WordPress 4.7 "Vaughan", vernoem na die Jazz legende Sarah "Sassy" Vaughan, maak dit die maklikste ooit om jou webwerf op te stel soos jy dit wil hê. Ontmoet vir Susan. Susan het 'n troeteldierwinkel en benodig 'n webwerf. Susan bestudeer haar opsies... ...en ontdek WordPress. Met WordPress, kan Susan uit duisende gratis temas kies volgens haar behoefte. Susan kies Twintig Sewentien, 'n splinternuwe tema vir WordPress, spesiaal gebou vir 'n besigheid. Twintig Sewentien het 'n uitmuntende ontwerp en gebruik groot fotos regdeur. Dit is perfek vir 'n klein besigheid soos 'n troeteldierwinkel of vir 'n groot besigheid. Omdat dit 'n nuwe webwerf is, sal Twintig Sewentien kom met voorbeeldinhoud wat Susan sal help om te sien hoe dit alles kan werk vir haar winkel en hoe om dit aan te pas. Nuwe visuele veranderingskortpaaie wys watter gedeeltes van haar webwerf verander kan word, direk vanaf die regstreekse voorskou. Soos sy haar tema verander, kom Susan agter sy kan 'n video in die hoofstrook gebruik. Sy kies 'n video wat sy geneem het van haar dogter met hulle hondjie. Sy voeg hierdie video tot haar webwerf, direk vanaf haar tablet. Siende dat nuwe bladsye geskep word terwyl die kieslys opgestel word vanaf die Pasmaker in WordPress 4.7, stel dit Susan in staat haar webwerf se struktuur sonder enige onderbrekings reg te kry. Susan wil nog een verandering maak voordat sy vir die wêreld haar webwerf wys. Sy wil die winkel se naam grooter maak. Die nuwe CSS paneel maak dit maklik. Jy sien jou veranderinge regstreeks soos jy werk. Alles klaar, publiseer sy die splinternuwe nuwe webwerf vir haar troeteldierwinkel. Susan is so bly. WordPress 4.7 sluit al hierdie kenmerke in, en nog meer, insluitend opwindende ontwikkelaarseienskappe soos die REST API eindpunte. WordPress 4.7 Vaughan - help jou om jou webwerf op te stel soos jy dit wil hê.