[Script Info] Title: [Events] Format: Layer, Start, End, Style, Name, MarginL, MarginR, MarginV, Effect, Text Dialogue: 0,0:00:00.94,0:00:03.28,Default,,0000,0000,0000,,Ek is ’n storieverteller. Dialogue: 0,0:00:03.28,0:00:06.75,Default,,0000,0000,0000,,Ek wil julle ’n paar \Npersoonlike stories vertel Dialogue: 0,0:00:06.75,0:00:10.81,Default,,0000,0000,0000,,oor "die gevaar van die enkele storie". Dialogue: 0,0:00:10.81,0:00:14.37,Default,,0000,0000,0000,,Ek't op ’n universiteitskampus \Nin oos-Nigerië grootgeword. Dialogue: 0,0:00:14.37,0:00:17.40,Default,,0000,0000,0000,,My ma sê ek't op twee begin lees, Dialogue: 0,0:00:17.40,0:00:22.00,Default,,0000,0000,0000,,alhoewel ek dink vier \Nnader aan die waarheid is. Dialogue: 0,0:00:22.00,0:00:24.00,Default,,0000,0000,0000,,So ek was ’n vroeë leser Dialogue: 0,0:00:24.00,0:00:27.68,Default,,0000,0000,0000,,en ek't Britse en \NAmerikaanse kinderboeke gelees. Dialogue: 0,0:00:27.68,0:00:30.42,Default,,0000,0000,0000,,Ek was ook ’n vroeë skrywer. Dialogue: 0,0:00:30.42,0:00:34.00,Default,,0000,0000,0000,,Toe ek begin skryf, \Nop omtrent sewe, Dialogue: 0,0:00:34.00,0:00:36.47,Default,,0000,0000,0000,,stories in potlood met krytillustrasies, Dialogue: 0,0:00:36.47,0:00:39.58,Default,,0000,0000,0000,,wat my arme ma móés lees, Dialogue: 0,0:00:39.58,0:00:43.24,Default,,0000,0000,0000,,skryf ek presies die tipe stories \Nwat ek gelees het: Dialogue: 0,0:00:43.24,0:00:47.92,Default,,0000,0000,0000,,Al my karakters was wit met blou oë, Dialogue: 0,0:00:47.92,0:00:50.39,Default,,0000,0000,0000,,hulle't in die sneeu gespeel, Dialogue: 0,0:00:50.39,0:00:52.39,Default,,0000,0000,0000,,hulle't appels geëet Dialogue: 0,0:00:52.39,0:00:54.12,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:00:54.12,0:00:56.09,Default,,0000,0000,0000,,en hulle't baie oor die weer gepraat, Dialogue: 0,0:00:56.09,0:00:59.12,Default,,0000,0000,0000,,hoe lieflik dit was,\Ndat die son uitgekom het. Dialogue: 0,0:00:59.12,0:01:00.58,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:01:00.58,0:01:03.86,Default,,0000,0000,0000,,Ondanks die feit \Ndat ek in Nigerië gewoon het. Dialogue: 0,0:01:03.86,0:01:07.23,Default,,0000,0000,0000,,Ek was toe nog nooit buite Nigerië nie. Dialogue: 0,0:01:07.23,0:01:09.12,Default,,0000,0000,0000,,Ons't niks sneeu gehad nie, Dialogue: 0,0:01:09.12,0:01:10.53,Default,,0000,0000,0000,,ons het mangoes geëet, Dialogue: 0,0:01:10.53,0:01:12.22,Default,,0000,0000,0000,,en ons't nooit oor die weer gepraat nie, Dialogue: 0,0:01:12.22,0:01:14.32,Default,,0000,0000,0000,,want dit was onnodig. Dialogue: 0,0:01:14.32,0:01:17.12,Default,,0000,0000,0000,,My karakters het ook \Nbaie gemmerbier gedrink, Dialogue: 0,0:01:17.12,0:01:21.46,Default,,0000,0000,0000,,want die karakters in die Britse boeke\Nhet gemmerbier gedrink. Dialogue: 0,0:01:21.46,0:01:24.52,Default,,0000,0000,0000,,Ongeag dat ek g'n benul \Nvan gemmerbier gehad het nie. Dialogue: 0,0:01:24.52,0:01:25.52,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:01:25.52,0:01:26.99,Default,,0000,0000,0000,,En vir baie jare daarna Dialogue: 0,0:01:26.99,0:01:30.53,Default,,0000,0000,0000,,sou ek ’n brandende begeerte hê\Nom gemmerbier te proe. Dialogue: 0,0:01:30.53,0:01:32.21,Default,,0000,0000,0000,,Maar dis ’n ander storie. Dialogue: 0,0:01:32.21,0:01:34.51,Default,,0000,0000,0000,,Wat hierdie wys, dink ek, Dialogue: 0,0:01:34.51,0:01:37.25,Default,,0000,0000,0000,,is hoe ontvanklik en vatbaar ons is Dialogue: 0,0:01:37.25,0:01:39.00,Default,,0000,0000,0000,,met ’n storie voor oë, Dialogue: 0,0:01:39.00,0:01:41.70,Default,,0000,0000,0000,,veral as kinders. Dialogue: 0,0:01:41.70,0:01:45.50,Default,,0000,0000,0000,,Omdat ek nét boeke gelees het\Nwaarin karakters anders was, Dialogue: 0,0:01:45.50,0:01:46.86,Default,,0000,0000,0000,,was ek oortuig \N Dialogue: 0,0:01:46.86,0:01:50.55,Default,,0000,0000,0000,,dat boeke vanselfsprekend \Nvreemdelinge moes in hê Dialogue: 0,0:01:50.55,0:01:55.02,Default,,0000,0000,0000,,en oor dinge moes gaan \Nwaarmee ek nie kon identifiseer nie. Dialogue: 0,0:01:55.62,0:01:59.05,Default,,0000,0000,0000,,Dinge het verander \Ntoe ek Afrikaboeke ontdek het. Dialogue: 0,0:01:59.05,0:02:00.70,Default,,0000,0000,0000,,Daar was nie veel beskikbaar nie Dialogue: 0,0:02:00.70,0:02:03.75,Default,,0000,0000,0000,,en hulle was nie so verkrygbaar \Nsoos die buitelandse boeke nie. Dialogue: 0,0:02:03.75,0:02:06.91,Default,,0000,0000,0000,,Maar dank skrywers \Nsoos Chinua Achebe en Camara Laye, Dialogue: 0,0:02:06.91,0:02:11.04,Default,,0000,0000,0000,,het ek ’n sielsverskuiwing \Nin my begrip van letterkunde beleef. Dialogue: 