Return to Video

Die gevaar van ’n enkele storie

  • 0:01 - 0:03
    Ek is ’n storieverteller.
  • 0:03 - 0:07
    Ek wil julle ’n paar
    persoonlike stories vertel
  • 0:07 - 0:11
    oor "die gevaar van die enkele storie".
  • 0:11 - 0:14
    Ek't op ’n universiteitskampus
    in oos-Nigerië grootgeword.
  • 0:14 - 0:17
    My ma sê ek't op twee begin lees,
  • 0:17 - 0:22
    alhoewel ek dink vier
    nader aan die waarheid is.
  • 0:22 - 0:24
    So ek was ’n vroeë leser
  • 0:24 - 0:28
    en ek't Britse en
    Amerikaanse kinderboeke gelees.
  • 0:28 - 0:30
    Ek was ook ’n vroeë skrywer.
  • 0:30 - 0:34
    Toe ek begin skryf,
    op omtrent sewe,
  • 0:34 - 0:36
    stories in potlood met krytillustrasies,
  • 0:36 - 0:40
    wat my arme ma móés lees,
  • 0:40 - 0:43
    skryf ek presies die tipe stories
    wat ek gelees het:
  • 0:43 - 0:48
    Al my karakters was wit met blou oë,
  • 0:48 - 0:50
    hulle't in die sneeu gespeel,
  • 0:50 - 0:52
    hulle't appels geëet
  • 0:52 - 0:54
    (Gelag)
  • 0:54 - 0:56
    en hulle't baie oor die weer gepraat,
  • 0:56 - 0:59
    hoe lieflik dit was,
    dat die son uitgekom het.
  • 0:59 - 1:01
    (Gelag)
  • 1:01 - 1:04
    Ondanks die feit
    dat ek in Nigerië gewoon het.
  • 1:04 - 1:07
    Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie.
  • 1:07 - 1:09
    Ons't niks sneeu gehad nie,
  • 1:09 - 1:11
    ons het mangoes geëet,
  • 1:11 - 1:12
    en ons't nooit oor die weer gepraat nie,
  • 1:12 - 1:14
    want dit was onnodig.
  • 1:14 - 1:17
    My karakters het ook
    baie gemmerbier gedrink,
  • 1:17 - 1:21
    want die karakters in die Britse boeke
    het gemmerbier gedrink.
  • 1:21 - 1:25
    Ongeag dat ek g'n benul
    van gemmerbier gehad het nie.
  • 1:25 - 1:26
    (Gelag)
  • 1:26 - 1:27
    En vir baie jare daarna
  • 1:27 - 1:31
    sou ek ’n brandende begeerte hê
    om gemmerbier te proe.
  • 1:31 - 1:32
    Maar dis ’n ander storie.
  • 1:32 - 1:35
    Wat hierdie wys, dink ek,
  • 1:35 - 1:37
    is hoe ontvanklik en vatbaar ons is
  • 1:37 - 1:39
    met ’n storie voor oë,
  • 1:39 - 1:42
    veral as kinders.
  • 1:42 - 1:46
    Omdat ek nét boeke gelees het
    waarin karakters anders was,
  • 1:46 - 1:47
    was ek oortuig
  • 1:47 - 1:51
    dat boeke vanselfsprekend
    vreemdelinge moes in hê
  • 1:51 - 1:55
    en oor dinge moes gaan
    waarmee ek nie kon identifiseer nie.
  • 1:56 - 1:59
    Dinge het verander
    toe ek Afrikaboeke ontdek het.
  • 1:59 - 2:01
    Daar was nie veel beskikbaar nie
  • 2:01 - 2:04
    en hulle was nie so verkrygbaar
    soos die buitelandse boeke nie.
  • 2:04 - 2:07
    Maar dank skrywers
    soos Chinua Achebe en Camara Laye,
  • 2:07 - 2:11
    het ek ’n sielsverskuiwing
    in my begrip van letterkunde beleef.
