'n Mens kan baie wonderlike dinge
oor Firefox se Marketplace sê.
Dit is die beste bron vir die beste
programme vir Firefox OS.
Hier kry jou klante internasionaal
bekende programme, asook...
...inhoud wat plaaslike ontwikkelaars
in hul area geskep het.
Heelwat plaaslike programme op
Firefox se Marketplace...
...word gekontroleer deur plaaslike
gebruikers in jou omgewing.
Dit beteken Firefox OS maak seker dat
alle gebruikers inhoud kry...
...wat plaaslike gebruikers dink
vir húlle relevant sou wees.
Blaai deur versamelde programme
of deursoek 'n verskeidenheid kategorieë,
soos speletjies, nutsgoed, musiek,
reis, sport en nog baie meer.
Om 'n program af te laai,
klop eenvoudig sy ikoon,
en klop dan op die blou ikoon,
en dit laai onmiddellik af na die foon.