1 00:00:00,882 --> 00:00:03,482 Net na Kersfees verlede jaar 2 00:00:03,482 --> 00:00:07,320 het 132 kinders in Kalifornië masels gekry 3 00:00:07,320 --> 00:00:09,333 deur Disneyland te besoek 4 00:00:09,333 --> 00:00:12,442 of blootgestel te word aan iemand wat daar was. 5 00:00:12,442 --> 00:00:15,486 Die virus het toe die Kanadese grens oorgesteek 6 00:00:15,486 --> 00:00:18,922 en meer as 100 kinders in Quebec is aangesteek. 7 00:00:18,922 --> 00:00:21,871 Een van die tragiese dinge van hierdie uitbraak 8 00:00:21,871 --> 00:00:27,490 is dat masels, wat dodelik kan wees vir 'n kind met 'n verswakte immuunstelsel, 9 00:00:27,490 --> 00:00:31,275 een van die maklikste voorkombare siektes in die wêreld is. 10 00:00:31,275 --> 00:00:33,272 'n Effektiewe entstof 11 00:00:33,272 --> 00:00:36,638 is al meer as 'n halfeeu beskikbaar, 12 00:00:36,638 --> 00:00:40,012 maar baie kinders wat deur die Disneyland-uitbraak geraak is, 13 00:00:40,012 --> 00:00:41,886 was nie ingeënt nie, 14 00:00:41,886 --> 00:00:44,138 omdat hulle ouers bang was 15 00:00:44,138 --> 00:00:47,157 vir iets wat na bewering erger kan wees: 16 00:00:47,157 --> 00:00:48,875 outisme. 17 00:00:48,875 --> 00:00:50,138 Maar wag 'n bietjie -- 18 00:00:50,138 --> 00:00:54,981 is die artikel wat die kontroversie oor outisme en entstowwe uitgelok het 19 00:00:54,981 --> 00:00:56,978 nie vals bewys, teruggetrek en 20 00:00:56,978 --> 00:00:59,320 as opsetlike bedrog uitgemaak 21 00:00:59,320 --> 00:01:01,158 deur die British Medical Journal nie? 22 00:01:01,158 --> 00:01:03,531 Weet die meeste wat wetenskap volg nie 23 00:01:03,531 --> 00:01:07,520 dat die teorie oor inenting en outisme nonsens is nie? 24 00:01:07,520 --> 00:01:09,587 Ek dink meeste van julle weet, 25 00:01:09,587 --> 00:01:11,955 maar miljoene ouers regoor die wêreld 26 00:01:11,955 --> 00:01:16,803 vrees steeds dat inentings 'n risiko van outisme vir hulle kinders inhou. 27 00:01:16,923 --> 00:01:18,047 Waarom? 28 00:01:18,587 --> 00:01:19,890 Dis waarom. 29 00:01:20,290 --> 00:01:25,375 Dié grafiek wys die toename in die geskatte outisme voorkomssyfer oor tyd. 30 00:01:25,375 --> 00:01:27,688 Vir die grootste deel van die 20ste eeu 31 00:01:27,688 --> 00:01:31,180 is outisme beskou as 'n baie seldsame toestand. 32 00:01:31,180 --> 00:01:34,500 Die handvol sielkundiges en pediaters wat al daarvan gehoor het, 33 00:01:34,500 --> 00:01:37,377 het gereken dat hulle hul loopbane sou voltooi 34 00:01:37,377 --> 00:01:39,954 sonder om 'n enkele geval teë te kom. 35 00:01:40,364 --> 00:01:43,892 Beramings van die voorkomssyfer het vir dekades stabiel gebly 36 00:01:43,892 --> 00:01:46,853 op net drie of vier kinders uit 10 000. 37 00:01:46,853 --> 00:01:48,919 Maar toe, in die 1990's, 38 00:01:48,919 --> 00:01:51,380 het die syfers die hoogte ingeskiet. 