  • 2:11 - 2:13
    Ek het besef dat mense soos ek,
  • 2:13 - 2:16
    meisies met vel die kleur van sjokolade,
  • 2:16 - 2:19
    wie se kroes hare
    nie kon poniesterte maak nie,
  • 2:19 - 2:21
    ook in literatuur kon bestaan.
  • 2:21 - 2:25
    Ek't oor vertroude dinge begin skryf.
  • 2:25 - 2:28
    Ek was wel versot op
    die Amerikaanse en Britse boeke.
  • 2:28 - 2:32
    Hulle't my verbeelding aangegryp,
    vir my nuwe wêrelde oopgemaak.
  • 2:32 - 2:34
    Maar die gevolg was per abuis
  • 2:34 - 2:36
    dat ek nie geweet het mense soos ek
  • 2:36 - 2:39
    kon in literatuur bestaan nie.
  • 2:39 - 2:42
    So die ontdekking van Afrikaskrywers
  • 2:42 - 2:47
    het my gered van 'n enkele storie hê
    oor wat boeke in wese is.
  • 2:47 - 2:50
    Ek was uit ’n gewone,
    middelklas Nigeriese gesin.
  • 2:50 - 2:53
    My pa was ’n professor.
  • 2:53 - 2:56
    My ma was ’n administratiewe beampte.
  • 2:56 - 2:59
    En, soos die norm was,
  • 2:59 - 3:03
    het ons inwoon-huishulpe gehad,
    wat van nabye dorpies af gekom het.
  • 3:03 - 3:07
    Die jaar wat ek agt geword het,
    het ons ’n nuwe huisknaap gekry.
  • 3:07 - 3:10
    Sy naam was Fide.
  • 3:10 - 3:15
    My ma het ons net een ding oor hom vertel:
    sy familie was baie arm.
  • 3:15 - 3:20
    My ma het jamswortels en rys
    en ons ou klere na sy familie toe gestuur.
  • 3:20 - 3:23
    As ek nie my aandete opgeëet het nie,
    sou sy sê:
  • 3:23 - 3:27
    "Eet jou kos! Weet jy dan nie?
    Mense soos Fide se familie het niks nie."
  • 3:27 - 3:32
    So ek was baie jammer vir Fide se familie.
  • 3:32 - 3:35
    Toe een Saterdag
    gaan ons na sy dorpie op besoek,
  • 3:35 - 3:38
    en sy ma wys vir ons
    ’n pragtige gepatroonde mandjie
  • 3:38 - 3:41
    gemaak van gekleurde raffia,
    wat sy broer gemaak het.
  • 3:41 - 3:43
    Ek was verbaas.
  • 3:43 - 3:46
    Ek't nie besef dat iemand in sy familie
  • 3:46 - 3:49
    sowaar iets kon máák nie.
  • 3:49 - 3:52
    Al wat ek van hulle gehoor het,
    was hoe arm hulle was,
  • 3:52 - 3:57
    sodat dit vir my onmoontlik geword het
    om hulle as enigiets buiten arm te sien.
  • 3:57 - 4:01
    Hulle armoede
    was my enkele storie oor hulle.
  • 4:01 - 4:04
    Ek't later hieroor gedink
    toe ek weg is uit Nigerië
  • 4:04 - 4:06
    om universiteit toe te gaan in die VSA.
  • 4:06 - 4:08
    Ek was 19.
  • 4:08 - 4:12
    My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok.
  • 4:12 - 4:16
    Sy't my gevra waar ek so goed
    Engels leer praat het
  • 4:16 - 4:18
    en was verward toe ek sê
  • 4:18 - 4:22
    dat Engels toevallig genoeg
    die amptelike taal van Nigerië is.
  • 4:22 - 4:26
    Sy't gevra om na
    my "tribal music" te luister
  • 4:26 - 4:28
    en was gevolglik baie teleurgesteld
  • 4:28 - 4:31
    toe ek my Mariah Carey-kasset uithaal.
  • 4:31 - 4:33
    (Gelag)
  • 4:33 - 4:38
    Sy't aangeneem dat ek nie weet
    hoe om ’n stoof te gebruik nie.
