[Script Info] Title: [Events] Format: Layer, Start, End, Style, Name, MarginL, MarginR, MarginV, Effect, Text Dialogue: 0,0:00:00.88,0:00:03.48,Default,,0000,0000,0000,,Net na Kersfees verlede jaar Dialogue: 0,0:00:03.48,0:00:07.32,Default,,0000,0000,0000,,het 132 kinders \Nin Kalifornië masels gekry Dialogue: 0,0:00:07.32,0:00:09.33,Default,,0000,0000,0000,,deur Disneyland te besoek Dialogue: 0,0:00:09.33,0:00:12.44,Default,,0000,0000,0000,,of blootgestel te word\Naan iemand wat daar was. Dialogue: 0,0:00:12.44,0:00:15.49,Default,,0000,0000,0000,,Die virus het toe \Ndie Kanadese grens oorgesteek Dialogue: 0,0:00:15.49,0:00:18.92,Default,,0000,0000,0000,,en meer as 100 kinders \Nin Quebec is aangesteek. Dialogue: 0,0:00:18.92,0:00:21.87,Default,,0000,0000,0000,,Een van die tragiese dinge \Nvan hierdie uitbraak Dialogue: 0,0:00:21.87,0:00:27.49,Default,,0000,0000,0000,,is dat masels, wat dodelik kan wees vir \N'n kind met 'n verswakte immuunstelsel, Dialogue: 0,0:00:27.49,0:00:31.28,Default,,0000,0000,0000,,een van die maklikste voorkombare siektes \Nin die wêreld is. Dialogue: 0,0:00:31.28,0:00:33.27,Default,,0000,0000,0000,,'n Effektiewe entstof Dialogue: 0,0:00:33.27,0:00:36.64,Default,,0000,0000,0000,,is al meer as 'n halfeeu beskikbaar, Dialogue: 0,0:00:36.64,0:00:40.01,Default,,0000,0000,0000,,maar baie kinders wat deur \Ndie Disneyland-uitbraak geraak is, Dialogue: 0,0:00:40.01,0:00:41.89,Default,,0000,0000,0000,,was nie ingeënt nie, Dialogue: 0,0:00:41.89,0:00:44.14,Default,,0000,0000,0000,,omdat hulle ouers bang was Dialogue: 0,0:00:44.14,0:00:47.16,Default,,0000,0000,0000,,vir iets wat na bewering \Nerger kan wees: Dialogue: 0,0:00:47.16,0:00:48.88,Default,,0000,0000,0000,,outisme. Dialogue: 0,0:00:48.88,0:00:50.14,Default,,0000,0000,0000,,Maar wag 'n bietjie -- Dialogue: 0,0:00:50.14,0:00:54.98,Default,,0000,0000,0000,,is die artikel wat die kontroversie\Noor outisme en entstowwe uitgelok het Dialogue: 0,0:00:54.98,0:00:56.98,Default,,0000,0000,0000,,nie vals bewys, teruggetrek en Dialogue: 0,0:00:56.98,0:00:59.32,Default,,0000,0000,0000,,as opsetlike bedrog uitgemaak Dialogue: 0,0:00:59.32,0:01:01.16,Default,,0000,0000,0000,,deur die British Medical Journal nie? Dialogue: 0,0:01:01.16,0:01:03.53,Default,,0000,0000,0000,,Weet die meeste wat wetenskap volg nie Dialogue: 0,0:01:03.53,0:01:07.52,Default,,0000,0000,0000,,dat die teorie oor inenting en outisme\Nnonsens is nie? Dialogue: 0,0:01:07.52,0:01:09.59,Default,,0000,0000,0000,,Ek dink meeste van julle weet, Dialogue: 0,0:01:09.59,0:01:11.96,Default,,0000,0000,0000,,maar miljoene ouers regoor die wêreld Dialogue: 0,0:01:11.96,0:01:16.80,Default,,0000,0000,0000,,vrees steeds dat inentings 'n risiko \Nvan outisme vir hulle kinders inhou. Dialogue: 0,0:01:16.92,0:01:18.05,Default,,0000,0000,0000,,Waarom? Dialogue: 0,0:01:18.59,0:01:19.89,Default,,0000,0000,0000,,Dis waarom. Dialogue: 0,0:01:20.29,0:01:25.38,Default,,0000,0000,0000,,Dié grafiek wys die toename in die \Ngeskatte outisme voorkomssyfer oor tyd. Dialogue: 0,0:01:25.38,0:01:27.69,Default,,0000,0000,0000,,Vir die grootste deel van die 20ste eeu Dialogue: 0,0:01:27.69,0:01:31.18,Default,,0000,0000,0000,,is outisme beskou \Nas 'n baie seldsame toestand. Dialogue: 0,0:01:31.18,0:01:34.50,Default,,0000,0000,0000,,Die handvol sielkundiges en pediaters\Nwat al daarvan gehoor het, Dialogue: 