Handelinge 19:5:
Toe hul dit hoor,
is hulle gedoop in die Naam
van die Here Jesus.
Vlees en sonde sterf.
Sterf met Christus.
Staan op met Christus.
Dis reg, Heilige Gees kom,
Heilige Gees kom, bevry haar.
Sterf met Christus.
Hand. 19:6: Paulus het hul die
hande opgelê,
en die Heilige Gees het op hul gekom,
en hulle het met tale gespreek
en geprofeteer.
Meer, Heilige Gees...
Kom met U Heilige Gees.
Vul my.
Woorde het net begin kom.
Dankie, Here.
Wat het ek gedoen?
- Wat?
Wat het ek gedoen?
Wat jy gedoen het,
is om in tale te bid.
Handelinge 3:6-7:
Maar Petrus sê:
"In die Naam van Jesus Christus
van Nasaret, staan op en loop!"
...en onmiddellik het sy voete
en enkels sterk geword.
Is dit seer?
- Nee.
Glad nie?
- Nee.
In Jesus se Naam
dank ek U, amen.
Dis gedoen?
Halleluja!
...langer as 'n maand
en sy is in skok.
Dis Jesus.
Ek het na al hierdie
dinge gekyk op TV,
en ek het dit nie geglo nie,
maar vandag glo ek dit
want dit gebeur met my.
Pyn, gaan nou.
En jy kan dit doen.
Staan nou op.
Dis reg, né?
- Ja.
Dankie Vader, amen.
Probeer om dit te voel.
Kan jy 'n verskil voel?
Regtig, dit is nie meer seer nie.
Wow.
God, dankie vir U genesing,
want die pyn sal gaan.
Voel nou jou kop.
Nee...
Ek voel geen pyn nie, broer.
Die pyn is nou weg.
Die pyn is nou weg, ja.
Ons as die kerk vandag, staan
voor 'n nuwe reformasie.
'n Reformasie,
waarin ons terugkeer
na wat ons lees
in die boek van Handelinge.
As jy na vandag se kerk kyk,
is dit soveel anders as wat ons lees
in die boek van Handelinge.
Want ons het omtrent
2000 jaar se geskiedenis,
waar die kerk weer en
weer verander is.
Ons kan sien dat die kerk in die boek
van Handelinge 'n lewende liggaam was.
Dit was 'n liggaam van gelowiges
wat deur die Heilige Gees gelei is.
Die kerk was 'n beweging,
'n beweging van dissipels.
Die Christendom het na Griekeland beweeg
en 'n filosofie geword.
Dit het na Italië beweeg
en 'n instelling geword.
Dit het na Europa toe gegaan
en 'n kultuur geword.
Dit het na Amerika beweeg
en 'n besigheid geword...
As jy 'n liggaam neem en
'n besigheid daarvan maak,
is dit dan nie prostitusie nie?
En dit is wat ons vandag met
die kerk gedoen het.
Ons het die kerk van Christus,
die liggaam van Christus, onteer.
As gevolg daarvan benodig ons
'n reformasie
waarin ons soveel dieper moet delf.
Dit gaan oor die leerstellings,
dit gaan oor die Gees,
en dit gaan ook oor die hele sisteem,
die kerksisteem,
waarom ons "kerk hou" soos ons dit doen.
Dit is tyd om terug te keer na wat
ons lees in die boek van Handelinge.
God is nou besig om ons terug te
neem na die begin.
Wat die boek van Handelinge die mees
unieke boek in die Bybel maak,
is dat die boek van Handelinge
die enigste boek in die hele Bybel
en die hele Skrif is,
wat vir ons wys
hoe om werklikwaar uit te gaan
en dissipels te maak.
As jy die evangelies lees wat die
boek van Handelinge voorafgaan,
is dit interessant om te sien,
al is hierdie boeke
geskryf tydens 'n era soos
waarin hulle geskryf is,
waarskynlik omtrent dertig jaar
na die kruis.
Maar die tydperk wat gedek
word, is alles voor die kruis.
So ons sien nie die volheid
van die Chistelike lewe hier nie,
want Christus het nog nie gesterf nie
en is nog nie begrawe nie
en het nog nie opgestaan
en Sy Gees gestuur nie.
So ons sien nie in
die evangelies
hoe hulle uitgegaan en
dissipels gemaak het nie.
Die Heilige Gees was nog
nie uitgestort nie
en ons het ook nog
nie die krag gehad
om uit te gaan en dit
met sukses te doen nie.
Ek dink dit dra by tot baie
van die vrees vandag
vir hulle wat nie die
Heilige Gees ken nie.
Want Jesus het hulle beveel
om te gaan wag.
Hy het gesê, wanneer My Gees
kom, sal julle krag ontvang
en dan sal julle My getuies wees.
Dit is waar!
Dit is regtig waar!
Amen, dit is waar!
Halleluja.
- Sy is nou net genees.
Wonderbare Jesus.
- Dankie Jesus.
Kyk net daar, sy loop.
Ek weet daar is in baie kerke
'n uithangbord
op die muur, waar daar geskryf staan:
'Jesus is gister, vandag
en vir ewig dieselfde.'
Ons as gelowiges vandag, glo dat
Jesus gister, vandag en
vir ewig dieselfde is.
Maar as Hy dieselfde is,
is die Heilige Gees ook dieselfde.
En as die Heilige Gees dieselfde is,
behoort dit wat ons lees in die boek van
Handelinge ook dieselfde te wees.
Deur die krag van Jesus Christus word
sy nou dadelik genees.
Hierdie man het nou net hierdie
vrou genees.
Hy is oorstelp.
Dit is gedoen.
- Dit is gedoen, dit is klaar.
Dit is klaar met sy trane.
Ek het op hierdie manier geloop,
want ek kon nie vinniger beweeg nie.
Wat kan jy nou doen?
My suster, maak so.
Ek kon dit nie doen nie,
dit kon ek nie doen nie.
En dit kon ek nie doen nie.
Ek sou geskreeu het
as ek dit sou doen.
Alle eer aan Sy Naam.
In die boek van Handelinge sien
ons die baie vroeë Christene,
die vroeë dissipels van Christus.
Hulle het in hierdie lewenstyl
van dissipelskap gelewe.
Hulle het mense bereik in
hulle huise, op die strate.
Hul het mense ontmoet
waar hulle was.
En die evangelie het ontplof
en versprei oor die hele wêreld.
Duisende en duisende en
duisende mense het
tot geloof in Jesus Christus gekom
en is gedoop en het
die Heilige Gees ontvang.
Maar iewers in die
kerkgeskiedenis sien ons dat
die Christendom geïnstitusionaliseerd
en 'n staatsgodsdiens geword het.
Dié hiërargie, die geïnstitusionaliseerde
kerk het ons regdeur die reformasie gevolg
waarin Luther, Calvyn en Zwingli
gearbei het.
Hulle het probeer om te hervorm en
ons terug te bring na die ware evangelie,
terug na die boek van Handelinge toe,
maar hulle het gefaal.
Ons het nog steeds die gebou en
die spesiale priesterdom.
Ons het nog steeds mense wat in
spesiale geboue bymekaarkom,
op spesiale datums, met 'n hiërargie,
en mense wat probeer
om offerhandes na die kerk te bring
om God se guns te wen.
Luther het nie daarin geslaag om
die kerk terug te bring
na wat ons lees in Handelinge nie.
Die Bybel is die boek van die lewe.
En dit word nie die boek van die lewe
deur dit te bestudeer nie.
Dit word die boek van die lewe
deur dit uit te leef.
Ek beveel die pyn in hierdie hand
om te gaan in die Naam van Jesus.
Probeer dit weer doen.
Dis weg.
Wat is dit hierdie?
In die Naam van Jesus,
nou dadelik, amen.
Toets dit.
Dit is weg!
Amen.
Gaan nou dadelik, in die Naam van Jesus.
Probeer weer.
Bene, ek beveel julle om
te genees in Jesus se Naam.
Probeer jou hand gebruik.
Is dit dieselfde as reiki?
- Nee, Jesus.
Jesus, nie reiki nie.
- Geen energie nie?
God! Nee, dis nie energie nie.
Dankie, Jesus.
Wat dink jy oor wat gebeur het?
Dit is goed.
- Dis nogal goed?
Ons is gebore en hier op aarde
geplaas met 'n doel.
Dit is, om God te soek en te vind.
Die probleem is dat ons
Hom nie soek nie
en as gevolg daarvan
vind ons Hom nie.
Het jy al gehoor van Jesus?
Ons lewe 2015 jaar
na Jesus Christus.
God is 'n werklikheid, Hy het ons
geroep om Sy dissipels te wees,
Jesus s'n, om uit te gaan en
die wêreld te wys Hy bestaan.
Op die 5de April 1995 het ek
tot bekering gekom.
Ek het bewus geraak van my sonde
en my lewe vir Jesus gegee
en 'n lig het in my liggaam ingekom.
Ek het op die vloer geval en God ontmoet.
Wanneer jy 'n wedergebore Christen word,
kom die Gees van God in jou woon,
en jy sal dinge doen wat Jesus gedoen het.
Die Bybel sê ons moet daders
van die Woord wees
en nie net hoorders nie.
As ons net die Woord hoor en dit nie
doen nie, bedrieg ons onsself.
Ons is soos 'n man
wat in 'n spieël kyk,
maar so gou as wat ons weggaan,
vergeet ons wat ons gesien het.
Sondag na Sondag is daar
miljoene Christene
wat in die kerk sit en luister
na God se Woord.
Maar so gou as wat hulle weggaan,
het hulle vergeet wat hulle gehoor het.
Elke pyn moet nou dadelik gaan,
in die Naam van Jesus.
Van kop tot tone.
Jy kon dit nie vantevore doen nie?
- Nee.
Dit is al so van 2005 af.
Hy lewe!
Hoe lank vandat jy nie meer kon loop nie?
- Ek kon vir 10 jaar nie loop nie.
Is dit nie wonderlik nie?
Ek was baie klein toe ek hom laas sien
loop het. - Ekskuus?
Ek was baie klein toe ek saam
met hom geloop het.
Hy sal binnekort 13 wees.
- So, hy was 3 jaar oud daardie tyd?
"Ek het 'n spiersiekte."
"Ons sal daarvoor bid."
"Waar is dit?"
"Oral in my liggaam."
Hulle het toe begin bid.
4 of 5 mense het vir my gebid.
Ek het iets voel kraak in my rug.
Toe kon ek opstaan en loop.
Ek het gewag, en toe het die dokter gekom.
"Hallo mnr. Ekkelboom, hoe gaan dit?"
