1 00:00:00,000 --> 00:00:03,000 My naam is Jessi en hier is my tas. 2 00:00:03,000 --> 00:00:06,000 Maar voordat ek julle wys wat binne-in is 3 00:00:06,000 --> 00:00:09,000 moet ek eers iets bieg. 4 00:00:09,000 --> 00:00:11,000 Julle sien, 5 00:00:11,000 --> 00:00:13,000 ek is versot op klere. 6 00:00:13,000 --> 00:00:15,000 Ek vind en dra, 7 00:00:15,000 --> 00:00:17,000 en deesdae 8 00:00:17,000 --> 00:00:19,000 blog en neem ek ook foto's 9 00:00:19,000 --> 00:00:21,000 van elke kleurvolle, maltrap uitrusting 10 00:00:21,000 --> 00:00:24,000 vir elke geleentheid. 11 00:00:24,000 --> 00:00:26,000 Maar ek koop nie nuwe items nie. 12 00:00:26,000 --> 00:00:28,000 Al my klere is tweedehandse items 13 00:00:28,000 --> 00:00:31,000 wat ek in vlooimarkte en afslagwinkels koop. 14 00:00:31,000 --> 00:00:33,000 Ag, baie dankie. 15 00:00:34,000 --> 00:00:36,000 Om tweedehandse klere te koop 16 00:00:36,000 --> 00:00:38,000 help om die impak 17 00:00:38,000 --> 00:00:40,000 wat my klerekas op die omgewing 18 00:00:40,000 --> 00:00:42,000 en op my beursie het, te verminder. 19 00:00:42,000 --> 00:00:44,000 Ek ontmoet allerhande fantastiese mense; 20 00:00:44,000 --> 00:00:47,000 gewoonlik help my geld 'n goeie doel; 21 00:00:47,000 --> 00:00:49,000 ek lyk beslis uniek; 22 00:00:49,000 --> 00:00:52,000 en sulke soort inkopies-doen is soos my persoonlike skattejag. 23 00:00:52,000 --> 00:00:54,000 Ek bedoel, wat gaan ek vandag vind? 24 00:00:54,000 --> 00:00:56,000 Gaan dit my pas? 25 00:00:56,000 --> 00:00:58,000 Sal ek van die kleur hou? 26 00:00:58,000 --> 00:01:01,000 Sal dit minder as $20 wees? 27 00:01:01,000 --> 00:01:03,000 Dit voel asof ek gewen het 28 00:01:03,000 --> 00:01:05,000 wanneer al die antwoorde ja is. 29 00:01:05,000 --> 00:01:08,000 Maar ek wil nou vir julle vertel 30 00:01:08,000 --> 00:01:10,000 wat ek in my tas gepak het 31 00:01:10,000 --> 00:01:12,000 om vir 'n week na TED te kom. 32 00:01:12,000 --> 00:01:16,000 Ek bedoel, wat presies bring iemand soos ek saam met haar? 33 00:01:16,000 --> 00:01:19,000 So nou gaan ek julle wys presies wat ek saamgebring het. 34 00:01:19,000 --> 00:01:22,000 Ek het sewe paar broekies gebring 35 00:01:22,000 --> 00:01:25,000 en dis al. 36 00:01:25,000 --> 00:01:28,000 Dis net mooi genoeg onderklere vir een week 37 00:01:28,000 --> 00:01:30,000 wat ek saam met my in my tas gebring het. 38 00:01:30,000 --> 00:01:33,000 Ek't gedink dat ek 39 00:01:33,000 --> 00:01:35,000 enigiets anders wat ek miskien wil dra 40 00:01:35,000 --> 00:01:38,000 hier in Palm Springs sal kan kry. 41 00:01:38,000 --> 00:01:40,000 Aangesien ek nie hier 42 00:01:40,000 --> 00:01:42,000 by TED in my onderklere rondloop nie 43 00:01:42,000 --> 00:01:44,000 (Gehoor lag) 44 00:01:44,000 --> 00:01:46,000 beteken dit ek het 'n paar uitrustings gekry. 45 00:01:46,000 --> 00:01:49,000 So ek wil julle graag 'n wys hoe die res van my week se uitrustings lyk. 46 00:01:49,000 --> 00:01:51,000 Hoe klink dit? 47 00:01:51,000 --> 00:01:53,000 (Applous) 48 00:01:53,000 --> 00:01:55,000 So terwyl ek dit doen 49 00:01:55,000 --> 00:01:58,000 gaan ek julle van 'n paar lewenslesse vertel 50 00:01:58,000 --> 00:02:00,000 wat ek geleer het, glo dit of nie 51 00:02:00,000 --> 00:02:03,000 te midde van hierdie avonture. 52 00:02:03,000 --> 00:02:05,000 Kom ons begin by Sondag. 53 00:02:05,000 --> 00:02:07,000 Ek noem dit 'shiny tiger'. 54 00:02:07,000 --> 00:02:11,000 Dis nie nodig om baie geld te spandeer om goed te lyk nie. 55 00:02:11,000 --> 00:02:14,000 Dis amper altyd moontlik om vir minder as $50 asemrowend te lyk. 56 00:02:14,000 --> 00:02:16,000 Hierdie uitrusting, insluitende die baadjie, 57 00:02:16,000 --> 00:02:18,000 het my 55 gekos. 58 00:02:18,000 --> 00:02:20,000 En dit was hierdie week 59 00:02:20,000 --> 00:02:22,000 se duurste item. 60 00:02:22,000 --> 00:02:25,000 Maandag: Kleur het krag. 61 00:02:25,000 --> 00:02:28,000 Dit is net eenvoudig nie moontlik 62 00:02:28,000 --> 00:02:31,000 om in 'n slegte bui te wees wanneer jy 'n helderrooi broek dra nie. 63 00:02:31,000 --> 00:02:33,000 (Gehoor lag) 64 00:02:33,000 --> 00:02:36,000 'n Gelukkige luim 65 00:02:36,000 --> 00:02:39,000 trek ander gelukkige mense na jou. 66 00:02:39,000 --> 00:02:41,000 Dinsdag: 67 00:02:41,000 --> 00:02:44,000 Om in te pas is overrated. 