Return to Video

’n Virusopsporingsnetwerk om die volgende pandemie te voorkom

  • 0:01 - 0:02
    [In Januarie 2020,
  • 0:02 - 0:06
    het Christian Happi en Pardis Sabeti
    ’n “Audacious” idee voorgelê]
  • 0:07 - 0:13
    [Sentinel: ’n Vroeë-waarskuwingstelsel om
    die volgende pandemie op en na te spoor]
  • 0:13 - 0:16
    [Hier’s hoe dit sou werk ...]
  • 0:16 - 0:22
    Christian Happi: Sentinel is ’n
    proaktiewe, vroeë-waarskuwingstelsel
  • 0:22 - 0:23
    om pandemies te voorkom.
  • 0:23 - 0:25
    Dis op drie hoofpilare gebaseer.
  • 0:26 - 0:28
    Pardis Sabeti: Die eerste pilaar
    is Opspoor.
  • 0:28 - 0:31
    Ek en Christian bestudeer
    al vir twee dekades
  • 0:31 - 0:33
    aansteeklike siektes
    regoor die wêreld.
  • 0:33 - 0:35
    Ons gebruik genoomvolgordebepaling.
  • 0:35 - 0:38
    Deur die volledige genetiese inligting
    van ’n mikrobe te lees,
  • 0:38 - 0:42
    kan ons virusse identifiseer, selfs dié
    wat ons nog nooit gesien het nie,
  • 0:42 - 0:44
    om hulle na te volg soos hulle versprei
  • 0:44 - 0:45
    en om uit te kyk vir nuwe mutasies.
  • 0:45 - 0:49
    En nou met die kragtige
    geen-bewerkings-tegnologie, CRISPR,
  • 0:49 - 0:52
    kan ons dié genetiese inligting
    gebruik om snel
  • 0:52 - 0:56
    uiters sensitiewe diagnostiese
    toetse vir enige mikrobe te ontwerp.
  • 0:56 - 0:59
    CH: Een van dié instrumente
    is SHERLOCK.
  • 0:59 - 1:04
    Dit kan gebruik word om bekende virusse
    te toets op eenvoudige papierstrokies.
  • 1:05 - 1:06
    Dis baie goedkoop,
  • 1:06 - 1:10
    en gesondheidswerkers aan die voorpunt
    kan SHERLOCK gebruik
  • 1:10 - 1:14
    om die algemeenste of
    gevaarlikste virusse op te spoor
  • 1:14 - 1:15
    binne ’n uur.
  • 1:16 - 1:18
    PS: Die ander instrument is CARMEN.
  • 1:18 - 1:22
    Dit benodig ’n laboratorium, maar kan
    vir honderde virusse gelyktydig toets.
  • 1:22 - 1:25
    Hospitaal-laboratoriumpersoneel
    kan pasiëntmonsters
  • 1:25 - 1:27
    vir ’n wye verskeidenheid virusse toets
  • 1:27 - 1:27
    binne ’n dag.
  • 1:28 - 1:30
    Ons tweede pilaar is Verbind.
  • 1:30 - 1:33
    Verbind almal en deel hierdie inligting
  • 1:33 - 1:35
    regoor die openbare-gesondheidgemeenskap.
  • 1:36 - 1:38
    In meeste uitbrake
    deel hospitaalpersoneel
  • 1:38 - 1:42
    inligting oor gevalle via papier, Excel
    -- indien hoegenaamd.
  • 1:42 - 1:45
    Dit maak die naspoor van ’n uitbraak
    oor tyd en plek
  • 1:45 - 1:48
    en die koördinering van ’n reaksie
    uiters moeilik.
  • 1:48 - 1:51
    Dus ontwikkel ons ’n wolk-gebaseerde
    stelsel en selfoon-toepassings
  • 1:51 - 1:53
    wat gemeenskapsgesondheidswerkers,
  • 1:53 - 1:56
    klinici, openbare-gesondheidspanne
    -- almal -- verbind
  • 1:56 - 2:00
    en hulle toelaat om data
    op te laai en analiseer
  • 2:00 - 2:01
    insigte te deel,
  • 2:01 - 2:03
    en ’n reaksie en aksieplan te koördineer
  • 2:03 - 2:05
    -- alles intyds.
  • 2:05 - 2:08
    CH: Ons derde pilaar is Bemagtig.
  • 2:08 - 2:11
    ’n Uitbraak-waarnemingstelsel
    kan net slaag
  • 2:11 - 2:14
    as ons gesondheidswerkers
    aan die voorpunt,
  • 2:14 - 2:17
    wat reeds daar buite
    na gemeenskappe omsien, bemagtig.
  • 2:17 - 2:19
    Dit verg baie opleiding.
  • 2:19 - 2:22
    Ek en Pardis is beslis bewus daarvan.
  • 2:22 - 2:23
    Ons het die afgelope 10 jaar spandeer
  • 2:23 - 2:27
    om honderde jong wetenskaplikes
    en klinici uit Afrika op te lei.
  • 2:27 - 2:32
    Oor die volgende vyf jaar sal ons
    nog 1000 gesondheidswerkers oplei
  • 2:32 - 2:34
    om die Sentinel-opsporingsinstrumente
    te gebruik
  • 2:34 - 2:37
    en hulle te bemagtig
    om hulle kollegas op te lei.
  • 2:37 - 2:40
    Sodoende sal ons die oorspronklike
    gesondheidsorgstelsel verbeter
  • 2:40 - 2:45
    en waarneming
    in die mediese praktyk integreer.
  • 2:45 - 2:49
    [Sedert hierdie Audacious-plan by TED
    aangebied is, het die wêreld verander ...]
  • 2:50 - 2:53
    Briar Goldberg: So hier is ons.
    Ons neem dit op.
  • 2:53 - 2:56
    Dis 7 April 2020,
  • 2:56 - 3:01
    en uiteraard is ons in die middel
    van hierdie mal globale pandemie
  • 3:01 - 3:03
    wat deur die nuwe
    koronavirus veroorsaak is.
  • 3:03 - 3:06
    So julle twee werk al vir ewig saam
  • 3:06 - 3:08
    en het eintlik redelik
    sterk saamgekom
  • 3:08 - 3:11
    met die Ebola-krisis in 2014.
  • 3:11 - 3:13
    Hoe voel dit vanuit julle perspektief?
  • 3:14 - 3:17
    CH: Omtrent ses jaar
    na die Ebola-uitbraak,
  • 3:17 - 3:19
    staar ons nog ’n krisis in die gesig
  • 3:19 - 3:25
    en dis asof ons nooit
    uit die vorige krisis geleer het nie.
  • 3:25 - 3:27
    En dit breek my hart.
  • 3:27 - 3:34
    PS: Ek dink dat hierdie pandemie
    ons gewys het hoe onvoorbereid ons is
  • 3:34 - 3:35
    regoor die wêreld.
  • 3:35 - 3:40
    Christian en ons vennote het diagnostika
    by al ons hospitale gehad,
  • 3:40 - 3:43
    in Nigerië, Sierra Leone
    en Senegal, vroeg in Februarie.
  • 3:43 - 3:48
    Die meeste state in die VSA
    het dit eers heelwat later gehad.
  • 3:48 - 3:52
    Dit sê vir ons dat ons almal
    saam hierin is
  • 3:52 - 3:54
    en dat ons almal ver agter die kurwe is.
  • 3:54 - 3:58
    BG: So hierdie Sentinel-stelsel
    is ongelooflik,
  • 3:58 - 4:00
    maar ek weet die vraag
    op almal se lippe is:
  • 4:00 - 4:02
    Hoe speel dit ’n rol in ons
    huidige situasie?
  • 4:02 - 4:06
    PS: Jy weet, ons beskryf Sentinel
    as ’n pandemie-antisiperingstelsel,
  • 4:06 - 4:07
    en hier is ons in ’n pandemie.
  • 4:07 - 4:10
    Maar dis wonderlik dat
    dieselfde toerusting wat mens benodig
  • 4:10 - 4:11
    om ’n pandemie te voorkom,
  • 4:11 - 4:13
    is wat jy nodig het om te reageer op een.
  • 4:13 - 4:16
    So al die tegnologieë
