1 00:00:08,380 --> 00:00:09,561 Baie dankie 2 00:00:16,270 --> 00:00:21,200 Lank gelede was daar ʼn koning in Indië, ʼn maharadja, en op sy verjaarsdag was ʼn bevel uitgevaardig 3 00:00:21,200 --> 00:00:24,200 dat al die howe geskenke moet bring wat geskik is vir ʼn koning. 4 00:00:24,400 --> 00:00:28,370 Party het fyn sy gebring, party luukse swaarde, 5 00:00:28,370 --> 00:00:29,490 party het goud gebring. 6 00:00:29,490 --> 00:00:32,659 Heel laaste kom daar ʼn geplooide ou man aangestap 7 00:00:32,659 --> 00:00:36,630 wat al die pad geloop het van sy dorpie af, en dae lank gereis het langs die see. 8 00:00:36,630 --> 00:00:41,150 En soos wat hy naderkom vra die koning se seun, “Watse geskenk het jý vir die koning gebring?” 9 00:00:41,457 --> 00:00:44,750 En die ou man maak sy hand stadig oop en onthul 10 00:00:44,750 --> 00:00:49,600 ʼn pragtige skulpie, met strepies van pers en geel, rooi en blou. 11 00:00:50,160 --> 00:00:51,380 En die koning se seun sê, 12 00:00:51,460 --> 00:00:54,400 “Dit is g’n geskenk vir die koning! Watter soort geskenk is dit?” 13 00:00:54,600 --> 00:00:57,400 Die ou man kyk stadig op na hom en sê, 14 00:00:57,590 --> 00:01:00,750 “Lang reis... deel van geskenk.” 15 00:01:01,060 --> 00:01:02,560 (Gelag) 16 00:01:02,900 --> 00:01:05,970 Ek gaan or 'n tydjie vir julle ʼn geskenk gee, 17 00:01:05,970 --> 00:01:08,270 ʼn geskenk wat ek glo die moeite werd is om te versprei. 18 00:01:08,290 --> 00:01:10,050 Maar voor ek dit doen, laat ek julle 19 00:01:10,050 --> 00:01:11,960 op my lang reis neem. 20 00:01:12,160 --> 00:01:13,740 Soos meeste van julle 21 00:01:13,740 --> 00:01:15,320 het ek my lewe begin as ʼn kind. 22 00:01:15,320 --> 00:01:17,460 Hoeveel van julle het julle lewens begin as ʼn kind? 23 00:01:17,460 --> 00:01:18,510 Jonk gebore? 24 00:01:18,740 --> 00:01:20,500 Omtrent helfte van julle... Goed. 25 00:01:20,570 --> 00:01:21,590 (Gelag) 26 00:01:21,820 --> 00:01:24,910 En die res van julle? Wat? Was julle volgroeid gebrore? 27 00:01:25,060 --> 00:01:27,640 Goeistes ek wil julle ma ontmoet! 28 00:01:27,820 --> 00:01:29,460 Praat van onmoontlik! 29 00:01:30,560 --> 00:01:34,740 As ʼn kind het ek altyd ʼn fassinasie gehad om die onmoontlike te doen. (As ʼn kind was ek altyd gefassineer met die onmoontlike 30 00:01:35,620 --> 00:01:38,880 Vandag is die dag waarna ek al vir baie baie jare lank uitsien, 31 00:01:38,880 --> 00:01:41,000 want vandag is die dag wat ek gaan probeer 32 00:01:41,020 --> 00:01:43,620 om die onmoontlike te doen reg voor julle oë, 33 00:01:43,620 --> 00:01:45,460 net hier by TEDxMaastricht. 34 00:01:45,800 --> 00:01:48,160 Ek gaan begin deur eerste 35 00:01:48,760 --> 00:01:50,880 die einde aan julle bekend te maak 36 00:01:51,220 --> 00:01:52,640 en ek gaan aan julle bewys 37 00:01:52,640 --> 00:01:54,940 dat die onmoontlike nie onmoontlik is nie. 38 00:01:55,300 --> 00:01:58,210 En ek gaan afsluit deur vir julle ʼn geskenk te gee wat die moeite werd is om te versprei: 39 00:01:58,210 --> 00:02:01,350 ek gaan vir julle wys dat julle die onmoontlike kan doen in julle lewe. 40 00:02:02,660 --> 00:02:05,420 Opsoek na ʼn manier om die onmoontlike te doen het ek gevind 41 00:02:05,420 --> 00:02:08,229 dat daar twee universele goed onder mense is. 42 00:02:08,229 --> 00:02:09,870 Almal het vrese, 43 00:02:09,870 --> 00:02:11,640 en almal het drome. 44 00:02:12,900 --> 00:02:17,560 Opsoek na ʼn manier om die onmoontlike te doen het gevind dat daar drie goed is 45 00:02:17,560 --> 00:02:20,100 wat ek oor die jare gedoen het 46 00:02:20,110 --> 00:02:23,290 wat soort van veroorsaak het dat ek die onmoontlike gedoen het 47 00:02:24,200 --> 00:02:26,900 Dodgeball, of soos wat julle dit noem "Bok in die hok", 48 00:02:27,290 --> 00:02:28,360 Superman, 49 00:02:28,460 --> 00:02:29,460 en Muskiet. 50 00:02:29,460 --> 00:02:30,810 Dit is my drie sleutelwoorde. 51 00:02:30,810 --> 00:02:33,500 Nou weet julle hoekom ek die onmoontlike doen in my lewe 52 00:02:33,610 --> 00:02:36,220 So ek gaan julle op my reis neem, my lang reis 53 00:02:36,320 --> 00:02:38,680 van vrese na drome 54 00:02:38,740 --> 00:02:40,980 van woorde na swaarde 55 00:02:41,160 --> 00:02:42,740 van Dodgeball 56 00:02:42,850 --> 00:02:44,020 na Superman 57 00:02:44,020 --> 00:02:45,340 tot by muskiet. 