1 00:00:00,940 --> 00:00:03,280 Ek is ’n storieverteller. 2 00:00:03,280 --> 00:00:06,750 Ek wil julle ’n paar persoonlike stories vertel 3 00:00:06,750 --> 00:00:10,840 oor "die gevaar van die enkele storie". 4 00:00:10,840 --> 00:00:14,370 Ek't op ’n universiteitskampus in oos-Nigerië grootgeword. 5 00:00:14,370 --> 00:00:17,400 My ma sê ek't op twee begin lees, 6 00:00:17,400 --> 00:00:22,000 alhoewel ek dink vier dalk nader aan die waarheid is. 7 00:00:22,000 --> 00:00:24,000 So ek was ’n vroeë leser 8 00:00:24,000 --> 00:00:27,680 en ek't Britse en Amerikaanse kinderboeke gelees. 9 00:00:27,680 --> 00:00:30,420 Ek was ook ’n vroeë skrywer. 10 00:00:30,420 --> 00:00:34,000 Toe ek begin skryf, op omtrent sewe, 11 00:00:34,000 --> 00:00:36,470 stories in potlood met krytillustrasies, 12 00:00:36,470 --> 00:00:39,580 wat my arme ma móés lees, 13 00:00:39,580 --> 00:00:43,240 skryf ek presies die tipe stories wat ek gelees het: 14 00:00:43,240 --> 00:00:48,000 Al my karakters was wit met blou oë, 15 00:00:48,000 --> 00:00:50,390 hulle't in die sneeu gespeel, 16 00:00:50,390 --> 00:00:52,220 hulle't appels geëet 17 00:00:52,220 --> 00:00:54,120 (Gelag) 18 00:00:54,120 --> 00:00:56,090 en hulle't baie oor die weer gepraat, 19 00:00:56,090 --> 00:00:58,600 hoe lieflik dit was, dat die son uitgekom het. 20 00:00:58,600 --> 00:01:00,580 (Gelag) 21 00:01:00,580 --> 00:01:03,860 Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het. 22 00:01:03,860 --> 00:01:07,330 Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. 23 00:01:07,330 --> 00:01:10,310 Ons't niks sneeu gehad nie, ons het mangoes geëet, 24 00:01:10,310 --> 00:01:12,220 en ons het nooit oor die weer gepraat nie, 25 00:01:12,220 --> 00:01:14,320 want dit was onnodig. 26 00:01:14,320 --> 00:01:17,120 My karakters het ook baie gemmerbier gedrink, 27 00:01:17,120 --> 00:01:19,390 want die karakters in die Britse boeke 28 00:01:19,390 --> 00:01:21,460 het gemmerbier gedrink. 29 00:01:21,460 --> 00:01:24,430 Ongeag dat ek g'n benul van gemmerbier gehad het nie. 30 00:01:24,430 --> 00:01:25,520 (Gelag) 31 00:01:25,520 --> 00:01:26,990 En vir baie jare daarna 32 00:01:26,990 --> 00:01:30,530 sou ek ’n brandende begeerte hê om gemmerbier te proe. 33 00:01:30,530 --> 00:01:32,210 Maar dis ’n ander storie. 34 00:01:32,210 --> 00:01:34,510 Wat hierdie wys, dink ek, 35 00:01:34,510 --> 00:01:37,250 is hoe ontvanklik en vatbaar ons is 36 00:01:37,250 --> 00:01:39,000 met ’n storie voor oë, 37 00:01:39,000 --> 00:01:41,430 veral as kinders. 38 00:01:41,430 --> 00:01:45,500 Omdat ek nét boeke gelees het waarin karakters anders was, 39 00:01:45,500 --> 00:01:46,750 was ek oortuig 40 00:01:46,750 --> 00:01:50,550 dat boeke vanselfsprekend vreemdelinge moes in hê 41 00:01:50,550 --> 00:01:55,020 en oor dinge moes gaan waarmee ek nie kon identifiseer nie. 42 00:01:55,620 --> 00:01:59,050 Dinge het verander toe ek Afrikaboeke ontdek het. 43 00:01:59,050 --> 00:02:00,700 Daar was nie veel beskikbaar nie 44 00:02:00,700 --> 00:02:03,750 en hulle was nie so verkrygbaar soos die buitelandse boeke nie. 45 00:02:03,750 --> 00:02:06,910 Maar dank skrywers soos Chinua Achebe en Camara Laye, 46 00:02:06,910 --> 00:02:11,040 het ek ’n sielsverskuiwing in my begrip van letterkunde beleef. 47 00:02:11,040 --> 00:02:13,030 Ek het besef dat mense soos ek, 48 00:02:13,030 --> 00:02:16,240 meisies met vel die kleur van sjokolade, 49 00:02:16,240 --> 00:02:18,710 wie se kroes hare nie kon poniesterte maak nie, 50 00:02:18,710 --> 00:02:20,970 ook in literatuur kon bestaan. 51 00:02:20,970 --> 00:02:24,940 Ek't oor vertroude dinge begin skryf. 52 00:02:24,940 --> 00:02:28,260 Ek was wel versot op die Amerikaanse en Britse boeke. 53 00:02:28,260 --> 00:02:32,030 Hulle't my verbeelding aangegryp, vir my nuwe wêrelde oopgemaak. 54 00:02:32,030 --> 00:02:34,260 Maar die gevolg was per abuis 55 00:02:34,260 --> 00:02:36,430 dat ek nie geweet het mense soos ek 56 00:02:36,430 --> 00:02:38,820 kon in literatuur bestaan nie. 57 00:02:38,820 --> 00:02:41,930 So die ontdekking van Afrikaskrywers 58 00:02:41,930 --> 00:02:47,120 het my gered van 'n enkele storie hê oor wat boeke in wese is. 59 00:02:47,120 --> 00:02:50,250 Ek was uit ’n gewone, middelklas Nigeriese gesin. 60 00:02:50,250 --> 00:02:52,530 My pa was ’n professor. 61 00:02:52,530 --> 00:02:55,720 My ma was ’n administratiewe beampte. 62 00:02:55,720 --> 00:02:58,540 En, soos die norm was, 63 00:02:58,540 --> 00:03:03,410 het ons inwoon-huishulpe gehad, wat van nabye dorpies af gekom het. 64 00:03:03,410 --> 00:03:07,350 So die jaar wat ek agt geword het, het ons ’n nuwe huisknaap gekry. 65 00:03:07,350 --> 00:03:10,080 Sy naam was Fide. 66 00:03:10,080 --> 00:03:15,000 My ma het ons net een ding oor hom vertel: sy familie was baie arm. 67 00:03:15,000 --> 00:03:20,230 My ma het jamswortels en rys en ons ou klere na sy familie toe gestuur. 68 00:03:20,230 --> 00:03:22,850 En as ek nie my aandete opgeëet het nie, sou my ma sê: 69 00:03:22,850 --> 00:03:27,260 "Eet jou kos! Weet jy dan nie? Mense soos Fide se familie het niks nie." 70 00:03:27,260 --> 00:03:31,740 So ek was baie jammer vir Fide se familie. 71 00:03:31,740 --> 00:03:34,630 Toe een Saterdag gaan ons na sy dorpie op besoek, 72 00:03:34,630 --> 00:03:38,230 en sy ma wys vir ons ’n pragtige gepatroonde mandjie 73 00:03:38,230 --> 00:03:41,200 gemaak van gekleurde raffia, wat sy broer gemaak het. 74 00:03:41,200 --> 00:03:43,260 Ek was verbaas. 75 00:03:43,260 --> 00:03:46,190 Ek't nie besef dat iemand in sy familie 76 00:03:46,190 --> 00:03:49,230 sowaar iets kon máák nie. 77 00:03:49,230 --> 00:03:52,050 Al wat ek van hulle gehoor het, was hoe arm hulle was, 78 00:03:52,050 --> 00:03:57,310 sodat dit vir my onmoontlik geword het om hulle as enigiets buiten arm te sien. 79 00:03:57,310 --> 00:04:01,200 Hulle armoede was my enkele storie oor hulle. 80 00:04:01,200 --> 00:04:03,880 Ek het jare later hieroor gedink toe ek weg is uit Nigerië 81 00:04:03,880 --> 00:04:06,420 om universiteit toe te gaan in die VSA. 82 00:04:06,420 --> 00:04:07,860 Ek was 19. 83 00:04:08,500 --> 00:04:12,210 My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok. 84 00:04:12,210 --> 00:04:15,760 Sy't my gevra waar ek so goed Engels leer praat het 85 00:04:15,760 --> 00:04:17,590 en was verward toe ek sê 86 00:04:17,590 --> 00:04:21,900 dat Engels toevallig genoeg die amptelike taal van Nigerië is. 87 00:04:21,900 --> 00:04:26,400 Sy't gevra om na my "tribal music" te luister 88 00:04:26,400 --> 00:04:28,390 en was gevolglik baie teleurgesteld 89 00:04:28,390 --> 00:04:31,170 toe ek my Mariah Carey-kasset uithaal. 90 00:04:31,170 --> 00:04:33,460 (Gelag) 91 00:04:33,460 --> 00:04:37,870 Sy't aangeneem dat ek nie weet hoe om ’n stoof te gebruik nie. 92 00:04:37,870 --> 00:04:39,310 Dít het my getref: 93 00:04:39,310 --> 00:04:42,840 Sy't my al bejammer nog voor sy my gesien het. 94 00:04:42,840 --> 00:04:46,170 Haar verstekposisie teenoor my, as ’n Afrikaan, 95 00:04:46,170 --> 00:04:50,500 was ’n soort neerbuigende, goed-bedoelde jammerhartigheid. 