0:00:00.000,0:00:07.000 Goeie môre. Hoe gaan dit? Dis fantasties sover, of hoe? 0:00:07.000,0:00:11.000 Die hele ding het my stomgeslaan. 0:00:11.000,0:00:15.000 Eintlik is ek oppad. (Gelag) 0:00:15.000,0:00:19.000 Daar was drie temas sover, of hoe, 0:00:19.000,0:00:23.000 wat deur die konferensie loop, wat relevant is 0:00:23.000,0:00:25.000 vir waaroor ek wil praat. 0:00:25.000,0:00:29.000 Een is die ongelooflike bewyse van menslike kreatiwiteit 0:00:29.000,0:00:32.000 in al die aanbiedings wat ons gesien het 0:00:32.000,0:00:35.000 en in al die mense hier. Net die blote verskeidenheid daarvan 0:00:35.000,0:00:38.000 en die omvang daarvan. Die tweede is dat 0:00:38.000,0:00:41.000 dit ons op ’n plek gesit het waar ons geen idee het wat gaan gebeur nie, 0:00:41.000,0:00:43.000 ten opsigte van die toekoms. Geen idee 0:00:43.000,0:00:45.000 hoe dinge dalk kan verloop nie. 0:00:45.000,0:00:48.000 Ek het ’n belang by opvoedkunde -- 0:00:48.000,0:00:51.000 eintlik, wat ek vind is dat almal ’n belang by opvoedkunde het. 0:00:51.000,0:00:53.000 Het julle nie? Ek vind dit baie interessant. 0:00:53.000,0:00:56.000 As jy by ’n ete is, en jy sê 0:00:56.000,0:00:59.000 jy werk in opvoedkunde -- 0:00:59.000,0:01:06.000 eintlik, om die waarheid te sê, is jy nie gereeld by etes as jy in opvoedkunde werk nie. 0:01:06.000,0:01:09.000 (Gelag) Jy word nie genooi nie. 0:01:09.000,0:01:14.000 En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. 0:01:14.000,0:01:16.000 Maar as jy is, en jy sê vir iemand, 0:01:16.000,0:01:18.000 jy weet, hulle sê: "Wat doen jy vir ’n lewe?" 0:01:18.000,0:01:20.000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 0:01:20.000,0:01:24.000 kan jy sien hoe die bloed uit hulle gesig vloei. Hulle's soos: 0:01:24.000,0:01:30.000 "Aggenee," jy weet, "Hoekom ek? My een aand uit hierdie hele week." (Gelag) 0:01:30.000,0:01:32.000 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding, 0:01:32.000,0:01:34.000 druk hulle jou in ’n hoek vas. Want dis een van daai dinge 0:01:34.000,0:01:37.000 wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 0:01:37.000,0:01:40.000 Soos geloof, en geld en ander dinge. 0:01:40.000,0:01:44.000 Ek het ’n groot belang by opvoedkunde en ek dink ons almal het. 0:01:44.000,0:01:46.000 Ons het 'n groot persoonlike belang daarby, 0:01:46.000,0:01:49.000 deels omdat dit opvoeding is wat veronderstel is om 0:01:49.000,0:01:52.000 ons in hierdie toekoms wat ons nie kan begryp nie in te neem. 0:01:52.000,0:01:55.000 As jy daaroor dink, kinders wat hierdie jaar skool begin 0:01:55.000,0:02:01.000 tree af in 2065. Niemand het ’n idee -- 0:02:01.000,0:02:04.000 ten spyte van al die kennis wat die laaste vier dae hier op vertoon was -- 0:02:04.000,0:02:06.000 hoe die wêreld gaan lyk 0:02:06.000,0:02:08.000 oor vyf jaar nie. En tog is ons veronderstel 0:02:08.000,0:02:11.000 om hulle daarvoor op te voed. So die onvoorspelbaarheid, dink ek, 0:02:11.000,0:02:13.000 is ongelooflik. 0:02:13.000,0:02:15.000 En die derde deel hiervan is dat 0:02:15.000,0:02:20.000 ons almal nietemin saamgestem het oor die 0:02:20.000,0:02:23.000 werklik buitengewone kapasiteite wat kinders het -- 0:02:23.000,0:02:25.000 hulle kapasiteite vir innovasie. Ek bedoel, Sirena gisteraand was ongelooflik, 0:02:25.000,0:02:28.000 of hoe? Net om te sien wat sy kan doen. 0:02:28.000,0:02:33.000 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie sy's, soos hulle sou sê, 0:02:33.000,0:02:36.000 uitsonderlik in die geheel van kindwees nie. 0:02:36.000,0:02:39.000 Wat ’n mens daar het is ’n persoon van ongelooflike toewyding 0:02:39.000,0:02:41.000 wat ’n talent gevind het. En ek voer aan dat 0:02:41.000,0:02:43.000 alle kinders geweldige talente het. 0:02:43.000,0:02:45.000 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. 