68 00:02:44,000 --> 00:02:46,000 Ek het my hele lewe lank probeer 69 00:02:46,000 --> 00:02:48,000 om myself te wees 70 00:02:48,000 --> 00:02:50,000 en terselfde tyd in te pas. 71 00:02:50,000 --> 00:02:52,000 Wees net jouself. 72 00:02:52,000 --> 00:02:55,000 Die regte mense 73 00:02:55,000 --> 00:02:57,000 sal dit nie net aanvaar nie, 74 00:02:57,000 --> 00:02:59,000 hulle sal dit ook waardeer. 75 00:02:59,000 --> 00:03:01,000 Woensdag: 76 00:03:01,000 --> 00:03:03,000 Probeer om jou innerlike kind te aanvaar. 77 00:03:03,000 --> 00:03:05,000 Mense vertel my partykeer 78 00:03:05,000 --> 00:03:07,000 dat dit lyk asof ek oppad is na 'n fancy dress partytjie 79 00:03:07,000 --> 00:03:11,000 of dat ek hulle aan hul sewe-jarige herinner. 80 00:03:11,000 --> 00:03:13,000 Dan glimlag ek 81 00:03:13,000 --> 00:03:15,000 en bedank hulle. 82 00:03:15,000 --> 00:03:17,000 Donderdag: 83 00:03:17,000 --> 00:03:19,000 Selfvertroue is ongelooflik belangrik. 84 00:03:19,000 --> 00:03:21,000 As jy dink jy lyk goed in iets 85 00:03:21,000 --> 00:03:23,000 dan is die kanse goed dat jy wel goed lyk. 86 00:03:23,000 --> 00:03:25,000 As jy dink jy lyk nie goed in iets nie 87 00:03:25,000 --> 00:03:27,000 is die kanse goed dat jy heel waarskynlik reg is. 88 00:03:27,000 --> 00:03:31,000 My ma het dit elke dag benadruk. 89 00:03:31,000 --> 00:03:33,000 Eers na my dertigste verjaarsdag 90 00:03:33,000 --> 00:03:35,000 het ek regtig verstaan wat dit beteken. 91 00:03:35,000 --> 00:03:38,000 Laat ek gou vir julle vertel hoe dit werk. 92 00:03:38,000 --> 00:03:41,000 As jy dink jy is 'n mooi persoon 93 00:03:41,000 --> 00:03:44,000 binne en buite 94 00:03:44,000 --> 00:03:47,000 dan sal jy goed lyk en voel in enige uitrusting. 95 00:03:47,000 --> 00:03:49,000 Niemand in hierdie gehoor het 'n verskoning wat goed genoeg is nie. 96 00:03:49,000 --> 00:03:52,000 Ons almal behoort te kan dra net wat ons wil. 97 00:03:52,000 --> 00:03:54,000 Dankie. 98 00:03:54,000 --> 00:03:57,000 (Applous) 99 00:03:57,000 --> 00:04:00,000 Vrydag: 'n Universele waarheid in vyf woorde: 100 00:04:00,000 --> 00:04:05,000 Goue blinkers pas by alles. 101 00:04:05,000 --> 00:04:08,000 Saterdag. Uiteindelik. 102 00:04:08,000 --> 00:04:10,000 Die beste manier om jouself 103 00:04:10,000 --> 00:04:13,000 woordloos aan die res van die wereld te bemark 104 00:04:13,000 --> 00:04:15,000 is om 'n persoonlike styl te ontwikkel. 105 00:04:15,000 --> 00:04:17,000 Dit is herhaaldelik aan my bewys 106 00:04:17,000 --> 00:04:19,000 wanneer mense, op grond van my uitrusting, 107 00:04:19,000 --> 00:04:21,000 met my kom gesels. 108 00:04:21,000 --> 00:04:23,000 En ons gesels tog so lekker. 109 00:04:23,000 --> 00:04:25,000 Ek sal nie alles wat ek hier gekoop het 110 00:04:25,000 --> 00:04:27,000 in my tas kan pak nie. 111 00:04:27,000 --> 00:04:29,000 So voordat ek teruggaan Brooklyn-toe, 112 00:04:29,000 --> 00:04:31,000 gaan ek alles weggee. 113 00:04:31,000 --> 00:04:34,000 Die les wat ek myself hierdie week probeer leer 114 00:04:34,000 --> 00:04:37,000 is dat dit reg is om dinge te laat gaan. 115 00:04:37,000 --> 00:04:39,000 Dis nie nodig om te geheg aan hierdie goed te raak nie: 116 00:04:39,000 --> 00:04:41,000 iewers om die draai 117 00:04:41,000 --> 00:04:43,000 sal daar altyd nog 'n 118 00:04:43,000 --> 00:04:45,000 kleurvolle, maltrap 119 00:04:45,000 --> 00:04:47,000 helder uitrusting wees 120 00:04:47,000 --> 00:04:49,000 wat vir my wag. 121 00:04:49,000 --> 00:04:51,000 Ek moet net 'n bietjie liefde in my hart sit en daarvoor soek. 122 00:04:51,000 --> 00:04:53,000 Baie dankie. 123 00:04:53,000 --> 00:04:56,000 (Applous) 124 00:04:56,000 --> 00:04:58,000 Baie dankie. 125 00:04:58,000 --> 00:05:03,000 Gehoor klap hande