0,0:02:11.04,0:02:13.03,Default,,0000,0000,0000,,Ek het besef dat mense soos ek, Dialogue: 0,0:02:13.03,0:02:16.24,Default,,0000,0000,0000,,meisies met vel die kleur van sjokolade, Dialogue: 0,0:02:16.24,0:02:18.71,Default,,0000,0000,0000,,wie se kroes hare \Nnie kon poniesterte maak nie, Dialogue: 0,0:02:18.71,0:02:20.97,Default,,0000,0000,0000,,ook in literatuur kon bestaan. Dialogue: 0,0:02:20.97,0:02:24.94,Default,,0000,0000,0000,,Ek't oor vertroude dinge begin skryf. Dialogue: 0,0:02:24.94,0:02:28.26,Default,,0000,0000,0000,,Ek was wel versot op \Ndie Amerikaanse en Britse boeke. Dialogue: 0,0:02:28.26,0:02:32.03,Default,,0000,0000,0000,,Hulle't my verbeelding aangegryp, \Nvir my nuwe wêrelde oopgemaak. Dialogue: 0,0:02:32.03,0:02:34.26,Default,,0000,0000,0000,,Maar die gevolg was per abuis Dialogue: 0,0:02:34.26,0:02:36.43,Default,,0000,0000,0000,,dat ek nie geweet het mense soos ek Dialogue: 0,0:02:36.43,0:02:38.82,Default,,0000,0000,0000,,kon in literatuur bestaan nie. Dialogue: 0,0:02:38.82,0:02:41.93,Default,,0000,0000,0000,,So die ontdekking van Afrikaskrywers Dialogue: 0,0:02:41.93,0:02:47.12,Default,,0000,0000,0000,,het my gered van 'n enkele storie hê\Noor wat boeke in wese is. Dialogue: 0,0:02:47.12,0:02:50.25,Default,,0000,0000,0000,,Ek was uit ’n gewone, \Nmiddelklas Nigeriese gesin. Dialogue: 0,0:02:50.25,0:02:52.53,Default,,0000,0000,0000,,My pa was ’n professor. Dialogue: 0,0:02:52.53,0:02:55.72,Default,,0000,0000,0000,,My ma was ’n administratiewe beampte. Dialogue: 0,0:02:55.72,0:02:58.54,Default,,0000,0000,0000,,En, soos die norm was, Dialogue: 0,0:02:58.54,0:03:03.41,Default,,0000,0000,0000,,het ons inwoon-huishulpe gehad, \Nwat van nabye dorpies af gekom het. Dialogue: 0,0:03:03.41,0:03:07.35,Default,,0000,0000,0000,,Die jaar wat ek agt geword het, \Nhet ons ’n nuwe huisknaap gekry. Dialogue: 0,0:03:07.35,0:03:10.08,Default,,0000,0000,0000,,Sy naam was Fide. Dialogue: 0,0:03:10.08,0:03:15.00,Default,,0000,0000,0000,,My ma het ons net een ding oor hom vertel:\Nsy familie was baie arm. Dialogue: 0,0:03:15.00,0:03:20.23,Default,,0000,0000,0000,,My ma het jamswortels en rys \Nen ons ou klere na sy familie toe gestuur. Dialogue: 0,0:03:20.23,0:03:22.85,Default,,0000,0000,0000,,As ek nie my aandete opgeëet het nie, \Nsou sy sê: Dialogue: 0,0:03:22.85,0:03:27.26,Default,,0000,0000,0000,,"Eet jou kos! Weet jy dan nie? \NMense soos Fide se familie het niks nie." Dialogue: 0,0:03:27.26,0:03:31.74,Default,,0000,0000,0000,,So ek was baie jammer vir Fide se familie. Dialogue: 0,0:03:31.74,0:03:34.63,Default,,0000,0000,0000,,Toe een Saterdag \Ngaan ons na sy dorpie op besoek, Dialogue: 0,0:03:34.63,0:03:38.23,Default,,0000,0000,0000,,en sy ma wys vir ons \N’n pragtige gepatroonde mandjie Dialogue: 0,0:03:38.23,0:03:41.20,Default,,0000,0000,0000,,gemaak van gekleurde raffia, \Nwat sy broer gemaak het. Dialogue: 0,0:03:41.20,0:03:43.26,Default,,0000,0000,0000,,Ek was verbaas. Dialogue: 0,0:03:43.26,0:03:46.19,Default,,0000,0000,0000,,Ek't nie besef dat iemand in sy familie Dialogue: 0,0:03:46.19,0:03:49.23,Default,,0000,0000,0000,,sowaar iets kon máák nie. Dialogue: 0,0:03:49.23,0:03:52.05,Default,,0000,0000,0000,,Al wat ek van hulle gehoor het, \Nwas hoe arm hulle was, Dialogue: 0,0:03:52.05,0:03:57.25,Default,,0000,0000,0000,,sodat dit vir my onmoontlik geword het \Nom hulle as enigiets buiten arm te sien. Dialogue: 0,0:03:57.25,0:04:01.20,Default,,0000,0000,0000,,Hulle armoede \Nwas my enkele storie oor hulle. Dialogue: 0,0:04:01.20,0:04:03.88,Default,,0000,0000,0000,,Ek't later hieroor gedink \Ntoe ek weg is uit Nigerië Dialogue: 0,0:04:03.88,0:04:06.42,Default,,0000,0000,0000,,om universiteit toe te gaan in die VSA. Dialogue: 0,0:04:06.42,0:04:07.86,Default,,0000,0000,0000,,Ek was 19. Dialogue: 0,0:04:08.50,0:04:12.21,Default,,0000,0000,0000,,My Amerikaanse kamermaat is deur my geskok. Dialogue: 0,0:04:12.21,0:04:15.76,Default,,0000,0000,0000,,Sy't my gevra waar ek so goed \NEngels leer praat het Dialogue: 0,0:04:15.76,0:04:17.59,Default,,0000,0000,0000,,en was verward toe ek sê Dialogue: 0,0:04:17.59,0:04:21.90,Default,,0000,0000,0000,,dat Engels toevallig genoeg \Ndie amptelike taal van Nigerië is. Dialogue: 0,0:04:21.90,0:04:26.40,Default,,0000,0000,0000,,Sy't gevra om na \Nmy "tribal music" te luister Dialogue: 0,0:04:26.40,0:04:28.39,Default,,0000,0000,0000,,en was gevolglik baie teleurgesteld Dialogue: 0,0:04:28.39,0:04:31.17,Default,,0000,0000,0000,,toe ek my Mariah Carey-kasset uithaal. Dialogue: 0,0:04:31.17,0:04:33.46,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:04:33.46,0:04:37.87,Default,,0000,0000,0000,,Sy't aangeneem