[Script Info] Title: [Events] Format: Layer, Start, End, Style, Name, MarginL, MarginR, MarginV, Effect, Text Dialogue: 0,0:00:00.00,0:00:07.00,Default,,0000,0000,0000,,Goeie môre. Hoe gaan dit? Dis fantasties sover, of hoe? Dialogue: 0,0:00:07.00,0:00:11.00,Default,,0000,0000,0000,,Die hele ding het my stomgeslaan. Dialogue: 0,0:00:11.00,0:00:15.00,Default,,0000,0000,0000,,Eintlik is ek oppad. (Gelag) Dialogue: 0,0:00:15.00,0:00:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Daar was drie temas sover, of hoe, Dialogue: 0,0:00:19.00,0:00:23.00,Default,,0000,0000,0000,,wat deur die konferensie loop, wat relevant is Dialogue: 0,0:00:23.00,0:00:25.00,Default,,0000,0000,0000,,vir waaroor ek wil praat. Dialogue: 0,0:00:25.00,0:00:29.00,Default,,0000,0000,0000,,Een is die ongelooflike bewyse van menslike kreatiwiteit Dialogue: 0,0:00:29.00,0:00:32.00,Default,,0000,0000,0000,,in al die aanbiedings wat ons gesien het Dialogue: 0,0:00:32.00,0:00:35.00,Default,,0000,0000,0000,,en in al die mense hier. Net die blote verskeidenheid daarvan Dialogue: 0,0:00:35.00,0:00:38.00,Default,,0000,0000,0000,,en die omvang daarvan. Die tweede is dat Dialogue: 0,0:00:38.00,0:00:41.00,Default,,0000,0000,0000,,dit ons op ’n plek gesit het waar ons geen idee het wat gaan gebeur nie, Dialogue: 0,0:00:41.00,0:00:43.00,Default,,0000,0000,0000,,ten opsigte van die toekoms. Geen idee Dialogue: 0,0:00:43.00,0:00:45.00,Default,,0000,0000,0000,,hoe dinge dalk kan verloop nie. Dialogue: 0,0:00:45.00,0:00:48.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het ’n belang by opvoedkunde -- Dialogue: 0,0:00:48.00,0:00:51.00,Default,,0000,0000,0000,,eintlik, wat ek vind is dat almal ’n belang by opvoedkunde het. Dialogue: 0,0:00:51.00,0:00:53.00,Default,,0000,0000,0000,,Het julle nie? Ek vind dit baie interessant. Dialogue: 0,0:00:53.00,0:00:56.00,Default,,0000,0000,0000,,As jy by ’n ete is, en jy sê Dialogue: 0,0:00:56.00,0:00:59.00,Default,,0000,0000,0000,,jy werk in opvoedkunde -- Dialogue: 0,0:00:59.00,0:01:06.00,Default,,0000,0000,0000,,eintlik, om die waarheid te sê, is jy nie gereeld by etes as jy in opvoedkunde werk nie. Dialogue: 0,0:01:06.00,0:01:09.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Jy word nie genooi nie. Dialogue: 0,0:01:09.00,0:01:14.00,Default,,0000,0000,0000,,En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. Dialogue: 0,0:01:14.00,0:01:16.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar as jy is, en jy sê vir iemand, Dialogue: 0,0:01:16.00,0:01:18.00,Default,,0000,0000,0000,,jy weet, hulle sê: "Wat doen jy vir ’n lewe?" Dialogue: 0,0:01:18.00,0:01:20.00,Default,,0000,0000,0000,,en jy sê jy werk in opvoedkunde, Dialogue: 0,0:01:20.00,0:01:24.00,Default,,0000,0000,0000,,kan jy sien hoe die bloed uit hulle gesig vloei. Hulle's soos: Dialogue: 0,0:01:24.00,0:01:30.00,Default,,0000,0000,0000,,"Aggenee," jy weet, "Hoekom ek? My een aand uit hierdie hele week." (Gelag) Dialogue: 0,0:01:30.00,0:01:32.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding, Dialogue: 0,0:01:32.00,0:01:34.00,Default,,0000,0000,0000,,druk hulle jou in ’n hoek vas. Want dis een van daai dinge Dialogue: 0,0:01:34.00,0:01:37.00,Default,,0000,0000,0000,,wat mense na aan die hart lê, is ek reg? Dialogue: 0,0:01:37.00,0:01:40.00,Default,,0000,0000,0000,,Soos geloof, en geld en ander dinge. Dialogue: 0,0:01:40.00,0:01:44.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het ’n groot belang by opvoedkunde en ek dink ons almal het. Dialogue: 0,0:01:44.00,0:01:46.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons het 'n groot persoonlike belang daarby, Dialogue: 0,0:01:46.00,0:01:49.00,Default,,0000,0000,0000,,deels omdat dit opvoeding is wat veronderstel is om Dialogue: 0,0:01:49.00,0:01:52.00,Default,,0000,0000,0000,,ons in hierdie toekoms wat ons nie kan begryp nie in te neem. Dialogue: 0,0:01:52.00,0:01:55.00,Default,,0000,0000,0000,,As jy daaroor dink, kinders wat hierdie jaar skool begin Dialogue: 0,0:01:55.00,0:02:01.00,Default,,0000,0000,0000,,tree af in 2065. Niemand het ’n idee -- Dialogue: 0,0:02:01.00,0:02:04.00,Default,,0000,0000,0000,,ten spyte van al die kennis wat die laaste vier dae hier op vertoon was -- Dialogue: 0,0:02:04.00,0:02:06.00,Default,,0000,0000,0000,,hoe die wêreld gaan lyk Dialogue: 0,0:02:06.00,0:02:08.00,Default,,0000,0000,0000,,oor vyf jaar nie. En tog is ons veronderstel Dialogue: 0,0:02:08.00,0:02:11.00,Default,,0000,0000,0000,,om hulle daarvoor op te voed. So die onvoorspelbaarheid, dink ek, Dialogue: 0,0:02:11.00,0:02:13.00,Default,,0000,0000,0000,,is ongelooflik. Dialogue: 0,0:02:13.00,0:02:15.00,Default,,0000,0000,0000,,En die derde deel hiervan is dat Dialogue: 0,0:02:15.00,0:02:20.00,Default,,0000,0000,0000,,ons almal nietemin saamgestem het oor die Dialogue: 0,0:02:20.00,0:02:23.00,Default,,0000,0000,0000,,werklik buitengewone kapasiteite wat kinders het -- Dialogue: 0,0:02:23.00,0:02:25.00,Default,,0000,0000,0000,,hulle kapasiteite vir innovasie. Ek bedoel, Sirena gisteraand was ongelooflik, Dialogue: 0,0:02:25.00,0:02:28.00,Default,,0000,0000,0000,,of hoe? Net om te sien wat sy kan doen. Dialogue: 0,0:02:28.00,0:02:33.00,Default,,0000,0000,0000,,En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie sy's, soos