Wat ek in hierdie video wil doen, is om te dink aan die oorsprong van algebra, die oorsprong van Algebra. En die woord, veral in assosiasie met die idees wat Algebra nou verteenwoordig, kom van, kom van hierdie boek of eintlik is dit 'n bladsy van die boek wat jy hier sien. Die Engelse vertaling van hierdie boek is, " The Compendious book on Calculation by Completion and Balancing" Dit is geskryf deur 'n Persiese wiskundige wat in Baghdad gewoon het in, hmm, ek dink dit was die 8ste of 9de eeu Of ja, dit was eintlik 820 V.C. toe hy hierdie boek geskryf het. V.C. En Algebra is die Arabiese woord wat, hier is die eintlike titel wat hy dit gegee het, wat die Arabiese titel is. Algebra beteken "herstel" of "voltooiing" herstel..........herstel of voltooiing........voltooiing En hy het dit in hierdie boek geassosieer met 'n baie spesifieke werking, waar hy iets vanaf een kant van 'n vergelyking geneem het na die ander kant van die vergelyking. Maar ons kan dit eintlik hier sien. Ek ken nie Arabies nie, maar ek ken eintlik 'n paar tale wat 'n bietjie by Arabies "geleen" het of dalk is dit andersom! Maar dit sĂȘ Al Kitab en ek ken net genoeg Urdu of Hindi om 'n goeie Indiese fliek te verstaan. Maar Al Kitab, "Kitab" beteken "boek". So hierdie deel is "boek". Ek dink Al-Mukhtasar beteken "bondig" omdat ek nie die woord ken vir "bondig" nie en dit klink soos dit. Fi Hisab, "Hisab" beteken "berekening" in Hindi of Urdu so hierdie is "berekening". Al-Gabr is die wortel. Dit is die gewilde Algebra. Dit is waar dit voorkom. So hierdie is vir "voltooiing". Jy kan dit sien as voltooiing...voltooiing en dan Wa...Al-Muqabala dit beteken eintlik "balansering" voltooiing en balansering. So as ons dit wou vertaal het en ek weet hierdie is nie 'n video vir die vertaling van Arabies nie maar die boek...die boek wel ek dink dit se "bondige berekening deur voltooiing en balansering is die rowwe vertaling hiervan. Maar dit is die oorsprong van die woord "Algebra". En hierdie is 'n baie baie baie belangrike boek. Nie net omdat dit die eerste keer is wat die woord Algebra gebruik is nie, maar baie mense het hierdie boek gesien as die eerste keer wat Algebra die vele van sy moderne idees aangeneem het, idees van die balansering van 'n vergelyking, die abstrakte probleem self, nie om probleme slegs een keer hier en daar op te los nie. Maar Al-khwarizmi was nie die eerste persoon nie. En net om 'n idee te kry van waar dit als gebeur, sy "uithang-plek" was Baghdad. So, hierdie deel van die wereld kom baie voor in die geskiedenis van algebra. Maar hy het daar uitgehang in die 8ste of 9de eeu. So as ek 'n tydlyn teken, sodat ons dit als kan waardeer. So dit is.............. die tydlyn. En of jy nou gelowig is of nie, meeste van ons moderne datums is gebaseer op die geboorte van Jesus. So ek sal dit so se, sodat dit hier is. Miskisn sit ons 'n kruis hier, om dit aan te dui, maar wanneer ons nie gelowig is nie, se ons "algemene era" "voor die algemene era"; wanneer ons gelowig is, se ons V.C wat beteken "die jaar van ons God". Anno...ek ken nie die Latyns nie..."Anno Domini" soos ek verstaan "die jaar van ons god" En dan as ons wil, in die christelike konteks, in pleks van se "voor die algemene era", kan ons se "voor Christus", V.C Maar in ieder geval, so hierdie is 1000 in die algemene era. Dit is 2000 in die algemene era. En ons is ten minste terwyl ek hierdie video maak, ek sit omtrent hier. En dan, hierdie is 1000 voor die algemene era. En hierdie is 2000 voor die algemene era. So die eerste tekens, dis wat ons kan kry. Ek is seker as ons nog verder kon soek, sou ons nog bewyse kon kry van verskillende samelewings en mense en op baie idees in Algebra afgekom het. Maar ons eerste rekords van mense wat werklik die idees waarop Algebra gebaseer het verken het, kom van antieke Babilon, omtrent 200 jaar voor die algemene era, voor Christus. So omtrent, omtrent daar waar daar klip tablette was, waar dit gelyk het asof mense besig was om van die fundamentele idees van Algebra te verken. Hulle het nie dieselfde simbole gebruik nie. Hulle het nie die getalle op dieselfde manier voorgestel nie. Maar die Algebra waaraan hul gewerk het, was weereens deel van hierdie deel van die wereld. Babilon, was omtrent,...... reg hier. En Babilon het soortvan die tradisie van Sumeria behou. Die hele streek was Mesopotamia genoem. -- Grieks vir "tussen twee riviere"-- Maar dis die eerste tekens van mense waarvan ons weet wat begin het om te doen wat ons noem werklike werklike Algebra. En as jy vorentoe gaan en ek is seker selfs ons geskiedkundiges weet nie al die verskillende mense wat Algebra gebruik nie Maar die grootste bydraes tot Algebra het ons gesien hier in Babilon 2000 jaar gelede. En as ons gaan na omtrent 200 - 300 V.C omtrent reg hier, het jy 'n Griekse man wat in Alexanderia gewoon het.