Baie dankie
Lank gelede was daar ʼn koning in Indië, ʼn maharadja,
en op sy verjaarsdag was ʼn bevel uitgevaardig
dat al die howe geskenke moet bring
wat geskik is vir ʼn koning.
Party het fyn sy gebring, party luukse swaarde,
party het goud gebring.
Heel laaste kom daar
ʼn geplooide ou man aangestap
wat al die pad geloop het van sy dorpie af,
en dae lank gereis het langs die see.
En soos wat hy naderkom vra die koning se seun,
“Watse geskenk het jý vir die koning gebring?”
En die ou man maak sy hand stadig oop en onthul
ʼn pragtige skulpie, met strepies
van pers en geel, rooi en blou.
En die koning se seun sê,
“Dit is g’n geskenk vir die koning!
Watter soort geskenk is dit?”
Die ou man kyk stadig op na hom en sê,
“Lang reis... deel van geskenk.”
(Gelag)
Ek gaan or 'n tydjie
vir julle ʼn geskenk gee,
ʼn geskenk wat ek glo
die moeite werd is om te versprei.
Maar voor ek dit doen, laat ek julle
op my lang reis neem.
Soos meeste van julle
het ek my lewe begin as ʼn kind.
Hoeveel van julle
het julle lewens begin as ʼn kind?
Jonk gebore?
Omtrent helfte van julle... Goed.
(Gelag)
En die res van julle? Wat?
Was julle volgroeid gebrore?
Goeistes ek wil julle ma ontmoet!
Praat van onmoontlik!
As ʼn kind het ek altyd
ʼn fassinasie gehad om die onmoontlike te doen. (As ʼn kind was ek altyd gefassineer met die onmoontlike
Vandag is die dag waarna
ek al vir baie baie jare lank uitsien,
want vandag is die dag
wat ek gaan probeer
om die onmoontlike te doen
reg voor julle oë,
net hier by TEDxMaastricht.
Ek gaan begin deur eerste
die einde aan julle bekend te maak
en ek gaan aan julle bewys
dat die onmoontlike nie onmoontlik is nie.
En ek gaan afsluit deur vir julle
ʼn geskenk te gee wat die moeite werd is om te versprei:
ek gaan vir julle wys dat julle
die onmoontlike kan doen in julle lewe.
Opsoek na ʼn manier om
die onmoontlike te doen het ek gevind
dat daar twee universele
goed onder mense is.
Almal het vrese,
en almal het drome.
Opsoek na ʼn manier om die onmoontlike te doen
het gevind dat daar drie goed is
wat ek oor die jare gedoen het
wat soort van veroorsaak het
dat ek die onmoontlike gedoen het
Dodgeball, of soos wat julle dit noem
"Bok in die hok",
Superman,
en Muskiet.
Dit is my drie sleutelwoorde.
Nou weet julle hoekom
ek die onmoontlike doen in my lewe
So ek gaan julle op
my reis neem, my lang reis
van vrese na drome
van woorde na swaarde
van Dodgeball
na Superman
tot by muskiet.
En ek hoop om vir julle te wys
hoe jy die onmoontlike kan doen
in jou lewe
4 Oktober 2007
My hart klop in my keel
my knieë bewe
soos wat ek op die
verhoog uitloop
by Sandersteater
Harvard Universiteit om die
2007 Ig Nobelprys vir medisyne
te ontvang
vir 'n mediese navorsingstuk wat
ek saam met iemand geskryf het
genoem "Swaardslukkery...
...en die nagevolge daarvan".
(Gelag)
Dit is gepubliseer in 'n klein tydskrif,
wat ek nog nooit van tevore gelees het nie,
die British Medical Journal.
vir my was dit 'n onmoontlike
droom wat waar geword het,
dit was 'n onverwagte verrassing
vir iemand soos ek,
dit is 'n eer wat ek nooit sal vergeet nie.
Maar dit is nie die mees onvergeetlike
deel van my lewe nie.
Op 4 Oktober 1967,
het hierdie bang, skaam, tingerige
gevrekte kind
gely aan ekstreem vrese.
Soos wat hy regmaak om
op die verhoog te gaan,
klop sy hart teen 'n spoed,
sy knieë bewe.
Hy maak sy mond oop om te praat,
maar niks kom uit nie.