    wat ons uitgelê het --
  • 4:17 - 4:19
    die kontakpunttoetse,
    die meervoudige toetse,
  • 4:19 - 4:22
    die opspoor en naspoor
    van die virus soos dit verander,
  • 4:22 - 4:26
    en die oorvleueling tussen die
    selfoontoepassings en paneelbord --
  • 4:26 - 4:27
    is alles krities.
  • 4:27 - 4:29
    CH: Vir ons is dit ’n oorlog.
  • 4:29 - 4:33
    Ons is basies toegewy aan ’n
    24-uur omkeertyd
  • 4:33 - 4:34
    om resultate te lewer
  • 4:36 - 4:39
    en dit beteken ons moet sonder ophou werk.
  • 4:39 - 4:41
    Dis dus ’n baie uitdagende oomblik.
  • 4:41 - 4:42
    Ons is weg van ons gesinne.
  • 4:42 - 4:45
    Ek’t vandag ten minste die voorreg
    om my gesin te sien,
  • 4:45 - 4:48
    en dan is ek seker môre weer
    op pad terug na die loopgrawe.
  • 4:48 - 4:51
    In my laboratorium het ons die eerste
    COVID-19-genoom se volgorde bepaal
  • 4:51 - 4:52
    op die Afrika-kontinent,
  • 4:52 - 4:54
    en dis regtig binne 48 uur gedoen.
  • 4:55 - 4:57
    Dit is revolusionêr
    vanuit Afrika
  • 4:57 - 5:01
    en dan om hierdie inligting beskikbaar te
    stel aan die globale gesondheidsgemeenskap,
  • 5:01 - 5:03
    om te sien hoe die virus in Afrika lyk.
  • 5:03 - 5:06
    Ek glo dat met
    tegnologieë en kennis,
  • 5:06 - 5:08
    en deur die inligting te deel,
  • 5:08 - 5:10
    ons beter kan doen
    en die ding kan baasraak.
  • 5:10 - 5:12
    PS: Die hele idee van Sentinel
  • 5:12 - 5:14
    is dat ons almal oor mekaar waak.
  • 5:14 - 5:16
    Ons almal hou dop.
  • 5:16 - 5:17
    Elkeen van ons is ’n brandwag.
  • 5:17 - 5:21
    Elkeen van ons, wat kan monitor
    wat ons siek maak,
  • 5:21 - 5:23
    kan dit met die res
    van ons gemeenskap deel.
  • 5:24 - 5:27
    En ek dink dis
    wat ek die graagste wil hê:
  • 5:27 - 5:29
    vir ons almal om wag te staan,
  • 5:29 - 5:31
    en oor mekaar te waak.
  • 5:31 - 5:34
    [Dr. Pardis Sabeti
    en Dr. Christian Happi]
  • 5:35 - 5:36
    [Vindingryke wetenskaplikes.
  • 5:36 - 5:38
    Moedige vennote.
  • 5:38 - 5:41
    Globale helde.]
Title:
’n Virusopsporingsnetwerk om die volgende pandemie te voorkom
Speaker:
Pardis Sabeti, Christian Happi
Description:

Hoe kan ons die volgende pandemie stop voordat dit begin? Siekte-navorsers Pardis Sabeti en Christian Happi stel Sentinel bekend, ’n vroeë-waarskuwingstelsel wat virale bedreigings betyds identifiseer en opspoor -- én kan help om hulle te stop voordat hulle versprei. Leer meer oor die nuutste tegnologie wat die stelsel aandryf en hoe die Sentinel-span wetenskaplikes en gesondheidswerkers help tydens die koronavirus-pandemie. (Hierdie ambisieuse plan is deel van die Audacious Project, ’n TED-inisiatief gemik daarop om wêreldwye verandering te inspireer en finansier.)

more » « less
Video Language:
English
Team:
closed TED
Project:
TEDTalks
Duration:
05:54

Afrikaans subtitles

Revisions Compare revisions