  • 4:38 - 4:39
    Dít het my getref:
  • 4:39 - 4:43
    Sy't my al bejammer
    nog voor sy my gesien het.
  • 4:43 - 4:46
    Haar verstekposisie teenoor my,
    as ’n Afrikaan,
  • 4:46 - 4:50
    was ’n soort neerbuigende,
    goed-bedoelde jammerhartigheid.
  • 4:50 - 4:54
    My kamermaat het
    ’n enkele Afrikastorie gehad:
  • 4:54 - 4:57
    ’n enkele storie oor katastrofe.
  • 4:57 - 4:59
    In dié enkele storie
  • 4:59 - 5:02
    kon Afrikane geensins soos sy wees nie,
  • 5:02 - 5:05
    was daar geen gevoelens
    meer kompleks as bejammering nie
  • 5:05 - 5:09
    en geen moontlikheid van ’n verbinding
    as gelyke mense nie.
  • 5:09 - 5:11
    Voor ek VSA toe is,
  • 5:11 - 5:14
    het ek nie bewustelik geïdentifiseer
    as ’n Afrikaan nie.
  • 5:14 - 5:17
    Maar as Afrika ter sprake was,
    het almal na my gekyk.
  • 5:17 - 5:21
    Ondanks dat ek niks geweet het
    oor plekke soos Namibië nie.
  • 5:21 - 5:23
    Ek't op die ou end
    dié nuwe identiteit aangeneem,
  • 5:23 - 5:26
    en op baie maniere
    dink ek nou aan myself as Afrikaan.
  • 5:26 - 5:30
    Dit ontstem my wel steeds
    wanneer Afrika as ’n land beskou word,
  • 5:30 - 5:34
    die mees onlangse voorbeeld
    was op my andersins wonderlike vlug,
  • 5:34 - 5:36
    vanaf Lagos twee dae gelede,
  • 5:36 - 5:40
    met die Virgin-aankondiging
    oor hulle liefdadigheidswerk
  • 5:40 - 5:43
    in "Indië, Afrika en ander lande".
  • 5:43 - 5:45
    (Gelag)
  • 5:45 - 5:48
    So na ek ’n paar jaar in die VSA
    as ’n Afrikaan spandeer het,
  • 5:48 - 5:52
    het ek my kamermaat se reaksie
    teenoor my begin verstaan.
  • 5:52 - 5:55
    As ek nie in Nigerië grootgeword het nie,
  • 5:55 - 5:58
    en as my Afrikakennis
    uit alledaagse beelde gekom het,
  • 5:58 - 5:59
    sou ek ook dink
  • 5:59 - 6:04
    dat Afrika ’n plek
    van pragtige landskappe, mooi diere,
  • 6:04 - 6:06
    en onverstaanbare mense is,
  • 6:06 - 6:10
    aan't oorlogvoer,
    sterwend van armoede of VIGS,
  • 6:10 - 6:12
    nie in staat daartoe
    om vir hulleself te praat nie
  • 6:12 - 6:17
    en wagtend om verlossing
    deur ’n gawe, wit vreemdeling.
  • 6:17 - 6:21
    Ek sou Afrikane sien
    net soos ek, as kind,
  • 6:21 - 6:23
    Fide se familie gesien het.
  • 6:23 - 6:28
    Dié enkele storie oor Afrika
    kom uit Westerse literatuur.
  • 6:28 - 6:32
    Hier's ’n aanhaling uit die skrywe
    van ’n Londonse handelaar, John Lok,
  • 6:32 - 6:36
    wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het
  • 6:36 - 6:40
    en ’n boeiende reisverslag gehou het.
  • 6:40 - 6:44
    Nadat hy na die swart Afrikane
    as "gediertes sonder huise," verwys,
  • 6:44 - 6:48
    skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe,
  • 6:48 - 6:53
    met hul monde en oë in hulle borste."
  • 6:53 - 6:55
    Ek lag elke keer wat ek dit lees.
  • 6:55 - 6:59
    En ’n mens moet sy verbeelding bewonder.
  • 6:59 - 7:00
    Maar belangrik
  • 7:00 - 7:02
    is dat sy skryfwerk
  • 7:02 - 7:06
    die begin van ’n verteltradisie van Afrikastories
    in die Weste verteenwoordig:
  • 7:06 - 7:10
    ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika
    as ’n plek van negatiewes,
  • 7:10 - 7:12
    van andersheid, van donkerte,
  • 7:12 - 7:17
    van mense wat, in die woorde van
    die wonderlike digter, Rudyard Kipling,
  • 7:17 - 7:20
    "halfduiwel, halfkind" is.
  • 7:20 - 7:23
    En so't ek begin besef
    dat my Amerikaanse kamermaat
  • 7:23 - 7:25
    haar hele lewe lank
  • 7:25 - 7:29
    verskillende weergawes van hierdie
    enkele storie moes gesien en gehoor het.
  • 7:29 - 7:32
    So ook ’n professor,
    wat op ’n keer vir my gesê het
  • 7:32 - 7:36
    dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie.
  • 7:36 - 7:38
    Ek was bereid om aan te voer
  • 7:38 - 7:41
    dat daar heelwat dinge
    met die roman verkeerd was,
  • 7:41 - 7:44
    dat dit op vele punte misluk het,
  • 7:44 - 7:46
    maar ek het nie kon droom
  • 7:46 - 7:49
    dat dit die kastige "eg aan Afrika" paal
    nie gehaal het nie.
  • 7:49 - 7:54
    Ek het inderwaarheid nie geweet
    wat Afrika-egtheid was nie.
  • 7:54 - 7:59
    Die professor het my meegedeel
    dat my karakters te veel soos hy was,
  • 7:59 - 8:01
    ’n opgevoede, middelklas man.
  • 8:01 - 8:03
    My karakters het motors bestuur.
  • 8:03 - 8:05
    Hulle't nie van honger vergaan nie.
  • 8:05 - 8:09
    Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie.
  • 8:09 - 8:10
    Maar ek moet byvoeg
  • 8:10 - 8:15
    dat ek net so skuldig is
    aan die enkele storie kwessie.
  • 8:15 - 8:19
    Ek't ’n paar jaar gelede Meksiko besoek
    uit die VSA.
  • 8:19 - 8:22
    Die politieke klimaat in die VSA
    was gespanne,
  • 8:22 - 8:25
    en debatte oor immigrasie het geheers.
  • 8:25 - 8:27
    En, soos dit baie in Amerika gebeur,
  • 8:27 - 8:31
    het immigrasie
    sinoniem met Meksikane geword.
  • 8:31 - 8:33
    Daar was eindelose stories oor Meksikane
  • 8:33 - 8:37
    wat die gesondheidstelsel kaal uittrek,
  • 8:37 - 8:38
    oor die grens sluip,
  • 8:38 - 8:42
    by die grens gearresteer word,
    daai soort ding.
  • 8:42 - 8:46
    Ek't op my eerste dag
    in Guadalajara rondgeloop,
  • 8:46 - 8:49
    gekyk hoe die mense werk toe gaan,
  • 8:49 - 8:51
    by die markplein hulle tortillas oprol,
  • 8:51 - 8:53
    aan't rook en lag.
  • 8:53 - 8:56
    Ek onthou dat ek eers effens verras was.
  • 8:56 - 8:59
    En toe was ek van skaamte oorkom.
  • 8:59 - 9:04
    Ek't besef dat ek so verdiep was
    in die mediadekking oor Meksikane
  • 9:04 - 9:06
    dat hulle een ding in my kop geword het:
  • 9:06 - 9:09
    die ellendige immigrant.
  • 9:09 - 9:11
    Ek't geval vir die enkele storie oor Meksikane
  • 9:11 - 9:14
    en ek kon nie méér skaam kry nie.