hulle sou sê, Dialogue: 0,0:02:33.00,0:02:36.00,Default,,0000,0000,0000,,uitsonderlik in die geheel van kindwees nie. Dialogue: 0,0:02:36.00,0:02:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Wat ’n mens daar het is ’n persoon van ongelooflike toewyding Dialogue: 0,0:02:39.00,0:02:41.00,Default,,0000,0000,0000,,wat ’n talent gevind het. En ek voer aan dat Dialogue: 0,0:02:41.00,0:02:43.00,Default,,0000,0000,0000,,alle kinders geweldige talente het. Dialogue: 0,0:02:43.00,0:02:45.00,Default,,0000,0000,0000,,En ons vermors dit, nogal meedoënloos. Dialogue: 0,0:02:45.00,0:02:48.00,Default,,0000,0000,0000,,So ek wil praat oor opvoedkunde en Dialogue: 0,0:02:48.00,0:02:51.00,Default,,0000,0000,0000,,ek wil praat oor kreatiwiteit. Ek voer aan dat Dialogue: 0,0:02:51.00,0:02:54.00,Default,,0000,0000,0000,,kreatiwiteit nou so belangrik soos geletterheid in opvoeding is Dialogue: 0,0:02:54.00,0:02:58.00,Default,,0000,0000,0000,,en dat ons dit dieselfde status moet toeken. Dialogue: 0,0:02:58.00,0:03:06.00,Default,,0000,0000,0000,,(Applous) Dankie. Dit was dit, terloops. Dialogue: 0,0:03:06.00,0:03:10.00,Default,,0000,0000,0000,,Baie dankie. (Applous) So, nog 15 minute. Dialogue: 0,0:03:10.00,0:03:17.00,Default,,0000,0000,0000,,Wel, ek is gebore... nee. (Gelag) Dialogue: 0,0:03:17.00,0:03:21.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het onlangs ’n goeie storie gehoor -- ek geniet om dit te vertel -- Dialogue: 0,0:03:21.00,0:03:25.00,Default,,0000,0000,0000,,van ’n klein dogtertjie in 'n tekenklas. Sy was ses Dialogue: 0,0:03:25.00,0:03:27.00,Default,,0000,0000,0000,,en sy was agter in die klas, aan die teken, Dialogue: 0,0:03:27.00,0:03:29.00,Default,,0000,0000,0000,,en die juffrou het gesê die dogtertjie het omtrent nooit Dialogue: 0,0:03:29.00,0:03:33.00,Default,,0000,0000,0000,,aandag geskenk nie, maar in hierdie tekenklas het sy. Dialogue: 0,0:03:33.00,0:03:35.00,Default,,0000,0000,0000,,Die juffrou was gefassineerd en sy het na haar toe gegaan Dialogue: 0,0:03:35.00,0:03:38.00,Default,,0000,0000,0000,,en gesê: "Wat teken jy?" Dialogue: 0,0:03:38.00,0:03:41.00,Default,,0000,0000,0000,,En die dogtertjie het gesê: "Ek teken ’n prentjie van God." Dialogue: 0,0:03:41.00,0:03:44.00,Default,,0000,0000,0000,,En die juffrou het gesê: "Maar niemand weet hoe God lyk nie." Dialogue: 0,0:03:44.00,0:03:51.00,Default,,0000,0000,0000,,En die dogtertjie sê toe: "Hulle sal nou-nou." Dialogue: 0,0:03:51.00,0:03:52.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:03:52.00,0:03:57.00,Default,,0000,0000,0000,,Toe my seun vier was in Engeland -- Dialogue: 0,0:03:57.00,0:04:00.00,Default,,0000,0000,0000,,eintlik was hy oral vier, om eerlik te wees. (Gelag) Dialogue: 0,0:04:00.00,0:04:06.00,Default,,0000,0000,0000,,Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, was hy vier daai jaar. Dialogue: 0,0:04:06.00,0:04:08.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy was in die Kersspel. Dialogue: 0,0:04:08.00,0:04:11.00,Default,,0000,0000,0000,,Onthou julle die storie? Nee, dit was groot. Dialogue: 0,0:04:11.00,0:04:14.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit was ’n groot storie. Mel Gibson het die opvolg gedoen. Dialogue: 0,0:04:14.00,0:04:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Julle't dit dalk gesien: "Kersspel II." Maar James het die rol van Josef gekry, Dialogue: 0,0:04:19.00,0:04:22.00,Default,,0000,0000,0000,,en ons was in ons noppies daaroor. Dialogue: 0,0:04:22.00,0:04:24.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons het dit as een van die hoofrolle beskou. Dialogue: 0,0:04:24.00,0:04:26.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons het die plek vol agente met T-hempde gehad: Dialogue: 0,0:04:26.00,0:04:29.00,Default,,0000,0000,0000,,"James Robinson IS Josef!" (Gelag) Dialogue: 0,0:04:29.00,0:04:31.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy hoef nie te gepraat het nie, maar julle ken die deel Dialogue: 0,0:04:31.00,0:04:34.00,Default,,0000,0000,0000,,waar die drie wyse manne inkom. Hulle bring geskenke, Dialogue: 0,0:04:34.00,0:04:36.00,Default,,0000,0000,0000,,en hulle bring goud, wierook (frankincense) en mirre. Dialogue: 0,0:04:36.00,0:04:38.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit het rêrig gebeur. Ons sit toe daar Dialogue: 0,0:04:38.00,0:04:40.00,Default,,0000,0000,0000,,en ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, Dialogue: 0,0:04:40.00,0:04:42.00,Default,,0000,0000,0000,,want ons het na die tyd met die seuntjie gepraat en gesê: Dialogue: 0,0:04:42.00,0:04:44.00,Default,,0000,0000,0000,,"Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: "Ja, hoekom? Was dit verkeerd?" Dialogue: 0,0:04:44.00,0:04:46.