0:00:00.940,0:00:03.280 Ek is ’n storieverteller. 0:00:03.280,0:00:06.750 Ek wil julle ’n paar [br]persoonlike stories vertel 0:00:06.750,0:00:10.840 oor "die gevaar van die enkele storie". 0:00:10.840,0:00:14.370 Ek't op ’n universiteitskampus [br]in oos-Nigerië grootgeword. 0:00:14.370,0:00:17.400 My ma sê ek't op twee begin lees, 0:00:17.400,0:00:22.000 alhoewel ek dink vier [br]dalk nader aan die waarheid is. 0:00:22.000,0:00:24.000 So ek was ’n vroeë leser 0:00:24.000,0:00:27.680 en ek't Britse en [br]Amerikaanse kinderboeke gelees. 0:00:27.680,0:00:30.420 Ek was ook ’n vroeë skrywer. 0:00:30.420,0:00:34.000 Toe ek begin skryf, [br]op omtrent sewe, 0:00:34.000,0:00:36.470 stories in potlood met krytillustrasies, 0:00:36.470,0:00:39.580 wat my arme ma móés lees, 0:00:39.580,0:00:43.240 skryf ek presies die tipe stories [br]wat ek gelees het: 0:00:43.240,0:00:48.000 Al my karakters was wit met blou oë, 0:00:48.000,0:00:50.390 hulle't in die sneeu gespeel, 0:00:50.390,0:00:52.220 hulle't appels geëet 0:00:52.220,0:00:54.120 (Gelag) 0:00:54.120,0:00:56.090 en hulle't baie oor die weer gepraat, 0:00:56.090,0:00:58.600 hoe lieflik dit was,[br]dat die son uitgekom het. 0:00:58.600,0:01:00.580 (Gelag) 0:01:00.580,0:01:03.860 Ondanks die feit dat ek in Nigerië gewoon het. 0:01:03.860,0:01:07.330 Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. 0:01:07.330,0:01:10.310 Ons't niks sneeu gehad nie, [br]ons het mangoes geëet, 0:01:10.310,0:01:12.220 en ons het nooit oor die weer gepraat nie, 0:01:12.220,0:01:14.320 want dit was onnodig. 0:01:14.320,0:01:17.120 My karakters het ook [br]baie gemmerbier gedrink, 0:01:17.120,0:01:19.390 want die karakters in die Britse boeke 0:01:19.390,0:01:21.460 het gemmerbier gedrink. 0:01:21.460,0:01:24.430 Ongeag dat ek g'n benul [br]van gemmerbier gehad het nie. 0:01:24.430,0:01:25.520 (Gelag) 0:01:25.520,0:01:26.990 En vir baie jare daarna 0:01:26.990,0:01:30.530 sou ek ’n brandende begeerte hê[br]om gemmerbier te proe. 0:01:30.530,0:01:32.210 Maar dis ’n ander storie. 0:01:32.210,0:01:34.510 Wat hierdie wys, dink ek, 0:01:34.510,0:01:37.250 is hoe ontvanklik en vatbaar ons is 0:01:37.250,0:01:39.000 met ’n storie voor oë, 0:01:39.000,0:01:41.430 veral as kinders. 0:01:41.430,0:01:45.500 Omdat ek nét boeke gelees het[br]waarin karakters anders was, 0:01:45.500,0:01:46.750 was ek oortuig [br] 0:01:46.750,0:01:50.550 dat boeke vanselfsprekend [br]vreemdelinge moes in hê 0:01:50.550,0:01:55.020 en oor dinge moes gaan [br]waarmee ek nie kon identifiseer nie. 0:01:55.620,0:01:59.050 Dinge het verander [br]toe ek Afrikaboeke ontdek het. 0:01:59.050,0:02:00.700 Daar was nie veel beskikbaar nie 0:02:00.700,0:02:03.750 en hulle was nie so verkrygbaar [br]soos die buitelandse boeke nie. 0:02:03.750,0:02:06.910 Maar dank skrywers [br]soos Chinua Achebe en Camara Laye, 0:02:06.910,0:02:11.040 het ek ’n sielsverskuiwing [br]in my begrip van letterkunde beleef. 0:02:11.040,0:02:13.030 Ek het besef dat mense soos ek, 0:02:13.030,0:02:16.240 meisies met vel die kleur van sjokolade, 0:02:16.240,0:02:18.710 wie se kroes hare [br]nie kon poniesterte maak nie, 0:02:18.710,0:02:20.970 ook in literatuur kon bestaan. 