WAARSKUWING: Agv grafiese
inhoud, word kykersdiskresie aanbeveel.
Wil jy gedoop word tot Jesus Christus?
- Ja
So ons doop jou tot Jesus Christus.
Gereed om op jou eie
geloof gedoop te word?
Gereed om Jesus te volg met
alles wat jy het?
Amen. Goed dan. Sterf saam met Christus.
Rom 6:4: "Ons is dus saam met
Hom begrawe deur die doop in die dood,
sodat net soos Christus uit die
dode opgewek is,
deur die heerlikheid van die Vader,
ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel."
Staan op saam met Christus.
Ek is vry!
Ek is vry!
THE LAST REFORMATION - DIE LEWE
Dié lewe is soos 'n hartklop,
dit is op en dit is af
en jy het groot gevegte en groot
oorwinnings en dit hou net so aan
en as die lyn reguit is, is jy dood. So
baie mense lewe hierdie aardse lewe,
leef 'n lewe met dieselfde roetine oor
en oor en leef nooit werklik nie.
Ons het daardie lewe geleef,
en nooit werklik gelewe nie...
nooit werklik lewend nie, want ons het
net dieselfde ding oor en oor gedoen
en 'n ander resultaat verwag.
Iets wat ek ontdek het, is dat
normale Christenskap veilig is.
Tradisionele Christenskap is veilig.
Ongeag van hoe radikaal ons dit
wil laat lyk, bly dit veilig.
Ons weet wat om te doen en wat die
regte optrede is
ons weet hoe om die suksesleer te klim
en die familie weet, die enigste pad wat
daar is, is 'n baie duidelike pad.
Maar toe ek begin stap het in die
leiding van die Heilige Gees, dit is
nie onveilig nie, maar onseker. Jy het
geen idee wat môre inhou nie.
Maar dit is veilig, want jy weet dat
God die Vader jou in Sy hande hou.
Agter my is die kerk waar die
Hervorming met Martin Luther begin het,
presies 500 jaar gelede. In daardie
tyd het hy gekom met sy 95 stellings
wat hy op die kerkdeur agter my
opgesit het,
want hy het gesien daar is iets fout
met die kerk,
iets fout met die Katolieke kerk.
En daaruit het ons die begin gesien
van wat bekend is as die Hervorming,
en daaruit is die Lutherse kerk gebore.
Maar Luther het nie die kerk hervorm
terug na wat ons sien in die Bybel nie.
Ons het nog steeds die kerkgebou
hier agter my,
en jy kan nie die verskil van buite
af sien nie,
of hierdie 'n Katolieke of
'n Lutherse kerk is nie.
Ons het nog steeds die hele
kerksisteem, maar waar is die lewe?
Die lewe skort,
die lewe gelei deur die Heilige Gees,
die lewe waar Jesus deur Sy Gees
in ons wandel,
waar ons sien dat mense
vrygemaak word,
en genees word, en demone uitgedryf word.
KANADA
MONCTON
Ek is omtrent nege jaar gelede
gediagnoseer met oksipitale neuralgie.
Dit is 'n pynlike siekte, waar
daar drukking op senuwees
in jou kop geplaas word deur die spiere.
Dit het ontwikkel aan die linkerkant,
agter in my kop
en eindelik regs ook, agter
in my kop.
So, dit was baie pynlik en het my lewe
so baie beperk.
Ek kon nie die lewe voluit geniet nie,
ek kon nie lag nie,
Ek kon nie hardloop of aktief wees nie,
want as ek het,
sou die gestamp die pyn laat begin.
So, ek het baie doktersafsprake gehad
om die pyn te probeer beheer.
So, een dag het hierdie mense vir my
gebid.
Ek het begin ruk en het
iets gemanifesteer.
Nou bid ons tot God en ons bid
vir vryheid en die Heilige Gees.
Maak net jou oë toe en bid agter my
aan: God... ek kom na U toe...
Ek bekeer my... en ek vra U...
maak my vry...
maak my liggaam gesond... genees my
kop... kom met U Heilige Gees... nou.
Gaan, gaan.
Kom uit.
Kom uit. Gaan nou dadelik. Verlaat haar.
Kom uit.
Ek onthou ek het gevoel of ek nie kon
asemhaal nie, asof iets my verlaat.
Iets het letterlik by my mond uitgekom.
Ek onthou ek het gehoes en verstik,
en iets gedink soos,
Ek kan nie asemhaal nie, wat gaan aan?
Gaan. Gaan. Meer.
Gaan nou dadelik.
Ek is eenkant toe geneem vir nog gebed
en eindelik het ek gevoel hoe iets
letterlik my liggaam verlaat
en ek het ook intense pyn gevoel
wat by my ore uitgekom het,
baie pynlik,
asof dit uit my ore ontplof het.
So gou as wat dit klaar was,
het ek glad nie meer pyn gehad nie.
Ek sou dit toets,
Ek sou sekere kopbewegings uitvoer,
om te sien of ek die pyn kon laat begin,
en dit was nie daar nie.
Dit is weg.
Dis goed, dis goed.
So, die dag nadat ek genees is,
het ek weer met pyn wakker geword,
en ek was regtig verward
Iemand het gesê dis belangrik dat ek
my gedagtes vernuwe.
Ek het dit begin doen en telkens as
ek pyn ervaar,
het ek dit bestraf in die Naam van Jesus
en dan sou dit gaan.
Ek het begin besef en verstaan
dat dit 'n geveg is.
As ek dit voel, sou ek dit bestraf
en sê dit moet gaan.
Soos, 'Ek ontvang dit nie', en dit sou
gaan.
Nou voel ek dit so min en as dit gebeur,
sê ek dit moet gaan en dit gaan.
Hoe het dit gevoel om te sien hoe jou
pa nou net bevry word?
Dit was wonderlik.
Dit was 'n eer vir my om
my eie pa te doop,
om hom vir die eerste keer te sien
in tale spreek.
Dit is 'n totale nuwe lewe.
- Dit is 'n totale nuwe lewe.
Jy is genees, bevry,
en het die Heilige Gees ontvang
en nou is jou pa bevry en
het die Heilige Gees ontvang...
Sjoe, ek is net... God is so magtig.
Vrees was 'n groot probleem in my
lewe, ek het baie vrees gehad
en ek het net gevoel asof ek niks kon
doen nie, want ek was te bang.
Dit was asof ek hierdie groot bal om my
enkel gehad het wat ek oral moes saamsleep
Ek was te bang om 'n kans te vat en
enigiets te doen.
Toe ek gedoop is,
kon ek voel hoe dit my verlaat.
ek het hierdie reuse gewig van my
skouers voel afval
en ek voel net nou soveel meer vryheid.
Van daardie tyd af het ek net hierdie
vuur in my hart om uit te gaan en bid.
Om vir mense te bid en 'n dissipel te wees
Dit het regtig 'n lewenstyl vir my geword,
net om mense te vind wat in pyn is en
hulle te wys wat God vir hulle wil doen,
en hoe lief God hulle het, en net die
Evangelie met hulle te deel.
Ek het net so baie saam met God
gegroei en Hy het ook so baie vir my gewys
Dit was eers vreesaanjaend om uit te
gaan, veral op my eie,
maar eindelik kom jy daaroor en jy leer
om regtig lief te word daarvoor.
Daar is 'n paar mense wat nie
regtig meer met ons praat nie.
Dit lyk asof hulle dink ons is in 'n sekte
of net regtig vreemd, of anders.
Maar voorheen, toe ek kerk toe gegaan
het en nie die Evangelie versprei het nie,
was alles piekfyn. Maar nou, vandat ek
uitgaan en lewe op Jesus se manier,
beskou mense ons asof ons vreemd
is of iets.
Daar is 'n klomp skeptiese mense wat
dinge oor my sê op die internet.
Dit kan soms moeilik wees wanneer
jy op sosiale media is
en jy sien dinge oor jouself daar.
Maar ek sal dit vir niks verruil nie,
want nou lewe ek waarlik as 'n dissipel
van Jesus en dit is só dit werd.
Die vervolging maak nie saak nie, want
dit beteken ek doen iets reg.
Wanneer jy reg kies en 'n lewe begin
leef gelei deur die Heilige Gees,
en jy begin vrug sien,
en jy begin groei,
is een van die natuurlikste tekens dat
jy vervolg sal word.
En vervolging kan in baie vorms kom,
maar vervolging sal kom
en dit moet kom.
Die Bybel sê dat almal wat 'n goddelike
lewe wil lei, vervolg sal word.
So daar is geen weg daaruit nie.
Ek het voorheen gedink vervolging is
wanneer iemand 'n swaard teen my keel druk
en vir my sê om Christus te verloën.
Of as iemand my wil kruisig.
Wat as 'n skok vir baie Christene kom,
is waar die vervolging vandaan kom.
Natuurlik sal ons vervolging ervaar van
die wêreld af, van ongelowiges af,
Maar baie dikwels is die vervolging van
die godsdienstige sisteem afkomstig.
Ons familie, ons vriende, mense wat
naby ons is. Mense in die kerk.
En dit kom as 'n skok vir baie mense,
en hulle is nie gereed daarvoor nie.
Ek het nie verwag dat ons vriende en
familie ons snaaks gaan begin aankyk nie.
Dat hulle sal skinder en sleg praat nie.
Mense wat jy liefhet en waardeer,
mense wat jy onder jou ware vriende tel...
wanneer hulle jou die rug toekeer, en
begin lieg oor jou,
en jou begin vervolg,
maak dit regtig seer,
want jy het dit nie verwag nie.
Dis hartseer hoe maklik jy die vervolging
kan laat ophou: tref 'n kompromis.
As ons daardie een ding onthou,
kompromie, sal vervolging ophou.
Die waarheid is dat vervolging nie ons
vyand is nie.
Vervolging is in der waarheid ons
vriend. Vervolging help ons om te groei.
Daar is twee soorte mense: dié wat
vervolging ervaar en afvallig raak.
En ons wil nie soos hulle wees nie.
Maar ons wil wees soos die mense wat,
wanneer ons vervolging ervaar,
nie afvallig raak nie,
maar eerder op ons knieë val
en bid en God se aangesig soek.
En vervolging help ons daarom om
nader aan God te beweeg.
Vervolging help ons om onsself te
ondersoek. Dit help ons om te sterf,
want niemand hou van vervolging nie,
maar dit is een van God se instrumente.
En ons sien in die wêreld vandag, dat
die lande met die meeste vervolging
dikwels die lande is
waar ons die kerk sien groei.
En ons het 2000 jaar se geskiedenis wat
wys dat vervolging
nog nooit die vyand van die kerk was nie.
Wanneer dit goedgaan, kom sonde
stadig ingesluip.
Wanneer dinge vlot loop,
raak mense aan die slaap.
Maar wanneer vervolging begin,
word mense wakker
en begin om God te sien soos nooit
tevore nie, en die Koninkryk van God groei
DUITSLAND
BERLYN
Ek is op die oomblik in Berlyn en ek
gaan Lou Bega ontmoet.
Hy het die trefferlied, Mambo No. 5,
'n paar jaar gelede die lig laat sien
en nou is hy 'n persoon van vrede. Dit
is soos Handelinge hoofstuk 10.
Petrus is na Cornelius en sy
huishouding gelei en
hulle het hulle almal bekeer en
die Heilige Gees ontvang.
Ons gaan nou dieselfde sien. Dit is
soos die Boek van Handelinge hoofstuk 19,
waar Paulus in Efese gekom het en
iemand ontmoet het wat alreeds geglo het,
maar nog nie gedoop is tot Jesus
Christus nie
en nog nie die Heilige Gees ontvang het
nie.
Lou Bega het tot geloof in Christus gekom,
maar hy is nog nie gedoop in water of
die Heilige Gees nie.
Maar dit gaan nou gebeur.
Ek weet nie veel van wat nou hier
gaan gebeur nie,
maar ek weet dat God daar is. So,
welkom, en kom ons kyk wat God wil doen.
Hallo! Daar het ons hom en die
hele familie.
Komaan. Wonderlik om jou te sien.
Lang rit?
- Ja
Torben, hallo.
- Jenieva, lekker om jou te ontmoet.
Ek, my vrou en my klein dogtertjie
het na die Maldives toe gegaan,
'n wonderlike tropiese eiland in
die middel van die Indiese Oseaan.
Ons wou net 7 dae van ontspanning hê,
sonskyn, snorkel, niks anders om te doen
Jy kan om die eiland ry in vyf minute.
Wat ons gekry het, was donderstorms
van sewe en 'n half dae.
Die sluise van die hemel het oopgemaak
en die reën het neergestort.
Daar was niks anders om te doen nie,
ons was vasgekeer in ons strandhuise.
Ek het heen en weer geloop in my
kamer, en gevoel of ek in depressie verval
Toe vind ek een boek. Ek het die Bybel
oopgemaak en dit begin lees.
Ek onthou net, na 'n paar bladsye het
ek begin besef
dat dit die waarheid was waarna
ek nog altyd gesoek het.
Ek het al verskillende godsdienste
ondersoek.
Enigiets wat 'n nuwe neiging of koel
was, soos Boeddhisme
en ook sommige New Age-goed. Ek
het ten minste probeer om dit te verstaan
Ek kon dit nie aanhang nie, al het ek
probeer.
Maar ek het Jesus Christus oorgesien,
tot my spyt, vir so baie jare.
En Hy was daar, Hy het my geroep.
Hy het my die geleentheid gegee om
Hom te soek, om Hom te vind.
En ek kon nie regtig weghardloop nie,
dit was 'n strandhuis op 'n eiland.
Ek het toe begin lees en het so
oortuig geraak van my sonde, man.
Ek was oortuig binne sekondes.
Ek het uitgebars in trane,
en nou weet ek, dit was die Heilige Gees.
Daarom het ek hierdie mense gebel, en
dis nie in my aard nie,
dit was nie deel van my trotse natuur
van tevore nie,
om net mense te bel
en hulle 'n guns te vra nie.
Maar in hierdie geval
was dit die regte ding om te doen.
Ek het geweet dat ek, my familie
en almal om my
gedoop moes word, en nodig gehad
het om te nader tot Jesus.
Die huis van Cornelius is die
storie van 'n man met die naam Cornelius,
wat 'n regverdige man was wat God
gesoek het. Maar hy't nie geweet hoe nie.
Hy het net na God gesoek en toe, op 'n
dag, het God Petrus na sy huis gelei.
En die hele huishouding het tot geloof
gekom.
En ek het gevoel ons gaan dieselfde
hier sien gebeur.
Hierdie was nie net vir David - Lou
Bega - nie.
Dit was vir die hele huishouding, wat
God wou doen.
En ons het daar aangekom en by die
huis ingegaan
soos wat ons daaroor lees in Lukas 10:
'Wanneer julle 'n persoon van vrede
vind, gaan in die huis
en eet en drink wat bedien word.'
Die Heilige Gees werk deur bekering.
Niemand kan na God toe kom, as die
Heilige Gees nie daardie persoon trek nie.
So as ons begin om God te soek, is dit
die Heilige Gees wat ons reeds trek.
Die eerste stap is bekering.
Bekering is 'n nuwe hart,
waar jy daardie nuwe gewete kry,
jy raak bewus van dinge.
Maar dit is die begin van redding,
dit is nie die hele prentjie nie.
Want nou is daar 'n nuwe lewe
wat in jou begin het.
Maar die liggaam is dood.
Wat doen ons met 'n dooie liggaam?
Ons moet dit begrawe, want as ons nie
die dooie liggaam begrawe nie,
gaan daardie dooie liggaam die nuwe
lewe doodmaak.
God... ek glo in U...
Ek glo in U, Jesus...
Ek bekeer my... van my sonde...
en ek vra U... kom, Jesus...
red my... maak my vry...
kom met U Heilige Gees...
vul my... doop my... nou dadelik...
in die Naam van Jesus.
Gaan. Vryheid, nou dadelik.
Vryheid. Verlaat hom. Gaan, nou dadelik.
Vrees, gaan.
Gaan, nou dadelik. In die Naam van Jesus.
Ek beveel elke gees van verslawing om
te gaan,nou dadelik
Gaan. Verlaat hom. Gaan.
Heilige Gees, vul hom. Meer.
U liefde, Heilige Gees.
Vul hom. Meer.
Daar is vryheid.
Die Heilige Gees is nou op jou.
Dankie vir 'n nuwe begin, weer eens,
Vader.
'n Nuwe krag binne-in hom.
'n Nuwe lewe.
'n Nuwe lewe.
Daar is vryheid binne-in U,
Heilige Gees, U Gees, God.
Jesus, ons dank U.
Heilige Gees, ons dank U.
Hoe het dit gevoel?
- Vreemd. Maar fantasties.
O, dit is die Heilige Gees. Komaan.
'n Nuwe begin,
God, dankie vir my vriend hier.
Dankie vir 'n nuwe begin.
Heilige Gees, dit is U wat hom getrek het.
U het hom getrek.
God, dit is 'n nuwe begin.
Daar is vryheid.
Ek kan net onthou dat
ek soos 'n baba gevoel het.
Ek kan dit nie in woorde sê nie.
Ek het soos 'n pasgeborene gevoel.
Daarom is die term 'wedergebore' so gepas.
Want jy voel soos 'n pasgeborene.
Jy is vars.
Jou oortredings, jou ongeregtigheid, jou
sonde, is weg, dit is vergete.
Jy weet net dat die Vader op daardie
oomblik van jou sonde vergeet het.
Ek was so vol vreugde en skoon, alles
wat my omring het, my vrou...
sy kon haar nie met my vereenselwig
vir omtrent 30 minute nie,
voordat dit haar beurt was.
Want ons was op twee verskillende
paaie op daardie oomblik.
Ek was wedergebore in die Gees.
Nog nie in water nie, maar in Gees,
en sy was nog nie daar nie, so sy het
agterdogtig na my gekyk,
soos, 'wat het met hom
gebeur?'
Want my en haar gees het nie toe
bymekaar gepas nie.
Goed. Jesus, ek dank U vir
alles wat U my gegee het.
Selfs toe ek rebels was en nie na U
geluister het of U gehoorsaam het nie
het U my nooit in die steek gelaat nie,
U't vir my familie en liefde gegee.
U het vir my alles gegee wat ek het.
So dit is tyd om vir U terug te gee.
Dit is soos... dit is vreemd,
jy wil sing, jy wil dans,
maar terselfdertyd wil jy net...
O, my God.
Hy het my met ope arms in Sy
Koninkryk verwelkom.
Ek dink dis hoe Adam moes gevoel het
toe hy in die tuin gewandel het.
Dit is die enigste woorde
wat ek daarvoor kan gee.
Jy is nou heeltemal verbind met God.
Jy weet, jy stap in Sy heerlikheid en Hy
kyk na jou met liefde in Sy oë.
En jy is net by Hom,
en al is dit net momenteel,
want jy is nog in jou menslike liggaam,
maar dit was in der waarheid die beste
oomblik van my lewe, ek weet dit.
Ja, ek kan dit sê.
Dit was soveel beter as om 'n Grammy-
nominasie te wen
of om 'n voetbal-wêreldkampioen te
word of wat ookal. Hierdie is ware lewe.
Op die einde van die dag is hierdie
vryheid en redding iets
wat jy net met almal wil deel.
En dis 'n gawe wat verniet is.
Jy moet net ingee.
God is nie die probleem nie.
Ons is die probleem.
Maar ipv om ons almal hel toe te stuur,
het Hy iets wonderliks gedoen.
Hy het ons 'n kans gegee. Hy het Sy
Seun, Jesus Christus, gestuur.
Hy't nie in sonde gelewe nie, maar
was rein soos Adam en Eva, sondeloos.
En Hy het hier onder ons kom woon,
soos Adam en Eva.
Maar waar ons almal gesondig het, was
Hy die enigste Een wat nie het nie.
As die enigste Een sonder sonde,
het hulle Hom op 'n kruis vasgespyker
asof Hy 'n krimineel was.
En Hy is begrawe.
Maar omdat Hy die enigste Een sonder
sonde was,
het Hy weer opgestaan uit die dood.
En toe is Hy hemel toe,
en het Sy Heilige Gees aarde toe gestuur.
Wat moet ons nou doen?
Ons moet in Jesus glo,
en in Sy woorde.
En Hy het gesê ons moet ons tot
God bekeer
en toe het Hy gesê ons moet
wedergebore word, uit water en Gees.
Ons het die Evangelie met hulle almal
gedeel en toe het ons begin bid vir hulle.
Dit was so kragtig. Een vir een is hulle
bevry van demone.
Een vir een is genees, en God se
teenwoordigheid was so sterk in die huis.
God... ek bekeer my...
en vra U... maak my vry...
Pyn, gaan. Verlaat haar.
Ek beveel hierdie gees,
verlaat haar nou dadelik. Gaan.
Heilige Gees, vul haar. Meer. Laat gaan.
O, vryheid, nou dadelik,
Heilige Gees, vul haar nog meer.
Vryheid, nou dadelik.
vul haar nou, Heilige Gees. Dis U liefde.
Dit is U liefde, Heilige Gees.
Alle hartseer, ek beveel daardie pyn,
gaan nou dadelik. Pyn, los haar nou.
Laat gaan. Laat gaan.
Hoe het dit gevoel?
Is dit weg?
- Niks meer pyn nie.
Dit is weg.
Dit is weg. Niks meer pyn nie. Ek het
dit gehad vir baie jare.
My seun weet. Ek is na die dokter toe
en het al daardie medikasie gebruik.
Dit is weg.
- Dis weg. Halleluja.
Dit is die Heilige Gees.
Laaste ding, gaan.
Praat. Laaste ding, gaan. Kom uit.
Ons beveel hierdie gees, gaan nou dadelik.