Ek sê: "Goed."
"En wat is dit wat ek hoor?"
Toe staan ek op.
Hy sê: "Wat het gebeur?"
Moenie vir my vra nie, vra vir God daarbo.
Hy sê: "Mag ek jou gelukwens?
Ek hoop dit sal aanhou goed gaan."
Tot nou toe, en dit is nou Oktober
en dit het gebeur op die 8ste Junie.
Dit is nou omtrent 4 maande...
Junie, Julie.
Ja, 4 maande. En dit gaan regtig goed.
As 'n pastoor,
het ek in die laaste paar jaar
regtig honger begin word.
Ek sou die boek van Handelinge deurlees
en ek het kwaad geword oor die manier
waarop ek dinge sien gebeur het
in die boek van Handelinge, en ek
het dit nie sien gebeur
in my kerk, of in my eie lewe,
of met die ouderlinge,
of in die struktuur van die kerk nie.
Ons het nie uitgegaan
om te gaan genees nie.
Ons sou mense hande oplê
en hulle dan huis toe stuur
om miskien gesond te raak in die
toekoms, of miskien nie.
Maar wat ek lees in Handelinge
is dat die apostels
uitgegaan het, en hulle was net besig
om hierdie dinge daagliks te doen.
Ek het regtig gevoel
dit is wat ek wou hê.
So, vir twee jaar was ek honger
vir hierdie dinge,
en het ek geglo dat dit is wat
ek geroep was om te doen,
maar ek kon dit nie
regtig doen nie.
Die kerksisteem moet verander.
Ons moet ophou om 'n instelling te wees
wat fokus op geboue en Sondag-dienste.
Mense sit jaar na jaar in kerke
en wag vir daardie spesiale prediker
om vir hulle te kom bid,
en te sê hulle het nou die
salwing ontvang.
Nou kan jy uitgaan en dit of
dat vir God gaan doen.
Of hulle sit net daar
en hoop dat iemand
hulle sal raaksien,
hulle talente sal sien.
En dit is nie wat die Bybel
vir ons sê om te doen nie.
Dit is nie wat Jesus
vir ons sê om te doen nie.
In 1995 het ek as 'n bakker gewerk
en het nie enigiets van God geweet nie.
Ek het nie enigiets van
die Bybel geweet nie.
Ek was 'n jong seun in Denemarke,
gedoop in die Lutherse kerk.
Ek is voorgestel in die Lutherse kerk
toe ek veertien was.
Maar dit was tradisie,
dit is tradisie vir baie mense vandag.
Een aand het ek in die lug opgekyk en
gesê: "Komaan, God, is U daar?
As U daar is, kom en neem my.
Ek wil U ken."
Kort daarna het ek
die evangelie gehoor
en op die 5de dag van April 1995,
09:30 in die aand
het ek my bekeer
en ek het alles vir Jesus gegee.
Maar toe het ek begin
om na 'n kerk toe te gaan.
Ek het begin word soos
die mense in die kerk.
Ek het gedink om 'n Christen te wees
het beteken om God te ontmoet en dan na 'n
kerk te gaan en daar te sit elke Sondag.
Maar ek het meer en meer
gefrustreerd geraak.
Want ek het gevoel: Daar moet meer wees
as om net na 'n kerk toe te gaan,
twee ure elke Sondag daar te sit,
en te luister hoe iemand preek.
Op 'n stadium het ek net begin
om die boek van Handelinge te lees.
Om te lees oor die eerste Christene,
oor hoe hulle gelewe het.
Hulle het nie dieselfde dinge
gedoen as ek nie.
Hulle het gesien hoe lewens verander
oral waar hulle gekom het.
Op daardie tydstip was ek so gefrustreerd,
want ek was al 'n Christen
vir baie jare.
Maar ek het nooit siekes genees of
demone uitgedryf nie,
ek het nog nooit enigiemand na Christus
gelei of die lewe ervaar
waarvan ons lees in die eerste kerk,
in die boek van Handelinge nie.
So, eendag het ek uit
frustrasie gesê:
"God, ek gee U alles.
Ek wil hierdie lewe sien."
En toe het ek begin om hierdie lewe
meer en meer en meer te sien.
Maar die probleem was
dat in die begin
daar niemand was wat my
'n dissipel kon maak nie.
Daar was niemand wat soos Jesus gemaak
het toe Hy gesê het:
"Kom en volg My en Ek sal julle
vissers van mense maak" nie.
Kom en volg My,
Ek sal vir jou wys
hoe om siekes te genees,
die evangelie te verkondig.
Ek sal jou wys en jou leer hoe om effek-
tief te wees in die Koninkryk van God.
Niemand het dit gedoen nie.
Maar wat nou anders is, is dat
ons nou begin het om
mense dissipels te maak.
As ons neem wat ons geleer het
en dit gee
aan die volgende generasie dissipels
en hulle sit dit voort van daar af,
dit dan neem, en dit gee
vir die volgende generasie dissipels,
sal ons in 'n baie kort tydjie
dissipels hê
wat rondloop op aarde
en net soos Jesus lyk,
dieselfde dinge doen as wat Jesus gedoen
het, ja, selfs groter dinge,
omdat Hy na die Vader gegaan het.
Nou sal ons luister na 'n
vriend van ons
in Sweeds.
Swede is koning!
Vader, ek bid dat ons
Europa vir U sal verower,
ook Denemarke, en Noorweë,
en die hele wêreld, vir U!
Ek het omtrent elf jaar gelede
'n Christen geword.
Ek het in die Sweedse
staatskerk ingekom
van 'n totale nie-Christelike
agtergrond.
Met verloop van tyd het ek en my
vrou na 'n ander stad getrek
en daar deel geword van
'n baie groot kerk.
Ons het leiers geword in 'n groot
uitreik-aksie in daardie kerk.
Ons moes 'n voorbeeld wees, maar ek het
nog nooit enigiemand na Christus gelei nie
ek het nog nooit enigiemand
self gedoop nie,
ek het nog nooit enigiemand vir wie
ek gebid het, sien gesond word nie.
Ek het by 'n punt gekom toe ons
een aand uitgegaan het
en daar 'n man na my tafel toe gekom
en gevra het:
"Haai, ek sien wat julle doen,
ek wil 'n Christen word.
Hoe kan ek een word?"
My reaksie was:
"Goed, ek sal jou môre kom oplaai
en jou kerk toe neem."
Ek maak toe so,
ek neem hom kerk toe
en het hom na die pastoor toe gebring,
en die pastoor het hom tot redding gelei.
Maar dit het my laat reageer, ek het
begryp dat iets verkeerd was.
Want ek lees baie Bybel,
ek was Bybelskool toe vir 'n paar jaar,
ek het geweet wat die Bybel sê,
en ek was die een
wat hierdie dinge moes doen.
Ek was die een wat my hande
op die siekes moes lê
en hulle sien herstel.
Ek was die een
wat mense moes doop in water,
en ek het dit nie gedoen nie.
So, iets was verkeerd.
Ek het begin dink,
miskien lieg hulle,
miskien is dit nie waar
wat mense my vertel nie.
Ek het toe begin uitgaan.
Elke oggend as ek wakker word
het ek tot die Here gebid.
Soms het dit gereën, gesneeu -
slegte weer -
maar ek het net uitgegaan, ek
het regtig uitgeroep tot God:
Ek wil U ken,
ek wil die ware lewe hê.
Eendag was ek by die werk, besig
om 'n Christelike koerantjie te lees.
Daar was 'n klein notatjie daarin
oor 'n Deense man,
wat in 'n winkelsentrum in Swede
vir siek mense gebid het, en
hulle is genees.
En ek het gedink: Wat!
Ek het voorheen sulke artikels gesien,
maar die een het my aangeraak
en ek het gevoel dis God.
Ek het hom toe gebel en hy het geant-
woord, hy was 'n normale mens nes ek.
Ons het gesels en ek het hom
vertel van my pad
en hy het gedink, dis wonderlik,
ons moet mekaar ontmoet.
Ek het 'n paar vriende genooi
en ons is na hom toe in Denemarke.
Toe vra hy vir ons:
"Hoekom het julle Denemarke toe gekom?"
Ons het gesê:
"Ons wil siekes sien gesond word."
Hy sê toe,
"Goed, oor omtrent vyftien minute
sal julle die eerste persoon
sien gesond word."
Ek het gedink, ja, ja.
Ek kon dit nie glo nie.
Hoe kan dit deel van
my lewe wees?
Maar ons het uitgegaan strate toe
en 'n groep mense raakgeloop,
dalk omtrent 25, 30 jaar oud.
Een van die meisies het 'n probleem
met haar knie gehad vir baie jare.
Hy het vir my gesê om my hande op
haar knie te lê
en die pyn te beveel
om weg te gaan.
Ek het amper flou geword,
ek was so senuagtig,
Ek het geen geloof gehad nie maar
ek het gesê, goed ek sal dit doen.
Ek doen dit toe, en sy het amper
opgespring en ek het gedink: Wat?!
En sy het gesond geword.
En die hele skare was...
Dit het my geruk.
Ek het net besef, dit is waar,
dit is waar.
Dit was genoeg vir my.
Ek het vir een mens gebid,
en toe het ek alleen gegaan.
Ons as Christene is geroep
om dissipels te maak.
'n Ander woord wat ons begin gebruik
het, is 'kickstarting.'
Dit is soos met 'n motorfiets,
wanneer jy
die enjin wil aanskakel:
jy 'kickstart' dit.
En wanneer die motorfiets aangeskakel
is, kan jy ry net waarheen jy wil.
Op dieselfde manier, moet ons
as Christene ge-'kickstart' word
in die dinge wat Jesus
ons geroep het om te doen.
Wanneer ons byvoorbeeld, 'n Christen
'kickstart' om siekes te genees,
neem ons hulle uit op die strate en sê:
kom en volg ons.
En ons wys vir hulle hoe om
dit te doen.
Wanneer hulle dit een keer gedoen het,
kan hulle dit weer doen.
Jy sê jy het pyn oral in jou liggaam,
maar die meeste in jou bene?
Ja.
- Ek sal daarvoor bid, jy sal sien.
Ek beveel alle pyn
om dadelik te gaan.
Wees nou genees
in jou hele liggaam.
Ek beveel alle pyn om die
liggaam nou dadelik te verlaat.
Die hele liggaam, nou dadelik.
Ek bid vir genesing, nou dadelik,
in die Naam van Jesus, amen.
Beweeg dit net, probeer net
om dit te beweeg.
Probeer om dit te voel.
Dit voel goed.
- Dit voel goed, ja?
