Stories in die Bybel wys die krag van verenigde gebed. Soos ek die boek Handelinge lees, dit is eintlik 'n boek oor gelowiges wat tesame kom om te bid, en 'n God wat gebed beantwoord. Persoonlike gebed is belangrik. Geheime gebed is die lewe van die siel. Maar ons weet dat daar nog nooit 'n herlewing enigeplek op hierdie planeet was wat nie voorafgegaan was deur verenigde en aanhoudende gebed nie. Ons Here het op een stadium gesê dat waar twee of meer van julle saamstem aangaande enigiets wat volgens My wil is, dit gedoen sal word. So daar is 'n sinergie wat gebeur wanneer ons tesame kom en ons stemme verenig om uit te roep na God. Soos die gees van profesie ons vertel, gebed is die sleutel wat die hemel se stoorkamer van skatte en seëninge oopsluit. Party van Ellen White se raad en stellings oor verenigde gebed is ook kragtig. Sy sê op een plek dat, toe sy geskryf het aan die Farnsworths, — sover ek kan onthou — sy sê daar is meer krag in verenigde gebed as wat daar selfs in private gebed is. Dan sê sy, hoekom is dit so? Dit is oor die eenheid van hart van die gelowiges. Dis asof God baie opgewonde raak wanneer ons almal in eendrag is, wanneer ons saamstaan, net soos hulle in Handelinge gedoen het. In 'n ander stelling sê sy, die klank van vurige gebed laat satan se hele leër bewe. Jesus weet dat die gewoonte om saam met ander te bid help om van die self-gesentreerdheid van ons gebede ontslae te raak wanneer ons alleen bid. So wanneer die Bybel daarvan praat om aan te hou met ernstige gebed, is dit nie net 'n individuele aktiwiteit nie. Dis 'n beroep op die kerk as 'n gemeenskap om uit te roep na God. Nie om God van plan te laat verander nie, maar dat ons in lyn kom met God se wil en eintlik dink ek Hy gebruik ons as 'n deel van die antwoorde op daardie gebede. Soos wat mens na die boek van Handelinge kyk, verenigde gebed het God se mense saam gebring. In Handelinge hoofstuk een vers 14 en 15, die hele kerk het saam ontmoet en gebid. Hulle het geweet dat die taak voor hulle te groot was. Hulle het geweet dat die uitdaging te enorm was. Hulle het geweet dat daar geen manier was wat hulle die evangelie aan die wêreld kon oordra nie. Maar soos wat hulle gebid het, het God iets wonderbaarlik gedoen. Hy het Sy Heilige Gees uitgestort op die dag van Pinkster en 3,000 was gedoop. Jy weet een van die... wanneer jy die teks daar lees, een van die dinge wat uitstaan vir my is die eenvoudige Engelse frase — hulle was in eendrag. Pinkster was net 'n uitsonderlike gebeurtenis. Dit het gekom na die hoogtepunt van Christus se bediening op hierdie aarde. En dit het gelyk asof alles heeltemal verpletter en vernietig was. Toe Christus op daardie kruis gehang het en toe natuurlik het die opstanding plaas gevind. En Hy het aan Sy dissipels verskyn wat hulle 'n totale ander perspektief gegee het oor wat hulle bediening alles behels het. Ons geseënde Here het vir Sy dissipels gesê om in Jerusalem te vertoef, verenig in gebed. En dit was een van die voorvereistes om daardie geweldigde sterk wind te bring en die teenwoordigheid van die Heilige Gees op die dag van Pinkster. [man praat berber] [manlike verteller] Dit was die tyd van Pasga en ons was in 'n bovertrek in Jerusalem. Ons het almal gebid in eendrag. Ons het gebid vir bekering en nederigheid, en ons het ons sondes bely. Ons het ook die Here se visie, krag en die Heilige Gees gesoek. Daar was 'n ongelooflike gevoel