Return to Video

Versmoor skole kreatiwiteit?

  • 0:02 - 0:05
    Goeie môre. Hoe gaan dit?
  • 0:05 - 0:06
    (Gelag)
  • 0:06 - 0:09
    Dis fantasties sover, of hoe?
  • 0:09 - 0:11
    Die hele ding het my stomgeslaan.
  • 0:11 - 0:13
    Eintlik is ek op pad.
  • 0:13 - 0:15
    (Gelag)
  • 0:18 - 0:20
    Daar was drie temas sover,
  • 0:20 - 0:24
    deur die konferensie,
    wat betrekking het op my praatjie.
  • 0:24 - 0:28
    Een is die ongelooflike bewyse
    van menslike kreatiwiteit
  • 0:28 - 0:31
    in al die aanbiedings
  • 0:31 - 0:33
    en in al die mense hier.
  • 0:33 - 0:36
    Net die blote verskeidenheid
    en omvang daarvan.
  • 0:36 - 0:39
    Tweedens is ons op ’n plek
  • 0:39 - 0:41
    waar ons geen idee het
    wat gaan gebeur nie,
  • 0:41 - 0:43
    ten opsigte van die toekoms.
  • 0:43 - 0:45
    Geen idee hoe dinge dalk sal verloop nie.
  • 0:45 - 0:47
    Ek't ’n belang by opvoedkunde.
  • 0:47 - 0:51
    Eintlik het ons almal
    ’n belang by opvoedkunde.
  • 0:51 - 0:53
    Het julle nie?
  • 0:53 - 0:54
    Dis baie interessant.
  • 0:54 - 0:56
    As jy by ’n ete is,
  • 0:56 - 0:58
    en jy sê jy werk in opvoedkunde --
  • 0:58 - 1:03
    eintlik, om die waarheid te sê,
    is jy nie gereeld by etes nie.
  • 1:03 - 1:05
    (Gelag)
  • 1:05 - 1:08
    As jy in opvoedkunde werk,
    word jy nie genooi nie.
  • 1:08 - 1:10
    (Gelag)
  • 1:10 - 1:14
    En jy word nooit teruggenooi nie,
    snaaks genoeg. Dis vir my vreemd.
  • 1:14 - 1:17
    Maar as jy is, en iemand vra:
  • 1:17 - 1:18
    "Wat doen jy vir ’n lewe?"
  • 1:18 - 1:20
    en jy sê jy werk in opvoedkunde,
  • 1:20 - 1:22
    sien jy hoe hulle verbleek.
  • 1:22 - 1:25
    Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?"
  • 1:25 - 1:26
    (Gelag)
  • 1:26 - 1:29
    "My een aand uit hierdie hele week."
  • 1:29 - 1:30
    (Gelag)
  • 1:30 - 1:34
    Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding,
    druk hulle jou in ’n hoek vas.
  • 1:34 - 1:37
    Want dis een van daai dinge
    wat mense na aan die hart lê, is ek reg?
  • 1:37 - 1:41
    Soos geloof, en geld en ander dinge.
  • 1:42 - 1:45
    Ek't ’n groot belang by opvoedkunde
    en ek dink ons almal het --
  • 1:45 - 1:47
    ’n groot persoonlike belang --
  • 1:47 - 1:49
    deels omdat dit opvoeding is
  • 1:49 - 1:52
    wat ons in hierdie
    onbegryplike toekoms moet in neem.
  • 1:52 - 1:56
    Dink net,
    kinders wat dié jaar skool begin
  • 1:56 - 2:00
    tree af in 2065.
  • 2:00 - 2:02
    Niemand het ’n idee --
  • 2:02 - 2:06
    ten spyte van al die kennis
    wat die laaste vier dae hier vertoon is --
  • 2:06 - 2:08
    hoe die wêreld gaan lyk
    oor vyf jaar nie.
  • 2:08 - 2:10
    En tog moet ons
    hulle daarvoor opvoed.
  • 2:10 - 2:13
    So die onvoorspelbaarheid
    is ongelooflik.
  • 2:13 - 2:15
    En die derde deel is dat
  • 2:15 - 2:18
    ons almal nietemin saamgestem het
  • 2:18 - 2:22
    oor die werklik buitengewone kapasiteite
    wat kinders het --
  • 2:22 - 2:24
    hulle kapasiteite vir innovasie.
  • 2:24 - 2:27
    Sirena gisteraand was ongelooflik.