0,0:01:34.50,0:01:37.38,Default,,0000,0000,0000,,het gereken dat hulle \Nhul loopbane sou voltooi Dialogue: 0,0:01:37.38,0:01:39.95,Default,,0000,0000,0000,,sonder om 'n enkele geval teë te kom. Dialogue: 0,0:01:40.36,0:01:43.89,Default,,0000,0000,0000,,Beramings van die voorkomssyfer\Nhet vir dekades stabiel gebly Dialogue: 0,0:01:43.89,0:01:46.85,Default,,0000,0000,0000,,op net drie of vier kinders uit 10 000. Dialogue: 0,0:01:46.85,0:01:48.92,Default,,0000,0000,0000,,Maar toe, in die 1990's, Dialogue: 0,0:01:48.92,0:01:51.38,Default,,0000,0000,0000,,het die syfers die hoogte ingeskiet. Dialogue: 0,0:01:51.38,0:01:54.61,Default,,0000,0000,0000,,Fondsinsamelingsorganisasies \Nsoos Autism Speaks Dialogue: 0,0:01:54.61,0:01:57.86,Default,,0000,0000,0000,,verwys gereeld na\Noutisme as 'n epidemie -- Dialogue: 0,0:01:57.86,0:02:01.36,Default,,0000,0000,0000,,asof jy dit by 'n ander kind \Nby Disneyland kon kry. Dialogue: 0,0:02:01.36,0:02:02.97,Default,,0000,0000,0000,,So wat gaan aan? Dialogue: 0,0:02:02.97,0:02:06.19,Default,,0000,0000,0000,,As dit nie entstowwe is nie, wat is dit? Dialogue: 0,0:02:06.19,0:02:08.06,Default,,0000,0000,0000,,As jy die mense by\N Dialogue: 0,0:02:08.06,0:02:11.67,Default,,0000,0000,0000,,die Centers for Disease Control in Atlanta vra, Dialogue: 0,0:02:11.67,0:02:16.33,Default,,0000,0000,0000,,maak hulle staat op frases soos\N"breër diagnostiese kriteria" Dialogue: 0,0:02:16.33,0:02:18.37,Default,,0000,0000,0000,,en "beter aantekening van gevalle" Dialogue: 0,0:02:18.37,0:02:20.71,Default,,0000,0000,0000,,om die stygende getalle te verklaar. Dialogue: 0,0:02:20.71,0:02:22.73,Default,,0000,0000,0000,,Maar hierdie soort woorde Dialogue: 0,0:02:22.73,0:02:25.68,Default,,0000,0000,0000,,doen min om 'n jong ma gerus te stel Dialogue: 0,0:02:25.68,0:02:30.32,Default,,0000,0000,0000,,terwyl sy haar tweejarige se gesig\Nvir oogkontak bestudeer. Dialogue: 0,0:02:30.32,0:02:33.32,Default,,0000,0000,0000,,As dit nodig was om \Ndie diagnostiese kriteria te verbreed, Dialogue: 0,0:02:33.32,0:02:36.15,Default,,0000,0000,0000,,waarom was dit in die eerste plek so eng? Dialogue: 0,0:02:36.15,0:02:39.15,Default,,0000,0000,0000,,Waarom was dit so moeilik\Nom outismegevalle te vind Dialogue: 0,0:02:39.15,0:02:41.61,Default,,0000,0000,0000,,voor die 1990's? Dialogue: 0,0:02:41.61,0:02:47.17,Default,,0000,0000,0000,,Ek het vyf jaar gelede besluit om\Ndie antwoorde op hierdie vrae te ontbloot. Dialogue: 0,0:02:47.17,0:02:49.22,Default,,0000,0000,0000,,Ek het agtergekom dat dít wat gebeur het Dialogue: 0,0:02:49.22,0:02:53.12,Default,,0000,0000,0000,,minder met trae en versigtige vooruitgang\Nin wetenskap te doen het Dialogue: 0,0:02:53.12,0:02:56.35,Default,,0000,0000,0000,,as met die verloklike krag van stories. Dialogue: 0,0:02:56.54,0:02:58.75,Default,,0000,0000,0000,,Vir die grootste deel van die 20ste eeu Dialogue: 0,0:02:58.75,0:03:01.21,Default,,0000,0000,0000,,het klinici één storie vertel Dialogue: 0,0:03:01.21,0:03:04.76,Default,,0000,0000,0000,,oor wat outisme is en hoe dit ontdek is, Dialogue: 0,0:03:04.76,0:03:07.57,Default,,0000,0000,0000,,maar daardie storie was toe verkeerd. Dialogue: 0,0:03:07.57,0:03:09.38,Default,,0000,0000,0000,,Die nagevolge hiervan Dialogue: 0,0:03:09.38,0:03:13.28,Default,,0000,0000,0000,,het wêreldwyd 'n vernietigende uitwerking\Nop openbare