Hy staan en bewe, in trane.
Hy was lamgeslaan in 'n paniek,
vasgevries in vrees.
Hierdie bang, skaam, tingerige,
gevrekte kind
het aan esktreem vrees gely.
Hy was bang vir die donker,
hy het hoogtevrees,
hy was bang vir slange
en spinnekoppe
Enige van julle bang
vir slange en spinnekoppe?
'n Paar van julle, ja...
Hy was bang vir water en haaie
bang vir dokters en verpleërs en tandartse,
en naalde en bore en skerp voorwerpe.
Maar bo alles
was sy grootste vrees
mense.
Daai bang, skaam, tingerige
gevrekte kind
was ek.
Ek het 'n vrees vir
mislukking en verwerping, gehad
'n lae selfbeeld, minderheidskompleks,
en iets wat ons nie eers geweet het
jy voor kan opteken daai tyd nie:
Sosiale angssteuring.
as gevolg van hierdie vrese,
het die boelies my afgeknou en geslaan.
Hulle het vir my gelag en name genoem,
Hulle het my nooit toegelaat om
saam met hulle te speel nie.
Maar tog, was daar een speletjie
waarin hulle my laat speel het...
Bok in die hok -
en ek was nie 'n baie goeie bok nie.
Die boelies sou my naam roep,
en ek sal opkyk
net om 'n tennisbal te sien
wat reguit op my gesig afpeil
teen supersoniese spoed
ba, ba, ba!
En ek onthou nog baie dae as ek
huis toe stap van skool
hoe my gesig pyn en my ore tuit
alles bloedrooi.
My oë brand met trane,
en hulle woorde brand in my ore.
en wie ookal gesê het,
Stokke en klippe kan my bene breek,
maar woorde sal my nooit seermaak nie
het gejok
Woorde kan sny soos 'n mes.
Woorde kan steek soos 'n swaard.
Die wonde van woorde lê so diep
dat niemand dit sien nie.
So ek het vrese gehad.
En woorde was my grootste vyand.
Is nog steeds.
Maar ek het ook drome gehad.
Ek sou huis toe gaan en ontsnap
met my Supermanstrokies
en ek sou Superman strokiesboeke lees
en droom om 'n held soos Superman te wees.
Ek wou veg vir reg en geregtigheid,
Ek wou baklei teen skurke en kryptonite,
ek wou om die wêreld vlieg,
bomenslike dade doen en lewens red.
Ek was ook gefassineerd met
goed wat nie regtig is nie.
Ek sou die Guinness Book World of Records
en Ripley's Believe It or Not boeke lees.
Het enige van julle ooit die
Guinness of Ripley's boeke lees?
Ek is mal oor daardie boeke!
Ek het gesien hoe regte mense
besonderse dade doen
En ek het gesê, ek wil dit doen.
As die boelies my nie saam met
hulle wil laat speel nie
dan wil ek regte wonders doen,
besondere dade.
Ek wil iets regtig merkwaardig doen
wat daardie boelies nie kan doen nie.
Ek wil my doel en roeping vind.
Ek wil weet dat my lewe betekenis het,
Ek wil iets ongelooflik doen
om die wêreld te verander;
EK wil bewys dat
die onmoontlike moontlik is.
Flits 10 jaar vorentoe -
Dit was die week voor my 21ste verjaarsdag.
Twee goed het binne een dag gebeur
wat my lewe vir ewig sou verander.
Ek het in Tamil Nadu in Suid-Indië gebly
Ek was n sendeling daar
en my mentor, my vriend het my gevra,
"Het jy Thromes, Daniel?"
En ek sê, "Thromes?
Wat is Thromes?"
Hy sê, "Thromes is groot lewensdoelwitte.
Dis 'n kombinasie van drome
en doelwitte, soos as jy
enigiets kon doen wat jy wou,
na enige plek toe gaan
enigiemand kon wees
wie jy wou wees,
Waarheen sou gaan?
Wat sou jy doen?
Wie sou jy wees?
Ek sê, "Ek kan nie dit doen nie!
Ek is te bang! EK het te veel vrese!"
Daardie aand het ek my rysmat
opgevat na die dak van die huthuisie,
onder die sterre gelê,
en geduik hoe die vlermuise
afduik op die muskiete.