  • 2:27 - 2:29
    Net om te sien wat sy kan doen.
  • 2:29 - 2:34
    En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie
  • 2:34 - 2:37
    sy's uitsonderlik
    in die geheel van kindwees nie.
  • 2:37 - 2:39
    Sy's ’n buitengewoon toegewyde persoon
  • 2:39 - 2:41
    wat ’n talent gevind het.
  • 2:41 - 2:43
    Ek voer aan dat alle kinders
    geweldige talente het.
  • 2:43 - 2:46
    En ons vermors dit, nogal meedoënloos.
  • 2:46 - 2:48
    So ek wil praat oor opvoedkunde
  • 2:48 - 2:50
    en ek wil praat oor kreatiwiteit.
  • 2:50 - 2:56
    Kreatiwiteit is nou net so belangrik
    soos geletterheid in opvoeding
  • 2:56 - 3:00
    en ons moet dit dieselfde status toeken.
  • 3:00 - 3:02
    (Applous) Dankie.
  • 3:02 - 3:05
    (Applous)
  • 3:06 - 3:07
    Dit was dit, terloops.
  • 3:07 - 3:08
    Baie dankie.
  • 3:08 - 3:10
    (Gelag)
  • 3:10 - 3:12
    So, nog 15 minute.
  • 3:12 - 3:15
    (Gelag)
  • 3:15 - 3:17
    Wel, ek is gebore... nee.
  • 3:17 - 3:18
    (Gelag)
  • 3:20 - 3:22
    Ek't onlangs ’n storie gehoor --
    ek vertel dit graag --
  • 3:22 - 3:25
    van ’n dogtertjie in ’n tekenklas.
  • 3:25 - 3:27
    Sy was ses, agter in die klas,
    aan't teken,
  • 3:27 - 3:30
    en die juffrou het gesê
    dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie,
  • 3:30 - 3:32
    maar in dié tekenklas het sy.
  • 3:32 - 3:34
    Die juffrou was gefassineerd.
  • 3:34 - 3:36
    Sy't haar gaan vra:
    "Wat teken jy?"
  • 3:36 - 3:40
    Die kind sê toe:
    "Ek teken ’n prentjie van God."
  • 3:40 - 3:43
    En die juffrou sê:
    "Maar niemand weet hoe God lyk nie."
  • 3:43 - 3:46
    En die dogtertjie sê toe:
    "Hulle sal nou-nou."
  • 3:46 - 3:53
    (Gelag)
  • 3:57 - 3:59
    Toe my seun vier was in Engeland --
  • 3:59 - 4:02
    eintlik was hy eerlikwaar oral vier.
  • 4:02 - 4:03
    (Gelag)
  • 4:03 - 4:06
    Strenggesproke, waarookal hy gegaan het,
    was hy vier daai jaar.
  • 4:06 - 4:10
    Hy was in die Kersspel.
    Onthou julle die storie?
  • 4:10 - 4:11
    (Gelag)
  • 4:11 - 4:13
    Dit was ’n grote.
  • 4:13 - 4:15
    Mel Gibson het die opvolg gedoen.
  • 4:15 - 4:16
    (Gelag)
  • 4:16 - 4:18
    "Kersspel II."
  • 4:19 - 4:22
    James was Josef;
    ons was in ons noppies.
  • 4:22 - 4:25
    Een van die hoofrolle!
  • 4:25 - 4:27
    Ons't agente met T-hemde gehad:
  • 4:27 - 4:30
    "James Robinson IS Josef!" (Gelag)
  • 4:30 - 4:32
    Hy moes niks sê nie,
    maar julle weet mos,
  • 4:32 - 4:34
    wanneer die drie wyse manne inkom?
  • 4:34 - 4:36
    Hulle bring goud,
    wierook [frankincense] en mirre.
  • 4:36 - 4:38
    Dit het rêrig gebeur.
  • 4:38 - 4:40
    Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan,
  • 4:40 - 4:42
    want ons't die seuntjie later gevra:
  • 4:42 - 4:45
    "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê:
    "Ja. Was dit dan verkeerd?"
  • 4:45 - 4:46
    Hulle't net geruil.
  • 4:46 - 4:47
    Die drie seuns kom in --
  • 4:47 - 4:49
    vierjariges met vatdoeke om hulle koppe --
  • 4:49 - 4:51
    en hulle sit die bokse neer,
  • 4:51 - 4:53
    en die eerste een sê:
    "Ek bring vir U goud."