gesondheid. Dialogue: 0,0:03:13.28,0:03:16.81,Default,,0000,0000,0000,,Daar was 'n tweede,\Nakkurater storie van outisme Dialogue: 0,0:03:16.81,0:03:19.43,Default,,0000,0000,0000,,wat verlore en vergete geraak het Dialogue: 0,0:03:19.43,0:03:22.41,Default,,0000,0000,0000,,in die duister hoekies van\Nkliniese literatuur. Dialogue: 0,0:03:22.41,0:03:26.43,Default,,0000,0000,0000,,Dié tweede storie vertel ons alles\Noor hoe ons hier gekom het Dialogue: 0,0:03:26.43,0:03:29.03,Default,,0000,0000,0000,,en waarheen ons \Nvolgende moet gaan. Dialogue: 0,0:03:29.35,0:03:34.24,Default,,0000,0000,0000,,Eerste het ons 'n kinderpsigiater \Nby Johns Hopkins-Hospitaal, Dialogue: 0,0:03:34.24,0:03:35.95,Default,,0000,0000,0000,,Leo Kanner. Dialogue: 0,0:03:35.95,0:03:39.50,Default,,0000,0000,0000,,Kanner het in 1943\N'n artikel gepubliseer Dialogue: 0,0:03:39.50,0:03:42.38,Default,,0000,0000,0000,,waarin hy 11 jong pasiënte beskryf\Nwat gelyk het of hulle Dialogue: 0,0:03:42.38,0:03:46.30,Default,,0000,0000,0000,,in hulle eie wêrelde leef\Nen diegene om hulle, Dialogue: 0,0:03:46.30,0:03:48.46,Default,,0000,0000,0000,,selfs hul eie ouers,\Nignoreer. Dialogue: 0,0:03:48.46,0:03:50.74,Default,,0000,0000,0000,,Hulle kon hulself vir ure vermaak Dialogue: 0,0:03:50.74,0:03:53.38,Default,,0000,0000,0000,,deur hulle hande\Nvoor hulle gesigte te waai, Dialogue: 0,0:03:53.38,0:03:55.36,Default,,0000,0000,0000,,maar klein dingetjies\Nhet hulle ontstel, Dialogue: 0,0:03:55.36,0:03:58.97,Default,,0000,0000,0000,,soos 'n gunstelingspeelding wat\Nuit sy gewone plek geskuif is Dialogue: 0,0:03:58.97,0:04:00.98,Default,,0000,0000,0000,,sonder hulle medewete. Dialogue: 0,0:04:00.98,0:04:03.69,Default,,0000,0000,0000,,Gebaseer op die pasiënte\Nwat na Kanner toe gebring is, Dialogue: 0,0:04:03.69,0:04:07.27,Default,,0000,0000,0000,,het hy uitgereken\Ndat outisme baie skaars is. Dialogue: 0,0:04:07.27,0:04:11.73,Default,,0000,0000,0000,,Teen die 1950's het hy, as die wêreld \Nse grootste kenner op dié gebied, Dialogue: 0,0:04:11.73,0:04:17.50,Default,,0000,0000,0000,,verklaar dat hy minder as 150 ware gevalle\Nvan hierdie sindroom gesien het, Dialogue: 0,0:04:17.50,0:04:21.51,Default,,0000,0000,0000,,terwyl hy verwysings van plekke\Nso ver as Suid-Afrika hanteer het. Dialogue: 0,0:04:21.51,0:04:23.75,Default,,0000,0000,0000,,Dis nie so verbasend nie, Dialogue: 0,0:04:23.75,0:04:27.13,Default,,0000,0000,0000,,want Kanner se kriteria\Nvir die diagnosering van outisme Dialogue: 0,0:04:27.13,0:04:29.44,Default,,0000,0000,0000,,was ongelooflik selektief. Dialogue: 0,0:04:29.44,0:04:34.62,Default,,0000,0000,0000,,Hy het dit bv. ontmoedig om kinders \Nte diagnoseer wat aanvalle gekry het, Dialogue: 0,0:04:34.62,0:04:38.38,Default,,0000,0000,0000,,maar nou weet ons dat epilepsie\Nalgemeen voorkom by outistiese pasiënte. Dialogue: 0,0:04:38.38,0:04:41.66,Default,,0000,0000,0000,,Hy het een keer gespog\Ndat hy nege uit tien kinders Dialogue: 0,0:04:41.66,0:04:45.26,Default,,0000,0000,0000,,wat deur ander klinici \Nas outistiese gevalle na hom verwys is, Dialogue: 0,0:04:45.26,0:04:48.23,Default,,0000,0000,0000,,weggestuur het \Nsonder 'n outismediagnose. Dialogue: 0,0:04:48.50,0:04:50.61,Default,,0000,0000,0000,,Kanner was 'n slim man, Dialogue: 0,0:04:50.61,0:04:53.11,Default,,0000,0000,0000,,maar van sy teorieë\Nhet nie sin gemaak nie. Dialogue: 