Return to Video

Vreemd, of net anders?

  • 0:00 - 0:04
    Verbeel jou jy staan op ’n straat in Amerika
  • 0:04 - 0:07
    en ’n Japanese persoon kom vra jou:
  • 0:07 - 0:09
    "Verskoon my, wat is die naam van hierdie blok?"
  • 0:09 - 0:13
    En jy antwoord: "Jammer, maar hierdie is Oak- en dis Elmstraat daar.
  • 0:13 - 0:15
    Hierdie is 26ste, en daai 27ste."
  • 0:15 - 0:17
    En hy sê: "Wel, dankie. Wat is die naam van die blok?"
  • 0:17 - 0:20
    Jy sê: "Wel, blokke het nie name nie.
  • 0:20 - 0:22
    Strate het name; blokke is net die
  • 0:22 - 0:24
    onbenoemde spasies tussen strate."
  • 0:24 - 0:28
    Hy vertrek, effens verward en teleurgesteld.
  • 0:28 - 0:31
    Verbeel jou nou dat jy op ’n straat staan, enige plek in Japan,
  • 0:31 - 0:33
    jy draai na die persoon langs jou en vra:
  • 0:33 - 0:35
    "Verskoon my, wat is die naam van hierdie straat?"
  • 0:35 - 0:39
    Hulle antwoord: "Wel, daardie is blok 17 en hierdie is blok 16."
  • 0:39 - 0:42
    En jy sê: "Goed so, maar wat is die naam van hierdie straat?"
  • 0:42 - 0:44
    En hulle antwoord: "Wel, strate het nie name nie.
  • 0:44 - 0:46
    Blokke het name.
  • 0:46 - 0:50
    Kyk gerus na Google Maps hier. Daar is blok 14, 15, 16, 17, 18, 19.
  • 0:50 - 0:52
    Al hierdie blokke het name.
  • 0:52 - 0:56
    Strate is slegs die onbenoemde spasie tussen blokke."
  • 0:56 - 0:59
    En jy vra dan: "Goed, hoe weet jy dan wat jou huisadres is?"
  • 0:59 - 1:02
    Hy antwoord: "Dis maklik, hierdie is Distrik Agt.
  • 1:02 - 1:05
    Daar is blok 17, huis nommer Een."
  • 1:05 - 1:07
    Jy sê: "Goed, maar ek het opgemerk
  • 1:07 - 1:09
    dat die huisnommers nie op mekaar volg nie."
  • 1:09 - 1:12
    Hy sê: "Natuurlik volg hulle! Dis in die volgorde wat die huise gebou is.
  • 1:12 - 1:15
    Die eerste huis op die blok is nommer een.
  • 1:15 - 1:18
    Die tweede huis wat gebou is, is nommer twee.
  • 1:18 - 1:20
    Derde is huis nommer drie. Dis maklik. Dis ooglopend."
  • 1:20 - 1:23
    Ek is mal daaroor dat ons somtyds
  • 1:23 - 1:25
    na die teenoorgestelde kant van die wêreld moet gaan
  • 1:25 - 1:27
    om te besef dat aannames, wat ons nie eens geweet het
  • 1:27 - 1:30
    ons het nie, se teenoorgestelde ook waar kan wees.
  • 1:30 - 1:32
    So byvoorbeeld, is daar dokters in Sjina
  • 1:32 - 1:35
    wat glo dis hulle werk om jou gesond te hou.
  • 1:35 - 1:37
    Enige maand wat jy gesond is betaal jy hulle
  • 1:37 - 1:39
    en as jy siek is hoef jy nie te betaal nie want hulle het nie geslaag
  • 1:39 - 1:41
    in hulle plig nie. Hulle word ryk as jy gesond is, nie siek nie.
  • 1:41 - 1:44
    (Applous)
  • 1:44 - 1:46
    In meeste musiek dink ons aan die "een"
  • 1:46 - 1:50
    as die maatslag, die begin van die musikale frase. Een, twee drie vier.
  • 1:50 - 1:52
    Maar in Wes-Afrika musiek word die "een"
  • 1:52 - 1:54
    gesien as die einde van die frase,
  • 1:54 - 1:56
    soos die punt aan die einde van ’n sin.
  • 1:56 - 1:58
    Mens kan dit nie net in die frasering hoor nie, maar ook in die manier wat die musiek afgetel word.
  • 1:58 - 2:01
    Twee drie vier, een.
  • 2:01 - 2:04
    En hierdie kaart is ook akkuraat.
  • 2:04 - 2:06
    (Gelag)
  • 2:06 - 2:09
    Daar is ’n gesegde dat enige waarheid wat mens kan sê van Indië,
  • 2:09 - 2:11
    die teenoorgestelde ook waar is.
  • 2:11 - 2:13
    So laat ons nooit vergeet nie, by TED of elders,
  • 2:13 - 2:16
    dat vir enige briljante idee wat jy het of hoor,
  • 2:16 - 2:18
    die teenoorgestelde ook waar kan wees.
  • 2:18 - 2:20
    Dōmo arigatō gozaimashita. (Dankie.)
Title:
Vreemd, of net anders?
Speaker:
Derek Sivers
Description:

In twee minute wys Derek Sivers op onverwagse maniere dat daar dikwels ’n verborge aspek bestaan waar ons dit dalk nie verwag nie.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
02:21
Ingrid Lezar edited Afrikaans subtitles for Weird, or just different?
Christo Crafford added a translation

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions