Ek's Jessi en dis my tas.
Maar voor ek julle wys wat binne-in is,
moet ek eers bieg.
Julle sien,
ek is versot op klere.
Ek is mal oor vind en dra,
en deesdae
neem ek ook foto's van en blog oor
’n kleurvolle, maltrap uitrusting
vir elke geleentheid.
Maar ek koop niks nuut nie.
Ek koop al my klere tweedehands,
by vlooimarkte en afslagwinkels.
Ag, baie dankie.
Om tweedehandse klere te koop
help om die impak
wat my klerekas op die omgewing
en op my beursie het, te verminder.
Ek ontmoet allerhande fantastiese mense;
my geld ondersteun meestal ’n goeie doel;
ek lyk beslis uniek;
en inkopies-doen is soos
my persoonlike skattejag.
Ek bedoel, wat gaan ek vandag vind?
Gaan dit my pas?
Sal ek van die kleur hou?
Sal dit minder as $20 wees?
As al die antwoorde ja is,
voel dit asof ek gewen het.
Maar ek wil nou vir julle vertel
wat ek in my tas gepak het
om vir ’n week na TED te kom.
Wat bring iemand
met so baie uitrustings saam?
Ek sal julle presies wys.
Ek het sewe pare broekies gebring
en dis al.
Net genoeg onderklere vir een week
is al wat ek in my tas gebring het.
Ek't gedink dat ek
enigiets anders wat ek miskien wil dra
hier in Palm Springs sal kan kry.
Aangesien ek nie hier
by TED in my onderklere rondloop nie --
(Gelag)
beteken dit ek't ’n paar goed gekry.
So ek wil julle graag wys
my week se uitrustings lyk.
Hoe klink dit?
(Applous)
So terwyl ek dit doen
gaan ek julle ’n paar lewenslesse vertel
wat ek geleer het, glo dit of nie,
te midde van hierdie
niks-nuut-dra avonture.
Kom ons begin by Sondag.
Ek noem dit 'Blink Tier.'
Jy hoef nie baie te spandeer
om goed te lyk nie.
Dis amper altyd moontlik
om vir minder as $50 asemrowend te lyk.
Hierdie uitrusting, met die baadjie,
het my $55 gekos.
En dit was die duurste item
vir die week.
Maandag: Kleur het krag.
Dis net eenvoudig nie moontlik
om in ’n slegte bui te wees
wanneer jy ’n helderrooi broek dra nie.
(Gelag)
’n Gelukkige luim
trek ander gelukkige mense na jou.
Dinsdag:
Om in te pas is overrated.
Ek't my hele lewe lank probeer
om myself te wees
en terselfde tyd in te pas.
Wees net jouself.
Die regte mense
sal dit nie net aanvaar nie,
hulle sal dit ook waardeer.
Woensdag:
Probeer om jou innerlike kind te aanvaar.
Mense vertel my partykeer
dat dit lyk of ek vir ’n tema aantrek
of dat ek hulle
aan hul sewe-jarige herinner.
Dan glimlag ek
en bedank hulle.
Donderdag:
Selfvertroue is deurslaggewend.
As jy dink jy lyk goed in iets,
dan is die kanse goed daarvoor.
As jy dink jy lyk nie goed in iets nie,
is die kanse goed dat jy reg is.
My ma het dit elke dag benadruk.
Eers na my dertigste verjaarsdag
het ek regtig verstaan wat dit beteken.
Laat ek gou vir julle vertel hoe dit werk.
As jy dink jy's ’n mooi persoon,
binne en buite,
dan sal jy goed lyk en voel
in enige uitrusting.
Niemand hier het ’n verskoning nie.
Ons almal behoort te kan dra
net wat ons wil.
Dankie.
(Applous)
Vrydag: ’n Universele waarheid in vyf woorde:
Goue blinkers pas by alles.
Eindelik, Saterdag.
’n Unieke persoonlike styl
is die beste manier om jouself woordeloos
aan die die wêreld te bemark.
Dis herhaaldelik aan my bewys
toe mense my hierdie week genader het
bloot op grond van my uitrusting.
En ons't lekker gesels.
Ek sal nie alles wat ek gekoop het
in my tas kan pas nie.
So voordat ek teruggaan Brooklyn toe,
gaan ek alles terug skenk.
Die les wat ek myself
hierdie week probeer leer
is dat dit oukei is om dinge te laat gaan.
Ek hoef nie te geheg
aan die goed te raak nie:
iewers om die draai
sal daar altyd
nog ’n kleurvolle, maltrap
blink uitrusting wees
wat net vir my wag,
as ek net met ’n bietjie liefde
in my hart daarvoor soek.
Baie dankie.
(Applous)
Baie dankie.
(Applous)