Maar voel jy nou enige pyn?
Nee.
- Is dit weg?
Mense word verras.
Ek beveel hierdie rug om nou dadelik
heeltemal te herstel.
Buig so, probeer om dit te voel.
En kom weer regop.
- Regtig, dit is weg.
Regtig.
- Wat?
Ek belowe.
- Ek maak dit nie op nie,
jy kan voel dit het net weggegaan.
- O ja. O my God.
Dis besig om regoor die wêreld te groei.
In die laaste jare het ons
honderdduisende mense
gesien genees word
deur normale gelowiges,
wat ge-'kickstart' is
en begin uitgaan het
om die siekes te genees.
En daardie mense begin nou
om ander mense na Christus te lei.
So, in die laaste jare het ons
duisende mense na Christus sien kom.
En dit is regtig kragtig.
Ek het Stockholm toe gekom
en hierdie broer ontmoet,
en hy was daar saam met 'n klomp ouens,
en sy vrou was ook daar.
Toe het hy uitgegaan.
Hy't eers 'n persoon
met pyn gestop
en hy het sy hand op hierdie persoon
gesit en hy het gesond geword.
En ek het gedink:
Sjoe, dis wonderlik!
Hierdie persoon is genees,
en ek het gedink,
nou is dit nie meer net
op Youtube nie.
Ek kyk nie hierna op Youtube nie,
maar ek sien dit hier reg voor my.
Dit was wonderlik, om die reaksie van
die persoon te sien wat gesond geword het.
Volgende het 'n daar 'n
dame gekom,
en sy het pyn op haar maag gehad.
Hierdie man, wat my
ge-'kickstart' het, het gesê:
Nou's dit jou beurt.
Sit net jou hand op haar
en beveel die pyn om te gaan.
Ek sit toe my hand op haar,
ek het geaarsel maar
nogtans my hand op haar gesit
en net beveel:
In Jesus se Naam, pyn, gaan.
Ek het net my hand weggeneem en skielik -
jy moes dit gesien het -
dit het op haar gesig geskryf gestaan,
haar gesig het gesê, hoe't jy dit gedoen?
Wat...!?
Skeer jy die gek met my?
Nee, ons skeer nie gek nie.
Dit is waar, en dit is
hoekom ons dit doen.
Nee.
Dis malligheid.
Jesus het jou genees, nie ek nie.
Sjoe, ek het nog nooit so
iets gesien nie,
my drome het net waar geword,
net daar.
Dit was werklikwaar die beste dag
van my lewe,
om deel te wees van iets waarna ek
so lank gesmag het.
So, op pad terug huis toe, was ek
so vol vreugde.
Ek het toe in die bus gesit
op pad huis toe.
Toe ek daar aankom, kon ek nie net
sit of huis toe gaan nie.
Ek het net in die stad rondgeloop
en het vir mense gebid.
Op daardie selfde dag het ek
hierdie meisies raakgeloop,
ek het vir hulle gebid en hulle is
onmiddellik genees.
Ek het gedink: Wow!
Hierdie is nie iets wat in Stockholm
gebeur en daar gebly het nie.
Dit gaan voort, jy weet.
Van toe af het ek elke dag
uitgegaan.
Ek was elke dag uit op die strate en
ek het duisende sien gesond word.
Dit het my net verander.
Dit het my totaal verander.
Dit is wow.
Beweeg jou been.
Ek voel niks nie.
Het dit verdwyn?
Ek kan dit nie voel nie.
- Nee.
Ek kan dit nie voel nie.
Ek kan dit nie voel nie.
Is dit nie eienaardig nie?
- Ja.
Dit was Jesus wat jou genees het.
Buig so en probeer dit voel.
Dit het gewerk, Dennis.
- Probeer dit. Probeer dit.
Hoe voel dit nou?
- Dit voel perfek.
Is al die pyn weg?
- Al die pyn is heeltemal weg.
Ek sweer voor God.
Dankie, Jesus.
Ek het nie verwag wat ek gesien het nie,
of ek het, op 'n manier...
Ek het dit al baie in video's
sien gebeur
maar ek kon dit nog nooit
self doen nie
en ek het heeltemal verwag
dat dit is wat God doen.
Dit is hoe Hy my gebruik,
dit is my doel hier.
Ons het vir een meisie gebid
wat probleme met haar rug gehad het.
Ek dink sy het 'n
operasie gehad.
Pyn, gaan dadelik.
Rug, herstel nou dadelik.
In die Naam van Jesus.
Het jy iets voel gebeur?
Iets het geklap.
- Sjoe, iets het gebeur.
Sy's gevul met die Heilige Gees en is
op 'n radikale manier aangeraak.
Sy was in trane.
- Sy het voor ons neergeval.
Maak haar vol.
Meer, meer.
Die Heilige Gees is op jou,
maak net jou mond oop.
Meer, Heilige Gees...
Maak haar vol.
Jy is nou net gedoop en gevul
met die Heilige Gees.
Hy is daar, Hy is daar.
Dis 'n nuwe begin.
Dis 'n nuwe begin vir jou.
Dit is 'n nuwe begin.
God, ons dank U vir U vryheid,
God, ons dank U vir 'n nuwe begin.
Haar familie wat by haar was,
haar skoonsuster en haar kinders,
was net heeltemal rustig,
asof alles heeltemal normaal was,
Mense het verbygeloop...
En ek onthou, ek het gedink:
Dit is so koel wat besig is om op hierdie
oomblik met hierdie meisie te gebeur,
sy het geen idee gehad wat op
daardie dag sou gebeur nie.
Sy het weer opgestaan en jy kon sien
sy was 'n ander mens.
God het haar verander van binne
af buitentoe.
Ek's reg, Lillia.
Dit is goed.
- Soveel beter as goed.
Soveel beter as net goed.
God wil lewend wees.
Hy wil dit vir ons wys
en vir ons wys wie Hy vir ons is.
Dit is God, ons is hierbuite.
Nie in 'n pragtige kerk nie,
maar God is hier
en Hy wil deel van ons
lewens wees.
Hy wil deel van jou lewe wees.
Toe het ons aanbeweeg van daar af.
Toe het ons gebid vir 'n man
genaamd Danny.
Ja, ons het eers vir 'n ander man gevra
of hy enige pyn het.
Hy het nee gesê.
En toe kom Danny...
Ja, ons het 'n man wat op 'n bankie gesit
het gevra of ons vir hom kon bid.
Hy het gesê: "Nee, ek's reg."
En 'n man genaamd Danny sê toe:
"O, my rug is regtig seer."
"Hoe lank al?"
"Vir tien jaar."
Eintlik was dit vyf jaar
wat hierdie man se rug seer was.
Toe sê ons:
"Koel, kom ons laat jou sit."
En ons het hom laat sit
en sy een been was langer as die ander
een met omtrent 'n halwe duim.
Been, word los en groei nou dadelik,
in die Naam van Jesus.
Daar is dit.
- Ja, sjoe, daar is beweging.
Het jy dit gevoel?
- En dit het in jou hande beweeg.
Iets het geklap, toe dit uitkom.
Danny, probeer om op te staan en
te voel hoe jou rug nou voel.
Dit voel nogal goed.
- Is dit weg?
Ja.
- Vyftien jaar, en dit is weg.
Ja wel, vyf.
- O, en is dit nou weg?
Wat het jy ervaar?
- Ek weet nie, ek het gevoel dis goed.
Dit is die eerste keer
wat hy dit doen.
Dit was fantasties, en terwyl ons
nog mense soek,
het ons besluit om roomys te gaan koop.
Ons het ingestap en jy het met die vrou
agter die toonbank gesels.
Daar was 'n vrou agter
die toonbank
en sy het gevra wat ons doen,
waarvandaan ons kom,
en ons het toe vir haar verduidelik dat
ons rondloop en vir mense bid.
Ek's van Houston, ons is hier saam
met mense van regoor die wêreld
en ons bid vir mense
met enige siekte of pyn.
Sy sê: "Regtig?"
En ek vertel van Danny.
Sy sê toe, o aarde,
ek wil hierdie man ontmoet.
Ek het gedink sy bedoel, Danny,
wat genees is.
"Jammer, ek weet nie waar hy is nie."
Sy sê toe: "As hy ooit terugkom om te
bid, laat my weet."
Ek het by myself gedink:
"Dit was ek, ek is net hier."
So, ja, ek sal terugkom,
gee my net 'n oomblik.
En toe kom sy en trek haar
skoen uit:
"Dit is hierdie enkel."
Sy het oopgemaak
en ek kon aanhou bid vir haar.
Dit het beter en beter geword.
Toe ek omdraai, is daar
4 of 5 mense wat sê:
"Ek het pyn."
"Kan jy vir my bid?"
Hoe voel dit?
- Wat doen jy?
Dit was nie ek nie, jong.
- Ek was in pyn.
Ek lieg nie.
Is dit heeltemal weg?
Komaan, spring, spring!
- Ek kan dit nou doen.
Wat doen jy?
- Dit is Jesus.
Buk af.
Wanneer was die laaste keer
wat jy dit kon doen?
In die weermag.
- Tien jaar gelede?
Ja, tien jaar gelede.
- So vir tien jaar kon jy nie?
Nee, nee...
Komaan!
- Ja, ek weet, dit voel goed.
Sit op die stoel, kyk of
jy dit soos gewoonlik kan doen.
En dan staan jy op.
As dit God is hierdie, dan...
is ek lief vir U.
Dit is God! Tien jaar lank kon
jy dit nie doen nie.
Nee, ek kon nie, ek was in pyn.
In en uit by die dokters.
Maar Jesus is die groot Dokter.
Hy is die hoogste en Hy is daar.
Hy is, amen.
Wat is fout met jou?
- My arm...
Kan jy dit nie hoër as dit
oplig nie?
Vir hoe lank is dit al so?
- Ses weke.
So vir die afgelope ses weke kon
jy dit nie doen nie.
Raak dadelik los in die
Naam van Jesus, dadelik.
Jy het dit!
Jy het dit, dis joune, hou dit.
Voorheen kon jy dit tot daar
optel, né?
Beweeg dit beter?
Dit is goed.
- Lig jou hand op!
Klap my hand.
Voel jy goed?
Nou weet ons hoe dit werk.
So, ons kan teruggaan Houston toe en
parke en winkels gaan soek...
Wanneer ons êrens pizza eet...
dis nie verbode terrein vir God nie.
Ja, dit is soos 'n rooikop wat
grootword in Asië en dink:
"Dit voel asof daar meer aan die lewe
moet wees, almal is dieselfde."
en dan gaan sy Ierland toe:
"Daar is, daar is regtig!