dat ek nie weet \Nhoe om ’n stoof te gebruik nie. Dialogue: 0,0:04:37.87,0:04:39.31,Default,,0000,0000,0000,,Dít het my getref: Dialogue: 0,0:04:39.31,0:04:42.84,Default,,0000,0000,0000,,Sy't my al bejammer \Nnog voor sy my gesien het. Dialogue: 0,0:04:42.84,0:04:46.17,Default,,0000,0000,0000,,Haar verstekposisie teenoor my, \Nas ’n Afrikaan, Dialogue: 0,0:04:46.17,0:04:50.50,Default,,0000,0000,0000,,was ’n soort neerbuigende, \Ngoed-bedoelde jammerhartigheid. Dialogue: 0,0:04:50.50,0:04:53.80,Default,,0000,0000,0000,,My kamermaat het \N’n enkele Afrikastorie gehad: Dialogue: 0,0:04:53.80,0:04:56.76,Default,,0000,0000,0000,,’n enkele storie oor katastrofe. Dialogue: 0,0:04:56.76,0:04:58.64,Default,,0000,0000,0000,,In dié enkele storie Dialogue: 0,0:04:58.64,0:05:02.17,Default,,0000,0000,0000,,kon Afrikane geensins soos sy wees nie, Dialogue: 0,0:05:02.17,0:05:05.27,Default,,0000,0000,0000,,was daar geen gevoelens \Nmeer kompleks as bejammering nie Dialogue: 0,0:05:05.27,0:05:09.04,Default,,0000,0000,0000,,en geen moontlikheid van ’n verbinding \Nas gelyke mense nie. Dialogue: 0,0:05:09.04,0:05:11.12,Default,,0000,0000,0000,,Voor ek VSA toe is, Dialogue: 0,0:05:11.12,0:05:14.32,Default,,0000,0000,0000,,het ek nie bewustelik geïdentifiseer \Nas ’n Afrikaan nie. Dialogue: 0,0:05:14.32,0:05:17.26,Default,,0000,0000,0000,,Maar as Afrika ter sprake was, \Nhet almal na my gekyk. Dialogue: 0,0:05:17.26,0:05:21.00,Default,,0000,0000,0000,,Ondanks dat ek niks geweet het \Noor plekke soos Namibië nie. Dialogue: 0,0:05:21.00,0:05:23.35,Default,,0000,0000,0000,,Ek't op die ou end\Ndié nuwe identiteit aangeneem, Dialogue: 0,0:05:23.35,0:05:26.20,Default,,0000,0000,0000,,en op baie maniere \Ndink ek nou aan myself as Afrikaan. Dialogue: 0,0:05:26.20,0:05:30.12,Default,,0000,0000,0000,,Dit ontstem my wel steeds \Nwanneer Afrika as ’n land beskou word, Dialogue: 0,0:05:30.12,0:05:34.00,Default,,0000,0000,0000,,die mees onlangse voorbeeld \Nwas op my andersins wonderlike vlug, Dialogue: 0,0:05:34.00,0:05:36.00,Default,,0000,0000,0000,,vanaf Lagos twee dae gelede, Dialogue: 0,0:05:36.00,0:05:39.70,Default,,0000,0000,0000,,met die Virgin-aankondiging\Noor hulle liefdadigheidswerk Dialogue: 0,0:05:39.70,0:05:43.40,Default,,0000,0000,0000,,in "Indië, Afrika en ander lande". Dialogue: 0,0:05:43.40,0:05:44.57,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:05:44.57,0:05:48.30,Default,,0000,0000,0000,,So na ek ’n paar jaar in die VSA \Nas ’n Afrikaan spandeer het, Dialogue: 0,0:05:48.30,0:05:52.00,Default,,0000,0000,0000,,het ek my kamermaat se reaksie \Nteenoor my begin verstaan. Dialogue: 0,0:05:52.00,0:05:54.61,Default,,0000,0000,0000,,As ek nie in Nigerië grootgeword het nie, Dialogue: 0,0:05:54.61,0:05:57.54,Default,,0000,0000,0000,,en as my Afrikakennis\Nuit alledaagse beelde gekom het, Dialogue: 0,0:05:57.54,0:05:59.28,Default,,0000,0000,0000,,sou ek ook dink Dialogue: 0,0:05:59.28,0:06:04.26,Default,,0000,0000,0000,,dat Afrika ’n plek \Nvan pragtige landskappe, mooi diere, Dialogue: 0,0:06:04.26,0:06:06.13,Default,,0000,0000,0000,,en onverstaanbare mense is, Dialogue: 0,0:06:06.13,0:06:09.88,Default,,0000,0000,0000,,aan't oorlogvoer, \Nsterwend van armoede of VIGS, Dialogue: 0,0:06:09.88,0:06:12.17,Default,,0000,0000,0000,,nie in staat daartoe \Nom vir hulleself te praat nie Dialogue: 0,0:06:12.17,0:06:16.85,Default,,0000,0000,0000,,en wagtend om verlossing\Ndeur ’n gawe, wit vreemdeling. Dialogue: 0,0:06:16.85,0:06:20.52,Default,,0000,0000,0000,,Ek sou Afrikane sien \Nnet soos ek, as kind, Dialogue: 0,0:06:20.52,0:06:23.32,Default,,0000,0000,0000,,Fide se familie gesien het. Dialogue: 0,0:06:23.32,0:06:27.60,Default,,0000,0000,0000,,Dié enkele storie oor Afrika \Nkom uit Westerse literatuur. Dialogue: 0,0:06:27.60,0:06:32.02,Default,,0000,0000,0000,,Hier's ’n aanhaling uit die skrywe\Nvan ’n Londonse handelaar, John Lok, Dialogue: 0,0:06:32.02,0:06:35.64,Default,,0000,0000,0000,,wat in 1561 na Wes-Afrika geseil het Dialogue: 0,0:06:35.64,0:06:40.42,Default,,0000,0000,0000,,en ’n boeiende reisverslag gehou het. Dialogue: 0,0:06:40.42,0:06:44.21,Default,,0000,0000,0000,,Nadat hy na die swart Afrikane\Nas "gediertes sonder huise," verwys, Dialogue: 0,0:06:44.21,0:06:48.37,Default,,0000,0000,0000,,skryf hy: "Hulle is mense sonder koppe, Dialogue: 0,0:06:48.37,0:06:53.26,Default,,0000,0000,0000,,met hul monde en oë in hulle borste." Dialogue: 0,0:06:53.26,0:06:55.27,Default,,0000,0000,0000,,Ek lag elke keer wat ek dit lees. Dialogue: 0,0:06:55.27,0:06:59.37,Default,,0000,0000,0000,,En ’n mens moet sy verbeelding bewonder. Dialogue: 0,0:06:59.37,0:07:00.49,Default,,0000,0000,0000,,Maar