[kinders wat lag]
♪ musiek ♪
♪ stemmige musiek ♪
[veeltonige ramshoring]
♪ musiek ♪
[sagter vloeiende]
♪ musiek ♪
[manlike verteller]
Dit het alles begin in 'n klein bovertrek,
met nederige, vurige gebed.
♪ musiek ♪
Gedreig deur die owerhede
en verban om te preek,
het die kerk gebid en
twee mans het getuig
met groot krag en genade.
♪ koor musiek ♪
En mense het orals
gebid, in eendrag
in bekering, met belyding
en nederigheid.
En die lewens van mense was verander.
[plonsende klip]
♪ koor musiek ♪
♪ koor musiek ♪
Twee mans het begin
met 'n sendingsreis
wat die wêreld soos wat hul dit
geken het, onderstebo sou draai.
♪ koor musiek ♪
En die boodskap het uitgegaan
na die wêreld daar buite.
♪ koor musiek ♪
Korporatiewe gebed het 'n
gevangene help ontsnap.
♪ koor musiek ♪
'n Koning het versoek dat sy
mense moet vas en bid
en die vyand was verslaan.
'n Stryd gewonne sonder
die behoefte om te veg.
♪ koor musiek ♪
Deur 'n betroubare bediende en 'n
jong koningin se geloof en moed,
was mense gered.
Stories in die Bybel wys die
krag van verenigde gebed.
Soos ek die boek Handelinge lees,
dit is eintlik 'n boek oor gelowiges
wat tesame kom om te bid,
en 'n God wat gebed beantwoord.
Persoonlike gebed is belangrik.
Geheime gebed is die lewe van die siel.
Maar ons weet dat daar nog nooit 'n
herlewing enigeplek op hierdie planeet
was wat nie voorafgegaan was deur
verenigde en aanhoudende gebed nie.
Ons Here het op een stadium gesê dat
waar twee of meer van julle saamstem
aangaande enigiets wat volgens
My wil is, dit gedoen sal word.
So daar is 'n sinergie wat gebeur
wanneer ons tesame kom en ons stemme
verenig om uit te roep na God.
Soos die gees van profesie ons vertel,
gebed is die sleutel wat die hemel se
stoorkamer van skatte
en seëninge oopsluit.
Party van Ellen White se raad en stellings
oor verenigde gebed is ook kragtig.
Sy sê op een plek dat, toe sy geskryf
het aan die Farnsworths,
— sover ek kan onthou — sy sê
daar is meer krag in verenigde gebed
as wat daar selfs in private gebed is.
Dan sê sy, hoekom is dit so?
Dit is oor die eenheid van
hart van die gelowiges.
Dis asof God baie opgewonde raak
wanneer ons almal in eendrag is,
wanneer ons saamstaan, net soos
hulle in Handelinge gedoen het.
In 'n ander stelling sê sy,
die klank van vurige gebed laat
satan se hele leër bewe.
Jesus weet dat die gewoonte
om saam met ander te bid
help om van die self-gesentreerdheid
van ons gebede ontslae te raak
wanneer ons alleen bid.
So wanneer die Bybel daarvan praat
om aan te hou met ernstige gebed,
is dit nie net 'n individuele
aktiwiteit nie.
Dis 'n beroep op die kerk as 'n
gemeenskap om uit te roep na God.
Nie om God van plan te laat verander nie,
maar dat ons in lyn kom met God se wil
en eintlik dink ek Hy gebruik ons as 'n
deel van die antwoorde op daardie gebede.
Soos wat mens na die boek
van Handelinge kyk,
verenigde gebed het God se
mense saam gebring.
In Handelinge hoofstuk 1 vers 14 en 15,
die hele kerk het saam ontmoet en gebid.
Hulle het geweet dat die taak
voor hulle te groot was.
Hulle het geweet dat die
uitdaging te enorm was.
Hulle het geweet dat daar geen manier was wat
hulle die evangelie aan die wêreld kon oordra nie.
Maar soos wat hulle gebid het, het
God iets wonderbaarlik gedoen.
Hy het Sy Heilige Gees uitgestort
op die dag van Pinkster
en 3,000 was gedoop.
Jy weet een van die...
wanneer jy die teks daar lees,
een van die dinge wat uitstaan vir my
is die eenvoudige Engelse frase —
hulle was in eendrag.
Pinkster was net 'n
uitsonderlike gebeurtenis.
Dit het gekom na die hoogtepunt van
Christus se bediening op hierdie aarde.
En dit het gelyk asof alles heeltemal
verpletter en vernietig was.
Toe Christus op daardie kruis gehang het
en toe natuurlik het die
opstanding plaas gevind.
En Hy het aan Sy dissipels verskyn
wat hulle 'n totale ander
perspektief gegee het
oor wat hulle bediening alles behels het.
Ons geseënde Here het
vir Sy dissipels gesê
om in Jerusalem te vertoef
verenig in gebed.