39 00:01:51,380 --> 00:01:54,608 Fondsinsamelingsorganisasies soos Autism Speaks 40 00:01:54,608 --> 00:01:57,856 verwys gereeld na outisme as 'n epidemie -- 41 00:01:57,856 --> 00:02:01,365 asof jy dit by 'n ander kind by Disneyland kon kry. 42 00:02:01,365 --> 00:02:02,967 So wat gaan aan? 43 00:02:02,967 --> 00:02:06,194 As dit nie entstowwe is nie, wat is dit? 44 00:02:06,194 --> 00:02:08,065 As jy die mense by 45 00:02:08,065 --> 00:02:11,670 die Centers for Disease Control in Atlanta vra, 46 00:02:11,670 --> 00:02:16,330 maak hulle staat op frases soos "breër diagnostiese kriteria" 47 00:02:16,330 --> 00:02:18,374 en "beter aantekening van gevalle" 48 00:02:18,374 --> 00:02:20,711 om die stygende getalle te verklaar. 49 00:02:20,711 --> 00:02:22,731 Maar hierdie soort woorde 50 00:02:22,731 --> 00:02:25,680 doen min om 'n jong ma gerus te stel 51 00:02:25,680 --> 00:02:30,324 terwyl sy haar tweejarige se gesig vir oogkontak bestudeer. 52 00:02:30,324 --> 00:02:33,319 As dit nodig was om die diagnostiese kriteria te verbreed, 53 00:02:33,319 --> 00:02:36,152 waarom was dit in die eerste plek so eng? 54 00:02:36,152 --> 00:02:39,147 Waarom was dit so moeilik om outismegevalle te vind 55 00:02:39,147 --> 00:02:41,607 voor die 1990's? 56 00:02:41,607 --> 00:02:47,172 Ek het vyf jaar gelede besluit om die antwoorde op hierdie vrae te ontbloot. 57 00:02:47,172 --> 00:02:49,216 Ek het agtergekom dat dít wat gebeur het 58 00:02:49,216 --> 00:02:53,116 minder met trae en versigtige vooruitgang in wetenskap te doen het 59 00:02:53,116 --> 00:02:56,354 as met die verloklike krag van stories. 60 00:02:56,544 --> 00:02:58,750 Vir die grootste deel van die 20ste eeu 61 00:02:58,750 --> 00:03:01,211 het klinici één storie vertel 62 00:03:01,211 --> 00:03:04,763 oor wat outisme is en hoe dit ontdek is, 63 00:03:04,763 --> 00:03:07,573 maar daardie storie was toe verkeerd. 64 00:03:07,573 --> 00:03:09,384 Die nagevolge hiervan 65 00:03:09,384 --> 00:03:13,285 het wêreldwyd 'n vernietigende uitwerking op openbare gesondheid. 66 00:03:13,285 --> 00:03:16,814 Daar was 'n tweede, akkurater storie van outisme 67 00:03:16,814 --> 00:03:19,430 wat verlore en vergete geraak het 68 00:03:19,430 --> 00:03:22,410 in die duister hoekies van kliniese literatuur. 69 00:03:22,410 --> 00:03:26,427 Dié tweede storie vertel ons alles oor hoe ons hier gekom het 70 00:03:26,427 --> 00:03:29,032 en waarheen ons volgende moet gaan. 71 00:03:29,352 --> 00:03:34,236 Eerste het ons 'n kinderpsigiater by Johns Hopkins-Hospitaal, 72 00:03:34,236 --> 00:03:35,946 Leo Kanner. 73 00:03:35,946 --> 00:03:39,499 Kanner het in 1943 'n artikel gepubliseer 74 00:03:39,499 --> 00:03:42,382 waarin hy 11 jong pasiënte beskryf wat gelyk het of hulle 75 00:03:42,382 --> 00:03:46,302 in hulle eie wêrelde leef en diegene om hulle, 76 00:03:46,302 --> 00:03:48,462 selfs hul eie ouers, ignoreer. 