0:02:20.970,0:02:24.940 Ek't oor vertroude dinge begin skryf. 0:02:24.940,0:02:28.260 Ek was wel versot op [br]die Amerikaanse en Britse boeke. 0:02:28.260,0:02:32.030 Hulle't my verbeelding aangegryp, [br]vir my nuwe wêrelde oopgemaak. 0:02:32.030,0:02:34.260 Maar die gevolg was per abuis 0:02:34.260,0:02:36.430 dat ek nie geweet het mense soos ek 0:02:36.430,0:02:38.820 kon in literatuur bestaan nie. 0:02:38.820,0:02:41.930 So die ontdekking van Afrikaskrywers 0:02:41.930,0:02:47.120 het my gered van 'n enkele storie hê[br]oor wat boeke in wese is. 0:02:47.120,0:02:50.250 Ek was uit ’n gewone, [br]middelklas Nigeriese gesin. 0:02:50.250,0:02:52.530 My pa was ’n professor. 0:02:52.530,0:02:55.720 My ma was ’n administratiewe beampte. 0:02:55.720,0:02:58.540 En, soos die norm was, 0:02:58.540,0:03:03.410 het ons inwoon-huishulpe gehad, [br]wat van nabye dorpies af gekom het. 0:03:03.410,0:03:07.350 So die jaar wat ek agt geword het, [br]het ons ’n nuwe huisknaap gekry. 0:03:07.350,0:03:10.080 Sy naam was Fide. 0:03:10.080,0:03:15.000 My ma het ons net een ding oor hom vertel:[br]sy familie was baie arm. 0:03:15.000,0:03:20.230 My ma het jamswortels en rys [br]en ons ou klere na sy familie toe gestuur. 0:03:20.230,0:03:22.850 En as ek nie my aandete opgeëet het nie, [br]sou my ma sê: 0:03:22.850,0:03:27.260 "Eet jou kos! Weet jy dan nie? [br]Mense soos Fide se familie het niks nie." 0:03:27.260,0:03:31.740 So ek was baie jammer vir Fide se familie. 0:03:31.740,0:03:34.630 Toe een Saterdag [br]gaan ons na sy dorpie op besoek, 0:03:34.630,0:03:38.230 en sy ma wys vir ons [br]’n pragtige gepatroonde mandjie 0:03:38.230,0:03:41.200 gemaak van gekleurde raffia, [br]wat sy broer gemaak het. 0:03:41.200,0:03:43.260 Ek was verbaas. 0:03:43.260,0:03:46.190 Ek't nie besef dat iemand in sy familie 0:03:46.190,0:03:49.230 sowaar iets kon máák nie. 0:03:49.230,0:03:52.050 Al wat ek van hulle gehoor het, [br]was hoe arm hulle was, 0:03:52.050,0:03:57.310 sodat dit vir my onmoontlik geword het [br]om hulle as enigiets buiten arm te sien. 0:03:57.310,0:04:01.200 Hulle armoede [br]was my enkele storie oor hulle. 0:04:01.200,0:04:03.880 Ek het jare later hieroor gedink [br]toe ek weg is uit Nigerië 0:04:03.880,0:04:06.420 om universiteit toe te gaan in die VSA. 0:04:06.420,0:04:07.860 Ek was 19. 0:04:08.500,0:04:12.210 My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok. 0:04:12.210,0:04:15.760 Sy't my gevra waar ek so goed [br]Engels leer praat het 0:04:15.760,0:04:17.590 en was verward toe ek sê 0:04:17.590,0:04:21.900 dat Engels toevallig genoeg [br]die amptelike taal van Nigerië is. 0:04:21.900,0:04:26.400 Sy't gevra om na [br]my "tribal music" te luister 0:04:26.400,0:04:28.390 en was gevolglik baie teleurgesteld 0:04:28.390,0:04:31.170 toe ek my Mariah Carey-kasset uithaal. 0:04:31.170,0:04:33.460 (Gelag) 0:04:33.460,0:04:37.870 Sy't aangeneem dat ek nie weet [br]hoe om ’n stoof te gebruik nie. 0:04:37.870,0:04:39.310 Dít het my getref: 0:04:39.310,0:04:42.840 Sy't my al bejammer [br]nog voor sy my gesien het. 0:04:42.840,0:04:46.170 Haar verstekposisie teenoor my, [br]as ’n Afrikaan, 0:04:46.170,0:04:50.500 was ’n soort neerbuigende, [br]goed-bedoelde jammerhartigheid. 