En al waaraan ek kon dink was Thromes,
en drome en doelwitte,
en daai boelies met die tennisballe.
Ek het n paar uur later wakker geword.
My hart het teen 'n spoed geklop,
my knieë het gebewe
Hierdie keer was dit nie vrees nie.
My hele lyf was in stuiptrekkings.
En vir die volgende vyf dae
en veg vir my lewe op my sterfbed.
My brein was aan die brand
met 'n 40 grade malariakoors.
En wanneer ookal ek bygekom het,
was Thrones al waaraan ek kon dink.
Ek het gedink,
"Wat wil ek met my lewe doen?"
Uiteindelik, die aand
voor my 21ste verjaarsdag,
in 'n oomblik van klaarheid,
het ek tot 'n besef gekom:
ek het besef dat daardie klein muskiet,
Anopheles Stephensi,,
daardie klein muskiet
wat minder as 5 mikrogram weeg
minder as n korreltjie sout,
as daardie muskiet 'n 170 pond man
80 kg man, kan uitvat
het ek besef dat dit was my kryptonite.
Toe besef ek,
nee, nee, dis nie die muskiet nie,
Dit is die klein parasiet
binne die muskiet,
Plasmodium Falciparum, wat meer as
een miljoen mense 'n jaar doodmaak.
Toe besef ek
Nee, nee dit is selfs nog kleiner as dit,
maar vir my het dit soveel groter voorgekom
Ek het besef
vrees, was my kryptonite,
my parasiet,
wat my vermank en verlam het
my hele lewe lank.
Julle weet, daar is 'n verkil
tussen gevaar en vrees.
Gevaar is werklik
Vrees, is 'n keuse.
En ek het besef, ek het een keuse:
Ek kon of in vrees lewe
en in mislukking sterf daardie nag,\
of ek kon my vrese doodmaak
en ek kon
my drome bereik
ek kon dit waag om 'n lewe te leef.
En weet julle, daar is iets omtrent
'n mens se sterfbed
en om dood in die gesig te staar
wat jou werklik wil laat leef.
Ek het besef dat almal sterf
maar nie almal leef nie.
Dit is in afsterwing wat ons leef.
Julle weet, as jy leer om dood te gaan,
sal jy leer hoe om werklik te leef.
So ek het daardie aand besluit
ek gaan my storie verander.
Ek wou nie dood gaan nie.
So ek het 'n gebedjie opgesê
EK het gesê,
"God, as jy my laat lewe
tot my 21ste verjaarsdag,
sal ek nie dat vrees
verder my lewe beheer nie.
Ek gaan my vrese doodmaak,
ek gaan my drome bereik,
ek wil my houding verander,
ek wil iets ongelooflik doen
ek wil my doel en roeping vind,
ek wil weet dat die onmoontlike nie
onmoontlik is nie".
Ek sal nie vir julle vertel of ek daai nag
oorleef het nie. Julle kan dit op julle eie oplos.
(Gelag)
Maar daardie aand het ek 'n lys gemaak
van my eerste 10 Thromes:
Ek het besluit ek wil
die hoof kontinente besoek
die 7 Wonders van die Wereld sien
'n klomp tale aanleer,
op 'n verlate eiland bly,
op 'n skip bly in die oseaan,
saam met 'n Indiaanstam bly
in die Amasone,
tot by die piek klim
van die hoogste berg in Swede,
ek wou die sonsopkoms sien
by die berg Everest,
werk in die musiekbedryf in Nashville,
ek wou werk met 'n sirkus,
en ek wou uit 'n vliegtuig uitspring.
Oor die volgende twintig jaar,
het ek meeste van daardie thromes uitgevoer.
Elke keer wat ek 'n throme
van my lysie aftik,
sou ek nog 5 of 10 bysit
en my lys het aanhou groei.
Vir die volgende sewe jaar, het ek
op 'n klein eiland in die Bahamas gewoon
vir omtrent sewe jaar
in 'n rietdakhut,
haaie en pylsterte gespieghengel om te eet,
ek was die enigste een op die eiland,
in 'n lendedoek,
en ek het geleer om saam met haaie te swem.