van eenheid soos wat ons ernstig saam gebid het. [man bid in Berber] [vrou praat in Berber] [vroulike spreker] Skielik was daar die klank van 'n gewelddadige wind wat die hele kamer gevul het waar ons gesit het. [wind klanke] Die tonge van vuur het neergedaal en hierdie vuur het op mense gerus. [man praat Berber] [manlike verteller] Al die mense in die kamer was gevul met die Heilige Gees. Nou, onthou dat gedurende die tyd van Pinkster mense van baie lande af gekom het om te kom aanbid en nou skieilik kon hulle die evangelie hoor, elkeen in sy eie taal. As 'n resultaat hiervan was 3,000 mense bygevoeg tot die gelowiges in een dag. ♪ sagte sprankelende musiek ♪ [vrou praat Berber] [vroulike spreker] Die mense het hulself toegewy aan die apostels se onderrig en aan kameraadskap, die breek van brood en aan gebed. Elke dag sou hul saam ontmoet het in die tempel binnehowe. In hulle huise het hul brood gebreek en saam geëet. En die getal van daardie wat gered was het daagliks gegroei. ♪ musiek ♪ En ons glo dat iets soos hierdie ook gaan gebeur in die laaste dae. Maar ek dink net as 'n kerk en as 'n volk ons kom tesame in eendrag en in vurige gebed, sal ons... totdat ons dit doen sal ons dit nie sien gebeur nie. En eintlik, dit wat tydens Pinkster gebeur het gaan weer herhaal word deur die Here in selfs 'n groter mate soos wat die drie engele se boodskappe voortgaan soos wat die vierde engel in Openbaring 18 verklaar het en soos die finale luidskreet aangekondig word reg oor die wêreld. En dit gaan mense wees wat hulself aan die Here onderwerp het, hul sondes bely het, en dan kan die Heilige Gees val en kan ons in 'n kragtige manier gebruik. Wel, ek dink aan die boek van Handelinge, Handelinge hoofstuk ses het dit gelyk soos 'n goeie probleem. Die kerk het eksponensieel gegroei. Maar in die midde daarvan is daar die kos verspreidings uitdaging. [mans baklei in Berber] ♪ lewendige musiek ♪ [manlike spreker] Die kerk het praktiese uitdagings ondergaan. Die Hellenistiese Jode het gekla oor die Hebreeuse Jode omdat die voormaliges se weduwees oorgesien was in die daaglikse verspreiding van kos. Die apostels het besluit dat hulle moet fokus op die bediening van gebed en die Woord. En dus het hulle versoek dat sewe diakens gekies word vir hierdie ander praktiese take. ♪ lewendige musiek ♪ [man praat Berber] [manlike verteller 1] Die apostels het ons gevra om as 'n groep sewe manne te kies wat bekend was daarvoor dat hulle vol van die Heilige Gees was en wat wysheid het. Die voorstel van die apostels het ons hele groep behaag. Dus het ons begin om die sewe mans uit te kies. Nadat die manne gekies was, was hulle aan die apostels voorgestel. Die apostels het hul hande op hulle gelê en vir hulle gebid. [manlike verteller 2] Met gebed as 'n prioriteit, sal die kerk nooit faal nie. Na dit het die aantal dissipels vinnig vermeerder. En 'n groot aantal priesters het gehoorsaam geword aan die werk. So ek dink ons vind 'n gevallestudie daar wat sê dat wanneer ons uitdagings in die gesig staar, kom ons gebruik wysheid, kom ons gebruik ons opleiding maar laat ons ook erken dat ons 'n God het wat gebed beantwoord en Wie vir ons wysheid sal gee. Ek het hierdie oor en oor en oor gesien. Kerke met groot probleme het dit opgelos wanneer hul tesame gekom het en gebid het. ♪ bariton koor musiek ♪ [Hoofpriester baklei met Petrus en Johannes] [manlike verteller] Petrus en Johannes