  • 4:53 - 4:56
    Die tweede een sê:
    "Ek bring vir U mirre."
  • 4:56 - 5:02
    En die derde een sê:
    "Frank sent this." (Gelag)
  • 5:03 - 5:06
    (Gelag)
  • 5:11 - 5:14
    Dit alles om te sê:
    kinders sal ’n kans vat.
  • 5:14 - 5:17
    As hulle nie weet nie, sal hulle probeer.
  • 5:17 - 5:21
    Nie waar nie? Hulle's nie bang
    om verkeerd te wees nie.
  • 5:21 - 5:25
    Ek bedoel nie dat verkeerd wees
    en kreatief wees dieselfde is nie.
  • 5:25 - 5:28
    Maar as jy nie bereid is
    om verkeerd te wees nie,
  • 5:28 - 5:31
    sal jy nooit
    iets oorspronklik uitdink nie --
  • 5:31 - 5:34
    as jy nie bereid is
    om verkeerd te wees nie.
  • 5:34 - 5:38
    Teen die tyd wat hulle groot is,
    het meeste kinders dié kapasiteit verloor.
  • 5:38 - 5:40
    Hulle word bang om verkeerd te wees.
  • 5:40 - 5:42
    En ons bestuur ons maatskappye so.
  • 5:42 - 5:43
    Ons stigmatiseer foute.
  • 5:43 - 5:46
    En nou bedryf ons
    nasionale opvoedingstelsels
  • 5:46 - 5:50
    waar foute die ergste ding is
    wat ’n mens kan maak.
  • 5:50 - 5:51
    En die gevolg is dat
  • 5:51 - 5:54
    ons mense uit
    hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed.
  • 5:54 - 5:59
    Picasso het gesê dat alle kinders
    gebore kunstenaars is.
  • 5:59 - 6:02
    Die probleem is om een te bly
    soos ons grootword.
  • 6:02 - 6:05
    Ek glo vas:
    Ons groei nie in kreatiwiteit in nie,
  • 6:05 - 6:07
    ons groei uit dit uit.
  • 6:07 - 6:10
    Of ons word uit dit uit opgevoed.
  • 6:10 - 6:12
    So hoekom is dit so?
  • 6:12 - 6:15
    Ek't tot vyf jaar gelede
    op Stratford-op-Avon gewoon.
  • 6:15 - 6:18
    Ons't van Stratford na Los Angeles getrek.
  • 6:18 - 6:21
    So julle kan julle indink
    wat ’n seepgladde oorgang dit was.
  • 6:21 - 6:22
    (Gelag)
  • 6:22 - 6:24
    Eintlik het ons in Snitterfield gewoon,
  • 6:24 - 6:26
    net buite Stratford,
  • 6:26 - 6:28
    en dis waar Shakespeare se pa gebore is.
  • 6:28 - 6:31
    Is julle getref deur ’n nuwe gedagte?
    Ek is.
  • 6:31 - 6:35
    Mens dink nie aan Shakespeare
    as iemand met ’n pa nie.
  • 6:35 - 6:37
    Want mens dink nie
    aan Shakespeare as ’n kind nie.
  • 6:37 - 6:39
    Shakespeare op sewe?
  • 6:39 - 6:40
    Nooit nie.
  • 6:40 - 6:42
    Hy was tog op ’n kol sewe.
  • 6:42 - 6:46
    In iemand se Engelse klas.
  • 6:46 - 6:49
    (Gelag)
  • 6:51 - 6:54
    Hoe irriterend moet dit nie wees nie?
  • 6:54 - 6:57
    (Gelag)
  • 7:00 - 7:02
    "Moet harder probeer."
  • 7:02 - 7:03
    (Gelag)
  • 7:06 - 7:10
    Word bed toe gestuur deur sy pa,
    "Klim in die bed, nou!
  • 7:10 - 7:12
    "Een sit neer daai potlood."
  • 7:12 - 7:12
    (Gelag)
  • 7:12 - 7:15
    "En hou op om so te praat."
  • 7:15 - 7:17
    (Gelag)
  • 7:17 - 7:20
    "Dit verwar almal."
  • 7:20 - 7:23
    (Gelag)
  • 7:24 - 7:30
    In elk geval, ons't getrek
    van Statford na Los Angeles,
  • 7:30 - 7:32
    en ek wil net iets sê oor die oorgang.
  • 7:32 - 7:33
    My seun wou nie kom nie.
  • 7:33 - 7:36
    Ek't twee kinders.
