Handelinge 19:5: Toe hul dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. Vlees en sonde sterf. Sterf met Christus. Staan op met Christus. Dis reg, Heilige Gees kom, Heilige Gees kom, bevry haar. Sterf met Christus. Hand. 19:6: Paulus het hul die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hul gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer. Meer, Heilige Gees... Kom met U Heilige Gees. Vul my. Woorde het net begin kom. Dankie, Here. Wat het ek gedoen? - Wat? Wat het ek gedoen? Wat jy gedoen het, is om in tale te bid. Handelinge 3:6-7: Maar Petrus sê: "In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!" ...en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. Is dit seer? - Nee. Glad nie? - Nee. In Jesus se Naam dank ek U, amen. Dis gedoen? Halleluja! ...langer as 'n maand en sy is in skok. Dis Jesus. Ek het na al hierdie dinge gekyk op TV, en ek het dit nie geglo nie, maar vandag glo ek dit want dit gebeur met my. Pyn, gaan nou. En jy kan dit doen. Staan nou op. Dis reg, né? - Ja. Dankie Vader, amen. Probeer om dit te voel. Kan jy 'n verskil voel? Regtig, dit is nie meer seer nie. Wow. God, dankie vir U genesing, want die pyn sal gaan. Voel nou jou kop. Nee... Ek voel geen pyn nie, broer. Die pyn is nou weg. Die pyn is nou weg, ja. Ons as die kerk vandag, staan voor 'n nuwe reformasie. 'n Reformasie, waarin ons terugkeer na wat ons lees in die boek van Handelinge. As jy na vandag se kerk kyk, is dit soveel anders as wat ons lees in die boek van Handelinge. Want ons het omtrent 2000 jaar se geskiedenis, waar die kerk weer en weer verander is. Ons kan sien dat die kerk in die boek van Handelinge 'n lewende liggaam was. Dit was 'n liggaam van gelowiges wat deur die Heilige Gees gelei is. Die kerk was 'n beweging, 'n beweging van dissipels. Die Christendom het na Griekeland beweeg en 'n filosofie geword. Dit het na Italië beweeg en 'n instelling geword. Dit het na Europa toe gegaan en 'n kultuur geword. Dit het na Amerika beweeg en 'n besigheid geword... As jy 'n liggaam neem en 'n besigheid daarvan maak, is dit dan nie prostitusie nie? En dit is wat ons vandag met die kerk gedoen het. Ons het die kerk van Christus, die liggaam van Christus, onteer. As gevolg daarvan benodig ons 'n reformasie waarin ons soveel dieper moet delf. Dit gaan oor die leerstellings, dit gaan oor die Gees, en dit gaan ook oor die hele sisteem, die kerksisteem, waarom ons "kerk hou" soos ons dit doen. Dit is tyd om terug te keer na wat ons lees in die boek van Handelinge. God is nou besig om ons terug te neem na die begin. Wat die boek van Handelinge die mees unieke boek in die Bybel maak, is dat die boek van Handelinge die enigste boek in die hele Bybel en die hele Skrif is, wat vir ons wys hoe om werklikwaar uit te gaan en dissipels te maak. As jy die evangelies lees wat die boek van Handelinge voorafgaan, is dit interessant om te sien, al is hierdie boeke geskryf tydens 'n era soos waarin hulle geskryf is, waarskynlik omtrent dertig jaar na die kruis. Maar die tydperk wat gedek word, is alles voor die kruis. So ons sien nie die volheid van die Chistelike lewe hier nie, want Christus het nog nie gesterf nie en is nog nie begrawe nie en het nog nie opgestaan en Sy Gees gestuur nie. So ons sien nie in die evangelies hoe hulle uitgegaan en dissipels gemaak het nie. Die Heilige Gees was nog nie uitgestort nie en ons het ook nog nie die krag gehad om uit te gaan en dit met sukses te doen nie. Ek dink dit dra by tot baie van die vrees vandag vir hulle wat nie die Heilige Gees ken nie. Want Jesus het hulle beveel om te gaan wag. Hy het gesê, wanneer My Gees kom, sal julle krag ontvang en dan sal julle My getuies wees. Dit is waar! Dit is regtig waar! Amen, dit is waar! Halleluja. - Sy is nou net genees. Wonderbare Jesus. - Dankie Jesus. Kyk net daar, sy loop. Ek weet daar is in baie kerke 'n uithangbord op die muur, waar daar geskryf staan: 'Jesus is gister, vandag en vir ewig dieselfde.' Ons as gelowiges vandag, glo dat Jesus gister, vandag en vir ewig dieselfde is. Maar as Hy dieselfde is, is die Heilige Gees ook dieselfde. En as die Heilige Gees dieselfde is, behoort dit wat ons lees in die boek van Handelinge ook dieselfde te wees. Deur die krag van Jesus Christus word sy nou dadelik genees. Hierdie man het nou net hierdie vrou genees. Hy is oorstelp. Dit is gedoen. - Dit is gedoen, dit is klaar. Dit is klaar met sy trane. Ek het op hierdie manier geloop, want ek kon nie vinniger beweeg nie. Wat kan jy nou doen? My suster, maak so. Ek kon dit nie doen nie, dit kon ek nie doen nie. En dit kon ek nie doen nie. Ek sou geskreeu het as ek dit sou doen. Alle eer aan Sy Naam. In die boek van Handelinge sien ons die baie vroeë Christene, die vroeë dissipels van Christus. Hulle het in hierdie lewenstyl van dissipelskap gelewe. Hulle het mense bereik in hulle huise, op die strate. Hul het mense ontmoet waar hulle was. En die evangelie het ontplof en versprei oor die hele wêreld. Duisende en duisende en duisende mense het tot geloof in Jesus Christus gekom en is gedoop en het die Heilige Gees ontvang. Maar iewers in die kerkgeskiedenis sien ons dat die Christendom geïnstitusionaliseerd en 'n staatsgodsdiens geword het. Dié hiërargie, die geïnstitusionaliseerde kerk het ons regdeur die reformasie gevolg waarin Luther, Calvyn en Zwingli gearbei het. Hulle het probeer om te hervorm en ons terug te bring na die ware evangelie, terug na die boek van Handelinge toe, maar hulle het gefaal. Ons het nog steeds die gebou en die spesiale priesterdom. Ons het nog steeds mense wat in spesiale geboue bymekaarkom, op spesiale datums, met 'n hiërargie, en mense wat probeer om offerhandes na die kerk te bring om God se guns te wen. Luther het nie daarin geslaag om die kerk terug te bring na wat ons lees in Handelinge nie. Die Bybel is die boek van die lewe. En dit word nie die boek van die lewe deur dit te bestudeer nie. Dit word die boek van die lewe deur dit uit te leef. Ek beveel die pyn in hierdie hand om te gaan in die Naam van Jesus. Probeer dit weer doen. Dis weg. Wat is dit hierdie? In die Naam van Jesus, nou dadelik, amen. Toets dit. Dit is weg! Amen. Gaan nou dadelik, in die Naam van Jesus. Probeer weer. Bene, ek beveel julle om te genees in Jesus se Naam. Probeer jou hand gebruik. Is dit dieselfde as reiki? - Nee, Jesus. Jesus, nie reiki nie. - Geen energie nie? God! Nee, dis nie energie nie. Dankie, Jesus. Wat dink jy oor wat gebeur het? Dit is goed. - Dis nogal goed? Ons is gebore en hier op aarde geplaas met 'n doel. Dit is, om God te soek en te vind. Die probleem is dat ons Hom nie soek nie en as gevolg daarvan vind ons Hom nie. Het jy al gehoor van Jesus? Ons lewe 2015 jaar na Jesus Christus. God is 'n werklikheid, Hy het ons geroep om Sy dissipels te wees, Jesus s'n, om uit te gaan en die wêreld te wys Hy bestaan. Op die 5de April 1995 het ek tot bekering gekom. Ek het bewus geraak van my sonde en my lewe vir Jesus gegee en 'n lig het in my liggaam ingekom. Ek het op die vloer geval en God ontmoet. Wanneer jy 'n wedergebore Christen word, kom die Gees van God in jou woon, en jy sal dinge doen wat Jesus gedoen het. Die Bybel sê ons moet daders van die Woord wees en nie net hoorders nie. As ons net die Woord hoor en dit nie doen nie, bedrieg ons onsself. Ons is soos 'n man wat in 'n spieël kyk, maar so gou as wat ons weggaan, vergeet ons wat ons gesien het. Sondag na Sondag is daar miljoene Christene wat in die kerk sit en luister na God se Woord. Maar so gou as wat hulle weggaan, het hulle vergeet wat hulle gehoor het. Elke pyn moet nou dadelik gaan, in die Naam van Jesus. Van kop tot tone. Jy kon dit nie vantevore doen nie? - Nee. Dit is al so van 2005 af. Hy lewe! Hoe lank vandat jy nie meer kon loop nie? - Ek kon vir 10 jaar nie loop nie. Is dit nie wonderlik nie? Ek was baie klein toe ek hom laas sien loop het. - Ekskuus? Ek was baie klein toe ek saam met hom geloop het. Hy sal binnekort 13 wees. - So, hy was 3 jaar oud daardie tyd? "Ek het 'n spiersiekte." "Ons sal daarvoor bid." "Waar is dit?" "Oral in my liggaam." Hulle het toe begin bid. 4 of 5 mense het vir my gebid. Ek het iets voel kraak in my rug. Toe kon ek opstaan en loop. Ek het gewag, en toe het die dokter gekom. "Hallo mnr. Ekkelboom, hoe gaan dit?" Ek sê: "Goed." "En wat is dit wat ek hoor?" Toe staan ek op. Hy sê: "Wat het gebeur?" Moenie vir my vra nie, vra vir God daarbo. Hy sê: "Mag ek jou gelukwens? Ek hoop dit sal aanhou goed gaan." Tot nou toe, en dit is nou Oktober en dit het gebeur op die 8ste Junie. Dit is nou omtrent 4 maande... Junie, Julie. Ja, 4 maande. En dit gaan regtig goed. As 'n pastoor, het ek in die laaste paar jaar regtig honger begin word. Ek sou die boek van Handelinge deurlees en ek het kwaad geword oor die manier waarop ek dinge sien gebeur het in die boek van Handelinge, en ek het dit nie sien gebeur in my kerk, of in my eie lewe, of met die ouderlinge, of in die struktuur van die kerk nie. Ons het nie uitgegaan om te gaan genees nie. Ons sou mense hande oplê en hulle dan huis toe stuur om miskien gesond te raak in die toekoms, of miskien nie. Maar wat ek lees in Handelinge is dat die apostels uitgegaan het, en hulle was net besig om hierdie dinge daagliks te doen. Ek het regtig gevoel dit is wat ek wou hê. So, vir twee jaar was ek honger vir hierdie dinge, en het ek geglo dat dit is wat ek geroep was om te doen, maar ek kon dit nie regtig doen nie. Die kerksisteem moet verander. Ons moet ophou om 'n instelling te wees wat fokus op geboue en Sondag-dienste. Mense sit jaar na jaar in kerke en wag vir daardie spesiale prediker om vir hulle te kom bid, en te sê hulle het nou die salwing ontvang. Nou kan jy uitgaan en dit of dat vir God gaan doen. Of hulle sit net daar en hoop dat iemand hulle sal raaksien, hulle talente sal sien. En dit is nie wat die Bybel vir ons sê om te doen nie. Dit is nie wat Jesus vir ons sê om te doen nie. In 1995 het ek as 'n bakker gewerk en het nie enigiets van God geweet nie. Ek het nie enigiets van die Bybel geweet nie. Ek was 'n jong seun in Denemarke, gedoop in die Lutherse kerk. Ek is voorgestel in die Lutherse kerk toe ek veertien was. Maar dit was tradisie, dit is tradisie vir baie mense vandag. Een aand het ek in die lug opgekyk en gesê: "Komaan, God, is U daar? As U daar is, kom en neem my. Ek wil U ken." Kort daarna het ek die evangelie gehoor en op die 5de dag van April 1995, 09:30 in die aand het ek my bekeer en ek het alles vir Jesus gegee. Maar toe het ek begin om na 'n kerk toe te gaan. Ek het begin word soos die mense in die kerk. Ek het gedink om 'n Christen te wees het beteken om God te ontmoet en dan na 'n kerk te gaan en daar te sit elke Sondag. Maar ek het meer en meer gefrustreerd geraak. Want ek het gevoel: Daar moet meer wees as om net na 'n kerk toe te gaan, twee ure elke Sondag daar te sit, en te luister hoe iemand preek. Op 'n stadium het ek net begin om die boek van Handelinge te lees. Om te lees oor die eerste Christene, oor hoe hulle gelewe het. Hulle het nie dieselfde dinge gedoen as ek nie. Hulle het gesien hoe lewens verander oral waar hulle gekom het. Op daardie tydstip was ek so gefrustreerd, want ek was al 'n Christen vir baie jare. Maar ek het nooit siekes genees of demone uitgedryf nie, ek het nog nooit enigiemand na Christus gelei of die lewe ervaar waarvan ons lees in die eerste kerk, in die boek van Handelinge nie. So, eendag het ek uit frustrasie gesê: "God, ek gee U alles. Ek wil hierdie lewe sien." En toe het ek begin om hierdie lewe meer en meer en meer te sien. Maar die probleem was dat in die begin daar niemand was wat my 'n dissipel kon maak nie. Daar was niemand wat soos Jesus gemaak het toe Hy gesê het: "Kom en volg My en Ek sal julle vissers van mense maak" nie. Kom en volg My, Ek sal vir jou wys hoe om siekes te genees, die evangelie te verkondig. Ek sal jou wys en jou leer hoe om effek- tief te wees in die Koninkryk van God. Niemand het dit gedoen nie. Maar wat nou anders is, is dat ons nou begin het om mense dissipels te maak. As ons neem wat ons geleer het en dit gee aan die volgende generasie dissipels en hulle sit dit voort van daar af, dit dan neem, en dit gee vir die volgende generasie dissipels, sal ons in 'n baie kort tydjie dissipels hê wat rondloop op aarde en net soos Jesus lyk, dieselfde dinge doen as wat Jesus gedoen het, ja, selfs groter dinge, omdat Hy na die Vader gegaan het. Nou sal ons luister na 'n vriend van ons in Sweeds. Swede is koning! Vader, ek bid dat ons Europa vir U sal verower, ook Denemarke, en Noorweë, en die hele wêreld, vir U! Ek het omtrent elf jaar gelede 'n Christen geword. Ek het in die Sweedse staatskerk ingekom van 'n totale nie-Christelike agtergrond. Met verloop van tyd het ek en my vrou na 'n ander stad getrek en daar deel geword van 'n baie groot kerk. Ons het leiers geword in 'n groot uitreik-aksie in daardie kerk. Ons moes 'n voorbeeld wees, maar ek het nog nooit enigiemand na Christus gelei nie ek het nog nooit enigiemand self gedoop nie, ek het nog nooit enigiemand vir wie ek gebid het, sien gesond word nie. Ek het by 'n punt gekom toe ons een aand uitgegaan het en daar 'n man na my tafel toe gekom en gevra het: "Haai, ek sien wat julle doen, ek wil 'n Christen word. Hoe kan ek een word?" My reaksie was: "Goed, ek sal jou môre kom oplaai en jou kerk toe neem." Ek maak toe so, ek neem hom kerk toe en het hom na die pastoor toe gebring, en die pastoor het hom tot redding gelei. Maar dit het my laat reageer, ek het begryp dat iets verkeerd was. Want ek lees baie Bybel, ek was Bybelskool toe vir 'n paar jaar, ek het geweet wat die Bybel sê, en ek was die een wat hierdie dinge moes doen. Ek was die een wat my hande op die siekes moes lê en hulle sien herstel. Ek was die een wat mense moes doop in water, en ek het dit nie gedoen nie. So, iets was verkeerd. Ek het begin dink, miskien lieg hulle, miskien is dit nie waar wat mense my vertel nie. Ek het toe begin uitgaan. Elke oggend as ek wakker word het ek tot die Here gebid. Soms het dit gereën, gesneeu - slegte weer - maar ek het net uitgegaan, ek het regtig uitgeroep tot God: Ek wil U ken, ek wil die ware lewe hê. Eendag was ek by die werk, besig om 'n Christelike koerantjie te lees. Daar was 'n klein notatjie daarin oor 'n Deense man, wat in 'n winkelsentrum in Swede vir siek mense gebid het, en hulle is genees. En ek het gedink: Wat! Ek het voorheen sulke artikels gesien, maar die een het my aangeraak en ek het gevoel dis God. Ek het hom toe gebel en hy het geant- woord, hy was 'n normale mens nes ek. Ons het gesels en ek het hom vertel van my pad en hy het gedink, dis wonderlik, ons moet mekaar ontmoet. Ek het 'n paar vriende genooi en ons is na hom toe in Denemarke. Toe vra hy vir ons: "Hoekom het julle Denemarke toe gekom?" Ons het gesê: "Ons wil siekes sien gesond word." Hy sê toe, "Goed, oor omtrent vyftien minute sal julle die eerste persoon sien gesond word." Ek het gedink, ja, ja. Ek kon dit nie glo nie. Hoe kan dit deel van my lewe wees? Maar ons het uitgegaan strate toe en 'n groep mense raakgeloop, dalk omtrent 25, 30 jaar oud. Een van die meisies het 'n probleem met haar knie gehad vir baie jare. Hy het vir my gesê om my hande op haar knie te lê en die pyn te beveel om weg te gaan. Ek het amper flou geword, ek was so senuagtig, Ek het geen geloof gehad nie maar ek het gesê, goed ek sal dit doen. Ek doen dit toe, en sy het amper opgespring en ek het gedink: Wat?! En sy het gesond geword. En die hele skare was... Dit het my geruk. Ek het net besef, dit is waar, dit is waar. Dit was genoeg vir my. Ek het vir een mens gebid, en toe het ek alleen gegaan. Ons as Christene is geroep om dissipels te maak. 'n Ander woord wat ons begin gebruik het, is 'kickstarting.' Dit is soos met 'n motorfiets, wanneer jy die enjin wil aanskakel: jy 'kickstart' dit. En wanneer die motorfiets aangeskakel is, kan jy ry net waarheen jy wil. Op dieselfde manier, moet ons as Christene ge-'kickstart' word in die dinge wat Jesus ons geroep het om te doen. Wanneer ons byvoorbeeld, 'n Christen 'kickstart' om siekes te genees, neem ons hulle uit op die strate en sê: kom en volg ons. En ons wys vir hulle hoe om dit te doen. Wanneer hulle dit een keer gedoen het, kan hulle dit weer doen. Jy sê jy het pyn oral in jou liggaam, maar die meeste in jou bene? Ja. - Ek sal daarvoor bid, jy sal sien. Ek beveel alle pyn om dadelik te gaan. Wees nou genees in jou hele liggaam. Ek beveel alle pyn om die liggaam nou dadelik te verlaat. Die hele liggaam, nou dadelik. Ek bid vir genesing, nou dadelik, in die Naam van Jesus, amen. Beweeg dit net, probeer net om dit te beweeg. Probeer om dit te voel. Dit voel goed. - Dit voel goed, ja? Maar voel jy nou enige pyn? Nee. - Is dit weg? Mense word verras. Ek beveel hierdie rug om nou dadelik heeltemal te herstel. Buig so, probeer om dit te voel. En kom weer regop. - Regtig, dit is weg. Regtig. - Wat? Ek belowe. - Ek maak dit nie op nie, jy kan voel dit het net weggegaan. - O ja. O my God. Dis besig om regoor die wêreld te groei. In die laaste jare het ons honderdduisende mense gesien genees word deur normale gelowiges, wat ge-'kickstart' is en begin uitgaan het om die siekes te genees. En daardie mense begin nou om ander mense na Christus te lei. So, in die laaste jare het ons duisende mense na Christus sien kom. En dit is regtig kragtig. Ek het Stockholm toe gekom en hierdie broer ontmoet, en hy was daar saam met 'n klomp ouens, en sy vrou was ook daar. Toe het hy uitgegaan. Hy't eers 'n persoon met pyn gestop en hy het sy hand op hierdie persoon gesit en hy het gesond geword. En ek het gedink: Sjoe, dis wonderlik! Hierdie persoon is genees, en ek het gedink, nou is dit nie meer net op Youtube nie. Ek kyk nie hierna op Youtube nie, maar ek sien dit hier reg voor my. Dit was wonderlik, om die reaksie van die persoon te sien wat gesond geword het. Volgende het 'n daar 'n dame gekom, en sy het pyn op haar maag gehad. Hierdie man, wat my ge-'kickstart' het, het gesê: Nou's dit jou beurt. Sit net jou hand op haar en beveel die pyn om te gaan. Ek sit toe my hand op haar, ek het geaarsel maar nogtans my hand op haar gesit en net beveel: In Jesus se Naam, pyn, gaan. Ek het net my hand weggeneem en skielik - jy moes dit gesien het - dit het op haar gesig geskryf gestaan, haar gesig het gesê, hoe't jy dit gedoen? Wat...!? Skeer jy die gek met my? Nee, ons skeer nie gek nie. Dit is waar, en dit is hoekom ons dit doen. Nee. Dis malligheid. Jesus het jou genees, nie ek nie. Sjoe, ek het nog nooit so iets gesien nie, my drome het net waar geword, net daar. Dit was werklikwaar die beste dag van my lewe, om deel te wees van iets waarna ek so lank gesmag het. So, op pad terug huis toe, was ek so vol vreugde. Ek het toe in die bus gesit op pad huis toe. Toe ek daar aankom, kon ek nie net sit of huis toe gaan nie. Ek het net in die stad rondgeloop en het vir mense gebid. Op daardie selfde dag het ek hierdie meisies raakgeloop, ek het vir hulle gebid en hulle is onmiddellik genees. Ek het gedink: Wow! Hierdie is nie iets wat in Stockholm gebeur en daar gebly het nie. Dit gaan voort, jy weet. Van toe af het ek elke dag uitgegaan. Ek was elke dag uit op die strate en ek het duisende sien gesond word. Dit het my net verander. Dit het my totaal verander. Dit is wow. Beweeg jou been. Ek voel niks nie. Het dit verdwyn? Ek kan dit nie voel nie. - Nee. Ek kan dit nie voel nie. Ek kan dit nie voel nie. Is dit nie eienaardig nie? - Ja. Dit was Jesus wat jou genees het. Buig so en probeer dit voel. Dit het gewerk, Dennis. - Probeer dit. Probeer dit. Hoe voel dit nou? - Dit voel perfek. Is al die pyn weg? - Al die pyn is heeltemal weg. Ek sweer voor God. Dankie, Jesus. Ek het nie verwag wat ek gesien het nie, of ek het, op 'n manier... Ek het dit al baie in video's sien gebeur maar ek kon dit nog nooit self doen nie en ek het heeltemal verwag dat dit is wat God doen. Dit is hoe Hy my gebruik, dit is my doel hier. Ons het vir een meisie gebid wat probleme met haar rug gehad het. Ek dink sy het 'n operasie gehad. Pyn, gaan dadelik. Rug, herstel nou dadelik. In die Naam van Jesus. Het jy iets voel gebeur? Iets het geklap. - Sjoe, iets het gebeur. Sy's gevul met die Heilige Gees en is op 'n radikale manier aangeraak. Sy was in trane. - Sy het voor ons neergeval. Maak haar vol. Meer, meer. Die Heilige Gees is op jou, maak net jou mond oop. Meer, Heilige Gees... Maak haar vol. Jy is nou net gedoop en gevul met die Heilige Gees. Hy is daar, Hy is daar. Dis 'n nuwe begin. Dis 'n nuwe begin vir jou. Dit is 'n nuwe begin. God, ons dank U vir U vryheid, God, ons dank U vir 'n nuwe begin. Haar familie wat by haar was, haar skoonsuster en haar kinders, was net heeltemal rustig, asof alles heeltemal normaal was, Mense het verbygeloop... En ek onthou, ek het gedink: Dit is so koel wat besig is om op hierdie oomblik met hierdie meisie te gebeur, sy het geen idee gehad wat op daardie dag sou gebeur nie. Sy het weer opgestaan en jy kon sien sy was 'n ander mens. God het haar verander van binne af buitentoe. Ek's reg, Lillia. Dit is goed. - Soveel beter as goed. Soveel beter as net goed. God wil lewend wees. Hy wil dit vir ons wys en vir ons wys wie Hy vir ons is. Dit is God, ons is hierbuite. Nie in 'n pragtige kerk nie, maar God is hier en Hy wil deel van ons lewens wees. Hy wil deel van jou lewe wees. Toe het ons aanbeweeg van daar af. Toe het ons gebid vir 'n man genaamd Danny. Ja, ons het eers vir 'n ander man gevra of hy enige pyn het. Hy het nee gesê. En toe kom Danny... Ja, ons het 'n man wat op 'n bankie gesit het gevra of ons vir hom kon bid. Hy het gesê: "Nee, ek's reg." En 'n man genaamd Danny sê toe: "O, my rug is regtig seer." "Hoe lank al?" "Vir tien jaar." Eintlik was dit vyf jaar wat hierdie man se rug seer was. Toe sê ons: "Koel, kom ons laat jou sit." En ons het hom laat sit en sy een been was langer as die ander een met omtrent 'n halwe duim. Been, word los en groei nou dadelik, in die Naam van Jesus. Daar is dit. - Ja, sjoe, daar is beweging. Het jy dit gevoel? - En dit het in jou hande beweeg. Iets het geklap, toe dit uitkom. Danny, probeer om op te staan en te voel hoe jou rug nou voel. Dit voel nogal goed. - Is dit weg? Ja. - Vyftien jaar, en dit is weg. Ja wel, vyf. - O, en is dit nou weg? Wat het jy ervaar? - Ek weet nie, ek het gevoel dis goed. Dit is die eerste keer wat hy dit doen. Dit was fantasties, en terwyl ons nog mense soek, het ons besluit om roomys te gaan koop. Ons het ingestap en jy het met die vrou agter die toonbank gesels. Daar was 'n vrou agter die toonbank en sy het gevra wat ons doen, waarvandaan ons kom, en ons het toe vir haar verduidelik dat ons rondloop en vir mense bid. Ek's van Houston, ons is hier saam met mense van regoor die wêreld en ons bid vir mense met enige siekte of pyn. Sy sê: "Regtig?" En ek vertel van Danny. Sy sê toe, o aarde, ek wil hierdie man ontmoet. Ek het gedink sy bedoel, Danny, wat genees is. "Jammer, ek weet nie waar hy is nie." Sy sê toe: "As hy ooit terugkom om te bid, laat my weet." Ek het by myself gedink: "Dit was ek, ek is net hier." So, ja, ek sal terugkom, gee my net 'n oomblik. En toe kom sy en trek haar skoen uit: "Dit is hierdie enkel." Sy het oopgemaak en ek kon aanhou bid vir haar. Dit het beter en beter geword. Toe ek omdraai, is daar 4 of 5 mense wat sê: "Ek het pyn." "Kan jy vir my bid?" Hoe voel dit? - Wat doen jy? Dit was nie ek nie, jong. - Ek was in pyn. Ek lieg nie. Is dit heeltemal weg? Komaan, spring, spring! - Ek kan dit nou doen. Wat doen jy? - Dit is Jesus. Buk af. Wanneer was die laaste keer wat jy dit kon doen? In die weermag. - Tien jaar gelede? Ja, tien jaar gelede. - So vir tien jaar kon jy nie? Nee, nee... Komaan! - Ja, ek weet, dit voel goed. Sit op die stoel, kyk of jy dit soos gewoonlik kan doen. En dan staan jy op. As dit God is hierdie, dan... is ek lief vir U. Dit is God! Tien jaar lank kon jy dit nie doen nie. Nee, ek kon nie, ek was in pyn. In en uit by die dokters. Maar Jesus is die groot Dokter. Hy is die hoogste en Hy is daar. Hy is, amen. Wat is fout met jou? - My arm... Kan jy dit nie hoër as dit oplig nie? Vir hoe lank is dit al so? - Ses weke. So vir die afgelope ses weke kon jy dit nie doen nie. Raak dadelik los in die Naam van Jesus, dadelik. Jy het dit! Jy het dit, dis joune, hou dit. Voorheen kon jy dit tot daar optel, né? Beweeg dit beter? Dit is goed. - Lig jou hand op! Klap my hand. Voel jy goed? Nou weet ons hoe dit werk. So, ons kan teruggaan Houston toe en parke en winkels gaan soek... Wanneer ons êrens pizza eet... dis nie verbode terrein vir God nie. Ja, dit is soos 'n rooikop wat grootword in Asië en dink: "Dit voel asof daar meer aan die lewe moet wees, almal is dieselfde." en dan gaan sy Ierland toe: "Daar is, daar is regtig! Daar is mense soos ek!" Dit is hoe ek voel: "O - dit is die lewe, dit is goed so." Dis wat ek wou hê en nou kan ek gaan en dit doen. Ja, ons is so opgewonde om terug te gaan en ek dink, my bure, die mense, hulle het geen idee wat hulle binnekort gaan tref nie, want ek verstaan dit nou, ek kan dit doen, God, ek kan dit definitief doen. Hand. 2:38: Petrus antwoord: "Bekeer jul- le en laat elkeen van julle gedoop word, in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." Ons lewe in baie opwindende tye in Europa waar ons begin om 'n heruitvoering van die boek van Handelinge te sien in ons tyd Ons sien dat mense uitgaan met die evangelie, in die demonstrasie van die Koninkryk. En dit is dikwels 'n baie helder evangelieboodskap, dat ons moet wegdraai van ons sondes. 