0:00:03.491,0:00:05.547 [K. Sargsyan][br]Ek't TEDTalks begin vertaal 0:00:05.547,0:00:09.746 na ek William Kamkwamba s'n[br]oor hoe om jou drome te vervul gesien het. 0:00:09.746,0:00:11.438 Ek't my seun daarvan vertel. 0:00:11.438,0:00:14.696 Hy wou my nie glo nie.[br]Hy't gesê: "Hy't nie skool voltooi nie." 0:00:14.696,0:00:16.565 "Sonder Engels. [br]Hoe sou hy dit doen?" 0:00:16.565,0:00:18.419 Ek sê toe: "Ek sal dit vertaal." 0:00:18.419,0:00:21.543 "Ek wil hê hy moet elke woord lees." 0:00:22.133,0:00:24.963 [W. Davis] Taal is nie net [br]’n lys woorde 0:00:24.963,0:00:26.807 of ’n stel grammatiese reëls nie. 0:00:26.807,0:00:29.614 ’n Taal is die menslike gees[br]wat opflikker. 0:00:29.614,0:00:32.201 Dis ’n middel waardeur [br]die siel van elke kultuur 0:00:32.201,0:00:33.757 die materiële wêreld betree. 0:00:33.757,0:00:37.746 Alles wat ons by TED doen,[br]word deur dieselfde missie gedryf: 0:00:37.746,0:00:39.189 versprei idees. 0:00:39.189,0:00:41.828 En as dit jou doel is[br]word jy op ’n punt 0:00:41.828,0:00:44.371 daarmee gekonfronteer[br]dat jy net in Engels praat. 0:00:44.601,0:00:47.767 Die ware wese van wat ons doen[br]gaan oor verbondenheid. 0:00:47.887,0:00:49.397 Daar's talle mense 0:00:49.397,0:00:52.227 wat kan deel in die skepping[br]van ’n beter toekoms vir almal. 0:00:52.227,0:00:54.984 Dit sou gek wees om hulle uit te laat. 0:00:54.984,0:00:56.819 [K. Aparta] Ek't vir hulle[br]geskryf dat die TEDTalks 0:00:56.819,0:00:58.769 onderskrifte vir dowes behoort te hê 0:00:58.769,0:01:01.574 asook vertalings vir[br]mense van ander lande. 0:01:01.634,0:01:03.404 Daar moet daai een persoon wees, 0:01:03.404,0:01:05.982 wat so vuur en vlam is oor ’n TEDTalk, 0:01:05.982,0:01:09.402 wat wil hê die onderskrifte [br]moet bestaan in hulle taal. 0:01:09.402,0:01:12.089 Ek't aanvanklik vir my suster vertaal. 0:01:12.089,0:01:13.618 Sy woon by my ouers 0:01:13.618,0:01:16.866 in ’n baie klein dorpie, waar ek[br]vandaan kom, in Kazakstan. 0:01:16.866,0:01:20.629 En sy't nie veel geleentheid[br]om die wêreld te verken nie. 0:01:20.629,0:01:23.886 Later het ek besef dis[br]nie net my familie nie. 0:01:23.886,0:01:27.674 Almal wat Oesbeeks praat [br]sou kon baat daarby. 0:01:27.674,0:01:32.666 [M. Pagel] Net soos vlerke die lugruim [br]vir voëls oopmaak om te benut, 0:01:32.666,0:01:36.439 maak taal vir mense [br]die ruimte van samewerking oop. 0:01:36.479,0:01:39.007 Al ons sprekers is[br]voorlopers in hulle velde 0:01:39.007,0:01:41.207 en dus voorlopers in taal -- 0:01:41.207,0:01:44.745 so baie gebruik terme wat jy nie[br]in ’n woordeboek kan vind nie. 0:01:44.745,0:01:48.406 Dit vat eintlik heelwat navorsing[br]om ’n TEDTalk akkuraat te vertaal. 0:01:48.466,0:01:51.321 Afhangend van die tegniese graad [br]en moeilike woorde, 0:01:51.321,0:01:52.668 kan dit tot 10 ure vat. 0:01:52.668,0:01:55.923 Ek gaan lees oor[br]die spreker en sy boeke, 0:01:55.923,0:01:57.931 sodat ek die hele konteks verstaan. 0:01:57.931,0:02:00.095 Danksy hierdie gemeenskap van vertalers, 0:02:00.095,0:02:03.298 het ons skielik die vermoë[br]om die beste idees te vind 0:02:03.298,0:02:05.906 van sprekers in enige taal 0:02:05.906,0:02:08.119 en om hulle in die[br]Engelssprekende wêreld in 0:02:08.119,0:02:09.177 en nog verder te vat. 0:02:23.115,0:02:28.089 Ek vertaal, want ek wil hê dat meer mense [br]toegang tot hierdie idees verkry. 0:02:28.089,0:02:31.632 Dis ’n vrygewigheidsdaad van baie mense 0:02:31.632,0:02:33.109 om kennis te deel. 0:02:33.109,0:02:36.871 Om mense te inspireer,[br]om party mense hoop te gee. 0:02:36.871,0:02:39.731 Dit verander baie dinge in die wêreld. 0:02:53.300,0:02:55.710 TED -- Idees om te deel