1 00:00:03,491 --> 00:00:05,547 [K. Sargsyan] Ek't TEDTalks begin vertaal 2 00:00:05,547 --> 00:00:09,746 na ek William Kamkwamba s'n oor hoe om jou drome te vervul gesien het. 3 00:00:09,746 --> 00:00:11,438 En ek't my seun daarvan vertel. 4 00:00:11,438 --> 00:00:14,696 Hy wou my nie glo nie. Hy't gesê: "Hy't nie skool voltooi nie." 5 00:00:14,696 --> 00:00:16,565 "Sonder Engels. Hoe sou hy dit doen?" 6 00:00:16,565 --> 00:00:18,419 Toe sê ek: "Ek sal dit vertaal." 7 00:00:18,419 --> 00:00:21,543 "Ek wil hê hy moet elke woord lees." 8 00:00:22,133 --> 00:00:25,033 [W. Davis] Taal is nie net ’n lys woorde 9 00:00:25,033 --> 00:00:26,847 of ’n stel grammatiese reëls nie. 10 00:00:26,847 --> 00:00:29,614 ’n Taal is ’n flikkering van die menslike gees. 11 00:00:29,614 --> 00:00:32,211 Dis ’n middel waardeur die siel van elke kultuur 12 00:00:32,211 --> 00:00:33,587 die materiële wêreld betree. 13 00:00:33,757 --> 00:00:37,746 Alles wat ons by TED doen, word deur dieselfde missie gedryf: 14 00:00:37,746 --> 00:00:38,939 versprei idees. 15 00:00:39,179 --> 00:00:41,828 En as dit jou doel is word jy, op ’n punt, 16 00:00:41,828 --> 00:00:44,371 daarmee gekonfronteer dat jy net in Engels praat. 17 00:00:44,601 --> 00:00:47,767 Die ware wese van wat ons doen gaan oor verbondenheid. 18 00:00:47,887 --> 00:00:49,397 Daar's talle mense 19 00:00:49,397 --> 00:00:52,227 wat kan deel in die skepping van ’n beter toekoms vir almal. 20 00:00:52,227 --> 00:00:54,984 Dit sou gek wees om hulle uit te laat. 21 00:00:54,984 --> 00:00:56,819 [K. Aparta] Ek't vir hulle geskryf dat die TEDTalks 22 00:00:56,819 --> 00:00:58,769 ondertitels vir dowes behoort te hê 23 00:00:58,769 --> 00:01:01,574 asook vertalings vir mense van ander lande. 24 00:01:01,634 --> 00:01:03,404 Daar moet daai een persoon wees, 25 00:01:03,404 --> 00:01:05,982 wat so vuur en vlam is oor ’n TEDTalk, 26 00:01:05,982 --> 00:01:09,402 wat wil hê die ondertitels moet bestaan in hulle taal. 27 00:01:09,402 --> 00:01:12,089 Ek't aanvanklik vir my suster vertaal. 28 00:01:12,089 --> 00:01:13,618 Sy woon by my ouers 29 00:01:13,618 --> 00:01:16,866 in ’n baie klein dorpie, waar ek vandaan kom, in Kazakstan. 30 00:01:16,866 --> 00:01:20,629 En sy't nie veel geleentheid om die wêreld te verken nie. 31 00:01:20,629 --> 00:01:23,886 Later het ek besef dis nie net my familie nie. 32 00:01:23,886 --> 00:01:27,674 Almal wat Oesbeeks praat sou kon baat daarby. 33 00:01:27,674 --> 00:01:32,666 [M. Pagel] Net soos vlerke die lugruim vir voëls oopmaak om te benut, 34 00:01:32,666 --> 00:01:36,439 maak taal vir mense die ruimte van samewerking oop. 35 00:01:36,479 --> 00:01:39,007 Al ons sprekers is voorlopers in hulle velde 36 00:01:39,007 --> 00:01:41,207 en dus voorlopers in taal -- 37 00:01:41,207 --> 00:01:44,745 so baie gebruik terme wat jy nie in ’n woordeboek kan vind nie. 38 00:01:44,745 --> 00:01:48,406 Dit vat eintlik heelwat navorsing om ’n TEDTalk akkuraat te vertaal. 39 00:01:48,466 --> 00:01:51,321 Afhangend van die tegniese graad en moeilike woorde, 40 00:01:51,321 --> 00:01:52,668 kan dit tot 10 ure vat. 41 00:01:52,668 --> 00:01:55,923 Ek gaan lees oor die spreker en sy boeke, 42 00:01:55,923 --> 00:01:57,931 sodat ek die hele konteks verstaan. 43 00:01:57,931 --> 00:02:00,095 Danksy hierdie gemeenskap van vertalers, 44 00:02:00,095 --> 00:02:03,298 het ons skielik die vermoë om die beste idees te vind 45 00:02:03,298 --> 00:02:05,906 van sprekers in enige taal 46 00:02:05,906 --> 00:02:08,119 en om hulle in die Engelssprekende wêreld in 47 00:02:08,119 --> 00:02:09,177 en nog verder te vat. 48 00:02:23,115 --> 00:02:28,089 Ek vertaal, want ek wil hê dat meer mense toegang tot hierdie idees verkry. 49 00:02:28,089 --> 00:02:31,632 Dis ’n vrygewigheidsdaad van baie mense 50 00:02:31,632 --> 00:02:33,109 om kennis te deel. 51 00:02:33,109 --> 00:02:36,871 Om mense te inspireer, om party mense hoop te gee. 52 00:02:36,871 --> 00:02:39,731 Dit verander baie dinge in die wêreld. 53 00:02:53,300 --> 00:02:55,710 TED -- Idees om te deel