0:00:00.430,0:00:02.430 Ek was net 4 jaar oud 0:00:02.430,0:00:05.400 toe ek my ma ’n wasmasjien sien laai 0:00:05.400,0:00:08.000 vir die eerste keer in haar lewe. 0:00:08.000,0:00:10.680 Dit was ’n wonderlike dag vir haar. 0:00:10.680,0:00:13.330 My ouers het jare lank gespaar 0:00:13.330,0:00:15.440 om die masjien te kon koop. 0:00:15.440,0:00:17.810 Op die eerste dag wat ons dit sou gebruik, 0:00:17.810,0:00:19.640 is selfs Ouma genooi 0:00:19.640,0:00:21.970 om die masjien te sien. 0:00:21.970,0:00:24.340 En Ouma was nog meer opgewonde. 0:00:24.340,0:00:26.000 Regdeur haar lewe 0:00:26.000,0:00:28.600 het sy water oor die vuur warm gemaak 0:00:28.600,0:00:31.170 en wasgoed met die hand gewas 0:00:31.170,0:00:32.860 vir sewe kinders. 0:00:32.860,0:00:35.640 En nou gaan sy sien hoe 0:00:35.640,0:00:38.380 elektrisiteit die werk doen. 0:00:38.380,0:00:42.770 My ma maak die deur versigtig oop 0:00:42.770,0:00:44.850 en sy laai die wasgoed 0:00:44.850,0:00:47.140 in die masjien, 0:00:47.140,0:00:48.300 só... 0:00:48.300,0:00:50.500 En toe sy die deur toemaak, 0:00:50.500,0:00:52.280 sê Ouma, "Nee, nee, nee. 0:00:52.280,0:00:55.780 Laat ek die knoppie druk." 0:00:56.540,0:00:59.130 En Ouma druk die knoppie 0:00:59.130,0:01:01.720 en sy sê, "O, fantasties! 0:01:01.720,0:01:04.000 Ek wil sien! Gee vir my ’n stoel! 0:01:04.000,0:01:05.500 Ek wil sien!" 0:01:05.500,0:01:08.000 En sy sit voor die masjien, 0:01:08.000,0:01:12.000 en sy kyk die hele wasprogram. 0:01:12.000,0:01:14.210 Sy was betower. 0:01:14.620,0:01:16.860 Vir my ouma, 0:01:16.860,0:01:20.000 was die wasmasjien ’n wonderwerk. 0:01:20.000,0:01:23.500 Vandag, in Swede en ander welaf lande, 0:01:23.500,0:01:25.000 gebruik mense 0:01:25.000,0:01:27.280 baie verskillende masjiene. 0:01:27.280,0:01:29.000 Kyk, die huise is vol masjiene. 0:01:29.000,0:01:31.650 Ek kan nie eens almal opnoem nie. 0:01:31.650,0:01:35.040 En ook, wanneer hulle wil reis, 0:01:35.040,0:01:37.000 gebruik hulle vlieënde masjiene 0:01:37.000,0:01:39.840 wat hulle na afgeleë bestemmings neem. 0:01:39.840,0:01:42.240 En tog is daar so baie mense 0:01:42.240,0:01:44.770 wat steeds hulle water op ’n vuur verhit, 0:01:44.770,0:01:47.000 en hul kos oor vuur kook. 0:01:47.000,0:01:49.980 Soms het hulle nie eens genoeg kos nie. 0:01:49.980,0:01:52.000 En hulle lewe onder die broodlyn. 0:01:52.000,0:01:55.000 Daar is twee miljard medemense 0:01:55.000,0:01:57.400 wat op minder as $2 ’n dag leef. 0:01:58.070,0:01:59.930 En die rykste mense daar -- 0:01:59.930,0:02:01.290 daar's een miljard mense -- 0:02:01.290,0:02:05.420 hulle leef bo, wat ek die "luglyn" noem, 0:02:05.420,0:02:09.460 omdat hulle meer as $80 ’n dag spandeer 0:02:09.460,0:02:10.730 op hulle verbruik. 0:02:11.040,0:02:13.780 Maar dis slegs drie miljard mense, 0:02:13.780,0:02:16.000 terwyl daar sewe miljard mense [br]in die wêreld is, 0:02:16.000,0:02:19.920 so daar moet vier miljard mense wees, 0:02:19.920,0:02:23.150 wat tussen armoede en die luglyn leef. 0:02:23.150,0:02:26.000 Hulle het elektrisiteit,[br]maar die vraag is: 0:02:26.000,0:02:28.000 Hoeveel het wasmasjiene? 0:02:28.620,0:02:31.450 Ek't die data ondersoek, 0:02:31.450,0:02:33.320 en gevind, inderdaad, 0:02:33.320,0:02:36.770 dat die wasmasjien [br]tot onder die luglyn deurgedring het, 0:02:36.770,0:02:39.470 en vandag is daar [br]’n addisionele een miljard mense 0:02:39.470,0:02:42.430 wat bo die "wasgoedlyn" leef. 0:02:42.690,0:02:44.000 (Gelag) 0:02:44.810,0:02:48.350 Hulle verbruik meer as $40 per dag. 0:02:48.350,0:02:51.000 So twee miljard [br]het toegang tot wasmasjiene. 0:02:51.040,0:02:54.210 En die oorblywende vyf miljard, 0:02:54.210,0:02:55.490 hoe was hulle? 0:02:55.490,0:02:57.000 Of, meer presies, 0:02:57.000,0:03:00.610 hoe was die meeste vroue in die wêreld? 0:03:00.610,0:03:04.470 Want dit bly harde werk [br]vir vroue om te was. 0:03:04.470,0:03:06.550 Hulle was só: met die hand. 0:03:07.550,0:03:11.880 Dis ’n harde, tydrowende arbeid, 0:03:11.880,0:03:15.040 wat hulle vir ure elke week moet doen. 0:03:15.040,0:03:18.310 En soms moet hulle ook [br]water van vêr af bring 0:03:18.310,0:03:19.660 om tuis te was, 0:03:19.660,0:03:23.000 of hulle moet die wasgoed [br]na ’n stroompie vêr weg vat. 0:03:23.000,0:03:26.000 En hulle wil ’n wasmasjien hê. 0:03:26.000,0:03:29.820 Hulle wil nie so baie [br]van hulle lewe spandeer 0:03:29.820,0:03:31.080 om harde werk te doen 0:03:31.080,0:03:34.150 wat relatiewe lae produktiwiteit het nie. 0:03:34.150,0:03:36.430 En daar's niks anders aan hulle wens 0:03:36.430,0:03:38.190 as die van my ouma nie. 0:03:38.190,0:03:40.490 Kyk, twee generasies terug in Swede -- 0:03:40.490,0:03:42.480 skep water by die stroom, 0:03:42.480,0:03:45.290 op die vuur verhit en was soos dit. 0:03:45.290,0:03:48.000 Hulle wil die wasmasjien hê [br]op presies dieselfde manier. 0:03:48.000,0:03:51.640 Maar wanneer ek ’n lesing aanbied [br]vir omgewingbewuste studente 0:03:51.640,0:03:56.070 sê hulle: "Nie almal in die wêreld [br]kan karre en wasmasjiene hê nie." 0:03:56.670,0:03:58.040 Hoe kan ons dié vrou vertel 0:03:58.040,0:04:00.000 dat sy nie ’n wasmasjien gaan hê nie? 0:04:00.540,0:04:02.290 En dan vra ek my studente, 0:04:02.290,0:04:04.000 oor die laaste twee jaar: 0:04:04.000,0:04:06.000 "Hoeveel van julle [br]gebruik nie ’n kar nie?" 0:04:06.000,0:04:08.640 En somige steek hulle hande trots op 0:04:08.640,0:04:10.520 en sê, "Ek gebruik nie ’n kar nie." 0:04:10.520,0:04:12.890 En dan vra ek die regtig moeilike vraag: 0:04:12.890,0:04:14.000 "Hoeveel van julle 0:04:14.000,0:04:17.010 was julle jeans en beddegoed per hand?" 0:04:17.010,0:04:20.100 En niemand steek hulle hand op nie. 0:04:20.100,0:04:23.220 Selfs die gehardes in die groenbeweging 0:04:23.220,0:04:24.790 gebruik wasmasjiene. 0:04:24.790,0:04:26.960 (Gelag) 0:04:28.000,0:04:32.090 So hoekom gebruik almal dit[br]en hulle dink ander sal dit nie stop nie? 0:04:32.090,0:04:33.450 Wat is so spesiaal? 0:04:33.450,0:04:36.760 Ek moes ’n analise doen [br]oor energieverbruik in die wêreld. 0:04:36.760,0:04:37.590 Hier. 0:04:38.140,0:04:40.000 Julle sien die sewe miljard mense bo: 0:04:40.000,0:04:42.420 die lugmense, die wasmense, 0:04:42.420,0:04:45.000 die gloeilampmense en die vuurmense. 0:04:45.290,0:04:47.000 Een eenheid soos dié 0:04:47.000,0:04:50.840 is ’n fossielbrandstof-eenheid: 0:04:50.840,0:04:52.650 olie, steenkool of gas. 0:04:52.650,0:04:55.720 Dis meeste van die [br]elektrisiteit en energie in die wêreld. 0:04:56.000,0:04:59.000 Dis 12 eenhede verbruik in die hele wêreld, 0:04:59.000,0:05:02.310 en die rykste een miljard [br]gebruik ses daarvan. 0:05:02.310,0:05:05.720 Helfte van die energie word verbruik [br]deur ’n sewende van die bevolking. 0:05:05.720,0:05:07.890 En dié wat wasmasjiene het, 0:05:07.890,0:05:09.880 maar nie ’n huis vol ander masjiene nie, 0:05:09.880,0:05:11.840 hulle gebruik twee. 0:05:11.840,0:05:14.640 Hierdie groep gebruik drie, een elk. 0:05:14.640,0:05:16.100 Hulle't ook elektrisiteit. 0:05:16.100,0:05:18.300 Daar gebruik hulle [br]nie eens een elk nie. 0:05:18.300,0:05:20.000 Dit maak 12 van hulle. 0:05:20.000,0:05:22.000 Maar die hoof bekommernis 0:05:22.000,0:05:25.550 vir die omgewing-belangstellende studente [br]-- en hulle is reg -- 0:05:25.550,0:05:28.070 is oor die toekoms. 0:05:28.070,0:05:30.580 Wat is die tendense? [br]As hulle net verleng, 0:05:30.580,0:05:33.940 sonder enige gevorderde analise, tot 2050, 0:05:33.940,0:05:37.150 is daar twee dinge [br]wat energieverbruik kan verhoog. 0:05:37.150,0:05:38.760 Eerste, bevolkingsgroei. 0:05:38.760,0:05:40.710 Tweede, ekonomiese groei. 0:05:40.710,0:05:44.150 Bevolkingsgroei sal hoofsaaklik [br]onder die armste mense plaasvind, 0:05:44.150,0:05:45.970 want hulle ervaar hoë kindersterftes 0:05:45.970,0:05:47.800 en hulle het baie kinders per vrou. 0:05:47.800,0:05:49.050 Met dit kom twee ekstra, 0:05:49.050,0:05:51.720 maar energieverbruik sal nie [br]baie verander nie. 0:05:51.720,0:05:54.000 Wat sal gebeur is ekonomiese groei. 0:05:54.000,0:05:56.920 Die mees welaf hier [br]in die opkomende ekonomieë -- 0:05:56.920,0:05:58.610 ek noem hulle die Nuwe Ooste -- 0:05:58.610,0:06:00.460 hulle sal oor die luglyn spring. 0:06:00.460,0:06:01.720 "Whap!" sê hulle. 0:06:01.720,0:06:06.200 En hulle sal begin om so baie te gebruik [br]soos die Ou Weste reeds gebruik. 0:06:06.710,0:06:08.720 En dié mense, hulle wil ’n wasmasjien hê. 0:06:08.720,0:06:10.340 Soos ek gesê het: daar gaan hulle. 0:06:10.340,0:06:12.180 Hulle energieverbruik sal verdubbel. 0:06:12.180,0:06:14.920 En ons hoop dat die arm mense [br]elektriese lig sal kry. 0:06:14.920,0:06:17.990 Hulle kry twee-kind-families [br]sonder ’n stop in bevolkingsgroei. 0:06:17.990,0:06:20.130 Maar die totale energieverbruik 0:06:20.130,0:06:21.970 sal verhoog tot 22 eenhede. 0:06:21.970,0:06:24.830 En dié 22 eenhede -- 0:06:24.830,0:06:27.630 steeds gebruik die rykstes die meeste. 0:06:28.940,0:06:30.400 So wat moet gedoen word? 0:06:30.400,0:06:32.220 Omdat die risiko, 0:06:32.220,0:06:35.600 die hoë waarskynlikheid [br]van klimaatsverandering, 0:06:35.600,0:06:37.000 ’n werklikheid is. 0:06:37.000,0:06:40.000 Natuurlik moet hulle [br]meer energiedoeltreffend wees. 0:06:40.610,0:06:42.760 Hulle moet gedrag verander op ’n manier. 0:06:42.760,0:06:45.180 Hulle moet ook begin [br]groen energie produseer, 0:06:45.180,0:06:46.400 baie meer groen energie. 0:06:46.400,0:06:49.830 Maar tot hulle dieselfde [br]energieverbruik per persoon het, 0:06:49.830,0:06:51.720 moet hulle nie raad gee aan ander -- 0:06:51.720,0:06:53.970 wat om te doen of nie te doen nie. 0:06:53.970,0:06:55.000 (Applous) 0:06:55.510,0:07:00.290 Hier kan ons [br]meer groen energie kry van orals. 0:07:00.290,0:07:01.950 Dis wat ons hoop mag gebeur. 0:07:01.950,0:07:04.480 Dis ’n werklike toekomsuitdaging. 0:07:04.480,0:07:07.970 Maar ek verseker julle dat hierdie vrou [br]in die favela in Rio: 0:07:07.970,0:07:09.740 sy wil ’n wasmasjien hê. 0:07:09.740,0:07:12.220 Sy's baie gelukkig [br]met haar minister van energie 0:07:12.220,0:07:14.350 wat elektrisiteit vir almal verskaf het -- 0:07:14.350,0:07:17.880 so gelukkig dat sy vir haar gestem het. 0:07:17.880,0:07:19.750 En sy word Dilma Rousseff, 0:07:19.750,0:07:21.190 die pas gekose president 0:07:21.190,0:07:23.950 van een van die [br]grootste demokrasieë in die wêreld -- 0:07:23.950,0:07:27.080 van minister van energie tot president. 0:07:27.080,0:07:28.750 As jy ’n demokrasie het, 0:07:28.750,0:07:31.320 sal mense stem vir wasmasjiene. 0:07:31.320,0:07:32.410 Hulle's mal oor hulle. 0:07:34.000,0:07:36.000 En wat is die wonder hiervan? 0:07:36.000,0:07:39.460 My ma't die wonder [br]van die masjien verduidelik 0:07:39.460,0:07:41.820 die heel, heel eerste dag. 0:07:41.820,0:07:44.380 Sy't gesê, "Nou Hans, 0:07:44.380,0:07:45.920 ons het die wasgoed gelaai. 0:07:45.920,0:07:47.690 Die masjien sal die werk doen. 0:07:47.690,0:07:50.170 En nou kan ons biblioteek toe gaan." 0:07:50.170,0:07:51.790 Want dis die wonder: 0:07:51.790,0:07:53.340 jy doen die wasgoed, 0:07:53.340,0:07:55.460 en wat kry jy uit die masjien? 0:07:55.460,0:07:58.770 Jy kry boeke uit die masjien, 0:07:58.770,0:08:00.000 kinderboeke. 0:08:00.000,0:08:02.490 My ma't tyd gehad om vir my te lees. 0:08:02.490,0:08:04.910 Sy was mal daaroor. Ek kry die "ABC's." 0:08:04.910,0:08:07.410 Dis waar my beroep as professor begin het, 0:08:07.410,0:08:09.670 toe my ma tyd gehad het om vir my te lees. 0:08:09.670,0:08:11.320 Sy't ook boeke vir haarself gekry. 0:08:11.320,0:08:13.340 Sy't dit reggekry om Engels te studeer 0:08:13.340,0:08:15.150 en dit te leer as ’n vreemde taal. 0:08:15.150,0:08:17.460 En sy lees soveel romans, 0:08:17.460,0:08:20.000 so baie verskillendes. 0:08:20.000,0:08:24.310 En ons hou baie, baie van die masjien. 0:08:24.950,0:08:27.440 En wat my ma en ek gesê het, is: 0:08:27.440,0:08:30.350 "Dankie, industrialisasie. 0:08:30.350,0:08:32.360 Dankie, staalplettery. 0:08:32.360,0:08:34.310 Dankie, kragstasie. 0:08:34.310,0:08:37.000 En dankie, chemiese industrie 0:08:37.000,0:08:39.270 wat ons tyd gegee het om boeke te lees." 0:08:39.270,0:08:41.240 Baie dankie. 0:08:41.240,0:08:43.920 (Applous)