  • 9:14 - 9:17
    So dis hoe om ’n enkele storie te skep,
  • 9:17 - 9:19
    ’n volk te wys as een ding,
  • 9:19 - 9:21
    slegs een ding,
  • 9:21 - 9:23
    oor en oor,
  • 9:23 - 9:26
    en dis wat hulle dan word.
  • 9:26 - 9:28
    Dis onmoontlik
    om die enkele storie te bespreek,
  • 9:28 - 9:32
    sonder om mag aan te raak.
  • 9:32 - 9:34
    Daar's ’n Igbo woord,
  • 9:34 - 9:37
    waaroor ek dink as ek
    oor die wêreld se magstrukture dink,
  • 9:37 - 9:39
    en dis: "nkali."
  • 9:39 - 9:44
    Dis ’n selfstandige naamword, losweg vertaal:
    "om groter as ’n ander te wees".
  • 9:44 - 9:47
    Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde,
  • 9:47 - 9:51
    word stories ook bepaal
    deur die beginsel van nkali:
  • 9:51 - 9:53
    Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel,
  • 9:53 - 9:56
    wanneer hulle vertel word,
    hoeveel vertel word,
  • 9:56 - 10:00
    is alles regtig afhanklik van mag.
  • 10:00 - 10:03
    Mag is die vermoë
    om ’n ander se storie te vertel
  • 10:03 - 10:07
    én om dit die beslissende storie
    van dié persoon te maak.
  • 10:07 - 10:10
    Die Palestynse digter
    Mourid Barghouti skryf
  • 10:10 - 10:12
    dat as jy ’n volk wil ontvreem,
  • 10:12 - 10:14
    is die eenvoudigste manier
  • 10:14 - 10:19
    om hulle storie te begin vertel
    met "tweedens."
  • 10:19 - 10:23
    Begin die storie met
    die Amerikaanse inboorlinge se pyle,
  • 10:23 - 10:25
    en nié met die Britte se aankoms nie,
  • 10:25 - 10:28
    en dan het jy ’n heeltemal ander storie.
  • 10:28 - 10:32
    Begin met
    die mislukking van die Afrikastaat,
  • 10:32 - 10:36
    en nié met die koloniale skepping
    van die Afrikastaat nie,
  • 10:36 - 10:40
    en dan het jy ’n heeltemal ander storie.
  • 10:40 - 10:43
    Ek't onlangs by ’n universiteit gepraat
  • 10:43 - 10:46
    waar ’n student vir my gesê het
    dat dit só jammer is
  • 10:46 - 10:49
    dat Nigeriese mans mishandelaars is,
  • 10:49 - 10:52
    soos die vaderfiguur in my roman.
  • 10:52 - 10:56
    Ek't vir hom gesê dat ek pas die roman
    "American Psycho" gelees het --
  • 10:56 - 10:58
    (Gelag)
  • 10:58 - 11:00
    -- en dat dit só jammer is
  • 11:00 - 11:04
    dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is.
  • 11:04 - 11:07
    (Gelag)
  • 11:07 - 11:13
    (Applous)
  • 11:13 - 11:16
    Natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê.
  • 11:16 - 11:18
    (Gelag)
  • 11:18 - 11:20
    Maar ek sou nooit kon dink
  • 11:20 - 11:24
    dat 'n reeksmoordenaar-karakter
    in 'n roman
  • 11:24 - 11:28
    álle Amerikaners verteenwoordig nie.
  • 11:28 - 11:32
    Dis nie omdat ek ’n beter mens
    as daai student is nie,
  • 11:32 - 11:35
    maar eerder as gevolg van
    Amerika se kulturele en ekonomiese mag,
  • 11:35 - 11:36
    dat ek baie stories oor Amerika het.
  • 11:36 - 11:40
    Ek het al Tyler en Updike
    en Steinbeck en Gaitskill gelees.
  • 11:40 - 11:44
    Ek't nie ’n enkele storie
    oor Amerika gehad nie.
  • 11:44 - 11:45
    Toe ek gehoor het
  • 11:45 - 11:50
    dat daar van skrywers verwag word
    om ongelukkige kinderjare te gehad het
  • 11:50 - 11:52
    om suksesvol te wees,
  • 11:52 - 11:57
    het ek begin dink hoe ek aaklige goed
    wat my ouers my aangedoen het, kon opmaak.
