WEBVTT 00:00:00.000 --> 00:00:05.000 (Applous) 00:00:06.000 --> 00:00:11.000 Vigs is in 1981 ontdek, die virus -- 1983. 00:00:11.000 --> 00:00:13.000 Hierdie Gapminder borrels wys 00:00:13.000 --> 00:00:17.000 hoe die virus in 1983 wêreldwyd versprei was, 00:00:17.000 --> 00:00:19.000 of hoe ons benader dit was. 00:00:19.000 --> 00:00:21.000 Wat ons hier wys is -- 00:00:21.000 --> 00:00:28.000 op hierdie as dui ek die persentasie geïnfekteerde volwassenes aan. 00:00:28.000 --> 00:00:33.000 En op hierdie as, dui ek inkomste aan in dollar per persoon. 00:00:33.000 --> 00:00:37.000 En die grootte van die borrels, die grootte van die borrels hier, 00:00:37.000 --> 00:00:40.000 wys hoeveel geïnfekteer is in elke land, 00:00:40.000 --> 00:00:42.000 en die kleur is die vasteland. NOTE Paragraph 00:00:42.000 --> 00:00:44.000 Nou, julle kan sien die VSA het, in 1983, 00:00:44.000 --> 00:00:47.000 ’n baie lae infeksiepersentasie gehad, 00:00:47.000 --> 00:00:51.000 maar a.g.v. die groot bevolking, is dit steeds ’n wesenlike borrel. 00:00:51.000 --> 00:00:54.000 Daar was nogal heelwat mense geïnfekteer in die VSA. 00:00:54.000 --> 00:00:56.000 En, hier bo, sien julle Uganda. 00:00:56.000 --> 00:00:59.000 Hulle het amper vyf persent geïnfekteer gehad, 00:00:59.000 --> 00:01:02.000 en nogal ’n groot borrel, ten spyte daarvan dat dit toe ’n klein land was. 00:01:02.000 --> 00:01:07.000 En hulle was waarskynlik die mees geïnfekteerde land ter wêreld. 00:01:07.000 --> 00:01:09.000 Nou, wat het gebeur? 00:01:09.000 --> 00:01:11.000 Nou dat julle die grafiek verstaan, 00:01:11.000 --> 00:01:14.000 en nou, in die volgende 60 sekondes, 00:01:14.000 --> 00:01:17.000 sal ons die MIV-epidemie oor die wêreld afspeel. NOTE Paragraph 00:01:17.000 --> 00:01:20.000 Maar eers, het ek ’n nuwe uitvinding hier. 00:01:22.000 --> 00:01:25.000 (Gelag) 00:01:27.000 --> 00:01:31.000 Ek het die straal van die laserwyser gesoliedifiseer. NOTE Paragraph 00:01:31.000 --> 00:01:34.000 (Gelag) NOTE Paragraph 00:01:34.000 --> 00:01:37.000 (Applous) NOTE Paragraph 00:01:40.000 --> 00:01:44.000 So, op julle merke, gereed, weg! 00:01:44.000 --> 00:01:48.000 Eerste, het ons die vinnige styging in Uganda en Zimbabwe. 00:01:48.000 --> 00:01:50.000 Hulle het opgegaan soos dit. 00:01:50.000 --> 00:01:54.000 In Asië, was Thailand die eerste erg geïnfekteerde land. 00:01:54.000 --> 00:01:56.000 Hulle het een tot twee persent bereik. 00:01:56.000 --> 00:01:58.000 Toe het Uganda begin terugdraai, 00:01:58.000 --> 00:02:00.000 terwyl Zimbabwe uitgeskiet het, 00:02:00.000 --> 00:02:04.000 en so paar jaar later het Suid-Afrika ’n vreeslike styging in MIV-frekwensie gehad. 00:02:04.000 --> 00:02:06.000 Kyk, Indië het baie geïnfekteer gehad, 00:02:06.000 --> 00:02:08.000 maar met ’n lae vlak. 00:02:08.000 --> 00:02:10.000 En omtrent dieselfde gebeur hier. 00:02:10.000 --> 00:02:13.000 Sien, Uganda kom af, Zimbabwe kom af, 00:02:13.000 --> 00:02:15.000 Rusland het tot by een persent gegaan. NOTE Paragraph 00:02:15.000 --> 00:02:18.000 In die laaste twee tot drie jaar, 00:02:18.000 --> 00:02:22.000 het ons ’n bestendige toestand in die wêreld se MIV-epidemie bereik. 