    Hy's nou 21; my dogter is 16.
  • 7:36 - 7:38
    Hy wou nie Los Angeles toe kom nie.
  • 7:38 - 7:42
    Hy was mal daaroor,
    maar hy't ’n meisie in Engeland gehad.
  • 7:42 - 7:45
    Die liefde van sy lewe, Sarah.
  • 7:45 - 7:47
    Hy't haar al ’n maand geken.
  • 7:47 - 7:48
    (Gelag)
  • 7:48 - 7:51
    Maar hulle't al vier herdenkings gevier,
  • 7:51 - 7:53
    want dis ’n lang tyd op 16.
  • 7:53 - 7:54
    Hy was ontsteld op die vlug,
  • 7:54 - 7:57
    hy't gesê: "Ek sal nooit weer
    ’n meisie soos Sarah kry nie."
  • 7:57 - 8:01
    Ons was nogals opgemaak daaroor,
    om die waarheid te sê --
  • 8:01 - 8:05
    (Gelag)
  • 8:07 - 8:11
    Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is.
  • 8:11 - 8:12
    (Gelag)
  • 8:16 - 8:18
    Maar iets tref jou
    wanneer jy Amerika toe trek
  • 8:18 - 8:19
    en om die wêreld reis:
  • 8:19 - 8:24
    Elke opvoedingstelsel op aarde
    het dieselfde hiërargie van vakke.
  • 8:24 - 8:25
    Elke een.
  • 8:25 - 8:26
    Jy sou dink dis anders, maar nee.
  • 8:26 - 8:29
    Heel bo is wiskunde en tale,
  • 8:29 - 8:31
    dan die wysbegeerte,
    en heel onder is die kunste.
  • 8:31 - 8:33
    Orals op aarde.
  • 8:33 - 8:38
    En in min of meer elke stelsel
    is daar ook ’n hiërargie binne die kunste
  • 8:38 - 8:40
    Kuns en musiek kry gewoonlik
    ’n hoër status in skole
  • 8:40 - 8:42
    as drama en dans.
  • 8:42 - 8:44
    Daar's geen opvoedingstelsel
  • 8:44 - 8:46
    wat dans elke dag vir kinders leer
  • 8:46 - 8:48
    soos ons vir hulle wiskunde leer nie.
    Hoekom?
  • 8:48 - 8:51
    Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik.
  • 8:51 - 8:53
    Wiskunde is belangrik,
    maar dans is ook.
  • 8:53 - 8:56
    Kinders dans baie as hulle mag,
    ons almal doen dit.
  • 8:56 - 9:00
    Ons het almal liggame, of hoe?
    Het ek ’n vergadering misgeloop?
  • 9:00 - 9:01
    (Gelag)
  • 9:02 - 9:04
    Wat waarlik gebeur is,
    soos kinders grootword,
  • 9:04 - 9:07
    begin ons hulle geleidelik
    van die middellyf af boontoe opvoed.
  • 9:07 - 9:09
    En dan fokus ons op hulle koppe.
  • 9:09 - 9:12
    En effens na een kant toe.
  • 9:12 - 9:14
    As jy opvoeding sou besoek,
    as ’n ruimtewese,
  • 9:14 - 9:17
    en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?"
  • 9:17 - 9:20
    sou jy moes aflei
    -- as jy kyk na die uitset,
  • 9:20 - 9:21
    wie behaal sukses hierdeur,
  • 9:21 - 9:23
    wie doen alles wat hulle moet,
  • 9:23 - 9:26
    wie kry al die "brownie points",
    wie is die wenners --
  • 9:26 - 9:29
    sou jy moes aflei
    dat die hele doel van openbare opvoeding
  • 9:29 - 9:30
    regoor die wêreld
  • 9:30 - 9:33
    is om universiteitsprofessors te lewer.
  • 9:33 - 9:34
    Of hoe?
  • 9:34 - 9:35
    Hulle's die mense wat bo uitkom.
  • 9:35 - 9:38
    En ek was een, so vat so.
  • 9:38 - 9:40
    (Gelag)
  • 9:42 - 9:44
    En ek hou van hulle,
    maar julle weet,
  • 9:44 - 9:47
    ons moet hulle nie as die hoogtepunt
  • 9:47 - 9:48
    van alle prestasie voorhou nie.
  • 9:48 - 9:50
    Hulle's net ’n vorm van lewe,
  • 9:50 - 9:52
    nog ’n vorm van lewe.
