YouTube

Got a YouTube account?

New: enable viewer-created translations and captions on your YouTube channel!

Afrikaans subtitles

← Lewenslesse deur knutselwerk

Get Embed Code
42 Languages

Showing Revision 2 created 08/11/2017 by Ingrid Lezar.

  1. Hierdie is die einste oomblik
    wat ek ’n Knutselwerkskool begin skep het.

  2. Teks: Is dit 'n stok? Jy ken die
    reël oor met stokke speel
    --ouer aan kind
  3. Knutselwerkskool is ’n plek
    waar kinders stokke, hammers

  4. en ander gevaarlike voorwerpe kan optel,
  5. en vertrou kan word.
  6. Vertrou word om nie hulleself
  7. of ander seer te maak nie.
  8. Knutselwerkskool volg nie
    ’n vasgestelde kurrikulum nie
  9. en daar is geen toetse nie.
  10. Ons probeer nie om iemand
    een spesifieke ding te leer nie.
  11. Wanneer die kinders aankom,

  12. word hulle gekonfronteer met baie goeters,
  13. hout en spykers en tou en wiele,
  14. en baie regte egte gereedskap.
  15. Dis ’n ses-dae lange ervaring
    waarin die kinders hulself kan verdiep.
  16. En binne dié konteks kan ons
    vir die kinders tyd bied.
  17. Iets wat oënskynlik skaars is
  18. in hulle oorvol lewens.
  19. Ons doelwit is om te
    verseker dat hulle weggaan
  20. met ’n beter idee van hoe om goed te maak
  21. as toe hulle aangekom het,
  22. en die diepe gewaarwording
  23. dat ’n mens dinge kan
    baasraak deur rond te speel.
  24. Niks draai ooit uit soos beplan nie.

  25. Nooit ooit nie.
  26. (Gelag)
  27. En die kinders leer vinnig
  28. dat alle projekte skeefloop --
  29. (Gelag)
  30. en word gerus met die idee
    dat elke tree in ’n projek,
  31. ’n tree nader is aan

  32. soete sukses
  33. of vrolike rampspoed.
  34. Ons begin met krabbels en sketse.
  35. En partykeer maak ons regte planne.
  36. En soms begin ons sommer net bou.
  37. Bou is ’n kerndeel van die ervaring:
  38. prakties, in dit verdiep
  39. en ten volle betrokke by
    die taak voor hulle.
  40. Robin en ek tree op as medewerkers,
  41. en ons hou die landskap van die projekte
  42. gekantel na voltooiing.
  43. Sukses is in die doenwerk
  44. en mislukkings word gevier en geanaliseer.
  45. Probleme word raaisels
  46. en hindernisse verdwyn.
  47. Wanneer ’n besonder moeilike
    terugslag of kompleksiteit opduik,

  48. kom ’n baie interessante gedrag na vore:
  49. versiering.
  50. (Gelag)
  51. Die versiering van die onvoltooide projek
  52. is ’n soort konseptuele inkubasie.
  53. In die tussentyd kom diep insigte na vore
  54. en ongelooflike nuwe benaderings
    tot die oplossing van probleme
  55. wat hulle net oomblike
    van te vore frustreer het.
  56. Alle materiale is beskikbaar vir gebruik.

  57. Selfs daardie vervelige,
    vieslike plastiekinkopiesakke
  58. kan ’n brug word,
  59. sterker as wat enigiemand kon dink.
  60. En die dinge wat hulle bou,
  61. verbaas selfs hulleself.
  62. Video: Drie, twee, een, GAAN!

  63. Gever Tulley: ’n Tuimeltrein
    gebou deur sewe-jariges.

  64. Video: Jippie!

  65. (Applous)
  66. GT: Dankie. Dit was ’n groot plesier.

  67. (Applous)