Hierdie is die einste oomblik
wat ek ’n Knutselwerkskool begin skep het.
Teks: Is dit 'n stok? Jy ken die
reël oor met stokke speel
--ouer aan kind
Knutselwerkskool is ’n plek
waar kinders stokke, hammers
en ander gevaarlike voorwerpe kan optel,
en vertrou kan word.
Vertrou word om nie hulleself
of ander seer te maak nie.
Knutselwerkskool volg nie
’n vasgestelde kurrikulum nie
en daar is geen toetse nie.
Ons probeer nie om iemand
een spesifieke ding te leer nie.
Wanneer die kinders aankom,
word hulle gekonfronteer met baie goeters,
hout en spykers en tou en wiele,
en baie regte egte gereedskap.
Dis ’n ses-dae lange ervaring
waarin die kinders hulself kan verdiep.
En binne dié konteks kan ons
vir die kinders tyd bied.
Iets wat oënskynlik skaars is
in hulle oorvol lewens.
Ons doelwit is om te
verseker dat hulle weggaan
met ’n beter idee van hoe om goed te maak
as toe hulle aangekom het,
en die diepe gewaarwording
dat ’n mens dinge kan
baasraak deur rond te speel.
Niks draai ooit uit soos beplan nie.
Nooit ooit nie.
(Gelag)
En die kinders leer vinnig
dat alle projekte skeefloop --
(Gelag)
en word gerus met die idee
dat elke tree in ’n projek,
’n tree nader is aan
soete sukses
of vrolike rampspoed.
Ons begin met krabbels en sketse.
En partykeer maak ons regte planne.
En soms begin ons sommer net bou.
Bou is ’n kerndeel van die ervaring:
prakties, in dit verdiep
en ten volle betrokke by
die taak voor hulle.
Robin en ek tree op as medewerkers,
en ons hou die landskap van die projekte
gekantel na voltooiing.
Sukses is in die doenwerk
en mislukkings word gevier en geanaliseer.
Probleme word raaisels
en hindernisse verdwyn.
Wanneer ’n besonder moeilike
terugslag of kompleksiteit opduik,
kom ’n baie interessante gedrag na vore:
versiering.
(Gelag)
Die versiering van die onvoltooide projek
is ’n soort konseptuele inkubasie.
In die tussentyd kom diep insigte na vore
en ongelooflike nuwe benaderings
tot die oplossing van probleme
wat hulle net oomblike
van te vore frustreer het.
Alle materiale is beskikbaar vir gebruik.
Selfs daardie vervelige,
vieslike plastiekinkopiesakke
kan ’n brug word,
sterker as wat enigiemand kon dink.
En die dinge wat hulle bou,
verbaas selfs hulleself.
Video: Drie, twee, een, GAAN!
Gever Tulley: ’n Tuimeltrein
gebou deur sewe-jariges.
Video: Jippie!
(Applous)
GT: Dankie. Dit was ’n groot plesier.
(Applous)