0:00:00.882,0:00:03.482 Net na Kersfees verlede jaar 0:00:03.482,0:00:07.320 het 132 kinders [br]in Kalifornië masels gekry 0:00:07.320,0:00:09.333 deur Disneyland te besoek 0:00:09.333,0:00:12.442 of blootgestel te word[br]aan iemand wat daar was. 0:00:12.442,0:00:15.486 Die virus het toe [br]die Kanadese grens oorgesteek 0:00:15.486,0:00:18.922 en meer as 100 kinders [br]in Quebec is aangesteek. 0:00:18.922,0:00:21.871 Een van die tragiese dinge [br]van hierdie uitbraak 0:00:21.871,0:00:27.490 is dat masels, wat dodelik kan wees vir [br]'n kind met 'n verswakte immuunstelsel, 0:00:27.490,0:00:31.275 een van die maklikste voorkombare siektes [br]in die wêreld is. 0:00:31.275,0:00:33.272 'n Effektiewe entstof 0:00:33.272,0:00:36.638 is al meer as 'n halfeeu beskikbaar, 0:00:36.638,0:00:40.012 maar baie kinders wat deur [br]die Disneyland-uitbraak geraak is, 0:00:40.012,0:00:41.886 was nie ingeënt nie, 0:00:41.886,0:00:44.138 omdat hulle ouers bang was 0:00:44.138,0:00:47.157 vir iets wat na bewering [br]erger kan wees: 0:00:47.157,0:00:48.875 outisme. 0:00:48.875,0:00:50.138 Maar wag 'n bietjie -- 0:00:50.138,0:00:54.981 is die artikel wat die kontroversie[br]oor outisme en entstowwe uitgelok het 0:00:54.981,0:00:56.978 nie vals bewys, teruggetrek en 0:00:56.978,0:00:59.320 as opsetlike bedrog uitgemaak 0:00:59.320,0:01:01.158 deur die British Medical Journal nie? 0:01:01.158,0:01:03.531 Weet die meeste wat wetenskap volg nie 0:01:03.531,0:01:07.520 dat die teorie oor inenting en outisme[br]nonsens is nie? 0:01:07.520,0:01:09.587 Ek dink meeste van julle weet, 0:01:09.587,0:01:11.955 maar miljoene ouers regoor die wêreld 0:01:11.955,0:01:16.803 vrees steeds dat inentings 'n risiko [br]van outisme vir hulle kinders inhou. 0:01:16.923,0:01:18.047 Waarom? 0:01:18.587,0:01:19.890 Dis waarom. 0:01:20.290,0:01:25.375 Dié grafiek wys die toename in die [br]geskatte outisme voorkomssyfer oor tyd. 0:01:25.375,0:01:27.688 Vir die grootste deel van die 20ste eeu 0:01:27.688,0:01:31.180 is outisme beskou [br]as 'n baie seldsame toestand. 0:01:31.180,0:01:34.500 Die handvol sielkundiges en pediaters[br]wat al daarvan gehoor het, 0:01:34.500,0:01:37.377 het gereken dat hulle [br]hul loopbane sou voltooi 0:01:37.377,0:01:39.954 sonder om 'n enkele geval teë te kom. 0:01:40.364,0:01:43.892 Beramings van die voorkomssyfer[br]het vir dekades stabiel gebly 0:01:43.892,0:01:46.853 op net drie of vier kinders uit 10 000. 0:01:46.853,0:01:48.919 Maar toe, in die 1990's, 0:01:48.919,0:01:51.380 het die syfers die hoogte ingeskiet. 0:01:51.380,0:01:54.608 Fondsinsamelingsorganisasies [br]soos Autism Speaks 0:01:54.608,0:01:57.856 verwys gereeld na[br]outisme as 'n epidemie -- 0:01:57.856,0:02:01.365 asof jy dit by 'n ander kind [br]by Disneyland kon kry. 0:02:01.365,0:02:02.967 So wat gaan aan? 0:02:02.967,0:02:06.194 As dit nie entstowwe is nie, wat is dit? 0:02:06.194,0:02:08.065 As jy die mense by[br] 0:02:08.065,0:02:11.670 die Centers for Disease Control in Atlanta vra, 0:02:11.670,0:02:16.330 maak hulle staat op frases soos[br]"breër diagnostiese kriteria" 0:02:16.330,0:02:18.374 en "beter aantekening van gevalle" 0:02:18.374,0:02:20.711 om die stygende getalle te verklaar. 