Halleluja. 'n Nuwe begin.
- Ek is vry. O, dankie, Here.
Dankie, Jesus.
En soos jy gesê het, baie glo deesdae
nie daarin nie.
Maar dit is so Bybels,
dis wat ons in die Bybel lees.
Dit is Bybels, my vriend, dis kragtig.
Mense, dis die werklikheid.
Ja, dit is waar, en mense moet dit sien.
Ek is op vreemde maniere aangeval,
soos met stemme en gedagtes.
Nee, hierdie is nie reg nie, moenie dit
doen nie. Dis 'n sekte.
Ek het na my man toe gegaan en gesê:
"Kom ons stop hierdie.
Ek wil dit nie hê nie. Dis vreemd.'
Dit het vreemd gevoel vir my.
Hy het gesê: 'Nee, nee.'
Hy het geglimlag en was vol liefde.
Hy was soos: 'Dis wonderlik. Moenie
so dink nie. Dis wonderlik. Glo my.'
'Wanneer jy gedoop is met die Heilige
Gees, sal jy dieselfde voel.'
En ek was soos: 'Nee, ek glo jou nie.
Kom ons stop dit.'
Ek weet nie. Ek is erg aangeval
op daardie oomblik.
Toe bid hy vir my, en ek was
soos: 'Sjoe.'
God... ek kom na U toe...
en vra vergifnis vir wat ek gedoen het...
en ek vat hierdie pyn... en ek gee dit vir
U... en ek vergewe hulle...
almal wat my seergemaak het...
en ek vra U... maak my vry...
kom met U Heilige Gees...
en vul my... nou dadelik.
Laat gaan.
Nou dadelik, ek beveel hierdie pyn om
te gaan. Kom uit.
Gaan. Verlaat haar. Laat gaan.
Pyn, gaan.
Seer, kom uit. Laat gaan.
Gees, gees van vrees, hierdie onrein
gees, verlaat haar.
Kom uit. Kom uit. Gaan.
Ek onthou dat ek geval het en dit het
gevoel of iets my verlaat.
En toe staan ek op. Die Heilige het
ingekom en ek het opgestaan. Ek weet nie.
Ek was luidrugtig, en ook terselfdertyd
geskok,
want 'Sjoe. Ek is nou baie luidrugtig.'
Maar dit was die krag van die Heilige Gees
Hoe het dit gevoel?
- Ek weet nie waar ek nou is nie.
Jy is nog hier.
Komaan. God seën jou.
- Dankie.
Daar is nou vryheid.
Dankie.
Jesus, ons wil U net dank. Ons dank U
want U is hier in hierdie huis.
Ons dank U vir U Heilige Gees.
Jesus, dit gaan alles oor U, en
U Gees, Jesus.
Ons dank U, Jesus,
vir alles wat U doen.
Dankie vir al die lewens wat vanaand
verander word.
Ons wil U aanbid,
Ons wil U vereer.
Ons sê, Jesus, laat dit nooit ophou nie.
Hierdie is ons lewe, Jesus.
Dit is waaroor dit alles gaan.
Ons wil U Koninkryk sien kom,
Jesus.
Ons is lief vir U, Jesus, ons wil U dien.
Kom met U Heilige Gees.
Is dit koud?
- Ja, maar dit maak nie saak nie.
Goed. Halleluja. David, jy word nie tot
'n kerk gedoop nie.
Hierdie is nie 'n lidmaatskap nie.
Dit is nie net 'n uiterlike teken nie.
Dit is 'n ware begrafnis van die ou lewe
en 'n afwassing van sonde.
En jy word gedoop tot Jesus Christus,
want jy sterf met Christus
en jy staan op saam met Christus.
Soos Jesus dit gedoen het. Dis alles oor
die kruis. Jesus het gesterf aan die kruis
Hy is begrawe. Hy het weer opgestaan.
Ons moet sterf, ons bekeer tot God,
ons moet begrawe word,
soos Jesus begrawe is, en dan staan
ons op met die krag van die Heilige Gees.
So, nou is ons in Christus.
Laat sak jou hande. Is jy gereed...
- Ek is gereed.
...om op grond van jou eie geloof
gedoop te word tot Jesus Christus?
So, ons gaan jou vorentoe laat gaan.
So, op grond van jou eie geloof, David,
doop ons jou tot Jesus Christus.
Sterf saam met Christus, staan op saam
met Christus.
Is jy gereed om gedoop te word tot
Jesus Christus?
Jy moet kniel.
Ons doop jou tot Jesus Christus.
Gaan nou af.
Sterf saam met Christus, staan op saam
met Christus.
Toe ek vroeër vir haar gebid het binne,
het ek regtig dadelik geweet dat sy
'n aborsie gehad het.
En ek het gevoel daar is dood oor haar
en 'n klomp skande en skuldgevoel daarin.
Ons kruip nie weg nie en is nie skaam nie,
ons pak dit nie weg nie, soos:
'Ons mag nooit hieroor praat nie.'
Komaan, daar is vryheid in Jesus.
En vryheid is, om dit oop te maak en te
ontbloot. Wat jy gedoen het, was verkeerd
Maar jy gaan dit nou afwas, en jy
moet ook nou jouself vergewe.
Jesus het die prys betaal. Sterf saam
met Christus, staan op saam met Christus.
Sterf saam met Christus, staan op saam
met Christus.
Sterf saam met Christus, staan op saam
met Christus.
Sterf met Christus, staan op saam
met Christus.
Sterf saam met Christus, staan op saam
met Christus.
Halleluja. God seën jou.
God seën jou.
'n Nuwe begin. Halleluja.
Dis 'n nuwe lewe. Dis hoekom Jesus
gekom het. Om ons vry te maak.
Dit was fantasties, en jy wil meer
daarvan hê.
En jy begin verstaan dat Jesus waarlik
lewe.
Hy het ons nie regtig verlaat nie.
Dit was 'n groot openbaring vir my,
want 99 persent van hoofstroom-
Christene, staat-Christene
dink Hy het gesterf, opgestaan, en op
'n manier verdwyn.
Hy is hier tussen ons.
As ons na Hom soek, is Hy meer as
gewillig om met ons te wees, by ons te bly
Maar dit is ons, dit is ons oortredinge,
ons onwilligheid, wat dit verhinder.
So dit was miskien die punt waar ek
begin verstaan het,
dat Jesus by ons kan en wil wees, as
ons Hom net toelaat, as ons Hom net soek.
En dit maak sin.
Alles anders is vormgodsdiens.
ISRAEL
JERUSALEM
Oorlewering sê dat dit net daar is waar
hulle Hom neergelê het toe Hy gesterf het.
Hulle het Hom daar neergelê voor hulle
Hom begrawe het. En kyk hier.
As mense Jesus waarlik geken het, sou
hul nie nodig gehad het om dít te doen nie
Jesus het gesê dis oor Gees en waarheid.
Jy hoef nie hier te kom aanbid nie.
Hy het aarde toe gekom, sodat elke
Christen 'n lewende steen kan wees.
Maar hierdie is dooie stene.
Ons is nou die stene, ons is nou waar
Jesus Christus leef.
Dit was vir my baie skokkend om te
sien hoe mense in Israel
alles aanbid wat met God te doen het,
maar nie vir God aanbid nie.
Almal vorm hulle eie geloofsoortuigings en
hulle aanbid hulle geloofsoortuigings,
die reëls, die tradisies, wat geleer is,
wat gesê is.
Maar hul verbind hulself nie daartoe
om 'n verhouding met God self te hê nie.
Baie mense in die wêreld word vandag
groot met godsdiens.
Hulle word groot met die Christelike
godsdiens,
sonder dat hulle ooit weet wie God
regtig is, of om Jesus te ken as Persoon.
Daar is 'n reuse verskil tussen godsdiens
en Christenskap, soos wat Jesus dit
gebring het.
Ek is tot op 14 Katoliek grootgemaak.
Ek's gered, het God ontmoet en verander.
Ons was 'n klein groepie mense wat
God regtig liefgehad het.
Met tyd het die groep begin groei en
ons het dit 'n kerk gemaak
Ek't God gedien in dieselfde kerk vir
omtrent 19 jaar,in dieselfde gemeenskap
in Peru waar ek gebore is, en later in
ander lande waarheen ek verhuis het.
Ek het my bes gedoen, want vir my was
die enigste plek waar ek God kon dien,
waar ek iets betekenisvol vir God kon
doen, deur die kerk.
My beste vriend was leier van dit en ek
leier van dat
en my broer was die pastoor.
Dit het net nog 'n sekte-sisteem geword
waar ons teen mekaar gekompeteer het
en mense gered wou kry ter wille van
onsself.
Natuurlik was dit nie bewustelik nie,
maar toe met tyd, was die Heilige Gees weg
Sonde kom terug en begin met jou
baklei en dis soos: 'Wat gaan aan?'
Ek was musiekleier, aanbiddingsleier,
konsertleier, Bybelstudieleier...
evangelisasieleier, en natuurlik alles
tussenin ook.
En het ook gehelp met die skoonmaak
en organisering van byeenkomste.
Ek het soveel gedoen as wat ek kon.
Want ek het gedink, dis hoe ek God dien.
Wat anders kon ek vir Hom doen?
Wat vreemd is, is dat ek in daardie 19
jaar nooit iemand gesien gered word nie
of dat God my gebruik het om mense
na Christus te lei nie
HY IS NIE HIER NIE. HY HET OPGESTAAN.
Wat beteken dit dat die graf leeg is?
- Dit beteken Hy leef.
So, as Hy leef, dan kan ons 'n
verhouding met Hom hê.
Jy kan nie 'n verhouding hê met iemand
wat nie lewend is nie.
Hy moet leef om 'n verhouding met
Hom te kan hê. Dit beteken jy kan Hom ken
En dis die hele punt - daar's 'n verskil
tussen om van Hom te lees,
van Hom te leer, oor hoe Hy geleef het
en wat Hy was
en dan om Hom te ken en wat Hy
vandag is.
Jesus... ek vra U... kom nou...
wys my dat U 'n werklikheid is...
kom met U Heilige Gees...
vul my... nou dadelik...
Meer... Kan jy dit voel?
- Ja.
Hoe voel dit?
- Wonderlik.
Het jy dit al voorheen gevoel?
- Nee.
Maar wat jy nou ervaar het is sterker as
wat jy ervaar het daar onder?
Ja.
- Want Jesus leef.
So, toe het God my oë oopgemaak en
nou het ek al daardie dinge agtergelaat.
En nou praat die Heilige Gees elke week,
Hy lei my lewe - staak dit, hou op
daarmee, gaan hierheen, gaan daarheen.
Dit is mal. Dit is asof my lewe nie
meer my eie is nie.
Ek het regtig vir God gesê:
'Wat U ookal wil hê, is U s'n.'
En ewe skielik het my lewe gelyk
presies soos waarvan ek lees in Handelinge
Dit was 'n skokkende oomblik toe ek
besef dat wat ek in die kerk gedoen het
nie enigsins vir Satan bedreig het nie.