was ingeroep deur die hoofpriesters en ouderlinge oor hul prediking. Hul het probeer om hul aksies te verdedig maar die leiers was baie hard op hulle. Hulle was opdrag gegee om nie te praat of te onderrig in die naam van Jesus nie. Na verdere dreigemente is hulle laat gaan. Petrus en Johannes het teruggegaan na hul eie mense toe en het verslag gegee oor alles wat die hoofpriesters en ouderlinge gesê het. ♪ bariton koor musiek ♪ [man praat Berber] [manlike verteller 1] Toe ons hierdie als hoor, het ons dadelik ons stemme gelig in gebed tot God. Die hele groep het vir Petrus en Johannes gebid. Ons het gebid tot God om dapperheid te gee aan hierdie twee nederige dienaars. Sulke intense gebed het ek nie ervaar in 'n lang tyd nie. Nadat ons gebid het, skielik het die hele plek geskud. [man praat Berber] [manlike verteller 2] Mense was gevul met die Heilige Gees en Petrus en Johannes het uitgegaan en getuig met groot krag en genade. Hulle het regdeur die land getuig oor die opstanding van hulle Verlosser. So ek dink Petrus en Johannes het baie krag gevind, beide van die wete dat hulle gebid het maar ook van die krag wat vrygestel word wanneer mense vir ons bid. Daar is 'n vrede, daar is 'n krag van God wat in ons kom wanneer daardie gebed beantwoord word deur baie gelowiges. [vroulike verteller] Toe het Ester hierdie antwoord na Mordegai toe gestuur: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en bid en vas vir my. Moet niks eet of drink nie vir drie dae en drie nagte. Ek en my bediendes sal ook vas soos julle. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, kom ek om.” ♪ stygende musiek ♪ ♪ musiek ♪ Ons kyk nou terug na Ester en ons dink sy was 'n dapper meisie. Jy weet, watter vrou van geloof. Maar sy was waarskynlik net so vreesbevange as wat enigeen van ons sou kon wees. Dit was 'n baie desperate situasie. Jy ken die ou sê ding, "Daar is nie so 'n ding soos ateïste in jakkals gate nie." En ek dink hierdie was 'n geval waar hul sonder bonatuurlike ingryping geweet het... sonder bonatuurlike ingryping sou alles verlore wees. Maar sy was wys genoeg om aan haar Oom Mordegai te sê, "Ek sal vas en bid. En ek sal dat my mense hier in die paleis vas en bid. Maar ek wil hê dat al God se mense moet vas en bid." Ek dink ons mis baie uit op die loslating van God se krag in hierdie wêreld deur nie te vas nie. En dit hoef nie te beteken dat jy geheel en al sonder kos moet gaan nie maar een of ander vorm van iets opgee wat ons baie geniet elke dag en dit verenig tesame met gebed en bid saam met ander... dit doen iets, beweeg in hierdie groot stryd. Dit is baie maklik om met tye te vergeet presies hoe baie ons afhanklik is van God. En soos wat Dwight Nelson daarvan hou om ons te herinner — Bid desperate gebede! En Ester was desperaat. Bid dringende gebede! En bid gebede van verwagting! En ek dink haar gebede het al drie ingesluit. As jy na die boek van Handelinge kyk, gebed was baie verenigend. Vat byvoorbeeld vir Petrus en Kornelius. Kornelius, 'n Heiden. Petrus, 'n Jood. En Jode en Heidene sou glad nie bymekaar kom in enige vorm van intieme gesprekke nie of bymerkaar se huise kuier nie of saam eet nie. Hierdie was die Heilige Gees wat besig was om mure af te breek. 