'n Deel van die vereistes is in werklikheid die waterdoop en om gevul te word met die Heilige Gees. So dikwels in ons kerksisteme word hulle geskei van mekaar. Maar wat ons meer en meer sien is dat dit weer bymekaarkom in een stroom, soos dit was in die boek van Handelinge. So, dit is nie nodig om te wag nie. Dus, wanneer iemand hom bekeer en sy geloof in Jesus bely, word hulle geneem na waar daar ookal water is. Dit kan enige plek wees. Dit kan 'n meer wees. Dit kan in 'n reënwatertenk wees. Dit kan in 'n bad wees, of waar ookal. Mense word onmiddellik gedoop en terselfdertyd ook gevul met die Heilige Gees. Die eerste woorde wat uit Jesus se mond gekom het, was: "Bekeer julle, want die Koninkryk van God is naby." Ons is geroep om vandag bekering te verkondig. Dit is asof daardie deel vandag in die kerk verlore geraak het. Ons praat oor geloof, maar ons praat nie oor bekering nie. Hulle is amper bang om oor sonde te praat. Maar ons is geroep om oor sonde te praat. Ons is geroep om bekering te verkondig. Ons moet sê wat sonde is. Ons moet sê dat daardie mense wat volhard in hulle sonde, gaan sterf. Ons moet oor sonde praat voordat ons praat daaroor dat Jesus die Lam van God is wat gekom het om ons sonde weg te neem. Want as ons nie oor sonde praat nie, wat moet mense dan met Jesus doen? Waarheen gaan jy? - Ek gaan saam met God, hemel toe. Hoekom? - Want... Is jy 'n goeie mens? - Ja. Het jy al ooit gelieg? - Ja. Het jy al ooit iets gesteel? Iets van die net afgelaai sonder om te betaal? - Ja. Het jy al seks buite die huwelik gehad? Dit is drie van die tien gebooie. Deur hoeveel van hulle sal ek gaan? Dit gaan alles oor hoe ons onsself met mekaar vergelyk. As jy jouself vergelyk met die mense om jou, kan jy maklik dink jy's 'n goeie mens. Die vraag is nie of jy 'n goeie mens is nie. Die vraag is: Is jy goed genoeg? Die Bybel sê: As jy net een van hierdie sondes gedoen het, is jy skuldig aan hulle almal. Dit is nie soos met ander dinge nie, soos dat dit reg is as jy weeg en jy het slegte dade en die goeie... Dis nie so nie. Dis skuldig of onskuldig. As jy eenmaal die wet oortree het, is jy skuldig daaraan dat jy die wet oortree het As ons oor God praat - geen mens kan ooit na God toe kom, hemel toe gaan, deur sy eie goeie dade nie. Dit is nie moontlik nie. En ek het altyd gedink ek is 'n goeie mens, want - ja, ek het 'n bietjie te veel baklei, ek het te veel gedrink, ek het dinge gedoen... Maar! Hierdie persoon en daardie persoon is baie erger as ek. So, my probleem was, dat ek myself vergelyk het met die mense rondom my, in plaas daarvan om myself te vergelyk met die Een voor Wie ek eendag gaan staan. Ek glo ons moet terugkeer na wat die Bybel vir ons wys. Bekering is nie soseer om jammer te voel oor ons sonde en wat ons gedoen het nie, en hoe ons God se Woord ontheilig het nie, in die sin van onsself. Om jammer te wees is nie ware bekering nie. Dis deel daarvan, maar dis nie die hele storie nie. Ons sien vir Farao in die Ou Testament met die Israeliete in Egipte, hy was jammer, hy het verklaar: "O, ek het teen God gesondig." So, hy het sy sonde bely, maar hy het nie weggedraai van sy sonde af nie. Dit is ook nie net berou nie. Baie mense sê: jy sien, hulle is jammer, hulle huil, want hulle het waarlik berou. Judas in die Nuwe Testament het berou gehad. Hy was so vol berou dat hy selfmoord gepleeg het, maar hy't nie weggedraai van sy sonde nie. Wanneer ons die Bybel lees, sien ons dat God bekering saamvoeg met vergifnis, eerder as vergifnis met geloof in Jesus. En ek dink, om daarna te kyk op laasgenoemde manier, laat ons dink dat as ons geloof in Jesus het, God outomaties ons sonde vergewe. En soos 'n mens die Bybel lees, kom jy agter dis nie die geval nie. Kom ons verbeel ons ek en jy speel saam skaak. Ek maak 'n skuif, en dan is dit jou beurt. Ek wil jou skuif sien. My skuif, jou skuif. Is dit toelaatbaar om dit nou te doen? Om hier een en daar een te skuif. Mag ek twee skuiwe maak? - Nee. Hoekom? Want daar is reëls. En die reëls is dat jy een keer skuif, en dan skuif ek een keer. Wanneer dit by God kom - jy het gesondig. Jy het iets gedoen wat verkeerd is. En as gevolg daarvan is jy geskei van God. Jy kan nie gemeenskap met God hê nie as gevolg van jou sonde. Sonde veroorsaak dat God nie met ons gemeenskap kan hê nie. God kyk na jou en sê: "Ek wil jou nie straf nie, maar Ek is heilig en daarom moet Ek dit doen, maar terselfdertyd wil ek jou 'n kans gee om vergifnis te ontvang en 'n verhouding met My te hê. Daarom het ek my Seun, Jesus, gestuur om vir jou te sterf." So, dit werk so: Jy het gesondig en God se gebooie oortree, dit is hoekom ons lewe sonder gemeenskap met God. Ons leef ons eie lewe, geskei van God. God het na jou gekyk en gesê, Ek wil jou nie veroordeel nie. Ek wil jou vergewe, daarom het ek my Seun Jesus gestuur om vir jou te sterf. Wie se skuif is dit nou? Jou skuif. God wil jou vergewe, Hy wil jou vrymaak, en jou 'n nuwe lewe gee en genesing deur jou bring. Hy wil daardie dinge doen, maar Hy sê: "Maak 'n skuif, dit is jou beurt!" Hy wag vir jou om dit te doen. Maar so gou as wat jy sê, ek bekeer my, en daardie vergifnis ontvang, so gou as wat jy dit doen, gaan God jou vergewe. Dis so belangrik om te verstaan, want daar is so baie wat dit nie verstaan nie, en ek was ook so. Soos julle, het ek geglo daar is 'n God. Maar ek het dit so verstaan: "Goed, wanneer dit tyd is sal Hy na my toe kom. Dit is in Sy hande, Hy is groot, Hy kan dit doen wanneer Hy wil." En ek het die verantwoordelikheid oorgegee aan Hom. 'n Ware, diep bekering gaan hand aan hand met dade. Dit is nie net 'n woord nie, nie net iets wat ons dink nie. Ware bekering is nie net om te besef dat jy gesondig het teen 'n heilige God nie, maar dat jy dan jou sondes teenoor Hom bely, berou het oor wat jy aan Hom gedoen het, en wegdraai van daardie sondige lewe en begin om Sy lewe te leef. Die woord vir bekering in die Bybel is die woord 'metanoia' wat beteken om weer te dink. En God wil hê ons moet weer dink oor ons lewens en oor hoe ons geleef het. As ons weer oor God sal dink en oor hoe ons sondes Hom affekteer, sal God ook weer dink oor wat Hy van ons dink. Handelinge 22:16: En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas... En as jy jou sonde bely en dit aan die lig laat kom, ervaar jy vergifnis. Maar as jy dit geheim hou, gaan jy elke keer as jy 'n tree na die lig gee, die Satan hoor sê: "Maar onthou, maar onthou..." - Ja, dis wat hy doen. Maar as dit uit jou mond kom, het jy dit bely. Jy het dit vir my gesê, jy het dit gesê. Wees gelei deur die Heilige Gees - dalk moet jy dit vir die wêreld sê. Ek weet nie wat dit is nie, maar daar is vergifnis. Mense het nodig om te hoor daar is vryheid. Daar is so baie meisies wat daardeur gaan, so baie vrouens. Hulle het dieselfde dinge gedoen, en dit rondgedra vir dertig, veertig, vyftig jaar. Dit is nie 'n plek van vryheid nie. Vryheid is wat jy op hierdie oomblik ervaar. Ek het vandag gekom, want ek wou die gawe ontvang om in tale te praat. En vir al die ander dinge in my lewe waarvoor ek bevryding nodig mag hê. Gedurende die naweek het God my bevry en geseën met die gawe om in tale te praat en my gewas met die waterdoop. Ek lewe al vir meer as dertig jaar met skaamte en verleentheid, as 'n geheim dat ek, toe ek in my twintigs was 'n aborsie gehad het. En elke liewe dag van daardie dag af het die duiwel met my gedoen net wat hy wou. Ek was ook op soek na God, terwyl ek na Torben se video's gekyk het, en het vir God gesê, ek kan dit nie meer doen nie. Ek het by Hom gepleit om te weet of Hy my kan vergewe. En toe gebeur dit so dat Hy my gelei het om hierheen te kom hierdie naweek. Ek het gelei gevoel om met Torben te praat, dat God iets gehad het om vir my te sê deur hom. En so het ek die geleentheid gekry om deur God bevry te word. Verlos van hierdie pyn. Na meer as dertig jaar is ek vry. Dankie Jesus, dankie. Wees vry. ....dat toe ek in my twintigs was... God, help my... ...ek 'n aborsie gehad het, en van daardie dag af het God probeer om vir my te sê dat als reg is, maar die duiwel het net daardie groter houvas op my lewe gehad. Hy het net bly vasklou en aanhou. Ek onthou daardie dag asof dit gister was en ek voel nog dieselfde pyn. Dis 'n nuwe begin, 'n nuwe wegspringplek. Is jy gereed om tot Jesus gedoop te word vir die afwassing van jou sonde? - Ja. So op jou eie geloof, doop ons jou tot Jesus Christus. Sterf saam met Christus, staan op saam met Christus. Kom ons bid vir jou. God, ons dank U vir Elizabeth. God, ons dank U vir U vryheid. En toe sy dit bely, het 'n ander vrou vorentoe gekom en dieselfde sonde bely. En skielik het haar getuienis alreeds lewe en vergifnis vir iemand anders gebring. En daardie vrou is daar in water gedoop en sy het ook daardie vryheid ervaar. Later was ons in 'n samekoms met tagtig mense waar sy verduidelik het hoe sy dit gedoen het, en dat die aborsie sonde was, maar dat Jesus haar sonde vergewe het. Toe sy dit bely het en die getuienis gedeel het by die samekoms van tagtig mense, het daar twaalf vroue uit daardie samekoms na die tyd na haar toe gekom en dieselfde sonde bely. En hier sien ons die krag wat daarin lê om jou sonde te bely, die krag van die doop in water, en waaroor die hele evangelie gaan. Hy wat glo en gedoop is, sal gered word, het Jesus gesê. Wat baie interessant is omtrent die waterdoop is dat... Ek glo dat ons as gevolg van tyd en tradisie vandag baie anders na 'n sakrament kyk as wat die Bybel vir ons wys 'n sakrament regtig is. Dit word dikwels beskou as 'n uiterlike teken van 'n innerlike realiteit. En wat interessant is omtrent daardie definisie is dat dit die geestelike en fisiese neem en die twee heeltemal skei. As gevolg daarvan sien ons die waterdoop as iets wat net seremonieel is en geen verbintenis met enigiets in die geestelike realm het nie. Met ander woorde, dit is net soos 'n bevestiging van iets wat alreeds in die gees plaasgevind het. Maar die waterdoop is baie, baie anders as dit. Ons het ontdek dat die waterdoop nie net sakramenteel is nie, nie net 'n uiterlike teken van 'n innerlike realiteit is nie. Ons sien dat wanneer jy in daardie water ingaan, die Gees van God dit aanraak. En wanneer die fisiese en die geestelike konnekteer in die waterdoop, doen God iets wonderbaarlik. Wat interessant is, is dat die waterdoop twee dinge is. Dit is beide 'n bad en 'n begrafnis. Om te kan bad, moet 'n mens vuil wees. So wat beteken dit? Dit beteken dat 'n persoon wat gedoop word, hulle sondes voor God moet erken. In daardie sin, gaan die waterdoop en bekering hand aan hand. Dit is om weg te draai en in geloof te kom. Die vereiste vir die waterdoop, wat God wil hê ons moet bring, is bekering en geloof in Jesus Christus. 'n Persoon kom dood in sy sonde. Wat gebeur is dat ons daardie persoon neem wat kom in sy sonde, met bewys van bekering, en dan doop ons hom, sodat wanneer daardie persoon uit die water kom, hy splinternuut en skoon is. Ek vertel baie mense wat ons ontmoet, dat die waterdoop nie net 'n skoon, nuwe begin is nie. Dit is 'n splinternuwe, skoon lewe om mee te begin. Laat dit kom, laat dit kom. Meer, meer.... Glorie, glorie... Ons prys U, Jesus. Dankie, Jesus. Dankie, Jesus, dankie, Jesus. Dankie, Jesus. Dankie, Jesus. Dankie, Jesus. Prys U Naam, dankie, Jesus. Dankie, Jesus. Hoe voel jy? Ek het gevoel dat iets uit my uitgegaan het... Dit borrel op, dit is die lewende water wat opborrel binne-in jou en God stel dit vry deur jou mond. Claudio, jy is 'n splinternuwe man. - Amen. Voel jy goed? - Ja. Hierdie is net die begin, Claudio. Hierdie is net die begin. - Ja. God het nou vir jou die gawe gegee. Daar is tye wanneer jy nie sal weet waarvoor om te bid nie. En nou kan jy in geloof gaan bid. Wat dit wonderlik maak om in tale te bid is dat ek op ander dinge kan konsentreer terwyl ek bid want my verstand bid nie. Ek laat net my mond beweeg deur geloof. En die Heilige Gees tree in deur ons. So, God het jou sopas gebruik. Die Gees het ingekom en deur jou ingetree. Dit is pragtig. - Amen, dankie God. Is God nie goed nie? - Ja. Hy is groot. - Hy is. Ek het vandag iets geleer. Die krag van die waterdoop tot Jesus is nie meer soos 'n simbool soos meeste kerke mag glo nie, soos wat ek altyd geglo het nie, want dit is al wat ek geken het. Ek het net gedink dit is iets waardeur jy gaan met besprinkeling of so. Maar daar is so baie krag as jy waarlik glo waaroor dit alles gaan. Dit gaan oor die dood, die begrafnis, die aflegging van die ou mens, die ou natuur is weg en 'n nuwe mens kom op. Soos wat ek vandag geleer het, glo jy in Jesus as jou Here, Verlosser? Ja, ek glo. Wel, die ou mens gaan onder die water in, jy sterf, en 'n nuwe mens staan op. En so gou as wat hy opgekom het uit die water het hy gesê iets het hom verlaat. 'n Groot las het afgelig van hom en het nie langer enige houvas op sy lewe nie. En hy het dadelik die doping in die Heilige Gees ontvang. En hierdie broer was so gebroke, hy het gesnik. Hy het net sy bors vasgehou, dit was so kosbaar om dit te sien. Dit was so kosbaar om te sien wat God in sy lewe gedoen het. En al wat hy kon doen was om te huil in die teenwoordigheid van God. En vir my, net om te kon sien wat God gedoen... Ek skat hy het drie, vier ure gery om hier te kom want dit is wat hy wou hê. En daardie ding wat hom die heeltyd aangeval het het nie langer enige mag oor hom nie en hy is vry, volkome vry. En ek is waarlik dankbaar, want nou het ek geleer dat daar iets betekenisvol aan die waterdoop is, daar is iets merkwaardigs aan bekering, daar is iets daaraan om die doping met die Heilige Gees te hê. Al drie dinge is nodig. En dit het waarlik my lewe verander en nou sal ek hierdie boodskap verkondig tot my sterwensdag. Want ek het dit ervaar en dit was een van die kragtigste demonstrasies van God se liefde wat ek al ooit gesien het. Ek glo die rede waarom ons hierdie dinge nou sien gebeur is omdat, wanneer die ou mens sterf demone hulle greep en houvas verloor. Hulle kan nie langer 'n dooie man folter nie. Want die ou man sterf en wanneer jy opkom uit daardie water is jy 'n splinternuwe mens. Daar is 'n nuwe mens, wat jou ou klere dra. Toe Jesus hier op aarde geloop het, het Hy bekering verkondig. En toe het Hy geleer dat mense weer gebore moes word, uit water en Gees. Maar Hy kon nie op daardie tydstip mense in Sy Naam doop nie. Hy kon nie mense doop met die Heilige Gees nie. Maar na die kruis, toe Petrus tydens Pinkster opgestaan het, hoor ons die volle evangelieboodskap vir die eerste keer toe Petrus gesê het: "Bekeer julle, word gedoop vir die vergifnis van julle sonde en julle sal die Heilige Gees ontvang." Jy kniel en sê: "Ek doop jou tot Jesus Christus." en maak seker hy gaan onder water. Sterf met Christus. Staan op met Christus. Vryheid! Vryheid! Gaan! Gaan! Vryheid. Vryheid. Uit! Verlaat hom! Gaan! Ek beveel jou, gees, om te gaan! Nou dadelik! Kom uit! Gaan! In die Naam van Jesus beveel ek die gees - gaan! Verlaat hom, nou dadelik! Uit! Uit! Gaan! In die Naam van Jesus, beveel ek elke demoon om nou dadelik te gaan! Gaan! Nou dadelik! Kom uit! Ek beveel hierdie demoon om te gaan! Gaan, nou dadelik! Gaan uit, demoon! Ek beveel elke demoon, verlaat hom dadelik! Leuen, gaan! Kom uit! Meer, meer. Laat dit gaan! Ek beveel jou, demoon, in die Naam van Jesus, kom uit! Gaan uit! Nog! Gaan uit! In die Naam van Jesus beveel ek die laaste om te gaan! Gaan, in die Naam van Jesus, elke demoon! Gaan uit! Nou dadelik! Verlaat hom, verlaat hom. Maak hom vol, maak hom vol, meer vryheid, vryheid. Dit is die waarheid. Dankie. Dis die waarheid! As