Ek het nie die krag van die Heilige Gees
verstaan of daarin gestap nie -
die siekes genees, demone uitgedryf,
die krag van God gewys, soos Paulus sê nie
Die tyd het gekom waarin ek in daardie
lewe begin instap het
en God het vrug begin stuur, sonder
dat ek agter mense moes aanhardloop.
God het mense gestuur.
God het die mense honger gestuur.
God het die mense behoeftig gestuur.
Ek kon gee wat hulle nodig het
en hulle doop en leer en dissipel en
effektief maak.
Pyn, gaan nou dadelik in die Naam van
Jesus. Hoe voel die pyn nou?
Voel jy pyn?
- 'n Klein bietjie.
Waar is die bietjie pyn?
- Hier.
Goed. Pyn, gaan.
In Jesus Naam beveel ek die laaste
pyn om te gaan
Ek voel baie anders.
- Jy voel nou anders?
Pyn, gaan. God, ek dank U vir krag.
Krag vir my vriend hier,
krag vir sy hele liggaam.
Dankie vir krag vir sy spiere.
Dankie vir krag, God.
Hoe voel dit?
- Dit het net weggegaan.
Het dit nou weggegaan?
- Hier, 'n klein bietjie.
Laaste pyn, gaan. God, dankie, want
die laaste pyn gaan in die Naam van Jesus.
Hoe voel dit om te loop?
- Baie beter as vantevore, moet ek sê.
Hoe voel dit? O, ons moet gaan.
- Goed, ons gaan.
Ja, komaan. God seën jou. Ek volg jou.
O God, dankie vir vryheid.
Dank God net daarvoor,
dank Jesus en gebruik jou liggaam.
Dit is wat God doen. Ons is nou in
Kapernaüm, waar Jesus gewoon het.
En hierdie man sit nou al vir 'n jaar in
'n rolstoel.
Hy het 'n probleem gehad met 'n
senuwee in sy rug en been.
Ons het hom net gestop en met hom
gepraat, en saam met hom begin stap.
En dit het net beter en beter geword.
Hulle het nou gekom en vir my geld
aangebied.
Ons wil nie geld hê nie, want
ons het dit verniet ontvang
en ons gaan dit verniet gee.
Dit is Jesus Christus.
Probeer om jou te verbeel waar
Jesus hier rondgeloop het
en siekes genees het en die Evangelie
verkondig het by hierdie plek.
Maar Jesus is dieselfde vandag.
Hy het nie verander nie.
Ons is nou Sy liggaam hier op aarde.
Ons is nou die liggaam van Christus.
Ons is geroep om rond te gaan hier op
aarde en dieselfde te doen as Jesus.
Dit is die lewe.
As ons na godsdiens kyk vandag, en jy
kan enige godsdiens vat wat daar is,
Katolisisme of Judaïsme of Islam of
enige ander godsdiens.
In enige van hulle, moet ons werk om
goed genoeg te wees.
Ons moet werk vir ons redding.
Wanneer ons kyk na wat Jesus gedoen
het...Hy het gekom en alles vir ons gedoen
Sien, die ding is, ons is slawe. En 'n
slaaf kan homself nie bevry nie.
As jy 'n gevangene is, kan jy nie
jouself vrymaak nie.
En ons is gevangenes. Ons is slawe van
die sonde.
So ons kan nie onsself vrymaak nie. Dit
maak nie saak hoe hard ons werk nie.
Dit is hoekom God vir ons die wet
gegee het, om vir ons sonde te wys,
en hoe ons nie onsself kan red nie.
En toe het Jesus gekom om die wet te
vervul en ons vry te maak van sonde.
Hy het die perfekte prys betaal, die
perfekte offer vir ons vryheid,
sodat ons kan vry wees.
Hy het sonde geword, sodat ons in Sy
geregtigheid geklee kan word.
JORDANIË
PETRA
Een van die gidse, 18 of 20 jaar oud,
het een van die perde getrek,
Ons het opgeëindig met net hierdie
jongman en begin afloop by die berg
en ons kon met hom deel wat ons doen.
Het jy pyn êrens?
- Ek?
Ons kan jou help. Het jy pyn?
- Regtig? Ek het. Kyk.
Goed. Wat het gebeur?
- 'n Perd het van daar af afgekom.
Goed. Kan jy jou arm oplig?
- Ja, maar as ek iets vashou,
sal dit op sy eie afgaan.
Kan jy probeer om my arm vas te hou?
- Probeer om hom op te druk.
Ek druk hom. Net 'n oomblik.
Wanneer ek iets vashou,
sal dit afgaan.
Dit sal so maak en afgaan.
As jy genees word, sal jy dit kan toets?
Ek kan dit toets. Ek het 'n probleem
hier. Ek weet nie.
Kan ek vir jou bid?
Kyk.
- Ja, ek sien.
Hy gaan dit regmaak.
- Ja, ek bid.
Ek bid vir bene om in plek te kom nou
dadelik. In die Naam van Jesus.
Pyn gaan nou dadelik, genesing, nou
dadelik, in die Naam van Jesus
Probeer weer. Toets dit.
- Kies 'n klip.
Is dit reg?
Jy sien, ek kan nie.
Sien jy? Hou my hand. Hou dit van hier
af. Sien jy?
God, vryheid nou dadelik, in die spier.
Ons beveel, gaan in plek nou dadelik.
Bene, gaan in plek nou dadelik, in Jesus
se Naam.
Genesing, nou dadelik, in Jesus se Naam.
Probeer weer.
- Sien jy?
Is dit beter?
- Ja, dit is beter.
Laaste ding, gaan. Volkome vryheid in
die spier, die senuwee, die bene.
Vryheid, nou dadelik, in Jesus se Naam.
Probeer weer.
Dit is maklik.
- Jy kan dit nou doen?
Ja. Regtig.
- Haai. Hoe het dit gebeur?
Ek weet nie. Is dit die God wat jy dien?
- Dit is God.
Regtig?
- Ja. Dis God wat jou nou net genees het.
Regtig?
- Ja.
Nou is dit maklik.
- Is dit nou maklik?
Regtig.Toe jy dit vasgehou het, was
dit so.
Maar dit is die God, toe ek 18 jaar oud
was.. jy is nou 18?
Toe ek 18 jaar oud was, het ek in die
lug opgekyk en gesê:
'God, as U daar is, kom en neem my.
Ek wil U ken.'
Toe, 'n paar dae later,
het ek van Jesus gehoor.
Het jy al van Jesus gehoor?
Ken jy Hom?
Isa. En toe sê ek: 'Isa, Jesus,
ek het U nodig. Kom en red my.'
Ek het Hom aangeroep en Hy het
gekom en my sonde vergewe en in my gekom.
Ja, en nou kan ons vir mense bid en
Jesus volg.
Dit is goed.
Ek het voorheen in niks geglo nie.
Ek was 18 jaar oud.
Ek het 'n klomp probleme gehad.
My ma was siek.
Maar toe sê ek: 'God, as U daar is,
wil ek U ken.'
En ek het van Jesus gehoor.
En ek het gedink: Is dit reg?
Maar toe ontmoet ek Hom en Hy
het my lewe verander. Isa is wonderlik.
Isa het gesterf aan die kruis.
Ken jy die storie?
En Hy is begrawe, maar
Hy het weer opgestaan uit die dood.
Omdat Jesus gesterf het aan die kruis,
kan ons vergifnis ervaar
vir die dinge wat ons gedoen het
wat verkeerd is.
Maar daar is mense wat Hom nie ken nie.
- Baie mense ken Hom nie.
Maar wat ek met jou gedoen het...
As jy Hom ken,
kan jy dit met ander doen.
Net ek?
- Ja, jy kan.
Ek ken Hom nie.
Nee, maar as jy Hom ken, as jy sê:
'Isa, ek wil U ken,
Ek wil saam met U lewe...'
- Kan ek met Hom praat?
Jy kan met Hom praat en jy kan die
lewe ervaar wat ek ervaar het.
God... ek glo in U...
Ek glo in U, Isa...
Isa... ek vra U... kom... wys my...
dat U 'n werklikheid is... nou dadelik...
Maak net jou oë toe.
- Nou dadelik.
Vul hom. Meer.
Vul hom, nou dadelik.
Vryheid, nou dadelik. Krag in sy binneste.
Laat hom sien, Isa, dat U 'n werklikheid
is, hom liefhet, en vir hom gesterf het.
Isa, dankie vir U Heilige Gees.
Dankie, Heilige Gees.
Kom en raak hom nou dadelik aan.
Kom met vreugde. Vreugde in sy binneste.
Dat hy kan begryp dat U die Lewe is,
Jesus.
Dat U vandag leef en dat U Gees
werksaam is oor die hele aarde.
Ook hier, Here.
Hoe gaan dit? Kan jy dit voel?
Hoe het dit gevoel?
- Goed.
Jy het die Gees van God gevoel. Dit
is 'n werklikheid.
Ja.
Komaan, gee my 'n drukkie.
Jy het dit nog nooit ervaar nie.
Dit was God.
- Ja.
Halleluja, my vriend, dis 'n werklikheid.
Dis 'n werklikheid. En toe ek 18 was,
het ek dit vir die eerste keer ervaar.
Toe ek ervaar het dat Isa 'n werklikheid
is, was ek 18 jaar oud, soos jy nou is.
En ek glo God het ons hiernatoe
gebring vandag vir jou.
Ek glo God het ons al die pad van
Denemarke af gebring vir jou,
Om na hierdie plek toe te kom.
Om hierdie woorde vir jou te sê.
Wat is dit eintlik?
Iets het in my opgekom.
Miskien kan ons aan hom verduidelik
hoe die Heilige Gees werk.
Ons kan aan hom verduidelik dat Jesus
die Gees van God gehad het
en die Gees wat in Jesus is, is
dieselfde Gees wat Hy vir ons gee.
En daardie Gees is wie hom nou net
aangeraak het en in hom wil woon.
Hy't gesê: 'Ek ken nie vir Jesus nie.'
Ek het gesê: 'Jy sal'
Hy't gesê: 'Wat moet ek doen?'
Ek't gesê: 'Gaan huis toe
maak die deur van jou kamer toe
en begin Hom vra.'
Sê: 'Jesus, ek wil U ken.
Ek wil U sien.'
Hy het gesê: 'O, ek wil Hom regtig sien.'
Ek het gesê: 'Jy sal.'
Hy sal in drome kom.
Hy sal na jou toe kom.
Hou net aan soek na Hom.
Daarna het ons na Petra toe gegaan,
na die ruïnes.
Ek was 'n bietjie versigtig, en
het nie regtig mense genader nie.
Het jy pyn? Het jy geen pyn nie?
Dit gaan goed, jy is sterk?
Ek het 'n probleem aan die binnekant.
My hart. Ek rook te veel.
In die Naam van Jesus Christus
neem ek outoriteit en beveel
jou om te gaan.