Vandaar het ek Mexiko toe getrek,
en toe na die Amasonerivier basin in Ecuador,
Pujo Pongo Ecuador,
saam met 'n stam gebly daar
en bietjie vir bietjie het ek begin om
selfvertroue te ontwikkel net deur my thromes.
Ek het aanbeweeg na die musiekbedryf
in Nashville en toe Swede,
getrek na Stockholm,
en in die musiekbedryf gewerk,
waar ek tot by die piek van Berg Kebnekaise
geklim het, hoog bo die Noordpoolsirkel.
Ek het hansworsery aangeleer,
en jongleer,
op stelte geloop,
eenwielfiets gery,
was 'n vuurvreter, glas geëet.
In 1997 het ek gehoor daar is minder
as 'n dosyn swaardslukkers oor
en ek het gesê, "Dít moet ek doen!"
Ek het 'n swaardslukker ontmoet
en hom vir 'n paar wenke gevra.
Hy het gesê, "Ja ek sal vir jou 2 wenke gee:
Nr. 1: Dis uiters gevaarlik,
Mense is al dood hiervan.
Nr. 2:
Moet dit nie probeer nie!"
(Gelag)
So ek het dit by lysie thromes gesit.
En ek het geoefen
10 tot 12 keer 'n dag, elke dag
vir vier jaar
Ek het uitgewerk
(4 x 365)x12
Dit was omtrent 13 000
onsuksesvolle pogings
voordat ek my eerste swaard
in my keel afgekry het, in 2001.
Gedurende hierdie tyd het 'n
'n throme opgestel
om 'n wêreldkenner te wees
in swaardslukkery.
Ek het gesoek vir elke boek,
tydskrif, koerantartikel
elke medieseverslag,
ek het fisiologie en anatomie studeer,
ek het met dokters en verpleegsters gepraat,
al die swaardslukkers bymekaar gekry
by die Internasionale
Swaardslukkers Vereeniging
en 'n 2-jaar mediese
navorsingspapier uitgevoer
oor Swaardslukkery en die nagevolge daarvan
dit is gepubliseer in
die Britse Mediese Joernaal
(Gelag)
Dankie.
(Applous)
En ek het 'n paar fassinerende
goed oor swaardslukkery geleer.
Goed wat ek wet jy nooit voorheen
oor gedink het nie, maar jy sal na vanaand.
Volgende keer as jy by huis is en jy sny
jou steak met jou mes
of met 'n swaard, of jou bestek
sal jy hieroor dink...
Ek het geleer dat swaardslukkery
in Indie negin het -
net daar waar ek dit heel eerste gesien het
as 'n 20-jarige kind -
omtrent 4000 jaar gelede, amper 2000 VC.
oor die laaste 150 jaar
is swaarslukkers gebruik
in die velde van wetenskap en medisyne
om die onbuigbare endoskoop
te help ontwikkel in 1868
by Dr Adolf Kussmaul in Freiburg Duitsland.
In 1906, die elektrokardiagram in Wallis
om slukversteurings en spysvertering
te ondersoek,
brongoskope, daai tipe goed.
Maar oor die laaste 150 jaar,
weet ons van honderde beserings en
talle sterftes...
Hier is die rigiede endoskoop
wat deur Dr Adolf Kussmael ontwikkel is.
Maar ons het ontdek dat daar 29 sterftes
oor die laaste 150 was
dit sluit hierdie swaardslukker van London in,
wat sy hart met sy swaard deurboor het.
Ons het ook geleer dat daar elke jaar
3 tot 8 ernstige swaardslukbeserings is.
Ek sal weet, want ek kry die oproepe.
Ek het sopas twee ontvang,
een van Swede en een van Orlando
net oor die laaste paar weke,
swaardslukkers wat in die hospitaal lê
van besering.
So dit ís uiters gevaarlik.
Die ander ding wat ek geleer het,
is dat swaardsluk neem
enigiets van 2 tot 10 jaar
om te leer, hoe om 'n swaard te sluk
vir meeste mense.
Maar die mees fassinerende
ontdekking wat ek geleer het
was hoe swaardslukkers geleer het
om die onmoontlike te doen.
En ek gaan 'n geheimpie met julle deel:
Moenie fokus op die 99.9%
wat onmoontlik is nie.
Jy fokus op daai .1% wat moontlik is
en jy werk uit hoe om dit moontlik te maak.