96 00:04:50,500 --> 00:04:53,800 My kamermaat het ’n enkele Afrikastorie gehad: 97 00:04:53,800 --> 00:04:56,760 ’n enkele storie oor katastrofe. 98 00:04:56,760 --> 00:04:57,880 In dié enkele storie 99 00:04:57,880 --> 00:05:02,170 kon Afrikane geensins soos sy wees nie, 100 00:05:02,170 --> 00:05:05,270 was daar geen gevoelens meer kompleks as bejammering nie 101 00:05:05,270 --> 00:05:09,000 en geen moontlikheid van ’n verbinding as gelyke mense nie. 102 00:05:09,000 --> 00:05:11,120 Ek moet sê dat voor ek VSA toe is, 103 00:05:11,120 --> 00:05:14,320 ek nie bewustelik geïdentifiseer het as ’n Afrikaan nie. 104 00:05:14,320 --> 00:05:17,260 Maar elke keer wat Afrika ter sprake was, het almal na my gekyk. 105 00:05:17,260 --> 00:05:21,000 Ondanks dat ek niks geweet het oor plekke soos Namibië nie. 106 00:05:21,000 --> 00:05:23,350 Maar ek't op die ou end dié nuwe identiteit aangeneem, 107 00:05:23,350 --> 00:05:26,200 en op baie maniere dink ek nou aan myself as Afrikaan. 108 00:05:26,200 --> 00:05:30,120 Dit ontstem my wel steeds wanneer daar na Afrika verwys word as ’n land, 109 00:05:30,120 --> 00:05:34,000 die mees onlangse voorbeeld was op my andersins wonderlike vlug, 110 00:05:34,000 --> 00:05:36,000 vanaf Lagos twee dae gelede, 111 00:05:36,000 --> 00:05:39,700 met die Virgin-aankondiging oor hulle liefdadigheidswerk 112 00:05:39,700 --> 00:05:43,400 in "Indië, Afrika en ander lande". 113 00:05:43,400 --> 00:05:44,570 (Gelag) 114 00:05:44,570 --> 00:05:48,300 So na ek ’n paar jaar in die VSA as ’n Afrikaan spandeer het, 115 00:05:48,300 --> 00:05:52,000 het ek my kamermaat se reaksie teenoor my begin verstaan. 116 00:05:52,000 --> 00:05:54,610 As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, 117 00:05:54,610 --> 00:05:57,540 en as al wat ek oor Afrika geweet het van algemene beelde was, 118 00:05:57,540 --> 00:05:59,280 sou ek ook dink 119 00:05:59,280 --> 00:06:04,380 dat Afrika ’n plek van pragtige landskappe, mooi diere, 120 00:06:04,380 --> 00:06:06,130 en onverstaanbare mense is, 121 00:06:06,130 --> 00:06:09,880 aan't oorlogvoer, sterwend van armoede of VIGS, 122 00:06:09,880 --> 00:06:12,170 nie in staat daartoe om vir hulleself te praat nie 123 00:06:12,170 --> 00:06:16,850 en wagted om verlossing deur ’n gawe, wit vreemdeling. 124 00:06:16,850 --> 00:06:20,520 Ek sou Afrikane sien net soos ek, as kind, 125 00:06:20,520 --> 00:06:23,320 Fide se familie gesien het. 126 00:06:23,320 --> 00:06:27,600 Hierdie enkele storie oor Afrika kom per slot van rekening uit Westerse literatuur. 127 00:06:27,600 --> 00:06:32,020 Hier's ’n aanhaling uit die skrywe van ’n Londonse handelaar, John Locke, 128 00:06:32,020 --> 00:06:35,640 wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het 129 00:06:35,640 --> 00:06:40,420 en ’n boeiende reisverslag gehou het. 130 00:06:40,420 --> 00:06:44,210 Nadat hy na die swart Afrikane as "gediertes sonder huise," verwys, 131 00:06:44,210 --> 00:06:48,370 skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe, 132 00:06:48,370 --> 00:06:53,260 met hul monde en oë in hulle borste." 133 00:06:53,260 --> 00:06:55,270 Ek lag elke keer wat ek dit lees. 134 00:06:55,270 --> 00:06:59,370 En ’n mens moet sy verbeelding bewonder. 