'n Heiden van die Italiaanse groep, Kornelius, het gebid. Dit was geen ongeluk nie. Hy het gebid. Petrus op die dak, biddend. En hy het so lank gebid dat hy aan die slaap geraak het. Petrus het hierdie droom van die laken wat afkom met al hierdie verskillende diere daarbinne. En God sê, "Petrus, staan op en eet." En Petrus sê, "Ek het nog nooit slange en krokodille en knaagdiere geëet nie." Die visioen was natuurlik nie oor rein en onrein kosse nie. Die visioen was oor respek vir ander kulture. Respek vir ander mense. En God het visioen gestuur, openbaringe, aan albei van hulle wat mure afgebreek het wat hulle geskei het. En Petrus het verklaar dat God hom gewys het dat Hy geen aannemer van mense is nie. En beide van hulle het gebid, Jood en Heiden, hulle gebede het opgestyg na die hemel en het ontmoet by die troon van God. ♪ klavier musiek ♪ [manlike verteller 1] Dit was om en by middag toe Petrus uitgegaan het op die dak om te bid. Dit was hier waar Petrus 'n visioen gehad het van 'n groot laken wat 'n mengsel van onrein diere bevat het, verteenwoordigend van God se bevestiging van die verskeidenheid mense in die groeiende kerk. ♪ fluit musiek ♪ [manlike verteller 2] Ons het gehoor dat Petrus by die huis van Simon, die leerlooier, gebly het en ons was opdrag gegee deur Kornelius, die hoofman, om hom te gaan soek. ♪ klavier en fluit musiek ♪ [manlike spreker 1] Terwyl Petrus nog gedink het oor die visioen, het die Heilige Gees vir hom gesê om ondertoe te gaan want daar was drie mans wat hom gesoek het. [man praat Berber] Petrus het ondertoe gegaan en vir die mans gesê dat hy die een was na wie hulle opsoek is. ♪ klavier en fluit musiek ♪ [manlike spreker 2] Ons het toe vir Petrus vertel dat Kornelius, die hoofman, deur 'n engel vertel is dat Petrus hom sal kom sien by sy huis. So, onbekend aan Petrus, het Kornelius alreeds sy besoek aan Sesarea verwag. [man praat Berber] Wat hier gebeur het was nogals ongewoon. Net die feit dat Petrus in die huis ingegaan het — onthou dat dit teen die wet was vir 'n Jood om te assosieer met of om 'n heiden te besoek. ♪ musiek ♪ [manlike verteller 2] Kornelius het vir Petrus vertel hoe, drie dae vroeër, hy in sy huis gebid het toe 'n engel aan hom verskyn het. [man praat berber] Petrus het met Kornelius sy nuwe begrip gedeel dat God nie voortrek nie en 'n God is van almal. Hierdie was 'n werklike draaipunt. Van hierdie oomblik af aan was die evangelie ook aan ander mense groepe gegee. En dit het alles begin met gebed en vas, en 'n vision. Kulture was oorbrug. Hindernisse was afgebreek. Harte was verenig. En hul het een geword in Jesus Christus. En die evangelie was beskikbaar aan die Heidene. Wat doen verenigde gebed om kulture af te breek? Wanneer ons saam kniel — verskillende kulture, verskillende agtergronde, verskillende sosiologiese agtergronde, verskillende opvoedkundige agtergronde, verskillende ras velkleure — wanneer ons saam kniel is ons harte verenig as een in Jesus Christus. Ek kyk in Handelinge hoofstuk 13, waar die kerk in Antiogië Paulus en Barnabas uitstuur. En hulle lê hul hande op hul. En hul bid vir die seëning van die Heilige Gees. Die oplegging van hande was die tersydestelling, in Handelinge 13, van Paulus en Barnabas vir die evangelie en sending. Hulle sou hul sendingreis begin. Ek dink nie daar is iets betowerend van die hande nie. Ek dink dit is 'n simbool. Soos wat water met doop is of die ongesuurde brood en die ongegiste druiwesap in die nagmaal diens is. Wanneer die kerk verenig word, en hul hande op individue plaas, bid hulle vir daardie individu, wat hul apart sit vir 