0:04:50.500,0:04:53.800 My kamermaat het [br]’n enkele Afrikastorie gehad: 0:04:53.800,0:04:56.760 ’n enkele storie oor katastrofe. 0:04:56.760,0:04:57.880 In dié enkele storie 0:04:57.880,0:05:02.170 kon Afrikane geensins soos sy wees nie, 0:05:02.170,0:05:05.270 was daar geen gevoelens [br]meer kompleks as bejammering nie 0:05:05.270,0:05:09.000 en geen moontlikheid van ’n verbinding [br]as gelyke mense nie. 0:05:09.000,0:05:11.120 Ek moet sê dat voor ek VSA toe is, 0:05:11.120,0:05:14.320 ek nie bewustelik geïdentifiseer het [br]as ’n Afrikaan nie. 0:05:14.320,0:05:17.260 Maar elke keer wat Afrika ter sprake was, [br]het almal na my gekyk. 0:05:17.260,0:05:21.000 Ondanks dat ek niks geweet het [br]oor plekke soos Namibië nie. 0:05:21.000,0:05:23.350 Maar ek't op die ou end [br]dié nuwe identiteit aangeneem, 0:05:23.350,0:05:26.200 en op baie maniere [br]dink ek nou aan myself as Afrikaan. 0:05:26.200,0:05:30.120 Dit ontstem my wel steeds [br]wanneer daar na Afrika verwys word as ’n land, 0:05:30.120,0:05:34.000 die mees onlangse voorbeeld [br]was op my andersins wonderlike vlug, 0:05:34.000,0:05:36.000 vanaf Lagos twee dae gelede, 0:05:36.000,0:05:39.700 met die Virgin-aankondiging[br]oor hulle liefdadigheidswerk 0:05:39.700,0:05:43.400 in "Indië, Afrika en ander lande". 0:05:43.400,0:05:44.570 (Gelag) 0:05:44.570,0:05:48.300 So na ek ’n paar jaar in die VSA [br]as ’n Afrikaan spandeer het, 0:05:48.300,0:05:52.000 het ek my kamermaat se reaksie [br]teenoor my begin verstaan. 0:05:52.000,0:05:54.610 As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, 0:05:54.610,0:05:57.540 en as al wat ek oor Afrika geweet het[br]van algemene beelde was, 0:05:57.540,0:05:59.280 sou ek ook dink 0:05:59.280,0:06:04.380 dat Afrika ’n plek [br]van pragtige landskappe, mooi diere, 0:06:04.380,0:06:06.130 en onverstaanbare mense is, 0:06:06.130,0:06:09.880 aan't oorlogvoer, [br]sterwend van armoede of VIGS, 0:06:09.880,0:06:12.170 nie in staat daartoe [br]om vir hulleself te praat nie 0:06:12.170,0:06:16.850 en wagted om verlossing[br]deur ’n gawe, wit vreemdeling. 0:06:16.850,0:06:20.520 Ek sou Afrikane sien [br]net soos ek, as kind, 0:06:20.520,0:06:23.320 Fide se familie gesien het. 0:06:23.320,0:06:27.600 Hierdie enkele storie oor Afrika [br]kom per slot van rekening uit Westerse literatuur. 0:06:27.600,0:06:32.020 Hier's ’n aanhaling uit die skrywe[br]van ’n Londonse handelaar, John Locke, 0:06:32.020,0:06:35.640 wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het 0:06:35.640,0:06:40.420 en ’n boeiende reisverslag gehou het. 0:06:40.420,0:06:44.210 Nadat hy na die swart Afrikane[br]as "gediertes sonder huise," verwys, 0:06:44.210,0:06:48.370 skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe, 0:06:48.370,0:06:53.260 met hul monde en oë in hulle borste." 0:06:53.260,0:06:55.270 Ek lag elke keer wat ek dit lees. 0:06:55.270,0:06:59.370 En ’n mens moet sy verbeelding bewonder. 