77 00:03:48,462 --> 00:03:50,737 Hulle kon hulself vir ure vermaak 78 00:03:50,737 --> 00:03:53,384 deur hulle hande voor hulle gesigte te waai, 79 00:03:53,384 --> 00:03:55,358 maar klein dingetjies het hulle ontstel, 80 00:03:55,358 --> 00:03:58,970 soos 'n gunstelingspeelding wat uit sy gewone plek geskuif is 81 00:03:58,970 --> 00:04:00,977 sonder hulle medewete. 82 00:04:00,977 --> 00:04:03,693 Gebaseer op die pasiënte wat na Kanner toe gebring is, 83 00:04:03,693 --> 00:04:07,269 het hy uitgereken dat outisme baie skaars is. 84 00:04:07,269 --> 00:04:11,727 Teen die 1950's het hy, as die wêreld se grootste kenner op dié gebied, 85 00:04:11,727 --> 00:04:17,500 verklaar dat hy minder as 150 ware gevalle van hierdie sindroom gesien het, 86 00:04:17,500 --> 00:04:21,513 terwyl hy verwysings van plekke so ver as Suid-Afrika hanteer het. 87 00:04:21,513 --> 00:04:23,754 Dis nie so verbasend nie, 88 00:04:23,754 --> 00:04:27,130 want Kanner se kriteria vir die diagnosering van outisme 89 00:04:27,130 --> 00:04:29,443 was ongelooflik selektief. 90 00:04:29,443 --> 00:04:34,621 Hy het dit bv. ontmoedig om kinders te diagnoseer wat aanvalle gekry het, 91 00:04:34,621 --> 00:04:38,382 maar nou weet ons dat epilepsie algemeen voorkom by outistiese pasiënte. 92 00:04:38,382 --> 00:04:41,664 Hy het een keer gespog dat hy nege uit tien kinders 93 00:04:41,664 --> 00:04:45,255 wat deur ander klinici as outistiese gevalle na hom verwys is, 94 00:04:45,255 --> 00:04:48,233 weggestuur het sonder 'n outismediagnose. 95 00:04:48,503 --> 00:04:50,614 Kanner was 'n slim man, 96 00:04:50,614 --> 00:04:53,113 maar van sy teorieë het nie sin gemaak nie. 97 00:04:53,113 --> 00:04:56,888 Hy het outisme as 'n vorm van kinderpsigose geklassifiseer 98 00:04:56,888 --> 00:05:00,858 wat deur koue en liefdelose ouers veroorsaak word. 99 00:05:00,858 --> 00:05:02,995 "Hierdie kinders," het hy gesê, 100 00:05:02,995 --> 00:05:07,313 "is in 'n yskas grootgemaak wat nooit ontvries nie." 101 00:05:07,313 --> 00:05:10,104 Terselftertyd het Kanner egter waargeneem 102 00:05:10,104 --> 00:05:12,189 dat sommige van sy jong pasiënte 103 00:05:12,189 --> 00:05:15,782 spesiale vaardighede gehad het wat op sekere gebiede voorgekom het, 104 00:05:15,782 --> 00:05:18,853 soos musiek, wiskunde en geheue. 105 00:05:18,853 --> 00:05:20,734 Een seuntjie in sy kliniek 106 00:05:20,734 --> 00:05:25,608 kon 18 verskillende simfonieë onderskei voor hy twee was. 107 00:05:25,796 --> 00:05:28,443 As sy ma een van sy gunsteling-opnames gespeel het, 108 00:05:28,443 --> 00:05:31,809 sou hy korrek uitroep: "Beethoven!" 109 00:05:31,809 --> 00:05:34,665 Maar Kanner het nie belanggestel in hierdie talente nie 110 00:05:34,665 --> 00:05:38,242 en het gemeen dat die kinders bloot herhaal het 111 00:05:38,242 --> 00:05:40,865 wat hulle by hulle aanstellerige ouers gehoor het -- 112 00:05:40,865 --> 00:05:43,465 desperaat vir dié se goedkeuring. 