0:02:45.000,0:02:48.000 So ek wil praat oor opvoedkunde en 0:02:48.000,0:02:51.000 ek wil praat oor kreatiwiteit. Ek voer aan dat 0:02:51.000,0:02:54.000 kreatiwiteit nou so belangrik soos geletterheid in opvoeding is 0:02:54.000,0:02:58.000 en dat ons dit dieselfde status moet toeken. 0:02:58.000,0:03:06.000 (Applous) Dankie. Dit was dit, terloops. 0:03:06.000,0:03:10.000 Baie dankie. (Applous) So, nog 15 minute. 0:03:10.000,0:03:17.000 Wel, ek is gebore... nee. (Gelag) 0:03:17.000,0:03:21.000 Ek het onlangs ’n goeie storie gehoor -- ek geniet om dit te vertel -- 0:03:21.000,0:03:25.000 van ’n klein dogtertjie in 'n tekenklas. Sy was ses 0:03:25.000,0:03:27.000 en sy was agter in die klas, aan die teken, 0:03:27.000,0:03:29.000 en die juffrou het gesê die dogtertjie het omtrent nooit 0:03:29.000,0:03:33.000 aandag geskenk nie, maar in hierdie tekenklas het sy. 0:03:33.000,0:03:35.000 Die juffrou was gefassineerd en sy het na haar toe gegaan 0:03:35.000,0:03:38.000 en gesê: "Wat teken jy?" 0:03:38.000,0:03:41.000 En die dogtertjie het gesê: "Ek teken ’n prentjie van God." 0:03:41.000,0:03:44.000 En die juffrou het gesê: "Maar niemand weet hoe God lyk nie." 0:03:44.000,0:03:51.000 En die dogtertjie sê toe: "Hulle sal nou-nou." 0:03:51.000,0:03:52.000 (Gelag) 0:03:52.000,0:03:57.000 Toe my seun vier was in Engeland -- 0:03:57.000,0:04:00.000 eintlik was hy oral vier, om eerlik te wees. (Gelag) 0:04:00.000,0:04:06.000 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, was hy vier daai jaar. 0:04:06.000,0:04:08.000 Hy was in die Kersspel. 0:04:08.000,0:04:11.000 Onthou julle die storie? Nee, dit was groot. 0:04:11.000,0:04:14.000 Dit was ’n groot storie. Mel Gibson het die opvolg gedoen. 0:04:14.000,0:04:19.000 Julle't dit dalk gesien: "Kersspel II." Maar James het die rol van Josef gekry, 0:04:19.000,0:04:22.000 en ons was in ons noppies daaroor. 0:04:22.000,0:04:24.000 Ons het dit as een van die hoofrolle beskou. 0:04:24.000,0:04:26.000 Ons het die plek vol agente met T-hempde gehad: 0:04:26.000,0:04:29.000 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 0:04:29.000,0:04:31.000 Hy hoef nie te gepraat het nie, maar julle ken die deel 0:04:31.000,0:04:34.000 waar die drie wyse manne inkom. Hulle bring geskenke, 0:04:34.000,0:04:36.000 en hulle bring goud, wierook (frankincense) en mirre. 0:04:36.000,0:04:38.000 Dit het rêrig gebeur. Ons sit toe daar 0:04:38.000,0:04:40.000 en ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 0:04:40.000,0:04:42.000 want ons het na die tyd met die seuntjie gepraat en gesê: 0:04:42.000,0:04:44.000 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: "Ja, hoekom? Was dit verkeerd?" 0:04:44.000,0:04:46.000 Hulle't net geruil, dit was dit. 0:04:46.000,0:04:47.000 In elk geval, die drie seuntjies kom in -- 0:04:47.000,0:04:49.000 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 0:04:49.000,0:04:52.000 en hulle sit hierdie bokse neer, 0:04:52.000,0:04:54.000 en die eerste seuntjie sê: "Ek bring vir U goud." 0:04:54.000,0:04:57.000 En die tweede een sê: "Ek bring vir U mirre." 