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle't net geruil, dit was dit. Dialogue: 0,0:04:46.00,0:04:47.00,Default,,0000,0000,0000,,In elk geval, die drie seuntjies kom in -- Dialogue: 0,0:04:47.00,0:04:49.00,Default,,0000,0000,0000,,vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- Dialogue: 0,0:04:49.00,0:04:52.00,Default,,0000,0000,0000,,en hulle sit hierdie bokse neer, Dialogue: 0,0:04:52.00,0:04:54.00,Default,,0000,0000,0000,,en die eerste seuntjie sê: "Ek bring vir U goud." Dialogue: 0,0:04:54.00,0:04:57.00,Default,,0000,0000,0000,,En die tweede een sê: "Ek bring vir U mirre." Dialogue: 0,0:04:57.00,0:05:11.00,Default,,0000,0000,0000,,En die derde een sê: "Frank sent this." (Gelag) Dialogue: 0,0:05:11.00,0:05:13.00,Default,,0000,0000,0000,,Wat hierdie goed in gemeen het, is dat kinders ’n kans sal vat. Dialogue: 0,0:05:13.00,0:05:16.00,Default,,0000,0000,0000,,As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. Dialogue: 0,0:05:16.00,0:05:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Is ek reg? Hulle's nie bang om verkeerd te wees nie. Dialogue: 0,0:05:19.00,0:05:24.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou, ek bedoel nie dat verkeerd wees en kreatief wees dieselfde ding is nie. Dialogue: 0,0:05:24.00,0:05:25.00,Default,,0000,0000,0000,,Wat ons wel weet is, Dialogue: 0,0:05:25.00,0:05:28.00,Default,,0000,0000,0000,,as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, Dialogue: 0,0:05:28.00,0:05:31.00,Default,,0000,0000,0000,,sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie. Dialogue: 0,0:05:31.00,0:05:34.00,Default,,0000,0000,0000,,As jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. En teen die tyd wat hulle grootmense is, Dialogue: 0,0:05:34.00,0:05:36.00,Default,,0000,0000,0000,,het meeste kinders daai kapasiteit verloor. Dialogue: 0,0:05:36.00,0:05:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle het bang geword om verkeerd te wees. Dialogue: 0,0:05:39.00,0:05:41.00,Default,,0000,0000,0000,,En ons bestuur ons maatskappye so, terloops. Dialogue: 0,0:05:41.00,0:05:44.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons stigmatiseer foute. En nou bedryf ons Dialogue: 0,0:05:44.00,0:05:47.00,Default,,0000,0000,0000,,nasionale opvoedingstelsels waar Dialogue: 0,0:05:47.00,0:05:50.00,Default,,0000,0000,0000,,foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak. Dialogue: 0,0:05:50.00,0:05:53.00,Default,,0000,0000,0000,,En die gevolg is dat ons mense uit hulle kreatiewe Dialogue: 0,0:05:53.00,0:05:56.00,Default,,0000,0000,0000,,kapasiteite uit opvoed. Picasso het dit gesê. Dialogue: 0,0:05:56.00,0:05:59.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy't gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is. Dialogue: 0,0:05:59.00,0:06:03.00,Default,,0000,0000,0000,,Die probleem is om een te bly soos ons grootword. Ek glo dit vas: Dialogue: 0,0:06:03.00,0:06:05.00,Default,,0000,0000,0000,,ons groei nie in kreatiwiteit in nie, Dialogue: 0,0:06:05.00,0:06:08.00,Default,,0000,0000,0000,,ons groei uit dit uit. Of eerder, ons word uit dit uit opgevoed. Dialogue: 0,0:06:08.00,0:06:10.00,Default,,0000,0000,0000,,So hoekom is dit so? Dialogue: 0,0:06:10.00,0:06:14.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon. Dialogue: 0,0:06:14.00,0:06:16.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons het van Stratford na Los Angeles getrek. Dialogue: 0,0:06:16.00,0:06:20.00,Default,,0000,0000,0000,,So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was. Dialogue: 0,0:06:20.00,0:06:22.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Eintlik, Dialogue: 0,0:06:22.00,0:06:24.00,Default,,0000,0000,0000,,het ons in ’n plek genaamd Snitterfield gewoon, Dialogue: 0,0:06:24.00,0:06:26.00,Default,,0000,0000,0000,,net buite Stratford, en dit is waar Dialogue: 0,0:06:26.00,0:06:31.00,Default,,0000,0000,0000,,Shakespeare se pa gebore is. Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. Dialogue: 0,0:06:31.00,0:06:33.00,Default,,0000,0000,0000,,’n Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie, dink mens? Dialogue: 0,0:06:33.00,0:06:35.00,Default,,0000,0000,0000,,Dink mens? Want ’n mens dink nie aan Dialogue: 0,0:06:35.00,0:06:37.00,Default,,0000,0000,0000,,Shakespeare as ’n kind nie, of hoe? Dialogue: 0,0:06:37.00,0:06:40.00,Default,,0000,0000,0000,,Shakespeare op sewe? Ek't nooit daaraan gedink nie. Ek bedoel, hy was Dialogue: 0,0:06:40.00,0:06:42.00,Default,,0000,0000,0000,,sewe op een of ander stadium. Hy was in Dialogue: 0,0:06:42.00,0:06:51.00,Default,,0000,0000,0000,,iemand se Engelse klas, ne? Hoe irriterend moet dit nie wees nie? Dialogue: 0,0:06:51.00,0:07:05.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) "Moet harder probeer." Word bed toe gestuur deur sy pa, jy weet, Dialogue: 0,0:07:05.00,0:07:08.00,Default,,0000,0000,0000,,aan Shakespeare: "Gaan slaap, nou," Dialogue: 0,0:07:08.00,0:07:10.00,Default,,0000,0000,0000,,aan William Shakespeare: "en sit neer die potlood. Dialogue: 0,0:07:10.00,0:07:18.00,Default,,0000,0000,0000,,En hou op om so te praat. Dit verwar almal." Dialogue: 0,0:07:18.00,0:07:23.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:07:23.00,0:07:26.00,Default,,0000,0000,0000,,In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles, Dialogue: 0,0:07:26.00,0:07:30.00,Default,,0000,0000,0000,,en ek wil net iets sê oor die oorgang, eintlik. Dialogue: 0,0:07:30.00,0:07:33.00,Default,,0000,0000,0000,,My seun wou nie kom nie. Dialogue: 0,0:07:33.00,0:07:36.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16. Dialogue: 0,0:07:36.00,0:07:38.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. Hy was mal daaroor, Dialogue: 0,0:07:38.00,0:07:43.00,Default,,0000,0000,0000,,maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. Die liefde van sy lewe, Sarah. Dialogue: 0,0:07:43.00,0:07:45.