Daar is mense soos ek!"
Dit is hoe ek voel:
"O - dit is die lewe, dit is goed so."
Dis wat ek wou hê en
nou kan ek gaan en dit doen.
Ja, ons is so opgewonde om
terug te gaan en ek dink,
my bure, die mense, hulle het geen idee
wat hulle binnekort gaan tref nie,
want ek verstaan dit nou, ek kan dit doen,
God, ek kan dit definitief doen.
Hand. 2:38: Petrus antwoord: "Bekeer jul-
le en laat elkeen van julle gedoop word,
in die Naam van Jesus Christus
tot vergewing van sondes,
en julle sal die gawe van die
Heilige Gees ontvang."
Ons lewe in baie opwindende
tye in Europa
waar ons begin om 'n heruitvoering van
die boek van Handelinge te sien in ons tyd
Ons sien dat mense
uitgaan met die evangelie,
in die demonstrasie van
die Koninkryk.
En dit is dikwels 'n
baie helder evangelieboodskap,
dat ons moet wegdraai
van ons sondes.
'n Deel van die vereistes is
in werklikheid
die waterdoop en om gevul
te word met die Heilige Gees.
So dikwels in ons kerksisteme word
hulle geskei van mekaar.
Maar wat ons meer en meer sien
is dat dit weer bymekaarkom
in een stroom,
soos dit was in die
boek van Handelinge.
So, dit is nie nodig om te wag nie.
Dus, wanneer iemand hom bekeer en
sy geloof in Jesus bely,
word hulle geneem na waar daar
ookal water is.
Dit kan enige plek wees.
Dit kan 'n meer wees.
Dit kan in 'n reënwatertenk wees.
Dit kan in 'n bad wees, of waar ookal.
Mense word onmiddellik gedoop
en terselfdertyd ook
gevul met die Heilige Gees.
Die eerste woorde wat uit Jesus
se mond gekom het, was:
"Bekeer julle, want die Koninkryk
van God is naby."
Ons is geroep om vandag
bekering te verkondig.
Dit is asof daardie deel vandag in die
kerk verlore geraak het.
Ons praat oor geloof, maar
ons praat nie oor bekering nie.
Hulle is amper bang om
oor sonde te praat.
Maar ons is geroep om oor
sonde te praat.
Ons is geroep om bekering
te verkondig.
Ons moet sê wat sonde is.
Ons moet sê dat daardie mense
wat volhard in hulle sonde,
gaan sterf.
Ons moet oor sonde praat
voordat ons praat daaroor
dat Jesus die Lam van God is wat gekom het
om ons sonde weg te neem.
Want as ons nie oor sonde praat nie,
wat moet mense dan met Jesus doen?
Waarheen gaan jy?
- Ek gaan saam met God, hemel toe.
Hoekom?
- Want...
Is jy 'n goeie mens?
- Ja.
Het jy al ooit gelieg?
- Ja.
Het jy al ooit iets gesteel?
Iets van die net afgelaai
sonder om te betaal? - Ja.
Het jy al seks buite die huwelik gehad?
Dit is drie van
die tien gebooie.
Deur hoeveel van hulle
sal ek gaan?
Dit gaan alles oor hoe ons onsself
met mekaar vergelyk.
As jy jouself vergelyk met die
mense om jou,
kan jy maklik dink
jy's 'n goeie mens.
Die vraag is nie
of jy 'n goeie mens is nie.
Die vraag is:
Is jy goed genoeg?
Die Bybel sê: As jy net een van
hierdie sondes gedoen het,
is jy skuldig aan hulle almal.
Dit is nie soos met ander dinge nie,
soos dat dit reg is as jy weeg
en jy het slegte dade
en die goeie...
Dis nie so nie.
Dis skuldig of onskuldig.
As jy eenmaal die wet oortree het, is jy
skuldig daaraan dat jy die wet oortree het
As ons oor God praat -
geen mens kan ooit
na God toe kom, hemel toe gaan,
deur sy eie goeie dade nie.
Dit is nie moontlik nie.
En ek het altyd gedink ek is
'n goeie mens, want -
ja, ek het 'n bietjie te
veel baklei,
ek het te veel gedrink,
ek het dinge gedoen... Maar!
Hierdie persoon en daardie persoon
is baie erger as ek.
So, my probleem was, dat ek myself
vergelyk het met die mense rondom my,
in plaas daarvan om myself te
vergelyk met die Een
voor Wie ek eendag gaan staan.
Ek glo ons moet terugkeer
na wat die Bybel vir ons wys.
Bekering is nie soseer om
jammer te voel oor ons sonde
en wat ons gedoen het nie,
en hoe ons God se Woord ontheilig het nie,
in die sin van onsself.
Om jammer te wees is nie
ware bekering nie.
Dis deel daarvan, maar
dis nie die hele storie nie.
Ons sien vir Farao in die Ou Testament
met die Israeliete in Egipte,
hy was jammer, hy het verklaar:
"O, ek het teen God gesondig."
So, hy het sy sonde bely, maar hy
het nie weggedraai van sy sonde af nie.
Dit is ook nie net berou nie.
Baie mense sê: jy sien,
hulle is jammer,
hulle huil, want
hulle het waarlik berou.
Judas in die Nuwe Testament
het berou gehad.
Hy was so vol berou dat
hy selfmoord gepleeg het,
maar hy't nie weggedraai
van sy sonde nie.
Wanneer ons die Bybel lees, sien ons
dat God bekering saamvoeg
met vergifnis,
eerder as vergifnis met
geloof in Jesus.
En ek dink, om daarna te kyk op
laasgenoemde manier, laat ons dink
dat as ons geloof in Jesus het, God
outomaties ons sonde vergewe.
En soos 'n mens die Bybel lees,
kom jy agter dis nie die geval nie.
Kom ons verbeel ons ek en
jy speel saam skaak.
Ek maak 'n skuif, en
dan is dit jou beurt.
Ek wil jou skuif sien.
My skuif, jou skuif.
Is dit toelaatbaar om dit nou te doen?
Om hier een en daar een te skuif.
Mag ek twee skuiwe maak?
- Nee.
Hoekom? Want daar is reëls.
En die reëls is dat jy een keer skuif,
en dan skuif ek een keer.
Wanneer dit by God kom -
jy het gesondig.
Jy het iets gedoen
wat verkeerd is.
En as gevolg daarvan is jy
geskei van God.
Jy kan nie gemeenskap met God hê
nie as gevolg van jou sonde.
Sonde veroorsaak dat God nie
met ons gemeenskap kan hê nie.
God kyk na jou en sê:
"Ek wil jou nie straf nie, maar Ek
is heilig en daarom moet Ek dit doen,
maar terselfdertyd wil ek jou
'n kans gee
om vergifnis te ontvang en
'n verhouding met My te hê.
Daarom het ek my Seun, Jesus,
gestuur om vir jou te sterf."
So, dit werk so:
Jy het gesondig en God se
gebooie oortree,
dit is hoekom ons lewe
sonder gemeenskap met God.
Ons leef ons eie lewe,
geskei van God.
God het na jou gekyk en gesê,
Ek wil jou nie veroordeel nie.
Ek wil jou vergewe, daarom het ek
my Seun Jesus gestuur om vir jou te sterf.
Wie se skuif is dit nou?
Jou skuif.
God wil jou vergewe,
Hy wil jou vrymaak,
en jou 'n nuwe lewe gee
en genesing deur jou bring.
Hy wil daardie dinge doen,
maar Hy sê:
"Maak 'n skuif, dit is jou beurt!"
Hy wag vir jou om dit te doen.
Maar so gou as wat jy sê, ek bekeer
my, en daardie vergifnis ontvang,
so gou as wat jy dit doen,
gaan God jou vergewe.
Dis so belangrik om te verstaan,
want daar is so baie wat dit nie
verstaan nie, en ek was ook so.
Soos julle, het ek geglo
daar is 'n God.
Maar ek het dit so verstaan:
"Goed, wanneer dit tyd is
sal Hy na my toe kom.
Dit is in Sy hande,
Hy is groot, Hy kan dit
doen wanneer Hy wil."
En ek het die verantwoordelikheid
oorgegee aan Hom.
'n Ware, diep bekering
gaan hand aan hand met dade.
Dit is nie net 'n woord nie,
nie net iets wat ons dink nie.
Ware bekering is nie net om
te besef
dat jy gesondig het teen
'n heilige God nie,
maar dat jy dan jou sondes
teenoor Hom bely,
berou het oor wat jy aan
Hom gedoen het,
en wegdraai van daardie
sondige lewe
en begin om Sy lewe te leef.
Die woord vir bekering in die Bybel
is die woord 'metanoia'
wat beteken om weer te dink.
En God wil hê ons moet weer dink
oor ons lewens en oor hoe
ons geleef het.
As ons weer oor God sal dink en
oor hoe ons sondes Hom affekteer,
sal God ook weer dink oor
wat Hy van ons dink.
Handelinge 22:16:
En nou, waarom versuim jy?
Staan op, laat jou doop
en jou sondes afwas...
En as jy jou sonde bely
en dit aan die lig laat kom,
ervaar jy vergifnis.
Maar as jy dit geheim hou,
gaan jy elke keer as jy 'n tree
na die lig gee,
die Satan hoor sê:
"Maar onthou, maar onthou..."
- Ja, dis wat hy doen.
Maar as dit uit jou mond kom,
het jy dit bely.
Jy het dit vir my gesê,
jy het dit gesê.
Wees gelei deur die Heilige Gees -
dalk moet jy dit vir die wêreld sê.
Ek weet nie wat dit is nie,
maar daar is vergifnis.
Mense het nodig om te hoor
daar is vryheid.
Daar is so baie meisies wat
daardeur gaan, so baie vrouens.
Hulle het dieselfde dinge gedoen,
en dit rondgedra vir
dertig, veertig, vyftig jaar.
Dit is nie 'n plek van vryheid nie.
Vryheid is wat jy op
hierdie oomblik ervaar.
Ek het vandag gekom, want ek
wou die gawe ontvang om in tale te praat.
En vir al die ander dinge in my lewe
waarvoor ek bevryding nodig mag hê.
Gedurende die naweek
het God my bevry
en geseën met die gawe
om in tale te praat
en my gewas met die waterdoop.
Ek lewe al vir meer as
dertig jaar
met skaamte en verleentheid,
as 'n geheim
dat ek, toe ek in my twintigs was
'n aborsie gehad het.
En elke liewe dag van daardie
dag af
het die duiwel met my gedoen
net wat hy wou.