0:02:20.711,0:02:22.731 Maar hierdie soort woorde 0:02:22.731,0:02:25.680 doen min om 'n jong ma gerus te stel 0:02:25.680,0:02:30.324 terwyl sy haar tweejarige se gesig[br]vir oogkontak bestudeer. 0:02:30.324,0:02:33.319 As dit nodig was om [br]die diagnostiese kriteria te verbreed, 0:02:33.319,0:02:36.152 waarom was dit in die eerste plek so eng? 0:02:36.152,0:02:39.147 Waarom was dit so moeilik[br]om outismegevalle te vind 0:02:39.147,0:02:41.607 voor die 1990's? 0:02:41.607,0:02:47.172 Ek het vyf jaar gelede besluit om[br]die antwoorde op hierdie vrae te ontbloot. 0:02:47.172,0:02:49.216 Ek het agtergekom dat dít wat gebeur het 0:02:49.216,0:02:53.116 minder met trae en versigtige vooruitgang[br]in wetenskap te doen het 0:02:53.116,0:02:56.354 as met die verloklike krag van stories. 0:02:56.544,0:02:58.750 Vir die grootste deel van die 20ste eeu 0:02:58.750,0:03:01.211 het klinici één storie vertel 0:03:01.211,0:03:04.763 oor wat outisme is en hoe dit ontdek is, 0:03:04.763,0:03:07.573 maar daardie storie was toe verkeerd. 0:03:07.573,0:03:09.384 Die nagevolge hiervan 0:03:09.384,0:03:13.285 het wêreldwyd 'n vernietigende uitwerking[br]op openbare gesondheid. 0:03:13.285,0:03:16.814 Daar was 'n tweede,[br]akkurater storie van outisme 0:03:16.814,0:03:19.430 wat verlore en vergete geraak het 0:03:19.430,0:03:22.410 in die duister hoekies van[br]kliniese literatuur. 0:03:22.410,0:03:26.427 Dié tweede storie vertel ons alles[br]oor hoe ons hier gekom het 0:03:26.427,0:03:29.032 en waarheen ons [br]volgende moet gaan. 0:03:29.352,0:03:34.236 Eerste het ons 'n kinderpsigiater [br]by Johns Hopkins-Hospitaal, 0:03:34.236,0:03:35.946 Leo Kanner. 0:03:35.946,0:03:39.499 Kanner het in 1943[br]'n artikel gepubliseer 0:03:39.499,0:03:42.382 waarin hy 11 jong pasiënte beskryf[br]wat gelyk het of hulle 0:03:42.382,0:03:46.302 in hulle eie wêrelde leef[br]en diegene om hulle, 0:03:46.302,0:03:48.462 selfs hul eie ouers,[br]ignoreer. 0:03:48.462,0:03:50.737 Hulle kon hulself vir ure vermaak 0:03:50.737,0:03:53.384 deur hulle hande[br]voor hulle gesigte te waai, 0:03:53.384,0:03:55.358 maar klein dingetjies[br]het hulle ontstel, 0:03:55.358,0:03:58.970 soos 'n gunstelingspeelding wat[br]uit sy gewone plek geskuif is 0:03:58.970,0:04:00.977 sonder hulle medewete. 0:04:00.977,0:04:03.693 Gebaseer op die pasiënte[br]wat na Kanner toe gebring is, 0:04:03.693,0:04:07.269 het hy uitgereken[br]dat outisme baie skaars is. 0:04:07.269,0:04:11.727 Teen die 1950's het hy, as die wêreld [br]se grootste kenner op dié gebied, 0:04:11.727,0:04:17.500 verklaar dat hy minder as 150 ware gevalle[br]van hierdie sindroom gesien het, 0:04:17.500,0:04:21.513 terwyl hy verwysings van plekke[br]so ver as Suid-Afrika hanteer het. 0:04:21.513,0:04:23.754 Dis nie so verbasend nie, 0:04:23.754,0:04:27.130 want Kanner se kriteria[br]vir die diagnosering van outisme 0:04:27.130,0:04:29.443 was ongelooflik selektief. 