1 00:00:00,000 --> 00:00:02,700 (Applous) 2 00:00:06,400 --> 00:00:11,000 Vigs is in 1981 ontdek; die virus -- 1983. 3 00:00:11,000 --> 00:00:13,370 Hierdie Gapminder borrels wys 4 00:00:13,370 --> 00:00:17,460 hoe die virus in 1983 wêreldwyd versprei was, 5 00:00:17,460 --> 00:00:19,670 of hoe ons benader dit was. 6 00:00:19,670 --> 00:00:21,990 Wat ons hier wys is -- 7 00:00:21,990 --> 00:00:28,660 op dié as dui ek die persentasie besmette volwassenes aan. 8 00:00:28,660 --> 00:00:33,510 En hier, inkomste in dollar per persoon. 9 00:00:33,510 --> 00:00:37,000 En die grootte van die borrels hier 10 00:00:37,000 --> 00:00:40,000 wys hoeveel besmet is in elke land, 11 00:00:40,000 --> 00:00:42,300 en die kleur is die vasteland. 12 00:00:42,300 --> 00:00:44,860 Julle kan sien die VSA het, in 1983, 13 00:00:44,860 --> 00:00:47,300 ’n baie lae persentasie infeksies gehad, 14 00:00:47,300 --> 00:00:51,130 maar a.g.v. die groot bevolking, is dit steeds ’n wesenlike borrel. 15 00:00:51,130 --> 00:00:54,000 Nogal heelwat mense was besmet in die VSA. 16 00:00:54,000 --> 00:00:56,000 En, hier bo, sien julle Uganda. 17 00:00:56,000 --> 00:00:59,000 Hulle't amper vyf persent gehad, 18 00:00:59,000 --> 00:01:03,000 en nogal ’n groot borrel, al was dit toe nog ’n klein land. 19 00:01:03,000 --> 00:01:07,300 En hulle was waarskynlik die mees besmette land ter wêreld. 20 00:01:07,300 --> 00:01:09,000 Nou, wat het gebeur? 21 00:01:09,000 --> 00:01:11,210 Nou dat julle die grafiek verstaan, 22 00:01:11,210 --> 00:01:14,000 en nou, in die volgende 60 sekondes, 23 00:01:14,000 --> 00:01:17,000 sal ons die MIV-epidemie oor die wêreld afspeel. 24 00:01:17,000 --> 00:01:21,000 Maar eers, het ek ’n nuwe uitvinding hier. 25 00:01:22,000 --> 00:01:25,000 (Gelag) 26 00:01:27,000 --> 00:01:31,920 Ek het die straal van die laserwyser gesoliedifiseer. 27 00:01:31,920 --> 00:01:34,000 (Gelag) 28 00:01:34,000 --> 00:01:37,000 (Applous) 29 00:01:41,030 --> 00:01:44,000 So, op julle merke, gereed, weg! 30 00:01:44,000 --> 00:01:48,300 Eerste, het ons die vinnige styging in Uganda en Zimbabwe. 31 00:01:48,300 --> 00:01:50,340 Hulle't opgegaan soos dit. 32 00:01:50,340 --> 00:01:54,000 In Asië, was Thailand die eerste erg besmette land. 33 00:01:54,000 --> 00:01:56,000 Hulle't een tot twee persent bereik. 34 00:01:56,000 --> 00:01:58,000 Toe het Uganda begin terugdraai, 35 00:01:58,000 --> 00:02:00,000 terwyl Zimbabwe uitgeskiet het, 36 00:02:00,000 --> 00:02:04,630 en so paar jaar later het Suid-Afrika ’n vreeslike styging in MIV-frekwensie. 37 00:02:04,630 --> 00:02:06,580 Kyk, Indië het baie besmet gehad, 38 00:02:06,580 --> 00:02:08,610 maar met ’n lae vlak. 39 00:02:08,610 --> 00:02:10,880 En omtrent dieselfde gebeur hier. 40 00:02:10,880 --> 00:02:13,640 Sien, Uganda kom af, Zimbabwe kom af, 41 00:02:13,640 --> 00:02:15,340 Rusland gaan tot by een persent. 