Ek was ook op soek na God,
terwyl ek na Torben se video's gekyk het,
en het vir God gesê,
ek kan dit nie meer doen nie.
Ek het by Hom gepleit om te weet
of Hy my kan vergewe.
En toe gebeur dit so dat Hy my gelei het
om hierheen te kom hierdie naweek.
Ek het gelei gevoel om
met Torben te praat,
dat God iets gehad het om vir
my te sê deur hom.
En so het ek die geleentheid gekry
om deur God bevry te word.
Verlos van hierdie pyn.
Na meer as dertig jaar is ek vry.
Dankie Jesus, dankie.
Wees vry.
....dat toe ek in my twintigs was...
God, help my...
...ek 'n aborsie gehad het,
en van daardie dag af
het God probeer om vir my te sê
dat als reg is,
maar die duiwel het net daardie
groter houvas op my lewe gehad.
Hy het net bly vasklou en
aanhou.
Ek onthou daardie dag asof
dit gister was
en ek voel nog dieselfde pyn.
Dis 'n nuwe begin,
'n nuwe wegspringplek.
Is jy gereed om tot
Jesus gedoop te word
vir die afwassing van jou sonde?
- Ja.
So op jou eie geloof,
doop ons jou tot Jesus Christus.
Sterf saam met Christus,
staan op saam met Christus.
Kom ons bid vir jou.
God, ons dank U vir Elizabeth.
God, ons dank U vir U vryheid.
En toe sy dit bely,
het 'n ander vrou vorentoe gekom
en dieselfde sonde bely.
En skielik het haar getuienis
alreeds lewe en vergifnis
vir iemand anders gebring.
En daardie vrou
is daar in water gedoop
en sy het ook daardie vryheid ervaar.
Later was ons in 'n samekoms
met tagtig mense
waar sy verduidelik het hoe
sy dit gedoen het,
en dat die aborsie sonde was,
maar dat Jesus haar sonde vergewe het.
Toe sy dit bely het en
die getuienis gedeel het
by die samekoms van tagtig mense,
het daar twaalf vroue uit daardie samekoms
na die tyd na haar toe gekom
en dieselfde sonde bely.
En hier sien ons die krag wat daarin lê
om jou sonde te bely,
die krag van die doop in water,
en waaroor die hele evangelie gaan.
Hy wat glo en gedoop is, sal gered
word, het Jesus gesê.
Wat baie interessant is omtrent
die waterdoop is dat...
Ek glo dat ons as gevolg
van tyd en tradisie
vandag baie anders na 'n
sakrament kyk
as wat die Bybel vir ons wys
'n sakrament regtig is.
Dit word dikwels beskou as 'n uiterlike
teken van 'n innerlike realiteit.
En wat interessant is
omtrent daardie definisie
is dat dit die geestelike
en fisiese neem
en die twee heeltemal skei.
As gevolg daarvan sien
ons die waterdoop
as iets wat net seremonieel is
en geen verbintenis met enigiets
in die geestelike realm het nie.
Met ander woorde, dit is net
soos 'n bevestiging
van iets wat alreeds
in die gees plaasgevind het.
Maar die waterdoop is baie,
baie anders as dit.
Ons het ontdek dat die waterdoop
nie net sakramenteel is nie,
nie net 'n uiterlike teken
van 'n innerlike realiteit is nie.
Ons sien dat wanneer jy
in daardie water ingaan,
die Gees van God dit aanraak.
En wanneer die fisiese en die
geestelike konnekteer in die waterdoop,
doen God iets wonderbaarlik.
Wat interessant is, is dat die
waterdoop twee dinge is.
Dit is beide 'n bad en
'n begrafnis.
Om te kan bad,
moet 'n mens vuil wees.
So wat beteken dit?
Dit beteken dat 'n persoon
wat gedoop word,
hulle sondes voor
God moet erken.
In daardie sin, gaan die
waterdoop en bekering hand aan hand.
Dit is om weg te draai
en in geloof te kom.
Die vereiste vir die waterdoop,
wat God wil hê ons moet bring,
is bekering en
geloof in Jesus Christus.
'n Persoon kom dood in sy sonde.
Wat gebeur is dat ons
daardie persoon neem
wat kom in sy sonde,
met bewys van bekering,
en dan doop ons hom,
sodat wanneer daardie persoon uit die
water kom, hy splinternuut en skoon is.
Ek vertel baie mense wat ons ontmoet,
dat die waterdoop nie net
'n skoon, nuwe begin is nie.
Dit is 'n splinternuwe, skoon lewe
om mee te begin.
Laat dit kom, laat dit kom.
Meer, meer....
Glorie, glorie...
Ons prys U, Jesus.
Dankie, Jesus.
Dankie, Jesus, dankie, Jesus.
Dankie, Jesus.
Dankie, Jesus.
Dankie, Jesus.
Prys U Naam, dankie, Jesus.
Dankie, Jesus.
Hoe voel jy?
Ek het gevoel dat iets
uit my uitgegaan het...
Dit borrel op, dit is die lewende
water wat opborrel binne-in jou
en God stel dit vry
deur jou mond.
Claudio, jy is 'n splinternuwe man.
- Amen.
Voel jy goed?
- Ja.
Hierdie is net die
begin, Claudio.
Hierdie is net die begin.
- Ja.
God het nou vir jou
die gawe gegee.
Daar is tye wanneer jy
nie sal weet waarvoor om te bid nie.
En nou kan jy in geloof
gaan bid.
Wat dit wonderlik maak om
in tale te bid is
dat ek op ander dinge kan
konsentreer terwyl ek bid
want my verstand bid nie.
Ek laat net my mond beweeg
deur geloof.
En die Heilige Gees tree
in deur ons.
So, God het jou sopas gebruik.
Die Gees het ingekom en
deur jou ingetree.
Dit is pragtig.
- Amen, dankie God.
Is God nie goed nie?
- Ja.
Hy is groot.
- Hy is.
Ek het vandag iets geleer.
Die krag van die waterdoop
tot Jesus
is nie meer soos 'n simbool
soos meeste kerke mag glo nie,
soos wat ek altyd geglo het nie,
want dit is al wat ek geken het.
Ek het net gedink dit is iets
waardeur jy gaan
met besprinkeling of so.
Maar daar is so baie krag
as jy waarlik glo
waaroor dit alles gaan.
Dit gaan oor die dood, die begrafnis,
die aflegging van die ou mens,
die ou natuur is weg en
'n nuwe mens kom op.
Soos wat ek vandag
geleer het, glo jy
in Jesus as jou Here, Verlosser?
Ja, ek glo.
Wel, die ou mens gaan onder die water in,
jy sterf, en 'n nuwe mens staan op.
En so gou as wat hy opgekom
het uit die water
het hy gesê iets het hom verlaat.
'n Groot las het afgelig van hom en het
nie langer enige houvas op sy lewe nie.
En hy het dadelik die doping
in die Heilige Gees ontvang.
En hierdie broer was so gebroke,
hy het gesnik.
Hy het net sy bors vasgehou,
dit was so kosbaar om dit te sien.
Dit was so kosbaar om te sien wat
God in sy lewe gedoen het.
En al wat hy kon doen was om te
huil in die teenwoordigheid van God.
En vir my, net om te kon sien
wat God gedoen...
Ek skat hy het drie, vier ure
gery om hier te kom
want dit is wat hy wou hê.
En daardie ding wat hom die
heeltyd aangeval het
het nie langer enige mag oor hom nie
en hy is vry, volkome vry.
En ek is waarlik dankbaar,
want nou het ek geleer
dat daar iets betekenisvol
aan die waterdoop is,
daar is iets merkwaardigs
aan bekering,
daar is iets daaraan om die
doping met die Heilige Gees te hê.
Al drie dinge is nodig.
En dit het waarlik my
lewe verander
en nou sal ek hierdie boodskap verkondig
tot my sterwensdag.
Want ek het dit ervaar en dit was
een van die kragtigste
demonstrasies van God se liefde
wat ek al ooit gesien het.
Ek glo die rede waarom ons
hierdie dinge nou sien gebeur
is omdat, wanneer die ou
mens sterf
demone hulle greep
en houvas verloor.
Hulle kan nie langer 'n
dooie man folter nie.
Want die ou man sterf
en wanneer jy opkom
uit daardie water
is jy 'n splinternuwe mens.
Daar is 'n nuwe mens,
wat jou ou klere dra.
Toe Jesus hier
op aarde geloop het,
het Hy bekering verkondig.
En toe het Hy geleer dat
mense weer gebore moes word,
uit water en Gees.
Maar Hy kon nie op daardie tydstip
mense in Sy Naam doop nie.
Hy kon nie mense doop met die
Heilige Gees nie.
Maar na die kruis, toe Petrus
tydens Pinkster opgestaan het,
hoor ons die volle evangelieboodskap
vir die eerste keer toe Petrus gesê het:
"Bekeer julle, word gedoop vir die
vergifnis van julle sonde
en julle sal die Heilige Gees ontvang."
Jy kniel en sê:
"Ek doop jou tot Jesus Christus."
en maak seker hy gaan
onder water.
Sterf met Christus.
Staan op met Christus.
Vryheid! Vryheid!
Gaan! Gaan!
Vryheid. Vryheid.
Uit! Verlaat hom! Gaan!
Ek beveel jou, gees, om te gaan!
Nou dadelik! Kom uit!
Gaan! In die Naam van Jesus
beveel ek die gees - gaan!
Verlaat hom, nou dadelik!
Uit! Uit!
Gaan!
In die Naam van Jesus, beveel ek
elke demoon om nou dadelik te gaan!
Gaan! Nou dadelik!
Kom uit!
Ek beveel hierdie demoon om te gaan!
Gaan, nou dadelik!
Gaan uit, demoon!
Ek beveel elke demoon, verlaat
hom dadelik!
Leuen, gaan! Kom uit!
Meer, meer. Laat dit gaan!
Ek beveel jou, demoon,
in die Naam van Jesus, kom uit!
Gaan uit! Nog!
Gaan uit!
In die Naam van Jesus beveel
ek die laaste om te gaan!
Gaan, in die Naam van Jesus,
elke demoon! Gaan uit!
Nou dadelik!
Verlaat hom, verlaat hom.
Maak hom vol, maak hom vol, meer
vryheid, vryheid.
Dit is die waarheid.
Dankie.
Dis die waarheid!
As jy 'n boek hieroor wil lees, wil
ek 'n boek aanbeveel.
Miskien het jy al daarvan gehoor,
die naam van die boek is die Bybel.
Dit is waarvan ons lees
in die Bybel.
