My naam is Jessi en hier is my tas.
Maar voordat ek julle wys wat binne-in is
moet ek eers iets bieg.
Julle sien,
ek is versot op klere.
Ek vind en dra,
en deesdae
blog en neem ek ook foto's
van elke kleurvolle, maltrap uitrusting
vir elke geleentheid.
Maar ek koop nie nuwe items nie.
Al my klere is tweedehandse items
wat ek in vlooimarkte en afslagwinkels koop.
Ag, baie dankie.
Om tweedehandse klere te koop
help om die impak
wat my klerekas op die omgewing
en op my beursie het, te verminder.
Ek ontmoet allerhande fantastiese mense;
gewoonlik help my geld 'n goeie doel;
ek lyk beslis uniek;
en sulke soort inkopies-doen is soos my persoonlike skattejag.
Ek bedoel, wat gaan ek vandag vind?
Gaan dit my pas?
Sal ek van die kleur hou?
Sal dit minder as $20 wees?
Dit voel asof ek gewen het
wanneer al die antwoorde ja is.
Maar ek wil nou vir julle vertel
wat ek in my tas gepak het
om vir 'n week na TED te kom.
Ek bedoel, wat presies bring iemand soos ek saam met haar?
So nou gaan ek julle wys presies wat ek saamgebring het.
Ek het sewe paar broekies gebring
en dis al.
Dis net mooi genoeg onderklere vir een week
wat ek saam met my in my tas gebring het.
Ek't gedink dat ek
enigiets anders wat ek miskien wil dra
hier in Palm Springs sal kan kry.
Aangesien ek nie hier
by TED in my onderklere rondloop nie
(Gehoor lag)
beteken dit ek het 'n paar uitrustings gekry.
So ek wil julle graag 'n wys hoe die res van my week se uitrustings lyk.
Hoe klink dit?
(Applous)
So terwyl ek dit doen
gaan ek julle van 'n paar lewenslesse vertel
wat ek geleer het, glo dit of nie
te midde van hierdie avonture.
Kom ons begin by Sondag.
Ek noem dit 'shiny tiger'.
Dis nie nodig om baie geld te spandeer om goed te lyk nie.
Dis amper altyd moontlik om vir minder as $50 asemrowend te lyk.
Hierdie uitrusting, insluitende die baadjie,
het my 55 gekos.
En dit was hierdie week
se duurste item.
Maandag: Kleur het krag.
Dit is net eenvoudig nie moontlik
om in 'n slegte bui te wees wanneer jy 'n helderrooi broek dra nie.
(Gehoor lag)
'n Gelukkige luim
trek ander gelukkige mense na jou.
Dinsdag:
Om in te pas is overrated.
Ek het my hele lewe lank probeer
om myself te wees
en terselfde tyd in te pas.
Wees net jouself.
Die regte mense
sal dit nie net aanvaar nie,
hulle sal dit ook waardeer.
Woensdag:
Probeer om jou innerlike kind te aanvaar.
Mense vertel my partykeer
dat dit lyk asof ek oppad is na 'n fancy dress partytjie
of dat ek hulle aan hul sewe-jarige herinner.
Dan glimlag ek
en bedank hulle.
Donderdag:
Selfvertroue is ongelooflik belangrik.
As jy dink jy lyk goed in iets
dan is die kanse goed dat jy wel goed lyk.
As jy dink jy lyk nie goed in iets nie
is die kanse goed dat jy heel waarskynlik reg is.
My ma het dit elke dag benadruk.
Eers na my dertigste verjaarsdag
het ek regtig verstaan wat dit beteken.
Laat ek gou vir julle vertel hoe dit werk.
As jy dink jy is 'n mooi persoon
binne en buite
dan sal jy goed lyk en voel in enige uitrusting.
Niemand in hierdie gehoor het 'n verskoning wat goed genoeg is nie.
Ons almal behoort te kan dra net wat ons wil.
Dankie.
(Applous)
Vrydag: 'n Universele waarheid in vyf woorde:
Goue blinkers pas by alles.
Saterdag. Uiteindelik.
Die beste manier om jouself
woordloos aan die res van die wereld te bemark
is om 'n persoonlike styl te ontwikkel.
Dit is herhaaldelik aan my bewys
wanneer mense, op grond van my uitrusting,
met my kom gesels.
En ons gesels tog so lekker.
Ek sal nie alles wat ek hier gekoop het
in my tas kan pak nie.
So voordat ek teruggaan Brooklyn-toe,
gaan ek alles weggee.
Die les wat ek myself hierdie week probeer leer
is dat dit reg is om dinge te laat gaan.
Dis nie nodig om te geheg aan hierdie goed te raak nie:
iewers om die draai
sal daar altyd nog 'n
kleurvolle, maltrap
helder uitrusting wees
wat vir my wag.
Ek moet net 'n bietjie liefde in my hart sit en daarvoor soek.
Baie dankie.
(Applous)
Baie dankie.
Gehoor klap hande