0:04:29.443,0:04:34.621 Hy het dit bv. ontmoedig om kinders [br]te diagnoseer wat aanvalle gekry het, 0:04:34.621,0:04:38.382 maar nou weet ons dat epilepsie[br]algemeen voorkom by outistiese pasiënte. 0:04:38.382,0:04:41.664 Hy het een keer gespog[br]dat hy nege uit tien kinders 0:04:41.664,0:04:45.255 wat deur ander klinici [br]as outistiese gevalle na hom verwys is, 0:04:45.255,0:04:48.233 weggestuur het [br]sonder 'n outismediagnose. 0:04:48.503,0:04:50.614 Kanner was 'n slim man, 0:04:50.614,0:04:53.113 maar van sy teorieë[br]het nie sin gemaak nie. 0:04:53.113,0:04:56.888 Hy het outisme as 'n vorm [br]van kinderpsigose geklassifiseer 0:04:56.888,0:05:00.858 wat deur koue en liefdelose ouers[br]veroorsaak word. 0:05:00.858,0:05:02.995 "Hierdie kinders," het hy gesê, 0:05:02.995,0:05:07.313 "is in 'n yskas grootgemaak[br]wat nooit ontvries nie." 0:05:07.313,0:05:10.104 Terselftertyd het Kanner [br]egter waargeneem 0:05:10.104,0:05:12.189 dat sommige van sy jong pasiënte 0:05:12.189,0:05:15.782 spesiale vaardighede gehad het[br]wat op sekere gebiede voorgekom het, 0:05:15.782,0:05:18.853 soos musiek, wiskunde en geheue. 0:05:18.853,0:05:20.734 Een seuntjie in sy kliniek 0:05:20.734,0:05:25.608 kon 18 verskillende simfonieë onderskei[br]voor hy twee was. 0:05:25.796,0:05:28.443 As sy ma een van [br]sy gunsteling-opnames gespeel het, 0:05:28.443,0:05:31.809 sou hy korrek uitroep:[br]"Beethoven!" 0:05:31.809,0:05:34.665 Maar Kanner het nie belanggestel[br]in hierdie talente nie 0:05:34.665,0:05:38.242 en het gemeen dat die kinders[br]bloot herhaal het 0:05:38.242,0:05:40.865 wat hulle by hulle aanstellerige [br]ouers gehoor het -- 0:05:40.865,0:05:43.465 desperaat vir dié se goedkeuring. 0:05:43.465,0:05:48.829 Gevolglik het outisme 'n bron [br]van verleentheid en stigma geword 0:05:48.829,0:05:51.406 en twee generasies [br]outistiese kinders 0:05:51.406,0:05:54.889 is weggestuur na inrigtings,[br]vir hulle eie beswil. 0:05:54.889,0:05:58.163 Sodoende het hulle onsigbaar geword[br]vir die meeste mense. 0:05:58.163,0:06:02.400 Glo dit of nie, [br]navorsers het eers in die 1970's 0:06:02.400,0:06:07.567 begin om Kanner se teorie[br]dat outisme skaars is, te toets. 0:06:07.567,0:06:11.305 Lorna Wing was [br]'n kognitiewe sielkundige in Londen 0:06:11.305,0:06:14.509 wat gedink het Kanner se teorie [br]oor yskasouerskap 0:06:14.509,0:06:17.728 "loutere onsin" is, [br]soos sy vir my gesê het. 0:06:17.728,0:06:21.707 Sy en haar man John [br]was warm en liefdevolle mense 0:06:21.707,0:06:24.750 en hulle dogter Susie was erg outisties. 0:06:25.110,0:06:29.822 Lorna en John het geweet hoe moeilik dit [br]was om 'n kind soos Susie groot te maak 0:06:29.822,0:06:31.784 sonder ondersteuningsdienste, 0:06:31.784,0:06:33.386 spesiale onderrig, 0:06:33.386,0:06:37.635 en die ander hulpbronne [br]wat buite bereik is sonder 'n diagnose. 