0,0:04:53.11,0:04:56.89,Default,,0000,0000,0000,,Hy het outisme as 'n vorm \Nvan kinderpsigose geklassifiseer Dialogue: 0,0:04:56.89,0:05:00.86,Default,,0000,0000,0000,,wat deur koue en liefdelose ouers\Nveroorsaak word. Dialogue: 0,0:05:00.86,0:05:02.100,Default,,0000,0000,0000,,"Hierdie kinders," het hy gesê, Dialogue: 0,0:05:02.100,0:05:07.31,Default,,0000,0000,0000,,"is in 'n yskas grootgemaak\Nwat nooit ontvries nie." Dialogue: 0,0:05:07.31,0:05:10.10,Default,,0000,0000,0000,,Terselftertyd het Kanner \Negter waargeneem Dialogue: 0,0:05:10.10,0:05:12.19,Default,,0000,0000,0000,,dat sommige van sy jong pasiënte Dialogue: 0,0:05:12.19,0:05:15.78,Default,,0000,0000,0000,,spesiale vaardighede gehad het\Nwat op sekere gebiede voorgekom het, Dialogue: 0,0:05:15.78,0:05:18.85,Default,,0000,0000,0000,,soos musiek, wiskunde en geheue. Dialogue: 0,0:05:18.85,0:05:20.73,Default,,0000,0000,0000,,Een seuntjie in sy kliniek Dialogue: 0,0:05:20.73,0:05:25.61,Default,,0000,0000,0000,,kon 18 verskillende simfonieë onderskei\Nvoor hy twee was. Dialogue: 0,0:05:25.80,0:05:28.44,Default,,0000,0000,0000,,As sy ma een van \Nsy gunsteling-opnames gespeel het, Dialogue: 0,0:05:28.44,0:05:31.81,Default,,0000,0000,0000,,sou hy korrek uitroep:\N"Beethoven!" Dialogue: 0,0:05:31.81,0:05:34.66,Default,,0000,0000,0000,,Maar Kanner het nie belanggestel\Nin hierdie talente nie Dialogue: 0,0:05:34.66,0:05:38.24,Default,,0000,0000,0000,,en het gemeen dat die kinders\Nbloot herhaal het Dialogue: 0,0:05:38.24,0:05:40.86,Default,,0000,0000,0000,,wat hulle by hulle aanstellerige \Nouers gehoor het -- Dialogue: 0,0:05:40.86,0:05:43.46,Default,,0000,0000,0000,,desperaat vir dié se goedkeuring. Dialogue: 0,0:05:43.46,0:05:48.83,Default,,0000,0000,0000,,Gevolglik het outisme 'n bron \Nvan verleentheid en stigma geword Dialogue: 0,0:05:48.83,0:05:51.41,Default,,0000,0000,0000,,en twee generasies \Noutistiese kinders Dialogue: 0,0:05:51.41,0:05:54.89,Default,,0000,0000,0000,,is weggestuur na inrigtings,\Nvir hulle eie beswil. Dialogue: 0,0:05:54.89,0:05:58.16,Default,,0000,0000,0000,,Sodoende het hulle onsigbaar geword\Nvir die meeste mense. Dialogue: 0,0:05:58.16,0:06:02.40,Default,,0000,0000,0000,,Glo dit of nie, \Nnavorsers het eers in die 1970's Dialogue: 0,0:06:02.40,0:06:07.57,Default,,0000,0000,0000,,begin om Kanner se teorie\Ndat outisme skaars is, te toets. Dialogue: 0,0:06:07.57,0:06:11.30,Default,,0000,0000,0000,,Lorna Wing was \N'n kognitiewe sielkundige in Londen Dialogue: 0,0:06:11.30,0:06:14.51,Default,,0000,0000,0000,,wat gedink het Kanner se teorie \Noor yskasouerskap Dialogue: 0,0:06:14.51,0:06:17.73,Default,,0000,0000,0000,,"loutere onsin" is, \Nsoos sy vir my gesê het. Dialogue: 0,0:06:17.73,0:06:21.71,Default,,0000,0000,0000,,Sy en haar man John \Nwas warm en liefdevolle mense Dialogue: 0,0:06:21.71,0:06:24.75,Default,,0000,0000,0000,,en hulle dogter Susie was erg outisties. Dialogue: 0,0:06:25.11,0:06:29.82,Default,,0000,0000,0000,,Lorna en John het geweet hoe moeilik dit \Nwas om 'n kind soos Susie groot te maak Dialogue: 0,0:06:29.82,0:06:31.78,Default,,0000,0000,0000,,sonder ondersteuningsdienste, Dialogue: 0,0:06:31.78,0:06:33.39,Default,,0000,0000,0000,,spesiale onderrig, Dialogue: 0,0:06:33.39,0:06:37.64,Default,,0000,0000,0000,,en die ander hulpbronne \Nwat buite bereik is sonder 'n diagnose. Dialogue: 