WordPress 4.3 [JAZZ]
vernoem na die jazz-legende [JAZZER]
maak skryf-take vinniger,
verander aan jou webwerf maklik
en jou wagwoord sterker.
Kom ons kyk hoe
WordPress 4.3
'n klein onderneming help.
Hierdie is Kate,
en dit is Kate se webwerf
Oppikoffie.
Sy benodig 'n daaglikse spyskaart
vir haar kliënte
om hulle op hoogte te hou
van wat sy elke dag voorsit.
Vandag gaan sy dit laat werk
hier in WordPress.
Kate se daaglikse spyskaart
sal vir haar kliënte sê
wat aan die kook is en
wat vir middagete gaan wees.
Sy wil die uitleg netjies en duidelik
maak, sodat haar kliënte vinnig
kan sien wat beskikbaar is.
In WordPress 4.3 kan sy verander hoe die
skrif lyk sonder om iewers te kliek.
Deur kortpaaie te gebruik kan sy lysies,
hoofopskrifte en aanhalings maak
sonder enige onderbrekings.
Om 'n daaglikse spyskaart te maak is nou
'n vinnige en eenvoundige taak.
Meer tyd maak vir belangrike werk
soos koffie maak.
Kate moet nou die nuwe bladsy in die
navigasie kieslys in die systrook byvoeg.
Dit is nie nodig om dit vanaf
die admin te doen nie.
In WordPress 4.3 kan Kate die nuwe item
vanaf die Customizer byvoeg, en
die verandering kan regstreeks gesien word
in die uitleg voor dit geplubliseer word.
Al wat sy hoef te doen is om te
kliek op "customize", selekteer "kieslys",
en die nuwe bladsy verskyn in die kantstrook.
Maklik!
Nou kan Kate se kliënte elke dag
op haar webwerf sien wat sy bedien.
Nog 'n nuwe gereedskap is,
Kate kan nou ook haar eie icon oplaai
wat wys aan die bokant die
webleser se raam.
Haar kliënte kan selfs 'n kortpad maak
op die skerm van hulle selfoon.
Haar spyskaart is nou beskikbaar,
net wanneer kliënte dit nodig het.
Dis nie al veranderinge tot
WordPress 4.3 nie.
Indien sy 'n nuwe kollega tot haar
webwerf wil byvoeg, sal WordPress
'n sterk wagwoord maak.
Indien die persoon die wagwoord wil
verander, sal WordPress sê of dit sterk
genoeg is.
Dis nou genoeg WordPress vir een dag,
Kate het 'n besigheid wat wag.
Sy is bly dat WordPress met elke
weergawe net verbeter.
Sy hou haar kliënte gelukkig, deur
informasie dadelik beskikbaar te
stel, soos dit benodig word.
WordPress 4.3 [JAZZ]
'n meer verfynde resultaat.