113 00:05:43,465 --> 00:05:48,829 Gevolglik het outisme 'n bron van verleentheid en stigma geword 114 00:05:48,829 --> 00:05:51,406 en twee generasies outistiese kinders 115 00:05:51,406 --> 00:05:54,889 is weggestuur na inrigtings, vir hulle eie beswil. 116 00:05:54,889 --> 00:05:58,163 Sodoende het hulle onsigbaar geword vir die meeste mense. 117 00:05:58,163 --> 00:06:02,400 Glo dit of nie, navorsers het eers in die 1970's 118 00:06:02,400 --> 00:06:07,567 begin om Kanner se teorie dat outisme skaars is, te toets. 119 00:06:07,567 --> 00:06:11,305 Lorna Wing was 'n kognitiewe sielkundige in Londen 120 00:06:11,305 --> 00:06:14,509 wat gedink het Kanner se teorie oor yskasouerskap 121 00:06:14,509 --> 00:06:17,728 "loutere onsin" is, soos sy vir my gesê het. 122 00:06:17,728 --> 00:06:21,707 Sy en haar man John was warm en liefdevolle mense 123 00:06:21,707 --> 00:06:24,750 en hulle dogter Susie was erg outisties. 124 00:06:25,110 --> 00:06:29,822 Lorna en John het geweet hoe moeilik dit was om 'n kind soos Susie groot te maak 125 00:06:29,822 --> 00:06:31,784 sonder ondersteuningsdienste, 126 00:06:31,784 --> 00:06:33,386 spesiale onderrig, 127 00:06:33,386 --> 00:06:37,635 en die ander hulpbronne wat buite bereik is sonder 'n diagnose. 128 00:06:37,635 --> 00:06:40,259 Om hulle saak by die National Health Service te stel, 129 00:06:40,259 --> 00:06:45,507 dat meer hulpbronne nodig was vir outistiese kinders en hulle gesinne, 130 00:06:45,507 --> 00:06:47,763 het Lorna en haar kollega Judith Gould 131 00:06:47,763 --> 00:06:52,193 besluit om te doen wat 30 jaar tevore nodig was: 132 00:06:52,193 --> 00:06:57,139 'n studie oor die voorkoms van outisme onder die algemene bevolking. 133 00:06:57,139 --> 00:07:01,475 Hulle het die strate van Camberwell, 'n Londense voorstad, deurkruis 134 00:07:01,475 --> 00:07:05,100 om outistiese kinders in die gemeenskap op te spoor. 135 00:07:05,100 --> 00:07:10,197 Wat hulle gesien het, het Kanner se model as veels te eng bewys 136 00:07:10,197 --> 00:07:14,573 en dat outisme in werklikheid baie meer kleurvol en divers was. 137 00:07:14,663 --> 00:07:16,806 Sommige kinders kon glad nie praat nie, 138 00:07:16,806 --> 00:07:22,022 terwyl ander aangegaan het oor hulle aangetrokkenheid tot astrofisika, 139 00:07:22,022 --> 00:07:25,836 dinosourusse of koninklikes se stambome. 140 00:07:25,836 --> 00:07:30,176 Hierdie kinders het nie in netjiese bokse ingepas nie, 141 00:07:30,176 --> 00:07:31,951 soos Judith dit gestel het. 142 00:07:31,951 --> 00:07:33,752 En hulle het baie gesien: 143 00:07:33,752 --> 00:07:37,537 baie meer as wat Kanner se monolitiese model voorspel het. 144 00:07:37,537 --> 00:07:41,462 Aanvanklik het hulle nie geweet hoe om die data te interpreteer nie. 145 00:07:41,462 --> 00:07:44,380 Hoe het niemand ooit dié kinders gesien nie? 146 00:07:44,380 --> 