belangrik Dialogue: 0,0:07:00.49,0:07:01.68,Default,,0000,0000,0000,,is dat sy skryfwerk Dialogue: 0,0:07:01.68,0:07:06.10,Default,,0000,0000,0000,,die begin van ’n verteltradisie van Afrikastories \Nin die Weste verteenwoordig: Dialogue: 0,0:07:06.10,0:07:09.52,Default,,0000,0000,0000,,’n Tradisie van sub-Sahara-Afrika \Nas ’n plek van negatiewes, Dialogue: 0,0:07:09.52,0:07:11.99,Default,,0000,0000,0000,,van andersheid, van donkerte, Dialogue: 0,0:07:11.99,0:07:17.11,Default,,0000,0000,0000,,van mense wat, in die woorde van \Ndie wonderlike digter, Rudyard Kipling, Dialogue: 0,0:07:17.11,0:07:20.31,Default,,0000,0000,0000,,"halfduiwel, halfkind" is. Dialogue: 0,0:07:20.31,0:07:23.14,Default,,0000,0000,0000,,En so't ek begin besef \Ndat my Amerikaanse kamermaat Dialogue: 0,0:07:23.14,0:07:25.00,Default,,0000,0000,0000,,haar hele lewe lank Dialogue: 0,0:07:25.00,0:07:29.47,Default,,0000,0000,0000,,verskillende weergawes van hierdie \Nenkele storie moes gesien en gehoor het. Dialogue: 0,0:07:29.47,0:07:32.12,Default,,0000,0000,0000,,So ook ’n professor,\Nwat op ’n keer vir my gesê het Dialogue: 0,0:07:32.12,0:07:36.11,Default,,0000,0000,0000,,dat my roman nie "eg aan Afrika" is nie. Dialogue: 0,0:07:36.11,0:07:38.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek was bereid om aan te voer Dialogue: 0,0:07:38.00,0:07:40.77,Default,,0000,0000,0000,,dat daar heelwat dinge\Nmet die roman verkeerd was, Dialogue: 0,0:07:40.77,0:07:44.00,Default,,0000,0000,0000,,dat dit op vele punte misluk het, Dialogue: 0,0:07:44.00,0:07:45.84,Default,,0000,0000,0000,,maar ek het nie kon droom Dialogue: 0,0:07:45.84,0:07:49.34,Default,,0000,0000,0000,,dat dit die kastige "eg aan Afrika" paal \Nnie gehaal het nie. Dialogue: 0,0:07:49.34,0:07:54.02,Default,,0000,0000,0000,,Ek het inderwaarheid nie geweet\Nwat Afrika-egtheid was nie. Dialogue: 0,0:07:54.02,0:07:58.52,Default,,0000,0000,0000,,Die professor het my meegedeel \Ndat my karakters te veel soos hy was, Dialogue: 0,0:07:58.52,0:08:00.56,Default,,0000,0000,0000,,’n opgevoede, middelklas man. Dialogue: 0,0:08:00.56,0:08:02.80,Default,,0000,0000,0000,,My karakters het motors bestuur. Dialogue: 0,0:08:02.80,0:08:05.00,Default,,0000,0000,0000,,Hulle't nie van honger vergaan nie. Dialogue: 0,0:08:05.00,0:08:09.00,Default,,0000,0000,0000,,Gevolglik was hulle nie eg aan Afrika nie. Dialogue: 0,0:08:09.00,0:08:10.37,Default,,0000,0000,0000,,Maar ek moet byvoeg Dialogue: 0,0:08:10.37,0:08:15.00,Default,,0000,0000,0000,,dat ek net so skuldig is\Naan die enkele storie kwessie. Dialogue: 0,0:08:15.00,0:08:19.00,Default,,0000,0000,0000,,Ek't ’n paar jaar gelede Meksiko besoek \Nuit die VSA. Dialogue: 0,0:08:19.00,0:08:21.70,Default,,0000,0000,0000,,Die politieke klimaat in die VSA \Nwas gespanne, Dialogue: 0,0:08:21.70,0:08:25.00,Default,,0000,0000,0000,,en debatte oor immigrasie het geheers. Dialogue: 0,0:08:25.00,0:08:27.36,Default,,0000,0000,0000,,En, soos dit baie in Amerika gebeur, Dialogue: 0,0:08:27.36,0:08:30.72,Default,,0000,0000,0000,,het immigrasie \Nsinoniem met Meksikane geword. Dialogue: 0,0:08:30.72,0:08:32.60,Default,,0000,0000,0000,,Daar was eindelose stories oor Meksikane Dialogue: 0,0:08:32.60,0:08:36.55,Default,,0000,0000,0000,,wat die gesondheidstelsel kaal uittrek, Dialogue: 0,0:08:36.55,0:08:38.16,Default,,0000,0000,0000,,oor die grens sluip, Dialogue: 0,0:08:38.16,0:08:42.29,Default,,0000,0000,0000,,by die grens gearresteer word, \Ndaai soort ding. Dialogue: 0,0:08:42.29,0:08:46.22,Default,,0000,0000,0000,,Ek't op my eerste dag \Nin Guadalajara rondgeloop, Dialogue: 0,0:08:46.22,0:08:48.74,Default,,0000,0000,0000,,gekyk hoe die mense werk toe gaan, Dialogue: 0,0:08:48.74,0:08:50.61,Default,,0000,0000,0000,,by die markplein hulle tortillas oprol, Dialogue: 0,0:08:50.61,0:08:53.28,Default,,0000,0000,0000,,aan't rook en lag. Dialogue: 0,0:08:53.28,0:08:55.91,Default,,0000,0000,0000,,Ek onthou dat ek eers effens verras was. Dialogue: 0,0:08:55.91,0:08:59.38,Default,,0000,0000,0000,,En toe was ek van skaamte oorkom. Dialogue: 0,0:08:59.38,0:09:04.02,Default,,0000,0000,0000,,Ek't besef dat ek so verdiep was \Nin die mediadekking oor Meksikane Dialogue: 0,0:09:04.02,0:09:06.26,Default,,0000,0000,0000,,dat hulle een ding in my kop geword het: Dialogue: 0,0:09:06.26,0:09:08.96,Default,,0000,0000,0000,,die ellendige immigrant. Dialogue: 0,0:09:08.96,0:09:11.11,Default,,0000,0000,0000,,Ek't geval vir die enkele storie oor Meksikane Dialogue: 0,0:09:11.11,0:09:14.12,Default,,0000,0000,0000,,en ek kon nie méér skaam kry nie. Dialogue: 0,0:09:14.12,0:09:16.82,Default,,0000,0000,0000,,So dis hoe