0,0:06:37.64,0:06:40.26,Default,,0000,0000,0000,,Om hulle saak \Nby die National Health Service te stel, Dialogue: 0,0:06:40.26,0:06:45.51,Default,,0000,0000,0000,,dat meer hulpbronne nodig was\Nvir outistiese kinders en hulle gesinne, Dialogue: 0,0:06:45.51,0:06:47.76,Default,,0000,0000,0000,,het Lorna en haar kollega Judith Gould Dialogue: 0,0:06:47.76,0:06:52.19,Default,,0000,0000,0000,,besluit om te doen wat \N30 jaar tevore nodig was: Dialogue: 0,0:06:52.19,0:06:57.14,Default,,0000,0000,0000,,'n studie oor die voorkoms van outisme \Nonder die algemene bevolking. Dialogue: 0,0:06:57.14,0:07:01.48,Default,,0000,0000,0000,,Hulle het die strate van Camberwell,\N'n Londense voorstad, deurkruis Dialogue: 0,0:07:01.48,0:07:05.10,Default,,0000,0000,0000,,om outistiese kinders\Nin die gemeenskap op te spoor. Dialogue: 0,0:07:05.10,0:07:10.20,Default,,0000,0000,0000,,Wat hulle gesien het, het Kanner se model \Nas veels te eng bewys Dialogue: 0,0:07:10.20,0:07:14.57,Default,,0000,0000,0000,,en dat outisme in werklikheid\Nbaie meer kleurvol en divers was. Dialogue: 0,0:07:14.66,0:07:16.81,Default,,0000,0000,0000,,Sommige kinders kon glad nie praat nie, Dialogue: 0,0:07:16.81,0:07:22.02,Default,,0000,0000,0000,,terwyl ander aangegaan het oor\Nhulle aangetrokkenheid tot astrofisika, Dialogue: 0,0:07:22.02,0:07:25.84,Default,,0000,0000,0000,,dinosourusse of koninklikes se stambome. Dialogue: 0,0:07:25.84,0:07:30.18,Default,,0000,0000,0000,,Hierdie kinders het nie \Nin netjiese bokse ingepas nie, Dialogue: 0,0:07:30.18,0:07:31.95,Default,,0000,0000,0000,,soos Judith dit gestel het. Dialogue: 0,0:07:31.95,0:07:33.75,Default,,0000,0000,0000,,En hulle het baie gesien: Dialogue: 0,0:07:33.75,0:07:37.54,Default,,0000,0000,0000,,baie meer as wat Kanner \Nse monolitiese model voorspel het. Dialogue: 0,0:07:37.54,0:07:41.46,Default,,0000,0000,0000,,Aanvanklik het hulle nie geweet\Nhoe om die data te interpreteer nie. Dialogue: 0,0:07:41.46,0:07:44.38,Default,,0000,0000,0000,,Hoe het niemand\Nooit dié kinders gesien nie? Dialogue: 0,0:07:44.38,0:07:46.97,Default,,0000,0000,0000,,Maar toe kom Lorna af op \N'n verwysing na 'n artikel Dialogue: 0,0:07:46.97,0:07:50.55,Default,,0000,0000,0000,,wat in 1944 in Duits gepubliseer is -- Dialogue: 0,0:07:50.55,0:07:52.90,Default,,0000,0000,0000,,die jaar na Kanner se artikel -- Dialogue: 0,0:07:52.90,0:07:54.88,Default,,0000,0000,0000,,en toe vergeet en begrawe is Dialogue: 0,0:07:54.88,0:07:57.19,Default,,0000,0000,0000,,saam met die bomskerwe \Nvan 'n vreeslike tyd Dialogue: 0,0:07:57.19,0:08:00.44,Default,,0000,0000,0000,,wat niemand wou onthou \Nof aan dink nie. Dialogue: 0,0:08:00.44,0:08:03.12,Default,,0000,0000,0000,,Kanner het geweet van\Ndié mededingende artikel, Dialogue: 0,0:08:03.12,0:08:07.34,Default,,0000,0000,0000,,maar het dit versigtig vermy\Nin sy eie werk. Dialogue: 0,0:08:07.34,0:08:10.32,Default,,0000,0000,0000,,Dis nooit eers in Engels vertaal nie, Dialogue: 0,0:08:10.32,0:08:13.28,Default,,0000,0000,0000,,maar gelukkig het Lorna \Nse man Duits gepraat Dialogue: 0,0:08:13.28,0:08:15.93,Default,,0000,0000,0000,,en hy het dit vir haar vertaal. Dialogue: 0,0:08:15.93,0:08:19.62,Default,,0000,0000,0000,,Die artikel het 'n ander storie\Noor outisme gebied. Dialogue: 0,0:08:19.62,0:08:22.32,Default,,0000,0000,0000,,Die outeur was Hans Asperger, Dialogue: 