En ek spreek volkome genesing
oor hierdie longe.
Longe, herstel weer.
Groei weer in die Naam van Jesus
Christus. Nou, kan jy...
Allah.
Ek beveel jou nou dadelik in die
Naam van Jesus Christus...
Kyk. Goed? Baie goed.
Isa het gesterf. Maar toe word Hy weer
lewend. Hy het na die Vader gegaan.
Hy is nie dood nie. Hy leef. Alles word
weer normaal, nou dadelik.
Dit is nie towery nie. Ek is 'n normale
man, soos jy. Dis die Gees van God.
In die Naam van Jesus Christus, beveel
ek dat alle pyn hierdie liggaam verlaat.
Ek breek die duisternis in hierdie seun
in die Naam van Jesus Christus.
Raak hom nou aan met U Heilige Gees.
Nou dadelik. Vul hom en seën hom.
Foto.
Iets wat regtig merkwaardig was, is dat
op 'n deel van die pad,
terwyl Torben met die jongman gepraat het
was daar 'n paartjie op pad op met die
trappe.
Dit het gelyk of hulle Arabies is en die
vrou het 'n kopdoek gedra.
Later het Torben hulle genader. Hulle
was nie Arabies nie, maar Amerikaans.
Ek is verras deur hoe ek gedink het.
Ons het met hulle gesels en het
eindelik vir hulle gebid
en hulle het die Heilige Gees ontvang,
hier in Petra.
Vader, ek dank U vir Jay se lewe en dat
hy U volg
en dat hy 'n lig in die duisternis wil
wees en sout vir die aarde.
Dit is U belofte van die Heilige Gees en
ek vra U nou, Here Jesus,
om hom te vul. Stuur U Heilige Gees,
Vader, stuur U belofte aan hom.
Gee hom meer, Vader.
Amen. Jy het dit, broer. Dis joune.
- Dankie.
Jy is gevul met krag van die hemel.
Jesus is hemel toe sodat Hy dit kon stuur.
Toe Hy hier was, kon mense van God hoor
as Hy met hulle gepraat het. Hy kon
net 3, 4, 5, 10 mense help.
Maar nou kan die Heilige Gees jou leer.
En jy kan God net vra, en Hy sal jou
antwoord.
Hy sal met jou praat.
Daar is krag, baie krag.
Wonderlik, man.
- Ek is lief vir jou, broer.
Dis so vreemd vir my. Soms het ons
die verkeerde idee oor mense
en ons wag vir iets om te gebeur. Maar
ons kan dinge laat gebeur.
Ons kan dit enige tyd doen, heeltyd
en met enigiemand.
Jy weet, dit is net om mense lief te hê
en hulle te aanvaar,
hulle te nader met 'n normale gesindheid
en dan net die lewe wat in ons is
met hulle te deel.
So op die ou end, nadat ons toer klaar
was en ons klaar was met alles
en alles klaar gesê en gedoen was,
het ek vir hierdie jong toergids wat met
die perd gewerk het, gesê:
'Ek het 'n geskenk vir jou, ek
het 'n boek vir jou.'
Hy het gesê, 'Goed, ek wil daardie boek
hê,' so ons is na ons kar toe
en het die tasse oopgemaak en Lars
het gekyk, hy het Nuwe Testamente gehad.
Hy het daardie boek vir hom gegee, en
hy het gesê, 'Sjoe, dis vir my mense,'
Dit was in sy taal. 'So ons kan dit
lees.' Ek het gesê: 'Ja, lees dit asb.'
Hy het gesê: 'Gee asb vir my jou
epos en jou Facebook.'
Ons gaan kontak behou. Ek hoop
en glo regtig
dat God hom gaan oprig as 'n persoon
van vrede,
hier in die middel van Jordanië, om
al hierdie mense te bereik.
Christenskap is 'n reis.
Jesus sê een deur die Gees gelei,
is soos die wind.
Jy hoor sy stem, maar jy weet nie waar
hy vandaan kom of waarheen hy gaan nie
Deel van die reis is dat jy na plekke sal
gaan en woestyne sal trotseer.
Woestyne is plekke wat droog is, waar
die basiese vir oorlewing ontbreek.
Jy is heeltemal alleen en jy voel of
jy gaan sterf.
Daar is geen hulpmiddels om jou nie,
en geen voorsiening nie,
daar is geen geselskap nie. Jy stap
alleen en jy word moeg en uitgeput
en die ergste is jy weet nie hoe lank die
pad gaan wees nie,
hoe lank jy in die woestyn gaan bly nie.
Jy weet nie of jy water of 'n oase gaan
vind nie.
Maar jy moet aanhou stap.
Jesus is ons voorbeeld, Jesus is ons
rolmodel, ons wil soos Hy wees.
Ons wil soos Hy lewe.
Ons is geroep om soos Jesus te lewe.
Die eerste ding wat die Heilige Gees
gedoen het, toe Hy op Jesus gekom het...
was om Hom uit te te lei na die woestyn.
En vir 40 dae het Jesus gevas en is Hy
versoek.
Toe ek in 'n woestynperiode was, my
huwelik besig om te verbrokkel,
lang ure by die werk, fisies moeg,
geen vriende nie in 'n nuwe land,
geen familie nie... jy voel so alleen.
Jy het nie meer die gemeenskap in 'n
kerk nie, want daar's nie tyd nie.
skielik het ek so alleen gevoel, ek het
nie geweet hoe om daar uit te kom nie.
Ek was depressief. In der waarheid,
wou ek sterf.
Ek bid dat U die bene en die spiere sal
herstel,
enigiets wat beskadig is, in Jesus se
Naam.
Vader, U kan metaal laat smelt, ons het
gesien, Here..
en ons vertrou U vir volkome herstel
van hierdie been in Jesus se Naam.
Kan jy enige verskil voel?
- Nee.
Goed. Probeer om dit te beweeg.
- Maar dis nie regverdig om te sê nie...
Nie regtig nie.
Hoe erg is die pyn as 10 regtig erg is en
1 is...
Dis oukei, dit lyk erger as wat dit is.
Die ergste deel is alreeds verby.
- Glo jy in Jesus?
Wel, ek het eens op 'n tyd, maar ek
dink dis bietjie simpel,
want, nee, Jesus het niks daarmee
te doen gehad nie.
'n Klomp baie talentvolle, slim mense
het my been oopgemaak en metaal ingesit
en nou gaan ek eindelik weer kan loop
een of ander tyd.
Ek was so 'n slegte mens en Hy het
my lewe verander...
Sê jy ek is 'n slegte mens?
Dat ek, wat [@#?]
Nee, ek was sleg.
- Hoekom sou jy...?
Nog nooit in my lewe het 'n totale
vreemdeling my tromp-op geloop
en gesê: 'Weet jy, ek was sleg eens op
'n tyd' nie.
Hoe kom dit oor?
Dit voel asof jy oordeel.
Jammer, ek het dit nie so bedoel nie.
- Waarom kom praat jy dan met my?
Ek wil net sien dat jy genees word. Dis
al. Jammer.
Wag dan 3 maande en kom terug, man.
Ek het nie jou en jou God nodig nie.
Ek het die wetenskap. Daar's metaal in
my been!
Dit het nie so goed uitgedraai nie,
want ek dink hy was dalk 'n bietjie dronk.
Hy het regtig kwaad geword toe ons
oor Jesus begin praat.
Hy het opgestaan en regtig ontsteld
geraak, met sy vrou ook.
Ek dink hulle was dalk self ook betrokke
in 'n argument.
Soms, wanneer jy in so 'n situasie is,
wanneer mense kwaad word vir jou,
is dit vreesaanjaend. Ek het die vrees
in my gevoel. Ek wou net weghardloop.
Natuurlik sien ons nie genesing elke
liewe keer nie.
Soms, wanneer jy die video's op
YouTube en die internet sien...
lyk dit so maklik, want hul wys nie die
volle weergawe nie
of die mense wat nee gesê het voor hul
vir hulle gebid het
of hoe baie keer hulle gebid het vir die
persoon voor genesing plaasgevind het nie.
Ons moes dit op die harde manier leer,
want in die begin het ek gedink daar is
iets fout met my.
As ek op die strate uitgaan en mense
voorkeer en hulle sê nee... dis moeilik.
Hoe meer ek dit doen, hoe makliker
word dit,
maar veral in die begin, was dit
regtig moeilik vir my.
Pyn, gaan. Probeer weer.
- Nee
Nee, ou. Hierdie is so [@#!]
Wag 'n bietjie.
Gaan nou dadelik in Jesus se Naam.
Nee, ou. Dis... nee, dis [@#!]
Het jy nou pyn?
God, ek bid vir genesing nou dadelik,
ek beveel alle pyn om nou te gaan
in die Naam van Jesus.
Probeer weer, hoe voel dit nou?
- Nee, dis dieselfde.
Ek beveel die laaste pyn om nou
te gaan in Jesus se Naam. Probeer weer.
Nee. Dieselfde.
Hoe weet jy of daar eers 'n God is?
Hoe weet jy dit?
Die Bybel kon net 'n boek gewees het
wat hulle gekry het
en dan begin het as 'n storie. Dis hoe
ek dit sien. Jammer.
Dit sal wonderlik wees as alles elke
keer gebeur, maar dis nie die lewe nie.
Daar's eintlik baie hoogte- en
laagtepunte.
Ek het al vir so baie mense gebid wat
nie genees is nie.
Ek het vir baie mense gebid wat nie die
Heilige Gees ontvang het nie
Ek het al mense probeer help en dan
draai dit nie goed uit nie.
Ek het al vir mense die verkeerde
antwoord gee, ek het baie foute gemaak.
Maar ek groei en ek leer.
En dit is goed om te groei en te leer.
Dis oukei om foute te maak.
Dit is hoe dit is om 'n dissipel van Jesus
te wees.
As jy video's kyk en sien hoe mense
net so bevryding kry
of net so vinnig genees word, omdat
jy 'n geredigeerde weergawe sien...
Mense moet besef dat wanneer jy bid,
moet jy net aanhou. Hou net aan.
Want die video wat jy gekyk het - hulle
het resultate gekry want hul hou aan.
Ontbering en pyn is noodsaaklike dele
van dissipelskap.
Jesus het gesê ons moet 'n kruis dra en
'n kruis is nie gemaklik nie.
Dis soos 'n vrou wat geboorte gee.
Die vrou wat geboorte gee, gaan deur
soveel pyn,
maar wanneer die baba gebore is, dink
hulle nie meer oor die pyn nie.
Hulle kyk nooit na hul seun as 'n
simbool van pyn nie, maar vreugde.
En hulle vergeet al die pyn wat hul
ervaar het, en die nege maande swangerskap
Want 'n nuwe lewe is gebore.
En dít is die Christelike wandel.
Ons het so baie stories om te vertel,
so baie getuienisse,
ek word tranerig as ek dink aan al die
wonderlike dinge wat God gedoen het.
Maar voor elke liewe oorwinning,
was daar 'n tyd van lyding, uitdaging,
pyn.
Een keer baie lank terug, op 'n TV-program
het ek 'n vrou hoor sê dat as sy moes
kies tussen ekstreme lyding...
en ekstreme vreugde, sy altyd
ekstreme lyding sou kies,
want dit is wanneer sy die naaste
aan God is.
Ek kon toe nie verstaan wat sy moontlik
kon bedoel nie.
Ek het gedink sy is kranksinnig,
ek het gedink sy is mal.
Maar ons het intussen geleer dat dit in
daardie regtig moeilike tye is
wanneer jy op jou einde is...
op die einde van jou hulpmiddels,
wanneer jy regtig doen, jy roep uit na God
Woestyne is pynlike dele van jou lewe
wat jou hart vorm...
want wanneer jy geen hulpmiddels
het om op te leun nie...
is al wat jy het, Jesus.
En jy kan Jesus nie leer ken wanneer
jou aandag afgelei word
deur so baie ander dinge in die lewe nie.
Ek het dit ontdek toe ek saam met my
familie gereis het sonder selfone,
dat ek hulle baie beter leer ken het,
met niks om my aandag af te lei nie
Soms moet ons die selfone van die
lewe afsit
sodat ons 'n goeie tyd kan hê
waar ons in God se oë kyk.
Terselfdertyd is daardie tydperk van
pyn 'n pragtige tydperk...
want jy leer op God vertrou in plaas
van jou eie hart.
Want dis so maklik om net gemaklik te
raak met dit wat jy weet,
maar in daardie oomblikke besef jy hoe
afhanklik jy van God is,
dat as God dit nie doen nie, gaan
niemand nie
en al jou prestasies, kennis en charisma
sal dit nie doen nie. Jy het God nodig.
So dis die proses van die lewe
gelei deur die Heilige Gees
Dis uitdaging, dis vrees, frustrasie,
stryd, en dan kom die seën en oorwinning.
jy vergeet al die pyn en verheerlik God
vir wat jy ervaar het.
Soms verduidelik God nie Sy strategie
en bedoeling nie.
Maar Hy stuur ons op 'n pad en ons
het nodig om dié pad te loop.
Woestyne is dele van die lewe wat ons
sal oplei, wat ons sal sterk maak
en wat ons sal leer om God te vertrou.
Hoe kan ons in geloof lewe as ons
nie vertroue het nie?
'n Lewe in geloof is 'n lewe in vertroue.
Om te kan vertrou, moet ons iemand ken.
En jy leer God ken in die woestyn.
Jy leer God nie ken in die valleie nie.
TEMPEL VAN SALOMO, SÃO PAULO,
BRASILIË
Hoekom gebruik iemand
300 miljoen dollar...
om dít te bou in die middel
van 'n arm gebied?
Ek het geen idee nie.
Op pad hierheen het ons mense gesien
wat bedel vir geld...
mense wat probeer water verkoop,
mense met klein winkeltjies het gesit
en klein goedjies verkoop om net
'n bietjie geld te verdien.
Die Christelike geloof het in Israel begin
as 'n liggaam. 'n Lewende liggaam.
Vir baie mense, is die Christelike geloof
vandag 'n filosofie.
Iets wat hulle in hulle verstand het.
Vir baie is dit 'n instelling.
Ons sien dit op baie plekke, soos die
Katolieke kerk, en regoor Europa.
Christenskap is baie keer 'n kultuur.
Vir my was dit, ek het so grootgeword.
Christenskap is ook vir baie mense 'n
besigheid,
nie net in Amerika nie - regoor die
wêreld, die malste een wat ek sien.
Baie mense wil niks met God te doen
hê nie as gevolg hiervan.
Baie mense sê, hoekom moet ek Jesus
volg, of 'n Christen word?
Want dís wat die Christelike geloof is.
Ek wonder regtig wat Jesus sou gedoen
het as Hy hier was vandag?
Ek dink Hy sou die Woord verkondig
het en Hy sou uitgeskop geword het.
En dan sou Hy uitgegaan en daar gaan
preek het.
Sal ons dieselfde doen?
- Ja, ek dink ons gaan dieselfde doen.
Ek het gedink, kom ons kyk of ons
mense kry wat die Heilige Gees nodig het
Toe draai ek om en skree:
'Enigiemand hier wat gedoop wil word
met die Heilige Gees?'
Daar was 'n seun daar wat nie die Heilige
Gees gehad het of in tale kon spreek nie
Vryheid, nou dadelik. U liefde, Heilige
Gees.
Heilige Gees, kom in hierdie tempel in
en vul hom nou dadelik.
Toe kom daar 'n groot sekuriteitswag
na ons toe: 'Wat doen julle?'
En ek was soos: 'Ons het net vir hierdie
ou gebid en hy't die Heilige Gees ontvang
en nou spreek hy in tale.'
- 'Jy mag nie hier buite bid nie.'
'Gebed mag slegs binne die tempel
geskied
en dit moet die pastoor wees wat vir
die mense bid.'
So, ons is toe uitgegooi uit die
tempelarea
en het na die ander kant van die hek
gegaan
en daarbuite het ons net vir nog
mense begin bid.
Kom Jesus. Kom en maak my vry...
genees my liggaam... kom met U
Heilige Gees... vul my... nou dadelik
Heilige Gees, vul hierdie vrou nou
in die Naam van Jesus. Raak haar nou aan
Angs, gaan nou, gees van depressie,
gaan. Verlaat haar, gaan. Kom uit.
Om die draai kon jy dinge soos dié sien
Dit is ongelooflik dat so baie geld
spandeer moet word
net om 'n institusie te verheerlik.
Hierdie is die ware lewe. Waar sou
Jesus gewees het?
Ons moet onsself dit afvra.
Sou Hy 'n tempel laat bou het van
300 miljoen Amerikaanse dollar?
Nee. Hy sou hier gewees het.
Jesus het nie gekom om die
eiegeregtige mense te roep nie
Hy het vir mense gekom wat 'n behoefte
het. En hier sien jy behoeftiges.
Jesus sê ons moet ons lig laat skyn,
om die sout vir die aarde te wees,
wat beteken dat ons moet wees
waar die duisternis is,
om in die plekke te wees waar daar nie
geur is nie, dat hul die verskil kan voel.
Ons is bedoel om ons lewens te belê in
die lewens van dié mense
wat in die duisternis is. Probeer om
hierheen te kom en hul nood te verlig
Maar dít is die ander kant van
Brasilië wat ons sien.
En daar is baie mense hier en regoor
die wêreld wat 'n ander lewe het.
Op 'n dag het ons besluit om na 'n
ander plek te gaan
waar ons 'n groot kerk in die middel
van die stad gevind het.
Buite die kerk het 'n klomp arm mense
gelê, hawelose mense
en hulle het op die stene buite daardie
kerk gelê en geslaap.
Ek het gedink dit sou goed wees om
'n paar stoele te hê
waarop ons mense kan laat sit en
vir hulle bid.
Toe kyk ek rond en sien 'n winkel
waar daar stoele was.
Iemand wat daar gewerk het, het
probleme met sy rug gehad.
Vryheid.
Probeer om...as
Sy voel soveel beter.
Sy was soos: Sjoe, ek dink ek gaan
nooit weer die pyn hê nie.
En toe kom die baas na my toe en hy
het waarlik in God geglo
maar is nog nie gedoop met die
Heilige Gees nie, ons bid toe vir hom
en die Heilige Gees het oor hom gekom
in daardie winkel
en hy het God ontmoet en begin huil
en in tale gespreek.
Toe sê ons: 'Wat ons eintlik wou hê
was om 'n paar stoele te leen.'
'Ja, hier. Neem dit net.'
Praat jy Engels?
Het jy pyn êrens in jou liggaam?
Vryheid, nou dadelik, in Jesus se Naam.
Laaste pyn, gaan.
Hoe voel die pyn nou?
Dis alles weg.
Vryheid in Jesus se Naam, nou dadelik.
Probeer om te voel hoe jou rug nou voel.
Dis alles weg? Dis alles weg!
Sy het pyn.
- Kan jy kom?
Rug, gaan terug in plek in Jesus se
Naam, nou dadelik.
Is dit weg?
Heilige Gees, meer...
Raak sy hart aan. Maak hom vry.
O Jesus, kom nou
met U teenwoordigheid.
Laat gaan.
Jesus is daar, Hy wil jou 'n nuwe lewe
gee. Lewe in daardie hande.
Jesus is die antwoord... Hy het aan
'n kruis gesterf...om ons te bevry.
Toe Jesus op die aarde geloop het...
het Hy die siekes genees...
Hy het mense bevry van demone...
en Hy het die Koninkryk aangekondig.
Mense het God ontmoet, genesing ervaar,
en ons het die Evangelie verkondig.
Sommige van die hawelose ouens buite
die kerk het dit gesien
en 'n paar van hulle het na ons toe gekom.
Daar was in besonder een ou vir wie ek
gebid het.
Ek is al vir 26 jaar op die strate.
Ons bly langs 'n kerk
Ons bly op die trappe, ek en
ander hawelose mense.
Ander, wat in dieselfde
situasie as ek is.
Die lidmate van daardie kerk laat ons
nie toe om in te gaan nie.
Ons kan nie ingaan om water te drink nie.
Hulle help ons nie met kos of niks nie.
Ons bly net op die trappe.
Hulle kan nie saam met ons bly,
wat mense is, net soos hulle nie.
Ons word as gemors beskou deur die kerk.
Maar gister het hier 'n paar ouens en
meisies aangekom om in die park te bid
waar ek gewoon het.
Eintlik, toe die mense in die park
gebid het...
wou ek net 'n drukkie hê,
want ek het liefde nodig.
Hy wil net hê jy moet hom 'n drukkie gee.
God seën jou.
Praat jy Engels?
Ken jy vir Jesus?
Ja, Jesus. Ek is lief vir Jesus.
- Maak jou oë toe.
Sê: Jesus... ek glo in U...
Ek wil saam met U lewe...
Maak my vry...
Kom met U Heilige Gees...
Vul my... nou dadelik.
Vryheid.
Laat dit gaan. Ek beveel hierdie leuen
om hierdie liggaam te verlaat. Kom uit.
Elke verslawing, ek beveel jou,
verlaat hom.
Vul hom. Jy lewe. Hy is lief vir jou!
Daar is vryheid.
- Dis baie goed.
Dis die Heilige Gees.
Om die Heilige Gees te ken,
om nader aan Hom te wees,
'n vuil mens met 'n vuil liggaam en
vuil gedagtes
Toe kom 'n ou en bid vir my...
en gooi jou net in die arms van die
Heilige Gees van God.
Hierdie ou het ons gevolg, al die pad
terug tot by die hotel.
Hy het buite die hotel geslaap daardie nag
Ons het dit die dag daarna agtergekom
want hy het na die byeenkoms toe gekom.
