1 00:00:00,620 --> 00:00:03,940 Ek's Jessi en dis my tas. 2 00:00:03,940 --> 00:00:06,530 Maar voor ek julle wys wat binne-in is, 3 00:00:06,530 --> 00:00:09,780 moet ek eers bieg. 4 00:00:09,780 --> 00:00:11,000 Julle sien, 5 00:00:11,000 --> 00:00:13,440 ek is versot op klere. 6 00:00:13,440 --> 00:00:16,740 Ek is mal oor vind en dra, 7 00:00:16,740 --> 00:00:18,090 en deesdae 8 00:00:18,090 --> 00:00:19,810 neem ek ook foto's van en blog oor 9 00:00:19,810 --> 00:00:22,220 ’n kleurvolle, maltrap uitrusting 10 00:00:22,220 --> 00:00:24,000 vir elke geleentheid. 11 00:00:24,000 --> 00:00:27,000 Maar ek koop niks nuut nie. 12 00:00:27,000 --> 00:00:29,280 Ek koop al my klere tweedehands, 13 00:00:29,280 --> 00:00:31,850 by vlooimarkte en afslagwinkels. 14 00:00:31,850 --> 00:00:33,190 Ag, baie dankie. 15 00:00:34,980 --> 00:00:37,010 Om tweedehandse klere te koop 16 00:00:37,010 --> 00:00:38,400 help om die impak 17 00:00:38,400 --> 00:00:40,120 wat my klerekas op die omgewing 18 00:00:40,120 --> 00:00:42,130 en op my beursie het, te verminder. 19 00:00:42,130 --> 00:00:44,690 Ek ontmoet allerhande fantastiese mense; 20 00:00:44,690 --> 00:00:47,450 my geld ondersteun meestal ’n goeie doel; 21 00:00:47,450 --> 00:00:49,390 ek lyk beslis uniek; 22 00:00:49,390 --> 00:00:52,880 en inkopies-doen is soos my persoonlike skattejag. 23 00:00:52,880 --> 00:00:54,750 Ek bedoel, wat gaan ek vandag vind? 24 00:00:54,750 --> 00:00:56,690 Gaan dit my pas? 25 00:00:56,690 --> 00:00:58,970 Sal ek van die kleur hou? 26 00:00:58,970 --> 00:01:01,470 Sal dit minder as $20 wees? 27 00:01:01,470 --> 00:01:03,130 As al die antwoorde ja is, 28 00:01:03,130 --> 00:01:05,630 voel dit asof ek gewen het. 29 00:01:05,630 --> 00:01:08,000 Maar ek wil nou vir julle vertel 30 00:01:08,000 --> 00:01:10,430 wat ek in my tas gepak het 31 00:01:10,430 --> 00:01:12,810 om vir ’n week na TED te kom. 32 00:01:12,810 --> 00:01:16,120 Wat bring iemand met so baie uitrustings saam? 33 00:01:16,120 --> 00:01:19,000 Ek sal julle presies wys. 34 00:01:19,000 --> 00:01:23,140 Ek het sewe pare broekies gebring 35 00:01:23,730 --> 00:01:25,080 en dis al. 36 00:01:25,820 --> 00:01:28,840 Net genoeg onderklere vir een week 37 00:01:28,840 --> 00:01:31,050 is al wat ek in my tas gebring het. 38 00:01:31,050 --> 00:01:33,000 Ek't gedink dat ek 39 00:01:33,000 --> 00:01:35,780 enigiets anders wat ek miskien wil dra 40 00:01:35,780 --> 00:01:38,270 hier in Palm Springs sal kan kry. 41 00:01:38,270 --> 00:01:40,260 Aangesien ek nie hier 42 00:01:40,260 --> 00:01:43,230 by TED in my onderklere rondloop nie -- 43 00:01:43,230 --> 00:01:44,100 (Gelag) 44 00:01:44,100 --> 00:01:46,280 beteken dit ek't ’n paar goed gekry. 45 00:01:46,280 --> 00:01:49,870 So ek wil julle graag wys my week se uitrustings lyk. 46 00:01:49,870 --> 00:01:51,140 Hoe klink dit? 47 00:01:51,140 --> 00:01:53,000 (Applous) 48 00:01:53,000 --> 00:01:55,510 So terwyl ek dit doen 49 00:01:55,510 --> 00:01:58,610 gaan ek julle ’n paar lewenslesse vertel 50 00:01:58,610 --> 00:02:00,870 wat ek geleer het, glo dit of nie, 51 00:02:00,870 --> 00:02:03,190 te midde van hierdie niks-nuut-dra avonture. 52 00:02:03,190 --> 00:02:06,040 Kom ons begin by Sondag. 53 00:02:06,040 --> 00:02:07,840 Ek noem dit 'Blink Tier.' 54 00:02:07,840 --> 00:02:11,000 Jy hoef nie baie te spandeer om goed te lyk nie. 55 00:02:11,000 --> 00:02:15,130 Dis amper altyd moontlik om vir minder as $50 asemrowend te lyk. 56 00:02:15,130 --> 00:02:17,400 Hierdie uitrusting, met die baadjie, 57 00:02:17,400 --> 00:02:18,700 het my $55 gekos. 58 00:02:18,700 --> 00:02:21,080 En dit was die duurste item 59 00:02:21,080 --> 00:02:22,930 vir die week. 60 00:02:22,930 --> 00:02:25,850 Maandag: Kleur het krag. 61 00:02:25,850 --> 00:02:29,150 Dis net eenvoudig nie moontlik 62 00:02:29,150 --> 00:02:32,410 om in ’n slegte bui te wees wanneer jy ’n helderrooi broek dra nie. 63 00:02:32,410 --> 00:02:33,620 (Gelag) 64 00:02:33,620 --> 00:02:36,000 ’n Gelukkige luim 65 00:02:36,000 --> 00:02:39,860 trek ander gelukkige mense na jou. 66 00:02:39,860 --> 00:02:41,630 Dinsdag: 67 00:02:41,630 --> 00:02:44,940 Om in te pas is overrated. 