0:04:57.000,0:05:11.000 En die derde een sê: "Frank sent this." (Gelag) 0:05:11.000,0:05:13.000 Wat hierdie goed in gemeen het, is dat kinders ’n kans sal vat. 0:05:13.000,0:05:16.000 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 0:05:16.000,0:05:19.000 Is ek reg? Hulle's nie bang om verkeerd te wees nie. 0:05:19.000,0:05:24.000 Nou, ek bedoel nie dat verkeerd wees en kreatief wees dieselfde ding is nie. 0:05:24.000,0:05:25.000 Wat ons wel weet is, 0:05:25.000,0:05:28.000 as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, 0:05:28.000,0:05:31.000 sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie. 0:05:31.000,0:05:34.000 As jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. En teen die tyd wat hulle grootmense is, 0:05:34.000,0:05:36.000 het meeste kinders daai kapasiteit verloor. 0:05:36.000,0:05:39.000 Hulle het bang geword om verkeerd te wees. 0:05:39.000,0:05:41.000 En ons bestuur ons maatskappye so, terloops. 0:05:41.000,0:05:44.000 Ons stigmatiseer foute. En nou bedryf ons 0:05:44.000,0:05:47.000 nasionale opvoedingstelsels waar 0:05:47.000,0:05:50.000 foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak. 0:05:50.000,0:05:53.000 En die gevolg is dat ons mense uit hulle kreatiewe 0:05:53.000,0:05:56.000 kapasiteite uit opvoed. Picasso het dit gesê. 0:05:56.000,0:05:59.000 Hy't gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is. 0:05:59.000,0:06:03.000 Die probleem is om een te bly soos ons grootword. Ek glo dit vas: 0:06:03.000,0:06:05.000 ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 0:06:05.000,0:06:08.000 ons groei uit dit uit. Of eerder, ons word uit dit uit opgevoed. 0:06:08.000,0:06:10.000 So hoekom is dit so? 0:06:10.000,0:06:14.000 Ek het tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon. 0:06:14.000,0:06:16.000 Ons het van Stratford na Los Angeles getrek. 0:06:16.000,0:06:20.000 So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was. 0:06:20.000,0:06:22.000 (Gelag) Eintlik, 0:06:22.000,0:06:24.000 het ons in ’n plek genaamd Snitterfield gewoon, 0:06:24.000,0:06:26.000 net buite Stratford, en dit is waar 0:06:26.000,0:06:31.000 Shakespeare se pa gebore is. Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. 0:06:31.000,0:06:33.000 ’n Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie, dink mens? 0:06:33.000,0:06:35.000 Dink mens? Want ’n mens dink nie aan 0:06:35.000,0:06:37.000 Shakespeare as ’n kind nie, of hoe? 0:06:37.000,0:06:40.000 Shakespeare op sewe? Ek't nooit daaraan gedink nie. Ek bedoel, hy was 0:06:40.000,0:06:42.000 sewe op een of ander stadium. Hy was in 0:06:42.000,0:06:51.000 iemand se Engelse klas, ne? Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 0:06:51.000,0:07:05.000 (Gelag) "Moet harder probeer." Word bed toe gestuur deur sy pa, jy weet, 0:07:05.000,0:07:08.000 aan Shakespeare: "Gaan slaap, nou," 0:07:08.000,0:07:10.000 aan William Shakespeare: "en sit neer die potlood. 0:07:10.000,0:07:18.000 En hou op om so te praat. Dit verwar almal." 0:07:18.000,0:07:23.000 (Gelag) 0:07:23.000,0:07:26.000 In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles, 0:07:26.000,0:07:30.000 en ek wil net iets sê oor die oorgang, eintlik. 0:07:30.000,0:07:33.000 My seun wou nie kom nie. 0:07:33.000,0:07:36.000 Ek het twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16. 0:07:36.000,0:07:38.000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. Hy was mal daaroor, 0:07:38.000,0:07:43.000 maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. Die liefde van sy lewe, Sarah. 0:07:43.000,0:07:45.000 Hy't haar al ’n maand geken. 