jy 'n boek hieroor wil lees, wil ek 'n boek aanbeveel. Miskien het jy al daarvan gehoor, die naam van die boek is die Bybel. Dit is waarvan ons lees in die Bybel. Hy is bevry en toe het die Heilige Gees oorgeneem. Dit is nie net 'n prentjie nie, dis die waarheid. En as hierdie waar is in die Bybel, wat van die res? Elke woord is waar, van begin tot einde. Halleluja. My vriend! Ek onthou nog hoe ek my vuiste gebal het en ek onthou hoe ek op die water geslaan het en toe het ek regtig hard geskree, en toe was daar 'n soort beroering, iets wat gebeur. Ek het nie geweet dit was ek nie, ek het nie geweet wat gebeur nie. My oë was toe en toe het ek hulle oopgemaak en ek was in 'n ander posisie as waarin ek vantevore was. Ek het gekyk, en Torben was daar anderkant en ek het hierdie kant toe gekyk voordat ek anderkant toe gekyk het. Ek het nie heeltemal verstaan hoekom nie. Toe was daar nog 'n beroering. Die laaste ding wat ek onthou, is dat Torben gesê het: "Demone, gaan uit." Toe was ek rustig, alles het rustig geword. Daar was rustigheid en stilte. Ek kan onthou dat ek opgekyk het en daar was 'n klomp mense, almal met hulle kameras. Baie het na my gekyk en dit was asof ek 'n bietjie in skok was, soos om na 'n operasie uit die teater te kom en almal is daar, as ek dit so kan verduidelik. Deur my lewe en my ervarings, is daar niks wat naby dit kom nie. Maar die beste ding van hierdie ervaring is dat dit voel asof 'n tand getrek is. Ek het geweet daar was iets daarbinne, toe daar 'n beroering was, wat nie die reg gehad het om daar te wees nie. Dit voel nou asof daardie tand uitgetrek is. Daar is niks meer daar nie, dit het uitgekom, dis weg. En dit voel asof daar nuwe vel daar is. Wanneer jy jou tand laat trek, wil jy die hele tyd met jou tong aan die wond voel, jou tong gaan heeltyd terug na die plek waar die tand getrek is om te voel hoe dit voel, en dis hoe dit was. Daar was iets nuut en jonk daar waar hierdie tand was. Ek is gelukkig, ek is vry, alles danksy Jesus Christus. So gou as wat mense gedoop word, begin ek vir hulle bid vir bevryding, want noudat hulle gesterf het saam met Christus, en opgestaan het saam met Christus, moet die Satan hulle verlaat. En dit is regtig kragtig om bevryding te sien daarbuite, as 'n deel van die waterdoop. Dit was so kragtig, so baie mense het gekom en dit gesien en skielik was daar 'n menigte van 150, 200 mense wat kyk. Net na sy bevryding, is hy gedoop met die Heilige Gees en het in tale gepraat, dit was regtig kragtig. Toe was ons veronderstel om die res van sy familie te doop, sy seun en dogter en vrou. Toe hulle afkom water toe, gereed om gedoop te word, het God iets wonderliks gedoen. Ons het vandag in die evangelies gelees dat Jesus gedoop is in die Jordaanrivier. Ons het gelees dat die hemele geopen het en die Heilige Gees het neergedaal soos 'n duif. Ek en Lauren, het net gesê: "Sal ons bid dat so iets vandag gebeur, dat ons 'n teken in die lug sien wanneer ons gedoop word?" So, toe ons gedoop is, was ek in die water, wagtende om gedoop te word. En ek het mense in die skare hoor sê: "Kyk op!" Ek het omgedraai en opgekyk, en ek het die woord 'waar' in die lug gesien. Dit was asof my gebed beantwoord is net toe dit tyd is vir my om gedoop te word. Dankie, Jesus. Almal het na die lug gewys en gesê: "Kyk op, kyk op!" En bo in die lug, was daar kort tevore 'n vliegtuig wat 'waar' in die lug geskryf het. Dit was op dieselfde tyd as wat ek vir haar man gebid het en hy bevry is, en ek was besig om te sê: "Dit is waar." "Dit is nie 'n prentjie nie." "As dit waar is, is alles wat ons in die Bybel lees, waar." En skielik het ons dit in die lug gesien dat God 'waar' geskryf het. WAAR Torben, kyk op! - Ja, ek het dit gesien. Ja, ek sien dit. Ons het daarna begin om die evangelie te verkondig en nog baie mense het tot bekering gekom en is gered daardie dag. In plaas daarvan om net agt mense te doop soos wat ons veronderstel was, het ons meer as dertig mense gedoop. Want mense wat gesien het wat gebeur, het gesien hoe mense bevry word van demone, en hoe hulle die Heilige Gees ontvang. Hulle het hulle ook van hulle sonde bekeer en het gekom om gedoop te word, en het dieselfde ervaar. Die demoniese wêreld is so werklik. Dit is baie werklik. Ek het dit vlugtig in kerke gesien wanneer evangeliste of die sogenaamde man van God gekom het. Mense wat in outoriteit loop, hulle bid vir mense en sien hul manifesteer maar ek het dit nooit self ondervind nie. Die eerste werklike ervaring wat ek gehad het, en moontlik my grootste ervaring, was toe ek en my vrou die eerste keer iemand in ons huis gedoop het. Die persoon was betrokke by New Age, reiki genesing, tarotkaarte, kristalle en baie New Age dinge. Ons het haar gedoop en as ons dit net daar gelaat het soos in 'n normale kerkdiens, sou ons geglimlag het, haar sertifikaat oorhandig het en dan koffie gedrink het na die tyd. Maar ons het aanhou bid vir haar, en aanhou bid, en na omtrent twee minute het die demone begin manifesteer. Een na die ander het hulle gemanifesteer en ons het hulle uitgedryf. Dit was die mees werklike, mees radikale ondervinding wat ek nog ooit gehad het. Dit het my oë oopgemaak vir die stryd, dit is 'n geveg. Ons word nie net gevra nie, ons word nie net vertel dis 'n goeie idee nie, maar ons word beveel deur Jesus om demone uit te dryf. Ons het die verantwoordelikheid om mense te bevry, in Jesus se Naam. Waarom is daar 'n geveg aan die gang? Omdat Satan nie daarvan hou nie. Maar nou gaan ons onder water en dan gaan sy opkom en julle gaan vryheid sien, julle gaan vryheid sien, vryheid en 'n nuwe lewe. Kniel net. Moenie bang wees nie. Kniel net. Kniel net. - Ek kan nie. Nee, jy kan, jy kan. In die Naam van Jesus, jy kan, jy kan. Dit is 'n nuwe lewe. Satan is 'n leuenaar. Satan is 'n leuenaar. Hy het vir jou gejok en hy wil nie hê dat jy alles oorgee aan Jesus Christus nie. Want wanneer jy jouself oorgee, sal Hy jou vrymaak en Satan gaan verloor en hy wil nie. Jy kan. My knieë wil nie buig nie. Gaan af, in die Naam van Jesus. Sy wil, maar haar knieë wil nie buig nie. Sy kan nie afgaan nie, daar is 'n geveg aan die gang. In Jesus se Naam, God ons dank U. Gaan net af, in die Naam van Jesus, gaan net af. Af, af, gaan net af in die Naam van Jesus. In die Naam van Jesus In die Naam van Jesus, gaan af. Gaan af, gaan af. In die Naam van Jesus, gaan af. Is jy gereed om gedoop te word tot Jesus Christus? So op grond van jou eie geloof doop ons jou tot Jesus Christus. Gaan net af. Sterf met Christus. Staan op met Christus. Vryheid! Vryheid! Satan gaan! Verlaat haar! Verlaat haar onmiddellik! Kom uit! Kom uit! Verlaat hom! Gaan! Kom uit! Gaan! Onmiddellik! Laat los! Laat los! Gaan! Gaan! In die Naam van Jesus beveel ek hierdie godsdienstige gees, gaan onmiddellik, in Jesus se Naam! Gaan! Laaste ding, gaan! Gaan! Gaan, in die Naam van Jesus! Gaan! Onmiddellik! Gaan! Gaan! Kom uit in die Naam van Jesus! Kom uit! Gaan! Onmiddellik! Kom uit! Alle woede, alle vrees gaan onmiddellik in Jesus se Naam! Kom uit! Onmiddellik! Kom uit! Kom nou uit! Kom uit, onmiddellik! Ek beveel jou, gaan! Gaan! Gaan onmiddellik! Vryheid! Nou! Laat dit gaan! Ek beveel hierdie demoon, gaan! Ek beveel hierdie gees om te gaan! Kom uit! Kom uit! Nou! Gaan, in die Naam van Jesus! Gaan onmiddellik in die Naam van Jesus! Kom onmiddellik uit! Gaan! Gaan! Ek beveel elke demoon om hom nou te verlaat! Kom uit! Gaan nou, in die Naam van Jesus! Kom uit! Kom onmiddellik uit! Gaan! Gaan! Gaan in die Naam van Jesus! Ek beveel elke gees om hom te verlaat. Nou! Nou! Kom uit! Kom uit! Kom uit! Kom nou uit in Jesus se Naam. Kom uit! Kom uit! Halleluja. Ervaar jy vryheid? Jy is vry. Hoe voel dit? - Dit is wonderlik, dankie! Komaan, 'n nuwe lewe. Komaan, kan julle dit sien? Ek hou baie hiervan! Komaan vriende, kan julle dit sien? Dit is die krag wat in die doop is. Draai weg van jou sonde, draai na Jesus Christus... Dit is 'n stryd, maar Satan het verloor. Jesus lewe. 