0,0:08:22.32,0:08:25.82,Default,,0000,0000,0000,,wat 'n gekombineerde kliniek en kosskool Dialogue: 0,0:08:25.82,0:08:28.33,Default,,0000,0000,0000,,in Wene in die 1930's bedryf het. Dialogue: 0,0:08:28.33,0:08:33.08,Default,,0000,0000,0000,,Asperger se idees oor die onderrig van\Nkinders met leerverskille was progressief, Dialogue: 0,0:08:33.08,0:08:35.44,Default,,0000,0000,0000,,selfs gemeet teen hedendaagse standaarde. Dialogue: 0,0:08:35.44,0:08:39.85,Default,,0000,0000,0000,,Die oggende by sy kliniek het begin \Nmet oefenklasse met musiek, Dialogue: 0,0:08:39.85,0:08:43.35,Default,,0000,0000,0000,,en op Sondaemiddae\Nhet die kinders konsert gehou. Dialogue: 0,0:08:43.35,0:08:46.35,Default,,0000,0000,0000,,In plaas daarvan om ouers \Ndie skuld vir outisme te gee, Dialogue: 0,0:08:46.35,0:08:51.20,Default,,0000,0000,0000,,het Asperger dit as 'n lewenslange, \Npoligenetiese gestremdheid beskryf Dialogue: 0,0:08:51.20,0:08:55.37,Default,,0000,0000,0000,,wat deernisvolle vorms \Nvan ondersteuning en aanpassing Dialogue: 0,0:08:55.37,0:08:58.42,Default,,0000,0000,0000,,oor 'n persoon se hele lewe vereis. Dialogue: 0,0:08:58.42,0:09:01.52,Default,,0000,0000,0000,,Eerder as om die kinders \Nas pasiënte te behandel, Dialogue: 0,0:09:01.52,0:09:04.46,Default,,0000,0000,0000,,het Asperger hulle \Nsy "klein professors" genoem Dialogue: 0,0:09:04.46,0:09:08.24,Default,,0000,0000,0000,,en hulle hulp gevra om\Nonderrigmetodes te ontwikkel Dialogue: 0,0:09:08.24,0:09:11.17,Default,,0000,0000,0000,,wat besonderlik vir hulle geskik was. Dialogue: 0,0:09:11.17,0:09:16.46,Default,,0000,0000,0000,,Die belangrikste is dat Asperger outisme\Nas 'n diverse kontinuum beskou het Dialogue: 0,0:09:16.46,0:09:21.36,Default,,0000,0000,0000,,wat oor 'n ongelooflike spektrum \Nvan begaafdheid en gestremdheid strek. Dialogue: 0,0:09:21.58,0:09:24.67,Default,,0000,0000,0000,,Hy het geglo dat outisme en\Noutistiese karaktertrekke Dialogue: 0,0:09:24.67,0:09:26.98,Default,,0000,0000,0000,,algemeen is en nog altyd was, Dialogue: 0,0:09:26.98,0:09:32.28,Default,,0000,0000,0000,,met aspekte daarvan wat gesien word \Nin bekende popkultuur argetipes, Dialogue: 0,0:09:32.28,0:09:34.87,Default,,0000,0000,0000,,soos die sosiaal onbeholpe wetenskaplike Dialogue: 0,0:09:34.87,0:09:37.31,Default,,0000,0000,0000,,en die verstrooide professor. Dialogue: 0,0:09:37.31,0:09:39.61,Default,,0000,0000,0000,,Hy het so ver gegaan om te sê Dialogue: 0,0:09:39.61,0:09:42.86,Default,,0000,0000,0000,,dat om suksesvol \Nin wetenskap en die kunste te wees Dialogue: 0,0:09:42.86,0:09:45.92,Default,,0000,0000,0000,,'n tikkie outisme vereis. Dialogue: 0,0:09:46.29,0:09:48.96,Default,,0000,0000,0000,,Lorna en Judith het besef dat Kanner \N Dialogue: 0,0:09:48.96,0:09:54.21,Default,,0000,0000,0000,,net so verkeerd was oor die raarheid van outisme\Nas oor dat ouers dit veroorsaak het. Dialogue: 0,0:09:54.21,0:09:55.95,Default,,0000,0000,0000,,Oor die volgende jare Dialogue: 0,0:09:55.95,0:09:59.62,Default,,0000,0000,0000,,het hulle saam met\Ndie American Psychiatric Association gewerk Dialogue: 0,0:09:59.62,0:10:02.14,Default,,0000,0000,0000,,om die kriteria vir diagnose te verbreed Dialogue: 0,0:10:02.14,0:10:05.98,Default,,0000,0000,0000,,om die diversiteit van die \N"outismespektrum" te weerspieël. Dialogue: 0,0:10:05.98,0:10:08.56,Default,,0000,0000,0000,,In die laat 1980's