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy't haar al ’n maand geken. Dialogue: 0,0:07:45.00,0:07:48.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar sien, hulle't al hulle vierde herdenking gevier, Dialogue: 0,0:07:48.00,0:07:52.00,Default,,0000,0000,0000,,want dis ’n lang tyd as jy 16 is. Dialogue: 0,0:07:52.00,0:07:54.00,Default,,0000,0000,0000,,In elk geval, hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig, Dialogue: 0,0:07:54.00,0:07:56.00,Default,,0000,0000,0000,,en hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie." Dialogue: 0,0:07:56.00,0:07:58.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê, Dialogue: 0,0:07:58.00,0:08:10.00,Default,,0000,0000,0000,,want sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. Dialogue: 0,0:08:10.00,0:08:13.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:08:13.00,0:08:16.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek Dialogue: 0,0:08:16.00,0:08:18.00,Default,,0000,0000,0000,,en wanneer jy om die wêreld reis: Dialogue: 0,0:08:18.00,0:08:22.00,Default,,0000,0000,0000,,Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hierargie van vakke. Dialogue: 0,0:08:22.00,0:08:24.00,Default,,0000,0000,0000,,Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie. Dialogue: 0,0:08:24.00,0:08:26.00,Default,,0000,0000,0000,,’n Mens sou dink dis anders, maar dit is nie. Dialogue: 0,0:08:26.00,0:08:29.00,Default,,0000,0000,0000,,Heel bo is wiskunde en tale, Dialogue: 0,0:08:29.00,0:08:31.00,Default,,0000,0000,0000,,dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste. Dialogue: 0,0:08:31.00,0:08:33.00,Default,,0000,0000,0000,,Orals op aarde. Dialogue: 0,0:08:33.00,0:08:36.00,Default,,0000,0000,0000,,En in min of meer elke stelsel Dialogue: 0,0:08:36.00,0:08:38.00,Default,,0000,0000,0000,,is daar ook ’n hierargie binne die kunste. Dialogue: 0,0:08:38.00,0:08:40.00,Default,,0000,0000,0000,,Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole Dialogue: 0,0:08:40.00,0:08:43.00,Default,,0000,0000,0000,,as drama en dans. Daar is nie ’n opvoedingstelsel op die planeet Dialogue: 0,0:08:43.00,0:08:45.00,Default,,0000,0000,0000,,wat dans elke dag vir kinders leer Dialogue: 0,0:08:45.00,0:08:48.00,Default,,0000,0000,0000,,soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom? Dialogue: 0,0:08:48.00,0:08:50.00,Default,,0000,0000,0000,,Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. Dialogue: 0,0:08:50.00,0:08:53.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek dink wiskunde is belangrik, maar dans is ook. Dialogue: 0,0:08:53.00,0:08:56.00,Default,,0000,0000,0000,,Kinders dans heeltyd as hulle mag, ons almal doen dit. Dialogue: 0,0:08:56.00,0:08:59.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop? Dialogue: 0,0:08:59.00,0:09:03.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Inderwaarheid, wat gebeur is, Dialogue: 0,0:09:03.00,0:09:05.00,Default,,0000,0000,0000,,soos kinders grootword, begin ons hulle geleidelik Dialogue: 0,0:09:05.00,0:09:08.00,Default,,0000,0000,0000,,van die middellyf af boontoe opvoed. En dan fokus ons op hulle koppe. Dialogue: 0,0:09:08.00,0:09:10.00,Default,,0000,0000,0000,,En effens na een kant toe. Dialogue: 0,0:09:10.00,0:09:14.00,Default,,0000,0000,0000,,As jy opvoeding sou besoek, as 'n ruimtewese, Dialogue: 0,0:09:14.00,0:09:17.00,Default,,0000,0000,0000,,en sê: "Waarvoor is dit, openbare opvoeding?" Dialogue: 0,0:09:17.00,0:09:19.00,Default,,0000,0000,0000,,dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom -- as jy kyk na die uitset, Dialogue: 0,0:09:19.00,0:09:21.00,Default,,0000,0000,0000,,wie behaal werklik sukses hierdeur, Dialogue: 0,0:09:21.00,0:09:23.00,Default,,0000,0000,0000,,wie doen alles wat hulle moet, Dialogue: 0,0:09:23.00,0:09:26.00,Default,,0000,0000,0000,,wie kry al die "brownie points", wie is die wenners -- Dialogue: 0,0:09:26.00,0:09:29.00,Default,,0000,0000,0000,,dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom dat die hele doel van openbare opvoeding Dialogue: 0,0:09:29.00,0:09:30.00,Default,,0000,0000,0000,,regoor die wêreld Dialogue: 0,0:09:30.00,0:09:34.00,Default,,0000,0000,0000,,is om universiteitsprofessors te lewer. Of hoe? Dialogue: 0,0:09:34.00,0:09:36.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle is die mense wat bo uitkom. Dialogue: 0,0:09:37.00,0:09:40.00,Default,,0000,0000,0000,,En ek was een, so vat so. (Gelag) Dialogue: 0,0:09:40.00,0:09:44.00,Default,,0000,0000,0000,,En ek hou van universiteitsprofessors, maar julle weet, Dialogue: 0,0:09:44.00,0:09:48.00,Default,,0000,0000,0000,,ons moet hulle nie as die hoogtepunt van alle menslike prestasie voorhou nie. Dialogue: 0,0:09:48.00,0:09:50.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle is net ’n vorm van lewe, Dialogue: 0,0:09:50.00,0:09:52.00,Default,,0000,0000,0000,,nog ’n vorm van lewe. Maar hulle's nogal vreemd, Dialogue: 0,0:09:52.00,0:09:54.00,Default,,0000,0000,0000,,en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle. Dialogue: 0,0:09:54.00,0:09:57.00,Default,,0000,0000,0000,,Daar's iets vreemd omtrent professors in my ervaring -- Dialogue: 0,0:09:57.00,0:10:00.00,Default,,0000,0000,0000,,nie almal van hulle nie, maar tipies -- lewe hulle in hul koppe. Dialogue: 0,0:10:00.00,0:10:02.