Hy is bevry en toe het die
Heilige Gees oorgeneem.
Dit is nie net 'n prentjie nie,
dis die waarheid.
En as hierdie waar is in die Bybel,
wat van die res?
Elke woord is waar,
van begin tot einde.
Halleluja.
My vriend!
Ek onthou nog hoe ek
my vuiste gebal het
en ek onthou hoe ek
op die water geslaan het
en toe het ek regtig hard
geskree, en toe
was daar 'n soort beroering,
iets wat gebeur.
Ek het nie geweet dit was ek nie,
ek het nie geweet wat gebeur nie.
My oë was toe en toe
het ek hulle oopgemaak
en ek was in 'n ander posisie
as waarin ek vantevore was.
Ek het gekyk,
en Torben was daar anderkant
en ek het hierdie kant toe gekyk
voordat ek anderkant toe gekyk het.
Ek het nie heeltemal verstaan
hoekom nie.
Toe was daar nog 'n beroering.
Die laaste ding wat ek onthou,
is dat Torben gesê het:
"Demone, gaan uit."
Toe was ek rustig,
alles het rustig geword.
Daar was rustigheid en stilte.
Ek kan onthou dat ek opgekyk het
en daar was 'n klomp mense,
almal met hulle kameras.
Baie het na my gekyk
en dit was asof ek
'n bietjie in skok was,
soos om na 'n operasie uit die teater te
kom en almal is daar,
as ek dit so kan verduidelik.
Deur my lewe en my ervarings,
is daar niks wat
naby dit kom nie.
Maar die beste ding van
hierdie ervaring
is dat dit voel asof
'n tand getrek is.
Ek het geweet daar
was iets daarbinne,
toe daar 'n beroering was, wat nie
die reg gehad het om daar te wees nie.
Dit voel nou asof daardie
tand uitgetrek is.
Daar is niks meer daar nie,
dit het uitgekom, dis weg.
En dit voel asof daar
nuwe vel daar is.
Wanneer jy jou tand laat trek,
wil jy die hele tyd met jou
tong aan die wond voel,
jou tong gaan heeltyd terug na
die plek waar die tand getrek is
om te voel hoe dit voel,
en dis hoe dit was.
Daar was iets nuut en jonk daar
waar hierdie tand was.
Ek is gelukkig, ek is vry,
alles danksy Jesus Christus.
So gou as wat mense gedoop word,
begin ek vir hulle bid
vir bevryding, want noudat
hulle gesterf het saam met Christus,
en opgestaan het saam met Christus,
moet die Satan hulle verlaat.
En dit is regtig kragtig om
bevryding te sien
daarbuite, as 'n
deel van die waterdoop.
Dit was so kragtig,
so baie mense het gekom en dit gesien
en skielik was daar 'n menigte van
150, 200 mense wat kyk.
Net na sy bevryding, is hy
gedoop met die Heilige Gees
en het in tale gepraat,
dit was regtig kragtig.
Toe was ons veronderstel om
die res van sy familie te doop, sy seun
en dogter en vrou.
Toe hulle afkom water toe,
gereed om gedoop te word,
het God iets wonderliks gedoen.
Ons het vandag in die evangelies gelees
dat Jesus gedoop is in die
Jordaanrivier.
Ons het gelees dat die hemele geopen het
en die Heilige Gees het neergedaal
soos 'n duif.
Ek en Lauren, het net gesê:
"Sal ons bid dat so iets
vandag gebeur,
dat ons 'n teken in die lug
sien wanneer ons gedoop word?"
So, toe ons gedoop is,
was ek in die water, wagtende
om gedoop te word.
En ek het mense in die skare hoor
sê: "Kyk op!"
Ek het omgedraai en opgekyk, en ek het
die woord 'waar' in die lug gesien.
Dit was asof my gebed
beantwoord is
net toe dit tyd is vir my om
gedoop te word.
Dankie, Jesus.
Almal het na die lug gewys en gesê:
"Kyk op, kyk op!"
En bo in die lug,
was daar kort tevore 'n vliegtuig
wat 'waar' in die lug geskryf het.
Dit was op dieselfde tyd as wat
ek vir haar man gebid het
en hy bevry is,
en ek was besig om te sê:
"Dit is waar."
"Dit is nie 'n prentjie nie."
"As dit waar is, is alles wat ons
in die Bybel lees, waar."
En skielik het ons dit in die
lug gesien
dat God 'waar' geskryf het.
WAAR
Torben, kyk op!
- Ja, ek het dit gesien.
Ja, ek sien dit.
Ons het daarna begin om die
evangelie te verkondig
en nog baie mense het tot
bekering gekom en is gered daardie dag.
In plaas daarvan om net agt mense te doop
soos wat ons veronderstel was,
het ons meer as dertig mense gedoop.
Want mense wat gesien
het wat gebeur,
het gesien hoe mense bevry
word van demone,
en hoe hulle die
Heilige Gees ontvang.
Hulle het hulle ook van
hulle sonde bekeer
en het gekom om gedoop te word,
en het dieselfde ervaar.
Die demoniese wêreld is so werklik.
Dit is baie werklik.
Ek het dit vlugtig in
kerke gesien
wanneer evangeliste of die sogenaamde
man van God gekom het.
Mense wat in outoriteit loop,
hulle bid vir mense en
sien hul manifesteer
maar ek het dit nooit self
ondervind nie.
Die eerste werklike ervaring wat
ek gehad het,
en moontlik my grootste ervaring,
was toe ek en my vrou die
eerste keer
iemand in ons huis gedoop het.
Die persoon was betrokke by New Age,
reiki genesing,
tarotkaarte, kristalle en baie
New Age dinge.
Ons het haar gedoop en as ons dit
net daar gelaat het
soos in 'n normale kerkdiens,
sou ons geglimlag het,
haar sertifikaat oorhandig het en dan
koffie gedrink het na die tyd.
Maar ons het aanhou bid
vir haar, en aanhou bid,
en na omtrent twee minute het
die demone begin manifesteer.
Een na die ander het hulle gemanifesteer
en ons het hulle uitgedryf.
Dit was die mees werklike,
mees radikale ondervinding
wat ek nog ooit gehad het.
Dit het my oë oopgemaak vir die
stryd, dit is 'n geveg.
Ons word nie net gevra nie, ons word
nie net vertel dis 'n goeie idee nie,
maar ons word beveel deur Jesus
om demone uit te dryf.
Ons het die verantwoordelikheid om mense
te bevry, in Jesus se Naam.
Waarom is daar 'n geveg aan die gang?
Omdat Satan nie daarvan hou nie.
Maar nou gaan ons onder
water en dan
gaan sy opkom
en julle gaan vryheid sien,
julle gaan vryheid sien,
vryheid en 'n nuwe lewe.
Kniel net.
Moenie bang wees nie. Kniel net.
Kniel net.
- Ek kan nie.
Nee, jy kan, jy kan.
In die Naam van Jesus,
jy kan, jy kan.
Dit is 'n nuwe lewe. Satan is 'n
leuenaar. Satan is 'n leuenaar.
Hy het vir jou gejok
en hy wil nie hê dat jy
alles oorgee aan Jesus Christus nie.
Want wanneer jy jouself oorgee,
sal Hy jou vrymaak
en Satan gaan verloor en
hy wil nie.
Jy kan.
My knieë wil nie buig nie.
Gaan af, in die Naam van Jesus.
Sy wil, maar haar knieë
wil nie buig nie.
Sy kan nie afgaan nie,
daar is 'n geveg aan die gang.
In Jesus se Naam,
God ons dank U.
Gaan net af, in die Naam van Jesus,
gaan net af.
Af, af, gaan net af
in die Naam van Jesus.
In die Naam van Jesus
In die Naam van Jesus, gaan af.
Gaan af, gaan af.
In die Naam van Jesus, gaan af.
Is jy gereed om gedoop te word
tot Jesus Christus?
So op grond van jou eie geloof
doop ons jou tot Jesus Christus.
Gaan net af. Sterf met Christus.
Staan op met Christus.
Vryheid! Vryheid! Satan gaan!
Verlaat haar! Verlaat haar onmiddellik!
Kom uit! Kom uit!
Verlaat hom! Gaan!
Kom uit! Gaan!
Onmiddellik!
Laat los! Laat los!
Gaan! Gaan! In die Naam van Jesus
beveel ek hierdie godsdienstige gees,
gaan onmiddellik,
in Jesus se Naam!
Gaan! Laaste ding, gaan!
Gaan! Gaan, in die Naam van Jesus!
Gaan! Onmiddellik!
Gaan! Gaan!
Kom uit in die Naam van Jesus!
Kom uit!
Gaan! Onmiddellik! Kom uit!
Alle woede, alle vrees
gaan onmiddellik in Jesus se Naam!
Kom uit! Onmiddellik!
Kom uit! Kom nou uit!
Kom uit, onmiddellik!
Ek beveel jou, gaan!
Gaan! Gaan onmiddellik!
Vryheid! Nou!
Laat dit gaan!
Ek beveel hierdie demoon, gaan!
Ek beveel hierdie gees om te gaan!
Kom uit! Kom uit! Nou!
Gaan, in die Naam van Jesus!
Gaan onmiddellik in die Naam van Jesus!
Kom onmiddellik uit!
Gaan! Gaan! Ek beveel elke demoon om
hom nou te verlaat!
Kom uit!
Gaan nou, in die Naam van Jesus!
Kom uit!
Kom onmiddellik uit!
Gaan! Gaan!
Gaan in die Naam van Jesus!
Ek beveel elke gees om hom te verlaat.
Nou! Nou! Kom uit!
Kom uit! Kom uit!
Kom nou uit in Jesus se Naam.
Kom uit! Kom uit!
Halleluja.
Ervaar jy vryheid?
Jy is vry.
Hoe voel dit?
- Dit is wonderlik, dankie!
Komaan, 'n nuwe lewe.
Komaan, kan julle dit sien?
Ek hou baie hiervan!
Komaan vriende,
kan julle dit sien?
Dit is die krag wat in die doop is.
Draai weg van jou sonde,
draai na Jesus Christus...
Dit is 'n stryd,
maar Satan het verloor.
Jesus lewe.
'n Nuwe lewe, 'n nuwe lewe.
Vryheid.
- Ja.
Prys die Here.
Prys Jesus.
Dankie dat U haar volmaak,
dankie, dankie.
Amen!
Amen!
Jy het die Heilige Gees.
- Ja.
Hy het nog nooit in tale
gepraat voor vandag nie.
Kragtig!
Ons het gesien dat so baie mense
vrygemaak word van sonde tydens die doop.