0:07:45.000,0:07:48.000 Maar sien, hulle't al hulle vierde herdenking gevier, 0:07:48.000,0:07:52.000 want dis ’n lang tyd as jy 16 is. 0:07:52.000,0:07:54.000 In elk geval, hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig, 0:07:54.000,0:07:56.000 en hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie." 0:07:56.000,0:07:58.000 Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê, 0:07:58.000,0:08:10.000 want sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 0:08:10.000,0:08:13.000 (Gelag) 0:08:13.000,0:08:16.000 Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek 0:08:16.000,0:08:18.000 en wanneer jy om die wêreld reis: 0:08:18.000,0:08:22.000 Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hierargie van vakke. 0:08:22.000,0:08:24.000 Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie. 0:08:24.000,0:08:26.000 ’n Mens sou dink dis anders, maar dit is nie. 0:08:26.000,0:08:29.000 Heel bo is wiskunde en tale, 0:08:29.000,0:08:31.000 dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste. 0:08:31.000,0:08:33.000 Orals op aarde. 0:08:33.000,0:08:36.000 En in min of meer elke stelsel 0:08:36.000,0:08:38.000 is daar ook ’n hierargie binne die kunste. 0:08:38.000,0:08:40.000 Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole 0:08:40.000,0:08:43.000 as drama en dans. Daar is nie ’n opvoedingstelsel op die planeet 0:08:43.000,0:08:45.000 wat dans elke dag vir kinders leer 0:08:45.000,0:08:48.000 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom? 0:08:48.000,0:08:50.000 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 0:08:50.000,0:08:53.000 Ek dink wiskunde is belangrik, maar dans is ook. 0:08:53.000,0:08:56.000 Kinders dans heeltyd as hulle mag, ons almal doen dit. 0:08:56.000,0:08:59.000 Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop? 0:08:59.000,0:09:03.000 (Gelag) Inderwaarheid, wat gebeur is, 0:09:03.000,0:09:05.000 soos kinders grootword, begin ons hulle geleidelik 0:09:05.000,0:09:08.000 van die middellyf af boontoe opvoed. En dan fokus ons op hulle koppe. 0:09:08.000,0:09:10.000 En effens na een kant toe. 0:09:10.000,0:09:14.000 As jy opvoeding sou besoek, as 'n ruimtewese, 0:09:14.000,0:09:17.000 en sê: "Waarvoor is dit, openbare opvoeding?" 0:09:17.000,0:09:19.000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom -- as jy kyk na die uitset, 0:09:19.000,0:09:21.000 wie behaal werklik sukses hierdeur, 0:09:21.000,0:09:23.000 wie doen alles wat hulle moet, 0:09:23.000,0:09:26.000 wie kry al die "brownie points", wie is die wenners -- 0:09:26.000,0:09:29.000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom dat die hele doel van openbare opvoeding 0:09:29.000,0:09:30.000 regoor die wêreld 0:09:30.000,0:09:34.000 is om universiteitsprofessors te lewer. Of hoe? 0:09:34.000,0:09:36.000 Hulle is die mense wat bo uitkom. 0:09:37.000,0:09:40.000 En ek was een, so vat so. (Gelag) 0:09:40.000,0:09:44.000 En ek hou van universiteitsprofessors, maar julle weet, 0:09:44.000,0:09:48.000 ons moet hulle nie as die hoogtepunt van alle menslike prestasie voorhou nie. 0:09:48.000,0:09:50.000 Hulle is net ’n vorm van lewe, 0:09:50.000,0:09:52.000 nog ’n vorm van lewe. Maar hulle's nogal vreemd, 0:09:52.000,0:09:54.000 en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle. 0:09:54.000,0:09:57.000 Daar's iets vreemd omtrent professors in my ervaring -- 0:09:57.000,0:10:00.000 nie almal van hulle nie, maar tipies -- lewe hulle in hul koppe. 