135 00:06:59,370 --> 00:07:00,490 Maar belangrik 136 00:07:00,490 --> 00:07:01,680 is dat sy skryfwerk 137 00:07:01,680 --> 00:07:06,100 die begin van ’n verteltradisie van Afrikastories in die Weste verteenwoordig: 138 00:07:06,100 --> 00:07:09,520 ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika as ’n plek van negatiewes, 139 00:07:09,520 --> 00:07:11,990 van andersheid, van donkerte, 140 00:07:11,990 --> 00:07:17,110 van mense wat, in die woorde van die wonderlike digter, Rudyard Kipling, 141 00:07:17,110 --> 00:07:20,310 "halfduiwel, halfkind" is. 142 00:07:20,310 --> 00:07:23,140 En so't ek begin besef dat my Amerikaanse kamermaat 143 00:07:23,140 --> 00:07:25,000 haar hele lewe lank 144 00:07:25,000 --> 00:07:29,470 verskillende weergawes van hierdie enkele storie moes gesien en gehoor het. 145 00:07:29,470 --> 00:07:31,130 So ook ’n professor, 146 00:07:31,130 --> 00:07:36,110 wat op ’n keer vir my gesê het dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie. 147 00:07:36,110 --> 00:07:38,000 Ek was heeltemal bereid om aan te voer 148 00:07:38,000 --> 00:07:40,770 dat daar heelwat dinge verkeerd was met die roman, 149 00:07:40,770 --> 00:07:44,000 dat dit op vele punte misluk het, 150 00:07:44,000 --> 00:07:45,840 maar ek het nie kon droom 151 00:07:45,840 --> 00:07:49,340 dat dit die kastige "eg aan Afrika" paal nie gehaal het nie. 152 00:07:49,340 --> 00:07:54,020 Ek het inderwaarheid nie geweet wat Afrika-egtheid was nie 153 00:07:54,020 --> 00:07:58,520 Die professor het my meegedeel dat my karakters te veel soos hy was, 154 00:07:58,520 --> 00:08:00,560 ’n opgevoede, middelklas man. 155 00:08:00,560 --> 00:08:02,800 My karakters het motors bestuur. 156 00:08:02,800 --> 00:08:05,000 Hulle't nie van honger vergaan nie. 157 00:08:05,000 --> 00:08:09,000 Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie. 158 00:08:09,000 --> 00:08:12,000 Maar ek moet byvoeg dat ek net so skuldig is 159 00:08:12,000 --> 00:08:15,000 aan die enkele storie kwessie. 160 00:08:15,000 --> 00:08:19,000 Ek't ’n paar jaar gelede Meksiko besoek uit die VSA. 161 00:08:19,000 --> 00:08:21,700 Die politieke klimaat in die VSA was gespanne, 162 00:08:21,700 --> 00:08:25,000 en debatte oor immigrasie het geheers. 163 00:08:25,000 --> 00:08:27,360 En, soos dit baie in Amerika gebeur, 164 00:08:27,360 --> 00:08:30,720 het immigrasie sinoniem met Meksikane geword. 165 00:08:30,720 --> 00:08:32,600 Daar was eindelose stories oor Meksikane 166 00:08:32,600 --> 00:08:36,550 wat die gesondheidstelsel kaal uittrek, 167 00:08:36,550 --> 00:08:38,160 oor die grens sluip, 168 00:08:38,160 --> 00:08:42,290 by die grens gearresteer word, daai soort ding. 169 00:08:42,290 --> 00:08:46,220 Ek't op my eerste dag in Guadalajara rondgeloop, 170 00:08:46,220 --> 00:08:48,740 gekyk het hoe die mense werk toe gaan, 171 00:08:48,740 --> 00:08:50,610 by die markplein hulle tortillas oprol, 172 00:08:50,610 --> 00:08:53,280 aan't rook en lag. 173 00:08:53,280 --> 00:08:55,910 Ek onthou dat ek eers effens verras was. 174 00:08:55,910 --> 00:08:59,510 En toe was ek van skaamte oorkom. 175 00:08:59,510 --> 00:09:04,020 Ek het besef dat ek so verdiep was in die mediadekking oor Meksikane 176 00:09:04,020 --> 00:09:06,260 dat hulle een ding in my kop geword het: 177 00:09:06,260 --> 00:09:08,960 die ellendige immigrant. 