Nou laat ek julle op 'n reis neem
tot binne die gedagtes van 'n swaardslukker.
Om 'n swaard te kan sluk
verg 'n gees bo die stof meditasie,
vlymskerp konsentrasie
haarfyn akkuraatheid om
die interne organe te isoleer
en outomatiese refleksbewegings te oorkom
deur versterkte breinontledings
deur herhalende spiergeheue
deur vasbeslote oefening
meer as 10 000 keer.
Nou laat ek julle op 'n reis neem
binne die lyf van 'n swaardslukker.
Om 'n swaard te sluk,
moet ek die lem oor my tong gly,
die gag-refleks onderdruk in
die servikale slukderm,
om 'n 90 grade draai maneuver
af by die epiglottis,
deur die krikoïdfarinks
die boonste esofagus sfinkter
onderdruk die persistalse refleks
gly die lem tot binne die borsholte
tussen die longe in.
By hierdie punt
moet ek letterlik my hart opsy stoot.
As jy baie mooi kyk,
kan jy die hartklop sien met die swaard,
want dit lê reg teen die hart
net geskei deur 3 mm esofagus weefsel.
Dit is nie iets wat jy kan fnuik nie.
Dan moet ek dit verby die
borsbeen gly
verby die laer esofagiese sfinkter,
af tot in die maag,
onderdruk die kokhalsrefleks in die maag
al die pad af tot by die duodenum.
So maklik soos dit.
(Gelag)
As ek enigsins verder sou gaan,
sou ek by my Fallopius-buis uitkom
Mans, julle kan later vir julle vrouens
vra hieroor...
Mense vra vir my, hulle sê,
Jy is baie dapper om
jou lewe so in gevaar te stel,
om jou hart opsy te skuif
en 'n swaard te sluk..."
Nee. Regte dapperheid
is vir daardie bang, skaam,
tingerige, gevrekte kind
om die risiko van mislukking en verwerping te loop
om sy hart te ontbloot,
en sy trots te sluk
en hier te staan voor
'n klomp vreemdelinge
en sy storie te vertel
oor sy drome en vrese,
en dit waag om sy binneste uit te stort
letterlik en figuurlik.
Julle sien - Baie dankie
(Applous)
Julle sien, die wonderlike ding is
ek wou nog altyd die besondere
in my lewe vermag
en nou doen ek.
Maar regtige besondere ding is nie
dat ek 21 swaarde
op een slag kan sluk nie,
of 20 voet onder water sit in 'n tenk
vol haaie en pylsterte
vir "Ripley's Believe It ot Not", nie
of myself witwarm verhit het tot 800 grade
vir Stan Lee se "Superhumans"
as 'n "Man van Staal"
en daai outjie was warm!
Of om 'n kar met 'n swaard te trek
vir Ripley's nie,
of Guinness
of dit maak tot in die finaal
van "America's Got Talent" nie
of die 2007 Ig Nobelprys
in medisyne wen nie.
Nee, dit is nie die regte besondere
ding nie.
Dit is wat mense dink.
Nee, nee, nee. Dit is nie
Die regte besondere ding is
dat God kon daardie bang,
skaam, tingerige gevrekte kind,
wat bang was hoogtes,
wat bang was vir water en haaie,
en dokters en verpleërs
en naalde en skerp voorwerpe
en om met mense te praat
gekry het om
om die wêreld te vlieg
teen hoogtes van 9 000 meter
skerp voorwerpe te sluk
onderwater te gaan in 'n tenk vol haaie
en om met dokters, verpleërs
en gehore te praat reg oor die wêreld.
Dit, is die regte besondere ding vir my.
Ek wou nog altyd die onmoontlike doen -
Dankie.
(Applous)
Dankie.
(Applous)
Ek wou nog altyd die onmoontlike doen,
en nou doen ek.
Ek wou iets besonders met my lewe doen
en die wêreld verander,
en nou doen ek.
Ek wou om die wêreld vlieg en
bomenslike dade doen
en lewens red, en nou doen ek.
En weet julle wat?
Daar is nog steeds 'n klein stukkie van
daardie jong kind se groot droom
diep binne my.