0:06:59.370,0:07:00.490 Maar belangrik 0:07:00.490,0:07:01.680 is dat sy skryfwerk 0:07:01.680,0:07:06.100 die begin van ’n verteltradisie van Afrikastories [br]in die Weste verteenwoordig: 0:07:06.100,0:07:09.520 ’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika [br]as ’n plek van negatiewes, 0:07:09.520,0:07:11.990 van andersheid, van donkerte, 0:07:11.990,0:07:17.110 van mense wat, in die woorde van [br]die wonderlike digter, Rudyard Kipling, 0:07:17.110,0:07:20.310 "halfduiwel, halfkind" is. 0:07:20.310,0:07:23.140 En so't ek begin besef [br]dat my Amerikaanse kamermaat 0:07:23.140,0:07:25.000 haar hele lewe lank 0:07:25.000,0:07:29.470 verskillende weergawes van hierdie [br]enkele storie moes gesien en gehoor het. 0:07:29.470,0:07:31.130 So ook ’n professor, 0:07:31.130,0:07:36.110 wat op ’n keer vir my gesê het [br]dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie. 0:07:36.110,0:07:38.000 Ek was heeltemal bereid om aan te voer 0:07:38.000,0:07:40.770 dat daar heelwat dinge[br]verkeerd was met die roman, 0:07:40.770,0:07:44.000 dat dit op vele punte misluk het, 0:07:44.000,0:07:45.840 maar ek het nie kon droom 0:07:45.840,0:07:49.340 dat dit die kastige "eg aan Afrika" paal [br]nie gehaal het nie. 0:07:49.340,0:07:54.020 Ek het inderwaarheid nie geweet[br]wat Afrika-egtheid was nie 0:07:54.020,0:07:58.520 Die professor het my meegedeel [br]dat my karakters te veel soos hy was, 0:07:58.520,0:08:00.560 ’n opgevoede, middelklas man. 0:08:00.560,0:08:02.800 My karakters het motors bestuur. 0:08:02.800,0:08:05.000 Hulle't nie van honger vergaan nie. 0:08:05.000,0:08:09.000 Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie. 0:08:09.000,0:08:12.000 Maar ek moet byvoeg [br]dat ek net so skuldig is 0:08:12.000,0:08:15.000 aan die enkele storie kwessie. 0:08:15.000,0:08:19.000 Ek't ’n paar jaar gelede Meksiko besoek [br]uit die VSA. 0:08:19.000,0:08:21.700 Die politieke klimaat in die VSA [br]was gespanne, 0:08:21.700,0:08:25.000 en debatte oor immigrasie het geheers. 0:08:25.000,0:08:27.360 En, soos dit baie in Amerika gebeur, 0:08:27.360,0:08:30.720 het immigrasie [br]sinoniem met Meksikane geword. 0:08:30.720,0:08:32.600 Daar was eindelose stories oor Meksikane 0:08:32.600,0:08:36.550 wat die gesondheidstelsel kaal uittrek, 0:08:36.550,0:08:38.160 oor die grens sluip, 0:08:38.160,0:08:42.290 by die grens gearresteer word, [br]daai soort ding. 0:08:42.290,0:08:46.220 Ek't op my eerste dag [br]in Guadalajara rondgeloop, 0:08:46.220,0:08:48.740 gekyk het hoe die mense werk toe gaan, 0:08:48.740,0:08:50.610 by die markplein hulle tortillas oprol, 0:08:50.610,0:08:53.280 aan't rook en lag. 0:08:53.280,0:08:55.910 Ek onthou dat ek eers effens verras was. 0:08:55.910,0:08:59.510 En toe was ek van skaamte oorkom. 0:08:59.510,0:09:04.020 Ek het besef dat ek so verdiep was [br]in die mediadekking oor Meksikane 0:09:04.020,0:09:06.260 dat hulle een ding in my kop geword het: 0:09:06.260,0:09:08.960 die ellendige immigrant. 