00:07:46,969 Maar toe kom Lorna af op 'n verwysing na 'n artikel 147 00:07:46,969 --> 00:07:50,554 wat in 1944 in Duits gepubliseer is -- 148 00:07:50,554 --> 00:07:52,899 die jaar na Kanner se artikel -- 149 00:07:52,899 --> 00:07:54,877 en toe vergeet en begrawe is 150 00:07:54,877 --> 00:07:57,194 saam met die bomskerwe van 'n vreeslike tyd 151 00:07:57,194 --> 00:08:00,445 wat niemand wou onthou of aan dink nie. 152 00:08:00,445 --> 00:08:03,115 Kanner het geweet van dié mededingende artikel, 153 00:08:03,115 --> 00:08:07,340 maar het dit versigtig vermy in sy eie werk. 154 00:08:07,340 --> 00:08:10,322 Dis nooit eers in Engels vertaal nie, 155 00:08:10,322 --> 00:08:13,285 maar gelukkig het Lorna se man Duits gepraat 156 00:08:13,285 --> 00:08:15,932 en hy het dit vir haar vertaal. 157 00:08:15,932 --> 00:08:19,624 Die artikel het 'n ander storie oor outisme gebied. 158 00:08:19,624 --> 00:08:22,317 Die outeur was Hans Asperger, 159 00:08:22,317 --> 00:08:25,821 wat 'n gekombineerde kliniek en kosskool 160 00:08:25,821 --> 00:08:28,331 in Wene in die 1930's bedryf het. 161 00:08:28,331 --> 00:08:33,082 Asperger se idees oor die onderrig van kinders met leerverskille was progressief, 162 00:08:33,082 --> 00:08:35,436 selfs gemeet teen hedendaagse standaarde. 163 00:08:35,436 --> 00:08:39,848 Die oggende by sy kliniek het begin met oefenklasse met musiek, 164 00:08:39,848 --> 00:08:43,354 en op Sondaemiddae het die kinders konsert gehou. 165 00:08:43,354 --> 00:08:46,349 In plaas daarvan om ouers die skuld vir outisme te gee, 166 00:08:46,349 --> 00:08:51,202 het Asperger dit as 'n lewenslange, poligenetiese gestremdheid beskryf 167 00:08:51,202 --> 00:08:55,373 wat deernisvolle vorms van ondersteuning en aanpassing 168 00:08:55,373 --> 00:08:58,420 oor 'n persoon se hele lewe vereis. 169 00:08:58,420 --> 00:09:01,525 Eerder as om die kinders as pasiënte te behandel, 170 00:09:01,525 --> 00:09:04,460 het Asperger hulle sy "klein professors" genoem 171 00:09:04,460 --> 00:09:08,245 en hulle hulp gevra om onderrigmetodes te ontwikkel 172 00:09:08,245 --> 00:09:11,169 wat besonderlik vir hulle geskik was. 173 00:09:11,169 --> 00:09:16,460 Die belangrikste is dat Asperger outisme as 'n diverse kontinuum beskou het 174 00:09:16,460 --> 00:09:21,364 wat oor 'n ongelooflike spektrum van begaafdheid en gestremdheid strek. 175 00:09:21,584 --> 00:09:24,666 Hy het geglo dat outisme en outistiese karaktertrekke 176 00:09:24,666 --> 00:09:26,982 algemeen is en nog altyd was, 177 00:09:26,982 --> 00:09:32,276 met aspekte daarvan wat gesien word in bekende popkultuur argetipes, 178 00:09:32,276 --> 00:09:34,872 soos die sosiaal onbeholpe wetenskaplike 179 00:09:34,872 --> 00:09:37,306 en die verstrooide professor. 180 00:09:37,306 --> 00:09:39,609 Hy het so ver gegaan om te sê 181 00:09:39,609 --> 00:09:42,856 dat om suksesvol in wetenskap en die kunste te wees 182 00:09:42,856 --> 00:09:45,922 'n tikkie outisme vereis. 