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe. Dialogue: 0,0:10:02.00,0:10:06.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier. Dialogue: 0,0:10:06.00,0:10:08.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle kyk na hul liggame Dialogue: 0,0:10:08.00,0:10:17.00,Default,,0000,0000,0000,,as ’n vervoermiddel vir hul koppe, of hoe? Dialogue: 0,0:10:17.00,0:10:24.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dis ’n manier om hul koppe by vergaderings te kry. Dialogue: 0,0:10:24.00,0:10:27.00,Default,,0000,0000,0000,,As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings, Dialogue: 0,0:10:27.00,0:10:30.00,Default,,0000,0000,0000,,terloops, besoek ’n residensiële konferensie Dialogue: 0,0:10:30.00,0:10:32.00,Default,,0000,0000,0000,,van senior akademici, Dialogue: 0,0:10:32.00,0:10:35.00,Default,,0000,0000,0000,,en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand. Dialogue: 0,0:10:35.00,0:10:39.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) En daar sal julle dit sien -- volwasse mans en vroue Dialogue: 0,0:10:39.00,0:10:43.00,Default,,0000,0000,0000,,wat ritmeloos wriemel, terwyl hulle wag Dialogue: 0,0:10:43.00,0:10:47.00,Default,,0000,0000,0000,,vir dit om klaar te maak sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf. Dialogue: 0,0:10:47.00,0:10:53.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou, ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid. Dialogue: 0,0:10:53.00,0:10:56.00,Default,,0000,0000,0000,,En daar's ’n rede daarvoor. Dialogue: 0,0:10:56.00,0:10:58.00,Default,,0000,0000,0000,,Die hele stelsel is uitgedink -- regoor die wêreld, was daar, in werklikheid, Dialogue: 0,0:10:58.00,0:11:00.00,Default,,0000,0000,0000,,geen openbare opvoedingstelsels voor die 19de eeu nie. Dialogue: 0,0:11:00.00,0:11:03.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle het almal tot wording gekom Dialogue: 0,0:11:03.00,0:11:04.00,Default,,0000,0000,0000,,om in die behoeftes van industrialisme te voorsien. Dialogue: 0,0:11:04.00,0:11:07.00,Default,,0000,0000,0000,,So die hierargie is gewortel in twee idees. Dialogue: 0,0:11:07.00,0:11:11.00,Default,,0000,0000,0000,,Een, dat die mees nuttige vakke vir werk Dialogue: 0,0:11:11.00,0:11:13.00,Default,,0000,0000,0000,,heel bo is. So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van Dialogue: 0,0:11:13.00,0:11:15.00,Default,,0000,0000,0000,,goed waarvan jy gehou het weggestuur, Dialogue: 0,0:11:15.00,0:11:17.00,Default,,0000,0000,0000,,op grond daarvan dat jy nooit Dialogue: 0,0:11:17.00,0:11:20.00,Default,,0000,0000,0000,,’n werk daardeur sou kry nie. Is dit reg? Dialogue: 0,0:11:20.00,0:11:22.00,Default,,0000,0000,0000,,Moenie musiek neem nie, jy gaan nie ’n musikant word nie; Dialogue: 0,0:11:22.00,0:11:24.00,Default,,0000,0000,0000,,moenie kuns neem nie, jy gaan nie ’n kunstenaar word nie. Dialogue: 0,0:11:25.00,0:11:29.00,Default,,0000,0000,0000,,Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. Die hele wêreld Dialogue: 0,0:11:29.00,0:11:30.00,Default,,0000,0000,0000,,is verswelg in ’n rewolusie. Dialogue: 0,0:11:30.00,0:11:33.00,Default,,0000,0000,0000,,En die tweede is akademiese vaardigheid, wat werklik ons idee Dialogue: 0,0:11:33.00,0:11:34.00,Default,,0000,0000,0000,,van intelligensie oorskadu, Dialogue: 0,0:11:34.00,0:11:37.00,Default,,0000,0000,0000,,omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het. Dialogue: 0,0:11:37.00,0:11:39.00,Default,,0000,0000,0000,,As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel Dialogue: 0,0:11:39.00,0:11:41.00,Default,,0000,0000,0000,,van openbare opvoeding regoor die wêreld is ’n uitgerekte proses Dialogue: 0,0:11:41.00,0:11:43.00,Default,,0000,0000,0000,,van universiteitstoelating. Dialogue: 0,0:11:43.00,0:11:46.00,Default,,0000,0000,0000,,En die gevolg is dat baie hoogs talentvolle, Dialogue: 0,0:11:46.00,0:11:48.00,Default,,0000,0000,0000,,briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie, Dialogue: 0,0:11:48.00,0:11:50.00,Default,,0000,0000,0000,,omdat die ding waarin hulle goed was op skool Dialogue: 0,0:11:50.00,0:11:54.00,Default,,0000,0000,0000,,nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is. Dialogue: 0,0:11:54.00,0:11:56.00,Default,,0000,0000,0000,,En ek dink nie ons kan bekostig om so voort te gaan nie. Dialogue: 0,0:11:56.00,0:11:58.00,Default,,0000,0000,0000,,In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, Dialogue: 0,0:11:58.00,0:12:01.00,Default,,0000,0000,0000,,gaan meer mense wêreldwyd deur Dialogue: 0,0:12:01.00,0:12:03.00,Default,,0000,0000,0000,,opvoeding gradueer as sedert die begin van geskiedenis. Dialogue: 0,0:12:03.00,0:12:05.00,Default,,0000,0000,0000,,Meer mense, en dis die kombinasie Dialogue: 0,0:12:05.00,0:12:07.00,Default,,0000,0000,0000,,van al die dinge waaroor ons gepraat het -- Dialogue: 0,0:12:07.00,0:12:10.00,Default,,0000,0000,0000,,tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, en demografie Dialogue: 0,0:12:10.00,0:12:12.00,Default,,0000,0000,0000,,en die massiewe bevolkingsontploffing. Dialogue: 0,0:12:12.00,0:12:15.00,Default,,0000,0000,0000,,Skielik is grade niks werd nie. Nie waar nie? Dialogue: 0,0:12:15.00,0:12:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Toe ek ’n student was, as jy ’n graad gehad het, het jy ’n werk gehad. Dialogue: 0,0:12:19.00,0:12:22.00,Default,,0000,0000,0000,,As jy nie ’n werk gehad het nie wou jy nie een hê nie. Dialogue: 0,0:12:22.00,0:12:25.00,Default,,0000,0000,0000,,En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag) Dialogue: 0,0:12:25.00,0:12:30.