0:10:00.000,0:10:02.000 Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe. 0:10:02.000,0:10:06.000 Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier. 0:10:06.000,0:10:08.000 Hulle kyk na hul liggame 0:10:08.000,0:10:17.000 as ’n vervoermiddel vir hul koppe, of hoe? 0:10:17.000,0:10:24.000 (Gelag) Dis ’n manier om hul koppe by vergaderings te kry. 0:10:24.000,0:10:27.000 As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings, 0:10:27.000,0:10:30.000 terloops, besoek ’n residensiële konferensie 0:10:30.000,0:10:32.000 van senior akademici, 0:10:32.000,0:10:35.000 en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand. 0:10:35.000,0:10:39.000 (Gelag) En daar sal julle dit sien -- volwasse mans en vroue 0:10:39.000,0:10:43.000 wat ritmeloos wriemel, terwyl hulle wag 0:10:43.000,0:10:47.000 vir dit om klaar te maak sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf. 0:10:47.000,0:10:53.000 Nou, ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid. 0:10:53.000,0:10:56.000 En daar's ’n rede daarvoor. 0:10:56.000,0:10:58.000 Die hele stelsel is uitgedink -- regoor die wêreld, was daar, in werklikheid, 0:10:58.000,0:11:00.000 geen openbare opvoedingstelsels voor die 19de eeu nie. 0:11:00.000,0:11:03.000 Hulle het almal tot wording gekom 0:11:03.000,0:11:04.000 om in die behoeftes van industrialisme te voorsien. 0:11:04.000,0:11:07.000 So die hierargie is gewortel in twee idees. 0:11:07.000,0:11:11.000 Een, dat die mees nuttige vakke vir werk 0:11:11.000,0:11:13.000 heel bo is. So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van 0:11:13.000,0:11:15.000 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 0:11:15.000,0:11:17.000 op grond daarvan dat jy nooit 0:11:17.000,0:11:20.000 ’n werk daardeur sou kry nie. Is dit reg? 0:11:20.000,0:11:22.000 Moenie musiek neem nie, jy gaan nie ’n musikant word nie; 0:11:22.000,0:11:24.000 moenie kuns neem nie, jy gaan nie ’n kunstenaar word nie. 0:11:25.000,0:11:29.000 Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. Die hele wêreld 0:11:29.000,0:11:30.000 is verswelg in ’n rewolusie. 0:11:30.000,0:11:33.000 En die tweede is akademiese vaardigheid, wat werklik ons idee 0:11:33.000,0:11:34.000 van intelligensie oorskadu, 0:11:34.000,0:11:37.000 omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het. 0:11:37.000,0:11:39.000 As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel 0:11:39.000,0:11:41.000 van openbare opvoeding regoor die wêreld is ’n uitgerekte proses 0:11:41.000,0:11:43.000 van universiteitstoelating. 0:11:43.000,0:11:46.000 En die gevolg is dat baie hoogs talentvolle, 0:11:46.000,0:11:48.000 briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie, 0:11:48.000,0:11:50.000 omdat die ding waarin hulle goed was op skool 0:11:50.000,0:11:54.000 nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is. 0:11:54.000,0:11:56.000 En ek dink nie ons kan bekostig om so voort te gaan nie. 0:11:56.000,0:11:58.000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 0:11:58.000,0:12:01.000 gaan meer mense wêreldwyd deur 0:12:01.000,0:12:03.000 opvoeding gradueer as sedert die begin van geskiedenis. 0:12:03.000,0:12:05.000 Meer mense, en dis die kombinasie 0:12:05.000,0:12:07.000 van al die dinge waaroor ons gepraat het -- 0:12:07.000,0:12:10.000 tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, en demografie 0:12:10.000,0:12:12.000 en die massiewe bevolkingsontploffing. 0:12:12.000,0:12:15.000 Skielik is grade niks werd nie. Nie waar nie? 0:12:15.000,0:12:19.000 Toe ek ’n student was, as jy ’n graad gehad het, het jy ’n werk gehad. 