58 00:02:45,800 --> 00:02:47,360 En ek hoop om vir julle te wys 59 00:02:47,360 --> 00:02:49,900 hoe jy die onmoontlike kan doen in jou lewe 60 00:02:52,480 --> 00:02:54,934 4 Oktober 2007 61 00:02:55,840 --> 00:02:58,120 My hart klop in my keel my knieë bewe 62 00:02:58,120 --> 00:02:59,340 soos wat ek op die verhoog uitloop 63 00:02:59,340 --> 00:03:00,930 by Sandersteater 64 00:03:01,040 --> 00:03:03,240 Harvard Universiteit om die 65 00:03:03,240 --> 00:03:06,160 2007 Ig Nobelprys vir medisyne te ontvang 66 00:03:06,160 --> 00:03:08,660 vir 'n mediese navorsingstuk wat ek saam met iemand geskryf het 67 00:03:08,660 --> 00:03:10,270 genoem "Swaardslukkery... 68 00:03:10,420 --> 00:03:11,740 ...en die nagevolge daarvan". 69 00:03:11,870 --> 00:03:13,275 (Gelag) 70 00:03:13,840 --> 00:03:17,880 Dit is gepubliseer in 'n klein tydskrif, wat ek nog nooit van tevore gelees het nie, 71 00:03:18,460 --> 00:03:20,419 die British Medical Journal. 72 00:03:21,360 --> 00:03:24,740 vir my was dit 'n onmoontlike droom wat waar geword het, 73 00:03:24,900 --> 00:03:28,120 dit was 'n onverwagte verrassing vir iemand soos ek, 74 00:03:28,130 --> 00:03:31,459 dit is 'n eer wat ek nooit sal vergeet nie. 75 00:03:31,459 --> 00:03:34,539 Maar dit is nie die mees onvergeetlike deel van my lewe nie. 76 00:03:35,540 --> 00:03:37,640 Op 4 Oktober 1967, 77 00:03:38,020 --> 00:03:40,260 het hierdie bang, skaam, tingerige gevrekte kind 78 00:03:41,100 --> 00:03:43,120 gely aan ekstreem vrese. 79 00:03:43,460 --> 00:03:45,579 Soos wat hy regmaak om op die verhoog te gaan, 80 00:03:45,579 --> 00:03:47,234 klop sy hart teen 'n spoed, 81 00:03:47,500 --> 00:03:49,162 sy knieë bewe. 82 00:03:49,780 --> 00:03:52,120 Hy maak sy mond oop om te praat, 83 00:03:56,490 --> 00:03:58,130 maar niks kom uit nie. 84 00:03:58,130 --> 00:04:00,040 Hy staan en bewe, in trane. 85 00:04:00,630 --> 00:04:02,360 Hy was lamgeslaan in 'n paniek, 86 00:04:02,360 --> 00:04:03,760 vasgevries in vrees. 87 00:04:03,960 --> 00:04:06,130 Hierdie bang, skaam, tingerige, gevrekte kind 88 00:04:06,130 --> 00:04:08,142 het aan esktreem vrees gely. 89 00:04:08,649 --> 00:04:10,330 Hy was bang vir die donker, 90 00:04:10,520 --> 00:04:11,640 hy het hoogtevrees, 91 00:04:11,640 --> 00:04:13,040 hy was bang vir slange en spinnekoppe 92 00:04:13,040 --> 00:04:15,140 Enige van julle bang vir slange en spinnekoppe? 93 00:04:15,280 --> 00:04:16,660 'n Paar van julle, ja... 94 00:04:16,660 --> 00:04:19,079 Hy was bang vir water en haaie 95 00:04:19,079 --> 00:04:21,939 bang vir dokters en verpleërs en tandartse, 96 00:04:21,939 --> 00:04:24,680 en naalde en bore en skerp voorwerpe. 97 00:04:24,680 --> 00:04:27,380 Maar bo alles was sy grootste vrees 98 00:04:27,470 --> 00:04:28,470 mense. 99 00:04:29,380 --> 00:04:31,530 Daai bang, skaam, tingerige gevrekte kind 100 00:04:31,540 --> 00:04:32,570 was ek. 101 00:04:33,320 --> 00:04:35,997 Ek het 'n vrees vir mislukking en verwerping, gehad 102 00:04:37,300 --> 00:04:39,520 'n lae selfbeeld, minderheidskompleks, 103 00:04:39,520 --> 00:04:42,840 en iets wat ons nie eers geweet het jy voor kan opteken daai tyd nie: 104 00:04:42,840 --> 00:04:44,660 Sosiale angssteuring. 105 00:04:44,955 --> 00:04:48,610 as gevolg van hierdie vrese, het die boelies my afgeknou en geslaan. 106 00:04:48,610 --> 00:04:52,240 Hulle het vir my gelag en name genoem, Hulle het my nooit toegelaat om 107 00:04:52,300 --> 00:04:54,260 saam met hulle te speel nie. 108 00:04:55,020 --> 00:04:58,056 Maar tog, was daar een speletjie waarin hulle my laat speel het... 109 00:04:58,100 --> 00:04:59,427 Bok in die hok - 110 00:04:59,500 --> 00:05:01,443 en ek was nie 'n baie goeie bok nie. 111 00:05:01,760 --> 00:05:03,500 Die boelies sou my naam roep, 112 00:05:03,500 --> 00:05:05,970 en ek sal opkyk net om 'n tennisbal te sien 113 00:05:05,970 --> 00:05:08,200 wat reguit op my gesig afpeil teen supersoniese spoed 114 00:05:08,210 --> 00:05:09,950 ba, ba, ba! 115 00:05:10,580 --> 00:05:13,220 En ek onthou nog baie dae as ek huis toe stap van skool 116 00:05:13,300 --> 00:05:18,180 hoe my gesig pyn en my ore tuit alles bloedrooi. 117 00:05:18,180 --> 00:05:21,140 My oë brand met trane, 118 00:05:21,180 --> 00:05:23,515 en hulle woorde brand in my ore. 119 00:05:23,740 --> 00:05:25,000 en wie ookal gesê het, 120 00:05:25,020 --> 00:05:28,660 Stokke en klippe kan my bene breek, maar woorde sal my nooit seermaak nie 121 00:05:28,880 --> 00:05:30,131 het gejok 122 00:05:30,310 --> 00:05:31,980 Woorde kan sny soos 'n mes. 123 00:05:31,980 --> 00:05:34,030 Woorde kan steek soos 'n swaard. 124 00:05:34,210 --> 00:05:36,040 Die wonde van woorde lê so diep 125 00:05:36,040 --> 00:05:37,780 dat niemand dit sien nie. 126 00:05:38,150 --> 00:05:41,070 So ek het vrese gehad. En woorde was my grootste vyand. 