Gedurende die byeenkoms het hy
verduidelik wat die doop is
en hoe om die Heilige Gees te ontmoet.
Hierdie is nie maklik vir hom nie,
want satan gaan hier verloor...
en hy het jou regtig gebind in baie areas
Is jy gereed om op grond van jou eie
geloof gedoop te word tot Jesus Christus?
So ons doop jou tot Jesus Christus.
Nou gaan jy net af.
Sterf saam met Christus. Staan op
saam met Christus.
Toe hy opkom uit die water, het
daardie gees begin manifesteer.
Hy was so kwaad. Hy het na my gekyk
met die boosste oë.
Gaan nou dadelik.
Kom nou dadelik uit.
Daar was 'n paar demone wat nie wou
hê ek moet gedoop word nie.
Ek het 'n slegte gevoel gehad voor my
doop.
Maar nou, daarna,
voel ek lig en gelukkig.
Ek voel die teenwoordigheid van Jesus
langs my, van die Heilige Gees self.
Daardie aand het hy vyf of ses van sy
vriende na die byeenkoms toe gebring...
en hulle het die verandering in hom
gesien.
Voor die laaste twee dae was my lewe niks.
Nou is ek 'n evangelis.
Hy het gesê: 'Ek het van niks gegaan tot
'n evangelis.'
Ek het gevoel ons moet meer doen. So
ons het 'n offergawe opgeneem vir hulle.
Ons het almal geld gegee vir die kerk
daar en die kerk het 'n huis gehuur
waar daardie hawelose ouens kon bly
en lewe
en om ander te kry om hulle te begin
dissipel, en dit was so mooi.
Hulle is nie meer haweloos nie. Hulle is
wedergebore, dissipels van Christus.
en hulle kon 'n nuwe begin maak.
Baie mense is nie gewoond hieraan nie
want hulle is gewoond aan vormgodsdiens
Hierdie gaan oor verhouding.
Miskien kyk jy na my en
dink ek is spesiaal.
Jy dink, hy's 'n pastoor.
Hy is 'n spesiale man van God.
Nee, dit gaan nie oor my nie.
Dit gaan oor Christus in my.
En as jy jou bekeer, as jy gedoop word,
en jy ontvang die Gees van Christus...
het jy presies dieselfde as wat ek het.
Hierdie is die begin.
Daar is 'n lewe wat voorlê.
In daardie lewe is daar vervolging.
In daardie lewe is daar moeilike tye.
In daardie lewe is daar pyn. Ek het baie
gehuil. Ek het deur baie gegaan.
Maar wat jy daaruit kry
is soveel mooier.
Hierdie is die Heilige Gees
wat oor mense kom.
Partykeer is dit demone.
Partykeer is dit fisies.
Ons is geroep om dit uit te dryf,
maak nie saak wat dit is nie.
Moenie bang wees nie.
Jy het dit aan jou binnekant.
Ons moet terugkom na dít waaroor
dit alles gaan.
Ons moet terugkeer na 'n
verhouding met God.
ÊRENS OP DIE PLATTELAND
EEN JAAR LATER
Wees asseblief hier met U leiding en U
goedheid...
met U liefde en U waarheid,
en daardie waarheid sal ons vrymaak.
Dit is U Woord, dit is U beweegrede,
dit is al wat ons nodig het om te weet.
Dis is al wat ons nodig het.
Almal wil vry wees.
Wel, dit is nou een jaar na ons doop.
Ons sit hier in ons nuwe huis.
Ek sou sê dit was 'n vol jaar.
Baie, baie verandering.
Dit is baie moeilik vir my om dit op
'n perfekte manier te beskryf.
Maar een ding kan ek sê, dit was
nie vervelig nie
Ons glo God het ons hierheen gebring
met 'n doel
en dit het te doen met twee dinge.
Met persoonlike vryheid,
vir die familie ook
wat belangrik is in hierdie tye
en dit het te doen met 'n roeping om
meer te belê in hulle wat verlore is.
Die gebrokenes, die verwaarloosdes.
Hulle wie ons nie gewoonlik graag in
ons weelderige huise innooi nie.
Ons het besluit om platteland toe te kom.
Die eerste persoon wat God op ons
harte gelê het, was Christopher.
Ons was by sy skuiling, by sy huis waar
hy woon
waar ander haweloses ook woon
en ons het oor God gepraat en hy was
aangeraak daardeur
Aanvanklik was dit moeilik vir hom om
oop te maak
omdat ons vreemdelinge vir hom was.
Maar toe het die Heilige Gees hom
aangeraak
Daarom het ons teruggegaan en hom
na ons huis toe gebring.
Dames en here.
Hierdie is "cups and cookies."
Goed, luister - hierdie is regtig
interessant.
Jesus was sonder sonde.
Vir God beteken om sonder sonde te
wees 'n skoon en rein hart, vol liefde.
En Jesus het tussen die mense beweeg
en hulle genees.
En Hy het die Evangelie verkondig,
sodat hulle bevry kon word.
Sodat hulle 'n verhouding met God kon
hê en die hemel kon betree.
Ek voel regtig soos 'n ander mens,
kan ek sê
en baie verandering het
plaasgevind in ons lewens.
En ek sien die lewe met 'n ander
perspektief. Heeltemal anders.
Hy is werklik hier, net hier, en Hy wil
hê jy moet Hom ken.
Hy het opgestaan. Dit beteken Hy is
hier, nie onder die grond nie.
Hy sien jou hart...
en Hy weet, - seun, vandag is die dag
wat jy gered kan word.
Ek wil nie hê jy moet uit my hand
geruk word nie.
Hoe voel jy?
Jy huil, dit is goed.
Laat dit uitkom, dis goed.
Ons bid tot U, Vader...
laat U liefde by sy hart inkom
en wys vir hom die liefde in hom.
Kom, Vader.
Bring U liefde. Wys Hom wie U is.
Wys vir hom die waarheid.
Hy het net een stel klere, en ons het
vandag vir hom 'n bietjie klere gekoop.
'n Bietjie goeie klere vir die nuwe
mens.
So hy gaan gedoop word.
Sterf saam met Christus, staan op saam
met Christus.
Ons dank U vir genesing,
ons dank U vir vrede.
Vryheid, vir die nuwe lewe
van hierdie nuwe skepping.
Vader, dis U seun
Ons stel die nuwe seun,
die nuwe skepping, voor aan U.
Baie, baie dankie dat U ons hom
laat leer ken het
sodat ons hom vir U kon gee, Vader.
Jesus het gesê: 'Ek was 'n vreemdeling
en julle het nie vir My herberg gegee nie.
Ek was in die gevangenis en julle
het My nie besoek nie.
Ek was naak en julle het My nie geklee
nie. Honger, en het My nie gevoed nie.'
Dankie.
- Dis so 'n groot plesier.
Moenie vir ons dankie sê nie, dank Jesus.
Hy het jou nie vergeet nie.
Weet jy dit?
Dankie, Vader.
En die Bybel sal ek na jou toe bring.
Ons het Christopher terug huis toe
geneem, na die skuiling toe,
en soos wat ons teruggery het huis toe
het ek gehuil, want ek het besef
dat ek heeltemal verander het.
Ek doen nou dinge wat ek nooit
voorheen gedoen het nie.
Ek doop mense, bid vir mense,
praat met vreemdelinge.
Voorheen het ons partytjies gehou.
En dit was alles oor my, net oor my.
En nou bid ek vir 'n man wat regtig
heeltemal verlore is, in my huis.
En ek druk hom, en die liefde in my is
Jesus se liefde. Dis Christus se liefde.
Wanneer jy 'n Grammy-toekenning
wen, of 'n World Music-toekenning
enige soort toekenning wat ek gewen het,
Ek ken die gevoel, en ek weet daar is
staande toejuigings
en die hele wêreld staan voor jou en
hulle verafgod jou en jy's die beste.
Maar jy gaan terug na jou hotelkamer,
en jy is nog steeds dieselfde,
jy het nie verander in iets anders as
jouself nie.
Hartseer sluip in, eensaamheid sluip in,
en steeds weet jy dat die res van die
wêreld jou verafgod.
So ek weet hoe ek gevoel het en ek
weet dat baie van my kollegas ook so voel.
Ek glo baie sterk dat as jy eers die
waarheid soek, jy dit sal vind.
Die enigste waarheid wat werklik
Waarheid is, is die Seun van God,
Die Seun van die Mens,
en wat Hy vir ons gedoen het.
Het meneer enige pyn?
Ek is Ilze, aangename kennis.
- Kola
Hallo Kola!
So, hy het...
Wat is verkeerd met jou hand?
Ek het 'n beroerte gehad.
- Hy het 'n beroerte gehad.
Kom ons bid vir dit. Jou naam is Kola?
- Kola.
Volle beweeglikheid, terug in
Jesus se Naam in al sy vingers
Spanning, verlaat sy spiere. Ek
vervloek die beroerte in Jesus se Naam.
Ek beveel genesing nou dadelik in Jesus
se Naam. Gees, gaan uit.
Gaan uit.
Verlaat hom.
Gees van swakheid en sieklikheid, gaan uit
Ek spreek lewe in Kola in Jesus se Naam.
Krag, kom terug in Jesus se Naam.
Dankie Here, maak hom vry.
Die vloek wat oor jou gesondheid
uitgespreek is, gaan uit.
Ek breek die vloek in Jesus se Naam.
Gaan uit.
Beroerte, laat gaan hom.
Heeltemal.
Alle siekte, gaan uit.
verlaat Kola in die Naam van Jesus.
Ek pleit die bloed van Jesus nou oor
Kola in die Naam van Jesus.
Hoe voel jy, Kola?
- Beter.
Jy voel beter.
Wat het gebeur?
Wat het gebeur?
Het iets gelig?
Kyk jou hand, dis beter.
Jou hand is beter.
Dankie, Jesus!
Kyk, jou hand was styf.
Voel dit beter?
- Baie beter.
Dit is Jesus. Jesus is die Krag bo alle
krag. Jesus is die Naam bo alle name.
Jy kan net Sy Naam aanroep, geen ander nie
Lig daai arm op.
Kon jy dit gedoen het?
Kon hy dit doen?
Voel jy beter?
Hy voel baie beter.
Hy kon nie dit doen nie.
Dankie Jesus! Halleluja!
Daai arm is nou los, kyk daar!
So dit was net wonderlik. Hy het
blykbaar 'n beroerte gehad aan die 1 kant
so sy hand was styf.
Hy kon nie sy hand heeltemal oopmaak
nie, sy bene was ook baie keer gevoelloos
Ons het net gebid en iets het gegaan
en sy hand het stadig maar seker net
meer en meer oopgegaan
en sy bene het teruggekeer na
normaal - dis nie meer gevoelloos nie.
Paulus sê: Ek skaam my nie
oor die Evangelie van Christus nie
want dit is die krag van God tot redding
vir elkeen wat glo.
En dis wat ons sien. Wanneer ons die
Evangelie verkondig, verander harte.