42 00:02:15,340 --> 00:02:18,000 In die laaste twee tot drie jaar, 43 00:02:18,000 --> 00:02:23,310 het ons ’n bestendige toestand in die wêreld se MIV-epidemie bereik. 44 00:02:23,310 --> 00:02:25,000 Dit het 25 jaar geneem. 45 00:02:25,000 --> 00:02:28,570 Maar, bestendigheid beteken nie dat dinge beter word nie, 46 00:02:28,570 --> 00:02:31,290 dit het net ophou erger word. 47 00:02:31,290 --> 00:02:35,000 Die bestendige toestand is, min of meer, 48 00:02:35,000 --> 00:02:39,370 een persent van die volwasse wêreldbevolking wat MIV-besmet is. 49 00:02:39,370 --> 00:02:42,000 Dit beteken 30 tot 40 miljoen mense, 50 00:02:42,000 --> 00:02:44,200 die hele Kalifornië, elke persoon, 51 00:02:44,200 --> 00:02:47,090 is min of meer wat ons het in die wêreld vandag. 52 00:02:47,090 --> 00:02:51,360 Laat ek Botswana weer ’n keer vinnig deurspeel. 53 00:02:51,360 --> 00:02:55,000 Botswana -- hoër-middelinkomste land in suider-Afrika, 54 00:02:55,000 --> 00:02:58,330 demokratiese regering, goeie ekonomie, 55 00:02:58,330 --> 00:03:00,000 en dis wat daar gebeur het. 56 00:03:00,000 --> 00:03:02,360 Hulle't laag begin, toe uitgeskiet, 57 00:03:02,360 --> 00:03:05,000 hulle't daar bo gepiek in 2003, 58 00:03:05,000 --> 00:03:06,490 en nou is hulle af. 59 00:03:06,490 --> 00:03:08,850 Maar hulle val net stadig-stadig, 60 00:03:08,850 --> 00:03:11,820 want in Botswana, met ’n goeie ekonomie en regering, 61 00:03:11,820 --> 00:03:14,390 kan hulle dit bybring om mense te behandel. 62 00:03:14,390 --> 00:03:17,620 En as besmette mense behandel word, sterf hulle nie aan vigs nie. 63 00:03:17,620 --> 00:03:20,000 Hierdie persentasies sal nie daal nie, 64 00:03:20,000 --> 00:03:22,960 want mense kan oorleef vir 10 tot 20 jaar. 65 00:03:22,960 --> 00:03:25,640 So daar's nou ’n probleem met hierdie maatstawwe. 66 00:03:25,640 --> 00:03:30,040 Maar die armer lande in Afrika, die lae-inkomste lande hier onder, 67 00:03:30,040 --> 00:03:35,310 daar val die infeksiekoers vinniger, 68 00:03:35,310 --> 00:03:37,000 want mense sterf steeds. 69 00:03:37,000 --> 00:03:40,780 Ten spyte van die vrygewige PEPFAR, 70 00:03:40,780 --> 00:03:43,000 word almal nie deur behandeling bereik nie, 71 00:03:43,000 --> 00:03:45,490 en van dié wat wel bereik word in die arm lande, 72 00:03:45,490 --> 00:03:49,150 ontvang slegs 60 persent ná twee jaar steeds behandeling. 73 00:03:49,150 --> 00:03:52,310 Lewenslange behandeling is nie realisties 74 00:03:52,310 --> 00:03:54,230 vir almal in die armste lande nie. 75 00:03:54,230 --> 00:03:57,680 Maar dis baie goed dat wat gedoen word, wel gedoen word. 76 00:03:57,680 --> 00:04:01,990 Maar die fokus is nou terug op voorkoming. 77 00:04:01,990 --> 00:04:04,760 Slegs deur oordrag stop te sit 78 00:04:04,760 --> 00:04:06,760 sal die wêreld dit kan baasraak. 79 00:04:06,760 --> 00:04:09,000 Medisyne is te duur -- met die entstof, 80 00:04:09,000 --> 00:04:12,000 of wanneer ons dit kry, dis iets meer effektief -- 81 00:04:12,000 --> 00:04:14,000 maar die medisyne is baie duur vir armes. 