Ons het gesien hoe skisofrene
bevry word van demone
tydens die doop.
Ons het mense gesien
met eetversteurings
wat bevry word tydens die doop.
Ons het siek mense gesien gesond
word tydens die doop.
Ons het mense gesien wat voorheen
nie in staat was
om die doping in die Heilige Gees te
ontvang nie.
Maar wanneer hul gedoop
word in water
kom die Heilige Gees oor hulle en hulle
begin in tale praat.
Dit is waar, ek sê vir jou, dit is waar.
Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie,
maar die Gees van God het gekom.
en ek is waarlik gedoop met die
Heilige Gees en het in tale gepraat.
Handelinge 1:8:
Maar jul sal krag ontvang
wanneer die Heilige Gees
oor julle kom,
en julle sal My getuies wees... tot aan
die uiterstes van die aarde.
Ek gaan bid en jy gaan my help.
Wat is jou naam?
- Kathy.
Kathy sukkel met angstigheid en sy
wil ook met die Heilige Gees gedoop word.
Ons het nou net ontmoet en gepraat oor die
doping met die Heilige Gees en hoe dit is.
God.
Ek glo in U.
Ek glo in U, Jesus.
Ek bekeer my.
En vra U,
bevry my
van alle angstigheid.
Kom met U Heilige Gees.
Vul my.
Doop my.
Nou dadelik.
In die Naam van Jesus.
Die Bybel is duidelik daaroor
dat daar altyd 'n teken is
wanneer mense die doping met
die Heilige Gees ontvang.
In die boek van Handelinge, hoofstuk 8,
lees ons van Filippus,
hoe hy in Samaria gekom het
en die evangelie verkondig het.
Mense het die boodskap ontvang
en hulle bekeer,
en hulle is gedoop in
water tot Jesus Christus.
Maar op daardie stadium
het hulle nog nie
die doping met die Heilige Gees
ontvang nie.
So, toe die apostels gekom het,
het hulle gesien
dat hulle nie die doping met die
Heilige Gees ontvang het nie.
So, hulle het hulle die hande opgelê
en hulle het die doping met die
Heilige Gees ontvang.
Jy lees nie daar wat
gebeur het nie,
maar jy weet daar was 'n teken.
Waarom?
Want daar was 'n man genaamd Simon.
Simon het gesien hoe
die Heilige Gees gegee is
deur die hande van die apostels.
Toe hy dit sien,
wou hy dieselfde krag hê.
sodat die mense waarvoor
hy hande oplê
ook die Heilige Gees sou ontvang.
Ons begin in tale praat wanneer
ek sê: "Nou."
Sê die eerste woorde
en laat dit uitkom.
Nou.
Heilige Gees, vryheid.
Vryheid, nou dadelik.
Vryheid, nou dadelik.
Vryheid, vryheid.
Heilige Gees, vryheid.
Vryheid, nou dadelik.
Kom nou met U krag.
Krag, krag.
Ja, dis wonderlik, is dit nie?
Ek het gister myne gehad.
Hy is gister met die
Heilige Gees gedoop
en vandag is jy.
Ek het nog nooit in tale
gepraat nie.
Hoe... Dit het net gekom?
- Ja.
Hoe het dit gevoel?
Dit was wonderlik.
Dit is onbeskryflik wonderlik.
Verbeel jou dit, net hier
in die middel van die straat.
Dit is wonderlik, dankie.
Baie dankie.
Gaan nou en vertel
ander daarvan.
Ek het altyd gevoel dat daar
twee kampe is.
In die een kamp praat hulle net
oor wonderwerke, wonderwerke.
Dit het nie sin gemaak vir my nie
vir die eenvoudige rede, dat
as Jesus ons net
wou help met wonderwerke
om die fisiese liggaam te genees,
en dit al was wat Hy wou doen,
dit die hele aspek sou
weerspreek van
God wat belowe om gelowiges eendag
'n nuwe liggaam te gee.
Maar terselfdertyd, wanneer ek
na die ander kamp gaan,
en ek sê dat wonderwerke nie vir
vandag is nie, dis net God se Woord,
dan weerspreek dit die Skrif,
want die Skrif sê dat die
Woord met krag sal kom
en dat Hy dit met krag
sal bevestig.
So waar is die middeweg?
Die middeweg word gevind
in God se Woord,
waar daar 'n balans van
albei is,
waar ons wil hê dat die
Woord van God
byeenkom met die krag van God
en werklikwaar transformasie
bring in mense se lewens,
waar mense waarlik deur die
Heilige Gees oortuig word,
'n nuwe lewe ervaar, hulle
bekeer, wegdraai van sonde,
nie net hulle sonde bely nie,
maar laat staan,
die krag van God ontvang,
gedoop word in water,
in tale begin praat
en op 'n dag-tot-dag-basis
funksioneer
met die krag van God in jou,
of eerder, in die tempel,
wat ons is.
Vir jare het ek net rondgespeel
met godsdiens.
Toe het ek heeltemal
daarvan wegbeweeg
en toe was daar 'n hongerte
om daarna terug te keer.
Soos ek teruggekeer het, het
ek besef daar's areas in my lewe
wat ek afgesluit het in
ongeloof:
Dit is nie vir vandag bedoel nie,
dit was net in Jesus se tyd,
dit was net vir 'n paar mense.
Toe lees ek die Bybel en dit sê:
En vir die wat geglo het, sal
hierdie tekens volg.
En ek dink by myself, ek is 'n
gelowige, hoekom gebeur dit nie?
Wat ons nodig het is om mekaar
se geloof op te wek.
As ek 'n span mense het wat
almal dieselfde ding doen,
word ek ek aangemoedig
in my geloof.
Dis nou ook so met jou.
Vandag het jy 'n gawe van
'n taal ontvang.
Raai wat gaan gebeur as jy nie
daardie gawe gebruik nie?
Dit sal wegkwyn.
Wat gaan gebeur as jy dit nou
in jou het
en jy gaan nie jou
Bybel lees nie,
is dat jy dit alles gaan
weggooi.
Ontwikkel dit,
maak dit jou leefwyse.
Maak God die middelpunt
van jou lewe
en doen wat ons doen,
met jou vriende.
Dink aan enigiemand wat jy ken,
enige vriende.
Bel en vertel
hulle wat gebeur het.
Deel jou getuienis, en
dan bid jy vir hulle.
Glo as jy jou hande op
hulle lê om te bid...
Ek praat met soveel selfvertroue... raai
hoe lank doen ek dit al self?
Van gister af.
- Van vandag af.
Dis die eerste dag dat
ek mense genees.
Ek bid vandag vir genesing.
Verbeel jou, met al die nonsens wat
ek in die kerk geleer het,
kon ek nooit iets regkry nie.
En nou, met die krag
van God in ons,
kan jy dit nou dadelik doen,
en werklikwaar
iemand opspoor, vir hom bid,
en 'n genesing sien.
Dit is die krag van Jesus Christus.
Hy is wonderlik.
Kom staan almal hier
en kyk wat gebeur.
Julle sal sien wat
God gaan doen.
Is dit fantasties?
- Ja.
Wie wil eerste wees,
wie het 'n probleem?
Nee, nee, regtig.
- Jy het blase, jy het dit nou.
Goed.
- Het jy pyn in jou enkel?
Nee, op my voet,
ek het oral blase.
Goed.
Wees genees in Jesus se Naam.
Hoe voel jy?
Beweeg jou been.
O my God.
Nee, ek voel niks nie.
- Regtig?
Op 'n skaal van een tot tien,
voel jy enige pyn?
Net twee.
- Goed, kom ons bid weer.
Bene, kom in lyn,
wees genees in Jesus se Naam.
Ek voel niks nie.
Dis malligheid!
Is dit?
Is Jesus nie fantasties nie?
Hy is wonderlik, is Hy nie?
- Ek's lief vir Hom.
Baie, baie dankie.
- Is jy seker?
Jy sê dit nie net nie?
- Nee, ek praat die waarheid.
Ek kan regtig loop...
- Fantasties. Loop en wys vir my, kom.
Geen pyn nie, glad nie?
Fantasties.
Prys Jesus, prys Hom...
wie is volgende?
Ek het gewrigspyne in my knie.
Regs?
- Ja.
Vir hoe lank het jy dit al?
Dit het omtrent in die middel van laas
jaar begin en dit kom en gaan.
Wat sou jy sê is die pynvlak nou?
Kan jy enige pyn voel?
Wanneer ek gewig daarop plaas..
Goed, kom ons bid.
Knieë, gewrigte, wees genees
in Jesus se Naam.
Beweeg dit nou en kyk
hoe jy voel.
Beweeg dit net rond.
Dis 'n bietjie eienaardig.
Dit was twee sekondes terug nog daar
en nou is dit nie meer seer nie.
Glad nie? Heeltemal?
Glad nie. Ek plaas
gewig daarop.
Gewoonlik wanneer ek gewig daarop
plaas, voel ek...
Is dit heeltemal weg?
- Ja.
Prys God daarvoor.
Weet jy hoe hierdie
genesing gebeur het?
Deur die krag van Jesus.
Dit is Jesus wat dit doen, nie ek nie.
Ek is nie iets spesiaals nie,
ek is net 'n boodskapper.
Het enigiemand anders 'n probleem?
Komaan.
Ek het onlangs herstel van 'n
verstuite enkel
en ek kry nog elke nou
en dan pyn.
Het jy op die oomblik pyn?
- 'n Bietjie.
Beweeg 'n bietjie en voel
wat is jou pynvlak.
Ja, ek het pyn.
- Goed.
Enkels, wees genees
in die Naam van Jesus.
Beweeg jou enkel.
- Dit voel eienaardig.
Komaan, loop 'n bietjie.
Dis so...
- Is Hy nie wonderlik nie?
Ek's net so verstom soos julle,
want weet julle wat?
Ek is 'n nuwe Christen,
ek is nou net gedoop in water,
ek het nou net die doping in
die Heilige Gees ontvang.
Ek praat in 'n vreemde taal.
Net soos die Bybel sê.
En die Bybel sê,
gaan uit en genees mense.
Moenie na godsdienstige denominasies
van die Christendom luister nie,
dit is alles nonsens.
Dit is alles godsdiens.
Ware volgelinge van Christus doen
wat Jesus ons beveel om te doen
en dit is wat ons doen.
Ons is eenvoudige, gewone mense
wat net uitgaan en
luister na wat Jesus sê.
Handelinge 19:2:
Paulus vra hulle,
"Het julle die Heilige Gees ontvang
toe julle gelowig geword het?"...
Hoeveel weet jy van die
Heilige Gees?