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar deesdae is kinders met grade gereeld Dialogue: 0,0:12:30.00,0:12:31.00,Default,,0000,0000,0000,,oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel, Dialogue: 0,0:12:31.00,0:12:34.00,Default,,0000,0000,0000,,omdat jy ’n MA nodig het waar die vorige posisie ’n BA vereis het, Dialogue: 0,0:12:34.00,0:12:37.00,Default,,0000,0000,0000,,en jy nou ’n PhD benodig vir die ander. Dialogue: 0,0:12:37.00,0:12:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Dis ’n proses van akademiese inflasie. Dialogue: 0,0:12:39.00,0:12:41.00,Default,,0000,0000,0000,,En dit dui daarop dat die hele struktuur van opvoeding Dialogue: 0,0:12:41.00,0:12:43.00,Default,,0000,0000,0000,,besig is om onder ons voete te skuif. Ons moet drasties ons Dialogue: 0,0:12:43.00,0:12:44.00,Default,,0000,0000,0000,,siening van intelligensie hersien. Dialogue: 0,0:12:44.00,0:12:46.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons weet drie dinge omtrent intelligensie. Dialogue: 0,0:12:46.00,0:12:49.00,Default,,0000,0000,0000,,Een, dis divers. Ons dink oor die wêreld op al die maniere Dialogue: 0,0:12:49.00,0:12:51.00,Default,,0000,0000,0000,,wat ons dit ervaar. Ons dink visueel, Dialogue: 0,0:12:51.00,0:12:54.00,Default,,0000,0000,0000,,ons dink in klank, ons dink kineties. Dialogue: 0,0:12:54.00,0:12:57.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging. Dialogue: 0,0:12:57.00,0:12:59.00,Default,,0000,0000,0000,,Tweedens, intelligensie is dinamies. Dialogue: 0,0:12:59.00,0:13:02.00,Default,,0000,0000,0000,,As ’n mens kyk na die interaksies van ’n menslike brein, soos ons gister Dialogue: 0,0:13:02.00,0:13:05.00,Default,,0000,0000,0000,,tydens heelwat aanbiedings gehoor het, Dialogue: 0,0:13:05.00,0:13:07.00,Default,,0000,0000,0000,,is intelligensie wonderlik interaktief. Dialogue: 0,0:13:07.00,0:13:10.00,Default,,0000,0000,0000,,Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie. Dialogue: 0,0:13:10.00,0:13:13.00,Default,,0000,0000,0000,,Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- wat ek definieer as die proses Dialogue: 0,0:13:13.00,0:13:15.00,Default,,0000,0000,0000,,van oorspronklike idees met waarde hê -- Dialogue: 0,0:13:15.00,0:13:18.00,Default,,0000,0000,0000,,gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie Dialogue: 0,0:13:18.00,0:13:21.00,Default,,0000,0000,0000,,van verskillende dissiplinêre maniere van dinge sien. Dialogue: 0,0:13:21.00,0:13:23.00,Default,,0000,0000,0000,,Die brein is doelbewus -- terloops, Dialogue: 0,0:13:23.00,0:13:26.00,Default,,0000,0000,0000,,daar is ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind, Dialogue: 0,0:13:26.00,0:13:28.00,Default,,0000,0000,0000,,genaamd die corpus callosum. Dis dikker by vrouens. Dialogue: 0,0:13:28.00,0:13:30.00,Default,,0000,0000,0000,,Om aan te sluit by Helen gister, dink ek Dialogue: 0,0:13:30.00,0:13:34.00,Default,,0000,0000,0000,,dis waarskynlik hoekom vrouens beter is met "multi-tasking". Dialogue: 0,0:13:34.00,0:13:36.00,Default,,0000,0000,0000,,Want julle is mos, ne? Dialogue: 0,0:13:36.00,0:13:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Daar's baie navorsing, maar ek weet dit uit persoonlike ervaring. Dialogue: 0,0:13:39.00,0:13:41.00,Default,,0000,0000,0000,,As my vrou besig is om te kook by die huis -- Dialogue: 0,0:13:41.00,0:13:45.00,Default,,0000,0000,0000,,wat nie baie is nie, dankie tog. (Gelag) Dialogue: 0,0:13:45.00,0:13:48.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar julle weet, sy's besig -- nee, sy's goed met sommige dinge -- Dialogue: 0,0:13:48.00,0:13:50.00,Default,,0000,0000,0000,,maar as sy kook, julle weet, Dialogue: 0,0:13:50.00,0:13:52.00,Default,,0000,0000,0000,,hanteer sy foonoproepe, Dialogue: 0,0:13:52.00,0:13:55.00,Default,,0000,0000,0000,,praat sy met die kinders, verf sy die plafon. Dialogue: 0,0:13:55.00,0:13:58.00,Default,,0000,0000,0000,,Sy doen 'n oophart-operasie hier. Dialogue: 0,0:13:58.00,0:14:01.00,Default,,0000,0000,0000,,As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit, Dialogue: 0,0:14:01.00,0:14:04.00,Default,,0000,0000,0000,,die foon is van die mikkie af, as sy inkom raak ek geïrriteerd. Dialogue: 0,0:14:04.00,0:14:17.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier. Gee my ’n kans." (Gelag) Dialogue: 0,0:14:17.00,0:14:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding, Dialogue: 0,0:14:19.00,0:14:22.00,Default,,0000,0000,0000,,as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie, Dialogue: 0,0:14:22.00,0:14:25.00,Default,,0000,0000,0000,,het dit gebeur? Onthou julle daai ou sê-ding? Dialogue: 0,0:14:25.00,0:14:28.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek het onlangs ’n goeie T-hemp gesien wat gesê het: "As ’n man homself uitspreek Dialogue: 0,0:14:28.00,0:14:31.00,Default,,0000,0000,0000,,in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie, Dialogue: 0,0:14:31.00,0:14:40.00,Default,,0000,0000,0000,,is hy steeds verkeerd?" (Gelag) Dialogue: 0,0:14:40.00,0:14:42.00,Default,,0000,0000,0000,,En die derde ding omtrent intelligensie is, Dialogue: 0,0:14:43.00,0:14:45.00,Default,,0000,0000,0000,,dis spesifiek. Ek is besig met ’n nuwe boek op die oomblik, Dialogue: 0,0:14:45.00,0:14:47.00,Default,,0000,0000,0000,,met die naam "Epiphany," wat gebaseer is op ’n reeks Dialogue: 0,0:14:47.00,0:14:49.00,Default,,0000,0000,0000,,onderhoude met mense oor hoe hulle hul talent Dialogue: 0,0:14:49.00,0:14:51.00,Default,,0000,0000,0000,,ontdek het. Ek vind hoe mense daar uitgekom het fassinerend. Dialogue: 0,0:14:51.00,0:14:54.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit is aangespoor deur ’n gesprek wat ek gehad het Dialogue: 0,0:14:54.00,0:14:56.00,Default,,0000,0000,0000,,met ’n wonderlike vrou wat meeste mense miskien Dialogue: 0,0:14:56.00,0:14:58.00,Default,,0000,0000,0000,,nog nooit van gehoor het nie, haar naam is Gillian Lynne, Dialogue: 0,0:14:58.00,0:15:00.00,Default,,0000,0000,0000,,al van haar gehoor? Sommige het. Sy's ’n choreograaf Dialogue: 0,0:15:00.00,0:15:02.00,Default,,0000,0000,0000,,en almal ken haar werk. Dialogue: 0,0:15:02.00,0:15:04.00,Default,,0000,0000,0000,,Sy het "Cats," en "Phantom of the Opera" gedoen. Dialogue: 0,0:15:04.00,0:15:08.00,Default,,0000,0000,0000,,Sy's wonderlik. Ek was van te vore op die raad van die Koninklike Ballet, in Engeland, Dialogue: 0,0:15:08.00,0:15:10.00,Default,,0000,0000,0000,,soos julle kan sien. Dialogue: 0,0:15:10.00,0:15:12.00,Default,,0000,0000,0000,,In elk geval, Gillian en ek het eendag saam geëet en ek sê toe: Dialogue: 0,0:15:12.00,0:15:14.00,Default,,0000,0000,0000,,"Gillian, hoe het jy ’n danser geword?" En sy sê toe Dialogue: 0,0:15:14.00,0:15:16.00,Default,,0000,0000,0000,,dit was interessant, toe sy op skool was, Dialogue: 0,0:15:16.00,0:15:19.00,Default,,0000,0000,0000,,was sy rêrig hopeloos. En die skool, in die 30's, Dialogue: 0,0:15:19.00,0:15:21.00,Default,,0000,0000,0000,,skryf toe vir haar ouers en sê: "Ons dink Dialogue: 0,0:15:21.00,0:15:23.00,Default,,0000,0000,0000,,Gillian het ’n leerprobleem." Sy kon nie konsentreer nie, Dialogue: 0,0:15:23.00,0:15:25.00,Default,,0000,0000,0000,,sy het gevroetel. Ek dink deesdae sou hulle sê Dialogue: 0,0:15:25.00,0:15:29.00,Default,,0000,0000,0000,,sy't aandagafleibaarheid. Sou julle nie ook nie? Maar hierdie was die 1930's, Dialogue: 0,0:15:29.00,0:15:32.00,Default,,0000,0000,0000,,en aandagafleibaarheid was nog nie toe al uitgedink nie. Dialogue: 0,0:15:32.00,0:15:35.00,Default,,0000,0000,0000,,Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. (Gelag) Dialogue: 0,0:15:35.00,0:15:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. Dialogue: 0,0:15:39.00,0:15:43.00,Default,,0000,0000,0000,,In elk geval, sy gaan sien toe hierdie spesialis. So, hierdie eikepaneel kamer, Dialogue: 0,0:15:43.00,0:15:46.00,Default,,0000,0000,0000,,en sy's daar saam met haar ma, Dialogue: 0,0:15:46.00,0:15:49.00,Default,,0000,0000,0000,,en sy's ingelei en sy't op ’n stoel op die punt gesit, Dialogue: 0,0:15:49.00,0:15:51.00,Default,,0000,0000,0000,,en op haar hande gesit vir 20 minute terwyl Dialogue: 0,0:15:51.00,0:15:53.00,Default,,0000,0000,0000,,hierdie man met haar ma gepraat het oor al Dialogue: 0,0:15:53.00,0:15:57.00,Default,,0000,0000,0000,,die probleme wat Gillian by die skool het. En na dit -- Dialogue: 0,0:15:57.00,0:15:59.00,Default,,0000,0000,0000,,want sien sy het ander ontwrig, Dialogue: 0,0:15:59.00,0:16:01.00,Default,,0000,0000,0000,,haar huiswerk was altyd laat, ensovoorts, Dialogue: 0,0:16:01.00,0:16:04.00,Default,,0000,0000,0000,,klein kind van agt -- op die ou end, gaan sit die dokter Dialogue: 0,0:16:04.00,0:16:06.00,Default,,0000,0000,0000,,langs Gillian en sê: "Gillian, Dialogue: 0,0:16:06.00,0:16:08.00,Default,,0000,0000,0000,,ek't nou geluister na al die dinge wat jou ma Dialogue: 0,0:16:08.00,0:16:10.00,Default,,0000,0000,0000,,my vertel het, en ek moet nou privaat met haar gesels." Dialogue: 0,0:16:10.00,0:16:13.00,Default,,0000,0000,0000,,Hy sê toe: "Wag hier, ons is nou terug, ons sal nie lank wees nie." Dialogue: 0,0:16:13.00,0:16:15.00,Default,,0000,0000,0000,,en hulle't haar daar gelos. Dialogue: 0,0:16:15.00,0:16:17.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar soos hulle uitgegaan het, het hy die radio wat op sy Dialogue: 0,0:16:17.00,0:16:19.00,Default,,0000,0000,0000,,lessenaar was aangesit. En toe hulle Dialogue: 0,0:16:19.00,0:16:21.00,Default,,0000,0000,0000,,uit die kamer is, sê hy vir haar ma, Dialogue: 0,0:16:21.00,0:16:24.00,Default,,0000,0000,0000,,"Hou haar net dop." En die oomblik toe hulle uit die kamer is, Dialogue: 0,0:16:24.00,0:16:28.00,Default,,0000,0000,0000,,sê sy, was sy op haar voete, besig om saam met die musiek te beweeg. Dialogue: 0,0:16:28.00,0:16:30.00,Default,,0000,0000,0000,,En hulle't vir ’n paar minute gekyk Dialogue: 0,0:16:30.00,0:16:33.00,Default,,0000,0000,0000,,en hy't na haar ma gedraai en gesê: Dialogue: 0,0:16:33.00,0:16:37.00,Default,,0000,0000,0000,,"Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie, sy's 'n danser. Dialogue: 0,0:16:37.00,0:16:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Neem haar na 'n dansskool." Dialogue: 0,0:16:39.00,0:16:41.