178 00:09:08,960 --> 00:09:11,000 Ek't geval vir die enkele storie oor Meksikane 179 00:09:11,000 --> 00:09:14,120 en ek kon nie méér skaam kry nie. 180 00:09:14,120 --> 00:09:16,820 So dis hoe om ’n enkele storie te skep, 181 00:09:16,820 --> 00:09:19,000 ’n volk te wys as een ding, 182 00:09:19,000 --> 00:09:21,160 slegs een ding, 183 00:09:21,160 --> 00:09:23,000 oor en oor, 184 00:09:23,000 --> 00:09:26,000 en dis wat hulle dan word. 185 00:09:26,000 --> 00:09:28,160 Dis onmoontlik om die enkele storie te bespreek, 186 00:09:28,160 --> 00:09:31,600 sonder om mag aan te raak. 187 00:09:31,600 --> 00:09:33,520 Daar's ’n Igbo woord, 188 00:09:33,520 --> 00:09:36,980 waaroor ek dink as ek oor die wêreld se magstrukture dink, 189 00:09:36,980 --> 00:09:38,510 en dis: "nkali." 190 00:09:38,510 --> 00:09:43,690 Dis ’n selfstandige naamword, losweg vertaal: "om groter as ’n ander te wees". 191 00:09:43,690 --> 00:09:46,680 Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde, 192 00:09:46,680 --> 00:09:50,810 word stories ook bepaal deur die beginsel van nkali: 193 00:09:50,820 --> 00:09:53,200 Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel, 194 00:09:53,200 --> 00:09:56,440 wanneer hulle vertel word, hoeveel vertel word, 195 00:09:56,440 --> 00:10:00,100 is alles regtig afhanklik van mag. 196 00:10:00,100 --> 00:10:03,460 Mag is die vermoë om ’n ander se storie te vertel 197 00:10:03,460 --> 00:10:07,290 én om dit die beslissende storie van dié persoon te maak. 198 00:10:07,290 --> 00:10:09,620 Die Palestynse digter Mourid Barghouti skryf 199 00:10:09,620 --> 00:10:12,310 dat as jy ’n volk wil ontvreem, 200 00:10:12,310 --> 00:10:14,050 is die eenvoudigste manier 201 00:10:14,050 --> 00:10:18,590 om hulle storie te begin vertel met "tweedens." 202 00:10:18,590 --> 00:10:22,580 Begin die storie met die Amerikaanse inboorlinge se pyle, 203 00:10:22,580 --> 00:10:25,230 en nié met die Britte se aankoms nie, 204 00:10:25,230 --> 00:10:28,000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 205 00:10:28,000 --> 00:10:32,500 Begin die storie met die mislukking van die Afrikastaat, 206 00:10:32,500 --> 00:10:36,160 en nié met die koloniale skepping van die Afrikastaat nie, 207 00:10:36,160 --> 00:10:40,000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 208 00:10:40,000 --> 00:10:42,710 Ek't onlangs by ’n universiteit gepraat 209 00:10:42,710 --> 00:10:46,000 waar ’n student vir my gesê het dat dit só jammer is 210 00:10:46,000 --> 00:10:49,000 dat Nigeriese mans mishandelaars is, 211 00:10:49,000 --> 00:10:52,000 soos die vaderfiguur in my roman. 212 00:10:52,000 --> 00:10:56,310 Ek't vir hom gesê dat ek pas die roman "American Psycho" gelees het -- 213 00:10:56,310 --> 00:10:58,390 (Gelag) 214 00:10:58,390 --> 00:11:00,280 -- en dat dit só jammer is 215 00:11:00,280 --> 00:11:04,330 dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is. 216 00:11:04,330 --> 00:11:07,000 (Gelag) 217 00:11:07,000 --> 00:11:13,000 (Applous) 218 00:11:13,000 --> 00:11:16,410 Natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê. 219 00:11:16,410 --> 00:11:18,000 (Gelag) 220 00:11:18,000 --> 00:11:20,000 Maar ek sou nooit kon dink 221 00:11:20,000 --> 00:11:24,310 dat 'n reeksmoordenaar-karakter in 'n roman 222 00:11:24,310 --> 00:11:28,060 álle Amerikaners verteenwoordig nie. 223 00:11:28,060 --> 00:11:31,610 Dis nie omdat ek ’n beter mens as daai student is nie, 224 00:11:31,610 --> 00:11:34,560 maar eerder as gevolg van Amerika se kulturele en ekonomiese mag, 225 00:11:34,560 --> 00:11:36,350 dat ek baie stories oor Amerika het. 226 00:11:36,350 --> 00:11:40,340 Ek het al Tyler en Updike en Steinbeck en Gaitskill gelees. 