En die doping met die Heilige Gees?
- Hy tree in vir my.
Het jy al gehoor van die gawe
om in tale te praat?
Ek het, ek het dit gesien
toe ek jonger was
maar dit het my regtig bang gemaak,
en ek was nie seker wat dit was nie,
met baie min begrip van die Bybel
en hoe die Heilige Gees werk.
Dit was nogal moeilik vir my
om te verstaan.
In die kerk wat ek bywoon, het ek
dit nog nie sien gebeur nie.
In die boek van Handelinge hoofstuk 19,
lees ons oor Paulus,
hoe hy Efese toe gegaan en daar
'n paar gelowiges ontmoet het.
Hy het nie vir hulle gevra watter
kerk hulle bywoon nie,
want dis nie belangrik nie.
Hy het vir hulle gevra:
"Het julle die Heilige Gees ontvang
toe julle gelowig geword het?"
Daardie gelowiges is nog nie
gedoop in water in die
Naam van Jesus Christus nie,
en hulle het nog nie die
Heilige Gees ontvang nie.
So Paulus het hulle daar
tot Jesus Christus gedoop
en toe hy sy hande op
hulle gelê het,
het hulle almal die Heilige Gees ontvang
en in ander tale begin praat.
Vryheid. Vryheid. Meer.
Meer vryheid. Vryheid, nou dadelik.
God, ons dank U vir U liefde,
ons dank U vir U vryheid.
Dankie, Heilige Gees, dat U haar
volmaak. U maak haar vol.
Nooit weer dieselfde nie,
nooit weer dieselfde nie.
Hoe voel jy?
Het jy gevoel dat... God...
Het jy dit nog nooit ervaar nie?
Ek het vir altyd verander.
En daar, in daardie winkelsentrum,
het ek vir haar hande opgelê
en die Heilige Gees het
oor haar gekom.
Sy het dit nog nooit
voorheen ervaar nie.
Sy was so aangeraak
deur die Heilige Gees,
dat ons besluit het om buitentoe te gaan
om verder te praat en nog te bid.
Toe ek daarbuite vir haar bid,
het 'n demoon begin manifesteer.
Ek beveel hierdie gees,
gaan nou dadelik!
Ek beveel dit,
verlaat haar dadelik!
Daar is vryheid,
daar is vryheid.
Kom uit! Gaan!
Vryheid, nou dadelik.
Vryheid, nou dadelik.
Gaan!
Gaan, ek beveel dié gees, gaan!
Gaan! Gaan! Nou dadelik! Gaan!
Verlaat haar! Verlaat haar!
Nou dadelik! Verlaat haar!
In die begin het ek nie presies
geweet waarvoor ek bid nie,
maar toe het God dit aan my openbaar.
Hy het vir my 'n sonde wat sy gepleeg
het, gewys.
Toe ek dit vir haar sê, het
sy in trane uitgebars
en gesê: "Hoe het jy geweet,
hoe het jy dit geweet?
Kan God my vergewe?"
Daar, buite die winkelsentrum,
het daardie jong meisie God ontmoet.
Dit was so sterk,
so op 'n stadium
het daar drie wagte uitgehardloop
gekom en sy het gesê:
"Gaan weg, gaan weg,
ek wil met hulle praat,
ek wil met hulle praat."
En op daardie dag, het
daardie meisie God ontmoet.
Later die middag het sy gekom
en ons het vir haar gebid
en sy is gedoop met die Heilige Gees
en het in tale begin praat.
Dit was baie emosioneel, en
toe hy vir my gebid het,
ek het dit nooit vantevore
aan hom genoem nie,
maar hy het vir my gesê
ek herinner hom aan
iemand wat deur dieselfde
ding gegaan het.
Dit was toe ek
geweet het dat God
daardie dag vir my wou sê
dat Hy my vergewe het.
Selfs al wou ek nie
myself vergewe nie,
want ek het gedink daar is
nie vergifnis vir so iets nie.
Maar op daardie dag, het God Torben
gebruik om aan my bekend te maak
dat Hy my liefhet en my vergewe het
vir wat ek gedoen het.
En Hy het my toegelaat om
dit te ervaar.
Ek sal dit nooit vergeet nie en ek
sal nooit weer dieselfde wees nie.
Kan jy ons vertel van gister
en dan van wat vandag gebeur het?
- Ja.
Jammer, ek is net regtig gelukkig,
ek het gister daaroor gedink,
dit is regtig Sy manier
om vir my te sê.
Want ek was moeg om
te soek vir antwoorde
en ek kon dit nêrens kry nie.
Daar was altyd iets binne my.
Gister is dit vir my gefinaliseer en ek is
net regtig gelukkig daaroor.
So, vandag is ek gedoop.
Ek het so goed gevoel na die tyd.
Dit is iets waaraan ek voorheen al baie
gedink het om te doen
maar ek het gedink dat daar dinge is
wat ek eers moet doen
voor ek dit kan doen.
Ek moet met 'n pastoor praat,
ek moet 'n paar seminare bywoon
of so iets,
So, op jou eie geloof
doop ons jou tot Jesus Christus.
Sterf met Christus.
Staan op met Christus.
God, ons dank U vir Maria.
Ons dank U vir alles
wat U gedoen het, God.
Dankie vir wat U
gister en vandag gedoen het.
Dankie vir wat U
nog gaan doen in die toekoms, God.
Dit is so wonderlik, hoe God
regtig gebede beantwoord
en hoe Hy vir jou op
Sy perfekte tyd,
die dinge wat jy moet leer
en die dinge wat jy moet
weet oor Sy liefde, kan gee.
Ek was in werklikheid besig om te bid
die aand voordat ek Torben ontmoet het.
Ek het daardie aand gebid op die snelweg,
terwyl ek bestuur het.
Ek het gebid dat ek die
begeerte in my hart sou hê
om Hom te ken en na Hom uit te reik
en alles vir Hom te gee,
maar ek weet nie waar
om te begin nie.
Ek het gevoel asof ek so ver weggehardloop
het dat Hy nie meer daar was nie.
Maar Hy het my gebed
gister beantwoord
en my laat besef
dat Hy die hele tyd daar was.
Hy was by my, toe ek getreur het,
toe ek depressief was.
Depressie het my swaar getref.
Maar ek is nog hier, en ek is
'n verteenwoordiger van Sy liefde.
Ek dink regtig dat
wanneer die kerk terugkeer
na 'n ware doop,
die ware Evangelie:
Bekering, en terugdraai na Christus toe,
gedoop word vir die
kwytskelding van jou sondes,
sterf met Christus
en opstaan met Christus
en gevul word met
die Heilige Gees,
dit die wêreld sal verander.
Wat ons sien in die
boek van Handelinge,
is 'n organiese, dinamiese
lewe saam met God
wat nie gebaseer is op
hiërargie nie.
Dit is nie gebaseer op
programme of projekte nie.
Dit is mense wat Jesus volg.
Soos ons die boek
van Handelinge uitleef,
sien ons nou hoe dit in
ons lewens uitspeel.
Wanneer ons nou in die perfekte
spieël van God se Woord kyk,
waar dit sê,
"Die Woord het vlees geword,"
gebeur dit in ons eie lewens.
Dit is asof ons nou vir onsself kyk
wanneer ons die Skrif lees.
Ek sien mense wat keelvol is
met strukture.
Ek sien mense wat keelvol
is met tradisies.
Ek sien mense wat niks behalwe die
waarheid wil aanvaar nie.
Amper elke Christen in die wêreld
wil 'n herlewing sien.
Maar my prentjie van herlewing
het so gelyk:
'n Paar engele of 'n lig sal uit die
hemel kom en almal sal aan die gang kom,
en net wakker word, en dan
sal ons herlewing hê.
Maar wat ons vandag sien, is dat
wanneer alle Christene op hierdie planeet
geaktiveer word, die dinge begin
doen wat die Bybel sê
ons gaan doen - uitgaan,
die siekes genees,
die evangelie verkondig, mense na Christus
lei - dan het ons herlewing.
Ek glo die herlewing is hier vandat
Jesus gekom het 2000 jaar gelede.
Ek glo waarlik, hierdie is
die laaste reformasie.
Die laaste reformasie
van die kerk.
Hierdie dinge is 'n werklikheid, dis waar.
Jy kan dit doen.
Jy moet net uitgaan
en begin werk op die strate.
Ons steek baie dinge
weg in die kerk
en daar is baie gebondenheid
in die kerk,
maar ons moet daarbuite kom,
en dit begin doen, op die voorfront.
God is 'n werklikheid, Hy het ons geroep
om Sy dissipels te wees,Jesus se dissipels
wat uitgaan en die wêreld
wys Hy bestaan.
Dit is 'n werklikheid.
Dit is waar, ek sê jou, dis waar.
Dit is waar!
Dit is regtig waar!
Dis waarlik waar!
Dis 'n werklikheid!
As dit in die Bybel waar is,
wat van die res?
Elke woord is waar,
van die begin tot die einde.
WAAR
Dit is waar.
Ons leef in die laaste dae
waarin God Sy kerk terugbring
na die waarheid,
terug na die ware lewe
waarna ons gesmag het.
Ons het gelees van die ware lewe
in die boek van Handelinge,
waar die Heilige Gees die leiding neem.
Dis aan die gebeur, en dit gebeur
dwarsoor die wêreld.
So, laat ons ons fokus behou,
laat ons aanhou dissipels maak
en laat Jesus Sy kerk bou.
Ek glo dit is
die laaste reformasie
en hierdie is net die begin.
Onthou jy nog die woord wat
Ek tot jou gespreek het?
Onthou jy nog die droom
wat Ek vir jou gegee het?
Tyd gaan verby en kalenders is vol.
Maar een ding is nodig:
Spandeer tyd met My.
Word wakker, My mense.
Ek kom spoedig terug.
Een ding is nodig.
Spandeer tyd met My.
Ek lei jou.
As jy My dissipel wil wees
moet jy jouself verloën
en jou eie droom neerlê.
Volg My, ongeag van
wat dit jou kos.
Dan sal jy die ewige lewe ontvang.
Word wakker, My mense.
Ek kom spoedig terug.
Een ding is nodig.
Spandeer tyd met My.
Ek lei jou.
Het jy tyd vir My?
Om my Koninkryk te soek.
Om my aangesig te soek.
Ek wil met jou praat.
Ek wil jou stap vir stap lei.
Ek roep jou.
Sal jy My volg ongeag van
wat die koste is?
Ek roep jou, Ek roep jou.
Subtitles by: Dina van Schalkwyk
James van Schalkwyk & Magda Serdyn.