0:09:08.960,0:09:11.000 Ek't geval vir [br]die enkele storie oor Meksikane 0:09:11.000,0:09:14.120 en ek kon nie méér skaam kry nie. 0:09:14.120,0:09:16.820 So dis hoe om ’n enkele storie te skep, 0:09:16.820,0:09:19.000 ’n volk te wys as een ding, 0:09:19.000,0:09:21.160 slegs een ding, 0:09:21.160,0:09:23.000 oor en oor, 0:09:23.000,0:09:26.000 en dis wat hulle dan word. 0:09:26.000,0:09:28.160 Dis onmoontlik [br]om die enkele storie te bespreek, 0:09:28.160,0:09:31.600 sonder om mag aan te raak. 0:09:31.600,0:09:33.520 Daar's ’n Igbo woord, 0:09:33.520,0:09:36.980 waaroor ek dink as ek [br]oor die wêreld se magstrukture dink, 0:09:36.980,0:09:38.510 en dis: "nkali." 0:09:38.510,0:09:43.690 Dis ’n selfstandige naamword, losweg vertaal: [br]"om groter as ’n ander te wees". 0:09:43.690,0:09:46.680 Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde, 0:09:46.680,0:09:50.810 word stories ook bepaal[br]deur die beginsel van nkali: 0:09:50.820,0:09:53.200 Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel, 0:09:53.200,0:09:56.440 wanneer hulle vertel word, [br]hoeveel vertel word, 0:09:56.440,0:10:00.100 is alles regtig afhanklik van mag. 0:10:00.100,0:10:03.460 Mag is die vermoë [br]om ’n ander se storie te vertel 0:10:03.460,0:10:07.290 én om dit die beslissende storie [br]van dié persoon te maak. 0:10:07.290,0:10:09.620 Die Palestynse digter [br]Mourid Barghouti skryf 0:10:09.620,0:10:12.310 dat as jy ’n volk wil ontvreem, 0:10:12.310,0:10:14.050 is die eenvoudigste manier 0:10:14.050,0:10:18.590 om hulle storie te begin vertel [br]met "tweedens." 0:10:18.590,0:10:22.580 Begin die storie met [br]die Amerikaanse inboorlinge se pyle, 0:10:22.580,0:10:25.230 en nié met die Britte se aankoms nie, 0:10:25.230,0:10:28.000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 0:10:28.000,0:10:32.500 Begin die storie [br]met die mislukking van die Afrikastaat, 0:10:32.500,0:10:36.160 en nié met die koloniale skepping [br]van die Afrikastaat nie, 0:10:36.160,0:10:40.000 en dan het jy ’n heeltemal ander storie. 0:10:40.000,0:10:42.710 Ek't onlangs by ’n universiteit gepraat 0:10:42.710,0:10:46.000 waar ’n student vir my gesê het [br]dat dit só jammer is 0:10:46.000,0:10:49.000 dat Nigeriese mans mishandelaars is, 0:10:49.000,0:10:52.000 soos die vaderfiguur in my roman. 0:10:52.000,0:10:56.310 Ek't vir hom gesê dat ek pas die roman[br]"American Psycho" gelees het -- 0:10:56.310,0:10:58.390 (Gelag) 0:10:58.390,0:11:00.280 -- en dat dit só jammer is 0:11:00.280,0:11:04.330 dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is. 0:11:04.330,0:11:07.000 (Gelag) 0:11:07.000,0:11:13.000 (Applous) 0:11:13.000,0:11:16.410 Natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê. 0:11:16.410,0:11:18.000 (Gelag) 0:11:18.000,0:11:20.000 Maar ek sou nooit kon dink 0:11:20.000,0:11:24.310 dat 'n reeksmoordenaar-karakter[br]in 'n roman 0:11:24.310,0:11:28.060 álle Amerikaners verteenwoordig nie. 0:11:28.060,0:11:31.610 Dis nie omdat ek ’n beter mens[br]as daai student is nie, 0:11:31.610,0:11:34.560 maar eerder as gevolg van [br]Amerika se kulturele en ekonomiese mag, 0:11:34.560,0:11:36.350 dat ek baie stories oor Amerika het. 0:11:36.350,0:11:40.340 Ek het al Tyler en Updike [br]en Steinbeck en Gaitskill gelees. 