227 00:11:40,340 --> 00:11:43,790 Ek't nie ’n enkele storie oor Amerika gehad nie. 228 00:11:43,790 --> 00:11:45,400 Toe ek gehoor het 229 00:11:45,400 --> 00:11:49,960 dat daar van skrywers verwag word om ongelukkige kinderjare te gehad het 230 00:11:49,960 --> 00:11:51,880 om suksesvol te wees, 231 00:11:51,880 --> 00:11:57,310 het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed wat my ouers my aangedoen het, kon opmaak. 232 00:11:57,310 --> 00:11:58,460 (Gelag) 233 00:11:58,460 --> 00:12:01,830 Maar om die waarheid te sê, het ek gelukkige kinderjare gehad, 234 00:12:01,830 --> 00:12:05,270 vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin. 235 00:12:05,270 --> 00:12:08,920 Maar ek't ook oupas gehad wat in vlugtelingkampe dood is. 236 00:12:08,920 --> 00:12:13,070 My nefie Polle is dood omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie. 237 00:12:13,070 --> 00:12:16,290 Een van my beste maats, Okoloma, is dood in ’n vliegtuigongeluk 238 00:12:16,290 --> 00:12:19,620 omdat ons brandweerwaens nie water gehad het nie. 239 00:12:19,620 --> 00:12:22,240 Ek't onder verdrukkende militêre regerings grootgeword 240 00:12:22,240 --> 00:12:23,960 wat opvoeding van waarde beroof het, 241 00:12:23,960 --> 00:12:27,080 sodat my ouers soms nie hulle salarisse betaal is nie. 242 00:12:27,080 --> 00:12:31,160 En so, as ’n kind, het ek gesien hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn, 243 00:12:31,160 --> 00:12:33,730 toe margarien, 244 00:12:33,730 --> 00:12:36,030 toe het brood te duur geword, 245 00:12:36,030 --> 00:12:39,030 toe is melk op rantsoen gesit. 246 00:12:39,030 --> 00:12:42,980 En meeste van alles, het ’n soort genormaliseerde politieke vrees 247 00:12:42,980 --> 00:12:45,920 ons lewens binnegedring. 248 00:12:45,920 --> 00:12:48,640 Al hierdie stories maak my wie ek is. 249 00:12:48,640 --> 00:12:52,430 Maar om slegs op dié negatiewe stories aan te dring 250 00:12:52,430 --> 00:12:55,400 is om my ervaring af te plat 251 00:12:55,400 --> 00:12:59,530 en baie van die stories wat my gevorm het oor die hoof te sien. 252 00:12:59,530 --> 00:13:02,530 Die enkele storie skep stereotipes, 253 00:13:02,530 --> 00:13:07,010 en die probleem met stereotipes, is nie dat hulle onwaar is nie, 254 00:13:07,010 --> 00:13:09,460 maar dat hulle onvolledig is. 255 00:13:09,460 --> 00:13:12,960 Hulle maak een storie die enigste storie. 256 00:13:12,960 --> 00:13:15,690 Afrika ís ’n vasteland vol katastrofes: 257 00:13:15,690 --> 00:13:19,150 Daar is grotes, soos die skokkende verkragtings in Kongo 258 00:13:19,150 --> 00:13:20,660 en ontmoedigendes, 259 00:13:20,660 --> 00:13:26,200 soos dat 5000 mense vir een vakante pos in Nigerië aansoek doen. 260 00:13:26,200 --> 00:13:29,850 Maar daar is onrampspoedige stories 261 00:13:29,850 --> 00:13:33,540 en dis nét so belangrik om oor hulle te praat. 262 00:14:05,720 --> 00:14:07,720 Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik 263 00:14:07,720 --> 00:14:10,720 om ordentlik aan ’n plek of persoon mee te doen 264 00:14:10,720 --> 00:14:14,720 sonder om in al die stories van daardie plek of persoon te deel. 265 00:14:14,720 --> 00:14:17,720 Die gevolg van die enkele storie 266 00:14:17,720 --> 00:14:20,720 is dat dit mense van waardigheid beroof. 267 00:14:20,720 --> 00:14:24,720 Dit maak erkenning van ons gelyke menslikheid moeilik. 268 00:14:24,720 --> 00:14:27,720 Dit beklemtoon ons verskille eerder as ons ooreenkomste. 269 00:14:27,720 --> 00:14:29,720 So wat as ek voor my Meksikaanse toer 270 00:14:29,720 --> 00:14:33,720 albei kante van die immigrasiedebat gevolg het, 271 00:14:33,720 --> 00:14:35,720 die Amerikaanse en die Meksikaanse? 