'n spesifieke taak van getuienes en bediening. [man praat Berber] Terwyl die profete en onderrigewers van die vroeë kerk gevas en gebid het, het die Heilige Gees Paulus en Barnabas geroep om op hul eerste sendingsreis te gaan. Die kerk het tesame gebid voordat hulle hul uitgestuur het. ♪ engelagtige musiek ♪ [vrou praat Berber] Hande was op hulle gelê en ons het ernstig gebid. As 'n verenigde kerk het ons gebid vir hul veiligheid en dat God vir hulle die regte woorde sal gee om te spreek aan menigtes. Ons het gebid dat ons sendelinge suksesvol sou wees in die verspreiding van die evangelie. ♪ stygende musiek ♪ Paulus en Barnabas het na verskeie plekke toe gereis. In Siprus het hulle die Woord van God verkondig in die Joodse sinagoges . In Pisidië Antiogië het omtrent die hele stad tesame gekom om die Woord van die Here te hoor. Toe die Heidene hul boodskap hoor, het hul geglo. Die Woord van die Here het deur die hele gebied versprei en die dissipels was gevul met vreugde en die Heilige Gees. ♪ engelagtige musiek ♪ Paulus en Barnabas het ouderlinge in elke kerk aangestel en het gebid terwyl hulle vas en hulle aanbeveel aan God. Hulle het die kerk bymekaar gemaak en verslag gegee aan alles wat God deur hulle gedoen het en hoe Hy 'n deur van geloof oopgemaak het vir die Heidene. As 'n biddende gemeenskap wanneer ons ons hande op die lê vir wie ons bid, stel dit die Hand van God voor. Knielende om daardie persoon, is hulle opsy gestel vir die taak en het ons die Heilige Gees gevra om te kom om hulle te bemagtig, om hul te versterk vir die taak wat God vir hulle gegee het deur die kerk. Ek onthou 'n storie waar Paulus... hy het 'n pragtige vrou teëgekom. Haar naam was Lidia. En sy was besig om te bid. En, ek weet nie, dit was dalk langs 'n rivier vir al wat ek weet, of dalk was dit langs 'n put. Miskien was dit in die middel van 'n mark, jy weet, in hulle tyd. Waarookal dit was, God was in staat om haar hart te bereik en die Bybel vertel ons dat sy die boodskap van die evangelie aanvaar het en gedoop is. [Vroulike Spreker] Ons was 'n groep vrouens buite die stad se hekke by die rivier waar daar 'n plek van gebed was. Lidia, 'n handelaar van pers wolmateriaal, van Tiatira was ook daar. Twee mans het daar aangekom en met ons begin praat en het gevra of hul by ons kan aansluit vir gebed. Ons het later geleer dat hulle Paulus en Silas was. Die Here het Lidia se hart ontvanklik gemaak vir Paulus se boodskap. Sy en haar hele huisgesin was gedoop. 'n Ander dag was Paulus en Silas oppad na 'n plek van gebed toe. Hulle het 'n slavin teëgekom in wie daar 'n gees was wat die toekoms kon voorspel. Sy het baie geld vir haar eienaars verdien deur waarsêery. Sy het ons gevolg en op ons geskree. Dit was steurend dus het Paulus die gees bevel gegee om uit haar te gaan. Toe haar eienaars besef dat hul haar nie meer kan gebruik om geld mee te maak nie, het hulle Paulus en Silas na die owerhede toe gesleep en hulle was in die tronk gegooi. [Manlike Spreker] Rondom middernag het hierdie twee baie positiewe gevangenes, genaamd Paulus en Silas, gebid en lofliedere tot God gesing. Die res van ons het na hulle geluister. Skielik was daar 'n geweldige aardbewing en die tronk het geskud. Al die tronk se deure het oopgevlieg en almal se kettings het los gekom. Die tronkbewaarder het wakker geword, al die deure oop gesien en sy swaard uitgetrek om homself dood te maak. Hy het gedink