  • 11:57 - 11:58
    (Gelag)
  • 11:58 - 12:02
    Maar om die waarheid te sê,
    het ek gelukkige kinderjare gehad,
  • 12:02 - 12:05
    vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin.
  • 12:05 - 12:09
    Maar ek't ook oupas gehad
    wat in vlugtelingkampe dood is.
  • 12:09 - 12:13
    My nefie Polle is dood
    omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie.
  • 12:13 - 12:16
    Een van my beste maats, Okoloma,
    is dood in ’n vliegtuigongeluk
  • 12:16 - 12:20
    omdat ons brandweerwaens
    nie water gehad het nie.
  • 12:20 - 12:22
    Ek't onder verdrukkende
    militêre regerings grootgeword
  • 12:22 - 12:24
    wat opvoeding van waarde beroof het,
  • 12:24 - 12:27
    sodat my ouers soms
    nie hulle salarisse betaal is nie.
  • 12:27 - 12:31
    En so, as ’n kind, het ek gesien
    hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn,
  • 12:31 - 12:34
    toe margarien,
  • 12:34 - 12:36
    toe het brood te duur geword,
  • 12:36 - 12:39
    toe is melk op rantsoen gesit.
  • 12:39 - 12:43
    En meeste van alles,
    het ’n soort genormaliseerde politieke vrees
  • 12:43 - 12:46
    ons lewens binnegedring.
  • 12:46 - 12:49
    Al hierdie stories maak my wie ek is.
  • 12:49 - 12:52
    Maar om slegs op
    die negatiewe stories aan te dring,
  • 12:52 - 12:55
    is om my ervaring af te plat
  • 12:55 - 13:00
    en baie van die stories wat my gevorm het,
    oor die hoof te sien.
  • 13:00 - 13:03
    Die enkele storie skep stereotipes,
  • 13:03 - 13:07
    en die probleem met stereotipes,
    is nie dat hulle onwaar is nie,
  • 13:07 - 13:09
    maar dat hulle onvolledig is.
  • 13:09 - 13:13
    Hulle maak een storie die enigste storie.
  • 13:13 - 13:16
    Ja, Afrika ís ’n vasteland vol katastrofes:
  • 13:16 - 13:19
    Grotes, soos
    die skokkende verkragtings in Kongo
  • 13:19 - 13:21
    en ontmoedigendes,
  • 13:21 - 13:26
    soos dat 5000 mense vir een vakante pos
    in Nigerië aansoek doen.
  • 13:26 - 13:30
    Maar daar is onrampspoedige stories
  • 13:30 - 13:34
    en dis nét so belangrik om hulle te noem.
  • 13:34 - 13:36
    Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik
  • 13:36 - 13:39
    om ordentlik aan ’n plek of persoon
    mee te doen
  • 13:39 - 13:43
    sonder om in ál die stories
    van daardie plek of persoon te deel.
  • 13:43 - 13:46
    Die gevolg van die enkele storie
  • 13:46 - 13:49
    is dat dit mense van waardigheid beroof.
  • 13:49 - 13:52
    Dit maak erkenning
    van ons gelyke menslikheid moeilik.
  • 13:52 - 13:57
    Dit beklemtoon ons verskille
    eerder as ons ooreenkomste.
  • 13:57 - 14:00
    So wat as ek voor my Meksikaanse toer
  • 14:00 - 14:03
    albei kante van die
    immigrasiedebat gevolg het,
  • 14:03 - 14:05
    die Amerikaanse en die Meksikaanse?
  • 14:05 - 14:07
    Wat as my ma vir ons gesê het
  • 14:07 - 14:11
    dat Fide se familie arm
    én hardwerkend is?
  • 14:11 - 14:14
    Wat as ons
    ’n Afrika-televisienetwerk gehad het
  • 14:14 - 14:17
    wat uiteenlopende Afrikastories
    regoor die wêreld uitsaai?
