[kinders wat lag]
♪ musiek ♪
♪ stemmige musiek ♪
[veeltonige ramshoring]
♪ musiek ♪
[sagter vloeiende]
♪ musiek ♪
[manlike verteller]
Dit het alles begin in 'n klein bovertrek,
met nederige, vurige gebed.
♪ musiek ♪
Gedreig deur die owerhede
en verban om te preek,
het die kerk gebid en
twee mans het getuig
met groot krag en genade.
♪ koor musiek ♪
En mense het orals
gebid, in eendrag
in bekering, met belyding
en nederigheid.
En die lewens van mense was verander.
[plonsende klip]
♪ koor musiek ♪
♪ koor musiek ♪
Twee mans het begin
met 'n sendingsreis
wat die wêreld soos wat hul dit
geken het, onderstebo sou draai.
♪ koor musiek ♪
En die boodskap het uitgegaan
na die wêreld daar buite.
♪ koor musiek ♪
Korporatiewe gebed het 'n
gevangene help ontsnap.
♪ koor musiek ♪
'n Koning het versoek dat sy
mense moet vas en bid
en die vyand was verslaan.
'n Stryd gewonne sonder
die behoefte om te veg.
♪ koor musiek ♪
Deur 'n betroubare bediende en 'n
jong koningin se geloof en moed,
was mense gered.
Stories in die Bybel wys die
krag van verenigde gebed.
Soos ek die boek Handelinge lees,
dit is eintlik 'n boek oor gelowiges
wat tesame kom om te bid,
en 'n God wat gebed beantwoord.
Persoonlike gebed is belangrik.
Geheime gebed is die lewe van die siel.
Maar ons weet dat daar nog nooit 'n
herlewing enigeplek op hierdie planeet
was wat nie voorafgegaan was deur
verenigde en aanhoudende gebed nie.
Ons Here het op een stadium gesê dat
waar twee of meer van julle saamstem
aangaande enigiets wat volgens
My wil is, dit gedoen sal word.
So daar is 'n sinergie wat gebeur
wanneer ons tesame kom en ons stemme
verenig om uit te roep na God.
Soos die gees van profesie ons vertel,
gebed is die sleutel wat die hemel se
stoorkamer van skatte
en seëninge oopsluit.
Party van Ellen White se raad en stellings
oor verenigde gebed is ook kragtig.
Sy sê op een plek dat, toe sy geskryf
het aan die Farnsworths,
— sover ek kan onthou — sy sê
daar is meer krag in verenigde gebed
as wat daar selfs in private gebed is.
Dan sê sy, hoekom is dit so?
Dit is oor die eenheid van
hart van die gelowiges.
Dis asof God baie opgewonde raak
wanneer ons almal in eendrag is,
wanneer ons saamstaan, net soos
hulle in Handelinge gedoen het.
In 'n ander stelling sê sy,
die klank van vurige gebed laat
satan se hele leër bewe.
Jesus weet dat die gewoonte
om saam met ander te bid
help om van die self-gesentreerdheid
van ons gebede ontslae te raak
wanneer ons alleen bid.
So wanneer die Bybel daarvan praat
om aan te hou met ernstige gebed,
is dit nie net 'n individuele
aktiwiteit nie.
Dis 'n beroep op die kerk as 'n
gemeenskap om uit te roep na God.
Nie om God van plan te laat verander nie,
maar dat ons in lyn kom met God se wil
en eintlik dink ek Hy gebruik ons as 'n
deel van die antwoorde op daardie gebede.
Soos wat mens na die boek
van Handelinge kyk,
verenigde gebed het God se
mense saam gebring.
In Handelinge hoofstuk 1 vers 14 en 15,
die hele kerk het saam ontmoet en gebid.
Hulle het geweet dat die taak
voor hulle te groot was.
Hulle het geweet dat die
uitdaging te enorm was.
Hulle het geweet dat daar geen manier was wat
hulle die evangelie aan die wêreld kon oordra nie.
Maar soos wat hulle gebid het, het
God iets wonderbaarlik gedoen.
