Ek hou regtig van hierdie skets wat ek gekry het. Dit wys
jou presies waar jou hart in jou liggaam sit
so jy kan sien dat die hart, aan beide kante, deur die ribbe omring word, reg?
En in der waarheid, ek het dit nog nie ingeteken nie, maar laat ek jou wys waar die
longe sal wees. Hierdie is die regter long
en aan hierdie kant het jy die linker long. So dit is waar
jou hart sit: tussen twee longe. En ek meen
links en regs van die perspektief van die persoon wie se
hart dit is. So dis hulle links en regs, wat die teenoorgestelde
is van ons as ons daarna kyk. Die hart sit eintlik tussen die twee
longe, in 'n beskermende omhulsel.
Die ribbe is basis daar om al hierdie belangrike organe veilig
te hou. So onder die longe,
of as ons dit hieronder teken,
kan jy nou sien - dat onder alles-
is 'n regtig belangrike spier. Mense praat nie
oor die spier nie. Dis nie die soort spier
waaraan jy mense in die gym sien werk nie. Die spier word die diafragma genoem.
So jou diafragma spier
en jou ribbe omring die spasie, reg? Die diafragma word die vloer, en die ribbe is soortvan die
dak en mure van hierdie spasie.
As jy kyk na die inhoud van hierdie spasie - het jy die longe
en die hart. Hierdie hele spasie
word die toraks genoem.
So wat presies doen die hart? Kom ons maak 'n spasie
en kyk na die
vergroting van die hart.
Laat my begin deur jou te orienteer tot die hart. Dit is ons regter long
en aan die ander kant het ons ons linker long. En al hierdie sou
binne die ribbekas wees, maar ek gaan dit nie inteken nie, want dit
maak dit moeiliker om die hart self te sien. So, om te dink
oor presies wat die hart doen - dink ek 'n lekker manier is
om jou te verbeel jy is 'n sel. So sit jouself in 'n sel se plek
en kom ons se jy is 'n sel
hier. Dis jy. En jy kan
dink aan enige deel van die liggaam waar jy mag wees. Kom ons maak jou 'n
sel in 'n toon. En as 'n toon sel
is jou werk, natuurlik, om te leef en gelukkig te wees. En
naby jou is daar 'n klein bloedvaatjie. In werklikheid, elke sel in jou liggaam,
het 'n klein bloedvaatjie naby. En die toon sel
probeer net bestaan. en toon selle
benodig sekere dinge, reg? Hulle benodig, byvoorbeeld, suurstof.
Ek sal di in wit skryf sodat dit duidelik is. Hulle benodig suurstof
en hulle benodig voedingstowwe, reg?
So - selle benodig sekere dinge om te leef en gelukkig te wees.
En aan die ander kant maak hulle ook afval. Hulle is op 'n manier
net soos ons, hulle maak afval. Die afval kan
alle soorte dinge wees, en een waaraan ek kan dink is
koolstofdioksied (CO2). so koolstofdioksied is afval
vir die sel. So die sel maak afval
en kom ons verbeel ons vir 'n oomblik daar is geen bloedvloei nie.
So, self al is daar 'n bloedvat naby,
is daar regtig geen vloei - so ek sla net skryf "geen vloei"
So - soos die sel
afval maak, sal die afval, kom ons teken 'n klein balletjie hier,
al meer raak. Jy kry al meer en meer daarvan
omdat die bloed nie vloei om dit te verwijder nie. Dit mag dalk self
opeindig om al om ons toonsel te wees. So ons tooisel word
oorval, letterlik deut sy eie afval.
En aan die ander kant, krt dit suurstof en voedingstowwe? Nee.
Hy kry net een van die twee nie. So, binnekort -
ek sou se binne minute- dink ons toonsel
"dis nie 'n lekker manier om te lewe nie!"
Dis eintlik hartseer, dis aaklig. En as dit sou aanhou
sal ons toonsel sterf. So wat 'n toonsel
benodig, en wat elke sel benodigd, en dit kan 'n vingersel
of 'n vel sel, of enige soort lewende sel wees - benodig
is vloei. Reg? Dit benodig bloedvloei - konstant
en egalig. En as daar vloei is
het jy 'n ander prentjie, reg? As daar vloei is, dan skielik
is al die afval weggeneem.
Dit vloei weg en dis amper asof
iemand omkom en die vullis optel sodat dit nie die hele huis vol le nie.
So met die goeie vloei
word suurstof en voedingstowwe afgelewer. So al die goed
word afgelewer en skielik is die sel
baie, baie gelukkig - en gaan hy goed lewe.