  • 9:52 - 9:55
    Maar hulle's nogal vreemd,
    en ek sê dit uit toegeneentheid.
  • 9:55 - 9:57
    Daar's iets vreemd omtrent hulle
    in my ervaring --
  • 9:57 - 10:00
    nie almal nie, maar tipies,
    lewe hulle in hul koppe.
  • 10:00 - 10:04
    Hulle lewe daar bo,
    en effens na een kant toe.
  • 10:04 - 10:07
    Hulle's ontliggaam, julle weet,
    op ’n soortvan letterlike manier.
  • 10:07 - 10:12
    Hulle sien hul liggame
    as ’n vervoermiddel vir hul koppe.
  • 10:12 - 10:14
    (Gelag)
  • 10:16 - 10:18
    Of hoe?
  • 10:18 - 10:21
    Dis ’n manier om hulle koppe
    by vergaderings te kry.
  • 10:21 - 10:24
    (Gelag)
  • 10:25 - 10:29
    As julle ware bewys soek
    van buiteliggaamlike ervarings,
  • 10:29 - 10:33
    besoek ’n residensiële konferensie
    van senior akademici,
  • 10:33 - 10:36
    en maak ’n draai by die sokkie
    op die laaste aand.
  • 10:36 - 10:37
    (Gelag)
  • 10:37 - 10:39
    En daar sal julle dit sien.
  • 10:39 - 10:43
    Volwasse mans en vroue
    wat ritmeloos wriemel.
  • 10:43 - 10:45
    (Gelag)
  • 10:46 - 10:50
    In afwagting van die einde
    om tuis ’n artikel daaroor te gaan skryf.
  • 10:50 - 10:51
    (Gelag)
  • 10:51 - 10:55
    Ons opvoedingstelsel berus op die idee
    van akademiese vaardigheid.
  • 10:55 - 10:56
    En daar's ’n rede daarvoor.
  • 10:56 - 11:00
    Regoor die wêreld was daar
    geen openbare opvoedingstelsels
  • 11:00 - 11:02
    voor die 19de eeu nie.
  • 11:02 - 11:05
    Hulle't almal moes in die behoeftes
    van industrialisme voorsien.
  • 11:05 - 11:08
    Die hierargie is gewortel in twee idees.
  • 11:08 - 11:12
    Een, dat die mees nuttige vakke
    vir werk heel bo is.
  • 11:12 - 11:15
    So op skool is jy waarskynlik
    goedgunstiglik van
  • 11:15 - 11:17
    goed waarvan jy gehou het weggestuur,
  • 11:17 - 11:20
    op grond daarvan dat jy nooit
    ’n werk daardeur sou kry nie. Nè?
  • 11:20 - 11:22
    Nie musiek nie,
    jy sal nie ’n musikant word nie;
  • 11:22 - 11:24
    nie kuns nie,
    jy sal nie ’n kunstenaar word nie.
  • 11:24 - 11:28
    Goedgunstige advies --
    nou, uiters verkeerd.
  • 11:28 - 11:30
    Die hele wêreld is verswelg
    in ’n rewolusie.
  • 11:30 - 11:33
    En die tweede is akademiese vaardigheid,
  • 11:33 - 11:34
    wat ons idee
    van intelligensie oorskadu,
  • 11:34 - 11:38
    omdat die universiteite die stelsel
    na hul eie beeld ontwerp het.
  • 11:38 - 11:41
    Die hele stelsel regoor die wêreld
  • 11:41 - 11:44
    is ’n uitgerekte proses
    van universiteitstoelating.
  • 11:44 - 11:46
    En die gevolg is dat
    baie uiters talentvolle,
  • 11:46 - 11:49
    briljante, kreatiewe mense
    dink dat hulle nie is nie,
  • 11:49 - 11:51
    omdat dit waarin
    hulle goed was op skool
  • 11:51 - 11:54
    nie waardeer is nie,
    of selfs gestigmatiseer is.
  • 11:54 - 11:56
    En ons kan bekostig
    om so voort te gaan nie.
  • 11:56 - 11:58
    In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO,
  • 11:58 - 12:01
    gaan meer mense wêreldwyd
    deur opvoeding gradueer
  • 12:01 - 12:05
    as sedert die begin van geskiedenis.
  • 12:05 - 12:07
    En dis die kombinasie
    van al ons temas --
  • 12:07 - 12:09
    tegnologie en hoe dit
    werk getransformeer het,
  • 12:09 - 12:12
    en demografie
    en die massiewe bevolkingsontploffing.