Hy het Sy Heilige Gees uitgestort
op die dag van Pinkster
en 3,000 was gedoop.
Jy weet een van die...
wanneer jy die teks daar lees,
een van die dinge wat uitstaan vir my
is die eenvoudige Engelse frase —
hulle was in eendrag.
Pinkster was net 'n
uitsonderlike gebeurtenis.
Dit het gekom na die hoogtepunt van
Christus se bediening op hierdie aarde.
En dit het gelyk asof alles heeltemal
verpletter en vernietig was.
Toe Christus op daardie kruis gehang het
en toe natuurlik het die
opstanding plaas gevind.
En Hy het aan Sy dissipels verskyn
wat hulle 'n totale ander
perspektief gegee het
oor wat hulle bediening alles behels het.
Ons geseënde Here het
vir Sy dissipels gesê
om in Jerusalem te vertoef
verenig in gebed.
En dit was een van die voorvereistes
om daardie geweldigde sterk wind te bring
en die teenwoordigheid van die
Heilige Gees op die dag van Pinkster.
[man praat berber]
Dit was die tyd van Pasga
en ons was in 'n bovertrek in Jerusalem.
Ons het almal gebid in eendrag.
Ons het gebid vir bekering
en nederigheid,
en ons het ons sondes bely.
Ons het ook die Here se visie,
krag en die Heilige Gees gesoek.
Daar was 'n ongelooflike
gevoel van eenheid
soos wat ons ernstig saam gebid het.
[man bid in Berber]
[vrou praat in Berber]
[vroulike spreker] Skielik was daar
die klank van 'n gewelddadige wind
wat die hele kamer gevul
het waar ons gesit het.
[wind klanke]
Die tonge van vuur het neergedaal
en hierdie vuur het op mense gerus.
[man praat Berber]
[manlike verteller] Al die mense in die
kamer was gevul met die Heilige Gees.
Nou, onthou dat gedurende
die tyd van Pinkster
mense van baie lande af
gekom het om te kom aanbid
en nou skieilik kon hulle
die evangelie hoor,
elkeen in sy eie taal.
As 'n resultaat hiervan was 3,000 mense
bygevoeg tot die gelowiges in een dag.
♪ sagte sprankelende musiek ♪
[vrou praat Berber]
[vroulike spreker] Die mense
het hulself toegewy
aan die apostels se onderrig
en aan kameraadskap,
die breek van brood en aan gebed.
Elke dag sou hul saam ontmoet
het in die tempel binnehowe.
In hulle huise het hul brood
gebreek en saam geëet.
En die getal van daardie wat
gered was het daagliks gegroei.
♪ musiek ♪
En ons glo dat iets soos hierdie
ook gaan gebeur in die laaste dae.
Maar ek dink net as 'n kerk en as 'n volk
ons kom tesame in eendrag
en in vurige gebed, sal ons...
totdat ons dit doen sal ons
dit nie sien gebeur nie.
En eintlik, dit wat tydens
Pinkster gebeur het
gaan weer herhaal word deur die Here
in selfs 'n groter mate
soos wat die drie engele
se boodskappe voortgaan
soos wat die vierde engel in
Openbaring 18 verklaar het
en soos die finale luidskreet
aangekondig word reg oor die wêreld.
En dit gaan mense wees wat hulself
aan die Here onderwerp het,
hul sondes bely het,
en dan kan die Heilige Gees val
en kan ons in 'n kragtige
manier gebruik.
Wel, ek dink in die boek van Handelinge,
Handelinge hoofstuk ses
het dit gelyk soos 'n goeie probleem.
Die kerk het eksponensieel gegroei.
Maar in die midde daarvan is daar
die kos verspreidings uitdaging.
[mans baklei in Berber]
♪ lewendige musiek ♪
[manlike spreker] Die kerk het
praktiese uitdagings ondergaan.
Die Hellenistiese Jode het gekla
oor die Hebreeuse Jode
omdat die voormaliges se
weduwees oorgesien
was in die daaglikse
verspreiding van kos.