82 00:04:14,000 --> 00:04:16,510 Nie die medisyne self nie, maar die behandeling 83 00:04:16,510 --> 00:04:18,590 en die sorg wat daar rondom nodig is. 84 00:04:18,590 --> 00:04:23,000 So, as ons na die patroon kyk, 85 00:04:23,000 --> 00:04:25,360 kom een ding duidelik na vore: 86 00:04:25,360 --> 00:04:27,000 julle sien die blou borrels 87 00:04:27,000 --> 00:04:29,270 en mense sê MIV is baie hoog in Afrika. 88 00:04:29,270 --> 00:04:33,360 Ek sou sê, MIV is baie ánders in Afrika. 89 00:04:33,360 --> 00:04:36,800 ’n Mens sal die hoogste MIV-koers ter wêreld 90 00:04:36,800 --> 00:04:38,150 in Afrikalande kry, 91 00:04:38,150 --> 00:04:40,740 en tog het Senegal, hier onder, 92 00:04:40,740 --> 00:04:42,810 dieselfde koers as die VSA. 93 00:04:42,810 --> 00:04:44,000 En julle sal Madagaskar kry, 94 00:04:44,000 --> 00:04:46,000 en baie Afrikalande kry 95 00:04:46,000 --> 00:04:49,000 wat omtrent so laag is soos die res van die wêreld. 96 00:04:49,000 --> 00:04:53,000 Dis hierdie vreeslike vereenvoudiging dat daar een Afrika is, 97 00:04:53,000 --> 00:04:55,670 en dat dinge op een manier werk in Afrika. 98 00:04:55,670 --> 00:04:57,050 Ons moet ophou daarmee. 99 00:04:57,050 --> 00:05:00,000 Dis nie respekvol nie, en dis nie baie slim 100 00:05:00,000 --> 00:05:02,000 om so te dink nie. 101 00:05:02,000 --> 00:05:04,690 (Applous) 102 00:05:06,000 --> 00:05:09,460 Ek was bevooreg om vir ’n ruk in die VSA te woon en werk. 103 00:05:09,460 --> 00:05:13,000 Ek het agtergekom dat Salt Lake City en San Francisco baie verskillend is. 104 00:05:13,000 --> 00:05:15,000 (Gelag) 105 00:05:15,650 --> 00:05:18,320 En so is dit in Afrika -- daar's baie verskille. 106 00:05:18,320 --> 00:05:20,520 So, hoekom is dit so hoog? Is dit oorlog? 107 00:05:20,520 --> 00:05:22,610 Nee, dis nie. Kyk hier. 108 00:05:22,610 --> 00:05:26,130 Die oorloggeteisterde Kongo is hier onder -- twee, drie, vier persent. 109 00:05:26,130 --> 00:05:29,720 En hierdie is vreedsame Zambië, naburige land -- 15 persent. 110 00:05:29,720 --> 00:05:32,600 Daar's goeie studies van die vlugtelinge uit die Kongo -- 111 00:05:32,600 --> 00:05:34,490 twee, drie persent is besmet, 112 00:05:34,490 --> 00:05:36,640 en vreedsame Zambië -- baie hoër. 113 00:05:36,640 --> 00:05:38,610 Daar's nou studies wat duidelik aandui 114 00:05:38,610 --> 00:05:41,540 dat die oorloë aaklig is, dat verkragtings aaklig is, 115 00:05:41,540 --> 00:05:44,890 maar dis nie die dryfkrag vir die hoë vlakke in Afrika nie. 116 00:05:44,890 --> 00:05:47,150 So, is dit armoede? 117 00:05:47,150 --> 00:05:49,010 Wel, as ’n mens kyk op die makrovlak, 118 00:05:49,010 --> 00:05:52,180 blyk dit meer geld, meer MIV. 119 00:05:52,180 --> 00:05:53,640 Maar dis baie simplisties, 120 00:05:53,640 --> 00:05:56,210 so kom ons gaan af en kyk na Tanzanië. 