0:11:40.340,0:11:43.790 Ek't nie ’n enkele storie [br]oor Amerika gehad nie. 0:11:43.790,0:11:45.400 Toe ek gehoor het 0:11:45.400,0:11:49.960 dat daar van skrywers verwag word [br]om ongelukkige kinderjare te gehad het 0:11:49.960,0:11:51.880 om suksesvol te wees, 0:11:51.880,0:11:57.310 het ek begin dink oor hoe ek aaklige goed[br]wat my ouers my aangedoen het, kon opmaak. 0:11:57.310,0:11:58.460 (Gelag) 0:11:58.460,0:12:01.830 Maar om die waarheid te sê, [br]het ek gelukkige kinderjare gehad, 0:12:01.830,0:12:05.270 vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin. 0:12:05.270,0:12:08.920 Maar ek't ook oupas gehad [br]wat in vlugtelingkampe dood is. 0:12:08.920,0:12:13.070 My nefie Polle is dood [br]omdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie. 0:12:13.070,0:12:16.290 Een van my beste maats, Okoloma, [br]is dood in ’n vliegtuigongeluk 0:12:16.290,0:12:19.620 omdat ons brandweerwaens [br]nie water gehad het nie. 0:12:19.620,0:12:22.240 Ek't onder verdrukkende [br]militêre regerings grootgeword 0:12:22.240,0:12:23.960 wat opvoeding van waarde beroof het, 0:12:23.960,0:12:27.080 sodat my ouers soms [br]nie hulle salarisse betaal is nie. 0:12:27.080,0:12:31.160 En so, as ’n kind, het ek gesien [br]hoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn, 0:12:31.160,0:12:33.730 toe margarien, 0:12:33.730,0:12:36.030 toe het brood te duur geword, 0:12:36.030,0:12:39.030 toe is melk op rantsoen gesit. 0:12:39.030,0:12:42.980 En meeste van alles, [br]het ’n soort genormaliseerde politieke vrees 0:12:42.980,0:12:45.920 ons lewens binnegedring. 0:12:45.920,0:12:48.640 Al hierdie stories maak my wie ek is. 0:12:48.640,0:12:52.430 Maar om slegs op dié [br]negatiewe stories aan te dring 0:12:52.430,0:12:55.400 is om my ervaring af te plat 0:12:55.400,0:12:59.530 en baie van die stories wat my gevorm het[br]oor die hoof te sien. 0:12:59.530,0:13:02.530 Die enkele storie skep stereotipes, 0:13:02.530,0:13:07.010 en die probleem met stereotipes,[br]is nie dat hulle onwaar is nie, 0:13:07.010,0:13:09.460 maar dat hulle onvolledig is. 0:13:09.460,0:13:12.960 Hulle maak een storie die enigste storie. 0:13:12.960,0:13:15.690 Afrika ís ’n vasteland vol katastrofes: 0:13:15.690,0:13:19.150 Daar is grotes, [br]soos die skokkende verkragtings in Kongo 0:13:19.150,0:13:20.660 en ontmoedigendes, 0:13:20.660,0:13:26.200 soos dat 5000 mense vir een vakante pos [br]in Nigerië aansoek doen. 0:13:26.200,0:13:29.850 Maar daar is onrampspoedige stories 0:13:29.850,0:13:33.540 en dis nét so belangrik om oor hulle te praat. 0:14:05.720,0:14:07.720 Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik 0:14:07.720,0:14:10.720 om ordentlik aan ’n plek of persoon [br]mee te doen 0:14:10.720,0:14:14.720 sonder om in al die stories [br]van daardie plek of persoon te deel. 0:14:14.720,0:14:17.720 Die gevolg van die enkele storie 0:14:17.720,0:14:20.720 is dat dit mense van waardigheid beroof. 0:14:20.720,0:14:24.720 Dit maak erkenning [br]van ons gelyke menslikheid moeilik. 0:14:24.720,0:14:27.720 Dit beklemtoon ons verskille[br]eerder as ons ooreenkomste. 0:14:27.720,0:14:29.720 So wat as ek voor my Meksikaanse toer 0:14:29.720,0:14:33.720 albei kante van die [br]immigrasiedebat gevolg het, 0:14:33.720,0:14:35.720 die Amerikaanse en die Meksikaanse? 