0:12:19.000,0:12:22.000 As jy nie ’n werk gehad het nie wou jy nie een hê nie. 0:12:22.000,0:12:25.000 En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag) 0:12:25.000,0:12:30.000 Maar deesdae is kinders met grade gereeld 0:12:30.000,0:12:31.000 oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel, 0:12:31.000,0:12:34.000 omdat jy ’n MA nodig het waar die vorige posisie ’n BA vereis het, 0:12:34.000,0:12:37.000 en jy nou ’n PhD benodig vir die ander. 0:12:37.000,0:12:39.000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 0:12:39.000,0:12:41.000 En dit dui daarop dat die hele struktuur van opvoeding 0:12:41.000,0:12:43.000 besig is om onder ons voete te skuif. Ons moet drasties ons 0:12:43.000,0:12:44.000 siening van intelligensie hersien. 0:12:44.000,0:12:46.000 Ons weet drie dinge omtrent intelligensie. 0:12:46.000,0:12:49.000 Een, dis divers. Ons dink oor die wêreld op al die maniere 0:12:49.000,0:12:51.000 wat ons dit ervaar. Ons dink visueel, 0:12:51.000,0:12:54.000 ons dink in klank, ons dink kineties. 0:12:54.000,0:12:57.000 Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging. 0:12:57.000,0:12:59.000 Tweedens, intelligensie is dinamies. 0:12:59.000,0:13:02.000 As ’n mens kyk na die interaksies van ’n menslike brein, soos ons gister 0:13:02.000,0:13:05.000 tydens heelwat aanbiedings gehoor het, 0:13:05.000,0:13:07.000 is intelligensie wonderlik interaktief. 0:13:07.000,0:13:10.000 Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie. 0:13:10.000,0:13:13.000 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- wat ek definieer as die proses 0:13:13.000,0:13:15.000 van oorspronklike idees met waarde hê -- 0:13:15.000,0:13:18.000 gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie 0:13:18.000,0:13:21.000 van verskillende dissiplinêre maniere van dinge sien. 0:13:21.000,0:13:23.000 Die brein is doelbewus -- terloops, 0:13:23.000,0:13:26.000 daar is ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind, 0:13:26.000,0:13:28.000 genaamd die corpus callosum. Dis dikker by vrouens. 0:13:28.000,0:13:30.000 Om aan te sluit by Helen gister, dink ek 0:13:30.000,0:13:34.000 dis waarskynlik hoekom vrouens beter is met "multi-tasking". 0:13:34.000,0:13:36.000 Want julle is mos, ne? 0:13:36.000,0:13:39.000 Daar's baie navorsing, maar ek weet dit uit persoonlike ervaring. 0:13:39.000,0:13:41.000 As my vrou besig is om te kook by die huis -- 0:13:41.000,0:13:45.000 wat nie baie is nie, dankie tog. (Gelag) 0:13:45.000,0:13:48.000 Maar julle weet, sy's besig -- nee, sy's goed met sommige dinge -- 0:13:48.000,0:13:50.000 maar as sy kook, julle weet, 0:13:50.000,0:13:52.000 hanteer sy foonoproepe, 0:13:52.000,0:13:55.000 praat sy met die kinders, verf sy die plafon. 0:13:55.000,0:13:58.000 Sy doen 'n oophart-operasie hier. 0:13:58.000,0:14:01.000 As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit, 0:14:01.000,0:14:04.000 die foon is van die mikkie af, as sy inkom raak ek geïrriteerd. 0:14:04.000,0:14:17.000 Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier. Gee my ’n kans." (Gelag) 0:14:17.000,0:14:19.000 Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding, 0:14:19.000,0:14:22.000 as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie, 0:14:22.000,0:14:25.000 het dit gebeur? Onthou julle daai ou sê-ding? 0:14:25.000,0:14:28.000 Ek het onlangs ’n goeie T-hemp gesien wat gesê het: "As ’n man homself uitspreek 0:14:28.000,0:14:31.000 in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie, 0:14:31.000,0:14:40.000 is hy steeds verkeerd?" (Gelag) 0:14:40.000,0:14:42.000 En die derde ding omtrent intelligensie is, 0:14:43.000,0:14:45.000 dis spesifiek. Ek is besig met ’n nuwe boek op die oomblik, 0:14:45.000,0:14:47.000 met die naam "Epiphany," wat gebaseer is op ’n reeks 0:14:47.000,0:14:49.000 onderhoude met mense oor hoe hulle hul talent 0:14:49.000,0:14:51.000 ontdek het. Ek vind hoe mense daar uitgekom het fassinerend. 