0:06:37.635,0:06:40.259 Om hulle saak [br]by die National Health Service te stel, 0:06:40.259,0:06:45.507 dat meer hulpbronne nodig was[br]vir outistiese kinders en hulle gesinne, 0:06:45.507,0:06:47.763 het Lorna en haar kollega Judith Gould 0:06:47.763,0:06:52.193 besluit om te doen wat [br]30 jaar tevore nodig was: 0:06:52.193,0:06:57.139 'n studie oor die voorkoms van outisme [br]onder die algemene bevolking. 0:06:57.139,0:07:01.475 Hulle het die strate van Camberwell,[br]'n Londense voorstad, deurkruis 0:07:01.475,0:07:05.100 om outistiese kinders[br]in die gemeenskap op te spoor. 0:07:05.100,0:07:10.197 Wat hulle gesien het, het Kanner se model [br]as veels te eng bewys 0:07:10.197,0:07:14.573 en dat outisme in werklikheid[br]baie meer kleurvol en divers was. 0:07:14.663,0:07:16.806 Sommige kinders kon glad nie praat nie, 0:07:16.806,0:07:22.022 terwyl ander aangegaan het oor[br]hulle aangetrokkenheid tot astrofisika, 0:07:22.022,0:07:25.836 dinosourusse of koninklikes se stambome. 0:07:25.836,0:07:30.176 Hierdie kinders het nie [br]in netjiese bokse ingepas nie, 0:07:30.176,0:07:31.951 soos Judith dit gestel het. 0:07:31.951,0:07:33.752 En hulle het baie gesien: 0:07:33.752,0:07:37.537 baie meer as wat Kanner [br]se monolitiese model voorspel het. 0:07:37.537,0:07:41.462 Aanvanklik het hulle nie geweet[br]hoe om die data te interpreteer nie. 0:07:41.462,0:07:44.380 Hoe het niemand[br]ooit dié kinders gesien nie? 0:07:44.380,0:07:46.969 Maar toe kom Lorna af op [br]'n verwysing na 'n artikel 0:07:46.969,0:07:50.554 wat in 1944 in Duits gepubliseer is -- 0:07:50.554,0:07:52.899 die jaar na Kanner se artikel -- 0:07:52.899,0:07:54.877 en toe vergeet en begrawe is 0:07:54.877,0:07:57.194 saam met die bomskerwe [br]van 'n vreeslike tyd 0:07:57.194,0:08:00.445 wat niemand wou onthou [br]of aan dink nie. 0:08:00.445,0:08:03.115 Kanner het geweet van[br]dié mededingende artikel, 0:08:03.115,0:08:07.340 maar het dit versigtig vermy[br]in sy eie werk. 0:08:07.340,0:08:10.322 Dis nooit eers in Engels vertaal nie, 0:08:10.322,0:08:13.285 maar gelukkig het Lorna [br]se man Duits gepraat 0:08:13.285,0:08:15.932 en hy het dit vir haar vertaal. 0:08:15.932,0:08:19.624 Die artikel het 'n ander storie[br]oor outisme gebied. 0:08:19.624,0:08:22.317 Die outeur was Hans Asperger, 0:08:22.317,0:08:25.821 wat 'n gekombineerde kliniek en kosskool 0:08:25.821,0:08:28.331 in Wene in die 1930's bedryf het. 0:08:28.331,0:08:33.082 Asperger se idees oor die onderrig van[br]kinders met leerverskille was progressief, 0:08:33.082,0:08:35.436 selfs gemeet teen hedendaagse standaarde. 0:08:35.436,0:08:39.848 Die oggende by sy kliniek het begin [br]met oefenklasse met musiek, 0:08:39.848,0:08:43.354 en op Sondaemiddae[br]het die kinders konsert gehou. 0:08:43.354,0:08:46.349 In plaas daarvan om ouers [br]die skuld vir outisme te gee, 0:08:46.349,0:08:51.202 het Asperger dit as 'n lewenslange, [br]poligenetiese gestremdheid beskryf 0:08:51.202,0:08:55.373 wat deernisvolle vorms [br]van ondersteuning en aanpassing 0:08:55.373,0:08:58.420 oor 'n persoon se hele lewe vereis. 