om ’n enkele storie te skep, Dialogue: 0,0:09:16.82,0:09:19.00,Default,,0000,0000,0000,,’n volk te wys as een ding, Dialogue: 0,0:09:19.00,0:09:21.16,Default,,0000,0000,0000,,slegs een ding, Dialogue: 0,0:09:21.16,0:09:23.00,Default,,0000,0000,0000,,oor en oor, Dialogue: 0,0:09:23.00,0:09:26.00,Default,,0000,0000,0000,,en dis wat hulle dan word. Dialogue: 0,0:09:26.00,0:09:28.16,Default,,0000,0000,0000,,Dis onmoontlik \Nom die enkele storie te bespreek, Dialogue: 0,0:09:28.16,0:09:31.60,Default,,0000,0000,0000,,sonder om mag aan te raak. Dialogue: 0,0:09:31.60,0:09:33.52,Default,,0000,0000,0000,,Daar's ’n Igbo woord, Dialogue: 0,0:09:33.52,0:09:36.98,Default,,0000,0000,0000,,waaroor ek dink as ek \Noor die wêreld se magstrukture dink, Dialogue: 0,0:09:36.98,0:09:38.51,Default,,0000,0000,0000,,en dis: "nkali." Dialogue: 0,0:09:38.51,0:09:43.69,Default,,0000,0000,0000,,Dis ’n selfstandige naamword, losweg vertaal: \N"om groter as ’n ander te wees". Dialogue: 0,0:09:43.69,0:09:46.68,Default,,0000,0000,0000,,Soos ons ekonomiese en politieke wêrelde, Dialogue: 0,0:09:46.68,0:09:50.81,Default,,0000,0000,0000,,word stories ook bepaal\Ndeur die beginsel van nkali: Dialogue: 0,0:09:50.82,0:09:53.20,Default,,0000,0000,0000,,Hoe hulle vertel word, wie hulle vertel, Dialogue: 0,0:09:53.20,0:09:56.44,Default,,0000,0000,0000,,wanneer hulle vertel word, \Nhoeveel vertel word, Dialogue: 0,0:09:56.44,0:10:00.10,Default,,0000,0000,0000,,is alles regtig afhanklik van mag. Dialogue: 0,0:10:00.10,0:10:03.46,Default,,0000,0000,0000,,Mag is die vermoë \Nom ’n ander se storie te vertel Dialogue: 0,0:10:03.46,0:10:07.29,Default,,0000,0000,0000,,én om dit die beslissende storie \Nvan dié persoon te maak. Dialogue: 0,0:10:07.29,0:10:09.62,Default,,0000,0000,0000,,Die Palestynse digter \NMourid Barghouti skryf Dialogue: 0,0:10:09.62,0:10:12.31,Default,,0000,0000,0000,,dat as jy ’n volk wil ontvreem, Dialogue: 0,0:10:12.31,0:10:14.05,Default,,0000,0000,0000,,is die eenvoudigste manier Dialogue: 0,0:10:14.05,0:10:18.59,Default,,0000,0000,0000,,om hulle storie te begin vertel \Nmet "tweedens." Dialogue: 0,0:10:18.59,0:10:22.58,Default,,0000,0000,0000,,Begin die storie met \Ndie Amerikaanse inboorlinge se pyle, Dialogue: 0,0:10:22.58,0:10:25.23,Default,,0000,0000,0000,,en nié met die Britte se aankoms nie, Dialogue: 0,0:10:25.23,0:10:28.00,Default,,0000,0000,0000,,en dan het jy ’n heeltemal ander storie. Dialogue: 0,0:10:28.00,0:10:32.50,Default,,0000,0000,0000,,Begin met \Ndie mislukking van die Afrikastaat, Dialogue: 0,0:10:32.50,0:10:36.16,Default,,0000,0000,0000,,en nié met die koloniale skepping \Nvan die Afrikastaat nie, Dialogue: 0,0:10:36.16,0:10:40.00,Default,,0000,0000,0000,,en dan het jy ’n heeltemal ander storie. Dialogue: 0,0:10:40.00,0:10:42.71,Default,,0000,0000,0000,,Ek't onlangs by ’n universiteit gepraat Dialogue: 0,0:10:42.71,0:10:46.00,Default,,0000,0000,0000,,waar ’n student vir my gesê het \Ndat dit só jammer is Dialogue: 0,0:10:46.00,0:10:49.00,Default,,0000,0000,0000,,dat Nigeriese mans mishandelaars is, Dialogue: 0,0:10:49.00,0:10:52.00,Default,,0000,0000,0000,,soos die vaderfiguur in my roman. Dialogue: 0,0:10:52.00,0:10:56.31,Default,,0000,0000,0000,,Ek't vir hom gesê dat ek pas die roman\N"American Psycho" gelees het -- Dialogue: 0,0:10:56.31,0:10:58.39,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:10:58.39,0:11:00.28,Default,,0000,0000,0000,,-- en dat dit só jammer is Dialogue: 0,0:11:00.28,0:11:04.33,Default,,0000,0000,0000,,dat jong Amerikaners reeksmoordenaars is. Dialogue: 0,0:11:04.33,0:11:07.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:11:07.00,0:11:13.00,Default,,0000,0000,0000,,(Applous) Dialogue: 0,0:11:13.00,0:11:16.41,Default,,0000,0000,0000,,Natuurlik het ek dit effens geïrriteerd gesê. Dialogue: 0,0:11:16.41,0:11:18.00,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:11:18.00,0:11:20.00,Default,,0000,0000,0000,,Maar ek sou nooit kon dink Dialogue: 0,0:11:20.00,0:11:24.31,Default,,0000,0000,0000,,dat 'n reeksmoordenaar-karakter\Nin 'n roman Dialogue: 0,0:11:24.31,0:11:28.06,Default,,0000,0000,0000,,álle Amerikaners verteenwoordig nie. Dialogue: 0,0:11:28.06,0:11:31.61,Default,,0000,0000,0000,,Dis nie omdat ek ’n beter mens\Nas daai student is nie, Dialogue: 0,0:11:31.61,0:11:34.56,Default,,0000,0000,0000,,maar eerder as gevolg van \NAmerika se kulturele en ekonomiese mag, Dialogue: 0,0:11:34.56,0:11:36.35,Default,,0000,0000,0000,,dat ek baie stories oor Amerika het. Dialogue: 0,0:11:36.35,0:11:40.34,Default,,0000,0000,0000,,Ek het al Tyler en Updike \Nen Steinbeck en Gaitskill gelees. Dialogue: 