272 00:14:35,720 --> 00:14:39,720 Wat as my ma vir ons gesê het 273 00:14:39,720 --> 00:14:41,720 dat Fide se familie arm én hardwerkend is? 274 00:14:41,720 --> 00:14:43,720 Wat as ons ’n Afrika-televisienetwerk gehad het 275 00:14:43,720 --> 00:14:47,720 wat uiteenlopende Afrikastories regoor die wêreld uitsaai? 276 00:14:47,720 --> 00:14:49,720 Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe "’n balans van stories" noem. 277 00:14:49,720 --> 00:14:52,720 Wat as my kamermaat kon weet van my Nigeriese uitgewer, 278 00:14:52,720 --> 00:14:54,720 Muhtar Bakare, 279 00:14:54,720 --> 00:14:56,720 ’n merkwaardige man wat sy werk by ’n bank gelos het 280 00:14:56,720 --> 00:14:59,720 om sy droom te volg en ’n uitgewery te begin? 281 00:14:59,720 --> 00:15:03,720 Die staande opvatting was dat Nigeriërs nie literatuur lees nie. 282 00:15:03,720 --> 00:15:05,720 Hy't verskil. 283 00:15:05,720 --> 00:15:07,720 Hy't gedink mense wat kon lees, sou lees, 284 00:15:07,720 --> 00:15:11,720 as jy literatuur bekostigbaar en beskikbaar gemaak het. 285 00:15:11,720 --> 00:15:14,720 Kort daarna het hy my eerste roman uitgegee 286 00:15:14,720 --> 00:15:17,720 en was ek by ’n TV-ateljee in Lagos vir ’n onderhoud, 287 00:15:17,720 --> 00:15:20,720 en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, het vir my kom sê: 288 00:15:20,720 --> 00:15:23,720 "Ek het baie van jou roman gehou. Ek het nie van die einde gehou nie. 289 00:15:33,900 --> 00:15:36,900 Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, en wat moet gebeur is ..." 290 00:15:36,900 --> 00:15:39,900 (Gelag) 291 00:15:39,900 --> 00:15:42,900 En sy't toe vir my vertel wat om in die vervolgstuk te skryf. 292 00:15:42,900 --> 00:15:45,900 Ek was nie net bekoor nie, ek was ook diep geroer. 293 00:15:45,900 --> 00:15:48,900 Hier was ’n vrou, soos baie gewone Nigeriërs, 294 00:15:48,900 --> 00:15:51,900 wat nie veronderstel was om 'n leser te wees nie. 295 00:15:51,900 --> 00:15:53,900 Sy't nie net die boek gelees nie, 296 00:15:53,900 --> 00:15:56,900 sy't dit ook aangeneem 297 00:15:56,900 --> 00:15:58,900 en geregverdig gevoel in haar instruksies vir die vervolgstuk. 298 00:15:59,340 --> 00:16:03,340 So wat as my kamermaat kon weet van my vriendin Funmi Iyanda, 299 00:16:03,340 --> 00:16:06,340 ’n vreeslose Lagos TV-aanbieder, 300 00:16:06,340 --> 00:16:09,340 vasberade om die stories wat ons verkies om te vergeet, te vertel? 301 00:16:09,340 --> 00:16:13,340 Wat as my kamermaat kon weet van die hartoperasie 302 00:16:13,340 --> 00:16:16,340 wat verlede week in ’n Lagos-hospitaal uitgevoer is? 303 00:16:16,340 --> 00:16:20,340 Wat as my kamermaat kon weet van hedendaagse Nigeriese musiek, 304 00:16:20,340 --> 00:16:23,340 talentvolle mense wat sing in Engels en Pidgin, 305 00:16:23,340 --> 00:16:25,340 en Igbo en Joroeba en Ijo, 306 00:16:25,340 --> 00:16:29,340 terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela 307 00:16:29,340 --> 00:16:32,340 tot Bob Marley en hulle oupas meng. 308 00:16:32,340 --> 00:16:34,340 Wat as my kamermaat kon weet van die vroulike prokureur 309 00:16:34,340 --> 00:16:36,340 wat onlangs in Nigerië hof toe is om ’n belaglike wet te betwis 310 00:16:36,340 --> 00:16:39,340 wat vereis dat vroue hulle mans se toestemming kry 311 00:16:39,340 --> 00:16:42,340 voor hulle hul paspoorte hernu? 