  • 14:17 - 14:22
    Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe
    "’n balans van stories" noem.
  • 14:22 - 14:25
    Wat as my kamermaat kon weet
    van my Nigeriese uitgewer,
  • 14:25 - 14:27
    Muhtar Bakare,
  • 14:27 - 14:29
    ’n merkwaardige man
    wat sy werk by ’n bank gelos het
  • 14:29 - 14:32
    om sy droom te volg
    en ’n uitgewery te begin?
  • 14:32 - 14:36
    Die staande opvatting was
    dat Nigeriërs nie literatuur lees nie.
  • 14:36 - 14:37
    Hy't verskil.
  • 14:37 - 14:41
    Hy't gedink
    mense wat kon lees, sou lees,
  • 14:41 - 14:45
    mits literatuur bekostigbaar
    en beskikbaar was.
  • 14:45 - 14:47
    Kort na hy my eerste roman uitgegee het,
  • 14:47 - 14:50
    was ek by ’n TV-ateljee
    in Lagos vir ’n onderhoud,
  • 14:50 - 14:53
    en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het,
    het vir my kom sê:
  • 14:53 - 14:56
    "Ek't baie van jou roman gehou,
    behalwe die einde.
  • 14:56 - 15:01
    "Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf,
    en wat moet gebeur is ..."
  • 15:01 - 15:02
    (Gelag)
  • 15:02 - 15:06
    En sy't toe vir my vertel
    wat om in die vervolgstuk te skryf.
  • 15:06 - 15:08
    Ek was nie net bekoor nie,
    ek was ook diep geroer.
  • 15:08 - 15:11
    Hier was ’n vrou,
    soos baie gewone Nigeriërs,
  • 15:11 - 15:14
    wat nie veronderstel was
    om 'n leser te wees nie.
  • 15:14 - 15:16
    Sy't nie net die boek gelees nie,
  • 15:16 - 15:18
    sy't dit ook aangeneem
  • 15:18 - 15:22
    en geregverdig gevoel
    in haar instruksies vir die vervolgstuk.
  • 15:22 - 15:25
    So wat as my kamermaat kon weet
    van my vriendin Funmi Iyanda,
  • 15:25 - 15:29
    ’n vreeslose Lagos TV-aanbieder,
  • 15:29 - 15:32
    vasberade om die stories
    wat ons verkies om te vergeet, te vertel?
  • 15:32 - 15:34
    Wat as my kamermaat kon weet
  • 15:34 - 15:39
    van die hartoperasie wat verlede week
    in ’n Lagos-hospitaal uitgevoer is?
  • 15:39 - 15:40
    Wat as sy kon weet
  • 15:40 - 15:42
    van hedendaagse Nigeriese musiek,
  • 15:42 - 15:44
    talentvolle mense wat sing
  • 15:44 - 15:48
    in Engels en Pidgin
    en Igbo en Joroeba en Ijo,
  • 15:48 - 15:51
    terwyl hulle invloede van Jay-Z en Fela
  • 15:51 - 15:54
    tot Bob Marley en hulle oupas meng.
  • 15:54 - 15:56
    Wat as sy kon weet
  • 15:56 - 15:57
    van die vroulike prokureur
  • 15:57 - 16:01
    wat onlangs in Nigerië hof toe is
    om ’n belaglike wet te betwis
  • 16:01 - 16:04
    wat vereis dat vroue
    hulle mans se toestemming kry
  • 16:04 - 16:06
    voor hulle hul paspoorte hernu?
  • 16:06 - 16:09
    Was as sy kon weet van Nollywood,
  • 16:09 - 16:14
    vol innoverende mense wat films maak
    ten spyte van groot tegniese uitdagings,
  • 16:14 - 16:15
    sulke gewilde films,
  • 16:15 - 16:20
    perfekte voorbeelde van Nigeriërs
    wat verbruik wat hulle self skep?
  • 16:20 - 16:24
    Wat as sy kon weet
    van my vooruitstrewende haarvlegter,
  • 16:24 - 16:27
    met haar eie nuwe besigheid
    vir die verkoop van haarverlengings?