So, as jy wil he al die selle in jou liggaam moet goed lewe,
soos hierdie sel, wil jy goeie bloedvloei deur die hele
liggaam he. Dis regtig die belangrikste punt. Jy benodig werklik,
op 'n manier, bloedvloei wat kontant deur die liggaam loop
en gedruk word. So,
om dit vir biljoene en biljoene van jou selle te doen, het jy 'n regtige sterk
pomp nodig, reg? iets wat al die bloed van die liggaam kan intrek
en dan weer uitpomp. En did wat die hart
is. Ek bedoel in sy erns, is dit presies wat die hart doen.
Dis 'n ongelooflike pomp en druk bloed uit sodat
jy goeie bloedvloei het. So ek gaan
dit aan die kant skryf as werk nommer een. Hierdie is die hart se werke.
So werke - en nommer een - is
bloedvloei. En ek sal sistemiese vloei skryf.
Sistemiese vloei. En al wat
sistemieses vloei beteken is dat ek bedoel na die hele liggaam. So - systemies -
as ek die woord noem, bedoel ek die hele liggaam. Al die selle
in die liggaam. Nou, presies hoe dit gebeur,
kan jy in hierdie prent sien. So, hier het jy 'n reuse
vene, dis 'n vene, en jy het 'n arterie.
Dis 'n arterie.
En bloed vloei deur die arterie - in daai rigting.
En dit kom eintlik in twee venes, die boonste,
is die superior, superior beteken
boonste. Superior vena cava. Dis die naam
van die vene. En hier, aan die onderkant, waar jy dit nie kan sien nie,
want dis aan die anderkant van die hart, is 'n ander vene genaamd die Inferior vena cava.
En hiedie twee venes, dis ook 'n vene,
hierdie twee venes trek bloed in vanaf die hele liggaam
na die hart.
En dan, wanneer die liggaam gereed is om dit uit te pomp, gaan dit na die
arterie - genaamd die aorta.
So - as jy al gehoor het van die aorta - dis die arterie
waarvan mense praat. So dis hoe die bloed rond gepomp
word. Maar dis eintlik nie die hart se enigste werk nie.
Die tweede werk van die hart, is eintlik
ook in die prent, en dit word pulmonere vloei genoem.
Pulmonere vloei. So wat beteken dit?
Wel, ons weet die selle verwag
suurstof, reg? Dit weet ons. En hulle het 'n klomp koolstofdioksied
afval. Wel, dis goed om dinge rond te beweeg. Dis goed om
bloed rond te beweeg. Maar jy het nog nooit van die koolstofdioksied onslae geraak
of nuwe suurstof ingebring nie. So die sel is nog nie gelukkig nie.
Ek bedoel, jy kan bloedvloei he, maar een of ander tyd gaan dit ook suurstof wil he.
En dit gaan wil ontslae raak van die koolstofdioksied. So dis waar
die longe inkom. So wat in die hart gebeur, voordat bloed na
die aorta gaan, voor dit net weer terug gaan na die liggaam,
pomp dit die bloed na die
longe. En die bloed gaan na die linker long, en na die regter long.
En dan kom die bloed terug van die reger long
en die linker long, en dit word teruggedruk
na die hart, en dan uitgepomp deur die aorta. So daar is eintlik
hierdie eksta stap, waar die bloed na
en van die longe kom - en dis die pulmonere vloei.
So die laaste ding wat jy sal oplet - en as jy na die prent kyk is dit moeilik om nie te sien nie
is dat daar hierdie soort wriemelende klein
bloedvate ooral oor die hart is. En wat presies
is hulle? Ek bedoel daar is rooies en bloues - en
die bloues is die venes en die rooies sie arteries,
maar is hulle deel van die systemiese vloei, die pulmonere vloei of iets anders?
Wel, hierdie vate, almal van hulle saam
word die koronere vate genoem.
En so spesifiek mag jy hoor van
'n koronere arterie, of 'n koronere vene, maar saam kan jy hulle
koronere vate noem. Ek sal die woord bloed hier by voeg. So die
koronere vate verskaf bloed aan die hartspier
self. Ek bedoel onthou, die hart
bestaan uit duisende en duisende, eintlik tiensuisende selle,
en hierdie selle, net die toonsel wat ons geteken het,
benodig ook suurstof en voedingstowwe en het afval.
So, die selle benodig ook bloedvate
wat aan hulle verskaf. So dis wat die koronere vate is. Hulle is letterlik
die bloedvate wat verskaf aan die hart.
So hiedie is die wat aan die hart verskaf.
Nou dink, as hulle aan die hartspier
en die hartselle versfaf, val hulle onder
die sistemiese of pulmonale vloei? Wel as die hoof
werk is om aan selle te verskaf, dan
val die koronere vate onder die sistemiese vloei.