Die apostels het besluit dat hulle
moet fokus op die bediening
van gebed en die Woord.
En dus het hulle versoek dat sewe diakens
gekies word vir hierdie
ander praktiese take.
♪ lewendige musiek ♪
[man praat Berber]
[manlike verteller 1] Die apostels het ons
gevra om as 'n groep
sewe manne te kies wat
bekend was daarvoor
dat hulle vol van die Heilige Gees
was en wat wysheid het.
Die voorstel van die apostels
het ons hele groep behaag.
Dus het ons begin om
die sewe mans uit te kies.
Nadat die manne gekies was,
was hulle aan die apostels voorgestel.
Die apostels het hul hande op
hulle gelê en vir hulle gebid.
[manlike verteller 2] Met gebed as 'n prioriteit,
sal die kerk nooit faal nie.
Na dit het die aantal dissipels
vinnig vermeerder.
En 'n groot aantal priesters het
gehoorsaam geword aan die werk.
So ek dink ons vind 'n gevallestudie daar
wat sê dat wanneer ons
uitdagings in die gesig staar,
kom ons gebruik wysheid,
kom ons gebruik ons opleiding
maar laat ons ook erken dat ons
'n God het wat gebed beantwoord
en Wie vir ons wysheid sal gee.
Ek het hierdie oor en oor en oor gesien.
Kerke met groot probleme
het dit opgelos wanneer hul
tesame gekom het en gebid het.
♪ bariton koor musiek ♪
[Hoofpriester baklei met Petrus en Johannes]
[Hoofpriester baklei met Petrus en Johannes]
[manlike verteller]
Petrus en Johannes was ingeroep
deur die hoofpriesters en
ouderlinge oor hul prediking.
Hul het probeer om
hul aksies te verdedig
maar die leiers was baie hard op hulle.
Hulle was oprag gegee om nie te praat
of te onderrig in die naam van Jesus nie.
Na verdere dreigemente
is hulle laat gaan.
Petrus en Johannes het teruggegaan
na hul eie mense toe
en het berig gegee oor alles wat die
hoofpriesters en ouderlinge gesê het.
♪ bariton koor musiek ♪
[man praat Berber]
Toe ons hierdie als hoor, het ons dadelik
ons stemme gelig in gebed tot God.
Die hele groep het vir
Petrus en Johannes gebid.
Ons het gebid tot God om dapperheid te
gee aan hierdie twee nederige dienaars.
Sulke intense gebed het ek
nie ervaar in 'n lang tyd nie.
Nadat ons gebid het, skielik
het die hele plek geskud.
[man praat Berber]
Mense was gevul met die Heilige Gees
en Petrus en Johannes het uitgegaan
en getuig met groot krag en genade.
Hulle het regdeur die land getuig
oor die opstanding van hulle Verlosser.
♪ koor musiek ♪
So ek dink Petrus en Johannes
het baie krag gevind,
beide van die wete dat hulle gebid het
maar ook van die krag wat vrygestel word
wanneer mense vir ons bid.
Daar is 'n vrede,
daar is 'n krag van God
wat in ons kom wanneer daardie gebed
beantwoord word deur baie gelowiges.
♪ dramatiese musiek ♪
[vroulike verteller] Toe het Ester hierdie
antwoord na Mordegai toe gestuur:
“Gaan maak al die Jode
wat in Susan is, bymekaar
en vas ter wille van my.
Moet niks eet of drink nie
vir drie dae en drie nagte.
Ek en my bediendes
sal ook vas soos julle.
Daarna sal ek na die koning toe gaan,
al is dit teen die wet.
As ek moet omkom, kom ek om.”
♪ stygende musiek ♪
♪ musiek ♪
Ons kyk nou terug na Ester
en ons dink sy was 'n dapper meisie.
Jy weet, watter vrou van geloof.
Maar sy was waarskynlik net so vreesbevange
as wat enigeen van ons sou kon wees.
Dit was 'n baie desperate situasie.
Jy ken die ou sê ding, "Daar
is nie so 'n ding soos
ateïste in jakkals gate nie."