  • 16:27 - 16:32
    Of van die miljoene Nigeriërs
    wat besighede begin wat soms misluk,
  • 16:32 - 16:35
    maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek?
  • 16:35 - 16:36
    Elke keer wat ek tuis is,
  • 16:36 - 16:40
    sien ek ook meeste Nigeriërs
    se bronne van irritasie:
  • 16:40 - 16:44
    ons mislukte infrastruktuur,
    ons mislukte regering,
  • 16:44 - 16:46
    maar ek sien ook
    die ongelooflike taaiheid
  • 16:46 - 16:49
    van mense wat floreer
    ten spyte van die regering,
  • 16:49 - 16:52
    eerder as gevolg daarvan.
  • 16:52 - 16:54
    Ek bied elke somer
    skryfwerkswinkels in Lagos aan,
  • 16:54 - 16:57
    en dis indrukwekkend
    hoeveel mense aansoek doen,
  • 16:57 - 17:00
    hoeveel gretig is om te skryf,
  • 17:00 - 17:02
    om stories te vertel.
  • 17:02 - 17:06
    Ek en my Nigeriese uitgewer
    het onlangs die Farafina Trust --
  • 17:06 - 17:08
    sonder winsbejag -- begin,
  • 17:08 - 17:10
    en ons het groot drome van biblioteke bou
  • 17:10 - 17:13
    en bestaande biblioteke opknap
  • 17:13 - 17:15
    en boeke verskaf aan staatskole
  • 17:15 - 17:17
    wat niks in hulle biblioteke het nie,
  • 17:17 - 17:20
    en ook van tonne werkswinkels organiseer,
  • 17:20 - 17:21
    in lees en skryf,
  • 17:21 - 17:25
    vir al die mense wat gretig is
    om ons baie stories te vertel.
  • 17:25 - 17:26
    Stories maak saak.
  • 17:26 - 17:28
    Baie stories maak saak.
  • 17:28 - 17:32
    Stories is al gebruik
    om te ontvreem en te belaster,
  • 17:32 - 17:37
    maar stories kan ook gebruik word
    om te bemagtig en te vermenslik.
  • 17:37 - 17:39
    Stories kan ’n volk se waardigheid breek,
  • 17:39 - 17:43
    maar stories kan ook
    hulle gebreekte waardigheid heelmaak.
  • 17:44 - 17:46
    Die Amerikaanse skrywer
    Alice Walker het geskryf
  • 17:46 - 17:50
    oor haar suiderlingfamilielede
    wat na die Noorde getrek het.
  • 17:50 - 17:52
    Oor hoe sy hulle aan ’n boek
  • 17:52 - 17:56
    oor die suiderlinglewe
    wat hulle agtergelaat het, voorgestel het:
  • 17:56 - 17:59
    "Hulle't rondgesit, die boek self gelees,
  • 17:59 - 18:02
    "geluister na hoe ek die boek lees,
  • 18:02 - 18:05
    "en ’n paradys van soorte is herwin."
  • 18:06 - 18:09
    Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit:
  • 18:09 - 18:11
    Dat wanneer ons die enkele storie verwerp,
  • 18:11 - 18:14
    wanneer ons besef
    dat daar nooit ’n enkele storie
  • 18:14 - 18:17
    oor enige plek is nie,
  • 18:17 - 18:19
    herwin ons ’n soort paradys.
  • 18:19 - 18:20
    Dankie.
  • 18:21 - 18:25
    (Applous)
Title:
Die gevaar van ’n enkele storie
Speaker:
Chimamanda Ngozi Adichie
Description:

Ons lewens, ons kulture, word uit baie oorvleulende stories opgemaak. Romanskrywer Chimamanda Adichie vertel die storie van hoe sy haar outentieke kulturele stem gevind het -- en waarsku ons dat as ons ’n enkele storie oor ’n ander persoon of land hoor, ons ’n kritiese misverstand waag.

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
18:29

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions