[kinders wat lag] ♪ musiek ♪ ♪ stemmige musiek ♪ [veeltonige ramshoring] ♪ musiek ♪ [sagter vloeiende] ♪ musiek ♪ [manlike verteller] Dit het alles begin in 'n klein bovertrek, met nederige, vurige gebed. ♪ musiek ♪ Gedreig deur die owerhede en verban om te preek, het die kerk gebid en twee mans het getuig met groot krag en genade. ♪ koor musiek ♪ En mense het orals gebid, in eendrag in bekering, met belyding en nederigheid. En die lewens van mense was verander. [plonsende klip] ♪ koor musiek ♪ ♪ koor musiek ♪ Twee mans het begin met 'n sendingsreis wat die wêreld soos wat hul dit geken het, onderstebo sou draai. ♪ koor musiek ♪ En die boodskap het uitgegaan na die wêreld daar buite. ♪ koor musiek ♪ Korporatiewe gebed het 'n gevangene help ontsnap. ♪ koor musiek ♪ 'n Koning het versoek dat sy mense moet vas en bid en die vyand was verslaan. 'n Stryd gewonne sonder die behoefte om te veg. ♪ koor musiek ♪ Deur 'n betroubare bediende en 'n jong koningin se geloof en moed, was mense gered. Stories in die Bybel wys die krag van verenigde gebed. Soos ek die boek Handelinge lees, dit is eintlik 'n boek oor gelowiges wat tesame kom om te bid, en 'n God wat gebed beantwoord. Persoonlike gebed is belangrik. Geheime gebed is die lewe van die siel. Maar ons weet dat daar nog nooit 'n herlewing enigeplek op hierdie planeet was wat nie voorafgegaan was deur verenigde en aanhoudende gebed nie. Ons Here het op een stadium gesê dat waar twee of meer van julle saamstem aangaande enigiets wat volgens My wil is, dit gedoen sal word. So daar is 'n sinergie wat gebeur wanneer ons tesame kom en ons stemme verenig om uit te roep na God. Soos die gees van profesie ons vertel, gebed is die sleutel wat die hemel se stoorkamer van skatte en seëninge oopsluit. Party van Ellen White se raad en stellings oor verenigde gebed is ook kragtig. Sy sê op een plek dat, toe sy geskryf het aan die Farnsworths, — sover ek kan onthou — sy sê daar is meer krag in verenigde gebed as wat daar selfs in private gebed is. Dan sê sy, hoekom is dit so? Dit is oor die eenheid van hart van die gelowiges. Dis asof God baie opgewonde raak wanneer ons almal in eendrag is, wanneer ons saamstaan, net soos hulle in Handelinge gedoen het. In 'n ander stelling sê sy, die klank van vurige gebed laat satan se hele leër bewe. Jesus weet dat die gewoonte om saam met ander te bid help om van die self-gesentreerdheid van ons gebede ontslae te raak wanneer ons alleen bid. So wanneer die Bybel daarvan praat om aan te hou met ernstige gebed, is dit nie net 'n individuele aktiwiteit nie. Dis 'n beroep op die kerk as 'n gemeenskap om uit te roep na God. Nie om God van plan te laat verander nie, maar dat ons in lyn kom met God se wil en eintlik dink ek Hy gebruik ons as 'n deel van die antwoorde op daardie gebede. Soos wat mens na die boek van Handelinge kyk, verenigde gebed het God se mense saam gebring. In Handelinge hoofstuk 1 vers 14 en 15, die hele kerk het saam ontmoet en gebid. Hulle het geweet dat die taak voor hulle te groot was. Hulle het geweet dat die uitdaging te enorm was. Hulle het geweet dat daar geen manier was wat hulle die evangelie aan die wêreld kon oordra nie. Maar soos wat hulle gebid het, het God iets wonderbaarlik gedoen. Hy het Sy Heilige Gees uitgestort op die dag van Pinkster en 3,000 was gedoop. Jy weet een van die... wanneer jy die teks daar lees, een van die dinge wat uitstaan vir my is die eenvoudige Engelse frase — hulle was in eendrag. Pinkster was net 'n uitsonderlike gebeurtenis. Dit het gekom na die hoogtepunt van Christus se bediening op hierdie aarde. En dit het gelyk asof alles heeltemal verpletter en vernietig was. Toe Christus op daardie kruis gehang het en toe natuurlik het die opstanding plaas gevind. En Hy het aan Sy dissipels verskyn wat hulle 'n totale ander perspektief gegee het oor wat hulle bediening alles behels het. Ons geseënde Here het vir Sy dissipels gesê om in Jerusalem te vertoef verenig in gebed. En dit was een van die voorvereistes om daardie geweldigde sterk wind te bring en die teenwoordigheid van die Heilige Gees op die dag van Pinkster. [man praat berber] Dit was die tyd van Pasga en ons was in 'n bovertrek in Jerusalem. Ons het almal gebid in eendrag. Ons het gebid vir bekering en nederigheid, en ons het ons sondes bely. Ons het ook die Here se visie, krag en die Heilige Gees gesoek. Daar was 'n ongelooflike gevoel van eenheid soos wat ons ernstig saam gebid het. [man bid in Berber] [vrou praat in Berber] [vroulike spreker] Skielik was daar die klank van 'n gewelddadige wind wat die hele kamer gevul het waar ons gesit het. [wind klanke] Die tonge van vuur het neergedaal en hierdie vuur het op mense gerus. [man praat Berber] [manlike verteller] Al die mense in die kamer was gevul met die Heilige Gees. Nou, onthou dat gedurende die tyd van Pinkster mense van baie lande af gekom het om te kom aanbid en nou skieilik kon hulle die evangelie hoor, elkeen in sy eie taal. As 'n resultaat hiervan was 3,000 mense bygevoeg tot die gelowiges in