al die gevangenes het ontsnap. Maar Paulus het hom verseker en geskree dat hy nie homself moet seermaak nie. Die tronkbewaarder het vir lig gevra, ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Die bewaarder het Jesus Christus aanvaar en sy hele familie was gedoop. So gebed kan enigeplek gebeur. Vir "Hope Channel", jy weet, bied ek 'n program aan, ek is 'n medeaanbieder vir 'n program genaamd "Let's Pray". En so hier is ons in 'n televisie ateljee met ligte en kameras en aksie en tog verkeer ons nogsteeds in wyse van gebed. En ons het God gesien, ons het wonderlike antwoorde op gebed gesien, vanaf die ateljee. So dit kan enigeplek gebeur. Een vriend van my het gesê dat ons so spesifiek moet bid dat ons sal weet wanneer God ons gebede beantwoord het. In Handelinge hoofstuk 12, is Petrus in die tronk. Hy is geskeduleer om dood gemaak te word. Hy is vasgeketting tussen soldate. Herodus het beveel dat hy sou dood gaan. Terwyl Petrus in die tronk is, die hele kerk — ek hou daarvan — die hele kerk bid vir Petrus in die tronk. Net voor dit, was Jakobus, jy weet, tronk toe gevat, maar was doodgemaak. En ek dink die mense het baie bekommerd geraak dat hulle nou vir Petrus kan verloor toe hy tronk toe gesleep is. En dit het veroorsaak dat hulle bekommerd geraak het, so hulle het almal tesame gekom en werklik die hele nag lank gebid. [Manlike Spreker] Koning Herodus het sommiges wat aan die kerk behoort het laat arresteer en het beplan om hulle te vervolg. Toe Herodus Jakobus laat dood maak het met 'n swaard, en gesien het hoe die Jode byval vind hiermee, het hy Petrus ook laat vang. [vrou praat Berber] Petrus was bewaak deur vier troepe van vier soldate elk. Ons was baie besorgd oor sy veiligheid. En die kerk het ernstig vir hom gebid. [man praat Berber] Die nag voordat Herodus hom sou verhoor, het Petrus tussen twee soldate geslaap, gebind deur kettings, en wagte wat wag hou by die ingang. Skielik het 'n engel van die Here verskyn en lig het in sy sel geskyn. Die engel het aan Petrus se sy gevat om hom wakker te maak, en die boeie het van sy gewrigte afgeval. Soos hy opdrag gegee was, het Petrus die engel uit die tronk uit gevolg, verby al die wagte, na die stad se hek toe. [vrou praat Berber] Baie mense het saam gebid in die huis van Maria, die Ma van Johannes. As 'n dienaar in die huis, het ek 'n geklop aan die deur gehoor. ♪ snaar musiek ♪ Versigtig het ek gegaan om die deur oop te maak en tot my verbasing het Petrus daar gestaan. Ons het nounet ernstig vir hom gebid wat in die tronk was. [man praat Berber] Weereens, het verenigde gebed gewerk en die Woord van God het aangehou om te versprei en te floreer. Niemand wat daardie nag by die biduur was sou ooit vergeet dat hulle 'n God het wat gebed beantwoord nie, na daardie nag. Orals waarnatoe daardie mense gegaan het, vir die res van hulle lewens, het hulle daardie storie vertel wat deel is van die rede dat ons dit vandag ken. Hulle het daardie storie met groot krag vertel omdat dit uiters oortuigend was vir hulle, van nie net God se gewilligheid om te help nie maar God se vermoë om dit te doen op 'n pragtige en verbasende skaal. Hier het ons drie baie groot nasies, samelopend op sy klein aantreklike koninkryk van Juda en vanuit 'n menslike standpunt, dit was uitgewis. Josafat sê 'n paar baie eerlike dinge oor diegene wat bid. "Ons weet nie wat om te doen nie. Ons is swak. Ons is hulpeloos teenoor