WAARSKUWING: Agv grafiese inhoud, word kykersdiskresie aanbeveel. Wil jy gedoop word tot Jesus Christus? - Ja So ons doop jou tot Jesus Christus. Gereed om op jou eie geloof gedoop te word? Gereed om Jesus te volg met alles wat jy het? Amen. Goed dan. Sterf saam met Christus. Rom 6:4: "Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is, deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel." Staan op saam met Christus. Ek is vry! Ek is vry! THE LAST REFORMATION - DIE LEWE Dié lewe is soos 'n hartklop, dit is op en dit is af en jy het groot gevegte en groot oorwinnings en dit hou net so aan en as die lyn reguit is, is jy dood. So baie mense lewe hierdie aardse lewe, leef 'n lewe met dieselfde roetine oor en oor en leef nooit werklik nie. Ons het daardie lewe geleef, en nooit werklik gelewe nie... nooit werklik lewend nie, want ons het net dieselfde ding oor en oor gedoen en 'n ander resultaat verwag. Iets wat ek ontdek het, is dat normale Christenskap veilig is. Tradisionele Christenskap is veilig. Ongeag van hoe radikaal ons dit wil laat lyk, bly dit veilig. Ons weet wat om te doen en wat die regte optrede is ons weet hoe om die suksesleer te klim en die familie weet, die enigste pad wat daar is, is 'n baie duidelike pad. Maar toe ek begin stap het in die leiding van die Heilige Gees, dit is nie onveilig nie, maar onseker. Jy het geen idee wat môre inhou nie. Maar dit is veilig, want jy weet dat God die Vader jou in Sy hande hou. Agter my is die kerk waar die Hervorming met Martin Luther begin het, presies 500 jaar gelede. In daardie tyd het hy gekom met sy 95 stellings wat hy op die kerkdeur agter my opgesit het, want hy het gesien daar is iets fout met die kerk, iets fout met die Katolieke kerk. En daaruit het ons die begin gesien van wat bekend is as die Hervorming, en daaruit is die Lutherse kerk gebore. Maar Luther het nie die kerk hervorm terug na wat ons sien in die Bybel nie. Ons het nog steeds die kerkgebou hier agter my, en jy kan nie die verskil van buite af sien nie, of hierdie 'n Katolieke of 'n Lutherse kerk is nie. Ons het nog steeds die hele kerksisteem, maar waar is die lewe? Die lewe skort, die lewe gelei deur die Heilige Gees, die lewe waar Jesus deur Sy Gees in ons wandel, waar ons sien dat mense vrygemaak word, en genees word, en demone uitgedryf word. KANADA MONCTON Ek is omtrent nege jaar gelede gediagnoseer met oksipitale neuralgie. Dit is 'n pynlike siekte, waar daar drukking op senuwees in jou kop geplaas word deur die spiere. Dit het ontwikkel aan die linkerkant, agter in my kop en eindelik regs ook, agter in my kop. So, dit was baie pynlik en het my lewe so baie beperk. Ek kon nie die lewe voluit geniet nie, ek kon nie lag nie, Ek kon nie hardloop of aktief wees nie, want as ek het, sou die gestamp die pyn laat begin. So, ek het baie doktersafsprake gehad om die pyn te probeer beheer. So, een dag het hierdie mense vir my gebid. Ek het begin ruk en het iets gemanifesteer. Nou bid ons tot God en ons bid vir vryheid en die Heilige Gees. Maak net jou oë toe en bid agter my aan: God... ek kom na U toe... Ek bekeer my... en ek vra U... maak my vry... maak my liggaam gesond... genees my kop... kom met U Heilige Gees... nou. Gaan, gaan. Kom uit. Kom uit. Gaan nou dadelik. Verlaat haar. Kom uit. Ek onthou ek het gevoel of ek nie kon asemhaal nie, asof iets my verlaat. Iets het letterlik by my mond uitgekom. Ek onthou ek het gehoes en verstik, en iets gedink soos, Ek kan nie asemhaal nie, wat gaan aan? Gaan. Gaan. Meer. Gaan nou dadelik. Ek is eenkant toe geneem vir nog gebed en eindelik het ek gevoel hoe iets letterlik my liggaam verlaat en ek het ook intense pyn gevoel wat by my ore uitgekom het, baie pynlik, asof dit uit my ore ontplof het. So gou as wat dit klaar was, het ek glad nie meer pyn gehad nie. Ek sou dit toets, Ek sou sekere kopbewegings uitvoer, om te sien of ek die pyn kon laat begin, en dit was nie daar nie. Dit is weg. Dis goed, dis goed. So, die dag nadat ek genees is, het ek weer met pyn wakker geword, en ek was regtig verward Iemand het gesê dis belangrik dat ek my gedagtes vernuwe. Ek het dit begin doen en telkens as ek pyn ervaar, het ek dit bestraf in die Naam van Jesus en dan sou dit gaan. Ek het begin besef en verstaan dat dit 'n geveg is. As ek dit voel, sou ek dit bestraf en sê dit moet gaan. Soos, 'Ek ontvang dit nie', en dit sou gaan. Nou voel ek dit so min en as dit gebeur, sê ek dit moet gaan en dit gaan. Hoe het dit gevoel om te sien hoe jou pa nou net bevry word? Dit was wonderlik. Dit was 'n eer vir my om my eie pa te doop, om hom vir die eerste keer te sien in tale spreek. Dit is 'n totale nuwe lewe. - Dit is 'n totale nuwe lewe. Jy is genees, bevry, en het die Heilige Gees ontvang en nou is jou pa bevry en het die Heilige Gees ontvang... Sjoe, ek is net... God is so magtig. Vrees was 'n groot probleem in my lewe, ek het baie vrees gehad en ek het net gevoel asof ek niks kon doen nie, want ek was te bang. Dit was asof ek hierdie groot bal om my enkel gehad het wat ek oral moes saamsleep Ek was te bang om 'n kans te vat en enigiets te doen. Toe ek gedoop is, kon ek voel hoe dit my verlaat. ek het hierdie reuse gewig van my skouers voel afval en ek voel net nou soveel meer vryheid. Van daardie tyd af het ek net hierdie vuur in my hart om uit te gaan en bid. Om vir mense te bid en 'n dissipel te wees Dit het regtig 'n lewenstyl vir my geword, net om mense te vind wat in pyn is en hulle te wys wat God vir hulle wil doen, en hoe lief God hulle het, en net die Evangelie met hulle te deel. Ek het net so baie saam met God gegroei en Hy het ook so baie vir my gewys Dit was eers vreesaanjaend om uit te gaan, veral op my eie, maar eindelik kom jy daaroor en jy leer om regtig lief te word daarvoor. Daar is 'n paar mense wat nie regtig meer met ons praat nie. Dit lyk asof hulle dink ons is in 'n sekte of net regtig vreemd, of anders. Maar voorheen, toe ek kerk toe gegaan het en nie die Evangelie versprei het nie, was alles piekfyn. Maar nou, vandat ek uitgaan en lewe op Jesus se manier, beskou mense ons asof ons vreemd is of iets. Daar is 'n klomp skeptiese mense wat dinge oor my sê op die internet. Dit kan soms moeilik wees wanneer jy op sosiale media is en jy sien dinge oor jouself daar. Maar ek sal dit vir niks verruil nie, want nou lewe ek waarlik as 'n dissipel van Jesus en dit is só dit werd. Die vervolging maak nie saak nie, want dit beteken ek doen iets reg. Wanneer jy reg kies en 'n lewe begin leef gelei deur die Heilige Gees, en jy begin vrug sien, en jy begin groei, is een van die natuurlikste tekens dat jy vervolg sal word. En vervolging kan in baie vorms kom, maar vervolging sal kom en dit moet kom. Die Bybel sê dat almal wat 'n goddelike lewe wil lei, vervolg sal word. So daar is geen weg daaruit nie. Ek het voorheen gedink vervolging is wanneer iemand 'n swaard teen my keel druk en vir my sê om Christus te verloën. Of as iemand my wil kruisig. Wat as 'n skok vir baie Christene kom, is waar die vervolging vandaan kom. Natuurlik sal ons vervolging ervaar van die wêreld af, van ongelowiges af, Maar baie dikwels is die vervolging van die godsdienstige sisteem afkomstig. Ons familie, ons vriende, mense wat naby ons is. Mense in die kerk. En dit kom as 'n skok vir baie mense, en hulle is nie gereed daarvoor nie. Ek het nie verwag dat ons vriende en familie ons snaaks gaan begin aankyk nie. Dat hulle sal skinder en sleg praat nie. Mense wat jy liefhet en waardeer, mense wat jy onder jou ware vriende tel... wanneer hulle jou die rug toekeer, en begin lieg oor jou, en jou begin vervolg, maak dit regtig seer, want jy het dit nie verwag nie. Dis hartseer hoe maklik jy die vervolging kan laat ophou: tref 'n kompromis. As ons daardie een ding onthou, kompromie, sal vervolging ophou. Die waarheid is dat vervolging nie ons vyand is nie. Vervolging is in der waarheid ons vriend. Vervolging help ons om te groei. Daar is twee soorte mense: dié wat vervolging ervaar en afvallig raak. En ons wil nie soos hulle wees nie. Maar ons wil wees soos die mense wat, wanneer ons vervolging ervaar, nie afvallig raak nie, maar eerder op ons knieë val en bid en God se aangesig soek. En vervolging help ons daarom om nader aan God te beweeg. Vervolging help ons om onsself te ondersoek. Dit help ons om te sterf, want niemand hou van vervolging nie, maar dit is een van God se instrumente. En ons sien in die wêreld vandag, dat die lande met die meeste vervolging dikwels die lande is waar ons die kerk sien groei. En ons het 2000 jaar