0:14:51.000,0:14:54.000 Dit is aangespoor deur ’n gesprek wat ek gehad het 0:14:54.000,0:14:56.000 met ’n wonderlike vrou wat meeste mense miskien 0:14:56.000,0:14:58.000 nog nooit van gehoor het nie, haar naam is Gillian Lynne, 0:14:58.000,0:15:00.000 al van haar gehoor? Sommige het. Sy's ’n choreograaf 0:15:00.000,0:15:02.000 en almal ken haar werk. 0:15:02.000,0:15:04.000 Sy het "Cats," en "Phantom of the Opera" gedoen. 0:15:04.000,0:15:08.000 Sy's wonderlik. Ek was van te vore op die raad van die Koninklike Ballet, in Engeland, 0:15:08.000,0:15:10.000 soos julle kan sien. 0:15:10.000,0:15:12.000 In elk geval, Gillian en ek het eendag saam geëet en ek sê toe: 0:15:12.000,0:15:14.000 "Gillian, hoe het jy ’n danser geword?" En sy sê toe 0:15:14.000,0:15:16.000 dit was interessant, toe sy op skool was, 0:15:16.000,0:15:19.000 was sy rêrig hopeloos. En die skool, in die 30's, 0:15:19.000,0:15:21.000 skryf toe vir haar ouers en sê: "Ons dink 0:15:21.000,0:15:23.000 Gillian het ’n leerprobleem." Sy kon nie konsentreer nie, 0:15:23.000,0:15:25.000 sy het gevroetel. Ek dink deesdae sou hulle sê 0:15:25.000,0:15:29.000 sy't aandagafleibaarheid. Sou julle nie ook nie? Maar hierdie was die 1930's, 0:15:29.000,0:15:32.000 en aandagafleibaarheid was nog nie toe al uitgedink nie. 0:15:32.000,0:15:35.000 Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. (Gelag) 0:15:35.000,0:15:39.000 Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. 0:15:39.000,0:15:43.000 In elk geval, sy gaan sien toe hierdie spesialis. So, hierdie eikepaneel kamer, 0:15:43.000,0:15:46.000 en sy's daar saam met haar ma, 0:15:46.000,0:15:49.000 en sy's ingelei en sy't op ’n stoel op die punt gesit, 0:15:49.000,0:15:51.000 en op haar hande gesit vir 20 minute terwyl 0:15:51.000,0:15:53.000 hierdie man met haar ma gepraat het oor al 0:15:53.000,0:15:57.000 die probleme wat Gillian by die skool het. En na dit -- 0:15:57.000,0:15:59.000 want sien sy het ander ontwrig, 0:15:59.000,0:16:01.000 haar huiswerk was altyd laat, ensovoorts, 0:16:01.000,0:16:04.000 klein kind van agt -- op die ou end, gaan sit die dokter 0:16:04.000,0:16:06.000 langs Gillian en sê: "Gillian, 0:16:06.000,0:16:08.000 ek't nou geluister na al die dinge wat jou ma 0:16:08.000,0:16:10.000 my vertel het, en ek moet nou privaat met haar gesels." 0:16:10.000,0:16:13.000 Hy sê toe: "Wag hier, ons is nou terug, ons sal nie lank wees nie." 0:16:13.000,0:16:15.000 en hulle't haar daar gelos. 0:16:15.000,0:16:17.000 Maar soos hulle uitgegaan het, het hy die radio wat op sy 0:16:17.000,0:16:19.000 lessenaar was aangesit. En toe hulle 0:16:19.000,0:16:21.000 uit die kamer is, sê hy vir haar ma, 0:16:21.000,0:16:24.000 "Hou haar net dop." En die oomblik toe hulle uit die kamer is, 0:16:24.000,0:16:28.000 sê sy, was sy op haar voete, besig om saam met die musiek te beweeg. 0:16:28.000,0:16:30.000 En hulle't vir ’n paar minute gekyk 0:16:30.000,0:16:33.000 en hy't na haar ma gedraai en gesê: 0:16:33.000,0:16:37.000 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie, sy's 'n danser. 0:16:37.000,0:16:39.000 Neem haar na 'n dansskool." 0:16:39.000,0:16:41.000 Ek sê toe: "Wat het gebeur?" 0:16:41.000,0:16:44.000 En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie. 0:16:44.000,0:16:46.000 Ons't in hierdie kamer ingeloop en dit was vol 0:16:46.000,0:16:49.000 mense soos ek. Mense wat nie kon stilsit nie. 0:16:49.000,0:16:52.000 Mense wat moes beweeg om te dink." Wat moes beweeg om te dink. 0:16:52.000,0:16:54.000 Hulle het ballet gedoen, tap gedoen, jazz gedoen, 0:16:54.000,0:16:56.000 hulle het moderne en kontemporêre dans gedoen. 0:16:56.000,0:16:59.000 Sy het eindelik vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen, 0:16:59.000,0:17:01.000 sy het ’n solois geword, sy het ’n wonderlike loopbaan gehad 0:17:01.000,0:17:03.000 by die Koninklike Ballet. Op die ou end het sy gegradueer 0:17:03.000,0:17:05.000 van die Koninklike Balletskool en 0:17:05.000,0:17:08.000 haar eie geselskap gestig -- die Gillian Lynne Dance Company -- 0:17:08.000,0:17:11.000 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. Sy was al vir van die mees 0:17:11.000,0:17:13.000 suksesvolle musikale teater produksies in die 0:17:13.000,0:17:18.000 geskiedenis verantwoordelik, sy't al aan miljoene plesier gegee, 0:17:18.000,0:17:21.000 en sy's ’n multi-millionêr. Iemand anders 0:17:21.000,0:17:25.000 sou haar dalk op medikasie gesit het en vir haar gesê het 0:17:25.000,0:17:27.000 om te kalmeer. 0:17:27.000,0:17:30.000 Nou, ek dink ... (Applous) Waarop dit neerkom is dit: 0:17:30.000,0:17:32.000 Al Gore het die ander aand gepraat 0:17:32.000,0:17:35.000 oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson. 0:17:35.000,0:17:39.000 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 0:17:39.000,0:17:42.000 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem, 0:17:42.000,0:17:46.000 een waarin ons begin om ons konsep 0:17:46.000,0:17:48.000 van die rykdom van menslike kapasiteit te hersien. 0:17:48.000,0:17:52.000 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn op die manier 0:17:52.000,0:17:54.000 wat ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit. 0:17:54.000,0:17:57.000 En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie. 0:17:57.000,0:18:00.000 Ons moet die fundamentele beginsels waarmee 0:18:00.000,0:18:02.000 ons ons kinders opvoed heroorweeg. Daar was 0:18:02.000,0:18:06.000 ’n wonderlike aanhaling van Jonas Salk, wat gesê het: "As al die insekte 0:18:06.000,0:18:09.000 van die aarde af sou verdwyn, 0:18:09.000,0:18:12.000 sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf. 0:18:12.000,0:18:15.000 As al die mense van die aarde af sou verdwyn, 0:18:15.000,0:18:19.000 sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer." 0:18:19.000,0:18:21.000 En hy's reg. 0:18:21.000,0:18:24.000 Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin. 0:18:24.000,0:18:28.000 Ons moet nou versigtig wees dat ons dit met wysheid 0:18:28.000,0:18:31.000 gebruik, en dat ons van die senarios vermy 0:18:31.000,0:18:34.000 senarios waaroor ons gepraat het. En die enigste manier 0:18:35.000,0:18:38.000 wat ons dit kan doen is deur ons kreatiewe kapasiteite 0:18:38.000,0:18:40.000 te sien vir die rykdom wat hulle is, en ons kinders 0:18:40.000,0:18:43.000 te sien vir die hoop wat hulle is. En ons opdrag 0:18:43.000,0:18:46.000 is om hul hele wese op te voed, sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan. 0:18:46.000,0:18:49.000 Terloops -- ons sal dalk nie hierdie toekoms sien nie, 0:18:49.000,0:18:52.000 maar hulle sal. En ons plig is om hulle 0:18:52.000,0:18:54.000 te help om iets daarvan te maak. Baie dankie.