0:14:35.720,0:14:39.720 Wat as my ma vir ons gesê het [br] 0:14:39.720,0:14:41.720 dat Fide se familie arm[br]én hardwerkend is? 0:14:41.720,0:14:43.720 Wat as ons [br]’n Afrika-televisienetwerk gehad het 0:14:43.720,0:14:47.720 wat uiteenlopende Afrikastories [br]regoor die wêreld uitsaai? 0:14:47.720,0:14:49.720 Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe[br]"’n balans van stories" noem. 0:14:49.720,0:14:52.720 Wat as my kamermaat kon weet [br]van my Nigeriese uitgewer, 0:14:52.720,0:14:54.720 Muhtar Bakare, 0:14:54.720,0:14:56.720 ’n merkwaardige man [br]wat sy werk by ’n bank gelos het 0:14:56.720,0:14:59.720 om sy droom te volg [br]en ’n uitgewery te begin? 0:14:59.720,0:15:03.720 Die staande opvatting was [br]dat Nigeriërs nie literatuur lees nie. 0:15:03.720,0:15:05.720 Hy't verskil. 0:15:05.720,0:15:07.720 Hy't gedink [br]mense wat kon lees, sou lees, 0:15:07.720,0:15:11.720 as jy literatuur bekostigbaar [br]en beskikbaar gemaak het. 0:15:11.720,0:15:14.720 Kort daarna het hy [br]my eerste roman uitgegee 0:15:14.720,0:15:17.720 en was ek by ’n TV-ateljee [br]in Lagos vir ’n onderhoud, 0:15:17.720,0:15:20.720 en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, [br]het vir my kom sê: 0:15:20.720,0:15:23.720 "Ek het baie van jou roman gehou. [br]Ek het nie van die einde gehou nie. 0:15:33.900,0:15:36.900 Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, [br]en wat moet gebeur is ..." 0:15:36.900,0:15:39.900 (Gelag) 0:15:39.900,0:15:42.900 En sy't toe vir my vertel [br]wat om in die vervolgstuk te skryf. 0:15:42.900,0:15:45.900 Ek was nie net bekoor nie, [br]ek was ook diep geroer. 0:15:45.900,0:15:48.900 Hier was ’n vrou, [br]soos baie gewone Nigeriërs, 0:15:48.900,0:15:51.900 wat nie veronderstel was [br]om 'n leser te wees nie. 0:15:51.900,0:15:53.900 Sy't nie net die boek gelees nie, 0:15:53.900,0:15:56.900 sy't dit ook aangeneem 0:15:56.900,0:15:58.900 en geregverdig gevoel [br]in haar instruksies vir die vervolgstuk. 0:15:59.340,0:16:03.340 So wat as my kamermaat kon weet [br]van my vriendin Funmi Iyanda, 0:16:03.340,0:16:06.340 ’n vreeslose Lagos TV-aanbieder, 0:16:06.340,0:16:09.340 vasberade om die stories [br]wat ons verkies om te vergeet, te vertel? 0:16:09.340,0:16:13.340 Wat as my kamermaat kon weet [br]van die hartoperasie 0:16:13.340,0:16:16.340 wat verlede week [br]in ’n Lagos-hospitaal uitgevoer is? 0:16:16.340,0:16:20.340 Wat as my kamermaat kon weet [br]van hedendaagse Nigeriese musiek, 0:16:20.340,0:16:23.340 talentvolle mense wat sing [br]in Engels en Pidgin, 0:16:23.340,0:16:25.340 en Igbo en Joroeba en Ijo, 0:16:25.340,0:16:29.340 terwyl hulle invloede van Jay-Z tot Fela 0:16:29.340,0:16:32.340 tot Bob Marley en hulle oupas meng. 0:16:32.340,0:16:34.340 Wat as my kamermaat kon weet [br]van die vroulike prokureur 0:16:34.340,0:16:36.340 wat onlangs in Nigerië hof toe is [br]om ’n belaglike wet te betwis 0:16:36.340,0:16:39.340 wat vereis dat vroue [br]hulle mans se toestemming kry 0:16:39.340,0:16:42.340 voor hulle hul paspoorte hernu? 