en vroeë 90's Dialogue: 0,0:10:08.56,0:10:10.86,Default,,0000,0000,0000,,is hulle veranderinge in werking gestel: Dialogue: 0,0:10:10.86,0:10:13.50,Default,,0000,0000,0000,,Kanner se eng model is vervang Dialogue: 0,0:10:13.50,0:10:16.80,Default,,0000,0000,0000,,met Asperger se breë en inklusiewe een. Dialogue: 0,0:10:16.80,0:10:19.79,Default,,0000,0000,0000,,Dié veranderinge het nie\Nafgesonderd plaasgevind nie. Dialogue: 0,0:10:19.79,0:10:23.33,Default,,0000,0000,0000,,Toevallig, soos Lorna en Judith \Nagter die skerms aan die werk was Dialogue: 0,0:10:23.33,0:10:25.42,Default,,0000,0000,0000,,om die kriteria aan te pas, Dialogue: 0,0:10:25.42,0:10:30.37,Default,,0000,0000,0000,,het die wêreld die eerste keer\N'n outistiese grootmens gesien. Dialogue: 0,0:10:30.37,0:10:33.55,Default,,0000,0000,0000,,Voor "Rain Man" in 1988 uitgekom het, Dialogue: 0,0:10:33.55,0:10:38.27,Default,,0000,0000,0000,,het net 'n klein, geslote groepie kundiges\Ngeweet hoe outisme lyk, Dialogue: 0,0:10:38.27,0:10:42.97,Default,,0000,0000,0000,,maar na Dustin Hoffman se onvergeetlike\Noptrede as Raymond Babbitt Dialogue: 0,0:10:42.97,0:10:46.30,Default,,0000,0000,0000,,vier Oscars vir "Rain Man" ingepalm het, Dialogue: 0,0:10:46.30,0:10:51.58,Default,,0000,0000,0000,,het pediaters, sielkundiges,\Nonderwysers en ouers wêreldwyd Dialogue: 0,0:10:51.58,0:10:53.83,Default,,0000,0000,0000,,geweet hoe outisme lyk. Dialogue: 0,0:10:53.83,0:10:56.68,Default,,0000,0000,0000,,En op dieselfde tyd Dialogue: 0,0:10:56.68,0:11:01.95,Default,,0000,0000,0000,,is die eerste maklike kliniese toetse \Nvir die diagnose van outisme bekendgestel. Dialogue: 0,0:11:01.95,0:11:06.69,Default,,0000,0000,0000,,Dit was nie meer nodig om iemand \Nin die kringetjie kundiges te ken Dialogue: 0,0:11:06.69,0:11:09.21,Default,,0000,0000,0000,,om jou kind te laat evalueer nie. Dialogue: 0,0:11:09.21,0:11:11.32,Default,,0000,0000,0000,,Die kombinasie van "Rain Man", Dialogue: 0,0:11:11.32,0:11:15.66,Default,,0000,0000,0000,,die veranderinge aan die kriteria\Nen die ingebruikneming van hierdie toetse Dialogue: 0,0:11:15.66,0:11:17.77,Default,,0000,0000,0000,,het 'n netwerk-effek geskep -- Dialogue: 0,0:11:17.77,0:11:21.30,Default,,0000,0000,0000,,die perfekte kombinasie van faktore\Nvir outisme-bewusmaking. Dialogue: 0,0:11:21.30,0:11:24.32,Default,,0000,0000,0000,,Die aantal diagnoses het begin klim, Dialogue: 0,0:11:24.32,0:11:29.69,Default,,0000,0000,0000,,net soos Lorna en Judith voorspel het\Nen gehoop het dit sou, Dialogue: 0,0:11:29.69,0:11:32.54,Default,,0000,0000,0000,,wat outistiese mense en hulle gesinne \Nin staat gestel het Dialogue: 0,0:11:32.54,0:11:35.80,Default,,0000,0000,0000,,om eindelik die ondersteuning en dienste\Nte kry wat hulle verdien. Dialogue: 0,0:11:35.80,0:11:38.07,Default,,0000,0000,0000,,Toe kom Andrew Wakefield Dialogue: 0,0:11:38.07,0:11:41.72,Default,,0000,0000,0000,,en blameer entstowwe\Nvir die styging in diagnoses -- Dialogue: 0,0:11:41.72,0:11:44.05,Default,,0000,0000,0000,,'n eenvoudige, kragtige, Dialogue: 0,0:11:44.05,0:11:46.83,Default,,0000,0000,0000,,en verleidelik geloofbare storie Dialogue: 0,0:11:46.83,0:11:48.99,Default,,0000,0000,0000,,wat net so verkeerd was soos Dialogue: 0,0:11:48.99,0:11:51.60,Default,,0000,0000,0000,,Kanner se teorie dat outisme skaars was. Dialogue: 0,0:11:51.60,0:11:54.71,Default,,0000,0000,0000,,As