Wanneer ons die Evangelie verkondig,
kom mense na Christus toe.
Wanneer ons die Evangelie verkondig,
word mense gered.
Dít is die krag van redding vir almal
wat glo.
Jesus het beveel dat ons uitgaan en
die Evangelie preek, dis nie 'n opsie nie.
Hy het nie gesê: 'As jy so voel, of as jy
tyd het, of as jy wil' nie.
Hy het ons beveel, vir jou en my,
gelowiges, Christene.
Hy het gesê: 'Gaan uit en verkondig
die Evangelie aan die ganse mensdom.'
So, as ons die siekes genees,
gehoorsaam ons nie vir Jesus nie.
As ons net goeie werke doen,
liefdadigheid, gehoorsaam ons Hom nie.
Dit gaan oor die Evangelie, dit gaan oor
Hom wat gekom het om ons van sonde te red.
En ons die krag te gee om op die aarde
te wandel net soos Hy het.
Hy het vir ons die krag en outoriteit
gegee het om Hom goed te verteenwoordig
en die Goeie Nuus te deel met
almal om ons.
Dit gaan daaroor om die Evangelie te
verkondig aan die ganse mensdom.
Wie van julle weet hoe om skaak te speel?
Ek weet nie, maar wat ek weet,
is daar is reëls in skaak.
En die reëls sê, dat elke persoon kry
'n beurt om te beweeg.
Kom ons kyk wat is die reëls van God.
Ons sien aan die begin het Hy alles
geskep.
Hy't beweeg en dit was goed.
Hy't 'n perfekte aarde gemaak.
Daar was nie hongersnood nie, daar
was nie moeilikheid nie.
Hy't gesê van daai boom van kennis
van goed en kwaad mag jy nie eet nie
Maar die mens het beweeg. Hulle was
ongehoorsaam en het gesondig.
God het gekyk na ons en gesê:
'Dis nie goed nie.'
Die mens het afgekom van die ark af,
en vermeerder, kinders gehad.
Hulle steel, moor, is afgunstig, hulle
lieg, al hierdie slegte dinge
En God was baie hartseer, Hy sê Hy is
jammer dat Hy die mens gemaak het.
Eendag gaan jy voor God staan en jy
gaan weet dat jy skuldig is.
omdat jy Sy bevele verontagsaam het.
Baie mense dink dat as jy een gebod
oortree het, jy nog 'n goeie mens is
uit die tien gebooie
of jy kan 6 uit 10 kry en nog steeds
hemel toe gaan.
Maar God sê dat as jy een van
hierdie wette oortree het,
een van hierdie gebooie, is jy skuldig,
jy het hulle almal oortree.
Hoe meer die outoriteit van die
persoon teen wie jy sondig,
hoe groter die gevolge.
Daarom kan ons staan voor 'n heilige,
regverdige God
met geen sonde in Hom nie, geoordeel
word en na Sy tronk, die hel, gestuur word
want dit is Sy gebod wat ons verbreek.
En as ons dit verstaan, dan weet ons
ons het 'n Redder nodig.
Hy het Sy Seun, Jesus, gestuur om die
prys te betaal en hulle te red.
So wie se beurt is dit om te beweeg?
Dis ons beurt.
So gou as wat ons sê, 'Vader, ek is
jammer vir wie ek is en vir my sonde'
het ons beweeg. Ons bekeer ons tot
Hom en Hy beweeg dadelik en vergewe ons.
So gou as wat ons gedoop word tot
Jesus Christus, was Hy ons skoon
God beweeg dadelik en vul ons met
die Heilige Gees
Hy het geskuif.
Jy het nog nooit 'n skuif gemaak nie.
Wat gaan jy doen?
Alles het verander toe ek die volle
Evangelie hoor
Skielik het dit lewend geword.
Dit het my gewys dat ek waarlik ook 'n
dissipel kan wees
Ek is ook geroep om Jesus te volg.
Skielik gaan ons uit op die strate en bid
vir die siekes
en ek het genesing deur my hande
gesien.
Ek het die Heilige Gees in my en ek het
Hom sien werk deur my.
Ek het nooit gedink dis moontlik nie.
En dit het my hele lewe verander.
Om die Evangelie te lééf.
So Ilze het vir een van die susters wat
hier werk gevra of hier iemand met pyn is
en sy het gesê ons kan inkom, so ons
sal sien.
Het jy maagpyn? Baie erg?
Ek beveel al hierdie pyn om te gaan,
swakheid en infeksie gaan in Jesus Naam.
Waar is die pyn?
- Ek voel dan nou niks nie!
Jesus! Jesus genees.
Jy het spanning by die huis?
Ja.God sien.Hou aan om dit vir Hom te gee.
Hy sien jou.
Is die pyn weg? Is jy gesond? Jy hoef
nie meer hier by die kliniek te sit nie.
Jy is kosbaar.
Dis 'n plesier.
Vertel hulle wat gebeur het.
Sy's nou net genees, niks meer pyn nie.
Enigiemand anders met pyn?
Ons gehoorsaam nie vir Jesus om
punte te verdien of belonings te kry nie.
Ons gehoorsaam Hom omdat ons Hom
liefhet, oor dit wat Hy vir ons gedoen het
So ons wil Hom verheerlik,
Ons wil Hom vereer.
Ons wil hê die wêreld moet weet
dat Hy die Verlosser is.
Dat Hy die Goeie Nuus is wat na die
wêreld toe gekom het.
Baie mense sal sit en bid en vas
voordat hulle uitstap in geloof.
Maar dis eintlik soveel maklliker as dit.
Jy sien, God het alreeds gesê,
Gaan uit en maak dissipels.
En dis maklik. Ons het die Heilige Gees,
so ons gehoorsaam Hom net.
Dis nie 'n gevoel nie. Soms sal Hy jou
'n klein gedagte gee en jy gehoorsaam net.
Jy sê net, Here, ek vertrou hierdie is van
U, ek gaan dit net doen
ek gaan die Evangelie verkondig.
Wil jy gedoop word?
- Ja.
Wil jy gedoop word?
- Ja.
Nou?
Ek het hierdie aanhaling al baie gelees
waar mense sou sê:
Verkondig die Evangelie elke dag, en as
dit nodig is, gebruik woorde.
En dit het regtig so mooi geklink.
Maar ek sien dis nie Skriftuurlik nie.
Om die waarheid te sê, dis ver daarvan.
Want die Bybel sê, 'Hoe kan hulle in
Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?
En hoe kan hulle hoor sonder een wat
preek?
En hoe kan hulle preek as hulle nie
gestuur word nie?
Jesus het ons gestuur. 2000 jaar gelede
het Hy gesê, 'Gaan.'
Gaan en verkondig die Evangelie. So
ons doen dit.Ons stap net uit, waar ons is
In 'n winkel, in 'n sentrum. By die huis.
By 'n vriend se huis. Waar ookal.
Wie jy ookal ontmoet.
Hierdie lewe is iets wat God vir ons
elkeen wil gee.
Wanneer jy hierdie lewe ervaar het, kan
jy nie teruggaan na vormgodsdiens nie.
Jy kan nie weer teruggaan na die ou
ding nie. Jy sal vir altyd veranderd wees
Jy word gewillig om vervolging te beleef.
Jy word gewillig om jou huis te verkoop
en weg te gee
as dit is wat God jou vra om te doen
Ek leer nog om Hom heeltemal te
vertrou elke dag.
Want ek wil nog steeds dinge in my eie
krag doen, né? So nou en dan.
Want dit was my gewoonte vir so lank.
Maar Sy tydsberekening is so perfek
Hy het ons daar uitgeneem.
Hy het mense in ons lewens gestuur
Hy het gegee, Hy het voorsien.
Ja, Hy is 'n liefdevolle Vader.
Wat ek besef, is dat wanneer jy na
Christus toe kom, groei Sy liefde in jou.
En jy het liefde vir ander mense en dis
lewende water, dis vervullend.
En ek bemoedig al die mense in die
wêreld dat Hy die Enigste Een is.
Hy's die Waarheid, Hy's die Lewe.
Lewe produseer lewe. Waar daar lewe
is, bly dit nie alleen en geïsoleer nie.
Dit reproduseer nog lewe.
As jy gras het wat groei,
sal dit aanhou groei.
As jy 'n boom het, sal dit aanhou
groei. Mense sal vermeerder.
As jy beeste en skape het, sal hulle
meer word. Lewe produseer nog lewe.
En as jou Christenskap lewend is
as jy instap in die lewe wat God gestuur
het vir ons om in te stap
sal jou lewe nog lewe produseer.
Jou lewe sal resultate sien.
Jy sal babas hê, kinders,
jy sal vermeerder.
Jy sal jouself gedupliseer sien in nog
mense.
Lewe kom nie met roetine, tradisie
en frustrasie nie. Dít is dood.
Maar lewe produseer lewe.
Ons is bedek met Jesus Christus.
Ons is in Hom, en Sy Gees is in ons
en daarom kan ons uitgaan en Hom in
alles gehoorsaam.
Dit is 'n lewe van oorvloed.
Dis 'n avontuur.
JESUS LEEF.
Jesus het gesterf sodat ons hierdie lewe
kan hê.Ons kan Hom hê, dis verhouding
Skielik is die hartmonitor nie meer
dood, nie meer 'n reguit lyn nie.
Skielik is daar 'n hartklop, want ons
het lewe.
Ons het begin om nuwe liede te skryf
net vir die Koninkryk
In die besonder, 'n lied oor die doop,
want dit was ons begin.
Ons wou dit met mense deel.
Ja, ons is baie opgewonde oor hoe
mense dit gaan ontvang.
Of hoe baie mense na Jesus toe gaan
kom as gevolg van hierdie musiek.
Liewe Heer, wys my die pad na U.
Ek wil my kruis opneem,
ek wil U volg.
Wys my hoe om myself te verloën en
hoe om te stap in U perfekte rykdom
Moet nooit laat gaan van my hand,
totdat ons in die Beloofde land staan nie.
U het lewe in my ingespreek. U elke
woord maak ons vry.
Ons moet na die rivier toe stap.
Ons moet sterf in die water.
En dan opstaan saam met die Here.
En elke sonde sal afgewas word.
Ons moet na die rivier toe stap.
- Sal afgewas word.
Ons moet sterf in die water.
- Elke sonde sal afgewas word.
Ons moet na die rivier toe stap.
- Sal afgewas word.
Ons moet sterf in die water.
Ons moet na die rivier toe stap.
Ons moet sterf in die water.
En dan opstaan saam met die Here.
En elke sonde sal afgewas word.
Ons moet na die rivier toe stap.
Ons moet sterf in die water.
En dan staan ons op saam met die Here.
Elke sonde sal weggewas word.
Ons moet na die rivier toe stap.
Ons moet sterf in die water.
En dan opstaan saam met die Here.
En elke sonde sal afgewas word.
En elke sonde sal afgewas word.
Jesus, mag U alleen vereer word deur
hierdie film.
Mag mense U en U alleen dien en volg.