0:00:00.000,0:00:03.000 My naam is Jessi en hier is my tas. 0:00:03.000,0:00:06.000 Maar voordat ek julle wys wat binne-in is 0:00:06.000,0:00:09.000 moet ek eers iets bieg. 0:00:09.000,0:00:11.000 Julle sien, 0:00:11.000,0:00:13.000 ek is versot op klere. 0:00:13.000,0:00:15.000 Ek vind en dra, 0:00:15.000,0:00:17.000 en deesdae 0:00:17.000,0:00:19.000 blog en neem ek ook foto's 0:00:19.000,0:00:21.000 van elke kleurvolle, maltrap uitrusting 0:00:21.000,0:00:24.000 vir elke geleentheid. 0:00:24.000,0:00:26.000 Maar ek koop nie nuwe items nie. 0:00:26.000,0:00:28.000 Al my klere is tweedehandse items 0:00:28.000,0:00:31.000 wat ek in vlooimarkte en afslagwinkels koop. 0:00:31.000,0:00:33.000 Ag, baie dankie. 0:00:34.000,0:00:36.000 Om tweedehandse klere te koop 0:00:36.000,0:00:38.000 help om die impak 0:00:38.000,0:00:40.000 wat my klerekas op die omgewing 0:00:40.000,0:00:42.000 en op my beursie het, te verminder. 0:00:42.000,0:00:44.000 Ek ontmoet allerhande fantastiese mense; 0:00:44.000,0:00:47.000 gewoonlik help my geld 'n goeie doel; 0:00:47.000,0:00:49.000 ek lyk beslis uniek; 0:00:49.000,0:00:52.000 en sulke soort inkopies-doen is soos my persoonlike skattejag. 0:00:52.000,0:00:54.000 Ek bedoel, wat gaan ek vandag vind? 0:00:54.000,0:00:56.000 Gaan dit my pas? 0:00:56.000,0:00:58.000 Sal ek van die kleur hou? 0:00:58.000,0:01:01.000 Sal dit minder as $20 wees? 0:01:01.000,0:01:03.000 Dit voel asof ek gewen het 0:01:03.000,0:01:05.000 wanneer al die antwoorde ja is. 0:01:05.000,0:01:08.000 Maar ek wil nou vir julle vertel 0:01:08.000,0:01:10.000 wat ek in my tas gepak het 0:01:10.000,0:01:12.000 om vir 'n week na TED te kom. 0:01:12.000,0:01:16.000 Ek bedoel, wat presies bring iemand soos ek saam met haar? 0:01:16.000,0:01:19.000 So nou gaan ek julle wys presies wat ek saamgebring het. 0:01:19.000,0:01:22.000 Ek het sewe paar broekies gebring 0:01:22.000,0:01:25.000 en dis al. 0:01:25.000,0:01:28.000 Dis net mooi genoeg onderklere vir een week 0:01:28.000,0:01:30.000 wat ek saam met my in my tas gebring het. 0:01:30.000,0:01:33.000 Ek't gedink dat ek 0:01:33.000,0:01:35.000 enigiets anders wat ek miskien wil dra 0:01:35.000,0:01:38.000 hier in Palm Springs sal kan kry. 0:01:38.000,0:01:40.000 Aangesien ek nie hier 0:01:40.000,0:01:42.000 by TED in my onderklere rondloop nie 0:01:42.000,0:01:44.000 (Gehoor lag) 0:01:44.000,0:01:46.000 beteken dit ek het 'n paar uitrustings gekry. 0:01:46.000,0:01:49.000 So ek wil julle graag 'n wys hoe die res van my week se uitrustings lyk. 0:01:49.000,0:01:51.000 Hoe klink dit? 0:01:51.000,0:01:53.000 (Applous) 0:01:53.000,0:01:55.000 So terwyl ek dit doen 0:01:55.000,0:01:58.000 gaan ek julle van 'n paar lewenslesse vertel 0:01:58.000,0:02:00.000 wat ek geleer het, glo dit of nie 0:02:00.000,0:02:03.000 te midde van hierdie avonture. 0:02:03.000,0:02:05.000 Kom ons begin by Sondag. 0:02:05.000,0:02:07.000 Ek noem dit 'shiny tiger'. 0:02:07.000,0:02:11.000 Dis nie nodig om baie geld te spandeer om goed te lyk nie. 0:02:11.000,0:02:14.000 Dis amper altyd moontlik om vir minder as $50 asemrowend te lyk. 0:02:14.000,0:02:16.000 Hierdie uitrusting, insluitende die baadjie, 0:02:16.000,0:02:18.000 het my 55 gekos. 