se geskiedenis wat wys dat vervolging nog nooit die vyand van die kerk was nie. Wanneer dit goedgaan, kom sonde stadig ingesluip. Wanneer dinge vlot loop, raak mense aan die slaap. Maar wanneer vervolging begin, word mense wakker en begin om God te sien soos nooit tevore nie, en die Koninkryk van God groei DUITSLAND BERLYN Ek is op die oomblik in Berlyn en ek gaan Lou Bega ontmoet. Hy het die trefferlied, Mambo No. 5, 'n paar jaar gelede die lig laat sien en nou is hy 'n persoon van vrede. Dit is soos Handelinge hoofstuk 10. Petrus is na Cornelius en sy huishouding gelei en hulle het hulle almal bekeer en die Heilige Gees ontvang. Ons gaan nou dieselfde sien. Dit is soos die Boek van Handelinge hoofstuk 19, waar Paulus in Efese gekom het en iemand ontmoet het wat alreeds geglo het, maar nog nie gedoop is tot Jesus Christus nie en nog nie die Heilige Gees ontvang het nie. Lou Bega het tot geloof in Christus gekom, maar hy is nog nie gedoop in water of die Heilige Gees nie. Maar dit gaan nou gebeur. Ek weet nie veel van wat nou hier gaan gebeur nie, maar ek weet dat God daar is. So, welkom, en kom ons kyk wat God wil doen. Hallo! Daar het ons hom en die hele familie. Komaan. Wonderlik om jou te sien. Lang rit? - Ja Torben, hallo. - Jenieva, lekker om jou te ontmoet. Ek, my vrou en my klein dogtertjie het na die Maldives toe gegaan, 'n wonderlike tropiese eiland in die middel van die Indiese Oseaan. Ons wou net 7 dae van ontspanning hê, sonskyn, snorkel, niks anders om te doen Jy kan om die eiland ry in vyf minute. Wat ons gekry het, was donderstorms van sewe en 'n half dae. Die sluise van die hemel het oopgemaak en die reën het neergestort. Daar was niks anders om te doen nie, ons was vasgekeer in ons strandhuise. Ek het heen en weer geloop in my kamer, en gevoel of ek in depressie verval Toe vind ek een boek. Ek het die Bybel oopgemaak en dit begin lees. Ek onthou net, na 'n paar bladsye het ek begin besef dat dit die waarheid was waarna ek nog altyd gesoek het. Ek het al verskillende godsdienste ondersoek. Enigiets wat 'n nuwe neiging of koel was, soos Boeddhisme en ook sommige New Age-goed. Ek het ten minste probeer om dit te verstaan Ek kon dit nie aanhang nie, al het ek probeer. Maar ek het Jesus Christus oorgesien, tot my spyt, vir so baie jare. En Hy was daar, Hy het my geroep. Hy het my die geleentheid gegee om Hom te soek, om Hom te vind. En ek kon nie regtig weghardloop nie, dit was 'n strandhuis op 'n eiland. Ek het toe begin lees en het so oortuig geraak van my sonde, man. Ek was oortuig binne sekondes. Ek het uitgebars in trane, en nou weet ek, dit was die Heilige Gees. Daarom het ek hierdie mense gebel, en dis nie in my aard nie, dit was nie deel van my trotse natuur van tevore nie, om net mense te bel en hulle 'n guns te vra nie. Maar in hierdie geval was dit die regte ding om te doen. Ek het geweet dat ek, my familie en almal om my gedoop moes word, en nodig gehad het om te nader tot Jesus. Die huis van Cornelius is die storie van 'n man met die naam Cornelius, wat 'n regverdige man was wat God gesoek het. Maar hy't nie geweet hoe nie. Hy het net na God gesoek en toe, op 'n dag, het God Petrus na sy huis gelei. En die hele huishouding het tot geloof gekom. En ek het gevoel ons gaan dieselfde hier sien gebeur. Hierdie was nie net vir David - Lou Bega - nie. Dit was vir die hele huishouding, wat God wou doen. En ons het daar aangekom en by die huis ingegaan soos wat ons daaroor lees in Lukas 10: 'Wanneer julle 'n persoon van vrede vind, gaan in die huis en eet en drink wat bedien word.' Die Heilige Gees werk deur bekering. Niemand kan na God toe kom, as die Heilige Gees nie daardie persoon trek nie. So as ons begin om God te soek, is dit die Heilige Gees wat ons reeds trek. Die eerste stap is bekering. Bekering is 'n nuwe hart, waar jy daardie nuwe gewete kry, jy raak bewus van dinge. Maar dit is die begin van redding, dit is nie die hele prentjie nie. Want nou is daar 'n nuwe lewe wat in jou begin het. Maar die liggaam is dood. Wat doen ons met 'n dooie liggaam? Ons moet dit begrawe, want as ons nie die dooie liggaam begrawe nie, gaan daardie dooie liggaam die nuwe lewe doodmaak. God... ek glo in U... Ek glo in U, Jesus... Ek bekeer my... van my sonde... en ek vra U... kom, Jesus... red my... maak my vry... kom met U Heilige Gees... vul my... doop my... nou dadelik... in die Naam van Jesus. Gaan. Vryheid, nou dadelik. Vryheid. Verlaat hom. Gaan, nou dadelik. Vrees, gaan. Gaan, nou dadelik. In die Naam van Jesus. Ek beveel elke gees van verslawing om te gaan,nou dadelik Gaan. Verlaat hom. Gaan. Heilige Gees, vul hom. Meer. U liefde, Heilige Gees. Vul hom. Meer. Daar is vryheid. Die Heilige Gees is nou op jou. Dankie vir 'n nuwe begin, weer eens, Vader. 'n Nuwe krag binne-in hom. 'n Nuwe lewe. 'n Nuwe lewe. Daar is vryheid binne-in U, Heilige Gees, U Gees, God. Jesus, ons dank U. Heilige Gees, ons dank U. Hoe het dit gevoel? - Vreemd. Maar fantasties. O, dit is die Heilige Gees. Komaan. 'n Nuwe begin, God, dankie vir my vriend hier. Dankie vir 'n nuwe begin. Heilige Gees, dit is U wat hom getrek het. U het hom getrek. God, dit is 'n nuwe begin. Daar is vryheid. Ek kan net onthou dat ek soos 'n baba gevoel het. Ek kan dit nie in woorde sê nie. Ek het soos 'n pasgeborene gevoel. Daarom is die term 'wedergebore' so gepas. Want jy voel soos 'n pasgeborene. Jy is vars. Jou oortredings, jou ongeregtigheid, jou sonde, is weg, dit is vergete. Jy weet net dat die Vader op daardie oomblik van jou sonde vergeet het. Ek was so vol vreugde en skoon, alles wat my omring het, my vrou... sy kon haar nie met my vereenselwig vir omtrent 30 minute nie, voordat dit haar beurt was. Want ons was op twee verskillende paaie op daardie oomblik. Ek was wedergebore in die Gees. Nog nie in water nie, maar in Gees, en sy was nog nie daar nie, so sy het agterdogtig na my gekyk, soos, 'wat het met hom gebeur?' Want my en haar gees het nie toe bymekaar gepas nie. Goed. Jesus, ek dank U vir alles wat U my gegee het. Selfs toe ek rebels was en nie na U geluister het of U gehoorsaam het nie het U my nooit in die steek gelaat nie, U't vir my familie en liefde gegee. U het vir my alles gegee wat ek het. So dit is tyd om vir U terug te gee. Dit is soos... dit is vreemd, jy wil sing, jy wil dans, maar terselfdertyd wil jy net... O, my God. Hy het my met ope arms in Sy Koninkryk verwelkom. Ek dink dis hoe Adam moes gevoel het toe hy in die tuin gewandel het. Dit is die enigste woorde wat ek daarvoor kan gee. Jy is nou heeltemal verbind met God. Jy weet, jy stap in Sy heerlikheid en Hy kyk na jou met liefde in Sy oë. En jy is net by Hom, en al is dit net momenteel, want jy is nog in jou menslike liggaam, maar dit was in der waarheid die beste oomblik van my lewe, ek weet dit. Ja, ek kan dit sê. Dit was soveel beter as om 'n Grammy- nominasie te wen of om 'n voetbal-wêreldkampioen te word of wat ookal. Hierdie is ware lewe. Op die einde van die dag is hierdie vryheid en redding iets wat jy net met almal wil deel. En dis 'n gawe wat verniet is. Jy moet net ingee. God is nie die probleem nie. Ons is die probleem. Maar ipv om ons almal hel toe te stuur, het Hy iets wonderliks gedoen. Hy het ons 'n kans gegee. Hy het Sy Seun, Jesus Christus, gestuur. Hy't nie in sonde gelewe nie, maar was rein soos Adam en Eva, sondeloos. En Hy het hier onder ons kom woon, soos Adam en Eva. Maar waar ons almal gesondig het, was Hy die enigste Een wat nie het nie. As die enigste Een sonder sonde, het hulle Hom op 'n kruis vasgespyker asof Hy 'n krimineel was. En Hy is begrawe. Maar omdat Hy die enigste Een sonder sonde was, het Hy weer opgestaan uit die dood. En toe is Hy hemel toe, en het Sy Heilige Gees aarde toe gestuur. Wat moet ons nou doen? Ons moet in Jesus glo, en in Sy woorde. En Hy het gesê ons moet ons tot God bekeer en toe het Hy gesê ons moet wedergebore word, uit water en Gees. Ons het die Evangelie met hulle almal gedeel en toe het ons begin bid vir hulle. Dit was so kragtig. Een vir een is hulle bevry van demone. Een vir een is genees, en God se teenwoordigheid was so sterk in die huis. God... ek bekeer my... en vra U... maak my vry... Pyn, gaan. Verlaat haar. Ek beveel hierdie gees, verlaat haar nou dadelik. Gaan. Heilige Gees, vul haar. Meer. Laat gaan. O, vryheid, nou dadelik, Heilige Gees, vul haar nog meer. Vryheid, nou dadelik. vul haar nou, Heilige Gees. Dis U liefde. Dit is U liefde, Heilige Gees. Alle hartseer, ek beveel daardie pyn, gaan nou dadelik. Pyn, los haar nou. Laat gaan. Laat gaan. Hoe het dit gevoel? Is dit weg? - Niks meer pyn nie. Dit is weg. Dit is weg. Niks meer pyn nie. Ek het dit gehad vir baie jare. My seun weet. Ek is na die dokter toe en het al daardie medikasie gebruik. Dit is weg. - Dis weg. Halleluja. Dit is die Heilige Gees. Laaste ding, gaan. Praat. Laaste ding, gaan. Kom uit. Ons beveel hierdie gees, gaan nou dadelik. Halleluja. 