  • 12:12 - 12:15
    Skielik is grade niks werd nie.
  • 12:15 - 12:17
    Nie waar nie?
  • 12:17 - 12:20
    Toe ek ’n student was,
    het jy met ’n graad ’n werk gehad.
  • 12:20 - 12:23
    As jy nie ’n werk gehad het nie,
    wou jy nie een hê nie.
  • 12:23 - 12:27
    En ek wou nie een hê nie,
    om die waarheid te sê. (Gelag)
  • 12:27 - 12:29
    Maar deesdae is kinders met grade
  • 12:29 - 12:32
    gereeld oppad huis toe om verder
    te gaan TV speletjies speel,
  • 12:32 - 12:35
    omdat jy ’n MA nodig het
    waar ’n BA voorheen voldoende was,
  • 12:35 - 12:37
    en ’n PhD vir die volgende een.
  • 12:37 - 12:39
    Dis ’n proses van akademiese inflasie.
  • 12:39 - 12:41
    Die hele struktuur van opvoeding
  • 12:41 - 12:42
    is besig om onder ons te skuif.
  • 12:42 - 12:45
    Ons moet ons siening
    van intelligensie hersien.
  • 12:45 - 12:46
    Ons weet drie dinge.
  • 12:46 - 12:48
    Een, dis divers.
  • 12:48 - 12:51
    Ons dink oor die wêreld op al die maniere
    wat ons dit ervaar.
  • 12:51 - 12:54
    Ons dink visueel, ons dink in klank,
    ons dink kineties.
  • 12:54 - 12:57
    Ons dink in abstrakte terme,
    ons dink in beweging.
  • 12:57 - 13:00
    Tweedens, intelligensie is dinamies.
  • 13:00 - 13:02
    Kyk na die interaksies
    van ’n menslike brein:
  • 13:02 - 13:05
    soos ons gister tydens
    heelwat aanbiedings gehoor het,
  • 13:05 - 13:07
    is intelligensie wonderlik interaktief.
  • 13:07 - 13:10
    Die brein is nie opgedeel
    in kompartemente nie.
  • 13:10 - 13:12
    Inderwaarheid, is kreatiwiteit --
  • 13:12 - 13:16
    wat ek definieer as die proses
    van oorspronklike idees met waarde hê --
  • 13:16 - 13:19
    gewoonlik iets wat gebeur
    deur die interaksie
  • 13:19 - 13:22
    van verskillende maniere van dinge sien.
  • 13:22 - 13:26
    Daar's ’n senuweebundel wat
    die twee helftes van die brein verbind:
  • 13:26 - 13:27
    die corpus callosum.
  • 13:27 - 13:30
    Dis dikker by vroue.
  • 13:30 - 13:31
    Om aan te sluit by Helen gister:
  • 13:31 - 13:34
    Dis waarskynlik hoekom vroue
    beter is met "multi-tasking".
  • 13:34 - 13:36
    Want julle is mos, nè?
  • 13:36 - 13:40
    Daar's baie navorsing,
    maar ek ervaar dit persoonlik.
  • 13:40 - 13:46
    As my vrou tuis iets kook --
    nie gereeld nie, dankie tog.
  • 13:46 - 13:48
    (Gelag)
  • 13:48 - 13:51
    Nee, sy het talente --
    maar as sy kook,
  • 13:51 - 13:52
    hanteer sy foonoproepe,
  • 13:52 - 13:56
    praat sy met die kinders,
    verf sy die plafon.
  • 13:56 - 13:58
    Sy doen ’n oophart-operasie hier.
  • 13:58 - 14:01
    As ek kook, is die deur toe,
    die kinders is uit,
  • 14:01 - 14:04
    die foon is op die mik,
    as sy inkom raak ek geïrriteerd.
  • 14:04 - 14:10
    Ek sê: "Terry, asseblief,
    ek probeer ’n eier bak hier."
  • 14:10 - 14:13
    (Gelag)
  • 14:15 - 14:16
    "Gee my tog ’n kans."
  • 14:16 - 14:18
    (Gelag)
  • 14:18 - 14:20
    Ken julle daai ou filosofiese ding,
  • 14:20 - 14:23
    as ’n boom in die bos val
    en niemand hoor dit nie, het dit gebeur?
  • 14:23 - 14:25
    Onthou julle daai ou sê-ding?