hierdie groot getal wat teen ons gekom het." Maar hy sê 'n paar baie waar dinge oor wie God is ook, "God, U is in staat. U is gewillig. U is magtig en ons is gereed." Al hierdie het God se mense voorberei vir Sy verlossing. Maar ek dink wanneer ons onsself nederig maak in gebed gee ons God toestemming om deur te breek in 'n bonatuurlike wyse. En ons word selfs vertel in die boek "Christ's Object Lessons", dat ons ons gebede moet voorstel met 'n vasberadenheid wat nie ontken sal word nie. Wat 'n belofte! ♪ onheilspellende musiek ♪ Baie mense het gekom en vir Josafat vertel dat 'n groot weermag oppad was om oorlog te maak teen hom. Verskrik deur hierdie nuus het Josafat 'n vas vir die hele Juda aangekondig. Mense het vanaf elke dorp in Juda gekom om te vas en saam te bid. Ons was deel van 'n groot groep en Josafat het ernstig vir God gevra vir hulp. Toe het 'n man genaamd Jagasiël opgestaan en gesê dat Josafat nie bekommerd moet wees nie — dat dit nie sy stryd was nie maar God se stryd. ♪ dringende musiek ♪ [man praat Berber] Dit was vroeg in die oggend toe ons oppad was na die woestyn van Tekoa toe. Ons was baie bekommerd om hierdie groot weermag teëgemoet te kom maar ons was gesê om geloof te hê. Ons het ook gebid. ♪ spanningsvolle musiek ♪ Toe ons verkennings peloton oor die heuwel kom, het ons net orals dooie liggame gesien. ♪ spanningsvolle musiek ♪ Die vyand het blykbaar op mekaar gedraai. Josafat se gebede het vir hulle oorwinning gebring sonder om eers te veg. Wanneer jy na gebed kyk, in die boek van Handelinge in die Bybel, kom 'n duidelike patroon te voorskyn. Daardie patroon is dat die dissipels, soos wat hulle begin om te deel wat God in hul harte geplaas het, hulle vervolg word, partykeer selfs doodgemaak word. Soos wat die vervolging begin maak hulle selfs die gelowiges bymekaar. Hulle bid en die Heilige Gees word uitgestort. Dus veroorsaak dit dat die Woord van God selfs meer kragtig versprei word. Dus groei die kerk van God. Verenige gebed is van uiterste belang vir die kerk omdat dit die sleutel is tot nasionale herlewing en tot die genesing van nasionale uitdagings. Gebed, veral verenigde gebed, is nie oor mag nie, draai die hand van God met meer mense bid dieselfde frase oor en oor. Dit is oor God se mense tesame wat in lyn kom met Sy wil. Wanneer ons bid, dink ek dit verander ons harte. En wanneer ons tesame in gebed kan verenig is daar 'n eenheid wat ervaar word. En dan wanneer ons vra, watookal ons vra, in die kragtige naam van Jesus, gebeur dinge. Hoekom is verenigde gebed belangrik? Omdat dit ons harte oopmaak vir die krag van die lewende God om ons getuienis te vergesel. Dit bring jou na die voet van die kruis, tesame. Verenigde gebed laat God se krag los in die heelal. Ek glo in die groot stryd, Hy is wat ons nodig het, nie die gebed nie. In die stryd tussen goed en kwaad, God onteer nie ons vryheid van keuse nie. Maar soos wat ons bid maak God nuwe paaie van werk oop. Werk God nie alreeds vir daardie seun of dogter nog voordat ons bid nie? Werk Hy nie vir die gemeenskap nog voordat ons bid nie? Hy is. Maar Hy is beperk deur hulle keuses. Maar soos wat ons bid, net soos in die boek van Handelinge soos wat die kerk gebid het, eer God die keuse van die een wat bid. En wonderwerke gebeur soos wat ons tesame bid. Wanneer ons dinge regkry op die vertikale sal hulle regkom op die horisontale. ♪ koord musiek ♪ ♪ simfoniese musiek ♪