127 00:05:41,260 --> 00:05:42,491 Is nog steeds. 128 00:05:43,355 --> 00:05:45,300 Maar ek het ook drome gehad. 129 00:05:45,300 --> 00:05:47,980 Ek sou huis toe gaan en ontsnap met my Supermanstrokies 130 00:05:47,980 --> 00:05:49,774 en ek sou Superman strokiesboeke lees 131 00:05:49,774 --> 00:05:53,440 en droom om 'n held soos Superman te wees. 132 00:05:53,480 --> 00:05:56,240 Ek wou veg vir reg en geregtigheid, 133 00:05:56,240 --> 00:05:58,680 Ek wou baklei teen skurke en kryptonite, 134 00:05:58,680 --> 00:06:02,895 ek wou om die wêreld vlieg, bomenslike dade doen en lewens red. 135 00:06:03,400 --> 00:06:05,850 Ek was ook gefassineerd met goed wat nie regtig is nie. 136 00:06:05,860 --> 00:06:09,460 Ek sou die Guinness Book World of Records en Ripley's Believe It or Not boeke lees. 137 00:06:09,460 --> 00:06:13,080 Het enige van julle ooit die Guinness of Ripley's boeke lees? 138 00:06:13,100 --> 00:06:14,390 Ek is mal oor daardie boeke! 139 00:06:14,390 --> 00:06:16,270 Ek het gesien hoe regte mense besonderse dade doen 140 00:06:16,270 --> 00:06:17,790 En ek het gesê, ek wil dit doen. 141 00:06:17,790 --> 00:06:19,330 As die boelies my nie saam met 142 00:06:19,330 --> 00:06:21,030 hulle wil laat speel nie 143 00:06:21,030 --> 00:06:23,335 dan wil ek regte wonders doen, besondere dade. 144 00:06:23,335 --> 00:06:26,659 Ek wil iets regtig merkwaardig doen wat daardie boelies nie kan doen nie. 145 00:06:26,659 --> 00:06:28,609 Ek wil my doel en roeping vind. 146 00:06:28,609 --> 00:06:30,729 Ek wil weet dat my lewe betekenis het, 147 00:06:30,729 --> 00:06:33,320 Ek wil iets ongelooflik doen om die wêreld te verander; 148 00:06:33,320 --> 00:06:36,960 EK wil bewys dat die onmoontlike moontlik is. 149 00:06:38,340 --> 00:06:40,240 Flits 10 jaar vorentoe - 150 00:06:40,240 --> 00:06:42,706 Dit was die week voor my 21ste verjaarsdag. 151 00:06:42,819 --> 00:06:46,799 Twee goed het binne een dag gebeur wat my lewe vir ewig sou verander. 152 00:06:47,040 --> 00:06:49,391 Ek het in Tamil Nadu in Suid-Indië gebly 153 00:06:49,540 --> 00:06:51,020 Ek was n sendeling daar 154 00:06:51,020 --> 00:06:53,090 en my mentor, my vriend het my gevra, 155 00:06:53,090 --> 00:06:54,720 "Het jy Thromes, Daniel?" 156 00:06:54,720 --> 00:06:57,440 En ek sê, "Thromes? Wat is Thromes?" 157 00:06:57,440 --> 00:07:00,490 Hy sê, "Thromes is groot lewensdoelwitte. 158 00:07:00,490 --> 00:07:04,630 Dis 'n kombinasie van drome en doelwitte, soos as jy 159 00:07:04,630 --> 00:07:07,240 enigiets kon doen wat jy wou, na enige plek toe gaan 160 00:07:07,240 --> 00:07:08,479 enigiemand kon wees wie jy wou wees, 161 00:07:08,479 --> 00:07:10,356 Waarheen sou gaan? Wat sou jy doen? 162 00:07:10,356 --> 00:07:11,280 Wie sou jy wees? 163 00:07:11,280 --> 00:07:14,500 Ek sê, "Ek kan nie dit doen nie! Ek is te bang! EK het te veel vrese!" 164 00:07:14,500 --> 00:07:17,800 Daardie aand het ek my rysmat opgevat na die dak van die huthuisie, 165 00:07:17,810 --> 00:07:19,259 onder die sterre gelê, 166 00:07:19,259 --> 00:07:21,869 en geduik hoe die vlermuise afduik op die muskiete. 167 00:07:21,869 --> 00:07:26,200 En al waaraan ek kon dink was Thromes, en drome en doelwitte, 168 00:07:26,200 --> 00:07:28,360 en daai boelies met die tennisballe. 169 00:07:28,760 --> 00:07:30,730 Ek het n paar uur later wakker geword. 170 00:07:31,220 --> 00:07:33,940 My hart het teen 'n spoed geklop, my knieë het gebewe 171 00:07:34,080 --> 00:07:36,020 Hierdie keer was dit nie vrees nie. 172 00:07:36,420 --> 00:07:38,395 My hele lyf was in stuiptrekkings. 173 00:07:38,500 --> 00:07:40,180 En vir die volgende vyf dae 174 00:07:40,330 --> 00:07:44,199 en veg vir my lewe op my sterfbed. 175 00:07:44,199 --> 00:07:48,239 My brein was aan die brand met 'n 40 grade malariakoors. 176 00:07:48,390 --> 00:07:51,600 En wanneer ookal ek bygekom het, was Thrones al waaraan ek kon dink. 177 00:07:51,600 --> 00:07:53,820 Ek het gedink, "Wat wil ek met my lewe doen?" 178 00:07:53,950 --> 00:07:56,380 Uiteindelik, die aand voor my 21ste verjaarsdag, 179 00:07:56,380 --> 00:07:58,030 in 'n oomblik van klaarheid, 180 00:07:58,030 --> 00:07:59,639 het ek tot 'n besef gekom: 181 00:07:59,639 --> 00:08:02,100 ek het besef dat daardie klein muskiet, 182 00:08:02,620 --> 00:08:05,020 Anopheles Stephensi,, 183 00:08:05,280 --> 00:08:06,610 daardie klein muskiet 184 00:08:06,610 --> 00:08:08,390 wat minder as 5 mikrogram weeg 185 00:08:08,390 --> 00:08:09,810 minder as n korreltjie sout, 186 00:08:09,810 --> 00:08:12,780 as daardie muskiet 'n 170 pond man 80 kg man, kan uitvat 187 00:08:12,780 --> 00:08:14,860 het ek besef dat dit was my kryptonite. 188 00:08:14,860 --> 00:08:17,150 Toe besef ek, nee, nee, dis nie die muskiet nie, 189 00:08:17,150 --> 00:08:19,480 Dit is die klein parasiet binne die muskiet, 190 00:08:19,480 --> 00:08:23,160 Plasmodium Falciparum, wat meer as een miljoen mense 'n jaar doodmaak. 191 00:08:23,509 --> 00:08:25,999 Toe besef ek Nee, nee dit is selfs nog kleiner as dit, 192 00:08:25,999 --> 00:08:28,550 maar vir my het dit soveel groter voorgekom 193 00:08:28,550 --> 00:08:29,640 Ek het besef 194 00:08:29,640 --> 00:08:31,270 vrees, was my kryptonite, 195 00:08:31,270 --> 00:08:32,140 my parasiet, 196 00:08:32,140 --> 00:08:34,990 wat my vermank en verlam het my hele lewe lank. 197 00:08:35,200 --> 00:08:38,080 Julle weet, daar is 'n verkil tussen gevaar en vrees. 198 00:08:38,109 --> 00:08:39,698 Gevaar is werklik 199 00:08:39,990 --> 00:08:42,010 Vrees, is 'n keuse. 200 00:08:42,080 --> 00:08:44,309 En ek het besef, ek het een keuse: 201 00:08:44,309 --> 00:08:48,180 Ek kon of in vrees lewe en in mislukking sterf daardie nag,\ 202 00:08:49,070 --> 00:08:52,080 of ek kon my vrese doodmaak en ek kon 203 00:08:52,080 --> 00:08:56,060 my drome bereik ek kon dit waag om 'n lewe te leef. 204 00:08:56,680 --> 00:08:59,560 En weet julle, daar is iets omtrent 'n mens se sterfbed 205 00:08:59,560 --> 00:09:04,080 en om dood in die gesig te staar wat jou werklik wil laat leef. 206 00:09:04,180 --> 00:09:07,140 Ek het besef dat almal sterf maar nie almal leef nie. 207 00:09:08,040 --> 00:09:09,890 Dit is in afsterwing wat ons leef. 208 00:09:09,890 --> 00:09:11,580 Julle weet, as jy leer om dood te gaan, 209 00:09:11,580 --> 00:09:13,070 sal jy leer hoe om werklik te leef. 210 00:09:13,070 --> 00:09:15,140 So ek het daardie aand besluit 211 00:09:15,140 --> 00:09:16,420 ek gaan my storie verander. 212 00:09:16,915 --> 00:09:18,230 Ek wou nie dood gaan nie. 213 00:09:18,230 --> 00:09:20,010 So ek het 'n gebedjie opgesê EK het gesê, 214 00:09:20,010 --> 00:09:22,230 "God, as jy my laat lewe tot my 21ste verjaarsdag, 215 00:09:22,230 --> 00:09:24,544 sal ek nie dat vrees verder my lewe beheer nie. 216 00:09:24,670 --> 00:09:26,520 Ek gaan my vrese doodmaak, 217 00:09:26,520 --> 00:09:29,530 ek gaan my drome bereik, 218 00:09:29,530 --> 00:09:31,270 ek wil my houding verander, 219 00:09:31,270 --> 00:09:33,540 ek wil iets ongelooflik doen 220 00:09:33,540 --> 00:09:35,550 ek wil my doel en roeping vind, 221 00:09:35,550 --> 00:09:38,632 ek wil weet dat die onmoontlike nie onmoontlik is nie". 222 00:09:38,780 --> 00:09:42,820 Ek sal nie vir julle vertel of ek daai nag oorleef het nie. Julle kan dit op julle eie oplos. 223 00:09:42,850 --> 00:09:43,978 (Gelag) 224 00:09:43,978 --> 00:09:47,100 Maar daardie aand het ek 'n lys gemaak van my eerste 10 Thromes: 225 00:09:47,100 --> 00:09:50,210 Ek het besluit ek wil die hoof kontinente besoek 226 00:09:50,210 --> 00:09:51,820 die 7 Wonders van die Wereld sien 227 00:09:51,820 --> 00:09:53,410 'n klomp tale aanleer, 228 00:09:53,410 --> 00:09:54,940 op 'n verlate eiland bly, 229 00:09:54,940 --> 00:09:56,480 op 'n skip bly in die oseaan, 230 00:09:56,480 --> 00:09:58,650 saam met 'n Indiaanstam bly in die Amasone, 231 00:09:58,650 --> 00:10:01,210 tot by die piek klim van die hoogste berg in Swede, 232 00:10:01,210 --> 00:10:03,180 ek wou die sonsopkoms sien by die berg Everest, 233 00:10:03,190 --> 00:10:05,390 werk in die musiekbedryf in Nashville, 234 00:10:05,400 --> 00:10:07,060 ek wou werk met 'n sirkus, 235 00:10:07,080 --> 00:10:09,120 en ek wou uit 'n vliegtuig uitspring. 236 00:10:09,120 --> 00:10:12,380 Oor die volgende twintig jaar, het ek meeste van daardie thromes uitgevoer. 237 00:10:12,410 --> 00:10:14,650 Elke keer wat ek 'n throme van my lysie aftik, 238 00:10:14,650 --> 00:10:18,190 sou ek nog 5 of 10 bysit en my lys het aanhou groei. 239 00:10:18,800 --> 00:10:23,280 Vir die volgende sewe jaar, het ek op 'n klein eiland in die Bahamas gewoon 240 00:10:23,320 --> 00:10:25,360 vir omtrent sewe jaar 241 00:10:25,370 --> 00:10:27,274 in 'n rietdakhut, 242 00:10:29,480 --> 00:10:33,820 haaie en pylsterte gespieghengel om te eet, ek was die enigste een op die eiland, 243 00:10:33,820 --> 00:10:36,249 in 'n lendedoek, 244 00:10:36,680 --> 00:10:39,160 en ek het geleer om saam met haaie te swem. 245 00:10:39,160 --> 00:10:40,980 Vandaar het ek Mexiko toe getrek, 246 00:10:40,980 --> 00:10:45,000 en toe na die Amasonerivier basin in Ecuador, 247 00:10:45,241 --> 00:10:48,100 Pujo Pongo Ecuador, saam met 'n stam gebly daar 248 00:10:48,100 --> 00:10:52,180 en bietjie vir bietjie het ek begin om selfvertroue te ontwikkel net deur my thromes. 249 00:10:52,180 --> 00:10:55,100 Ek het aanbeweeg na die musiekbedryf in Nashville en toe Swede, 250 00:10:55,110 --> 00:10:57,870 getrek na Stockholm, en in die musiekbedryf gewerk, 251 00:10:57,870 --> 00:11:01,920 waar ek tot by die piek van Berg Kebnekaise geklim het, hoog bo die Noordpoolsirkel. 252 00:11:03,300 --> 00:11:04,750 Ek het hansworsery aangeleer, 253 00:11:04,750 --> 00:11:05,860 en jongleer, 254 00:11:05,860 --> 00:11:07,480 op stelte geloop, 255 00:11:07,480 --> 00:11:10,440 eenwielfiets gery, was 'n vuurvreter, glas geëet. 256 00:11:10,450 --> 00:11:13,620 In 1997 het ek gehoor daar is minder as 'n dosyn swaardslukkers oor 257 00:11:13,620 --> 00:11:15,410 en ek het gesê, "Dít moet ek doen!" 258 00:11:15,420 --> 00:11:18,290 Ek het 'n swaardslukker ontmoet en hom vir 'n paar wenke gevra. 259 00:11:18,290 --> 00:11:20,190 Hy het gesê, "Ja ek sal vir jou 2 wenke gee: 260 00:11:20,190 --> 00:11:21,926 Nr. 1: Dis uiters gevaarlik, 261 00:11:21,926 --> 00:11:23,948 Mense is al dood hiervan. 262 00:11:23,948 --> 00:11:24,953 Nr. 2: 263 00:11:24,953 --> 00:11:26,206 Moet dit nie probeer nie!" 264 00:11:26,206 --> 00:11:27,520 (Gelag) 265 00:11:27,540 --> 00:11:29,540 So ek het dit by lysie thromes gesit. 266 00:11:30,440 --> 00:11:33,320 En ek het geoefen 10 tot 12 keer 'n dag, elke dag 267 00:11:33,660 --> 00:11:35,160 vir vier jaar 268 00:11:35,209 --> 00:11:36,709 Ek het uitgewerk 269 00:11:36,709 --> 00:11:40,020 (4 x 365)x12 270 00:11:40,020 --> 00:11:42,660 Dit was omtrent 13 000 onsuksesvolle pogings 271 00:11:42,660 --> 00:11:45,420 voordat ek my eerste swaard in my keel afgekry het, in 2001. 272 00:11:46,002 --> 00:11:47,630 Gedurende hierdie tyd het 'n 'n throme opgestel 273 00:11:47,630 --> 00:11:50,940 om 'n wêreldkenner te wees in swaardslukkery. 274 00:11:50,970 --> 00:11:53,820 Ek het gesoek vir elke boek, tydskrif, koerantartikel 275 00:11:53,820 --> 00:11:57,670 elke medieseverslag, ek het fisiologie en anatomie studeer, 276 00:11:57,676 --> 00:11:59,719 ek het met dokters en verpleegsters gepraat, 277 00:11:59,719 --> 00:12:01,760 al die swaardslukkers bymekaar gekry 278 00:12:01,760 --> 00:12:04,250 by die Internasionale Swaardslukkers Vereeniging 279 00:12:04,250 --> 00:12:06,450 en 'n 2-jaar mediese navorsingspapier uitgevoer 280 00:12:06,450 --> 00:12:08,580 oor Swaardslukkery en die nagevolge daarvan 281 00:12:08,580 --> 00:12:10,980 dit is gepubliseer in die Britse Mediese Joernaal 282 00:12:10,980 --> 00:12:11,840 (Gelag) 283 00:12:11,840 --> 00:12:12,940 Dankie. 284 00:12:12,960 --> 00:12:17,748 (Applous) 285 00:12:18,200 --> 00:12:21,570 En ek het 'n paar fassinerende goed oor swaardslukkery geleer. 286 00:12:21,571 --> 00:12:25,260 Goed wat ek wet jy nooit voorheen oor gedink het nie, maar jy sal na vanaand. 287 00:12:25,260 --> 00:12:28,550 Volgende keer as jy by huis is en jy sny jou steak met jou mes 288 00:12:28,550 --> 00:12:31,759 of met 'n swaard, of jou bestek sal jy hieroor dink... 289 00:12:34,257 --> 00:12:36,589 Ek het geleer dat swaardslukkery in Indie negin het - 290 00:12:36,589 --> 00:12:39,889 net daar waar ek dit heel eerste gesien het as 'n 20-jarige kind - 291 00:12:39,889 --> 00:12:42,290 omtrent 4000 jaar gelede, amper 2000 VC. 292 00:12:42,290 --> 00:12:45,580 oor die laaste 150 jaar is swaarslukkers gebruik 293 00:12:45,590 --> 00:12:47,400 in die velde van wetenskap en medisyne 294 00:12:47,480 --> 00:12:51,160 om die onbuigbare endoskoop te help ontwikkel in 1868 295 00:12:51,160 --> 00:12:53,820 by Dr Adolf Kussmaul in Freiburg Duitsland. 296 00:12:53,880 --> 00:12:56,639 In 1906, die elektrokardiagram in Wallis 297 00:12:56,639 --> 00:13:00,240 om slukversteurings en spysvertering te ondersoek, 298 00:13:00,240 --> 00:13:01,860 brongoskope, daai tipe goed. 299 00:13:01,860 --> 00:13:03,840 Maar oor die laaste 150 jaar, 300 00:13:03,840 --> 00:13:07,860 weet ons van honderde beserings en talle sterftes... 301 00:13:07,880 --> 00:13:14,560 Hier is die rigiede endoskoop wat deur Dr Adolf Kussmael ontwikkel is. 302 00:13:14,740 --> 00:13:18,679 Maar ons het ontdek dat daar 29 sterftes oor die laaste 150 was 303 00:13:18,679 --> 00:13:22,462 dit sluit hierdie swaardslukker van London in, wat sy hart met sy swaard deurboor het. 304 00:13:23,142 --> 00:13:25,340 Ons het ook geleer dat daar elke jaar 305 00:13:25,340 --> 00:13:27,780 3 tot 8 ernstige swaardslukbeserings is. 306 00:13:27,780 --> 00:13:29,880 Ek sal weet, want ek kry die oproepe. 307 00:13:29,880 --> 00:13:31,150 Ek het sopas twee ontvang, 308 00:13:31,150 --> 00:13:34,320 een van Swede en een van Orlando net oor die laaste paar weke, 309 00:13:34,320 --> 00:13:37,019 swaardslukkers wat in die hospitaal lê van besering. 310 00:13:37,019 --> 00:13:38,769 So dit ís uiters gevaarlik. 311 00:13:38,769 --> 00:13:41,629 Die ander ding wat ek geleer het, is dat swaardsluk neem 312 00:13:41,629 --> 00:13:44,320 enigiets van 2 tot 10 jaar om te leer, hoe om 'n swaard te sluk 313 00:13:44,320 --> 00:13:45,610 vir meeste mense. 314 00:13:45,610 --> 00:13:48,020 Maar die mees fassinerende ontdekking wat ek geleer het 315 00:13:48,020 --> 00:13:51,360 was hoe swaardslukkers geleer het om die onmoontlike te doen. 316 00:13:51,460 --> 00:13:53,460 En ek gaan 'n geheimpie met julle deel: 317 00:13:53,520 --> 00:13:57,580 Moenie fokus op die 99.9% wat onmoontlik is nie. 318 00:13:57,580 --> 00:14:02,030 Jy fokus op daai .1% wat moontlik is en jy werk uit hoe om dit moontlik te maak. 319 00:14:02,817 --> 00:14:06,140 Nou laat ek julle op 'n reis neem tot binne die gedagtes van 'n swaardslukker. 320 00:14:06,140 --> 00:14:09,479 Om 'n swaard te kan sluk verg 'n gees bo die stof meditasie, 321 00:14:09,479 --> 00:14:12,270 vlymskerp konsentrasie haarfyn akkuraatheid om 322 00:14:12,270 --> 00:14:15,670 die interne organe te isoleer en outomatiese refleksbewegings te oorkom 323 00:14:15,710 --> 00:14:20,370 deur versterkte breinontledings deur herhalende spiergeheue 324 00:14:20,450 --> 00:14:23,720 deur vasbeslote oefening meer as 10 000 keer. 325 00:14:24,020 --> 00:14:28,090 Nou laat ek julle op 'n reis neem binne die lyf van 'n swaardslukker. 326 00:14:28,310 --> 00:14:30,130 Om 'n swaard te sluk, 327 00:14:30,130 --> 00:14:32,250 moet ek die lem oor my tong gly, 328 00:14:32,250 --> 00:14:34,780 die gag-refleks onderdruk in die servikale slukderm, 329 00:14:34,780 --> 00:14:37,740 om 'n 90 grade draai maneuver af by die epiglottis, 330 00:14:38,240 --> 00:14:41,040 deur die krikoïdfarinks die boonste esofagus sfinkter 331 00:14:41,060 --> 00:14:42,600 onderdruk die persistalse refleks 332 00:14:42,600 --> 00:14:44,380 gly die lem tot binne die borsholte 333 00:14:44,380 --> 00:14:45,960 tussen die longe in. 334 00:14:46,080 --> 00:14:48,349 By hierdie punt 335 00:14:48,399 --> 00:14:50,389 moet ek letterlik my hart opsy stoot. 336 00:14:50,389 --> 00:14:51,720 As jy baie mooi kyk, 337 00:14:51,720 --> 00:14:53,860 kan jy die hartklop sien met die swaard, 338 00:14:53,860 --> 00:14:55,859 want dit lê reg teen die hart 339 00:14:55,859 --> 00:14:58,809 net geskei deur 3 mm esofagus weefsel. 340 00:14:58,809 --> 00:15:00,580 Dit is nie iets wat jy kan fnuik nie. 341 00:15:00,580 --> 00:15:02,710 Dan moet ek dit verby die borsbeen gly 342 00:15:02,710 --> 00:15:05,540 verby die laer esofagiese sfinkter, af tot in die maag, 343 00:15:05,540 --> 00:15:09,020 onderdruk die kokhalsrefleks in die maag al die pad af tot by die duodenum. 344 00:15:09,020 --> 00:15:09,750 So maklik soos dit. 345 00:15:09,750 --> 00:15:10,930 (Gelag) 346 00:15:10,930 --> 00:15:12,880 As ek enigsins verder sou gaan, 347 00:15:12,880 --> 00:15:17,720 sou ek by my Fallopius-buis uitkom 348 00:15:17,720 --> 00:15:20,980 Mans, julle kan later vir julle vrouens vra hieroor... 349 00:15:22,160 --> 00:15:23,900 Mense vra vir my, hulle sê, 350 00:15:23,900 --> 00:15:26,740 Jy is baie dapper om jou lewe so in gevaar te stel, 351 00:15:26,740 --> 00:15:28,800 om jou hart opsy te skuif en 'n swaard te sluk..." 352 00:15:28,800 --> 00:15:30,500 Nee. Regte dapperheid 353 00:15:30,500 --> 00:15:33,020 is vir daardie bang, skaam, tingerige, gevrekte kind 354 00:15:33,080 --> 00:15:35,620 om die risiko van mislukking en verwerping te loop 355 00:15:35,620 --> 00:15:37,040 om sy hart te ontbloot, 356 00:15:37,040 --> 00:15:38,240 en sy trots te sluk 357 00:15:38,240 --> 00:15:41,060 en hier te staan voor 'n klomp vreemdelinge 358 00:15:41,060 --> 00:15:43,670 en sy storie te vertel oor sy drome en vrese, 359 00:15:43,680 --> 00:15:47,580 en dit waag om sy binneste uit te stort letterlik en figuurlik. 360 00:15:48,280 --> 00:15:49,450 Julle sien - Baie dankie 361 00:15:49,450 --> 00:15:53,720 (Applous) 362 00:15:53,850 --> 00:15:56,250 Julle sien, die wonderlike ding is 363 00:15:56,250 --> 00:15:58,650 ek wou nog altyd die besondere in my lewe vermag 364 00:15:58,650 --> 00:15:59,780 en nou doen ek. 365 00:15:59,780 --> 00:16:02,880 Maar regtige besondere ding is nie dat ek 21 swaarde 366 00:16:02,880 --> 00:16:05,170 op een slag kan sluk nie, 367 00:16:07,640 --> 00:16:10,500 of 20 voet onder water sit in 'n tenk vol haaie en pylsterte 368 00:16:10,500 --> 00:16:12,307 vir "Ripley's Believe It ot Not", nie 369 00:16:13,840 --> 00:16:17,600 of myself witwarm verhit het tot 800 grade vir Stan Lee se "Superhumans" 370 00:16:17,610 --> 00:16:19,470 as 'n "Man van Staal" 371 00:16:19,520 --> 00:16:21,574 en daai outjie was warm! 372 00:16:22,460 --> 00:16:24,920 Of om 'n kar met 'n swaard te trek vir Ripley's nie, 373 00:16:24,930 --> 00:16:26,290 of Guinness 374 00:16:26,290 --> 00:16:28,760 of dit maak tot in die finaal van "America's Got Talent" nie 375 00:16:28,820 --> 00:16:31,540 of die 2007 Ig Nobelprys in medisyne wen nie. 376 00:16:31,550 --> 00:16:33,900 Nee, dit is nie die regte besondere ding nie. 377 00:16:33,900 --> 00:16:36,350 Dit is wat mense dink. Nee, nee, nee. Dit is nie 378 00:16:36,350 --> 00:16:37,800 Die regte besondere ding is 379 00:16:37,800 --> 00:16:40,660 dat God kon daardie bang, skaam, tingerige gevrekte kind, 380 00:16:40,660 --> 00:16:42,200 wat bang was hoogtes, 381 00:16:42,200 --> 00:16:43,890 wat bang was vir water en haaie, 382 00:16:43,890 --> 00:16:46,370 en dokters en verpleërs en naalde en skerp voorwerpe 383 00:16:46,370 --> 00:16:47,640 en om met mense te praat 384 00:16:47,640 --> 00:16:49,800 gekry het om om die wêreld te vlieg 385 00:16:49,800 --> 00:16:51,320 teen hoogtes van 9 000 meter 386 00:16:51,320 --> 00:16:53,900 skerp voorwerpe te sluk onderwater te gaan in 'n tenk vol haaie 387 00:16:53,900 --> 00:16:57,430 en om met dokters, verpleërs en gehore te praat reg oor die wêreld. 388 00:16:57,430 --> 00:16:59,580 Dit, is die regte besondere ding vir my. 389 00:16:59,580 --> 00:17:01,450 Ek wou nog altyd die onmoontlike doen - 390 00:17:01,450 --> 00:17:02,380 Dankie. 391 00:17:02,380 --> 00:17:03,760 (Applous) 392 00:17:03,760 --> 00:17:05,220 Dankie. 393 00:17:05,660 --> 00:17:09,040 (Applous) 394 00:17:09,700 --> 00:17:12,569 Ek wou nog altyd die onmoontlike doen, en nou doen ek. 395 00:17:12,569 --> 00:17:15,858 Ek wou iets besonders met my lewe doen en die wêreld verander, 396 00:17:15,858 --> 00:17:16,898 en nou doen ek. 397 00:17:16,898 --> 00:17:19,819 Ek wou om die wêreld vlieg en bomenslike dade doen 398 00:17:19,819 --> 00:17:21,378 en lewens red, en nou doen ek. 399 00:17:21,378 --> 00:17:22,720 En weet julle wat? 400 00:17:22,720 --> 00:17:25,569 Daar is nog steeds 'n klein stukkie van daardie jong kind se groot droom 401 00:17:25,569 --> 00:17:27,290 diep binne my. 402 00:17:30,320 --> 00:17:36,197 (Gelag) (Applous) 403 00:17:37,000 --> 00:17:40,240 En julle weet, ek wou altyd my doel en roeping in die lewe vind, 404 00:17:40,270 --> 00:17:41,530 en ek het dit gevind 405 00:17:41,540 --> 00:17:42,920 Maar raai wat? 406 00:17:42,920 --> 00:17:46,230 Dit was nie met die swaarde, nie wat julle dink, nie met my kragte 407 00:17:46,230 --> 00:17:48,510 Dit was eintlik met my swakheid, my woorde. 408 00:17:48,510 --> 00:17:51,090 My doel en roeping is om die wêreld te verander 409 00:17:51,090 --> 00:17:52,390 deur, deur vrees te breek, 410 00:17:52,390 --> 00:17:54,910 een swaard op 'n slag, een woord op 'n slag, 411 00:17:55,070 --> 00:17:57,450 een mes op 'n slag, een lewe op 'n slag, 412 00:17:57,540 --> 00:17:59,700 op mense te inspireer om helde te wees 413 00:17:59,700 --> 00:18:01,860 en om die onmoontlike in hulle lewe te doen. 414 00:18:02,060 --> 00:18:04,680 My doel is om ander mense te help om hulle doel te vind. 415 00:18:04,680 --> 00:18:05,680 Wat is joune? 416 00:18:05,680 --> 00:18:06,960 Wat is jou doel? 417 00:18:06,960 --> 00:18:08,960 Waarvoor is jy op die aarde gesit? 418 00:18:09,260 --> 00:18:11,590 Ek glo ons is almal bestem om helde te wees. 419 00:18:12,160 --> 00:18:14,260 Wat is jou super-krag? 420 00:18:14,560 --> 00:18:17,990 Uit 'n wêreld-populasie van meer as 7 biljoen mense, 421 00:18:17,990 --> 00:18:20,250 is daar minder as 'n paar dosyn swaarslukkers 422 00:18:20,250 --> 00:18:21,661 oor in die wêreld vandag, 423 00:18:21,661 --> 00:18:22,940 maar daar is, net jy. 424 00:18:22,940 --> 00:18:24,070 Jy is uniek. 425 00:18:24,070 --> 00:18:25,540 Wat is jou storie? 426 00:18:25,540 --> 00:18:27,760 Wat maak jou anders? 427 00:18:27,760 --> 00:18:29,180 Vertel jou storie, 428 00:18:29,180 --> 00:18:31,721 selfs al is jou stem dun en bewerig. 429 00:18:31,900 --> 00:18:33,340 Wat is jou thromes? 430 00:18:33,340 --> 00:18:35,850 As jy enigiets kon doen enigiemand wees, enige plek gaan - 431 00:18:35,850 --> 00:18:37,430 Wat sou jy doen? Waarheen sou jy gaan? 432 00:18:37,430 --> 00:18:38,480 Wat sou jy doen? 433 00:18:38,480 --> 00:18:40,340 Wat wil jy met jou lewe doen? 434 00:18:40,340 --> 00:18:41,760 Wat is jou groot drome? 435 00:18:41,760 --> 00:18:44,450 Wat was jou grootste drome toe jy jonk was Dink bietjie terug. 436 00:18:44,450 --> 00:18:46,240 Ek wed dit was nie hierdie nie, neh? 437 00:18:46,483 --> 00:18:47,880 Wat was jou wildste drome 438 00:18:47,880 --> 00:18:50,450 wat jy gedink het is vreeslik vreemd en onbelangrik? 439 00:18:50,450 --> 00:18:54,040 Ek wed jou dat hierdie alles jou drome minder vreemd laat lyk, doen dit nie? 440 00:18:55,370 --> 00:18:57,050 Wat is jou swaard? 441 00:18:57,050 --> 00:18:58,650 Elkeen van julle het 'n swaard, 442 00:18:58,650 --> 00:19:00,600 'n tweesnydende swaard van vrese en drome. 443 00:19:00,600 --> 00:19:03,520 Sluk jou swaard, watookal dit mag wees. 444 00:19:03,890 --> 00:19:05,870 Volg jou drome, dames en here, 445 00:19:05,870 --> 00:19:08,900 dit is nooit te laat om te wees wat jy wil wees nie. 446 00:19:09,720 --> 00:19:12,920 Vir daardie boelies met tennisballe daardie kinders wat gedink het 447 00:19:12,920 --> 00:19:14,916 ek sal nooit die onmoontlike kan doen nie, 448 00:19:15,060 --> 00:19:17,645 Ek het net een ding om vir hulle te sê: 449 00:19:17,645 --> 00:19:18,841 Dankie 450 00:19:18,940 --> 00:19:22,220 want as dit nie vir die skurke was nie sou ons nie helde hê nie. 451 00:19:23,020 --> 00:19:27,237 EK is hier om te bewys dat die onmoontlike nie onmoontlik is nie. 452 00:19:28,300 --> 00:19:32,310 Hierdie is verskriklik gevaarlik Dit kan my dood veroorsaak. 453 00:19:32,340 --> 00:19:33,720 Ek hoop julle geniet dit. 454 00:19:33,720 --> 00:19:35,260 (Gelag) 455 00:19:36,350 --> 00:19:38,700 Ek gaan julle hulp nodig hê vir hierdie een. 456 00:19:46,731 --> 00:19:48,405 Gehoor: Twee, drie. 457 00:19:48,405 --> 00:19:52,100 Dan Meyer: Nee, nee, nee. Ek het julle hulp nodig met die tel gedeelte, almal van julle, ok? 458 00:19:52,100 --> 00:19:53,210 (Gelag) 459 00:19:53,210 --> 00:19:55,840 As julle die woorde ken? Ok? Tel saam met my. Gereed? 460 00:19:55,870 --> 00:19:56,964 Een. 461 00:19:56,964 --> 00:19:58,150 Twee. 462 00:19:58,170 --> 00:19:58,980 Drie. 463 00:19:58,980 --> 00:20:00,920 Nee, dit is 2, maar julle kry die idee. 464 00:20:06,760 --> 00:20:07,780 Gehoor: Een. 465 00:20:07,840 --> 00:20:08,750 Twee. 466 00:20:08,800 --> 00:20:10,010 Drie. 467 00:20:11,260 --> 00:20:13,280 (Snakke) 468 00:20:14,360 --> 00:20:15,940 (Applous) 469 00:20:16,251 --> 00:20:17,450 DM: Jaaa! 470 00:20:17,450 --> 00:20:23,100 (Applous) (Toejuiging) 471 00:20:23,100 --> 00:20:24,820 Baie baie dankie. 472 00:20:25,450 --> 00:20:28,800 Dankie, dankie, dankie Dankie, uit die grond van my hart. 473 00:20:28,800 --> 00:20:31,290 Eintlik, dankie uit die grond van my maag. 474 00:20:31,880 --> 00:20:35,020 Ek het vir julle gesê ek het gekom om die onmoontlike te doen, en nou het ek. 475 00:20:35,030 --> 00:20:37,730 Maar hierdie was nie die onmoontlike nie ek doen dit elke dag. 476 00:20:37,800 --> 00:20:42,800 Die onmoontlike ding was vir daardie bang skaam, tingerige, gevrekte kind om sy vrese te trotseer 477 00:20:42,840 --> 00:20:44,600 om hier op 'n TEDx verhoog te staan 478 00:20:44,600 --> 00:20:47,100 en die wêreld te verander een woord op 'n slag, 479 00:20:47,100 --> 00:20:49,080 een swaar op 'n slag, een lewe op 'n slag. 480 00:20:49,080 --> 00:20:52,060 As ek jou anders oor goed laat dink het, as ek jou laat glo het 481 00:20:52,060 --> 00:20:54,460 dat die onmoontlike nie moontlik is nie, 482 00:20:54,460 --> 00:20:57,960 as ek jou laat besef het dat jy die onmoontlike in jou lewe kan doen 483 00:20:58,120 --> 00:21:01,020 dan is my werk gedoen, en joune het pas begin. 484 00:21:01,020 --> 00:21:04,100 Hou aan droom. Moenie ophou glo nie 485 00:21:04,820 --> 00:21:06,350 Dankie dat julle in my glo 486 00:21:06,350 --> 00:21:08,250 en dankie dat julle deel is van my droom. 487 00:21:08,250 --> 00:21:09,550 En hier is my geskenk aan julle: 488 00:21:09,550 --> 00:21:11,486 Die onmoontlike is nie... 489 00:21:11,486 --> 00:21:12,920 Gehoor: Onmoontlike nie. 490 00:21:12,920 --> 00:21:14,920 Lang rys, deel van geskenk. 491 00:21:15,100 --> 00:21:19,560 (Applous) 492 00:21:19,560 --> 00:21:21,020 Dankie. 493 00:21:21,060 --> 00:21:25,360 (Applous) 494 00:21:25,580 --> 00:21:27,560 (Toejuiging) 495 00:21:27,780 --> 00:21:30,240 Aanbieder: Dankie, Dan Meyer, wow!