183 00:09:46,292 --> 00:09:48,964 Lorna en Judith het besef dat Kanner 184 00:09:48,964 --> 00:09:54,207 net so verkeerd was oor die raarheid van outisme as oor dat ouers dit veroorsaak het. 185 00:09:54,207 --> 00:09:55,951 Oor die volgende jare 186 00:09:55,951 --> 00:09:59,624 het hulle saam met die American Psychiatric Association gewerk 187 00:09:59,624 --> 00:10:02,144 om die kriteria vir diagnose te verbreed 188 00:10:02,144 --> 00:10:05,981 om die diversiteit van die "outismespektrum" te weerspieël. 189 00:10:05,981 --> 00:10:08,559 In die laat 1980's en vroeë 90's 190 00:10:08,559 --> 00:10:10,857 is hulle veranderinge in werking gestel: 191 00:10:10,857 --> 00:10:13,496 Kanner se eng model is vervang 192 00:10:13,496 --> 00:10:16,801 met Asperger se breë en inklusiewe een. 193 00:10:16,801 --> 00:10:19,792 Dié veranderinge het nie afgesonderd plaasgevind nie. 194 00:10:19,792 --> 00:10:23,326 Toevallig, soos Lorna en Judith agter die skerms aan die werk was 195 00:10:23,326 --> 00:10:25,420 om die kriteria aan te pas, 196 00:10:25,420 --> 00:10:30,366 het die wêreld die eerste keer 'n outistiese grootmens gesien. 197 00:10:30,366 --> 00:10:33,550 Voor "Rain Man" in 1988 uitgekom het, 198 00:10:33,550 --> 00:10:38,269 het net 'n klein, geslote groepie kundiges geweet hoe outisme lyk, 199 00:10:38,269 --> 00:10:42,969 maar na Dustin Hoffman se onvergeetlike optrede as Raymond Babbitt 200 00:10:42,969 --> 00:10:46,304 vier Oscars vir "Rain Man" ingepalm het, 201 00:10:46,304 --> 00:10:51,584 het pediaters, sielkundiges, onderwysers en ouers wêreldwyd 202 00:10:51,584 --> 00:10:53,834 geweet hoe outisme lyk. 203 00:10:53,834 --> 00:10:56,679 En op dieselfde tyd 204 00:10:56,679 --> 00:11:01,949 is die eerste maklike kliniese toetse vir die diagnose van outisme bekendgestel. 205 00:11:01,949 --> 00:11:06,689 Dit was nie meer nodig om iemand in die kringetjie kundiges te ken 206 00:11:06,689 --> 00:11:09,207 om jou kind te laat evalueer nie. 207 00:11:09,207 --> 00:11:11,320 Die kombinasie van "Rain Man", 208 00:11:11,320 --> 00:11:15,659 die veranderinge aan die kriteria en die ingebruikneming van hierdie toetse 209 00:11:15,659 --> 00:11:17,774 het 'n netwerk-effek geskep -- 210 00:11:17,774 --> 00:11:21,304 die perfekte kombinasie van faktore vir outisme-bewusmaking. 211 00:11:21,304 --> 00:11:24,322 Die aantal diagnoses het begin klim, 212 00:11:24,322 --> 00:11:29,690 net soos Lorna en Judith voorspel het en gehoop het dit sou, 213 00:11:29,690 --> 00:11:32,536 wat outistiese mense en hulle gesinne in staat gestel het 214 00:11:32,536 --> 00:11:35,798 om eindelik die ondersteuning en dienste te kry wat hulle verdien. 