0,0:11:40.34,0:11:43.79,Default,,0000,0000,0000,,Ek't nie ’n enkele storie \Noor Amerika gehad nie. Dialogue: 0,0:11:43.79,0:11:45.40,Default,,0000,0000,0000,,Toe ek gehoor het Dialogue: 0,0:11:45.40,0:11:49.96,Default,,0000,0000,0000,,dat daar van skrywers verwag word \Nom ongelukkige kinderjare te gehad het Dialogue: 0,0:11:49.96,0:11:51.88,Default,,0000,0000,0000,,om suksesvol te wees, Dialogue: 0,0:11:51.88,0:11:57.31,Default,,0000,0000,0000,,het ek begin dink hoe ek aaklige goed\Nwat my ouers my aangedoen het, kon opmaak. Dialogue: 0,0:11:57.31,0:11:58.46,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:11:58.46,0:12:01.83,Default,,0000,0000,0000,,Maar om die waarheid te sê, \Nhet ek gelukkige kinderjare gehad, Dialogue: 0,0:12:01.83,0:12:05.27,Default,,0000,0000,0000,,vol lag en liefde, in ’n baie hegte gesin. Dialogue: 0,0:12:05.27,0:12:08.92,Default,,0000,0000,0000,,Maar ek't ook oupas gehad \Nwat in vlugtelingkampe dood is. Dialogue: 0,0:12:08.92,0:12:13.07,Default,,0000,0000,0000,,My nefie Polle is dood \Nomdat hy nie voldoende gesondheidsorg kon kry nie. Dialogue: 0,0:12:13.07,0:12:16.29,Default,,0000,0000,0000,,Een van my beste maats, Okoloma, \Nis dood in ’n vliegtuigongeluk Dialogue: 0,0:12:16.29,0:12:19.62,Default,,0000,0000,0000,,omdat ons brandweerwaens \Nnie water gehad het nie. Dialogue: 0,0:12:19.62,0:12:22.24,Default,,0000,0000,0000,,Ek't onder verdrukkende \Nmilitêre regerings grootgeword Dialogue: 0,0:12:22.24,0:12:23.96,Default,,0000,0000,0000,,wat opvoeding van waarde beroof het, Dialogue: 0,0:12:23.96,0:12:27.08,Default,,0000,0000,0000,,sodat my ouers soms \Nnie hulle salarisse betaal is nie. Dialogue: 0,0:12:27.08,0:12:31.16,Default,,0000,0000,0000,,En so, as ’n kind, het ek gesien \Nhoe konfyt van die ontbyttafel af verdwyn, Dialogue: 0,0:12:31.16,0:12:33.73,Default,,0000,0000,0000,,toe margarien, Dialogue: 0,0:12:33.73,0:12:36.03,Default,,0000,0000,0000,,toe het brood te duur geword, Dialogue: 0,0:12:36.03,0:12:39.03,Default,,0000,0000,0000,,toe is melk op rantsoen gesit. Dialogue: 0,0:12:39.03,0:12:42.98,Default,,0000,0000,0000,,En meeste van alles, \Nhet ’n soort genormaliseerde politieke vrees Dialogue: 0,0:12:42.98,0:12:45.92,Default,,0000,0000,0000,,ons lewens binnegedring. Dialogue: 0,0:12:45.92,0:12:48.64,Default,,0000,0000,0000,,Al hierdie stories maak my wie ek is. Dialogue: 0,0:12:48.64,0:12:52.43,Default,,0000,0000,0000,,Maar om slegs op \Ndie negatiewe stories aan te dring, Dialogue: 0,0:12:52.43,0:12:55.40,Default,,0000,0000,0000,,is om my ervaring af te plat Dialogue: 0,0:12:55.40,0:12:59.53,Default,,0000,0000,0000,,en baie van die stories wat my gevorm het,\Noor die hoof te sien. Dialogue: 0,0:12:59.53,0:13:02.53,Default,,0000,0000,0000,,Die enkele storie skep stereotipes, Dialogue: 0,0:13:02.53,0:13:07.01,Default,,0000,0000,0000,,en die probleem met stereotipes,\Nis nie dat hulle onwaar is nie, Dialogue: 0,0:13:07.01,0:13:09.46,Default,,0000,0000,0000,,maar dat hulle onvolledig is. Dialogue: 0,0:13:09.46,0:13:12.96,Default,,0000,0000,0000,,Hulle maak een storie die enigste storie. Dialogue: 0,0:13:12.96,0:13:15.69,Default,,0000,0000,0000,,Ja, Afrika ís ’n vasteland vol katastrofes: Dialogue: 0,0:13:15.69,0:13:19.15,Default,,0000,0000,0000,,Grotes, soos \Ndie skokkende verkragtings in Kongo Dialogue: 0,0:13:19.15,0:13:20.66,Default,,0000,0000,0000,,en ontmoedigendes, Dialogue: 0,0:13:20.66,0:13:26.20,Default,,0000,0000,0000,,soos dat 5000 mense vir een vakante pos \Nin Nigerië aansoek doen. Dialogue: 0,0:13:26.20,0:13:29.85,Default,,0000,0000,0000,,Maar daar is onrampspoedige stories Dialogue: 0,0:13:29.85,0:13:33.54,Default,,0000,0000,0000,,en dis nét so belangrik om hulle te noem. Dialogue: 0,0:13:33.54,0:13:35.61,Default,,0000,0000,0000,,Ek't nog altyd gedink dis onmoontlik Dialogue: 0,0:13:35.61,0:13:38.54,Default,,0000,0000,0000,,om ordentlik aan ’n plek of persoon \Nmee te doen Dialogue: 0,0:13:38.54,0:13:42.71,Default,,0000,0000,0000,,sonder om in ál die stories \Nvan daardie plek of persoon te deel. Dialogue: 0,0:13:42.71,0:13:45.81,Default,,0000,0000,0000,,Die gevolg van die enkele storie Dialogue: 0,0:13:45.81,0:13:48.51,Default,,0000,0000,0000,,is dat dit mense van waardigheid beroof. Dialogue: 0,0:13:48.51,0:13:52.40,Default,,0000,0000,0000,,Dit maak erkenning \Nvan ons gelyke menslikheid moeilik. Dialogue: 0,0:13:52.40,0:13:57.07,Default,,0000,0000,0000,,Dit beklemtoon ons verskille\Neerder as ons ooreenkomste. Dialogue: 0,0:13:57.07,0:13:59.89,Default,,0000,0000,0000,,So wat as ek voor my Meksikaanse toer Dialogue: 0,0:13:59.89,0:14:03.43,Default,,0000,0000,0000,,albei kante van die \Nimmigrasiedebat gevolg