0:08:58.420,0:09:01.525 Eerder as om die kinders [br]as pasiënte te behandel, 0:09:01.525,0:09:04.460 het Asperger hulle [br]sy "klein professors" genoem 0:09:04.460,0:09:08.245 en hulle hulp gevra om[br]onderrigmetodes te ontwikkel 0:09:08.245,0:09:11.169 wat besonderlik vir hulle geskik was. 0:09:11.169,0:09:16.460 Die belangrikste is dat Asperger outisme[br]as 'n diverse kontinuum beskou het 0:09:16.460,0:09:21.364 wat oor 'n ongelooflike spektrum [br]van begaafdheid en gestremdheid strek. 0:09:21.584,0:09:24.666 Hy het geglo dat outisme en[br]outistiese karaktertrekke 0:09:24.666,0:09:26.982 algemeen is en nog altyd was, 0:09:26.982,0:09:32.276 met aspekte daarvan wat gesien word [br]in bekende popkultuur argetipes, 0:09:32.276,0:09:34.872 soos die sosiaal onbeholpe wetenskaplike 0:09:34.872,0:09:37.306 en die verstrooide professor. 0:09:37.306,0:09:39.609 Hy het so ver gegaan om te sê 0:09:39.609,0:09:42.856 dat om suksesvol [br]in wetenskap en die kunste te wees 0:09:42.856,0:09:45.922 'n tikkie outisme vereis. 0:09:46.292,0:09:48.964 Lorna en Judith het besef dat Kanner [br] 0:09:48.964,0:09:54.207 net so verkeerd was oor die raarheid van outisme[br]as oor dat ouers dit veroorsaak het. 0:09:54.207,0:09:55.951 Oor die volgende jare 0:09:55.951,0:09:59.624 het hulle saam met[br]die American Psychiatric Association gewerk 0:09:59.624,0:10:02.144 om die kriteria vir diagnose te verbreed 0:10:02.144,0:10:05.981 om die diversiteit van die [br]"outismespektrum" te weerspieël. 0:10:05.981,0:10:08.559 In die laat 1980's en vroeë 90's 0:10:08.559,0:10:10.857 is hulle veranderinge in werking gestel: 0:10:10.857,0:10:13.496 Kanner se eng model is vervang 0:10:13.496,0:10:16.801 met Asperger se breë en inklusiewe een. 0:10:16.801,0:10:19.792 Dié veranderinge het nie[br]afgesonderd plaasgevind nie. 0:10:19.792,0:10:23.326 Toevallig, soos Lorna en Judith [br]agter die skerms aan die werk was 0:10:23.326,0:10:25.420 om die kriteria aan te pas, 0:10:25.420,0:10:30.366 het die wêreld die eerste keer[br]'n outistiese grootmens gesien. 0:10:30.366,0:10:33.550 Voor "Rain Man" in 1988 uitgekom het, 0:10:33.550,0:10:38.269 het net 'n klein, geslote groepie kundiges[br]geweet hoe outisme lyk, 0:10:38.269,0:10:42.969 maar na Dustin Hoffman se onvergeetlike[br]optrede as Raymond Babbitt 0:10:42.969,0:10:46.304 vier Oscars vir "Rain Man" ingepalm het, 0:10:46.304,0:10:51.584 het pediaters, sielkundiges,[br]onderwysers en ouers wêreldwyd 0:10:51.584,0:10:53.834 geweet hoe outisme lyk. 0:10:53.834,0:10:56.679 En op dieselfde tyd 0:10:56.679,0:11:01.949 is die eerste maklike kliniese toetse [br]vir die diagnose van outisme bekendgestel. 0:11:01.949,0:11:06.689 Dit was nie meer nodig om iemand [br]in die kringetjie kundiges te ken 0:11:06.689,0:11:09.207 om jou kind te laat evalueer nie. 0:11:09.207,0:11:11.320 Die kombinasie van "Rain Man", 0:11:11.320,0:11:15.659 die veranderinge aan die kriteria[br]en die ingebruikneming van hierdie toetse 0:11:15.659,0:11:17.774 het 'n netwerk-effek geskep -- 0:11:17.774,0:11:21.304 die perfekte kombinasie van faktore[br]vir outisme-bewusmaking. 