0:02:18.000,0:02:20.000 En dit was hierdie week 0:02:20.000,0:02:22.000 se duurste item. 0:02:22.000,0:02:25.000 Maandag: Kleur het krag. 0:02:25.000,0:02:28.000 Dit is net eenvoudig nie moontlik 0:02:28.000,0:02:31.000 om in 'n slegte bui te wees wanneer jy 'n helderrooi broek dra nie. 0:02:31.000,0:02:33.000 (Gehoor lag) 0:02:33.000,0:02:36.000 'n Gelukkige luim 0:02:36.000,0:02:39.000 trek ander gelukkige mense na jou. 0:02:39.000,0:02:41.000 Dinsdag: 0:02:41.000,0:02:44.000 Om in te pas is overrated. 0:02:44.000,0:02:46.000 Ek het my hele lewe lank probeer 0:02:46.000,0:02:48.000 om myself te wees 0:02:48.000,0:02:50.000 en terselfde tyd in te pas. 0:02:50.000,0:02:52.000 Wees net jouself. 0:02:52.000,0:02:55.000 Die regte mense 0:02:55.000,0:02:57.000 sal dit nie net aanvaar nie, 0:02:57.000,0:02:59.000 hulle sal dit ook waardeer. 0:02:59.000,0:03:01.000 Woensdag: 0:03:01.000,0:03:03.000 Probeer om jou innerlike kind te aanvaar. 0:03:03.000,0:03:05.000 Mense vertel my partykeer 0:03:05.000,0:03:07.000 dat dit lyk asof ek oppad is na 'n fancy dress partytjie 0:03:07.000,0:03:11.000 of dat ek hulle aan hul sewe-jarige herinner. 0:03:11.000,0:03:13.000 Dan glimlag ek 0:03:13.000,0:03:15.000 en bedank hulle. 0:03:15.000,0:03:17.000 Donderdag: 0:03:17.000,0:03:19.000 Selfvertroue is ongelooflik belangrik. 0:03:19.000,0:03:21.000 As jy dink jy lyk goed in iets 0:03:21.000,0:03:23.000 dan is die kanse goed dat jy wel goed lyk. 0:03:23.000,0:03:25.000 As jy dink jy lyk nie goed in iets nie 0:03:25.000,0:03:27.000 is die kanse goed dat jy heel waarskynlik reg is. 0:03:27.000,0:03:31.000 My ma het dit elke dag benadruk. 0:03:31.000,0:03:33.000 Eers na my dertigste verjaarsdag 0:03:33.000,0:03:35.000 het ek regtig verstaan wat dit beteken. 0:03:35.000,0:03:38.000 Laat ek gou vir julle vertel hoe dit werk. 0:03:38.000,0:03:41.000 As jy dink jy is 'n mooi persoon 0:03:41.000,0:03:44.000 binne en buite 0:03:44.000,0:03:47.000 dan sal jy goed lyk en voel in enige uitrusting. 0:03:47.000,0:03:49.000 Niemand in hierdie gehoor het 'n verskoning wat goed genoeg is nie. 0:03:49.000,0:03:52.000 Ons almal behoort te kan dra net wat ons wil. 0:03:52.000,0:03:54.000 Dankie. 0:03:54.000,0:03:57.000 (Applous) 0:03:57.000,0:04:00.000 Vrydag: 'n Universele waarheid in vyf woorde: 0:04:00.000,0:04:05.000 Goue blinkers pas by alles. 0:04:05.000,0:04:08.000 Saterdag. Uiteindelik. 0:04:08.000,0:04:10.000 Die beste manier om jouself 0:04:10.000,0:04:13.000 woordloos aan die res van die wereld te bemark 0:04:13.000,0:04:15.000 is om 'n persoonlike styl te ontwikkel. 0:04:15.000,0:04:17.000 Dit is herhaaldelik aan my bewys 0:04:17.000,0:04:19.000 wanneer mense, op grond van my uitrusting, 0:04:19.000,0:04:21.000 met my kom gesels. 0:04:21.000,0:04:23.000 En ons gesels tog so lekker. 0:04:23.000,0:04:25.000 Ek sal nie alles wat ek hier gekoop het 0:04:25.000,0:04:27.000 in my tas kan pak nie. 0:04:27.000,0:04:29.000 So voordat ek teruggaan Brooklyn-toe, 0:04:29.000,0:04:31.000 gaan ek alles weggee. 0:04:31.000,0:04:34.000 Die les wat ek myself hierdie week probeer leer 0:04:34.000,0:04:37.000 is dat dit reg is om dinge te laat gaan. 0:04:37.000,0:04:39.000 Dis nie nodig om te geheg aan hierdie goed te raak nie: 0:04:39.000,0:04:41.000 iewers om die draai 0:04:41.000,0:04:43.000 sal daar altyd nog 'n 0:04:43.000,0:04:45.000 kleurvolle, maltrap 0:04:45.000,0:04:47.000 helder uitrusting wees 0:04:47.000,0:04:49.000 wat vir my wag. 0:04:49.000,0:04:51.000 Ek moet net 'n bietjie liefde in my hart sit en daarvoor soek. 0:04:51.000,0:04:53.000 Baie dankie. 0:04:53.000,0:04:56.000 (Applous) 0:04:56.000,0:04:58.000 Baie dankie. 0:04:58.000,0:05:03.000 Gehoor klap hande