'n Nuwe begin. - Ek is vry. O, dankie, Here. Dankie, Jesus. En soos jy gesê het, baie glo deesdae nie daarin nie. Maar dit is so Bybels, dis wat ons in die Bybel lees. Dit is Bybels, my vriend, dis kragtig. Mense, dis die werklikheid. Ja, dit is waar, en mense moet dit sien. Ek is op vreemde maniere aangeval, soos met stemme en gedagtes. Nee, hierdie is nie reg nie, moenie dit doen nie. Dis 'n sekte. Ek het na my man toe gegaan en gesê: "Kom ons stop hierdie. Ek wil dit nie hê nie. Dis vreemd.' Dit het vreemd gevoel vir my. Hy het gesê: 'Nee, nee.' Hy het geglimlag en was vol liefde. Hy was soos: 'Dis wonderlik. Moenie so dink nie. Dis wonderlik. Glo my.' 'Wanneer jy gedoop is met die Heilige Gees, sal jy dieselfde voel.' En ek was soos: 'Nee, ek glo jou nie. Kom ons stop dit.' Ek weet nie. Ek is erg aangeval op daardie oomblik. Toe bid hy vir my, en ek was soos: 'Sjoe.' God... ek kom na U toe... en vra vergifnis vir wat ek gedoen het... en ek vat hierdie pyn... en ek gee dit vir U... en ek vergewe hulle... almal wat my seergemaak het... en ek vra U... maak my vry... kom met U Heilige Gees... en vul my... nou dadelik. Laat gaan. Nou dadelik, ek beveel hierdie pyn om te gaan. Kom uit. Gaan. Verlaat haar. Laat gaan. Pyn, gaan. Seer, kom uit. Laat gaan. Gees, gees van vrees, hierdie onrein gees, verlaat haar. Kom uit. Kom uit. Gaan. Ek onthou dat ek geval het en dit het gevoel of iets my verlaat. En toe staan ek op. Die Heilige het ingekom en ek het opgestaan. Ek weet nie. Ek was luidrugtig, en ook terselfdertyd geskok, want 'Sjoe. Ek is nou baie luidrugtig.' Maar dit was die krag van die Heilige Gees Hoe het dit gevoel? - Ek weet nie waar ek nou is nie. Jy is nog hier. Komaan. God seën jou. - Dankie. Daar is nou vryheid. Dankie. Jesus, ons wil U net dank. Ons dank U want U is hier in hierdie huis. Ons dank U vir U Heilige Gees. Jesus, dit gaan alles oor U, en U Gees, Jesus. Ons dank U, Jesus, vir alles wat U doen. Dankie vir al die lewens wat vanaand verander word. Ons wil U aanbid, Ons wil U vereer. Ons sê, Jesus, laat dit nooit ophou nie. Hierdie is ons lewe, Jesus. Dit is waaroor dit alles gaan. Ons wil U Koninkryk sien kom, Jesus. Ons is lief vir U, Jesus, ons wil U dien. Kom met U Heilige Gees. Is dit koud? - Ja, maar dit maak nie saak nie. Goed. Halleluja. David, jy word nie tot 'n kerk gedoop nie. Hierdie is nie 'n lidmaatskap nie. Dit is nie net 'n uiterlike teken nie. Dit is 'n ware begrafnis van die ou lewe en 'n afwassing van sonde. En jy word gedoop tot Jesus Christus, want jy sterf met Christus en jy staan op saam met Christus. Soos Jesus dit gedoen het. Dis alles oor die kruis. Jesus het gesterf aan die kruis Hy is begrawe. Hy het weer opgestaan. Ons moet sterf, ons bekeer tot God, ons moet begrawe word, soos Jesus begrawe is, en dan staan ons op met die krag van die Heilige Gees. So, nou is ons in Christus. Laat sak jou hande. Is jy gereed... - Ek is gereed. ...om op grond van jou eie geloof gedoop te word tot Jesus Christus? So, ons gaan jou vorentoe laat gaan. So, op grond van jou eie geloof, David, doop ons jou tot Jesus Christus. Sterf saam met Christus, staan op saam met Christus. Is jy gereed om gedoop te word tot Jesus Christus? Jy moet kniel. Ons doop jou tot Jesus Christus. Gaan nou af. Sterf saam met Christus, staan op saam met Christus. Toe ek vroeër vir haar gebid het binne, het ek regtig dadelik geweet dat sy 'n aborsie gehad het. En ek het gevoel daar is dood oor haar en 'n klomp skande en skuldgevoel daarin. Ons kruip nie weg nie en is nie skaam nie, ons pak dit nie weg nie, soos: 'Ons mag nooit hieroor praat nie.' Komaan, daar is vryheid in Jesus. En vryheid is, om dit oop te maak en te ontbloot. Wat jy gedoen het, was verkeerd Maar jy gaan dit nou afwas, en jy moet ook nou jouself vergewe. Jesus het die prys betaal. Sterf saam met Christus, staan op saam met Christus. Sterf saam met Christus, staan op saam met Christus. Sterf saam met Christus, staan op saam met Christus. Sterf met Christus, staan op saam met Christus. Sterf saam met Christus, staan op saam met Christus. Halleluja. God seën jou. God seën jou. 'n Nuwe begin. Halleluja. Dis 'n nuwe lewe. Dis hoekom Jesus gekom het. Om ons vry te maak. Dit was fantasties, en jy wil meer daarvan hê. En jy begin verstaan dat Jesus waarlik lewe. Hy het ons nie regtig verlaat nie. Dit was 'n groot openbaring vir my, want 99 persent van hoofstroom- Christene, staat-Christene dink Hy het gesterf, opgestaan, en op 'n manier verdwyn. Hy is hier tussen ons. As ons na Hom soek, is Hy meer as gewillig om met ons te wees, by ons te bly Maar dit is ons, dit is ons oortredinge, ons onwilligheid, wat dit verhinder. So dit was miskien die punt waar ek begin verstaan het, dat Jesus by ons kan en wil wees, as ons Hom net toelaat, as ons Hom net soek. En dit maak sin. Alles anders is vormgodsdiens. ISRAEL JERUSALEM Oorlewering sê dat dit net daar is waar hulle Hom neergelê het toe Hy gesterf het. Hulle het Hom daar neergelê voor hulle Hom begrawe het. En kyk hier. As mense Jesus waarlik geken het, sou hul nie nodig gehad het om dít te doen nie Jesus het gesê dis oor Gees en waarheid. Jy hoef nie hier te kom aanbid nie. Hy het aarde toe gekom, sodat elke Christen 'n lewende steen kan wees. Maar hierdie is dooie stene. Ons is nou die stene, ons is nou waar Jesus Christus leef. Dit was vir my baie skokkend om te sien hoe mense in Israel alles aanbid wat met God te doen het, maar nie vir God aanbid nie. Almal vorm hulle eie geloofsoortuigings en hulle aanbid hulle geloofsoortuigings, die reëls, die tradisies, wat geleer is, wat gesê is. Maar hul verbind hulself nie daartoe om 'n verhouding met God self te hê nie. Baie mense in die wêreld word vandag groot met godsdiens. Hulle word groot met die Christelike godsdiens, sonder dat hulle ooit weet wie God regtig is, of om Jesus te ken as Persoon. Daar is 'n reuse verskil tussen godsdiens en Christenskap, soos wat Jesus dit gebring het. Ek is tot op 14 Katoliek grootgemaak. Ek's gered, het God ontmoet en verander. Ons was 'n klein groepie mense wat God regtig liefgehad het. Met tyd het die groep begin groei en ons het dit 'n kerk gemaak Ek't God gedien in dieselfde kerk vir omtrent 19 jaar,in dieselfde gemeenskap in Peru waar ek gebore is, en later in ander lande waarheen ek verhuis het. Ek het my bes gedoen, want vir my was die enigste plek waar ek God kon dien, waar ek iets betekenisvol vir God kon doen, deur die kerk. My beste vriend was leier van dit en ek leier van dat en my broer was die pastoor. Dit het net nog 'n sekte-sisteem geword waar ons teen mekaar gekompeteer het en mense gered wou kry ter wille van onsself. Natuurlik was dit nie bewustelik nie, maar toe met tyd, was die Heilige Gees weg Sonde kom terug en begin met jou baklei en dis soos: 'Wat gaan aan?' Ek was musiekleier, aanbiddingsleier, konsertleier, Bybelstudieleier... evangelisasieleier, en natuurlik alles tussenin ook. En het ook gehelp met die skoonmaak en organisering van byeenkomste. Ek het soveel gedoen as wat ek kon. Want ek het gedink, dis hoe ek God dien. Wat anders kon ek vir Hom doen? Wat vreemd is, is dat ek in daardie 19 jaar nooit iemand gesien gered word nie of dat God my gebruik het om mense na Christus te lei nie HY IS NIE HIER NIE. HY HET OPGESTAAN. Wat beteken dit dat die graf leeg is? - Dit beteken Hy leef. So, as Hy leef, dan kan ons 'n verhouding met Hom hê. Jy kan nie 'n verhouding hê met iemand wat nie lewend is nie. Hy moet leef om 'n verhouding met Hom te kan hê. Dit beteken jy kan Hom ken En dis die hele punt - daar's 'n verskil tussen om van Hom te lees, van Hom te leer, oor hoe Hy geleef het en wat Hy was en dan om Hom te ken en wat Hy vandag is. Jesus... ek vra U... kom nou... wys my dat U 'n werklikheid is... kom met U Heilige Gees... vul my... nou dadelik... Meer... Kan jy dit voel? - Ja. Hoe voel dit? - Wonderlik. Het jy dit al voorheen gevoel? - Nee. Maar wat jy nou ervaar het is sterker as wat jy ervaar het daar onder? Ja. - Want Jesus leef. So, toe het God my oë oopgemaak en nou het ek al daardie dinge agtergelaat. En nou praat die Heilige Gees elke week, Hy lei my lewe - staak dit, hou op daarmee, gaan hierheen, gaan daarheen. Dit is mal. Dit is asof my lewe nie meer my eie is nie. Ek het regtig vir God gesê: 'Wat U ookal wil hê, is U s'n.' En ewe skielik het my lewe gelyk presies soos waarvan ek lees in Handelinge Dit was 'n skokkende oomblik toe ek besef dat wat ek in die kerk gedoen het nie enigsins vir Satan bedreig het nie. Ek het nie die krag van die Heilige Gees verstaan of daarin gestap nie - die siekes genees, demone uitgedryf, die krag van God gewys, soos Paulus sê nie Die tyd het gekom waarin ek in daardie lewe begin instap het en God het vrug begin stuur, sonder dat ek agter mense moes aanhardloop. God het mense gestuur. God het die mense honger gestuur. God het die mense behoeftig gestuur. Ek kon gee wat hulle nodig het en hulle doop en leer en dissipel en effektief maak. Pyn, gaan nou dadelik in die Naam van Jesus. Hoe voel die pyn nou? Voel jy pyn? - 'n Klein bietjie. Waar is die bietjie pyn? - Hier. Goed. Pyn, gaan. In Jesus Naam beveel ek die laaste pyn om te gaan Ek voel baie anders. - Jy voel nou anders? Pyn, gaan. God, ek dank U vir krag. Krag vir my vriend hier, krag vir sy hele liggaam. Dankie vir krag vir sy spiere. Dankie vir krag, God. Hoe voel dit? - Dit het net weggegaan. Het dit nou weggegaan? - Hier, 'n klein bietjie. Laaste pyn, gaan. God, dankie, want die laaste pyn gaan in die Naam van Jesus. Hoe voel dit om te loop? - Baie beter as vantevore, moet ek sê. Hoe voel dit? O, ons moet gaan. - Goed, ons gaan. Ja, komaan. God seën jou. Ek volg jou. O God, dankie vir vryheid. Dank God net daarvoor, dank Jesus en gebruik jou liggaam. Dit is wat God doen. Ons is nou in Kapernaüm, waar Jesus gewoon het. En hierdie man sit nou al vir 'n jaar in 'n rolstoel. Hy het 'n probleem gehad met 'n senuwee in sy rug en been. Ons het hom net gestop en met hom gepraat, en saam met hom begin stap. En dit het net beter en beter geword. Hulle het nou gekom en vir my geld aangebied. Ons wil nie geld hê nie, want ons het dit verniet ontvang en ons gaan dit verniet gee. Dit is Jesus Christus. Probeer om jou te verbeel waar Jesus hier rondgeloop het en siekes genees het en die Evangelie verkondig het by hierdie plek. Maar Jesus is dieselfde vandag. Hy het nie verander nie. Ons is nou Sy liggaam hier op aarde. Ons is nou die liggaam van Christus. Ons is geroep om rond te gaan hier op aarde en dieselfde te doen as Jesus. Dit is die lewe. As ons na godsdiens kyk vandag, en jy kan enige godsdiens vat wat daar is, Katolisisme of Judaïsme of Islam of enige ander godsdiens. In enige van hulle, moet ons werk om goed genoeg te wees. Ons moet werk vir ons redding. Wanneer ons kyk na wat Jesus gedoen het...Hy het gekom en alles vir ons gedoen Sien, die ding is, ons is slawe. En 'n slaaf kan homself nie bevry nie. As jy 'n gevangene is, kan jy nie jouself vrymaak nie. En ons is gevangenes. Ons is slawe van die sonde. So ons kan nie onsself vrymaak nie. Dit maak nie saak hoe hard ons werk nie. Dit is hoekom God vir ons die wet gegee het, om vir ons sonde te wys, en hoe ons nie onsself kan red nie. En toe het Jesus gekom om die wet te vervul en ons vry te maak van sonde. Hy het die perfekte prys betaal, die perfekte offer vir ons vryheid, sodat ons kan vry wees. Hy het sonde geword, sodat ons in Sy geregtigheid geklee kan word. JORDANIË PETRA Een van die gidse, 18 of 20 jaar oud, het een van die perde getrek, Ons het opgeëindig met net hierdie jongman en begin afloop by die berg en ons kon met hom deel wat ons doen. Het jy pyn êrens? - Ek? Ons kan jou help. Het jy pyn? - Regtig? Ek het. Kyk. Goed. Wat het gebeur? - 'n Perd het van daar af afgekom. Goed. Kan jy jou arm oplig? - Ja, maar as ek iets vashou, sal dit op sy eie afgaan. Kan jy probeer om my arm vas te hou? - Probeer om hom op te druk. Ek druk hom. Net 'n oomblik. Wanneer ek iets vashou, sal dit afgaan. Dit sal so maak en afgaan. As jy genees word, sal jy dit kan toets? Ek kan dit toets. Ek het 'n probleem hier. Ek weet nie. Kan ek vir jou bid? Kyk. - Ja, ek sien. Hy gaan dit regmaak. - Ja, ek bid. Ek bid vir bene om in plek te kom nou dadelik. In die Naam van Jesus. Pyn gaan nou dadelik, genesing, nou dadelik, in die Naam van Jesus Probeer weer. Toets dit. - Kies 'n klip. Is dit reg? Jy sien, ek kan nie. Sien jy? Hou my hand. Hou dit van hier af. Sien jy? God, vryheid nou dadelik, in die spier. Ons beveel, gaan in plek nou dadelik. Bene, gaan in plek nou dadelik, in Jesus se Naam. Genesing, nou dadelik, in Jesus se Naam. Probeer weer. - Sien jy? Is dit beter? - Ja, dit is beter. Laaste ding, gaan. Volkome vryheid in die spier, die senuwee, die bene. Vryheid, nou dadelik, in Jesus se Naam. Probeer weer. Dit is maklik. - Jy kan dit nou doen? Ja. Regtig. - Haai. Hoe het dit gebeur? Ek weet nie. Is dit die God wat jy dien? - Dit is God. Regtig? - Ja. Dis God wat jou nou net genees het. Regtig? - Ja. Nou is dit maklik. - Is dit nou maklik? Regtig.Toe jy dit vasgehou het, was dit so. Maar dit is die God, toe ek 18 jaar oud was.. jy is nou 18? Toe ek 18 jaar oud was, het ek in die lug opgekyk en gesê: 'God, as U daar is, kom en neem my. Ek wil U ken.' Toe, 'n paar dae later, het ek van Jesus gehoor. Het jy al van Jesus gehoor? Ken jy Hom? Isa. En toe sê ek: 'Isa, Jesus, ek het U nodig. Kom en red my.' Ek het Hom aangeroep en Hy het gekom en my sonde vergewe en in my gekom. Ja, en nou kan ons vir mense bid en Jesus volg. Dit is goed. Ek het voorheen in niks geglo nie. Ek was 18 jaar oud. Ek het 'n klomp probleme gehad. My ma was siek. Maar toe sê ek: 'God, as U daar is, wil ek U ken.' En ek het van Jesus gehoor. En ek het gedink: Is dit reg? Maar toe ontmoet ek Hom en Hy het my lewe verander. Isa is wonderlik. Isa het gesterf aan die kruis. Ken jy die storie? En Hy is begrawe, maar Hy het weer opgestaan uit die dood. Omdat Jesus gesterf het aan die kruis, kan ons vergifnis ervaar vir die dinge wat ons gedoen het wat verkeerd is. Maar daar is mense wat Hom nie ken nie. - Baie mense ken Hom nie. Maar wat ek met jou gedoen het... As jy Hom ken, kan jy dit met ander doen. Net ek? - Ja, jy kan. Ek ken Hom nie. Nee, maar as jy Hom ken, as jy sê: 'Isa, ek wil U ken, Ek wil saam met U lewe...' - Kan ek met Hom praat? Jy kan met Hom praat en jy kan die lewe ervaar wat ek ervaar het. God... ek glo in U... Ek glo in U, Isa... Isa... ek vra U... kom... wys my... dat U 'n werklikheid is... nou dadelik... Maak net jou oë toe. - Nou dadelik. Vul hom. Meer. Vul hom, nou dadelik. Vryheid, nou dadelik. Krag in sy binneste. Laat hom sien, Isa, dat U 'n werklikheid is, hom liefhet, en vir hom gesterf het. Isa, dankie vir U Heilige Gees. Dankie, Heilige Gees. Kom en raak hom nou dadelik aan. Kom met vreugde. Vreugde in sy binneste. Dat hy kan begryp dat U die Lewe is, Jesus. Dat U vandag leef en dat U Gees werksaam is oor die hele aarde. Ook hier, Here. Hoe gaan dit? Kan jy dit voel? Hoe het dit gevoel? - Goed. Jy het die Gees van God gevoel. Dit is 'n werklikheid. Ja. Komaan, gee my 'n drukkie. Jy het dit nog nooit ervaar nie. Dit was God. - Ja. Halleluja, my vriend, dis 'n werklikheid. Dis 'n werklikheid. En toe ek 18 was, het ek dit vir die eerste keer ervaar. Toe ek ervaar het dat Isa 'n werklikheid is, was ek 18 jaar oud, soos jy nou is. En ek glo God het ons hiernatoe gebring vandag vir jou. Ek glo God het ons al die pad van Denemarke af gebring vir jou, Om na hierdie plek toe te kom. Om hierdie woorde vir jou te sê. Wat is dit eintlik? Iets het in my opgekom. Miskien kan ons aan hom verduidelik hoe die Heilige Gees werk. Ons kan aan hom verduidelik dat Jesus die Gees van God gehad het en die Gees wat in Jesus is, is dieselfde Gees wat Hy vir ons gee. En daardie Gees is wie hom nou net aangeraak het en in hom wil woon. Hy't gesê: 'Ek ken nie vir Jesus nie.' Ek het gesê: 'Jy sal' Hy't gesê: 'Wat moet ek doen?' Ek't gesê: 'Gaan huis toe maak die deur van jou kamer toe en begin Hom vra.' Sê: 'Jesus, ek wil U ken. Ek wil U sien.' Hy het gesê: 'O, ek wil Hom regtig sien.' Ek het gesê: 'Jy sal.' Hy sal in drome kom. Hy sal na jou toe kom. Hou net aan soek na Hom. Daarna het ons na Petra toe gegaan, na die ruïnes. Ek was 'n bietjie versigtig, en het nie regtig mense genader nie. Het jy pyn? Het jy geen pyn nie? Dit gaan goed, jy is sterk? Ek het 'n probleem aan die binnekant. My hart. Ek rook te veel. In die Naam van Jesus Christus neem ek outoriteit en beveel jou om te gaan. En ek spreek volkome genesing oor hierdie longe. Longe, herstel weer. Groei weer in die Naam van Jesus Christus. Nou, kan jy... Allah. Ek beveel jou