(Gelag) (Applous)
En julle weet, ek wou altyd my doel
en roeping in die lewe vind,
en ek het dit gevind
Maar raai wat?
Dit was nie met die swaarde,
nie wat julle dink, nie met my kragte
Dit was eintlik met my swakheid, my woorde.
My doel en roeping
is om die wêreld te verander
deur, deur vrees te breek,
een swaard op 'n slag, een woord op 'n slag,
een mes op 'n slag, een lewe op 'n slag,
op mense te inspireer om helde te wees
en om die onmoontlike in hulle lewe te doen.
My doel is om ander mense te help
om hulle doel te vind.
Wat is joune?
Wat is jou doel?
Waarvoor is jy op die aarde gesit?
Ek glo ons is almal
bestem om helde te wees.
Wat is jou super-krag?
Uit 'n wêreld-populasie van
meer as 7 biljoen mense,
is daar minder as 'n paar dosyn
swaarslukkers
oor in die wêreld vandag,
maar daar is, net jy.
Jy is uniek.
Wat is jou storie?
Wat maak jou anders?
Vertel jou storie,
selfs al is jou stem dun en bewerig.
Wat is jou thromes?
As jy enigiets kon doen
enigiemand wees, enige plek gaan -
Wat sou jy doen?
Waarheen sou jy gaan?
Wat sou jy doen?
Wat wil jy met jou lewe doen?
Wat is jou groot drome?
Wat was jou grootste drome toe jy jonk was
Dink bietjie terug.
Ek wed dit was nie hierdie nie, neh?
Wat was jou wildste drome
wat jy gedink het is vreeslik
vreemd en onbelangrik?
Ek wed jou dat hierdie alles jou drome
minder vreemd laat lyk, doen dit nie?
Wat is jou swaard?
Elkeen van julle het 'n swaard,
'n tweesnydende swaard van vrese en drome.
Sluk jou swaard, watookal dit mag wees.
Volg jou drome, dames en here,
dit is nooit te laat om te wees
wat jy wil wees nie.
Vir daardie boelies met tennisballe
daardie kinders wat gedink het
ek sal nooit die onmoontlike kan doen nie,
Ek het net een ding om vir hulle te sê:
Dankie
want as dit nie vir die skurke was nie
sou ons nie helde hê nie.
EK is hier om te bewys dat die
onmoontlike nie onmoontlik is nie.
Hierdie is verskriklik gevaarlik
Dit kan my dood veroorsaak.
Ek hoop julle geniet dit.
(Gelag)
Ek gaan julle hulp nodig hê vir hierdie een.
Gehoor: Twee, drie.
Dan Meyer: Nee, nee, nee. Ek het julle hulp
nodig met die tel gedeelte, almal van julle, ok?
(Gelag)
As julle die woorde ken? Ok?
Tel saam met my. Gereed?
Een.
Twee.
Drie.
Nee, dit is 2, maar julle kry die idee.
Gehoor: Een.
Twee.
Drie.
(Snakke)
(Applous)
DM: Jaaa!
(Applous) (Toejuiging)
Baie baie dankie.
Dankie, dankie, dankie
Dankie, uit die grond van my hart.
Eintlik, dankie
uit die grond van my maag.
Ek het vir julle gesê ek het gekom
om die onmoontlike te doen, en nou het ek.
Maar hierdie was nie die onmoontlike nie
ek doen dit elke dag.
Die onmoontlike ding was vir daardie bang skaam,
tingerige, gevrekte kind om sy vrese te trotseer
om hier op 'n TEDx verhoog te staan
en die wêreld te verander
een woord op 'n slag,
een swaar op 'n slag, een lewe op 'n slag.
As ek jou anders oor goed laat dink het,
as ek jou laat glo het
dat die onmoontlike nie moontlik is nie,
as ek jou laat besef het dat jy die
onmoontlike in jou lewe kan doen
dan is my werk gedoen,
en joune het pas begin.
Hou aan droom. Moenie ophou glo nie
Dankie dat julle in my glo
en dankie dat julle deel is van my droom.
En hier is my geskenk aan julle:
Die onmoontlike is nie...
Gehoor: Onmoontlike nie.
Lang rys, deel van geskenk.
(Applous)
Dankie.
(Applous)
(Toejuiging)
Aanbieder: Dankie, Dan Meyer, wow!