68 00:02:44,940 --> 00:02:47,370 Ek't my hele lewe lank probeer 69 00:02:47,370 --> 00:02:48,650 om myself te wees 70 00:02:48,650 --> 00:02:50,340 en terselfde tyd in te pas. 71 00:02:50,340 --> 00:02:52,220 Wees net jouself. 72 00:02:52,220 --> 00:02:55,000 Die regte mense 73 00:02:55,000 --> 00:02:57,000 sal dit nie net aanvaar nie, 74 00:02:57,000 --> 00:02:59,400 hulle sal dit ook waardeer. 75 00:02:59,940 --> 00:03:01,000 Woensdag: 76 00:03:01,000 --> 00:03:03,430 Probeer om jou innerlike kind te aanvaar. 77 00:03:03,430 --> 00:03:05,000 Mense vertel my partykeer 78 00:03:05,000 --> 00:03:07,630 dat dit lyk of ek vir ’n tema aantrek 79 00:03:07,630 --> 00:03:11,440 of dat ek hulle aan hul sewe-jarige herinner. 80 00:03:11,440 --> 00:03:13,150 Dan glimlag ek 81 00:03:13,150 --> 00:03:14,700 en bedank hulle. 82 00:03:16,100 --> 00:03:17,000 Donderdag: 83 00:03:17,000 --> 00:03:19,320 Selfvertroue is deurslaggewend. 84 00:03:19,320 --> 00:03:22,120 As jy dink jy lyk goed in iets, 85 00:03:22,120 --> 00:03:23,940 dan is die kanse goed daarvoor. 86 00:03:23,940 --> 00:03:26,120 As jy dink jy lyk nie goed in iets nie, 87 00:03:26,120 --> 00:03:28,190 is die kanse goed dat jy reg is. 88 00:03:28,190 --> 00:03:31,240 My ma het dit elke dag benadruk. 89 00:03:31,240 --> 00:03:33,560 Eers na my dertigste verjaarsdag 90 00:03:33,560 --> 00:03:35,450 het ek regtig verstaan wat dit beteken. 91 00:03:35,450 --> 00:03:38,840 Laat ek gou vir julle vertel hoe dit werk. 92 00:03:38,840 --> 00:03:42,030 As jy dink jy's ’n mooi persoon, 93 00:03:42,030 --> 00:03:44,360 binne en buite, 94 00:03:44,360 --> 00:03:47,000 dan sal jy goed lyk en voel in enige uitrusting. 95 00:03:47,000 --> 00:03:49,770 Niemand hier het ’n verskoning nie. 96 00:03:49,770 --> 00:03:52,890 Ons almal behoort te kan dra net wat ons wil. 97 00:03:52,890 --> 00:03:54,000 Dankie. 98 00:03:54,000 --> 00:03:55,920 (Applous) 99 00:03:57,000 --> 00:04:00,830 Vrydag: ’n Universele waarheid in vyf woorde: 100 00:04:00,830 --> 00:04:05,220 Goue blinkers pas by alles. 101 00:04:05,560 --> 00:04:07,260 Eindelik, Saterdag. 102 00:04:08,760 --> 00:04:11,020 ’n Unieke persoonlike styl 103 00:04:11,020 --> 00:04:13,820 is die beste manier om jouself woordeloos 104 00:04:13,820 --> 00:04:15,640 aan die die wêreld te bemark. 105 00:04:15,640 --> 00:04:17,580 Dis herhaaldelik aan my bewys 106 00:04:17,580 --> 00:04:19,910 toe mense my hierdie week genader het 107 00:04:19,910 --> 00:04:21,860 bloot op grond van my uitrusting. 108 00:04:21,860 --> 00:04:23,440 En ons't lekker gesels. 109 00:04:23,710 --> 00:04:25,590 Ek sal nie alles wat ek gekoop het 110 00:04:25,590 --> 00:04:27,610 in my tas kan pas nie. 111 00:04:27,610 --> 00:04:29,820 So voordat ek teruggaan Brooklyn toe, 112 00:04:29,820 --> 00:04:31,730 gaan ek alles terug skenk. 113 00:04:31,730 --> 00:04:34,840 Die les wat ek myself hierdie week probeer leer 114 00:04:34,840 --> 00:04:37,000 is dat dit oukei is om dinge te laat gaan. 115 00:04:37,000 --> 00:04:39,780 Ek hoef nie te geheg aan die goed te raak nie: 116 00:04:39,780 --> 00:04:41,770 iewers om die draai 117 00:04:41,770 --> 00:04:43,470 sal daar altyd 118 00:04:43,470 --> 00:04:45,930 nog ’n kleurvolle, maltrap 119 00:04:45,930 --> 00:04:47,550 blink uitrusting wees 120 00:04:47,550 --> 00:04:49,000 wat net vir my wag, 121 00:04:49,000 --> 00:04:52,360 as ek net met ’n bietjie liefde in my hart daarvoor soek. 122 00:04:52,360 --> 00:04:54,160 Baie dankie. 123 00:04:54,160 --> 00:04:57,300 (Applous) 124 00:04:57,300 --> 00:04:59,030 Baie dankie. 125 00:04:59,030 --> 00:05:01,490 (Applous)