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek sê toe: "Wat het gebeur?" Dialogue: 0,0:16:41.00,0:16:44.00,Default,,0000,0000,0000,,En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie. Dialogue: 0,0:16:44.00,0:16:46.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons't in hierdie kamer ingeloop en dit was vol Dialogue: 0,0:16:46.00,0:16:49.00,Default,,0000,0000,0000,,mense soos ek. Mense wat nie kon stilsit nie. Dialogue: 0,0:16:49.00,0:16:52.00,Default,,0000,0000,0000,,Mense wat moes beweeg om te dink." Wat moes beweeg om te dink. Dialogue: 0,0:16:52.00,0:16:54.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle het ballet gedoen, tap gedoen, jazz gedoen, Dialogue: 0,0:16:54.00,0:16:56.00,Default,,0000,0000,0000,,hulle het moderne en kontemporêre dans gedoen. Dialogue: 0,0:16:56.00,0:16:59.00,Default,,0000,0000,0000,,Sy het eindelik vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen, Dialogue: 0,0:16:59.00,0:17:01.00,Default,,0000,0000,0000,,sy het ’n solois geword, sy het ’n wonderlike loopbaan gehad Dialogue: 0,0:17:01.00,0:17:03.00,Default,,0000,0000,0000,,by die Koninklike Ballet. Op die ou end het sy gegradueer Dialogue: 0,0:17:03.00,0:17:05.00,Default,,0000,0000,0000,,van die Koninklike Balletskool en Dialogue: 0,0:17:05.00,0:17:08.00,Default,,0000,0000,0000,,haar eie geselskap gestig -- die Gillian Lynne Dance Company -- Dialogue: 0,0:17:08.00,0:17:11.00,Default,,0000,0000,0000,,en Andrew Lloyd Weber ontmoet. Sy was al vir van die mees Dialogue: 0,0:17:11.00,0:17:13.00,Default,,0000,0000,0000,,suksesvolle musikale teater produksies in die Dialogue: 0,0:17:13.00,0:17:18.00,Default,,0000,0000,0000,,geskiedenis verantwoordelik, sy't al aan miljoene plesier gegee, Dialogue: 0,0:17:18.00,0:17:21.00,Default,,0000,0000,0000,,en sy's ’n multi-millionêr. Iemand anders Dialogue: 0,0:17:21.00,0:17:25.00,Default,,0000,0000,0000,,sou haar dalk op medikasie gesit het en vir haar gesê het Dialogue: 0,0:17:25.00,0:17:27.00,Default,,0000,0000,0000,,om te kalmeer. Dialogue: 0,0:17:27.00,0:17:30.00,Default,,0000,0000,0000,,Nou, ek dink ... (Applous) Waarop dit neerkom is dit: Dialogue: 0,0:17:30.00,0:17:32.00,Default,,0000,0000,0000,,Al Gore het die ander aand gepraat Dialogue: 0,0:17:32.00,0:17:35.00,Default,,0000,0000,0000,,oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson. Dialogue: 0,0:17:35.00,0:17:39.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms Dialogue: 0,0:17:39.00,0:17:42.00,Default,,0000,0000,0000,,is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem, Dialogue: 0,0:17:42.00,0:17:46.00,Default,,0000,0000,0000,,een waarin ons begin om ons konsep Dialogue: 0,0:17:46.00,0:17:48.00,Default,,0000,0000,0000,,van die rykdom van menslike kapasiteit te hersien. Dialogue: 0,0:17:48.00,0:17:52.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn op die manier Dialogue: 0,0:17:52.00,0:17:54.00,Default,,0000,0000,0000,,wat ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit. Dialogue: 0,0:17:54.00,0:17:57.00,Default,,0000,0000,0000,,En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie. Dialogue: 0,0:17:57.00,0:18:00.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons moet die fundamentele beginsels waarmee Dialogue: 0,0:18:00.00,0:18:02.00,Default,,0000,0000,0000,,ons ons kinders opvoed heroorweeg. Daar was Dialogue: 0,0:18:02.00,0:18:06.00,Default,,0000,0000,0000,,’n wonderlike aanhaling van Jonas Salk, wat gesê het: "As al die insekte Dialogue: 0,0:18:06.00,0:18:09.00,Default,,0000,0000,0000,,van die aarde af sou verdwyn, Dialogue: 0,0:18:09.00,0:18:12.00,Default,,0000,0000,0000,,sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf. Dialogue: 0,0:18:12.00,0:18:15.00,Default,,0000,0000,0000,,As al die mense van die aarde af sou verdwyn, Dialogue: 0,0:18:15.00,0:18:19.00,Default,,0000,0000,0000,,sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer." Dialogue: 0,0:18:19.00,0:18:21.00,Default,,0000,0000,0000,,En hy's reg. Dialogue: 0,0:18:21.00,0:18:24.00,Default,,0000,0000,0000,,Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin. Dialogue: 0,0:18:24.00,0:18:28.00,Default,,0000,0000,0000,,Ons moet nou versigtig wees dat ons dit met wysheid Dialogue: 0,0:18:28.00,0:18:31.00,Default,,0000,0000,0000,,gebruik, en dat ons van die senarios vermy Dialogue: 0,0:18:31.00,0:18:34.00,Default,,0000,0000,0000,,senarios waaroor ons gepraat het. En die enigste manier Dialogue: 0,0:18:35.00,0:18:38.00,Default,,0000,0000,0000,,wat ons dit kan doen is deur ons kreatiewe kapasiteite Dialogue: 0,0:18:38.00,0:18:40.00,Default,,0000,0000,0000,,te sien vir die rykdom wat hulle is, en ons kinders Dialogue: 0,0:18:40.00,0:18:43.00,Default,,0000,0000,0000,,te sien vir die hoop wat hulle is. En ons opdrag Dialogue: 0,0:18:43.00,0:18:46.00,Default,,0000,0000,0000,,is om hul hele wese op te voed, sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan. Dialogue: 0,0:18:46.00,0:18:49.00,Default,,0000,0000,0000,,Terloops -- ons sal dalk nie hierdie toekoms sien nie, Dialogue: 0,0:18:49.00,0:18:52.00,Default,,0000,0000,0000,,maar hulle sal. En ons plig is om hulle Dialogue: 0,0:18:52.00,0:18:54.00,Default,,0000,0000,0000,,te help om iets daarvan te maak. Baie dankie.