0:11:21.304,0:11:24.322 Die aantal diagnoses het begin klim, 0:11:24.322,0:11:29.690 net soos Lorna en Judith voorspel het[br]en gehoop het dit sou, 0:11:29.690,0:11:32.536 wat outistiese mense en hulle gesinne [br]in staat gestel het 0:11:32.536,0:11:35.798 om eindelik die ondersteuning en dienste[br]te kry wat hulle verdien. 0:11:35.798,0:11:38.074 Toe kom Andrew Wakefield 0:11:38.074,0:11:41.719 en blameer entstowwe[br]vir die styging in diagnoses -- 0:11:41.719,0:11:44.052 'n eenvoudige, kragtige, 0:11:44.052,0:11:46.828 en verleidelik geloofbare storie 0:11:46.828,0:11:48.986 wat net so verkeerd was soos 0:11:48.986,0:11:51.599 Kanner se teorie dat outisme skaars was. 0:11:51.599,0:11:54.710 As die Centers for Disease Control [br]se huidige skatting, 0:11:54.710,0:11:59.253 dat een uit 68 kinders in Amerika [br]op die spektrum is, korrek is, 0:11:59.253,0:12:03.340 is outistiese mense een van die grootste[br]minderheidsgroepe in die wêreld. 0:12:03.340,0:12:07.437 Outistiese mense het in die laaste jare[br]bymekaargekom op die internet 0:12:07.437,0:12:10.812 om die idee te verwerp dat [br]hulle raaisels is wat opgelos moet word 0:12:10.812,0:12:12.995 deur die volgende mediese deurbraak, 0:12:12.995,0:12:15.456 en hulle het die term [br]"neurodiversiteit" geskep 0:12:15.456,0:12:19.084 om hulle trots oor die veelsydigheid [br]van menslike kognisie te toon. 0:12:19.264,0:12:21.655 'n Manier om neurodiversiteit te verstaan, 0:12:21.655,0:12:25.324 is om in terme van [br]menslike bedryfstelsels te dink. 0:12:25.324,0:12:30.240 As 'n rekenaar nie met Windows loop nie,[br]is dit nie noodwendig stukkend nie. 0:12:30.240,0:12:33.869 Volgens outistiese standaarde,[br]is die normale menslike brein 0:12:33.869,0:12:35.889 maklik afleibaar, 0:12:35.889,0:12:37.677 obsessief oor sosiale aspekte 0:12:37.677,0:12:40.997 en skiet dit tekort [br]by aandag aan klein besonderhede. 0:12:40.997,0:12:43.992 Dis moeilik vir outistiese mense[br]om in 'n wêreld te leef 0:12:43.992,0:12:46.268 wat nie vir hulle gemaak is nie. 0:12:46.268,0:12:50.520 [Sewentig] jaar later probeer ons steeds[br]vir Asperger inhaal, 0:12:50.520,0:12:54.793 wat geglo het dat die "genesing"[br]vir die moeilikste aspekte van outisme 0:12:54.793,0:12:57.529 gevind kan word in onderwysers met begrip, 0:12:57.529,0:12:59.665 toegeeflike werkgewers, 0:12:59.665,0:13:01.522 ondersteunende gemeenskappe 0:13:01.522,0:13:04.866 en ouers wat glo [br]in hulle kinders se potensiaal. 0:13:04.866,0:13:07.908 'n Outistiese [man], [br]Zosia Zaks, het gesê: 0:13:07.908,0:13:13.211 "Ons het almal aan dek nodig om die skip [br]van medemenslikheid op koers te hou." 0:13:13.211,0:13:15.764 Soos ons 'n onseker toekoms invaar, 0:13:15.764,0:13:19.502 het ons elke vorm van [br]menslike intelligensie nodig 0:13:19.502,0:13:25.469 om saam te werk om die probleme op te los[br]wat ons samelewing in die gesig staar. 0:13:25.469,0:13:28.041 Ons kan nie bekostig om [br]'n brein te mors nie. 0:13:28.041,0:13:30.136 Dankie. 0:13:30.136,0:13:34.136 (Applous)