het, Dialogue: 0,0:14:03.43,0:14:05.32,Default,,0000,0000,0000,,die Amerikaanse en die Meksikaanse? Dialogue: 0,0:14:05.32,0:14:07.09,Default,,0000,0000,0000,,Wat as my ma vir ons gesê het \N Dialogue: 0,0:14:07.09,0:14:11.06,Default,,0000,0000,0000,,dat Fide se familie arm\Nén hardwerkend is? Dialogue: 0,0:14:11.06,0:14:13.50,Default,,0000,0000,0000,,Wat as ons \N’n Afrika-televisienetwerk gehad het Dialogue: 0,0:14:13.50,0:14:17.05,Default,,0000,0000,0000,,wat uiteenlopende Afrikastories \Nregoor die wêreld uitsaai? Dialogue: 0,0:14:17.05,0:14:21.91,Default,,0000,0000,0000,,Wat die Nigeriese skrywer Chinua Achebe\N"’n balans van stories" noem. Dialogue: 0,0:14:21.91,0:14:25.41,Default,,0000,0000,0000,,Wat as my kamermaat kon weet \Nvan my Nigeriese uitgewer, Dialogue: 0,0:14:25.41,0:14:26.79,Default,,0000,0000,0000,,Muhtar Bakare, Dialogue: 0,0:14:26.79,0:14:29.29,Default,,0000,0000,0000,,’n merkwaardige man \Nwat sy werk by ’n bank gelos het Dialogue: 0,0:14:29.29,0:14:32.27,Default,,0000,0000,0000,,om sy droom te volg \Nen ’n uitgewery te begin? Dialogue: 0,0:14:32.27,0:14:35.77,Default,,0000,0000,0000,,Die staande opvatting was \Ndat Nigeriërs nie literatuur lees nie. Dialogue: 0,0:14:35.77,0:14:36.97,Default,,0000,0000,0000,,Hy't verskil. Dialogue: 0,0:14:36.97,0:14:40.53,Default,,0000,0000,0000,,Hy't gedink \Nmense wat kon lees, sou lees, Dialogue: 0,0:14:40.53,0:14:44.84,Default,,0000,0000,0000,,mits literatuur bekostigbaar \Nen beskikbaar was. Dialogue: 0,0:14:44.84,0:14:47.06,Default,,0000,0000,0000,,Kort na hy my eerste roman uitgegee het, Dialogue: 0,0:14:47.06,0:14:50.25,Default,,0000,0000,0000,,was ek by ’n TV-ateljee \Nin Lagos vir ’n onderhoud, Dialogue: 0,0:14:50.25,0:14:53.48,Default,,0000,0000,0000,,en ’n vrou wat as ’n bode daar gewerk het, \Nhet vir my kom sê: Dialogue: 0,0:14:53.48,0:14:56.47,Default,,0000,0000,0000,,"Ek't baie van jou roman gehou, \Nbehalwe die einde. Dialogue: 0,0:14:56.47,0:15:00.80,Default,,0000,0000,0000,,"Jy moet nou ’n vervolgstuk skryf, \Nen wat moet gebeur is ..." Dialogue: 0,0:15:00.80,0:15:02.40,Default,,0000,0000,0000,,(Gelag) Dialogue: 0,0:15:02.40,0:15:05.73,Default,,0000,0000,0000,,En sy't toe vir my vertel \Nwat om in die vervolgstuk te skryf. Dialogue: 0,0:15:05.73,0:15:08.23,Default,,0000,0000,0000,,Ek was nie net bekoor nie, \Nek was ook diep geroer. Dialogue: 0,0:15:08.23,0:15:11.35,Default,,0000,0000,0000,,Hier was ’n vrou, \Nsoos baie gewone Nigeriërs, Dialogue: 0,0:15:11.35,0:15:13.91,Default,,0000,0000,0000,,wat nie veronderstel was \Nom 'n leser te wees nie. Dialogue: 0,0:15:13.91,0:15:15.55,Default,,0000,0000,0000,,Sy't nie net die boek gelees nie, Dialogue: 0,0:15:15.55,0:15:17.50,Default,,0000,0000,0000,,sy't dit ook aangeneem Dialogue: 0,0:15:17.50,0:15:21.62,Default,,0000,0000,0000,,en geregverdig gevoel \Nin haar instruksies vir die vervolgstuk. Dialogue: 0,0:15:21.62,0:15:25.14,Default,,0000,0000,0000,,So wat as my kamermaat kon weet \Nvan my vriendin Funmi Iyanda, Dialogue: 0,0:15:25.14,0:15:28.54,Default,,0000,0000,0000,,’n vreeslose Lagos TV-aanbieder, Dialogue: 0,0:15:28.54,0:15:31.93,Default,,0000,0000,0000,,vasberade om die stories \Nwat ons verkies om te vergeet, te vertel? Dialogue: 0,0:15:31.93,0:15:34.00,Default,,0000,0000,0000,,Wat as my kamermaat kon weet Dialogue: 0,0:15:34.00,0:15:38.56,Default,,0000,0000,0000,,van die hartoperasie wat verlede week \Nin ’n Lagos-hospitaal uitgevoer is? Dialogue: 0,0:15:38.56,0:15:39.65,Default,,0000,0000,0000,,Wat as sy kon weet Dialogue: 0,0:15:39.65,0:15:42.34,Default,,0000,0000,0000,,van hedendaagse Nigeriese musiek, Dialogue: 0,0:15:42.34,0:15:43.67,Default,,0000,0000,0000,,talentvolle mense wat sing Dialogue: 0,0:15:43.67,0:15:47.55,Default,,0000,0000,0000,,in Engels en Pidgin\Nen Igbo en Joroeba en Ijo, Dialogue: 0,0:15:47.55,0:15:50.99,Default,,0000,0000,0000,,terwyl hulle invloede van Jay-Z en Fela Dialogue: 0,0:15:50.99,0:15:54.19,Default,,0000,0000,0000,,tot Bob Marley en hulle oupas meng. Dialogue: 0,0:15:54.19,0:15:55.56,Default,,0000,0000,0000,,Wat as sy kon weet Dialogue: 0,0:15:55.56,0:15:56.89,Default,,0000,0000,0000,,van die vroulike prokureur Dialogue: 0,0:15:56.89,0:16:00.51,Default,,0000,0000,0000,,wat onlangs in Nigerië hof toe is \Nom ’n belaglike wet te betwis Dialogue: 0,0:16:00.51,0:16:03.82,Default,,0000,0000,0000,,wat vereis dat vroue \Nhulle mans se toestemming kry Dialogue: 0,0:16:03.82,0:16:06.35,Default,,0000,0000,0000,,voor hulle hul paspoorte hernu? Dialogue: 0,0:16:06.35,0:16:09.15,Default,,0000,0000,0000,,Was as sy kon weet van Nollywood, Dialogue: 0,0:16:09.15,0:16:13.51,Default,,0000,0000,0000,,vol