  • 14:25 - 14:28
    Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien:
  • 14:28 - 14:31
    "As ’n man homself uitspreek in ’n bos,
    en geen vrou hoor hom nie,
  • 14:31 - 14:36
    is hy steeds verkeerd?"
  • 14:36 - 14:38
    (Gelag)
  • 14:40 - 14:42
    En die derde ding omtrent intelligensie is,
  • 14:42 - 14:44
    dis spesifiek.
  • 14:44 - 14:47
    Ek skryf tans aan ’n nuwe boek
    -- "Epiphany" --
  • 14:47 - 14:49
    gebaseer op ’n reeks onderhoude met mense
  • 14:49 - 14:51
    oor hoe hulle hul talent ontdek het.
  • 14:51 - 14:53
    Dis fassinerend hoe mense
    daar uitgekom het.
  • 14:53 - 14:56
    Dis aangespoor deur ’n gesprek
    met ’n wonderlike vrou
  • 14:56 - 14:58
    wat baie mense nie ken nie,
    Gillian Lynne.
  • 14:58 - 15:00
    Al gehoor? Sommige het.
  • 15:00 - 15:02
    Sy's ’n choreograaf;
    almal ken haar werk.
  • 15:02 - 15:05
    Sy't "Cats" en
    "Phantom of the Opera" gedoen.
  • 15:05 - 15:06
    Sy's wonderlik.
  • 15:06 - 15:09
    Ek was van te vore raadslid
    van die Koninklike Ballet,
  • 15:09 - 15:11
    soos julle kan sien.
  • 15:11 - 15:13
    Ek't haar eendag gevra:
  • 15:13 - 15:14
    "Gillian, hoe't jy ’n danser geword?"
  • 15:14 - 15:15
    Dit was interessant.
  • 15:15 - 15:18
    Toe sy op skool was,
    was sy rêrig hopeloos.
  • 15:18 - 15:21
    En die skool, in die 30's,
    skryf toe vir haar ouers:
  • 15:21 - 15:23
    "Ons dink Gillian het ’n leerprobleem."
  • 15:23 - 15:25
    Sy kon nie konsentreer nie,
    sy't gevroetel.
  • 15:25 - 15:29
    Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS.
    Sou julle nie ook nie?
  • 15:29 - 15:33
    Maar dit was die 1930's,
    en aandagafleibaarheid
  • 15:33 - 15:36
    was nog nie ’n beskikbare kwaal nie.
  • 15:36 - 15:38
    (Gelag)
  • 15:38 - 15:41
    Mense was nie bewus
    hulle kon daaraan ly nie.
  • 15:41 - 15:42
    (Gelag)
  • 15:42 - 15:47
    In elk geval,
    sy gaan sien toe ’n spesialis.
  • 15:47 - 15:50
    So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma
  • 15:50 - 15:53
    en sy't op ’n stoel se punt gaan sit,
  • 15:53 - 15:56
    op haar hande vir 20 minute,
    terwyl die man met haar ma praat
  • 15:56 - 15:59
    oor al die probleme
    wat Gillian by die skool het.
  • 15:59 - 16:02
    Want sy't ander ontwrig;
    huiswerk altyd laat; ens. --
  • 16:02 - 16:03
    kleine kind van agt.
  • 16:03 - 16:07
    Op die ou end, gaan sit die dokter
    langs Gillian en sê:
  • 16:07 - 16:10
    "Gillian, ek't nou geluister
    na alles wat jou ma my vertel het,
  • 16:10 - 16:12
    nou moet ek privaat met haar gesels.
  • 16:12 - 16:15
    "Wag hier, ons is nou-nou terug."
  • 16:15 - 16:16
    En hulle't haar daar gelos.
  • 16:16 - 16:18
    Maar soos hulle uitgegaan het,
  • 16:18 - 16:21
    het hy die radio op sy lessenaar aangesit.
  • 16:21 - 16:24
    En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma:
    "Hou haar net dop."
  • 16:24 - 16:27
    En die oomblik toe hulle uit is,
  • 16:27 - 16:30
    was sy op haar voete,
    bewegend op die maat van die musiek.
  • 16:30 - 16:33
    Hulle't vir ’n paar minute gekyk
    en toe sê hy vir haar ma:
  • 16:33 - 16:38
    "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie;
    sy's ’n danser.
  • 16:38 - 16:40
    "Neem haar na ’n dansskool toe."
  • 16:40 - 16:41
    Ek vra: "En toe?"