312 00:16:42,340 --> 00:16:45,340 Was as my kamermaat kon weet van Nollywood, 313 00:16:45,340 --> 00:16:49,340 vol innoverende mense wat films maak ten spyte van groot tegniese uitdagings, 314 00:16:49,340 --> 00:16:51,340 films wat só gewild is, 315 00:16:51,340 --> 00:16:53,340 dat hulle rêrig die beste voorbeeld is van Nigeriërs wat verbruik wat hulle self skep? 316 00:16:53,340 --> 00:16:56,340 Wat as my kamermaat kon weet van my vooruitstrewende haarvlegter, 317 00:16:57,380 --> 00:16:59,280 wat pas haar eie besigheid vir die verkoop van haarverlengings begin het? 318 00:16:59,280 --> 00:17:01,280 Of van die miljoene Nigeriërs wat besighede begin wat soms misluk, 319 00:17:01,760 --> 00:17:03,220 maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek? 320 00:17:03,220 --> 00:17:05,220 Elke keer wat ek tuis is, 321 00:17:05,220 --> 00:17:07,260 word ek met die gewone bronne van irritasie vir meeste Nigeriërs gekonfronteer: 322 00:17:07,260 --> 00:17:08,780 ons mislukte infrastruktuur, ons mislukte regering, 323 00:17:08,780 --> 00:17:10,660 maar ook die ongelooflike taaiheid 324 00:17:10,660 --> 00:17:12,320 van mense wat floreer ten spyte van die regering, 325 00:17:12,320 --> 00:17:14,320 eerder as gevolg daarvan. 326 00:17:14,320 --> 00:17:17,320 Ek bied elke somer skryfwerkswinkels in Lagos aan, 327 00:17:17,320 --> 00:17:20,320 en dis indrukwekkend hoeveel mense aansoek doen, 328 00:17:20,320 --> 00:17:22,380 hoeveel mense gretig is om te skryf, 329 00:17:22,380 --> 00:17:23,910 om stories te vertel. 330 00:17:23,910 --> 00:17:26,190 Ek en my Nigeriese uitgewer het onlangs die Farafina Trust -- 331 00:17:26,190 --> 00:17:28,110 sonder winsbejag -- begin 332 00:17:28,110 --> 00:17:30,330 en ons het groot drome van biblioteke bou 333 00:17:30,330 --> 00:17:31,970 en bestaande biblioteke opknap 334 00:17:31,970 --> 00:17:33,500 en boeke verskaf aan staatskole 335 00:17:33,500 --> 00:17:35,190 wat niks in hulle biblioteke het nie, 336 00:17:35,190 --> 00:17:37,440 en ook van tonne werkswinkels organiseer, 337 00:17:37,440 --> 00:17:39,680 in lees en skryf, 338 00:17:39,680 --> 00:17:41,720 vir al die mense wat gretig is om ons baie stories te vertel. 339 00:17:41,720 --> 00:17:43,390 Stories maak saak. 340 00:17:43,390 --> 00:17:45,170 Baie stories maak saak. 341 00:17:45,170 --> 00:17:52,130 Stories is al gebruik om te ontvreem en te belaster, 342 00:17:52,130 --> 00:17:54,580 maar stories kan ook gebruik word om te bemagtig en te vermenslik. 343 00:17:54,580 --> 00:17:55,650 Stories kan ’n volk se waardigheid breek, 344 00:17:55,650 --> 00:17:57,130 maar stories kan ook hulle gebreekte waardigheid heelmaak. 345 00:17:57,130 --> 00:17:59,600 Die Amerikaanse skrywer Alice Walker het geskryf 346 00:17:59,600 --> 00:18:02,130 van haar suiderlingfamilielede wat na die Noorde getrek het. 347 00:18:02,130 --> 00:18:04,140 Sy't hulle in ’n boek 348 00:18:04,140 --> 00:18:07,630 oor die suiderlinglewe wat hulle agtergelaat het, bekendgestel: 349 00:18:07,630 --> 00:18:10,070 "Hulle't rondgesit, die boek self gelees, 350 00:18:10,070 --> 00:18:13,560 geluister na hoe ek die boek lees, en ’n paradys van soorte is herwin." 351 00:18:13,560 --> 00:18:15,760 Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit: 352 00:18:15,760 --> 00:18:17,780 Dat wanneer ons die enkele storie verwerp, 353 00:18:17,780 --> 00:18:18,760 wanneer ons besef dat daar nooit ’n enkele storie 354 00:18:18,760 --> 00:18:21,100 oor enige plek is nie, 355 00:18:21,100 --> 00:18:24,100 herwin ons ’n soort paradys. 356 00:18:24,100 --> 00:18:25,510 Dankie. 357 00:18:25,510 --> 00:18:28,000 (Applous)