nou dadelik in die Naam van Jesus Christus... Kyk. Goed? Baie goed. Isa het gesterf. Maar toe word Hy weer lewend. Hy het na die Vader gegaan. Hy is nie dood nie. Hy leef. Alles word weer normaal, nou dadelik. Dit is nie towery nie. Ek is 'n normale man, soos jy. Dis die Gees van God. In die Naam van Jesus Christus, beveel ek dat alle pyn hierdie liggaam verlaat. Ek breek die duisternis in hierdie seun in die Naam van Jesus Christus. Raak hom nou aan met U Heilige Gees. Nou dadelik. Vul hom en seën hom. Foto. Iets wat regtig merkwaardig was, is dat op 'n deel van die pad, terwyl Torben met die jongman gepraat het was daar 'n paartjie op pad op met die trappe. Dit het gelyk of hulle Arabies is en die vrou het 'n kopdoek gedra. Later het Torben hulle genader. Hulle was nie Arabies nie, maar Amerikaans. Ek is verras deur hoe ek gedink het. Ons het met hulle gesels en het eindelik vir hulle gebid en hulle het die Heilige Gees ontvang, hier in Petra. Vader, ek dank U vir Jay se lewe en dat hy U volg en dat hy 'n lig in die duisternis wil wees en sout vir die aarde. Dit is U belofte van die Heilige Gees en ek vra U nou, Here Jesus, om hom te vul. Stuur U Heilige Gees, Vader, stuur U belofte aan hom. Gee hom meer, Vader. Amen. Jy het dit, broer. Dis joune. - Dankie. Jy is gevul met krag van die hemel. Jesus is hemel toe sodat Hy dit kon stuur. Toe Hy hier was, kon mense van God hoor as Hy met hulle gepraat het. Hy kon net 3, 4, 5, 10 mense help. Maar nou kan die Heilige Gees jou leer. En jy kan God net vra, en Hy sal jou antwoord. Hy sal met jou praat. Daar is krag, baie krag. Wonderlik, man. - Ek is lief vir jou, broer. Dis so vreemd vir my. Soms het ons die verkeerde idee oor mense en ons wag vir iets om te gebeur. Maar ons kan dinge laat gebeur. Ons kan dit enige tyd doen, heeltyd en met enigiemand. Jy weet, dit is net om mense lief te hê en hulle te aanvaar, hulle te nader met 'n normale gesindheid en dan net die lewe wat in ons is met hulle te deel. So op die ou end, nadat ons toer klaar was en ons klaar was met alles en alles klaar gesê en gedoen was, het ek vir hierdie jong toergids wat met die perd gewerk het, gesê: 'Ek het 'n geskenk vir jou, ek het 'n boek vir jou.' Hy het gesê, 'Goed, ek wil daardie boek hê,' so ons is na ons kar toe en het die tasse oopgemaak en Lars het gekyk, hy het Nuwe Testamente gehad. Hy het daardie boek vir hom gegee, en hy het gesê, 'Sjoe, dis vir my mense,' Dit was in sy taal. 'So ons kan dit lees.' Ek het gesê: 'Ja, lees dit asb.' Hy het gesê: 'Gee asb vir my jou epos en jou Facebook.' Ons gaan kontak behou. Ek hoop en glo regtig dat God hom gaan oprig as 'n persoon van vrede, hier in die middel van Jordanië, om al hierdie mense te bereik. Christenskap is 'n reis. Jesus sê een deur die Gees gelei, is soos die wind. Jy hoor sy stem, maar jy weet nie waar hy vandaan kom of waarheen hy gaan nie Deel van die reis is dat jy na plekke sal gaan en woestyne sal trotseer. Woestyne is plekke wat droog is, waar die basiese vir oorlewing ontbreek. Jy is heeltemal alleen en jy voel of jy gaan sterf. Daar is geen hulpmiddels om jou nie, en geen voorsiening nie, daar is geen geselskap nie. Jy stap alleen en jy word moeg en uitgeput en die ergste is jy weet nie hoe lank die pad gaan wees nie, hoe lank jy in die woestyn gaan bly nie. Jy weet nie of jy water of 'n oase gaan vind nie. Maar jy moet aanhou stap. Jesus is ons voorbeeld, Jesus is ons rolmodel, ons wil soos Hy wees. Ons wil soos Hy lewe. Ons is geroep om soos Jesus te lewe. Die eerste ding wat die Heilige Gees gedoen het, toe Hy op Jesus gekom het... was om Hom uit te te lei na die woestyn. En vir 40 dae het Jesus gevas en is Hy versoek. Toe ek in 'n woestynperiode was, my huwelik besig om te verbrokkel, lang ure by die werk, fisies moeg, geen vriende nie in 'n nuwe land, geen familie nie... jy voel so alleen. Jy het nie meer die gemeenskap in 'n kerk nie, want daar's nie tyd nie. skielik het ek so alleen gevoel, ek het nie geweet hoe om daar uit te kom nie. Ek was depressief. In der waarheid, wou ek sterf. Ek bid dat U die bene en die spiere sal herstel, enigiets wat beskadig is, in Jesus se Naam. Vader, U kan metaal laat smelt, ons het gesien, Here.. en ons vertrou U vir volkome herstel van hierdie been in Jesus se Naam. Kan jy enige verskil voel? - Nee. Goed. Probeer om dit te beweeg. - Maar dis nie regverdig om te sê nie... Nie regtig nie. Hoe erg is die pyn as 10 regtig erg is en 1 is... Dis oukei, dit lyk erger as wat dit is. Die ergste deel is alreeds verby. - Glo jy in Jesus? Wel, ek het eens op 'n tyd, maar ek dink dis bietjie simpel, want, nee, Jesus het niks daarmee te doen gehad nie. 'n Klomp baie talentvolle, slim mense het my been oopgemaak en metaal ingesit en nou gaan ek eindelik weer kan loop een of ander tyd. Ek was so 'n slegte mens en Hy het my lewe verander... Sê jy ek is 'n slegte mens? Dat ek, wat [@#?] Nee, ek was sleg. - Hoekom sou jy...? Nog nooit in my lewe het 'n totale vreemdeling my tromp-op geloop en gesê: 'Weet jy, ek was sleg eens op 'n tyd' nie. Hoe kom dit oor? Dit voel asof jy oordeel. Jammer, ek het dit nie so bedoel nie. - Waarom kom praat jy dan met my? Ek wil net sien dat jy genees word. Dis al. Jammer. Wag dan 3 maande en kom terug, man. Ek het nie jou en jou God nodig nie. Ek het die wetenskap. Daar's metaal in my been! Dit het nie so goed uitgedraai nie, want ek dink hy was dalk 'n bietjie dronk. Hy het regtig kwaad geword toe ons oor Jesus begin praat. Hy het opgestaan en regtig ontsteld geraak, met sy vrou ook. Ek dink hulle was dalk self ook betrokke in 'n argument. Soms, wanneer jy in so 'n situasie is, wanneer mense kwaad word vir jou, is dit vreesaanjaend. Ek het die vrees in my gevoel. Ek wou net weghardloop. Natuurlik sien ons nie genesing elke liewe keer nie. Soms, wanneer jy die video's op YouTube en die internet sien... lyk dit so maklik, want hul wys nie die volle weergawe nie of die mense wat nee gesê het voor hul vir hulle gebid het of hoe baie keer hulle gebid het vir die persoon voor genesing plaasgevind het nie. Ons moes dit op die harde manier leer, want in die begin het ek gedink daar is iets fout met my. As ek op die strate uitgaan en mense voorkeer en hulle sê nee... dis moeilik. Hoe meer ek dit doen, hoe makliker word dit, maar veral in die begin, was dit regtig moeilik vir my. Pyn, gaan. Probeer weer. - Nee Nee, ou. Hierdie is so [@#!] Wag 'n bietjie. Gaan nou dadelik in Jesus se Naam. Nee, ou. Dis... nee, dis [@#!] Het jy nou pyn? God, ek bid vir genesing nou dadelik, ek beveel alle pyn om nou te gaan in die Naam van Jesus. Probeer weer, hoe voel dit nou? - Nee, dis dieselfde. Ek beveel die laaste pyn om nou te gaan in Jesus se Naam. Probeer weer. Nee. Dieselfde. Hoe weet jy of daar eers 'n God is? Hoe weet jy dit? Die Bybel kon net 'n boek gewees het wat hulle gekry het en dan begin het as 'n storie. Dis hoe ek dit sien. Jammer. Dit sal wonderlik wees as alles elke keer gebeur, maar dis nie die lewe nie. Daar's eintlik baie hoogte- en laagtepunte. Ek het al vir so baie mense gebid wat nie genees is nie. Ek het vir baie mense gebid wat nie die Heilige Gees ontvang het nie Ek het al mense probeer help en dan draai dit nie goed uit nie. Ek het al vir mense die verkeerde antwoord gee, ek het baie foute gemaak. Maar ek groei en ek leer. En dit is goed om te groei en te leer. Dis oukei om foute te maak. Dit is hoe dit is om 'n dissipel van Jesus te wees. As jy video's kyk en sien hoe mense net so bevryding kry of net so vinnig genees word, omdat jy 'n geredigeerde weergawe sien... Mense moet besef dat wanneer jy bid, moet jy net aanhou. Hou net aan. Want die video wat jy gekyk het - hulle het resultate gekry want hul hou aan. Ontbering en pyn is noodsaaklike dele van dissipelskap. Jesus het gesê ons moet 'n kruis dra en 'n kruis is nie gemaklik nie. Dis soos 'n vrou wat geboorte gee. Die vrou wat geboorte gee, gaan deur soveel pyn, maar wanneer die baba gebore is, dink hulle nie meer oor die pyn nie. Hulle kyk nooit na hul seun as 'n simbool van pyn nie, maar vreugde. En hulle vergeet al die pyn wat hul ervaar het, en die nege maande swangerskap Want 'n nuwe lewe is gebore. En dít is die Christelike wandel. Ons het so baie stories om te vertel, so baie getuienisse, ek word tranerig as ek dink aan al die wonderlike dinge wat God gedoen het. Maar voor elke liewe oorwinning, was daar 'n tyd van lyding, uitdaging, pyn. Een keer baie lank terug, op 'n TV-program het ek 'n vrou hoor sê dat as sy moes kies tussen ekstreme lyding... en