'n Nuwe lewe, 'n nuwe lewe. Vryheid. - Ja. Prys die Here. Prys Jesus. Dankie dat U haar volmaak, dankie, dankie. Amen! Amen! Jy het die Heilige Gees. - Ja. Hy het nog nooit in tale gepraat voor vandag nie. Kragtig! Ons het gesien dat so baie mense vrygemaak word van sonde tydens die doop. Ons het gesien hoe skisofrene bevry word van demone tydens die doop. Ons het mense gesien met eetversteurings wat bevry word tydens die doop. Ons het siek mense gesien gesond word tydens die doop. Ons het mense gesien wat voorheen nie in staat was om die doping in die Heilige Gees te ontvang nie. Maar wanneer hul gedoop word in water kom die Heilige Gees oor hulle en hulle begin in tale praat. Dit is waar, ek sê vir jou, dit is waar. Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie, maar die Gees van God het gekom. en ek is waarlik gedoop met die Heilige Gees en het in tale gepraat. Handelinge 1:8: Maar jul sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees... tot aan die uiterstes van die aarde. Ek gaan bid en jy gaan my help. Wat is jou naam? - Kathy. Kathy sukkel met angstigheid en sy wil ook met die Heilige Gees gedoop word. Ons het nou net ontmoet en gepraat oor die doping met die Heilige Gees en hoe dit is. God. Ek glo in U. Ek glo in U, Jesus. Ek bekeer my. En vra U, bevry my van alle angstigheid. Kom met U Heilige Gees. Vul my. Doop my. Nou dadelik. In die Naam van Jesus. Die Bybel is duidelik daaroor dat daar altyd 'n teken is wanneer mense die doping met die Heilige Gees ontvang. In die boek van Handelinge, hoofstuk 8, lees ons van Filippus, hoe hy in Samaria gekom het en die evangelie verkondig het. Mense het die boodskap ontvang en hulle bekeer, en hulle is gedoop in water tot Jesus Christus. Maar op daardie stadium het hulle nog nie die doping met die Heilige Gees ontvang nie. So, toe die apostels gekom het, het hulle gesien dat hulle nie die doping met die Heilige Gees ontvang het nie. So, hulle het hulle die hande opgelê en hulle het die doping met die Heilige Gees ontvang. Jy lees nie daar wat gebeur het nie, maar jy weet daar was 'n teken. Waarom? Want daar was 'n man genaamd Simon. Simon het gesien hoe die Heilige Gees gegee is deur die hande van die apostels. Toe hy dit sien, wou hy dieselfde krag hê. sodat die mense waarvoor hy hande oplê ook die Heilige Gees sou ontvang. Ons begin in tale praat wanneer ek sê: "Nou." Sê die eerste woorde en laat dit uitkom. Nou. Heilige Gees, vryheid. Vryheid, nou dadelik. Vryheid, nou dadelik. Vryheid, vryheid. Heilige Gees, vryheid. Vryheid, nou dadelik. Kom nou met U krag. Krag, krag. Ja, dis wonderlik, is dit nie? Ek het gister myne gehad. Hy is gister met die Heilige Gees gedoop en vandag is jy. Ek het nog nooit in tale gepraat nie. Hoe... Dit het net gekom? - Ja. Hoe het dit gevoel? Dit was wonderlik. Dit is onbeskryflik wonderlik. Verbeel jou dit, net hier in die middel van die straat. Dit is wonderlik, dankie. Baie dankie. Gaan nou en vertel ander daarvan. Ek het altyd gevoel dat daar twee kampe is. In die een kamp praat hulle net oor wonderwerke, wonderwerke. Dit het nie sin gemaak vir my nie vir die eenvoudige rede, dat as Jesus ons net wou help met wonderwerke om die fisiese liggaam te genees, en dit al was wat Hy wou doen, dit die hele aspek sou weerspreek van God wat belowe om gelowiges eendag 'n nuwe liggaam te gee. Maar terselfdertyd, wanneer ek na die ander kamp gaan, en ek sê dat wonderwerke nie vir vandag is nie, dis net God se Woord, dan weerspreek dit die Skrif, want die Skrif sê dat die Woord met krag sal kom en dat Hy dit met krag sal bevestig. So waar is die middeweg? Die middeweg word gevind in God se Woord, waar daar 'n balans van albei is, waar ons wil hê dat die Woord van God byeenkom met die krag van God en werklikwaar transformasie bring in mense se lewens, waar mense waarlik deur die Heilige Gees oortuig word, 'n nuwe lewe ervaar, hulle bekeer, wegdraai van sonde, nie net hulle sonde bely nie, maar laat staan, die krag van God ontvang, gedoop word in water, in tale begin praat en op 'n dag-tot-dag-basis funksioneer met die krag van God in jou, of eerder, in die tempel, wat ons is. Vir jare het ek net rondgespeel met godsdiens. Toe het ek heeltemal daarvan wegbeweeg en toe was daar 'n hongerte om daarna terug te keer. Soos ek teruggekeer het, het ek besef daar's areas in my lewe wat ek afgesluit het in ongeloof: Dit is nie vir vandag bedoel nie, dit was net in Jesus se tyd, dit was net vir 'n paar mense. Toe lees ek die Bybel en dit sê: En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg. En ek dink by myself, ek is 'n gelowige, hoekom gebeur dit nie? Wat ons nodig het is om mekaar se geloof op te wek. As ek 'n span mense het wat almal dieselfde ding doen, word ek ek aangemoedig in my geloof. Dis nou ook so met jou. Vandag het jy 'n gawe van 'n taal ontvang. Raai wat gaan gebeur as jy nie daardie gawe gebruik nie? Dit sal wegkwyn. Wat gaan gebeur as jy dit nou in jou het en jy gaan nie jou Bybel lees nie, is dat jy dit alles gaan weggooi. Ontwikkel dit, maak dit jou leefwyse. Maak God die middelpunt van jou lewe en doen wat ons doen, met jou vriende. Dink aan enigiemand wat jy ken, enige vriende. Bel en vertel hulle wat gebeur het. Deel jou getuienis, en dan bid jy vir hulle. Glo as jy jou hande op hulle lê om te bid... Ek praat met soveel selfvertroue... raai hoe lank doen ek dit al self? Van gister af. - Van vandag af. Dis die eerste dag dat ek mense genees. Ek bid vandag vir genesing. Verbeel jou, met al die nonsens wat ek in die kerk geleer het, kon ek nooit iets regkry nie. En nou, met die krag van God in ons, kan jy dit nou dadelik doen, en werklikwaar iemand opspoor, vir hom bid, en 'n genesing sien. Dit is die krag van Jesus Christus. Hy is wonderlik. Kom staan almal hier en kyk wat gebeur. Julle sal sien wat God gaan doen. Is dit fantasties? - Ja. Wie wil eerste wees, wie het 'n probleem? Nee, nee, regtig. - Jy het blase, jy het dit nou. Goed. - Het jy pyn in jou enkel? Nee, op my voet, ek het oral blase. Goed. Wees genees in Jesus se Naam. Hoe voel jy? Beweeg jou been. O my God. Nee, ek voel niks nie. - Regtig? Op 'n skaal van een tot tien, voel jy enige pyn? Net twee. - Goed, kom ons bid weer. Bene, kom in lyn, wees genees in Jesus se Naam. Ek voel niks nie. Dis malligheid! Is dit? Is Jesus nie fantasties nie? Hy is wonderlik, is Hy nie? - Ek's lief vir Hom. Baie, baie dankie. - Is jy seker? Jy sê dit nie net nie? - Nee, ek praat die waarheid. Ek kan regtig loop... - Fantasties. Loop en wys vir my, kom. Geen pyn nie, glad nie? Fantasties. Prys Jesus, prys Hom... wie is volgende? Ek het gewrigspyne in my knie. Regs? - Ja. Vir hoe lank het jy dit al? Dit het omtrent in die middel van laas jaar begin en dit kom en gaan. Wat sou jy sê is die pynvlak nou? Kan jy enige pyn voel? Wanneer ek gewig daarop plaas.. Goed, kom ons bid. Knieë, gewrigte, wees genees in Jesus se Naam. Beweeg dit nou en kyk hoe jy voel. Beweeg dit net rond. Dis 'n bietjie eienaardig. Dit was twee sekondes terug nog daar en nou is dit nie meer seer nie. Glad nie? Heeltemal? Glad nie. Ek plaas gewig daarop. Gewoonlik wanneer ek gewig daarop plaas, voel ek... Is dit heeltemal weg? - Ja. Prys God daarvoor. Weet jy hoe hierdie genesing gebeur het? Deur die krag van Jesus. Dit is Jesus wat dit doen, nie ek nie. Ek is nie iets spesiaals nie, ek is net 'n boodskapper. Het enigiemand anders 'n probleem? Komaan. Ek het onlangs herstel van 'n verstuite enkel en ek kry nog elke nou en dan pyn. Het jy op die oomblik pyn? - 'n Bietjie. Beweeg 'n bietjie en voel wat is jou pynvlak. Ja, ek het pyn. - Goed. Enkels, wees genees in die Naam van Jesus. Beweeg jou enkel. - Dit voel eienaardig. Komaan, loop 'n bietjie. Dis so... - Is Hy nie wonderlik nie? Ek's net so verstom soos julle, want weet julle wat? Ek is 'n nuwe Christen, ek is nou net gedoop in water, ek het nou net die doping in die Heilige Gees ontvang. Ek praat in 'n vreemde taal. Net soos die Bybel sê. En die Bybel sê, gaan uit en genees mense. Moenie na godsdienstige denominasies van die Christendom luister nie, dit is alles nonsens. Dit is alles godsdiens. Ware volgelinge van Christus doen wat Jesus ons beveel om te doen en dit is wat ons doen. Ons is eenvoudige, gewone mense wat net uitgaan en luister na wat Jesus sê. Handelinge 19:2: Paulus vra hulle, "Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?"... Hoeveel weet jy van die Heilige Gees? En die doping met die Heilige Gees? - Hy tree in vir my. Het jy al gehoor van die gawe om in tale te praat? Ek het, ek het dit gesien toe ek jonger was maar dit het my regtig bang gemaak, en ek was nie seker wat dit was nie, met baie min begrip van die Bybel en hoe die Heilige Gees werk. Dit was nogal moeilik vir my om te verstaan. In die kerk wat ek bywoon, het ek dit nog nie sien gebeur nie. In die boek van Handelinge hoofstuk 19, lees ons oor Paulus, hoe hy Efese toe gegaan en daar 'n paar gelowiges ontmoet het. Hy het nie vir hulle gevra watter kerk hulle bywoon nie, want dis nie belangrik nie. Hy het vir hulle gevra: "Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?" Daardie gelowiges is nog nie gedoop in water in die Naam van Jesus Christus nie, en hulle het nog nie die Heilige Gees ontvang nie. So Paulus het hulle daar tot Jesus Christus gedoop en toe hy sy hande op hulle gelê het, het hulle almal die Heilige Gees ontvang en in ander tale begin praat. Vryheid. Vryheid. Meer. Meer vryheid. Vryheid, nou dadelik. God, ons dank U vir U liefde, ons dank U vir U vryheid. Dankie, Heilige Gees, dat U haar volmaak. U maak haar vol. Nooit weer dieselfde nie, nooit weer dieselfde nie. Hoe voel jy? Het jy gevoel dat... God... Het jy dit nog nooit ervaar nie? Ek het vir altyd verander. En daar, in daardie winkelsentrum, het ek vir haar hande opgelê en die Heilige Gees het oor haar gekom. Sy het dit nog nooit voorheen ervaar nie. Sy was so aangeraak deur die Heilige Gees, dat ons besluit het om buitentoe te gaan om verder te praat en nog te bid. Toe ek daarbuite vir haar bid, het 'n demoon begin manifesteer. Ek beveel hierdie gees, gaan nou dadelik! Ek beveel dit, verlaat haar dadelik! Daar is vryheid, daar is vryheid. Kom uit! Gaan! Vryheid, nou dadelik. Vryheid, nou dadelik. Gaan! Gaan, ek beveel dié gees, gaan! Gaan! Gaan! Nou dadelik! Gaan! Verlaat haar! Verlaat haar! Nou dadelik! Verlaat haar! In die begin het ek nie presies geweet waarvoor ek bid nie, maar toe het God dit aan my openbaar. Hy het vir my 'n sonde wat sy gepleeg het, gewys. Toe ek dit vir haar sê, het sy in trane uitgebars en gesê: "Hoe het jy geweet, hoe het jy dit geweet? Kan God my vergewe?" Daar, buite die winkelsentrum, het daardie jong meisie God ontmoet. Dit was so sterk, so op 'n stadium het daar drie wagte uitgehardloop gekom en sy het gesê: "Gaan weg, gaan weg, ek wil met hulle praat, ek wil met hulle praat." En op daardie dag, het daardie meisie God ontmoet. Later die middag het sy gekom en ons het vir haar gebid en sy is gedoop met die Heilige Gees en het in tale begin praat. Dit was baie emosioneel, en toe hy vir my gebid het, ek het dit nooit vantevore aan hom genoem nie, maar hy het vir my gesê ek herinner hom aan iemand wat deur dieselfde ding gegaan het. Dit was toe ek geweet het dat God daardie dag vir my wou sê dat Hy my vergewe het. Selfs al wou ek nie myself vergewe nie, want ek het gedink daar is nie vergifnis vir so iets nie. Maar op daardie dag, het God Torben gebruik om aan my bekend te maak dat Hy my liefhet en my vergewe het vir wat ek gedoen het. En Hy het my toegelaat om dit te ervaar. Ek sal dit nooit vergeet nie en ek sal nooit weer dieselfde wees nie. Kan jy ons vertel van gister en dan van wat vandag gebeur het? - Ja. Jammer, ek is net regtig gelukkig, ek het gister daaroor gedink, dit is regtig Sy manier om vir my te sê. Want ek was moeg om te soek vir antwoorde en ek kon dit nêrens kry nie. Daar was altyd iets binne my. Gister is dit vir my gefinaliseer en ek is net regtig gelukkig daaroor. So, vandag is ek gedoop. Ek het so goed gevoel na die tyd. Dit is iets waaraan ek voorheen al baie gedink het om te doen maar ek het gedink dat daar dinge is wat ek eers moet doen voor ek dit kan doen. Ek moet met 'n pastoor praat, ek moet 'n paar seminare bywoon of so iets, So, op jou eie geloof doop ons jou tot Jesus Christus. Sterf met Christus. Staan op met Christus. God, ons dank U vir Maria. Ons dank U vir alles wat U gedoen het, God. Dankie vir wat U gister en vandag gedoen het. Dankie vir wat U nog gaan doen in die toekoms, God. Dit is so wonderlik, hoe God regtig gebede beantwoord en hoe Hy vir jou op Sy perfekte tyd, die dinge wat jy moet leer en die dinge wat jy moet weet oor Sy liefde, kan gee. Ek was in werklikheid besig om te bid die aand voordat ek Torben ontmoet het. Ek het daardie aand gebid op die snelweg, terwyl ek bestuur het. Ek het gebid dat ek die begeerte in my hart sou hê om Hom te ken en na Hom uit te reik en alles vir Hom te gee, maar ek weet nie waar om te begin nie. Ek het gevoel asof ek so ver weggehardloop het dat Hy nie meer daar was nie. Maar Hy het my gebed gister beantwoord en my laat besef dat Hy die hele tyd daar was. Hy was by my, toe ek getreur het, toe ek depressief was. Depressie het my swaar getref. Maar ek is nog hier, en ek is 'n verteenwoordiger van Sy liefde. Ek dink regtig dat wanneer die kerk terugkeer na 'n ware doop, die ware Evangelie: Bekering, en terugdraai na Christus toe, gedoop word vir die kwytskelding van jou sondes, sterf met Christus en opstaan met Christus en gevul word met die Heilige Gees, dit die wêreld sal verander. Wat ons sien in die boek van Handelinge, is 'n organiese, dinamiese lewe saam met God wat nie gebaseer is op hiërargie nie. Dit is nie gebaseer op programme of projekte nie. Dit is mense wat Jesus volg. Soos ons die boek van Handelinge uitleef, sien ons nou hoe dit in ons lewens uitspeel. Wanneer ons nou in die perfekte spieël van God se Woord kyk, waar dit sê, "Die Woord het vlees geword," gebeur dit in ons eie lewens. Dit is asof ons nou vir onsself kyk wanneer ons die Skrif lees. Ek sien mense wat keelvol is met strukture. Ek sien mense wat keelvol is met tradisies. Ek sien mense wat niks behalwe die waarheid wil aanvaar nie. Amper elke Christen in die wêreld wil 'n herlewing sien. Maar my prentjie van herlewing het so gelyk: 'n Paar engele of 'n lig sal uit die hemel kom en almal sal aan die gang kom, en net wakker word, en dan sal ons herlewing hê. Maar wat ons vandag sien, is dat wanneer alle Christene op hierdie planeet geaktiveer word, die dinge begin doen wat die Bybel sê ons gaan doen - uitgaan, die siekes genees, die evangelie verkondig, mense na Christus lei - dan het ons herlewing. Ek glo die herlewing is hier vandat Jesus gekom het 2000 jaar gelede. Ek glo waarlik, hierdie is die laaste reformasie. Die laaste reformasie van die kerk. Hierdie dinge is 'n werklikheid, dis waar. Jy kan dit doen. Jy moet net uitgaan en begin werk op die strate. Ons steek baie dinge weg in die kerk en daar is baie gebondenheid in die kerk, maar ons moet daarbuite kom, en dit begin doen, op die voorfront. God is 'n werklikheid, Hy het ons geroep om Sy dissipels te wees,Jesus se dissipels wat uitgaan en die wêreld wys Hy bestaan. Dit is 'n werklikheid. Dit is waar, ek sê jou, dis waar. Dit is waar! Dit is regtig waar! Dis waarlik waar! Dis 'n werklikheid! As dit in die Bybel waar is, wat van die res? Elke woord is waar, van die begin tot die einde. WAAR Dit is waar. Ons leef in die laaste dae waarin God Sy kerk terugbring na die waarheid, terug na die ware lewe waarna ons gesmag het. Ons het gelees van die ware lewe in die boek van Handelinge, waar die Heilige Gees die leiding neem. Dis aan die gebeur, en dit gebeur dwarsoor die wêreld. So, laat ons ons fokus behou, laat ons aanhou dissipels maak en laat Jesus Sy kerk bou. Ek glo dit is die laaste reformasie en hierdie is net die begin. Onthou jy nog die woord wat Ek tot jou gespreek het? Onthou jy nog die droom wat Ek vir jou gegee het? Tyd gaan verby en kalenders is vol. Maar een ding is nodig: Spandeer tyd met My. Word wakker, My mense. Ek kom spoedig terug. Een ding is nodig. Spandeer tyd met My. Ek lei jou. As jy My dissipel wil wees moet jy jouself verloën en jou eie droom neerlê. Volg My, ongeag van wat dit jou kos. Dan sal jy die ewige lewe ontvang. Word wakker, My mense. Ek kom spoedig terug. Een ding is nodig. Spandeer tyd met My. Ek lei jou. Het jy tyd vir My? Om my Koninkryk te soek. Om my aangesig te soek. Ek wil met jou praat. Ek wil jou stap vir stap lei. Ek roep jou. Sal jy My volg ongeag van wat die koste is? Ek roep jou, Ek roep jou. Subtitles by: Dina van Schalkwyk James van Schalkwyk & Magda Serdyn.