En dit was een van die voorvereistes
om daardie geweldigde sterk wind te bring
en die teenwoordigheid van die
Heilige Gees op die dag van Pinkster.
[man praat berber]
Dit was die tyd van Pasga
en ons was in 'n bovertrek in Jerusalem.
Ons het almal gebid in eendrag.
Ons het gebid vir bekering
en nederigheid,
en ons het ons sondes bely.
Ons het ook die Here se visie,
krag en die Heilige Gees gesoek.
Daar was 'n ongelooflike
gevoel van eenheid
soos wat ons ernstig saam gebid het.
[man bid in Berber]
[vrou praat in Berber]
[vroulike spreker] Skielik was daar
die klank van 'n gewelddadige wind
wat die hele kamer gevul
het waar ons gesit het.
[wind klanke]
Die tonge van vuur het neergedaal
en hierdie vuur het op mense gerus.
[man praat Berber]
[manlike verteller] Al die mense in die
kamer was gevul met die Heilige Gees.
Nou, onthou dat gedurende
die tyd van Pinkster
mense van baie lande af
gekom het om te kom aanbid
en nou skieilik kon hulle
die evangelie hoor,
elkeen in sy eie taal.
As 'n resultaat hiervan was 3,000 mense
bygevoeg tot die gelowiges in een dag.
♪ sagte sprankelende musiek ♪
[vrou praat Berber]
[vroulike spreker] Die mense
het hulself toegewy
aan die apostels se onderrig
en aan kameraadskap,
die breek van brood en aan gebed.
Elke dag sou hul saam ontmoet
het in die tempel binnehowe.
In hulle huise het hul brood
gebreek en saam geëet.
En die getal van daardie wat
gered was het daagliks gegroei.
♪ musiek ♪
En ons glo dat iets soos hierdie
ook gaan gebeur in die laaste dae.
Maar ek dink net as 'n kerk en as 'n volk
ons kom tesame in eendrag
en in vurige gebed, sal ons...
totdat ons dit doen sal ons
dit nie sien gebeur nie.
En eintlik, dit wat tydens
Pinkster gebeur het
gaan weer herhaal word deur die Here
in selfs 'n groter mate
soos wat die drie engele
se boodskappe voortgaan
soos wat die vierde engel in
Openbaring 18 verklaar het
en soos die finale luidskreet
aangekondig word reg oor die wêreld.
En dit gaan mense wees wat hulself
aan die Here onderwerp het,
hul sondes bely het,
en dan kan die Heilige Gees val
en kan ons in 'n kragtige
manier gebruik.
Wel, ek dink in die boek van Handelinge,
Handelinge hoofstuk ses
het dit gelyk soos 'n goeie probleem.
Die kerk het eksponensieel gegroei.
Maar in die midde daarvan is daar
die kos verspreidings uitdaging.
[mans baklei in Berber]
♪ lewendige musiek ♪
[manlike spreker] Die kerk het
praktiese uitdagings ondergaan.
Die Hellenistiese Jode het gekla
oor die Hebreeuse Jode
omdat die voormaliges se
weduwees oorgesien
was in die daaglikse
verspreiding van kos.
Die apostels het besluit dat hulle
moet fokus op die bediening
van gebed en die Woord.
En dus het hulle versoek dat sewe diakens
gekies word vir hierdie
ander praktiese take.
♪ lewendige musiek ♪
[man praat Berber]
[Manlike Verteller] Die apostels het ons
gevra om as 'n groep
sewe manne te kies wat
bekend was daarvoor
dat hulle vol van die Heilige Gees
was en wat wysheid het.
Die voorstel van die apostels
het ons hele groep behaag.
Dus het ons begin om
die sewe mans uit te kies.
Nadat die manne gekies was,
was hulle aan die apostels voorgestel.
Die apostels het hul hande op
hulle gelê en vir hulle gebid.
- Met gebed as 'n prioriteit,
sal die kerk nooit faal nie.
Na dit het die aantal dissipels
vinnig vermeerder.
En 'n groot aantal priesters het
gehoorsaam geword aan die werk.
So ek dink ons vind 'n gevallestudie daar
wat sê dat wanneer ons
uitdagings in die gesig staar,
kom ons gebruik wysheid,
kom ons gebruik ons opleiding
maar laat ons ook erken dat ons
'n God het wat gebed beantwoord
en Wie vir ons wysheid sal gee.
Ek het hierdie oor en oor en oor gesien.
Kerke met groot probleme
het dit opgelos wanneer hul
tesame gekom het en gebid het.
[koor musiek]
[Hoofpriester baklei met Petrus en Johannes]
[Hoofpriester baklei met Petrus en Johannes]
[manlike verteller]
Petrus en Johannes was ingeroep
deur die hoofpriesters en
ouderlinge oor hul prediking.
Hul het probeer om
hul aksies te verdedig
maar die leiers was baie hard op hulle.