ekstreme vreugde, sy altyd ekstreme lyding sou kies, want dit is wanneer sy die naaste aan God is. Ek kon toe nie verstaan wat sy moontlik kon bedoel nie. Ek het gedink sy is kranksinnig, ek het gedink sy is mal. Maar ons het intussen geleer dat dit in daardie regtig moeilike tye is wanneer jy op jou einde is... op die einde van jou hulpmiddels, wanneer jy regtig doen, jy roep uit na God Woestyne is pynlike dele van jou lewe wat jou hart vorm... want wanneer jy geen hulpmiddels het om op te leun nie... is al wat jy het, Jesus. En jy kan Jesus nie leer ken wanneer jou aandag afgelei word deur so baie ander dinge in die lewe nie. Ek het dit ontdek toe ek saam met my familie gereis het sonder selfone, dat ek hulle baie beter leer ken het, met niks om my aandag af te lei nie Soms moet ons die selfone van die lewe afsit sodat ons 'n goeie tyd kan hê waar ons in God se oë kyk. Terselfdertyd is daardie tydperk van pyn 'n pragtige tydperk... want jy leer op God vertrou in plaas van jou eie hart. Want dis so maklik om net gemaklik te raak met dit wat jy weet, maar in daardie oomblikke besef jy hoe afhanklik jy van God is, dat as God dit nie doen nie, gaan niemand nie en al jou prestasies, kennis en charisma sal dit nie doen nie. Jy het God nodig. So dis die proses van die lewe gelei deur die Heilige Gees Dis uitdaging, dis vrees, frustrasie, stryd, en dan kom die seën en oorwinning. jy vergeet al die pyn en verheerlik God vir wat jy ervaar het. Soms verduidelik God nie Sy strategie en bedoeling nie. Maar Hy stuur ons op 'n pad en ons het nodig om dié pad te loop. Woestyne is dele van die lewe wat ons sal oplei, wat ons sal sterk maak en wat ons sal leer om God te vertrou. Hoe kan ons in geloof lewe as ons nie vertroue het nie? 'n Lewe in geloof is 'n lewe in vertroue. Om te kan vertrou, moet ons iemand ken. En jy leer God ken in die woestyn. Jy leer God nie ken in die valleie nie. TEMPEL VAN SALOMO, SÃO PAULO, BRASILIË Hoekom gebruik iemand 300 miljoen dollar... om dít te bou in die middel van 'n arm gebied? Ek het geen idee nie. Op pad hierheen het ons mense gesien wat bedel vir geld... mense wat probeer water verkoop, mense met klein winkeltjies het gesit en klein goedjies verkoop om net 'n bietjie geld te verdien. Die Christelike geloof het in Israel begin as 'n liggaam. 'n Lewende liggaam. Vir baie mense, is die Christelike geloof vandag 'n filosofie. Iets wat hulle in hulle verstand het. Vir baie is dit 'n instelling. Ons sien dit op baie plekke, soos die Katolieke kerk, en regoor Europa. Christenskap is baie keer 'n kultuur. Vir my was dit, ek het so grootgeword. Christenskap is ook vir baie mense 'n besigheid, nie net in Amerika nie - regoor die wêreld, die malste een wat ek sien. Baie mense wil niks met God te doen hê nie as gevolg hiervan. Baie mense sê, hoekom moet ek Jesus volg, of 'n Christen word? Want dís wat die Christelike geloof is. Ek wonder regtig wat Jesus sou gedoen het as Hy hier was vandag? Ek dink Hy sou die Woord verkondig het en Hy sou uitgeskop geword het. En dan sou Hy uitgegaan en daar gaan preek het. Sal ons dieselfde doen? - Ja, ek dink ons gaan dieselfde doen. Ek het gedink, kom ons kyk of ons mense kry wat die Heilige Gees nodig het Toe draai ek om en skree: 'Enigiemand hier wat gedoop wil word met die Heilige Gees?' Daar was 'n seun daar wat nie die Heilige Gees gehad het of in tale kon spreek nie Vryheid, nou dadelik. U liefde, Heilige Gees. Heilige Gees, kom in hierdie tempel in en vul hom nou dadelik. Toe kom daar 'n groot sekuriteitswag na ons toe: 'Wat doen julle?' En ek was soos: 'Ons het net vir hierdie ou gebid en hy't die Heilige Gees ontvang en nou spreek hy in tale.' - 'Jy mag nie hier buite bid nie.' 'Gebed mag slegs binne die tempel geskied en dit moet die pastoor wees wat vir die mense bid.' So, ons is toe uitgegooi uit die tempelarea en het na die ander kant van die hek gegaan en daarbuite het ons net vir nog mense begin bid. Kom Jesus. Kom en maak my vry... genees my liggaam... kom met U Heilige Gees... vul my... nou dadelik Heilige Gees, vul hierdie vrou nou in die Naam van Jesus. Raak haar nou aan Angs, gaan nou, gees van depressie, gaan. Verlaat haar, gaan. Kom uit. Om die draai kon jy dinge soos dié sien Dit is ongelooflik dat so baie geld spandeer moet word net om 'n institusie te verheerlik. Hierdie is die ware lewe. Waar sou Jesus gewees het? Ons moet onsself dit afvra. Sou Hy 'n tempel laat bou het van 300 miljoen Amerikaanse dollar? Nee. Hy sou hier gewees het. Jesus het nie gekom om die eiegeregtige mense te roep nie Hy het vir mense gekom wat 'n behoefte het. En hier sien jy behoeftiges. Jesus sê ons moet ons lig laat skyn, om die sout vir die aarde te wees, wat beteken dat ons moet wees waar die duisternis is, om in die plekke te wees waar daar nie geur is nie, dat hul die verskil kan voel. Ons is bedoel om ons lewens te belê in die lewens van dié mense wat in die duisternis is. Probeer om hierheen te kom en hul nood te verlig Maar dít is die ander kant van Brasilië wat ons sien. En daar is baie mense hier en regoor die wêreld wat 'n ander lewe het. Op 'n dag het ons besluit om na 'n ander plek te gaan waar ons 'n groot kerk in die middel van die stad gevind het. Buite die kerk het 'n klomp arm mense gelê, hawelose mense en hulle het op die stene buite daardie kerk gelê en geslaap. Ek het gedink dit sou goed wees om 'n paar stoele te hê waarop ons mense kan laat sit en vir hulle bid. Toe kyk ek rond en sien 'n winkel waar daar stoele was. Iemand wat daar gewerk het, het probleme met sy rug gehad. Vryheid. Probeer om...as Sy voel soveel beter. Sy was soos: Sjoe, ek dink ek gaan nooit weer die pyn hê nie. En toe kom die baas na my toe en hy het waarlik in God geglo maar is nog nie gedoop met die Heilige Gees nie, ons bid toe vir hom en die Heilige Gees het oor hom gekom in daardie winkel en hy het God ontmoet en begin huil en in tale gespreek. Toe sê ons: 'Wat ons eintlik wou hê was om 'n paar stoele te leen.' 'Ja, hier. Neem dit net.' Praat jy Engels? Het jy pyn êrens in jou liggaam? Vryheid, nou dadelik, in Jesus se Naam. Laaste pyn, gaan. Hoe voel die pyn nou? Dis alles weg. Vryheid in Jesus se Naam, nou dadelik. Probeer om te voel hoe jou rug nou voel. Dis alles weg? Dis alles weg! Sy het pyn. - Kan jy kom? Rug, gaan terug in plek in Jesus se Naam, nou dadelik. Is dit weg? Heilige Gees, meer... Raak sy hart aan. Maak hom vry. O Jesus, kom nou met U teenwoordigheid. Laat gaan. Jesus is daar, Hy wil jou 'n nuwe lewe gee. Lewe in daardie hande. Jesus is die antwoord... Hy het aan 'n kruis gesterf...om ons te bevry. Toe Jesus op die aarde geloop het... het Hy die siekes genees... Hy het mense bevry van demone... en Hy het die Koninkryk aangekondig. Mense het God ontmoet, genesing ervaar, en ons het die Evangelie verkondig. Sommige van die hawelose ouens buite die kerk het dit gesien en 'n paar van hulle het na ons toe gekom. Daar was in besonder een ou vir wie ek gebid het. Ek is al vir 26 jaar op die strate. Ons bly langs 'n kerk Ons bly op die trappe, ek en ander hawelose mense. Ander, wat in dieselfde situasie as ek is. Die lidmate van daardie kerk laat ons nie toe om in te gaan nie. Ons kan nie ingaan om water te drink nie. Hulle help ons nie met kos of niks nie. Ons bly net op die trappe. Hulle kan nie saam met ons bly, wat mense is, net soos hulle nie. Ons word as gemors beskou deur die kerk. Maar gister het hier 'n paar ouens en meisies aangekom om in die park te bid waar ek gewoon het. Eintlik, toe die mense in die park gebid het... wou ek net 'n drukkie hê, want ek het liefde nodig. Hy wil net hê jy moet hom 'n drukkie gee. God seën jou. Praat jy Engels? Ken jy vir Jesus? Ja, Jesus. Ek is lief vir Jesus. - Maak jou oë toe. Sê: Jesus... ek glo in U... Ek wil saam met U lewe... Maak my vry... Kom met U Heilige Gees... Vul my... nou dadelik. Vryheid. Laat dit gaan. Ek beveel hierdie leuen om hierdie liggaam te verlaat. Kom uit. Elke verslawing, ek beveel jou, verlaat hom. Vul hom. Jy lewe. Hy is lief vir jou! Daar is vryheid. - Dis baie goed. Dis die Heilige Gees. Om die Heilige Gees te ken, om nader aan Hom te wees, 'n vuil mens met 'n vuil liggaam en vuil gedagtes Toe kom 'n ou en bid vir my... en gooi jou net in die arms van die Heilige Gees van God. Hierdie ou het ons gevolg, al die pad terug tot by die hotel. Hy het buite die hotel geslaap daardie nag Ons het dit die dag daarna agtergekom want hy het na die byeenkoms toe gekom. Gedurende die byeenkoms het hy verduidelik wat die doop is en hoe om