die Centers for Disease Control \Nse huidige skatting, Dialogue: 0,0:11:54.71,0:11:59.25,Default,,0000,0000,0000,,dat een uit 68 kinders in Amerika \Nop die spektrum is, korrek is, Dialogue: 0,0:11:59.25,0:12:03.34,Default,,0000,0000,0000,,is outistiese mense een van die grootste\Nminderheidsgroepe in die wêreld. Dialogue: 0,0:12:03.34,0:12:07.44,Default,,0000,0000,0000,,Outistiese mense het in die laaste jare\Nbymekaargekom op die internet Dialogue: 0,0:12:07.44,0:12:10.81,Default,,0000,0000,0000,,om die idee te verwerp dat \Nhulle raaisels is wat opgelos moet word Dialogue: 0,0:12:10.81,0:12:12.100,Default,,0000,0000,0000,,deur die volgende mediese deurbraak, Dialogue: 0,0:12:12.100,0:12:15.46,Default,,0000,0000,0000,,en hulle het die term \N"neurodiversiteit" geskep Dialogue: 0,0:12:15.46,0:12:19.08,Default,,0000,0000,0000,,om hulle trots oor die veelsydigheid \Nvan menslike kognisie te toon. Dialogue: 0,0:12:19.26,0:12:21.66,Default,,0000,0000,0000,,'n Manier om neurodiversiteit te verstaan, Dialogue: 0,0:12:21.66,0:12:25.32,Default,,0000,0000,0000,,is om in terme van \Nmenslike bedryfstelsels te dink. Dialogue: 0,0:12:25.32,0:12:30.24,Default,,0000,0000,0000,,As 'n rekenaar nie met Windows loop nie,\Nis dit nie noodwendig stukkend nie. Dialogue: 0,0:12:30.24,0:12:33.87,Default,,0000,0000,0000,,Volgens outistiese standaarde,\Nis die normale menslike brein Dialogue: 0,0:12:33.87,0:12:35.89,Default,,0000,0000,0000,,maklik afleibaar, Dialogue: 0,0:12:35.89,0:12:37.68,Default,,0000,0000,0000,,obsessief oor sosiale aspekte Dialogue: 0,0:12:37.68,0:12:40.100,Default,,0000,0000,0000,,en skiet dit tekort \Nby aandag aan klein besonderhede. Dialogue: 0,0:12:40.100,0:12:43.99,Default,,0000,0000,0000,,Dis moeilik vir outistiese mense\Nom in 'n wêreld te leef Dialogue: 0,0:12:43.99,0:12:46.27,Default,,0000,0000,0000,,wat nie vir hulle gemaak is nie. Dialogue: 0,0:12:46.27,0:12:50.52,Default,,0000,0000,0000,,[Sewentig] jaar later probeer ons steeds\Nvir Asperger inhaal, Dialogue: 0,0:12:50.52,0:12:54.79,Default,,0000,0000,0000,,wat geglo het dat die "genesing"\Nvir die moeilikste aspekte van outisme Dialogue: 0,0:12:54.79,0:12:57.53,Default,,0000,0000,0000,,gevind kan word in onderwysers met begrip, Dialogue: 0,0:12:57.53,0:12:59.66,Default,,0000,0000,0000,,toegeeflike werkgewers, Dialogue: 0,0:12:59.66,0:13:01.52,Default,,0000,0000,0000,,ondersteunende gemeenskappe Dialogue: 0,0:13:01.52,0:13:04.87,Default,,0000,0000,0000,,en ouers wat glo \Nin hulle kinders se potensiaal. Dialogue: 0,0:13:04.87,0:13:07.91,Default,,0000,0000,0000,,'n Outistiese [man], \NZosia Zaks, het gesê: Dialogue: 0,0:13:07.91,0:13:13.21,Default,,0000,0000,0000,,"Ons het almal aan dek nodig om die skip \Nvan medemenslikheid op koers te hou." Dialogue: 0,0:13:13.21,0:13:15.76,Default,,0000,0000,0000,,Soos ons 'n onseker toekoms invaar, Dialogue: 0,0:13:15.76,0:13:19.50,Default,,0000,0000,0000,,het ons elke vorm van \Nmenslike intelligensie nodig Dialogue: 0,0:13:19.50,0:13:25.47,Default,,0000,0000,0000,,om saam te werk om die probleme op te los\Nwat ons samelewing in die gesig staar. Dialogue: 0,0:13:25.47,0:13:28.04,Default,,0000,0000,0000,,Ons kan nie bekostig om \N'n brein te mors nie. Dialogue: 0,0:13:28.04,0:13:30.14,Default,,0000,0000,0000,,Dankie. Dialogue: 0,0:13:30.14,0:13:34.14,Default,,0000,0000,0000,,(Applous)