00:02:22.000 --> 00:02:25.000 Dit het 25 jaar geneem. 00:02:25.000 --> 00:02:28.000 Maar, bestendigheid beteken nie dat dinge beter word nie, 00:02:28.000 --> 00:02:31.000 dis net dat dit ophou erger word het. 00:02:31.000 --> 00:02:35.000 En dit het -- die bestendige toestand is, min of meer, 00:02:35.000 --> 00:02:39.000 een persent van die volwasse wêreldbevolking wat MIV-geïnfekteerd is. 00:02:39.000 --> 00:02:42.000 Dit beteken 30 tot 40 miljoen mense, 00:02:42.000 --> 00:02:44.000 die hele Kalifornië, elke persoon, 00:02:44.000 --> 00:02:46.000 dis min of meer wat ons het in die wêreld vandag. NOTE Paragraph 00:02:46.000 --> 00:02:51.000 Nou, laat ek Botswana weer ’n keer vinnig deurspeel. 00:02:51.000 --> 00:02:55.000 Botswana -- hoër-middelinkomste land in suider-Afrika, 00:02:55.000 --> 00:02:58.000 demokratiese regering, goeie ekonomie, 00:02:58.000 --> 00:03:00.000 en dis wat daar gebeur het. 00:03:00.000 --> 00:03:02.000 Hulle't laag begin, toe uitgeskiet, 00:03:02.000 --> 00:03:05.000 hulle't daar bo gepiek in 2003, 00:03:05.000 --> 00:03:07.000 en nou is hulle af. 00:03:07.000 --> 00:03:09.000 Maar hulle val net stadig-stadig, 00:03:09.000 --> 00:03:11.000 want in Botswana, met ’n goeie ekonomie en regering, 00:03:11.000 --> 00:03:14.000 kan hulle dit bybring om mense te behandel. 00:03:14.000 --> 00:03:17.000 En as mense wat geïnfekteer is behandel word, sterf hulle nie aan vigs nie. 00:03:17.000 --> 00:03:20.000 Hierdie persentasies sal nie daal nie 00:03:20.000 --> 00:03:22.000 want mense kan oorleef vir 10 tot 20 jaar. 00:03:22.000 --> 00:03:25.000 So daar's nou ’n probleem met hierdie maatstawwe. 00:03:25.000 --> 00:03:29.000 Maar die armer lande in Afrika, die lae-inkomste lande hier onder, 00:03:29.000 --> 00:03:35.000 daar val die infeksiekoers vinniger, 00:03:35.000 --> 00:03:37.000 want mense sterf steeds. 00:03:37.000 --> 00:03:40.000 Ten spyte van PEPFAR, die vrygewige PEPFAR, 00:03:40.000 --> 00:03:43.000 word alle mense nie deur behandeling bereik nie, 00:03:43.000 --> 00:03:45.000 en van dié wat deur behandeling bereik word in die arm lande, 00:03:45.000 --> 00:03:48.000 ontvang slegs 60 persent ná twee jaar steeds behandeling. 00:03:48.000 --> 00:03:52.000 Lewenslange behandeling is nie realisties 00:03:52.000 --> 00:03:54.000 vir almal in die armste lande nie. 00:03:54.000 --> 00:03:57.000 Maar dis baie goed dat wat gedoen word, wel gedoen word. NOTE Paragraph 00:03:57.000 --> 00:04:01.000 Maar die fokus is nou terug op voorkoming. 00:04:01.000 --> 00:04:04.000 Slegs deur oordrag stop te sit 00:04:04.000 --> 00:04:07.000 sal die wêreld dit kan baasraak. 00:04:07.000 --> 00:04:09.000 Medisyne is te duur -- as ons die entstof gehad het, 00:04:09.000 --> 00:04:12.000 of wanneer ons dit kry, dis iets meer effektief -- 00:04:12.000 --> 00:04:14.000 maar die medisyne is baie duur vir arm mense. 00:04:14.000 --> 00:04:16.000 Nie die medisyne self nie, maar die behandeling 00:04:16.000 --> 00:04:18.000 en die sorg wat daar rondom nodig is. 00:04:20.000 --> 00:04:23.000 So, as ons na die patroon kyk, 00:04:23.000 --> 00:04:25.000 kom een ding duidelik na vore: 00:04:25.000 --> 00:04:27.000 julle sien die blou borrels 00:04:27.000 --> 00:04:29.000 en mense sê MIV is baie hoog in Afrika. 00:04:29.000 --> 00:04:32.000 Ek sou sê, MIV is baie ánders in Afrika. 00:04:32.000 --> 00:04:36.000 ’n Mens sal die hoogste MIV-koers ter wêreld 00:04:36.000 --> 00:04:38.000 in Afrikalande kry, 00:04:38.000 --> 00:04:40.000 en tog sal ’n mens kry dat Senegal, hier onder, 00:04:40.000 --> 00:04:42.000 dieselfde koers as die VSA het. 00:04:42.000 --> 00:04:44.000 En julle sal Madagaskar kry, 00:04:44.000 --> 00:04:46.000 en baie Afrikalande kry 00:04:46.000 --> 00:04:49.000 wat omtrent so laag is soos die res van die wêreld. 00:04:49.000 --> 00:04:53.000 Dis hierdie vreeslike vereenvoudiging dat daar een Afrika is, 00:04:53.000 --> 00:04:55.000 en dat dinge op een manier werk in Afrika. 00:04:55.000 --> 00:04:57.000 Ons moet ophou daarmee. 00:04:57.000 --> 00:05:00.000 Dis nie respekvol nie, en dis nie baie slim 00:05:00.000 --> 00:05:02.000 om so te dink nie. NOTE Paragraph 00:05:02.000 --> 00:05:06.000 (Applous) NOTE Paragraph 00:05:06.000 --> 00:05:09.000 Ek was bevooreg om vir ’n ruk in die VSA te woon en werk. 00:05:09.000 --> 00:05:13.000 Ek het agtergekom dat Salt Lake City en San Francisco baie verskillend is. 00:05:13.000 --> 00:05:15.000 (Gelag) 00:05:15.000 --> 00:05:18.000 En so is dit in Afrika -- daar's baie verskille. 00:05:18.000 --> 00:05:20.000 So, hoekom is dit so hoog? Is dit oorlog? 00:05:20.000 --> 00:05:22.000 Nee, dit is nie. Kyk hier. 00:05:22.000 --> 00:05:25.000 Die oorloggeteisterde Kongo is hier onder -- twee, drie, vier persent. 00:05:25.000 --> 00:05:29.000 En hierdie is vreedsame Zambië, naburige land -- 15 persent. 00:05:29.000 --> 00:05:32.000 En daar's goeie studies van die vlugtelinge wat uit die Kongo kom -- 00:05:32.000 --> 00:05:34.000 twee, drie persent is geïnfekteer, 00:05:34.000 --> 00:05:36.000 en vreedsame Zambië -- baie hoër. 00:05:36.000 --> 00:05:38.000 Daar is nou studies wat duidelik aandui 00:05:38.000 --> 00:05:41.000 dat die oorloë aaklig is, dat verkragtings aaklig is. 00:05:41.000 --> 00:05:44.000 Maar dit is nie die dryfkrag vir die hoë vlakke in Afrika nie. NOTE Paragraph 00:05:44.000 --> 00:05:46.000 So, is dit armoede? 00:05:46.000 --> 00:05:48.000 Wel, as ’n mens kyk op die makrovlak, 00:05:48.000 --> 00:05:50.000 blyk dit meer geld, meer MIV. 00:05:50.000 --> 00:05:53.000 Maar dis baie simplisties, 00:05:53.000 --> 00:05:55.000 so kom ons gaan af en kyk na Tanzanië. 00:05:55.000 --> 00:05:59.000 Ek sal Tanzanië in vyf inkomstegroepe opdeel, 00:05:59.000 --> 00:06:01.000 van die hoogste na die laagste inkomste, 00:06:01.000 --> 00:06:03.000 en hier gaan ons. 00:06:03.000 --> 00:06:06.000 Dié met die hoogste inkomste, wat meer welaf is, ek sou nie sê ryk nie, 00:06:06.000 --> 00:06:08.000 hulle het hoër MIV. 00:06:08.000 --> 00:06:11.000 Die verskil gaan van 11 persent af tot by vier persent, 00:06:11.000 --> 00:06:13.000 en die verskil is selfs groter onder vroue. 00:06:13.000 --> 00:06:17.000 Daar's baie dinge wat ons gedink het wat nou, deur navorsing, 00:06:17.000 --> 00:06:20.000 gedoen deur Afrika-instansies en -navorsers 00:06:20.000 --> 00:06:23.000 saam met internasionale navorsers, wys dat dit nie die geval is nie. 00:06:23.000 --> 00:06:25.000 So, hierdie is die verskil binne Tanzanië. NOTE Paragraph 00:06:25.000 --> 00:06:27.000 En, ek moet Kenia wys. 00:06:27.000 --> 00:06:29.000 Kyk hier na Kenia. 00:06:29.000 --> 00:06:31.000 Ek het Kenia in provinsies opgedeel. 00:06:31.000 --> 00:06:33.000 Hier gaan dit. 00:06:33.000 --> 00:06:36.000 Kyk die verskil binne een Afrikaland -- 00:06:36.000 --> 00:06:39.000 dit gaan van ’n baie lae tot by ’n baie hoë vlak, 00:06:39.000 --> 00:06:42.000 en die meeste van die provinsies in Kenia is betreklik beskeie. NOTE Paragraph 00:06:42.000 --> 00:06:44.000 So, wat is dit dan? 00:06:44.000 --> 00:06:48.000 Hoekom sien ons hierdie vreeslike hoë vlakke in sommige lande? 00:06:48.000 --> 00:06:51.000 Wel, dit is meer algemeen met meer as een seksmaat, 00:06:51.000 --> 00:06:54.000 kondoomgebruik is minder algemeen, 00:06:54.000 --> 00:06:57.000 en daar is ouderdom-disparate seks -- 00:06:57.000 --> 00:07:00.000 dit is, ouer mans is geneig om met jonger vroue seks te hê. 00:07:00.000 --> 00:07:03.000 Ons sien ’n hoër koers in jonger vroue as jonger mans 00:07:03.000 --> 00:07:05.000 in baie van hierdie erg geaffekteerde lande. NOTE Paragraph 00:07:05.000 --> 00:07:07.000 Maar waar is hulle geleë? 00:07:07.000 --> 00:07:09.000 Ek sal die borrels op ’n kaart sit. 00:07:09.000 --> 00:07:13.000 Kyk, die hoogs geïnfekteerdes is vier persent van die hele bevolking 00:07:13.000 --> 00:07:16.000 en hulle hou 50 persent van die MIV-geïnfekteerdes. 00:07:16.000 --> 00:07:19.000 MIV bestaan regoor die wêreld. 00:07:19.000 --> 00:07:21.000 Kyk, ’n mens het borrels regoor die wêreld hier. 00:07:21.000 --> 00:07:24.000 Brasilië het baie MIV-geïnfekteerdes. 00:07:24.000 --> 00:07:27.000 Arabiese lande nie so veel nie, maar Iran is nogal hoog. 00:07:27.000 --> 00:07:31.000 Hulle het heroïne verslawing en ook prostitusie in Iran. 00:07:31.000 --> 00:07:33.000 Indië het baie want daar is baie. 00:07:33.000 --> 00:07:35.000 Suid-oos Asië, en so aan. 00:07:35.000 --> 00:07:37.000 Maar, daar is een deel van Afrika -- 00:07:37.000 --> 00:07:39.000 en die moeilike ding is, terselftertyd, 00:07:39.000 --> 00:07:43.000 om nie ’n eenvormige uitspraak oor Afrika te maak nie, 00:07:43.000 --> 00:07:47.000 om nie met simpel idees voorendag te kom oor hoekom dit so is, aan die een kant. NOTE Paragraph 00:07:47.000 --> 00:07:50.000 En aan die ander kant, om te erken dat dit ’n ernstige geval is, 00:07:50.000 --> 00:07:54.000 want daar is nou wetenskaplike konsensus oor hierdie patroon. 00:07:54.000 --> 00:07:57.000 VNVIGS het, uiteindelik, goeie data beskikbaar gestel, 00:07:57.000 --> 00:08:00.000 oor die verspreiding van MIV. 00:08:00.000 --> 00:08:03.000 Dit kan samelopendheid wees. 00:08:03.000 --> 00:08:06.000 Dit kan sekere virustipes wees. 00:08:06.000 --> 00:08:10.000 Dit kan wees dat daar ander dinge is 00:08:10.000 --> 00:08:13.000 wat oordrag teen ’n hoë frekwensie laat voorkom. 00:08:13.000 --> 00:08:16.000 Dis immers so dat as ’n mens heeltemal gesond is en jy hê heteroseksuele seks, 00:08:16.000 --> 00:08:21.000 is die infeksierisiko tydens een omgang een in ’n 1000. 00:08:21.000 --> 00:08:23.000 Moenie haastige gevolgtrekkings maak nie, 00:08:23.000 --> 00:08:25.000 gedra julleself vanaand en so aan. 00:08:25.000 --> 00:08:27.000 (Gelag) 00:08:27.000 --> 00:08:30.000 Maar -- en as jy in ’n ongunstige situasie is, 00:08:30.000 --> 00:08:33.000 meer seksueeloordraaglike siektes, kan dit een in ’n 100 wees. NOTE Paragraph 00:08:33.000 --> 00:08:36.000 Maar wat ons dink dit kan wees, is samelopendheid. 00:08:36.000 --> 00:08:38.000 En wat is samelopendheid? 00:08:38.000 --> 00:08:40.000 In Swede het ons geen samelopendheid nie. 00:08:40.000 --> 00:08:42.000 Ons het reeks-monogamie. 00:08:42.000 --> 00:08:44.000 Vodka, Oujaarsaand -- ’n nuwe maat vir die lente. 00:08:44.000 --> 00:08:46.000 Vodka, Midsomersaand -- ’n nuwe maat vir die herfs. 00:08:46.000 --> 00:08:48.000 Vodka -- en so gaan dit aan, julle weet? 00:08:48.000 --> 00:08:51.000 En jy versamel ’n groot aantal ekse. 00:08:51.000 --> 00:08:53.000 En ons het ’n vreeslike chlamydia epidemie -- 00:08:53.000 --> 00:08:57.000 ’n vreeslike chlamydia epidemie wat vir baie jare rondhang. 00:08:57.000 --> 00:09:00.000 MIV bereik drie tot ses weke na infeksie ’n piek 00:09:00.000 --> 00:09:03.000 en dus, is om meer as een seksmaat in een maand te hê 00:09:03.000 --> 00:09:06.000 baie meer gevaarlik in MIV-oordrag as met ander infeksies. 00:09:06.000 --> 00:09:08.000 Waarskynlik, is dit ’n kombinasie hiervan. NOTE Paragraph 00:09:08.000 --> 00:09:11.000 En wat my so gelukkig maak is dat ons nou in die rigting van 00:09:11.000 --> 00:09:13.000 feite beweeg wanneer ons hierna kyk. 00:09:13.000 --> 00:09:15.000 En julle kry hierdie grafiek, pasella. 00:09:15.000 --> 00:09:18.000 Ons het VNVIGS data op Gapminder.org opgelaai. 00:09:18.000 --> 00:09:22.000 En ons hoop dat wanneer ons in die toekoms op globale probleme reageer 00:09:22.000 --> 00:09:25.000 ons nie net die hart sal hê nie, 00:09:25.000 --> 00:09:27.000 nie net die geld sal hê nie, 00:09:27.000 --> 00:09:30.000 maar dat ons ook die brein sal inspan. NOTE Paragraph 00:09:30.000 --> 00:09:32.000 Baie dankie. NOTE Paragraph 00:09:32.000 --> 00:09:38.000 (Applous)