die Heilige Gees te ontmoet. Hierdie is nie maklik vir hom nie, want satan gaan hier verloor... en hy het jou regtig gebind in baie areas Is jy gereed om op grond van jou eie geloof gedoop te word tot Jesus Christus? So ons doop jou tot Jesus Christus. Nou gaan jy net af. Sterf saam met Christus. Staan op saam met Christus. Toe hy opkom uit die water, het daardie gees begin manifesteer. Hy was so kwaad. Hy het na my gekyk met die boosste oë. Gaan nou dadelik. Kom nou dadelik uit. Daar was 'n paar demone wat nie wou hê ek moet gedoop word nie. Ek het 'n slegte gevoel gehad voor my doop. Maar nou, daarna, voel ek lig en gelukkig. Ek voel die teenwoordigheid van Jesus langs my, van die Heilige Gees self. Daardie aand het hy vyf of ses van sy vriende na die byeenkoms toe gebring... en hulle het die verandering in hom gesien. Voor die laaste twee dae was my lewe niks. Nou is ek 'n evangelis. Hy het gesê: 'Ek het van niks gegaan tot 'n evangelis.' Ek het gevoel ons moet meer doen. So ons het 'n offergawe opgeneem vir hulle. Ons het almal geld gegee vir die kerk daar en die kerk het 'n huis gehuur waar daardie hawelose ouens kon bly en lewe en om ander te kry om hulle te begin dissipel, en dit was so mooi. Hulle is nie meer haweloos nie. Hulle is wedergebore, dissipels van Christus. en hulle kon 'n nuwe begin maak. Baie mense is nie gewoond hieraan nie want hulle is gewoond aan vormgodsdiens Hierdie gaan oor verhouding. Miskien kyk jy na my en dink ek is spesiaal. Jy dink, hy's 'n pastoor. Hy is 'n spesiale man van God. Nee, dit gaan nie oor my nie. Dit gaan oor Christus in my. En as jy jou bekeer, as jy gedoop word, en jy ontvang die Gees van Christus... het jy presies dieselfde as wat ek het. Hierdie is die begin. Daar is 'n lewe wat voorlê. In daardie lewe is daar vervolging. In daardie lewe is daar moeilike tye. In daardie lewe is daar pyn. Ek het baie gehuil. Ek het deur baie gegaan. Maar wat jy daaruit kry is soveel mooier. Hierdie is die Heilige Gees wat oor mense kom. Partykeer is dit demone. Partykeer is dit fisies. Ons is geroep om dit uit te dryf, maak nie saak wat dit is nie. Moenie bang wees nie. Jy het dit aan jou binnekant. Ons moet terugkom na dít waaroor dit alles gaan. Ons moet terugkeer na 'n verhouding met God. ÊRENS OP DIE PLATTELAND EEN JAAR LATER Wees asseblief hier met U leiding en U goedheid... met U liefde en U waarheid, en daardie waarheid sal ons vrymaak. Dit is U Woord, dit is U beweegrede, dit is al wat ons nodig het om te weet. Dis is al wat ons nodig het. Almal wil vry wees. Wel, dit is nou een jaar na ons doop. Ons sit hier in ons nuwe huis. Ek sou sê dit was 'n vol jaar. Baie, baie verandering. Dit is baie moeilik vir my om dit op 'n perfekte manier te beskryf. Maar een ding kan ek sê, dit was nie vervelig nie Ons glo God het ons hierheen gebring met 'n doel en dit het te doen met twee dinge. Met persoonlike vryheid, vir die familie ook wat belangrik is in hierdie tye en dit het te doen met 'n roeping om meer te belê in hulle wat verlore is. Die gebrokenes, die verwaarloosdes. Hulle wie ons nie gewoonlik graag in ons weelderige huise innooi nie. Ons het besluit om platteland toe te kom. Die eerste persoon wat God op ons harte gelê het, was Christopher. Ons was by sy skuiling, by sy huis waar hy woon waar ander haweloses ook woon en ons het oor God gepraat en hy was aangeraak daardeur Aanvanklik was dit moeilik vir hom om oop te maak omdat ons vreemdelinge vir hom was. Maar toe het die Heilige Gees hom aangeraak Daarom het ons teruggegaan en hom na ons huis toe gebring. Dames en here. Hierdie is "cups and cookies." Goed, luister - hierdie is regtig interessant. Jesus was sonder sonde. Vir God beteken om sonder sonde te wees 'n skoon en rein hart, vol liefde. En Jesus het tussen die mense beweeg en hulle genees. En Hy het die Evangelie verkondig, sodat hulle bevry kon word. Sodat hulle 'n verhouding met God kon hê en die hemel kon betree. Ek voel regtig soos 'n ander mens, kan ek sê en baie verandering het plaasgevind in ons lewens. En ek sien die lewe met 'n ander perspektief. Heeltemal anders. Hy is werklik hier, net hier, en Hy wil hê jy moet Hom ken. Hy het opgestaan. Dit beteken Hy is hier, nie onder die grond nie. Hy sien jou hart... en Hy weet, - seun, vandag is die dag wat jy gered kan word. Ek wil nie hê jy moet uit my hand geruk word nie. Hoe voel jy? Jy huil, dit is goed. Laat dit uitkom, dis goed. Ons bid tot U, Vader... laat U liefde by sy hart inkom en wys vir hom die liefde in hom. Kom, Vader. Bring U liefde. Wys Hom wie U is. Wys vir hom die waarheid. Hy het net een stel klere, en ons het vandag vir hom 'n bietjie klere gekoop. 'n Bietjie goeie klere vir die nuwe mens. So hy gaan gedoop word. Sterf saam met Christus, staan op saam met Christus. Ons dank U vir genesing, ons dank U vir vrede. Vryheid, vir die nuwe lewe van hierdie nuwe skepping. Vader, dis U seun Ons stel die nuwe seun, die nuwe skepping, voor aan U. Baie, baie dankie dat U ons hom laat leer ken het sodat ons hom vir U kon gee, Vader. Jesus het gesê: 'Ek was 'n vreemdeling en julle het nie vir My herberg gegee nie. Ek was in die gevangenis en julle het My nie besoek nie. Ek was naak en julle het My nie geklee nie. Honger, en het My nie gevoed nie.' Dankie. - Dis so 'n groot plesier. Moenie vir ons dankie sê nie, dank Jesus. Hy het jou nie vergeet nie. Weet jy dit? Dankie, Vader. En die Bybel sal ek na jou toe bring. Ons het Christopher terug huis toe geneem, na die skuiling toe, en soos wat ons teruggery het huis toe het ek gehuil, want ek het besef dat ek heeltemal verander het. Ek doen nou dinge wat ek nooit voorheen gedoen het nie. Ek doop mense, bid vir mense, praat met vreemdelinge. Voorheen het ons partytjies gehou. En dit was alles oor my, net oor my. En nou bid ek vir 'n man wat regtig heeltemal verlore is, in my huis. En ek druk hom, en die liefde in my is Jesus se liefde. Dis Christus se liefde. Wanneer jy 'n Grammy-toekenning wen, of 'n World Music-toekenning enige soort toekenning wat ek gewen het, Ek ken die gevoel, en ek weet daar is staande toejuigings en die hele wêreld staan voor jou en hulle verafgod jou en jy's die beste. Maar jy gaan terug na jou hotelkamer, en jy is nog steeds dieselfde, jy het nie verander in iets anders as jouself nie. Hartseer sluip in, eensaamheid sluip in, en steeds weet jy dat die res van die wêreld jou verafgod. So ek weet hoe ek gevoel het en ek weet dat baie van my kollegas ook so voel. Ek glo baie sterk dat as jy eers die waarheid soek, jy dit sal vind. Die enigste waarheid wat werklik Waarheid is, is die Seun van God, Die Seun van die Mens, en wat Hy vir ons gedoen het. Het meneer enige pyn? Ek is Ilze, aangename kennis. - Kola Hallo Kola! So, hy het... Wat is verkeerd met jou hand? Ek het 'n beroerte gehad. - Hy het 'n beroerte gehad. Kom ons bid vir dit. Jou naam is Kola? - Kola. Volle beweeglikheid, terug in Jesus se Naam in al sy vingers Spanning, verlaat sy spiere. Ek vervloek die beroerte in Jesus se Naam. Ek beveel genesing nou dadelik in Jesus se Naam. Gees, gaan uit. Gaan uit. Verlaat hom. Gees van swakheid en sieklikheid, gaan uit Ek spreek lewe in Kola in Jesus se Naam. Krag, kom terug in Jesus se Naam. Dankie Here, maak hom vry. Die vloek wat oor jou gesondheid uitgespreek is, gaan uit. Ek breek die vloek in Jesus se Naam. Gaan uit. Beroerte, laat gaan hom. Heeltemal. Alle siekte, gaan uit. verlaat Kola in die Naam van Jesus. Ek pleit die bloed van Jesus nou oor Kola in die Naam van Jesus. Hoe voel jy, Kola? - Beter. Jy voel beter. Wat het gebeur? Wat het gebeur? Het iets gelig? Kyk jou hand, dis beter. Jou hand is beter. Dankie, Jesus! Kyk, jou hand was styf. Voel dit beter? - Baie beter. Dit is Jesus. Jesus is die Krag bo alle krag. Jesus is die Naam bo alle name. Jy kan net Sy Naam aanroep, geen ander nie Lig daai arm op. Kon jy dit gedoen het? Kon hy dit doen? Voel jy beter? Hy voel baie beter. Hy kon nie dit doen nie. Dankie Jesus! Halleluja! Daai arm is nou los, kyk daar! So dit was net wonderlik. Hy het blykbaar 'n beroerte gehad aan die 1 kant so sy hand was styf. Hy kon nie sy hand heeltemal oopmaak nie, sy bene was ook baie keer gevoelloos Ons het net gebid en iets het gegaan en sy hand het stadig maar seker net meer en meer oopgegaan en sy bene het teruggekeer na normaal - dis nie meer gevoelloos nie. Paulus sê: Ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie want dit is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. En dis wat ons sien. Wanneer ons die Evangelie verkondig, verander harte. Wanneer ons die Evangelie verkondig, kom mense na Christus toe. Wanneer ons die Evangelie verkondig, word mense gered. Dít is die krag van redding vir almal wat glo. Jesus het beveel dat ons uitgaan en die Evangelie preek, dis nie 'n opsie nie. Hy het nie gesê: 'As jy so voel, of as jy tyd het, of as jy wil' nie. Hy het ons beveel, vir jou en my, gelowiges, Christene. Hy het gesê: 'Gaan uit en verkondig die Evangelie aan die ganse mensdom.' So, as ons die siekes genees, gehoorsaam ons nie vir Jesus nie. As ons net goeie werke doen, liefdadigheid, gehoorsaam ons Hom nie. Dit gaan oor die Evangelie, dit gaan oor Hom wat gekom het om ons van sonde te red. En ons die krag te gee om op die aarde te wandel net soos Hy het. Hy het vir ons die krag en outoriteit gegee het om Hom goed te verteenwoordig en die Goeie Nuus te deel met almal om ons. Dit gaan daaroor om die Evangelie te verkondig aan die ganse mensdom. Wie van julle weet hoe om skaak te speel? Ek weet nie, maar wat ek weet, is daar is reëls in skaak. En die reëls sê, dat elke persoon kry 'n beurt om te beweeg. Kom ons kyk wat is die reëls van God. Ons sien aan die begin het Hy alles geskep. Hy't beweeg en dit was goed. Hy't 'n perfekte aarde gemaak. Daar was nie hongersnood nie, daar was nie moeilikheid nie. Hy't gesê van daai boom van kennis van goed en kwaad mag jy nie eet nie Maar die mens het beweeg. Hulle was ongehoorsaam en het gesondig. God het gekyk na ons en gesê: 'Dis nie goed nie.' Die mens het afgekom van die ark af, en vermeerder, kinders gehad. Hulle steel, moor, is afgunstig, hulle lieg, al hierdie slegte dinge En God was baie hartseer, Hy sê Hy is jammer dat Hy die mens gemaak het. Eendag gaan jy voor God staan en jy gaan weet dat jy skuldig is. omdat jy Sy bevele verontagsaam het. Baie mense dink dat as jy een gebod oortree het, jy nog 'n goeie mens is uit die tien gebooie of jy kan 6 uit 10 kry en nog steeds hemel toe gaan. Maar God sê dat as jy een van hierdie wette oortree het, een van hierdie gebooie, is jy skuldig, jy het hulle almal oortree. Hoe meer die outoriteit van die persoon teen wie jy sondig, hoe groter die gevolge. Daarom kan ons staan voor 'n heilige, regverdige God met geen sonde in Hom nie, geoordeel word en na Sy tronk, die hel, gestuur word want dit is Sy gebod wat ons verbreek. En as ons dit verstaan, dan weet ons ons het 'n Redder nodig. Hy het Sy Seun, Jesus, gestuur om die prys te betaal en hulle te red. So wie se beurt is dit om te beweeg? Dis ons beurt. So gou as wat ons sê, 'Vader, ek is jammer vir wie ek is en vir my sonde' het ons beweeg. Ons bekeer ons tot Hom en Hy beweeg dadelik en vergewe ons. So gou as wat ons gedoop word tot Jesus Christus, was Hy ons skoon God beweeg dadelik en vul ons met die Heilige Gees Hy het geskuif. Jy het nog nooit 'n skuif gemaak nie. Wat gaan jy doen? Alles het verander toe ek die volle Evangelie hoor Skielik het dit lewend geword. Dit het my gewys dat ek waarlik ook 'n dissipel kan wees Ek is ook geroep om Jesus te volg. Skielik gaan ons uit op die strate en bid vir die siekes en ek het genesing deur my hande gesien. Ek het die Heilige Gees in my en ek het Hom sien werk deur my. Ek het nooit gedink dis moontlik nie. En dit het my hele lewe verander. Om die Evangelie te lééf. So Ilze het vir een van die susters wat hier werk gevra of hier iemand met pyn is en sy het gesê ons kan inkom, so ons sal sien. Het jy maagpyn? Baie erg? Ek beveel al hierdie pyn om te gaan, swakheid en infeksie gaan in Jesus Naam. Waar is die pyn? - Ek voel dan nou niks nie! Jesus! Jesus genees. Jy het spanning by die huis? Ja.God sien.Hou aan om dit vir Hom te gee. Hy sien jou. Is die pyn weg? Is jy gesond? Jy hoef nie meer hier by die kliniek te sit nie. Jy is kosbaar. Dis 'n plesier. Vertel hulle wat gebeur het. Sy's nou net genees, niks meer pyn nie. Enigiemand anders met pyn? Ons gehoorsaam nie vir Jesus om punte te verdien of belonings te kry nie. Ons gehoorsaam Hom omdat ons Hom liefhet, oor dit wat Hy vir ons gedoen het So ons wil Hom verheerlik, Ons wil Hom vereer. Ons wil hê die wêreld moet weet dat Hy die Verlosser is. Dat Hy die Goeie Nuus is wat na die wêreld toe gekom het. Baie mense sal sit en bid en vas voordat hulle uitstap in geloof. Maar dis eintlik soveel maklliker as dit. Jy sien, God het alreeds gesê, Gaan uit en maak dissipels. En dis maklik. Ons het die Heilige Gees, so ons gehoorsaam Hom net. Dis nie 'n gevoel nie. Soms sal Hy jou 'n klein gedagte gee en jy gehoorsaam net. Jy sê net, Here, ek vertrou hierdie is van U, ek gaan dit net doen ek gaan die Evangelie verkondig. Wil jy gedoop word? - Ja. Wil jy gedoop word? - Ja. Nou? Ek het hierdie aanhaling al baie gelees waar mense sou sê: Verkondig die Evangelie elke dag, en as dit nodig is, gebruik woorde. En dit het regtig so mooi geklink. Maar ek sien dis nie Skriftuurlik nie. Om die waarheid te sê, dis ver daarvan. Want die Bybel sê, 'Hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Jesus het ons gestuur. 2000 jaar gelede het Hy gesê, 'Gaan.' Gaan en verkondig die Evangelie. So ons doen dit.Ons stap net uit, waar ons is In 'n winkel, in 'n sentrum. By die huis. By 'n vriend se huis. Waar ookal. Wie jy ookal ontmoet. Hierdie lewe is iets wat God vir ons elkeen wil gee. Wanneer jy hierdie lewe ervaar het, kan jy nie teruggaan na vormgodsdiens nie. Jy kan nie weer teruggaan na die ou ding nie. Jy sal vir altyd veranderd wees Jy word gewillig om vervolging te beleef. Jy word gewillig om jou huis te verkoop en weg te gee as dit is wat God jou vra om te doen Ek leer nog om Hom heeltemal te vertrou elke dag. Want ek wil nog steeds dinge in my eie krag doen, né? So nou en dan. Want dit was my gewoonte vir so lank. Maar Sy tydsberekening is so perfek Hy het ons daar uitgeneem. Hy het mense in ons lewens gestuur Hy het gegee, Hy het voorsien. Ja, Hy is 'n liefdevolle Vader. Wat ek besef, is dat wanneer jy na Christus toe kom, groei Sy liefde in jou. En jy het liefde vir ander mense en dis lewende water, dis vervullend. En ek bemoedig al die mense in die wêreld dat Hy die Enigste Een is. Hy's die Waarheid, Hy's die Lewe. Lewe produseer lewe. Waar daar lewe is, bly dit nie alleen en geïsoleer nie. Dit reproduseer nog lewe. As jy gras het wat groei, sal dit aanhou groei. As jy 'n boom het, sal dit aanhou groei. Mense sal vermeerder. As jy beeste en skape het, sal hulle meer word. Lewe produseer nog lewe. En as jou Christenskap lewend is as jy instap in die lewe wat God gestuur het vir ons om in te stap sal jou lewe nog lewe produseer. Jou lewe sal resultate sien. Jy sal babas hê, kinders, jy sal vermeerder. Jy sal jouself gedupliseer sien in nog mense. Lewe kom nie met roetine, tradisie en frustrasie nie. Dít is dood. Maar lewe produseer lewe. Ons is bedek met Jesus Christus. Ons is in Hom, en Sy Gees is in ons en daarom kan ons uitgaan en Hom in alles gehoorsaam. Dit is 'n lewe van oorvloed. Dis 'n avontuur. JESUS LEEF. Jesus het gesterf sodat ons hierdie lewe kan hê.Ons kan Hom hê, dis verhouding Skielik is die hartmonitor nie meer dood, nie meer 'n reguit lyn nie. Skielik is daar 'n hartklop, want ons het lewe. Ons het begin om nuwe liede te skryf net vir die Koninkryk In die besonder, 'n lied oor die doop, want dit was ons begin. Ons wou dit met mense deel. Ja, ons is baie opgewonde oor hoe mense dit gaan ontvang. Of hoe baie mense na Jesus toe gaan kom as gevolg van hierdie musiek. Liewe Heer, wys my die pad na U. Ek wil my kruis opneem, ek wil U volg. Wys my hoe om myself te verloën en hoe om te stap in U perfekte rykdom Moet nooit laat gaan van my hand, totdat ons in die Beloofde land staan nie. U het lewe in my ingespreek. U elke woord maak ons vry. Ons moet na die rivier toe stap. Ons moet sterf in die water. En dan opstaan saam met die Here. En elke sonde sal afgewas word. Ons moet na die rivier toe stap. - Sal afgewas word. Ons moet sterf in die water. - Elke sonde sal afgewas word. Ons moet na die rivier toe stap. - Sal afgewas word. Ons moet sterf in die water. Ons moet na die rivier toe stap. Ons moet sterf in die water. En dan opstaan saam met die Here. En elke sonde sal afgewas word. Ons moet na die rivier toe stap. Ons moet sterf in die water. En dan staan ons op saam met die Here. Elke sonde sal weggewas word. Ons moet na die rivier toe stap. Ons moet sterf in die water. En dan opstaan saam met die Here. En elke sonde sal afgewas word. En elke sonde sal afgewas word. Jesus, mag U alleen vereer word deur hierdie film. Mag mense U en U alleen dien en volg.