0:16:42.340,0:16:45.340 Was as my kamermaat kon weet van Nollywood, 0:16:45.340,0:16:49.340 vol innoverende mense wat films maak [br]ten spyte van groot tegniese uitdagings, 0:16:49.340,0:16:51.340 films wat só gewild is, 0:16:51.340,0:16:53.340 dat hulle rêrig die beste voorbeeld is[br]van Nigeriërs wat verbruik wat hulle self skep? 0:16:53.340,0:16:56.340 Wat as my kamermaat kon weet [br]van my vooruitstrewende haarvlegter, 0:16:57.380,0:16:59.280 wat pas haar eie besigheid [br]vir die verkoop van haarverlengings begin het? 0:16:59.280,0:17:01.280 Of van die miljoene Nigeriërs[br]wat besighede begin wat soms misluk, 0:17:01.760,0:17:03.220 maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek? 0:17:03.220,0:17:05.220 Elke keer wat ek tuis is, 0:17:05.220,0:17:07.260 word ek met die gewone bronne van irritasie [br]vir meeste Nigeriërs gekonfronteer: 0:17:07.260,0:17:08.780 ons mislukte infrastruktuur, [br]ons mislukte regering, 0:17:08.780,0:17:10.660 maar ook die ongelooflike taaiheid 0:17:10.660,0:17:12.320 van mense wat floreer [br]ten spyte van die regering, 0:17:12.320,0:17:14.320 eerder as gevolg daarvan. 0:17:14.320,0:17:17.320 Ek bied elke somer [br]skryfwerkswinkels in Lagos aan, 0:17:17.320,0:17:20.320 en dis indrukwekkend[br]hoeveel mense aansoek doen, 0:17:20.320,0:17:22.380 hoeveel mense gretig is om te skryf, 0:17:22.380,0:17:23.910 om stories te vertel. 0:17:23.910,0:17:26.190 Ek en my Nigeriese uitgewer [br]het onlangs die Farafina Trust -- 0:17:26.190,0:17:28.110 sonder winsbejag -- begin 0:17:28.110,0:17:30.330 en ons het groot drome van biblioteke bou 0:17:30.330,0:17:31.970 en bestaande biblioteke opknap 0:17:31.970,0:17:33.500 en boeke verskaf aan staatskole 0:17:33.500,0:17:35.190 wat niks in hulle biblioteke het nie, 0:17:35.190,0:17:37.440 en ook van tonne werkswinkels organiseer, 0:17:37.440,0:17:39.680 in lees en skryf, 0:17:39.680,0:17:41.720 vir al die mense wat gretig is [br]om ons baie stories te vertel. 0:17:41.720,0:17:43.390 Stories maak saak. 0:17:43.390,0:17:45.170 Baie stories maak saak. 0:17:45.170,0:17:52.130 Stories is al gebruik [br]om te ontvreem en te belaster, 0:17:52.130,0:17:54.580 maar stories kan ook gebruik word [br]om te bemagtig en te vermenslik. 0:17:54.580,0:17:55.650 Stories kan ’n volk se waardigheid breek, 0:17:55.650,0:17:57.130 maar stories kan ook [br]hulle gebreekte waardigheid heelmaak. 0:17:57.130,0:17:59.600 Die Amerikaanse skrywer [br]Alice Walker het geskryf 0:17:59.600,0:18:02.130 van haar suiderlingfamilielede[br]wat na die Noorde getrek het. 0:18:02.130,0:18:04.140 Sy't hulle in ’n boek 0:18:04.140,0:18:07.630 oor die suiderlinglewe [br]wat hulle agtergelaat het, bekendgestel: 0:18:07.630,0:18:10.070 "Hulle't rondgesit, die boek self gelees, 0:18:10.070,0:18:13.560 geluister na hoe ek die boek lees, [br]en ’n paradys van soorte is herwin." 0:18:13.560,0:18:15.760 Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit: 0:18:15.760,0:18:17.780 Dat wanneer ons die enkele storie verwerp, 0:18:17.780,0:18:18.760 wanneer ons besef [br]dat daar nooit ’n enkele storie 0:18:18.760,0:18:21.100 oor enige plek is nie, 0:18:21.100,0:18:24.100 herwin ons ’n soort paradys. 0:18:24.100,0:18:25.510 Dankie. 0:18:25.510,0:18:28.000 (Applous)