121 00:05:56,210 --> 00:05:59,420 Ek deel Tanzanië in vyf inkomstegroepe op, 122 00:05:59,420 --> 00:06:01,540 van die hoogste na die laagste inkomste, 123 00:06:01,540 --> 00:06:03,000 en hier gaan ons. 124 00:06:03,000 --> 00:06:06,320 Dié met die hoogste inkomste, ek sou wel nie sê ryk nie, 125 00:06:06,320 --> 00:06:08,000 hulle't hoër MIV. 126 00:06:08,000 --> 00:06:11,000 Die verskil gaan van 11 persent af tot by vier persent, 127 00:06:11,000 --> 00:06:13,480 en dis selfs groter onder vroue. 128 00:06:13,480 --> 00:06:17,000 Daar's baie dinge wat ons gedink het wat nou, deur navorsing, 129 00:06:17,000 --> 00:06:20,000 van Afrika-instansies en -navorsers 130 00:06:20,000 --> 00:06:23,590 saam met internasionale navorsers, wys dat dit nie die geval is nie. 131 00:06:23,590 --> 00:06:25,580 Dis die verskil binne Tanzanië. 132 00:06:25,580 --> 00:06:27,860 En, ek moet Kenia wys. 133 00:06:27,860 --> 00:06:29,000 Kyk hier. 134 00:06:29,000 --> 00:06:31,630 Ek het Kenia in provinsies opgedeel. 135 00:06:31,630 --> 00:06:33,000 Hier gaan dit. 136 00:06:33,000 --> 00:06:36,000 Kyk die verskil binne een Afrikaland -- 137 00:06:36,000 --> 00:06:39,000 dit gaan van ’n baie lae tot by ’n baie hoë vlak, 138 00:06:39,000 --> 00:06:42,430 en die meeste van die provinsies in Kenia is betreklik beskeie. 139 00:06:43,230 --> 00:06:45,240 So, wat is dit dan? 140 00:06:45,240 --> 00:06:48,000 Hoekom sien ons sulke uiters hoë vlakke in sommige lande? 141 00:06:48,000 --> 00:06:51,970 Wel, dis meer algemeen met meer as een seksmaat, 142 00:06:51,970 --> 00:06:54,310 kondoomgebruik is minder algemeen, 143 00:06:54,310 --> 00:06:57,000 en daar is ouderdom-disparate seks -- 144 00:06:57,000 --> 00:07:00,000 dit is, ouer mans is geneig om met jonger vroue seks te hê. 145 00:07:00,000 --> 00:07:03,000 Ons sien ’n hoër koers in jonger vroue as jonger mans 146 00:07:03,000 --> 00:07:05,000 in baie van die erg geaffekteerde lande. 147 00:07:05,000 --> 00:07:07,000 Maar waar is hulle geleë? 148 00:07:07,000 --> 00:07:08,810 Ek sit die borrels op ’n kaart. 149 00:07:09,180 --> 00:07:13,000 Kyk, die hoogs geïnfekteerdes is vier persent van die hele bevolking 150 00:07:13,000 --> 00:07:16,690 en hulle hou 50 persent van die MIV-geïnfekteerdes. 151 00:07:16,690 --> 00:07:19,000 MIV bestaan regoor die wêreld. 152 00:07:19,000 --> 00:07:21,000 Daar's borrels regoor die wêreld hier. 153 00:07:21,800 --> 00:07:24,000 Brasilië het baie MIV-geïnfekteerdes. 154 00:07:24,000 --> 00:07:27,000 Arabiese lande nie so veel nie, maar Iran is nogal hoog. 155 00:07:27,000 --> 00:07:31,000 Hulle het heroïnverslawing en ook prostitusie in Iran. 156 00:07:31,000 --> 00:07:33,000 Indië het baie want daar is baie. 157 00:07:33,000 --> 00:07:34,620 Suid-oos Asië, en so aan. 158 00:07:34,620 --> 00:07:37,000 Maar, daar is een deel van Afrika -- 159 00:07:37,000 --> 00:07:39,560 en die moeilike ding is, terselftertyd, 160 00:07:39,560 --> 00:07:43,000 om nie ’n eenvormige uitspraak oor Afrika te maak nie, 161 00:07:43,000 --> 00:07:47,630 om nie met simpel idees voorendag te kom oor hoekom dit so is, aan die een kant. 162 00:07:47,630 --> 00:07:50,620 Aan die ander kant, om te erken dat dit ’n ernstige geval is, 163 00:07:50,620 --> 00:07:54,270 want daar is nou wetenskaplike konsensus oor hierdie patroon. 164 00:07:54,270 --> 00:07:57,670 VNVIGS het, uiteindelik, goeie data beskikbaar gestel, 165 00:07:57,670 --> 00:08:01,290 oor die verspreiding van MIV. 166 00:08:01,290 --> 00:08:04,150 Dit kan samelopendheid wees. 167 00:08:04,150 --> 00:08:06,670 Dit kan sekere virustipes wees. 168 00:08:06,670 --> 00:08:10,410 Dit kan wees dat daar ander dinge is 169 00:08:10,410 --> 00:08:13,000 wat oordrag teen ’n hoër frekwensie laat voorkom. 170 00:08:13,000 --> 00:08:16,870 As jy immers heeltemal gesond is en jy hê heteroseksuele seks, 171 00:08:16,870 --> 00:08:21,760 is die infeksierisiko tydens een omgang een in ’n 1000. 172 00:08:21,760 --> 00:08:23,590 Moenie oorhaastig raak met 173 00:08:23,590 --> 00:08:25,880 julle gedrag vanaand nie. 174 00:08:25,880 --> 00:08:27,000 (Gelag) 175 00:08:27,000 --> 00:08:30,000 Maar as jy in ’n ongunstige situasie is, 176 00:08:30,000 --> 00:08:33,820 meer seksueeloordraaglike siektes, kan dit een in ’n 100 wees. 177 00:08:33,820 --> 00:08:37,130 Maar wat ons dink dit kan wees, is samelopendheid. 178 00:08:37,130 --> 00:08:38,000 En wat is dit? 179 00:08:38,000 --> 00:08:40,630 In Swede het ons geen samelopendheid nie. 180 00:08:40,630 --> 00:08:42,000 Ons het reeks-monogamie. 181 00:08:42,000 --> 00:08:44,520 Vodka, Oujaarsaand -- ’n nuwe maat vir die lente. 182 00:08:44,520 --> 00:08:46,770 Vodka, Midsomersaand -- ’n nuwe maat vir die herfs. 183 00:08:46,770 --> 00:08:48,890 Vodka -- en so gaan dit aan, julle weet? 184 00:08:48,890 --> 00:08:51,000 En jy versamel ’n groot aantal ekse. 185 00:08:51,000 --> 00:08:54,130 En ons het ’n vreeslike chlamidia-epidemie -- 186 00:08:54,130 --> 00:08:57,000 ’n vreeslike chlamidia-epidemie wat vir baie jare rondhang. 187 00:08:57,000 --> 00:09:00,000 MIV bereik drie tot ses weke na infeksie ’n piek 188 00:09:00,000 --> 00:09:03,400 en dus, is om meer as een seksmaat in een maand te hê 189 00:09:03,400 --> 00:09:06,000 baie meer gevaarlik in MIV-oordrag as met ander infeksies. 190 00:09:06,000 --> 00:09:08,000 Waarskynlik, is dit ’n kombinasie hiervan. 191 00:09:08,000 --> 00:09:11,000 En wat my so gelukkig maak is dat ons nou in die rigting van 192 00:09:11,000 --> 00:09:14,090 feite beweeg wanneer ons hierna kyk. 193 00:09:14,090 --> 00:09:15,840 Julle kry dié grafiek, pasella. 194 00:09:15,840 --> 00:09:18,820 Ons't VNVIGS data op Gapminder.org opgelaai. 195 00:09:18,820 --> 00:09:22,790 En ons hoop dat wanneer ons in die toekoms op globale probleme reageer 196 00:09:22,790 --> 00:09:25,000 ons nie net die hart sal hê nie, 197 00:09:25,000 --> 00:09:28,150 nie net die geld sal hê nie, 198 00:09:28,150 --> 00:09:30,370 maar dat ons ook die brein sal inspan. 199 00:09:30,370 --> 00:09:32,000 Baie dankie. 200 00:09:32,000 --> 00:09:35,140 (Applous)