WordPress 4.3 [JAZZ] vernoem na die jazz-legende [JAZZER] maak skryf-take vinniger, verander aan jou webwerf maklik en jou wagwoord sterker. Kom ons kyk hoe WordPress 4.3 'n klein onderneming help. Hierdie is Kate, en dit is Kate se webwerf Oppikoffie. Sy benodig 'n daaglikse spyskaart vir haar kliënte om hulle op hoogte te hou van wat sy elke dag voorsit. Vandag gaan sy dit laat werk hier in WordPress. Kate se daaglikse spyskaart sal vir haar kliënte sê wat aan die kook is en wat vir middagete gaan wees. Sy wil die uitleg netjies en duidelik maak, sodat haar kliënte vinnig kan sien wat beskikbaar is. In WordPress 4.3 kan sy verander hoe die skrif lyk sonder om iewers te kliek. Deur kortpaaie te gebruik kan sy lysies, hoofopskrifte en aanhalings maak sonder enige onderbrekings. Om 'n daaglikse spyskaart te maak is nou 'n vinnige en eenvoundige taak. Meer tyd maak vir belangrike werk soos koffie maak. Kate moet nou die nuwe bladsy in die navigasie kieslys in die systrook byvoeg. Dit is nie nodig om dit vanaf die admin te doen nie. In WordPress 4.3 kan Kate die nuwe item vanaf die Customizer byvoeg, en die verandering kan regstreeks gesien word in die uitleg voor dit geplubliseer word. Al wat sy hoef te doen is om te kliek op "customize", selekteer "kieslys", en die nuwe bladsy verskyn in die kantstrook. Maklik! Nou kan Kate se kliënte elke dag op haar webwerf sien wat sy bedien. Nog 'n nuwe gereedskap is, Kate kan nou ook haar eie icon oplaai wat wys aan die bokant die webleser se raam. Haar kliënte kan selfs 'n kortpad maak op die skerm van hulle selfoon. Haar spyskaart is nou beskikbaar, net wanneer kliënte dit nodig het. Dis nie al veranderinge tot WordPress 4.3 nie. Indien sy 'n nuwe kollega tot haar webwerf wil byvoeg, sal WordPress 'n sterk wagwoord maak. Indien die persoon die wagwoord wil verander, sal WordPress sê of dit sterk genoeg is. Dis nou genoeg WordPress vir een dag, Kate het 'n besigheid wat wag. Sy is bly dat WordPress met elke weergawe net verbeter. Sy hou haar kliënte gelukkig, deur informasie dadelik beskikbaar te stel, soos dit benodig word. WordPress 4.3 [JAZZ] 'n meer verfynde resultaat.