innoverende mense wat films maak \Nten spyte van groot tegniese uitdagings, Dialogue: 0,0:16:13.51,0:16:15.32,Default,,0000,0000,0000,,sulke gewilde films, Dialogue: 0,0:16:15.32,0:16:20.43,Default,,0000,0000,0000,,perfekte voorbeelde van Nigeriërs \Nwat verbruik wat hulle self skep? Dialogue: 0,0:16:20.43,0:16:23.88,Default,,0000,0000,0000,,Wat as sy kon weet \Nvan my vooruitstrewende haarvlegter, Dialogue: 0,0:16:23.88,0:16:27.30,Default,,0000,0000,0000,,met haar eie nuwe besigheid \Nvir die verkoop van haarverlengings? Dialogue: 0,0:16:27.30,0:16:31.98,Default,,0000,0000,0000,,Of van die miljoene Nigeriërs\Nwat besighede begin wat soms misluk, Dialogue: 0,0:16:31.98,0:16:35.09,Default,,0000,0000,0000,,maar wat aanhou om hulle ambisie te kweek? Dialogue: 0,0:16:35.09,0:16:36.39,Default,,0000,0000,0000,,Elke keer wat ek tuis is, Dialogue: 0,0:16:36.39,0:16:40.31,Default,,0000,0000,0000,,sien ek ook meeste Nigeriërs\Nse bronne van irritasie: Dialogue: 0,0:16:40.31,0:16:43.51,Default,,0000,0000,0000,,ons mislukte infrastruktuur, \Nons mislukte regering, Dialogue: 0,0:16:43.51,0:16:45.61,Default,,0000,0000,0000,,maar ek sien ook \Ndie ongelooflike taaiheid Dialogue: 0,0:16:45.61,0:16:48.66,Default,,0000,0000,0000,,van mense wat floreer \Nten spyte van die regering, Dialogue: 0,0:16:48.66,0:16:51.65,Default,,0000,0000,0000,,eerder as gevolg daarvan. Dialogue: 0,0:16:51.65,0:16:54.48,Default,,0000,0000,0000,,Ek bied elke somer \Nskryfwerkswinkels in Lagos aan, Dialogue: 0,0:16:54.48,0:16:57.34,Default,,0000,0000,0000,,en dis indrukwekkend\Nhoeveel mense aansoek doen, Dialogue: 0,0:16:57.34,0:17:00.06,Default,,0000,0000,0000,,hoeveel gretig is om te skryf, Dialogue: 0,0:17:00.06,0:17:02.44,Default,,0000,0000,0000,,om stories te vertel. Dialogue: 0,0:17:02.44,0:17:06.20,Default,,0000,0000,0000,,Ek en my Nigeriese uitgewer \Nhet onlangs die Farafina Trust -- Dialogue: 0,0:17:06.20,0:17:07.71,Default,,0000,0000,0000,,sonder winsbejag -- begin, Dialogue: 0,0:17:07.71,0:17:10.33,Default,,0000,0000,0000,,en ons het groot drome van biblioteke bou Dialogue: 0,0:17:10.33,0:17:13.23,Default,,0000,0000,0000,,en bestaande biblioteke opknap Dialogue: 0,0:17:13.23,0:17:15.20,Default,,0000,0000,0000,,en boeke verskaf aan staatskole Dialogue: 0,0:17:15.20,0:17:17.28,Default,,0000,0000,0000,,wat niks in hulle biblioteke het nie, Dialogue: 0,0:17:17.28,0:17:19.75,Default,,0000,0000,0000,,en ook van tonne werkswinkels organiseer, Dialogue: 0,0:17:19.75,0:17:21.06,Default,,0000,0000,0000,,in lees en skryf, Dialogue: 0,0:17:21.06,0:17:24.56,Default,,0000,0000,0000,,vir al die mense wat gretig is \Nom ons baie stories te vertel. Dialogue: 0,0:17:24.56,0:17:26.47,Default,,0000,0000,0000,,Stories maak saak. Dialogue: 0,0:17:26.47,0:17:28.21,Default,,0000,0000,0000,,Baie stories maak saak. Dialogue: 0,0:17:28.21,0:17:32.17,Default,,0000,0000,0000,,Stories is al gebruik \Nom te ontvreem en te belaster, Dialogue: 0,0:17:32.17,0:17:36.84,Default,,0000,0000,0000,,maar stories kan ook gebruik word \Nom te bemagtig en te vermenslik. Dialogue: 0,0:17:36.84,0:17:39.36,Default,,0000,0000,0000,,Stories kan ’n volk se waardigheid breek, Dialogue: 0,0:17:39.36,0:17:43.09,Default,,0000,0000,0000,,maar stories kan ook \Nhulle gebreekte waardigheid heelmaak. Dialogue: 0,0:17:44.10,0:17:46.32,Default,,0000,0000,0000,,Die Amerikaanse skrywer \NAlice Walker het geskryf Dialogue: 0,0:17:46.32,0:17:49.79,Default,,0000,0000,0000,,oor haar suiderlingfamilielede\Nwat na die Noorde getrek het. Dialogue: 0,0:17:49.79,0:17:52.22,Default,,0000,0000,0000,,Oor hoe sy hulle aan ’n boek Dialogue: 0,0:17:52.22,0:17:55.71,Default,,0000,0000,0000,,oor die suiderlinglewe \Nwat hulle agtergelaat het, voorgestel het: Dialogue: 0,0:17:55.71,0:17:58.79,Default,,0000,0000,0000,,"Hulle't rondgesit, die boek self gelees, Dialogue: 0,0:17:58.79,0:18:01.73,Default,,0000,0000,0000,,"geluister na hoe ek die boek lees, Dialogue: 0,0:18:01.73,0:18:05.07,Default,,0000,0000,0000,,"en ’n paradys van soorte is herwin." Dialogue: 0,0:18:05.75,0:18:08.57,Default,,0000,0000,0000,,Ek wil graag met hierdie gedagte afsluit: Dialogue: 0,0:18:08.57,0:18:11.21,Default,,0000,0000,0000,,Dat wanneer ons die enkele storie verwerp, Dialogue: 0,0:18:11.21,0:18:14.45,Default,,0000,0000,0000,,wanneer ons besef \Ndat daar nooit ’n enkele storie Dialogue: 0,0:18:14.45,0:18:16.69,Default,,0000,0000,0000,,oor enige plek is nie, Dialogue: 0,0:18:16.69,0:18:19.14,Default,,0000,0000,0000,,herwin ons ’n soort paradys. Dialogue: 0,0:18:19.14,0:18:20.47,Default,,0000,0000,0000,,Dankie. Dialogue: 0,0:18:20.76,0:18:25.23,Default,,0000,0000,0000,,(Applous)