  • 16:41 - 16:44
    "Sy het. Ek kan nie vir jou sê
    hoe wonderlik dit was nie.
  • 16:44 - 16:47
    "Ons't in ’n kamer ingeloop
    en dit was vol mense soos ek.
  • 16:47 - 16:49
    "Mense wat nie kon stilsit nie.
  • 16:49 - 16:54
    "Mense wat moes beweeg om te dink."
  • 16:54 - 16:57
    Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz
    en moderne en kontemporêre dans.
  • 16:57 - 17:00
    Sy't vir die Koninklike Ballet
    oudisie gedoen;
  • 17:00 - 17:03
    ’n solois geword;
    ’n wonderlike loopbaan daar gehad.
  • 17:03 - 17:05
    Sy't gegradueer
    van die Koninklike Balletskool,
  • 17:05 - 17:08
    die Gillian Lynne Dance Company gestig,
  • 17:08 - 17:09
    en Andrew Lloyd Weber ontmoet.
  • 17:09 - 17:10
    Sy's verantwoordelik
  • 17:10 - 17:13
    vir van die suksesvolste
    musikale teater produksies ooit,
  • 17:13 - 17:16
    sy't al aan miljoene plesier gegee,
    en sy's ’n multi-millionêr.
  • 17:16 - 17:22
    Iemand anders het haar dalk
    op medikasie gesit en gesê om te kalmeer.
  • 17:22 - 17:25
    (Applous)
  • 17:29 - 17:30
    Waarop dit neerkom is dit:
  • 17:30 - 17:32
    Al Gore het die ander aand gepraat
  • 17:32 - 17:37
    oor ekologie en die rewolusie
    wat ontketen is deur Rachel Carson.
  • 17:37 - 17:39
    Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms
  • 17:39 - 17:43
    is om ’n nuwe idee van menslike ekologie
    aan te neem,
  • 17:43 - 17:46
    een waarin ons begin om ons konsep
  • 17:46 - 17:48
    van menslike kapasiteit
    se rykdom te hersien.
  • 17:48 - 17:52
    Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn
  • 17:52 - 17:55
    soos ons die aarde stroopmyn:
    vir ’n spesifieke kommoditeit.
  • 17:55 - 17:58
    En vir die toekoms,
    sal dit ons nie dien nie.
  • 17:58 - 18:00
    Ons moet die fundamentele beginsels
  • 18:00 - 18:02
    waarmee ons ons kinders opvoed,
    heroorweeg.
  • 18:02 - 18:05
    Jonas Salk het gesê:
  • 18:05 - 18:10
    "As al die insekte
    van die aarde af sou verdwyn,
  • 18:10 - 18:14
    sou alle lewe op aarde
    binne 50 jaar uitsterf.
  • 18:14 - 18:17
    "As al die mense
    van die aarde af sou verdwyn,
  • 18:17 - 18:20
    sou alle vorms van lewe
    binne 50 jaar floreer."
  • 18:20 - 18:22
    En hy's reg.
  • 18:22 - 18:27
    Wat TED vier is die skat
    van die menselike verbeeldingsin.
  • 18:27 - 18:29
    Ons moet nou versigtig wees
  • 18:29 - 18:31
    dat ons dit met wysheid gebruik
  • 18:31 - 18:34
    en dat ons van die senarios vermy
    waaroor ons gepraat het.
  • 18:34 - 18:38
    En die enigste manier
    is om ons kreatiewe kapasiteite te sien
  • 18:38 - 18:40
    vir die rykdom wat hulle is
  • 18:40 - 18:43
    en ons kinders te sien
    vir die hoop wat hulle is.
  • 18:43 - 18:45
    Ons opdrag is om
    hulle hele wese op te voed,
  • 18:45 - 18:47
    om hierdie toekoms te kan trotseer.
  • 18:47 - 18:49
    Ons sien dalk nie
    hierdie toekoms nie,
  • 18:49 - 18:51
    maar hulle sal.
  • 18:51 - 18:54
    En ons plig is om hulle te help
    om iets daarvan te maak.
  • 18:54 - 18:56
    Baie dankie.
  • 18:57 - 19:00
    (Applous)
Title:
Versmoor skole kreatiwiteit?
Speaker:
Ken Robinson
Description:

Sir Ken Robinson lewer ’n vermaaklike en uiters roerende betoog vir die skep van ’n opvoedkunde stelsel wat kreatiwiteit koester (eerder as om dit te ondermyn).

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
19:00

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions