1 00:00:00,000 --> 00:00:05,000 (Applous) 2 00:00:06,000 --> 00:00:11,000 Vigs is in 1981 ontdek, die virus -- 1983. 3 00:00:11,000 --> 00:00:13,000 Hierdie Gapminder borrels wys 4 00:00:13,000 --> 00:00:17,000 hoe die virus in 1983 wêreldwyd versprei was, 5 00:00:17,000 --> 00:00:19,000 of hoe ons benader dit was. 6 00:00:19,000 --> 00:00:21,000 Wat ons hier wys is -- 7 00:00:21,000 --> 00:00:28,000 op hierdie as dui ek die persentasie geïnfekteerde volwassenes aan. 8 00:00:28,000 --> 00:00:33,000 En op hierdie as, dui ek inkomste aan in dollar per persoon. 9 00:00:33,000 --> 00:00:37,000 En die grootte van die borrels, die grootte van die borrels hier, 10 00:00:37,000 --> 00:00:40,000 wys hoeveel geïnfekteer is in elke land, 11 00:00:40,000 --> 00:00:42,000 en die kleur is die vasteland. 12 00:00:42,000 --> 00:00:44,000 Nou, julle kan sien die VSA het, in 1983, 13 00:00:44,000 --> 00:00:47,000 ’n baie lae infeksiepersentasie gehad, 14 00:00:47,000 --> 00:00:51,000 maar a.g.v. die groot bevolking, is dit steeds ’n wesenlike borrel. 15 00:00:51,000 --> 00:00:54,000 Daar was nogal heelwat mense geïnfekteer in die VSA. 16 00:00:54,000 --> 00:00:56,000 En, hier bo, sien julle Uganda. 17 00:00:56,000 --> 00:00:59,000 Hulle het amper vyf persent geïnfekteer gehad, 18 00:00:59,000 --> 00:01:02,000 en nogal ’n groot borrel, ten spyte daarvan dat dit toe ’n klein land was. 19 00:01:02,000 --> 00:01:07,000 En hulle was waarskynlik die mees geïnfekteerde land ter wêreld. 20 00:01:07,000 --> 00:01:09,000 Nou, wat het gebeur? 21 00:01:09,000 --> 00:01:11,000 Nou dat julle die grafiek verstaan, 22 00:01:11,000 --> 00:01:14,000 en nou, in die volgende 60 sekondes, 23 00:01:14,000 --> 00:01:17,000 sal ons die MIV-epidemie oor die wêreld afspeel. 24 00:01:17,000 --> 00:01:20,000 Maar eers, het ek ’n nuwe uitvinding hier. 25 00:01:22,000 --> 00:01:25,000 (Gelag) 26 00:01:27,000 --> 00:01:31,000 Ek het die straal van die laserwyser gesoliedifiseer. 27 00:01:31,000 --> 00:01:34,000 (Gelag) 28 00:01:34,000 --> 00:01:37,000 (Applous) 29 00:01:40,000 --> 00:01:44,000 So, op julle merke, gereed, weg! 30 00:01:44,000 --> 00:01:48,000 Eerste, het ons die vinnige styging in Uganda en Zimbabwe. 31 00:01:48,000 --> 00:01:50,000 Hulle het opgegaan soos dit. 32 00:01:50,000 --> 00:01:54,000 In Asië, was Thailand die eerste erg geïnfekteerde land. 33 00:01:54,000 --> 00:01:56,000 Hulle het een tot twee persent bereik. 34 00:01:56,000 --> 00:01:58,000 Toe het Uganda begin terugdraai, 35 00:01:58,000 --> 00:02:00,000 terwyl Zimbabwe uitgeskiet het, 36 00:02:00,000 --> 00:02:04,000 en so paar jaar later het Suid-Afrika ’n vreeslike styging in MIV-frekwensie gehad. 37 00:02:04,000 --> 00:02:06,000 Kyk, Indië het baie geïnfekteer gehad, 38 00:02:06,000 --> 00:02:08,000 maar met ’n lae vlak. 39 00:02:08,000 --> 00:02:10,000 En omtrent dieselfde gebeur hier. 40 00:02:10,000 --> 00:02:13,000 Sien, Uganda kom af, Zimbabwe kom af, 41 00:02:13,000 --> 00:02:15,000 Rusland het tot by een persent gegaan. 42 00:02:15,000 --> 00:02:18,000 In die laaste twee tot drie jaar, 43 00:02:18,000 --> 00:02:22,000 het ons ’n bestendige toestand in die wêreld se MIV-epidemie bereik. 44 00:02:22,000 --> 00:02:25,000 Dit het 25 jaar geneem. 45 00:02:25,000 --> 00:02:28,000 Maar, bestendigheid beteken nie dat dinge beter word nie, 46 00:02:28,000 --> 00:02:31,000 dis net dat dit ophou erger word het. 47 00:02:31,000 --> 00:02:35,000 En dit het -- die bestendige toestand is, min of meer, 48 00:02:35,000 --> 00:02:39,000 een persent van die volwasse wêreldbevolking wat MIV-geïnfekteerd is. 49 00:02:39,000 --> 00:02:42,000 Dit beteken 30 tot 40 miljoen mense, 50 00:02:42,000 --> 00:02:44,000 die hele Kalifornië, elke persoon, 51 00:02:44,000 --> 00:02:46,000 dis min of meer wat ons het in die wêreld vandag. 52 00:02:46,000 --> 00:02:51,000 Nou, laat ek Botswana weer ’n keer vinnig deurspeel. 53 00:02:51,000 --> 00:02:55,000 Botswana -- hoër-middelinkomste land in suider-Afrika, 54 00:02:55,000 --> 00:02:58,000 demokratiese regering, goeie ekonomie, 55 00:02:58,000 --> 00:03:00,000 en dis wat daar gebeur het. 56 00:03:00,000 --> 00:03:02,000 Hulle't laag begin, toe uitgeskiet, 57 00:03:02,000 --> 00:03:05,000 hulle't daar bo gepiek in 2003, 58 00:03:05,000 --> 00:03:07,000 en nou is hulle af. 59 00:03:07,000 --> 00:03:09,000 Maar hulle val net stadig-stadig, 60 00:03:09,000 --> 00:03:11,000 want in Botswana, met ’n goeie ekonomie en regering, 61 00:03:11,000 --> 00:03:14,000 kan hulle dit bybring om mense te behandel. 62 00:03:14,000 --> 00:03:17,000 En as mense wat geïnfekteer is behandel word, sterf hulle nie aan vigs nie. 63 00:03:17,000 --> 00:03:20,000 Hierdie persentasies sal nie daal nie 64 00:03:20,000 --> 00:03:22,000 want mense kan oorleef vir 10 tot 20 jaar. 65 00:03:22,000 --> 00:03:25,000 So daar's nou ’n probleem met hierdie maatstawwe. 66 00:03:25,000 --> 00:03:29,000 Maar die armer lande in Afrika, die lae-inkomste lande hier onder, 67 00:03:29,000 --> 00:03:35,000 daar val die infeksiekoers vinniger, 68 00:03:35,000 --> 00:03:37,000 want mense sterf steeds. 69 00:03:37,000 --> 00:03:40,000 Ten spyte van PEPFAR, die vrygewige PEPFAR, 70 00:03:40,000 --> 00:03:43,000 word alle mense nie deur behandeling bereik nie, 71 00:03:43,000 --> 00:03:45,000 en van dié wat deur behandeling bereik word in die arm lande, 72 00:03:45,000 --> 00:03:48,000 ontvang slegs 60 persent ná twee jaar steeds behandeling. 73 00:03:48,000 --> 00:03:52,000 Lewenslange behandeling is nie realisties 74 00:03:52,000 --> 00:03:54,000 vir almal in die armste lande nie. 75 00:03:54,000 --> 00:03:57,000 Maar dis baie goed dat wat gedoen word, wel gedoen word. 76 00:03:57,000 --> 00:04:01,000 Maar die fokus is nou terug op voorkoming. 77 00:04:01,000 --> 00:04:04,000 Slegs deur oordrag stop te sit 78 00:04:04,000 --> 00:04:07,000 sal die wêreld dit kan baasraak. 79 00:04:07,000 --> 00:04:09,000 Medisyne is te duur -- as ons die entstof gehad het, 80 00:04:09,000 --> 00:04:12,000 of wanneer ons dit kry, dis iets meer effektief -- 81 00:04:12,000 --> 00:04:14,000 maar die medisyne is baie duur vir arm mense. 82 00:04:14,000 --> 00:04:16,000 Nie die medisyne self nie, maar die behandeling 83 00:04:16,000 --> 00:04:18,000 en die sorg wat daar rondom nodig is. 84 00:04:20,000 --> 00:04:23,000 So, as ons na die patroon kyk, 85 00:04:23,000 --> 00:04:25,000 kom een ding duidelik na vore: 86 00:04:25,000 --> 00:04:27,000 julle sien die blou borrels 87 00:04:27,000 --> 00:04:29,000 en mense sê MIV is baie hoog in Afrika. 88 00:04:29,000 --> 00:04:32,000 Ek sou sê, MIV is baie ánders in Afrika. 89 00:04:32,000 --> 00:04:36,000 ’n Mens sal die hoogste MIV-koers ter wêreld 90 00:04:36,000 --> 00:04:38,000 in Afrikalande kry, 91 00:04:38,000 --> 00:04:40,000 en tog sal ’n mens kry dat Senegal, hier onder, 92 00:04:40,000 --> 00:04:42,000 dieselfde koers as die VSA het. 93 00:04:42,000 --> 00:04:44,000 En julle sal Madagaskar kry, 94 00:04:44,000 --> 00:04:46,000 en baie Afrikalande kry 95 00:04:46,000 --> 00:04:49,000 wat omtrent so laag is soos die res van die wêreld. 96 00:04:49,000 --> 00:04:53,000 Dis hierdie vreeslike vereenvoudiging dat daar een Afrika is, 97 00:04:53,000 --> 00:04:55,000 en dat dinge op een manier werk in Afrika. 98 00:04:55,000 --> 00:04:57,000 Ons moet ophou daarmee. 99 00:04:57,000 --> 00:05:00,000 Dis nie respekvol nie, en dis nie baie slim 100 00:05:00,000 --> 00:05:02,000 om so te dink nie. 101 00:05:02,000 --> 00:05:06,000 (Applous) 102 00:05:06,000 --> 00:05:09,000 Ek was bevooreg om vir ’n ruk in die VSA te woon en werk. 103 00:05:09,000 --> 00:05:13,000 Ek het agtergekom dat Salt Lake City en San Francisco baie verskillend is. 104 00:05:13,000 --> 00:05:15,000 (Gelag) 105 00:05:15,000 --> 00:05:18,000 En so is dit in Afrika -- daar's baie verskille. 106 00:05:18,000 --> 00:05:20,000 So, hoekom is dit so hoog? Is dit oorlog? 107 00:05:20,000 --> 00:05:22,000 Nee, dit is nie. Kyk hier. 108 00:05:22,000 --> 00:05:25,000 Die oorloggeteisterde Kongo is hier onder -- twee, drie, vier persent. 109 00:05:25,000 --> 00:05:29,000 En hierdie is vreedsame Zambië, naburige land -- 15 persent. 110 00:05:29,000 --> 00:05:32,000 En daar's goeie studies van die vlugtelinge wat uit die Kongo kom -- 111 00:05:32,000 --> 00:05:34,000 twee, drie persent is geïnfekteer, 112 00:05:34,000 --> 00:05:36,000 en vreedsame Zambië -- baie hoër. 113 00:05:36,000 --> 00:05:38,000 Daar is nou studies wat duidelik aandui 114 00:05:38,000 --> 00:05:41,000 dat die oorloë aaklig is, dat verkragtings aaklig is. 115 00:05:41,000 --> 00:05:44,000 Maar dit is nie die dryfkrag vir die hoë vlakke in Afrika nie. 116 00:05:44,000 --> 00:05:46,000 So, is dit armoede? 117 00:05:46,000 --> 00:05:48,000 Wel, as ’n mens kyk op die makrovlak, 118 00:05:48,000 --> 00:05:50,000 blyk dit meer geld, meer MIV. 119 00:05:50,000 --> 00:05:53,000 Maar dis baie simplisties, 120 00:05:53,000 --> 00:05:55,000 so kom ons gaan af en kyk na Tanzanië. 121 00:05:55,000 --> 00:05:59,000 Ek sal Tanzanië in vyf inkomstegroepe opdeel, 122 00:05:59,000 --> 00:06:01,000 van die hoogste na die laagste inkomste, 123 00:06:01,000 --> 00:06:03,000 en hier gaan ons. 124 00:06:03,000 --> 00:06:06,000 Dié met die hoogste inkomste, wat meer welaf is, ek sou nie sê ryk nie, 125 00:06:06,000 --> 00:06:08,000 hulle het hoër MIV. 126 00:06:08,000 --> 00:06:11,000 Die verskil gaan van 11 persent af tot by vier persent, 127 00:06:11,000 --> 00:06:13,000 en die verskil is selfs groter onder vroue. 128 00:06:13,000 --> 00:06:17,000 Daar's baie dinge wat ons gedink het wat nou, deur navorsing, 129 00:06:17,000 --> 00:06:20,000 gedoen deur Afrika-instansies en -navorsers 130 00:06:20,000 --> 00:06:23,000 saam met internasionale navorsers, wys dat dit nie die geval is nie. 131 00:06:23,000 --> 00:06:25,000 So, hierdie is die verskil binne Tanzanië. 132 00:06:25,000 --> 00:06:27,000 En, ek moet Kenia wys. 133 00:06:27,000 --> 00:06:29,000 Kyk hier na Kenia. 134 00:06:29,000 --> 00:06:31,000 Ek het Kenia in provinsies opgedeel. 135 00:06:31,000 --> 00:06:33,000 Hier gaan dit. 136 00:06:33,000 --> 00:06:36,000 Kyk die verskil binne een Afrikaland -- 137 00:06:36,000 --> 00:06:39,000 dit gaan van ’n baie lae tot by ’n baie hoë vlak, 138 00:06:39,000 --> 00:06:42,000 en die meeste van die provinsies in Kenia is betreklik beskeie. 139 00:06:42,000 --> 00:06:44,000 So, wat is dit dan? 140 00:06:44,000 --> 00:06:48,000 Hoekom sien ons hierdie vreeslike hoë vlakke in sommige lande? 141 00:06:48,000 --> 00:06:51,000 Wel, dit is meer algemeen met meer as een seksmaat, 142 00:06:51,000 --> 00:06:54,000 kondoomgebruik is minder algemeen, 143 00:06:54,000 --> 00:06:57,000 en daar is ouderdom-disparate seks -- 144 00:06:57,000 --> 00:07:00,000 dit is, ouer mans is geneig om met jonger vroue seks te hê. 145 00:07:00,000 --> 00:07:03,000 Ons sien ’n hoër koers in jonger vroue as jonger mans 146 00:07:03,000 --> 00:07:05,000 in baie van hierdie erg geaffekteerde lande. 147 00:07:05,000 --> 00:07:07,000 Maar waar is hulle geleë? 148 00:07:07,000 --> 00:07:09,000 Ek sal die borrels op ’n kaart sit. 149 00:07:09,000 --> 00:07:13,000 Kyk, die hoogs geïnfekteerdes is vier persent van die hele bevolking 150 00:07:13,000 --> 00:07:16,000 en hulle hou 50 persent van die MIV-geïnfekteerdes. 151 00:07:16,000 --> 00:07:19,000 MIV bestaan regoor die wêreld. 152 00:07:19,000 --> 00:07:21,000 Kyk, ’n mens het borrels regoor die wêreld hier. 153 00:07:21,000 --> 00:07:24,000 Brasilië het baie MIV-geïnfekteerdes. 154 00:07:24,000 --> 00:07:27,000 Arabiese lande nie so veel nie, maar Iran is nogal hoog. 155 00:07:27,000 --> 00:07:31,000 Hulle het heroïne verslawing en ook prostitusie in Iran. 156 00:07:31,000 --> 00:07:33,000 Indië het baie want daar is baie. 157 00:07:33,000 --> 00:07:35,000 Suid-oos Asië, en so aan. 158 00:07:35,000 --> 00:07:37,000 Maar, daar is een deel van Afrika -- 159 00:07:37,000 --> 00:07:39,000 en die moeilike ding is, terselftertyd, 160 00:07:39,000 --> 00:07:43,000 om nie ’n eenvormige uitspraak oor Afrika te maak nie, 161 00:07:43,000 --> 00:07:47,000 om nie met simpel idees voorendag te kom oor hoekom dit so is, aan die een kant. 162 00:07:47,000 --> 00:07:50,000 En aan die ander kant, om te erken dat dit ’n ernstige geval is, 163 00:07:50,000 --> 00:07:54,000 want daar is nou wetenskaplike konsensus oor hierdie patroon. 164 00:07:54,000 --> 00:07:57,000 VNVIGS het, uiteindelik, goeie data beskikbaar gestel, 165 00:07:57,000 --> 00:08:00,000 oor die verspreiding van MIV. 166 00:08:00,000 --> 00:08:03,000 Dit kan samelopendheid wees. 167 00:08:03,000 --> 00:08:06,000 Dit kan sekere virustipes wees. 168 00:08:06,000 --> 00:08:10,000 Dit kan wees dat daar ander dinge is 169 00:08:10,000 --> 00:08:13,000 wat oordrag teen ’n hoë frekwensie laat voorkom. 170 00:08:13,000 --> 00:08:16,000 Dis immers so dat as ’n mens heeltemal gesond is en jy hê heteroseksuele seks, 171 00:08:16,000 --> 00:08:21,000 is die infeksierisiko tydens een omgang een in ’n 1000. 172 00:08:21,000 --> 00:08:23,000 Moenie haastige gevolgtrekkings maak nie, 173 00:08:23,000 --> 00:08:25,000 gedra julleself vanaand en so aan. 174 00:08:25,000 --> 00:08:27,000 (Gelag) 175 00:08:27,000 --> 00:08:30,000 Maar -- en as jy in ’n ongunstige situasie is, 176 00:08:30,000 --> 00:08:33,000 meer seksueeloordraaglike siektes, kan dit een in ’n 100 wees. 177 00:08:33,000 --> 00:08:36,000 Maar wat ons dink dit kan wees, is samelopendheid. 178 00:08:36,000 --> 00:08:38,000 En wat is samelopendheid? 179 00:08:38,000 --> 00:08:40,000 In Swede het ons geen samelopendheid nie. 180 00:08:40,000 --> 00:08:42,000 Ons het reeks-monogamie. 181 00:08:42,000 --> 00:08:44,000 Vodka, Oujaarsaand -- ’n nuwe maat vir die lente. 182 00:08:44,000 --> 00:08:46,000 Vodka, Midsomersaand -- ’n nuwe maat vir die herfs. 183 00:08:46,000 --> 00:08:48,000 Vodka -- en so gaan dit aan, julle weet? 184 00:08:48,000 --> 00:08:51,000 En jy versamel ’n groot aantal ekse. 185 00:08:51,000 --> 00:08:53,000 En ons het ’n vreeslike chlamydia epidemie -- 186 00:08:53,000 --> 00:08:57,000 ’n vreeslike chlamydia epidemie wat vir baie jare rondhang. 187 00:08:57,000 --> 00:09:00,000 MIV bereik drie tot ses weke na infeksie ’n piek 188 00:09:00,000 --> 00:09:03,000 en dus, is om meer as een seksmaat in een maand te hê 189 00:09:03,000 --> 00:09:06,000 baie meer gevaarlik in MIV-oordrag as met ander infeksies. 190 00:09:06,000 --> 00:09:08,000 Waarskynlik, is dit ’n kombinasie hiervan. 191 00:09:08,000 --> 00:09:11,000 En wat my so gelukkig maak is dat ons nou in die rigting van 192 00:09:11,000 --> 00:09:13,000 feite beweeg wanneer ons hierna kyk. 193 00:09:13,000 --> 00:09:15,000 En julle kry hierdie grafiek, pasella. 194 00:09:15,000 --> 00:09:18,000 Ons het VNVIGS data op Gapminder.org opgelaai. 195 00:09:18,000 --> 00:09:22,000 En ons hoop dat wanneer ons in die toekoms op globale probleme reageer 196 00:09:22,000 --> 00:09:25,000 ons nie net die hart sal hê nie, 197 00:09:25,000 --> 00:09:27,000 nie net die geld sal hê nie, 198 00:09:27,000 --> 00:09:30,000 maar dat ons ook die brein sal inspan. 199 00:09:30,000 --> 00:09:32,000 Baie dankie. 200 00:09:32,000 --> 00:09:38,000 (Applous)