En ek dink hierdie was 'n geval waar
hul sonder bonatuurlike
ingryping geweet het...
sonder bonatuurlike ingryping
sou alles verlore wees.
Maar sy was wys genoeg om
aan haar Oom Mordegai te sê,
"Ek sal vas en bid.
En ek sal dat my mense
hier in die paleis vas en bid.
Maar ek wil hê dat al God
se mense moet vas en bid."
Ek dink ons mis baie uit
op die loslating van God se krag
in hierdie wêreld deur nie te vas nie.
En dit hoef nie te beteken dat jy geheel
en al sonder kos moet gaan nie
maar een of ander vorm van iets opgee
wat ons baie geniet elke dag
en dit verenig tesame met gebed
en bid saam met ander... dit doen iets,
beweeg in hierdie groot stryd.
Dit is baie maklik om met tye te vergeet
presies hoe baie ons afhanklik is van God.
En soos wat Dwight Nelson daarvan
hou om ons te herinner —
Bid desperate gebede!
En Ester was desperaat.
Bid dringende gebede!
En bid gebede van verwagting!
En ek dink haar gebede
het al drie ingesluit.
As jy na die boek van Handelinge kyk,
gebed was baie verenigend.
Vat byvoorbeeld vir Petrus en Kornelius.
Kornelius, 'n Heiden.
Petrus, 'n Jood.
En Jode en Heidene sou
glad nie bymekaar kom
in enige vorm van
intieme gesprekke nie
of bymerkaar se huise kuier nie
of saam eet nie.
Hierdie was die Heilige Gees wat
besig was om mure af te breek.
'n Heiden van die Italiaanse
groep, Kornelius, het gebid.
Dit was geen ongeluk nie. Hy het gebid.
Petrus op die dak, biddend.
En hy het so lank gebid dat
hy aan die slaap geraak het.
Petrus het hierdie droom
van die laken wat afkom
met al hierdie verskillende diere daarbinne.
En God sê, "Petrus, staan op en eet."
En Petrus sê, "Ek het nog nooit slange
en krokodille en knaagdiere geëet nie."
Die visioen was natuurlik nie oor
rein en onrein kosse nie.
Die visioen was oor
respek vir ander kulture.
Respek vir ander mense.
En God het visioen gestuur,
openbaringe, aan albei van hulle
wat mure afgebreek het
wat hulle geskei het.
En Petrus het verklaar dat
God hom gewys het dat
Hy geen aannemer van mense is nie.
En beide van hulle het
gebid, Jood en Heiden,
hulle gebede het opgestyg na die hemel
en het ontmoet by die troon van God.
♪ klavier musiek ♪
[manlike verteller 1] Dit was om en by middag toe Petrus
uitgegaan het op die dak om te bid.
Dit was hier waar Petrus 'n visioen
gehad het van 'n groot laken wat 'n
mengsel van onrein diere bevat het,
verteenwoordigend van God se bevestiging
van die verskeidenheid mense
in die groeiende kerk.
♪ fluit musiek ♪
[manlike verteller 2] Ons het
gehoor dat Petrus by die
huis van Simon, die leerlooier,
gebly het en ons was opdrag gegee deur
Kornelius, die hoofman, om hom te gaan soek.
♪ klavier en fluit musiek ♪
[manlike spreker 1] Terwyl Petrus nog
gedink het oor die visioen,
het die Heilige Gees vir hom
gesê om ondertoe te gaan
want daar was drie mans
wat hom gesoek het.
[man praat Berber]
Petrus het ondertoe gegaan
en vir die mans gesê dat
hy die een was na wie hulle opsoek is.
♪ klavier en fluit musiek ♪
[manlike spreker 2] Ons het toe vir Petrus
vertel dat Kornelius, die hoofman,
deur 'n engel vertel is
dat Petrus hom sal kom
sien by sy huis.
So, onbekend aan Petrus,
het Kornelius alreeds sy
besoek aan Sesarea verwag.
[man praat Berber]
Wat hier gebeur het was nogals ongewoon.