een dag. ♪ sagte sprankelende musiek ♪ [vrou praat Berber] [vroulike spreker] Die mense het hulself toegewy aan die apostels se onderrig en aan kameraadskap, die breek van brood en aan gebed. Elke dag sou hul saam ontmoet het in die tempel binnehowe. In hulle huise het hul brood gebreek en saam geëet. En die getal van daardie wat gered was het daagliks gegroei. ♪ musiek ♪ En ons glo dat iets soos hierdie ook gaan gebeur in die laaste dae. Maar ek dink net as 'n kerk en as 'n volk ons kom tesame in eendrag en in vurige gebed, sal ons... totdat ons dit doen sal ons dit nie sien gebeur nie. En eintlik, dit wat tydens Pinkster gebeur het gaan weer herhaal word deur die Here in selfs 'n groter mate soos wat die drie engele se boodskappe voortgaan soos wat die vierde engel in Openbaring 18 verklaar het en soos die finale luidskreet aangekondig word reg oor die wêreld. En dit gaan mense wees wat hulself aan die Here onderwerp het, hul sondes bely het, en dan kan die Heilige Gees val en kan ons in 'n kragtige manier gebruik. Wel, ek dink in die boek van Handelinge, Handelinge hoofstuk ses het dit gelyk soos 'n goeie probleem. Die kerk het eksponensieel gegroei. Maar in die midde daarvan is daar die kos verspreidings uitdaging. [mans baklei in Berber] ♪ lewendige musiek ♪ [manlike spreker] Die kerk het praktiese uitdagings ondergaan. Die Hellenistiese Jode het gekla oor die Hebreeuse Jode omdat die voormaliges se weduwees oorgesien was in die daaglikse verspreiding van kos. Die apostels het besluit dat hulle moet fokus op die bediening van gebed en die Woord. En dus het hulle versoek dat sewe diakens gekies word vir hierdie ander praktiese take. ♪ lewendige musiek ♪ [man praat Berber] [Manlike Verteller] Die apostels het ons gevra om as 'n groep sewe manne te kies wat bekend was daarvoor dat hulle vol van die Heilige Gees was en wat wysheid het. Die voorstel van die apostels het ons hele groep behaag. Dus het ons begin om die sewe mans uit te kies. Nadat die manne gekies was, was hulle aan die apostels voorgestel. Die apostels het hul hande op hulle gelê en vir hulle gebid. - Met gebed as 'n prioriteit, sal die kerk nooit faal nie. Na dit het die aantal dissipels vinnig vermeerder. En 'n groot aantal priesters het gehoorsaam geword aan die werk. So ek dink ons vind 'n gevallestudie daar wat sê dat wanneer ons uitdagings in die gesig staar, kom ons gebruik wysheid, kom ons gebruik ons opleiding maar laat ons ook erken dat ons 'n God het wat gebed beantwoord en Wie vir ons wysheid sal gee. Ek het hierdie oor en oor en oor gesien. Kerke met groot probleme het dit opgelos wanneer hul tesame gekom het en gebid het. ♪ bariton koor musiek ♪ [Hoofpriester baklei met Petrus en Johannes] [Hoofpriester baklei met Petrus en Johannes] [manlike verteller] Petrus en Johannes was ingeroep deur die hoofpriesters en ouderlinge oor hul prediking. Hul het probeer om hul aksies te verdedig maar die leiers was baie hard op hulle. Hulle was oprag gegee om nie te praat of te onderrig in die naam van Jesus nie. Na verdere dreigemente is hulle laat gaan. Petrus en Johannes het teruggegaan na hul eie mense toe en het berig gegee oor alles wat die hoofpriesters en ouderlinge gesê het. ♪ bariton koor musiek ♪ [man praat Berber] Toe ons hierdie als hoor, het ons dadelik ons stemme gelig in gebed tot God. Die hele groep het vir Petrus en Johannes gebid. Ons het gebid tot God om dapperheid te gee aan hierdie twee nederige dienaars. Sulke intense gebed het ek nie ervaar in 'n lang tyd nie. Nadat ons gebid het, skielik het die hele plek geskud. [man praat Berber] Mense was gevul met die Heilige Gees en Petrus en Johannes het uitgegaan en getuig met groot krag en genade. Hulle het regdeur die land getuig oor die opstanding van hulle Verlosser. ♪ koor musiek ♪ So ek dink Petrus en Johannes het baie krag gevind, beide van die wete dat hulle gebid het maar ook van die krag wat vrygestel word wanneer mense vir ons bid. Daar is 'n vrede, daar is 'n krag van God wat in ons kom wanneer daardie gebed beantwoord word deur baie gelowiges. ♪ dramatiese musiek ♪ [vroulike verteller] Toe het Ester hierdie antwoord na Mordegai toe gestuur: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Moet niks eet of drink nie vir drie dae en drie nagte. Ek en my bediendes sal ook vas soos julle. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, kom ek om.” ♪ stygende musiek ♪ ♪ musiek ♪ Ons kyk nou terug na Ester en ons dink sy was 'n dapper meisie. Jy weet, watter vrou van geloof. Maar sy was waarskynlik net so vreesbevange as wat enigeen van ons sou kon wees. Dit was 'n baie desperate situasie. Jy ken die ou sê ding, "Daar is nie so 'n ding soos ateïste in jakkals gate nie." En ek dink hierdie was 'n geval waar hul sonder bonatuurlike ingryping geweet het... sonder bonatuurlike ingryping sou alles verlore wees. Maar sy was wys genoeg om aan haar Oom Mordegai te sê, "Ek sal vas en bid. En ek sal dat my mense hier in die paleis vas en bid. Maar ek wil hê dat al God se mense moet vas en bid."