215 00:11:35,798 --> 00:11:38,074 Toe kom Andrew Wakefield 216 00:11:38,074 --> 00:11:41,719 en blameer entstowwe vir die styging in diagnoses -- 217 00:11:41,719 --> 00:11:44,052 'n eenvoudige, kragtige, 218 00:11:44,052 --> 00:11:46,828 en verleidelik geloofbare storie 219 00:11:46,828 --> 00:11:48,986 wat net so verkeerd was soos 220 00:11:48,986 --> 00:11:51,599 Kanner se teorie dat outisme skaars was. 221 00:11:51,599 --> 00:11:54,710 As die Centers for Disease Control se huidige skatting, 222 00:11:54,710 --> 00:11:59,253 dat een uit 68 kinders in Amerika op die spektrum is, korrek is, 223 00:11:59,253 --> 00:12:03,340 is outistiese mense een van die grootste minderheidsgroepe in die wêreld. 224 00:12:03,340 --> 00:12:07,437 Outistiese mense het in die laaste jare bymekaargekom op die internet 225 00:12:07,437 --> 00:12:10,812 om die idee te verwerp dat hulle raaisels is wat opgelos moet word 226 00:12:10,812 --> 00:12:12,995 deur die volgende mediese deurbraak, 227 00:12:12,995 --> 00:12:15,456 en hulle het die term "neurodiversiteit" geskep 228 00:12:15,456 --> 00:12:19,084 om hulle trots oor die veelsydigheid van menslike kognisie te toon. 229 00:12:19,264 --> 00:12:21,655 'n Manier om neurodiversiteit te verstaan, 230 00:12:21,655 --> 00:12:25,324 is om in terme van menslike bedryfstelsels te dink. 231 00:12:25,324 --> 00:12:30,240 As 'n rekenaar nie met Windows loop nie, is dit nie noodwendig stukkend nie. 232 00:12:30,240 --> 00:12:33,869 Volgens outistiese standaarde, is die normale menslike brein 233 00:12:33,869 --> 00:12:35,889 maklik afleibaar, 234 00:12:35,889 --> 00:12:37,677 obsessief oor sosiale aspekte 235 00:12:37,677 --> 00:12:40,997 en skiet dit tekort by aandag aan klein besonderhede. 236 00:12:40,997 --> 00:12:43,992 Dis moeilik vir outistiese mense om in 'n wêreld te leef 237 00:12:43,992 --> 00:12:46,268 wat nie vir hulle gemaak is nie. 238 00:12:46,268 --> 00:12:50,520 [Sewentig] jaar later probeer ons steeds vir Asperger inhaal, 239 00:12:50,520 --> 00:12:54,793 wat geglo het dat die "genesing" vir die moeilikste aspekte van outisme 240 00:12:54,793 --> 00:12:57,529 gevind kan word in onderwysers met begrip, 241 00:12:57,529 --> 00:12:59,665 toegeeflike werkgewers, 242 00:12:59,665 --> 00:13:01,522 ondersteunende gemeenskappe 243 00:13:01,522 --> 00:13:04,866 en ouers wat glo in hulle kinders se potensiaal. 244 00:13:04,866 --> 00:13:07,908 'n Outistiese [man], Zosia Zaks, het gesê: 245 00:13:07,908 --> 00:13:13,211 "Ons het almal aan dek nodig om die skip van medemenslikheid op koers te hou." 246 00:13:13,211 --> 00:13:15,764 Soos ons 'n onseker toekoms invaar, 247 00:13:15,764 --> 00:13:19,502 het ons elke vorm van menslike intelligensie nodig 248 00:13:19,502 --> 00:13:25,469 om saam te werk om die probleme op te los wat ons samelewing in die gesig staar. 249 00:13:25,469 --> 00:13:28,041 Ons kan nie bekostig om 'n brein te mors nie. 250 00:13:28,041 --> 00:13:30,136 Dankie. 251 00:13:30,136 --> 00:13:34,136 (Applous)