Net die feit dat Petrus in
die huis ingegaan het —
onthou dat dit teen die wet was
vir 'n Jood om te assosieer met
of om 'n heiden te besoek.
♪ musiek ♪
[manlike verteller 2] Kornelius het
vir Petrus vertel hoe, drie dae vroeër,
hy in sy huis gebid het
toe 'n engel aan hom verskyn het.
[man praat berber]
Petrus het met Kornelius
sy nuwe begrip gedeel dat God
nie voortrek nie
en 'n God is van almal.
Hierdie was 'n werklike draaipunt.
Van hierdie oomblik af aan
was die evangelie ook aan
ander mense groepe gegee.
En dit het alles begin met
gebed en vas, en 'n vision.
Kulture was oorbrug.
Hindernisse was afgebreek.
Harte was verenig.
En hul het een geword in Jesus Christus.
En die evangelie was
beskikbaar aan die Heidene.
Wat doen verenigde gebed
om kulture af te breek?
Wanneer ons saam kniel —
verskillende kulture,
verskillende agtergronde,
verskillende sosiologiese agtergronde,
verskillende opvoedkundige agtergronde,
verskillende ras velkleure —
wanneer ons saam kniel
is ons harte verenig as
een in Jesus Christus.
Ek kyk na Handelinge hoofstuk 13,
waar die kerk in Antiogië
Paulus en Barnabas uitstuur.
En hulle lê hul hande op hul.
En hul bid vir die seëning van die Heilige Gees.
Ek dink dit is 'n simbool.
[man praat Berber]
Terwyl die profete en onderrigewers
van die vroeë kerk
gevas en gebid het,
het die Heilige Gees Paulus
en Barnabas geroep
om op hul eerste sendingsreis te gaan.
Die kerk het tesame gebid voordat
hulle hul uitgestuur het.
♪ engelagtige musiek ♪
[vrou praat Berber]
Hande was op hulle gelê en
ons het ernstig gebid.
As 'n verenigde kerk het
ons gebid vir hul veiligheid
en dat God vir hulle
die regte woorde sal gee
om te spreek aan menigtes.
[Vroulike Spreker] Ons was 'n groep
vrouens buite die stad se hekke
by die rivier waar daar
'n plek van gebed was.
Lidia, 'n handelaar van pers wolmateriaal,
van Tiatira was ook daar.
Twee mans het daar aangekom
en met ons begin praat
en het gevra of hul by ons
kan aansluit vir gebed.
Ons het later geleer dat hulle
Paulus en Silas was.
Die Here het Lidia se hart ontvanklik
gemaak vir Paulus se boodskap.
Sy en haar hele huisgesin was gedoop.
'n Ander dag was Paulus en Silas
oppad na 'n plek van gebed toe.
Hulle het 'n slavin teëgekom
in wie daar 'n gees was wat
die toekoms kon voorspel.
Sy het baie geld vir haar eienaars
verdien deur waarsêery.
Sy het ons gevolg en op ons geskree.
Dit was steurend dus het Paulus die
gees bevel gegee om uit haar te gaan.
Toe haar eienaars besef dat hul haar nie meer
kan gebruik om geld mee te maak nie,
het hulle Paulus en Silas
na die owerhede toe gesleep
en hulle was in die tronk gegooi.
[Manlike Spreker] Rondom middernag het hierdie
twee baie positiewe gevangenes,
genaamd Paulus en Silas, gebid
en lofliedere tot God gesing.
Die res van ons het na hulle geluister.
Skielik was daar 'n geweldige aardbewing
en die tronk het geskud.
Al die tronk se deure het oopgevlieg
en almal se kettings het los gekom.
Die tronkbewaarder het wakker
geword, al die deure oop gesien
en sy swaard uitgetrek
om homself dood te maak.
Hy het gedink al die gevangenes
het ontsnap.
Maar Paulus het hom verseker en geskree
dat hy nie homself moet seermaak nie.
Die tronkbewaarder het vir lig gevra, ingestorm
en bewend voor Paulus en Silas neergeval.
Die bewaarder het Jesus Christus aanvaar
en sy hele familie was gedoop.
So gebed kan enigeplek gebeur.
Een vriend van my het gesê
dat ons so spesifiek moet bid
dat ons sal weet wanneer God
ons gebede beantwoord het.
In Handelinge hoofstuk 12,
is Petrus in die tronk.
Hy is vasgeketting tussen soldate.
Terwyl Petrus in die tronk is, die hele kerk
— ek hou daarvan —
die hele kerk bid
vir Petrus in die tronk.
En dit het veroorsaak dat hulle
bekommerd geraak het,
so hulle het almal tesame gekom
en werklik die hele nag lank gebid.
[Manlike Spreker] Koning Herodus het sommiges
wat aan die kerk behoort het laat arresteer
en het beplan om hulle te vervolg.
Toe Herodus Jakobus laat
dood maak het met 'n swaard,
en gesien het hoe die Jode byval vind hiermee,
het hy Petrus ook laat vang.
[vrou praat Berber]
Petrus was bewaak deur vier troepe
van vier soldate elk.
Ons was baie besorgd oor sy veiligheid.
En die kerk het ernstig vir hom gebid.
[man praat Berber]
Die nag voordat Herodus hom sou verhoor,
het Petrus tussen twee soldate geslaap,
gebind deur kettings, en wagte
wat wag hou by die ingang.
Skielik het 'n engel van die Here verskyn
en lig het in sy sel geskyn.
Die engel het aan Petrus se sy gevat
om hom wakker te maak,
en die boeie het van sy gewrigte afgeval.
Soos hy opdrag gegee was, het Petrus
die engel uit die tronk uit gevolg,
verby al die wagte, na die stad se hek toe.
[vrou praat Berber]
Baie mense het saam gebid
in die huis van Maria,
die Ma van Johannes.
As 'n dienaar in die huis,
het ek 'n geklop aan die deur gehoor.
♪ snaar musiek ♪
Versigtig het ek gegaan om die
deur oop te maak
en tot my verbasing het
Petrus daar gestaan.
Ons het nounet ernstig vir hom
gebid wat in die tronk was.
[man praat Berber]
Weereens, het verenigde gebed gewerk
en die Woord van God het aangehou
om te versprei en te floreer.
Niemand wat daardie nag by die biduur was
sou ooit vergeet dat hulle 'n God het
wat gebed beantwoord nie, na daardie nag.
Orals waarnatoe daardie mense gegaan het,
vir die res van hulle lewens,
het hulle daardie storie vertel
wat deel is van die rede
dat ons dit vandag ken.
Hulle het daardie storie
met groot krag vertel
omdat dit uiters oortuigend was vir hulle,
van nie net God se gewilligheid om te help nie
maar God se vermoë om dit te doen
op 'n pragtige en verbasende skaal.
"Ons weet nie wat om te doen nie.
Ons is swak.
Ons is hulpeloos teenoor hierdie
groot getal wat teen ons gekom het."
Maar hy sê 'n paar baie waar
dinge oor wie God is ook,
"God, U is in staat. U is gewillig.
U is magtig en ons is gereed."
Wat 'n belofte!
Ons het ook gebid.
Hulle bid en die Heilige Gees
word uitgestort.
Dus veroorsaak dit dat die Woord van God
selfs meer kragtig versprei word.
Dus groei die kerk van God.
Wanneer ons bid, dink ek
dit verander ons harte.
En dan wanneer ons vra, watookal ons vra,
in die kragtige naam van
Jesus, gebeur dinge.
Hoekom is verenigde gebed belangrik?
Dit bring jou na die voet
van die kruis, tesame.
Ek glo in die groot stryd,
Hy is wat ons nodig het, nie die gebed nie.
Hy is. Maar Hy is beperk deur hulle keuses.
En wonderwerke gebeur
soos wat ons tesame bid.
Wanneer ons dinge regkry op die vertikale
sal hulle regkom op die horisontale.
♪ koord musiek ♪
♪ simfoniese musiek ♪